NIE NUWE PIONIER – DESEMBER 2014

 

DIE NUWE PIONIER – AUGUSTUS 2013

Download PDF


Inhoud/Contents
 
1. Heel deur Sy liefde
2. Vredevors
3. 10 Wenke vir lewenslus
4. Biografie
5. ‘n Spatsel rooi
6. Die kollig
7. Laugh Love Live
8. Die geskenk
9. At last …
10. Nuusbrief – Pionierskool
11. New smarthphone
12. Tussen engele
13. Djy kan ma kla djy wattie weetie
14. Substance abuse
15. Digterby
16. Sportnuus
17. Braille dictionary
18. Poort 2013
19. 2015 – Beloftekalender
20. Resepte
Feestelike roomyskoek
Vinnige Bessie-en-sjokoladekoekstruif
Jelliering
Mince pie cruffins
Spek en cheddar-pan skons
Kaneel-teebrood
Aartappel-wors-en-tamatiepan
 
 

Jaargang 82, No 12

Volume 82, Nr 12

Datum 19/12/2014 Date

 

Uitgewers: Pionierskool ― Instituut vir Blindes

Publishers: Pioneer School ― Institute for the Blind

 

 

Gedruk en versprei deur die Pionierdrukkery, Posbus 994, WORCESTER, 6849

Printed and distributed by the Pioneer Printers, P.O. Box 994, WORCESTER,

6849

 

 

REDAKSIE

Redakteur: MARIé-LOUISE DU PREEZ

 

Rig asseblief alle korrespondensie aan:

Please direct all correspondence to:

 

――――――――――――――――――――――――――――

Die Redakteur                         The Editor

Die Nuwe Pionier             Die Nuwe Pionier

Posbus 994                     P.O. Box 994

WORCESTER         WORCESTER

6849                                        6849

ccccccccccccccccccccccccccccccccccccc

 

Tel.: (023) 342 6313

Faks/Fax: (023) 342 0335

E―Pos/E―Mail: marielouise@pioneerprinters.org.za

 

Die redaksie onderskryf nie noodwendig die menings wat in die artikels en briewe in Die Nuwe Pionier uitgespreek word nie, en behou hom die reg voor om sodanige stof te verkort en redaksioneel te versorg.

 

The editorial staff does not necessarily endorse the opinions expressed in the articles and letters in Die Nuwe Pionier, and reserves the right to abbreviate and edit such articles.

 

Hierdie publikasie is moontlik gemaak deur ‘n ruim subsidie van die L W Hiemstra Trust en Marie Luttig Trust.

 

This publication is made possible by a generous subsidy of the L W Hiemstra Trust and Marie Luttig Trust.

Back to top

Heel deur Sy liefde

Henri Nouwen

Lééf Desember 2014

 

“Here Jesus. Meester van lig en duisternis, stuur U Heilige Gees om ons te lei in ons voorbereidings vir Kersfees. Ons wat so baie het om te doen soek elke dag na stil plekke om U Stem te kan hoor. Ons wat angstig is oor baie dinge, sien uit na U koms tussen ons. Ons wat op soveel maniere so geseënd is, verlang na die volkome vreugde van U Koninkryk. Ons wie se harte swaar is, smag na die blydskap van U Teenwoordigheid. Ons is U s’n – ons loop in die donker, tog soek ons na U lig. Vir U sê ons: “Kom, Here Jesus!”

Back to top

Vredevors

Marzanne Leroux-Van der Boon

Lééf Desember 2014

 

Aanstons breek Kersfees weer aan en word die Kerskind se geboorte nogmaals wyd en geesdriftig oor die aarde heen gevier. Al weet ‘n onrusbarende persentasie van die feestelikes nie eens Wie Hy is of waarvoor Hy gekom het nie. Die wêreld wat ons beleef, het so angswekkend geword dat enigiets wat die vreeslikhede kan verdoof, aangegryp word.

 

Ook ek, wat weet Wie Hy is, gaan Jesaja se geliefde hoofstuk 9 opsoek. Want ook ek “behoort tot ‘n volk wat in donkerte leef” omgewe deur ‘n wêreld wat uiteenval. Waar oorloë en opstande argeloos dood en verwoesting saai. Waar hongersnood en epidemies en ellende hoogty vier. Waar die aarde bewe en die vloede woed. Waar die lewe van ‘n mens wat na die beeld van die Ewige geskape is, geen waarde meer het nie.

Vir ons is ‘n Seun gebore, aan ons is ‘n Seun gegee… Lank bly ek stil na die woorde en kyk. Vir óns? ‘n Wêreld soos ons s’n? Hy sal heers en Hy sal genoem word Wonderbare Raadsman… Ek dink aan wêreldleiers en die probleme waarvoor daar klaarblyklik nie altyd antwoorde is nie.

 

Magtige God, Ewige Vader, Vredevors… Magtige God, weet U dat daar soveel onheil op aarde is? Ewige Vader, weet U hulle sê U het doof geword vir U kinders se nood? Weet U Vaderhart dat mense ter wille van U Naam sterf? Selfs kindertjies? Weet U, Vredevors, hoeveel soldateskoene in U Heilige Land dreun?

 

Kindjie van Betlehemskrip, waar is U? Ek trek my Nederlandse Het Boek uit die rak en soek in Lukas na die engel se verskyning aan die skaapwagters.

 

De herders beefden van angst, lees ek, maar de engel stelde hen gerust. “Wees nietbang” zei hij, “want ik bring u het mooiste nieuws dat u ooit heb gehoord. Het is groot nieuws voor het hele volk. Vandaag is in Betlehem de Redder geboren: Christus de Here. Ik zal u vertellen hoe u Hem kunt herkennen: Het kindje ligt in doeken gewikkeld in een voerbak.”

 

Die eeue oue woorde breek my opstandige hart. Ek gaan sit plat op die mat en leun my wang teen die wolsagte pels van my kat wat op die rusbank slaap. “Adoni,” roep my hart, “kom na my toe! Ek raak so vreeslik bang vir hierdie wêreld waarin ek woon.”

 

En Hy kom. Metééns selfs. Voor my geestesoog sien ek Hom, die Kerskindjie, maar nou deur die oë van Johannes se openbaring. Daar tussen die goue kandelare beweeg Hy, Iemand soos die Seun van die mens. Hy dra ‘n lang kleed, om Sy bors is ‘n goue band. Sy hare is wit soos wol, soos sneeu. Sy oë vlam soos vuur. Soos geelkoper is Sy voete, en toe Hy praat, is Sy Stem soos die gedruis van baie waters.

 

My vingers sukkel deur die dun Bybelblaadjies tot ek die Openbaring-woorde vind waarin Hy vanaand vir mý, net soos vir Yochánan, sê: “Moenie bang wees nie, dit is Ek, die Eerste en die Laaste, die Lewende …

 

Langsaam kom ek tot bedaring. Ek blaai terug na die ou profeet se belofte aan die volk wat in donkerte leef: Sy heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring… Daarvoor sal die onverdeelde trou van die Here die Almagtige sorg. Soos húlle sien ek die groot Lig. Toe word dit stil in my bang hart…

Back to top

10 wenke vir lewenslus

Mariette Snyman

Rooi Rose – Desember 2014

 

Niks is mooier as ‘n stralende lus vir die lewe nie. Is dit ‘n gawe aan enkele gelukkiges, of kan jy inspring en dit joune maak?

 

Jy ken hulle op ‘n afstand uit: gewone mense met ‘n ongewone liefde vir die lewe. Hulle is nie noodwendig jonk, mooi, gesond of suksesvol nie, maar hulle is oop vir ervaring, energiek en ‘n plesier om in die omtrek te hê. Behalwe natuurlik wanneer hulle soos enige ander sterfling ‘n slegte dag het!

 

Wat is lewenslus, en watter instellings of tegnieke kan dit aanhelp? Ons het twee vroue wat voluit leef en ander leer om dit te doen, Catherine Glennie van Kaapstad en Annie Coetzee van Pretoria, se mening gevra.

 

“Vir my beteken lewenslus die begeerte om wakker te word omdat die dag mooi gaan wees,” sê Annie. Annie is die direkteur van Creative Brain Management en is betrokke by korporatiewe spanbousessies, lewensafrigting en openbare optredes.

 

Catherine of Cat, ‘n manifestasie-afrigter wat mense help om hul doelstellings te bereik deur universele en spirituele beginsels toe te pas, sien lewenslus as “iets in jou wat jou aanspoor om met vreugde en positiewe verwagting op te tree. Die hoogste vorm van lewenslus is die uitdrukking van jou siel”.

 

Mense met lewenslus ervaar hul bestaan as betekenisvol, eien nuwe moontlikhede en takel die uitdagings. Hulle sukkel nie bloot sleepvoet voort nie. Hulle benader die lewe skeppend en met algehele oorgawe.

 

Is lewenslus binne elkeen se bereik?

“Ja, dis moontlik vir enigeen wat met bewustheid leef,” antwoord Annie. “Jy moet wéét jy kan groot droom, en dat jy nie noodwendig hoef te glo wat ander van jou sê nie. Die mense na aan jou kan jou lewenslus vernietig. As jou ma, kind, man, of buurvrou nie glo in wie jy glo jy is nie, verloor jy jou joie de vivre. Jy moet daarteen waak om hul menings jou eie te maak.”

 

“Lewenslus kan gekelder word,” sluit Cat hierby aan. “Dikwels leer ouers of onderwysers kinders om die mens wat hul werklik is, binne te hou. Pleks dat hulle kinders se lewenskrag in kreatiewe rigtings kannaliseer, dwing hulle die kinders om te konformeer. As volwassenes moet ons dít wat kleintyd ingeperk is, weer soek en vrylaat.”

 

Diepgaande respek vir wie jy is, wat jy nodig het en wat jy begeer, is dus ‘n voorwaarde vir lewenslus. Hier volg Cat en Annie se wenke vir ‘n lewe wat deur entoesiasme gekenmerk word.

 

LAAT DIT GAAN

Wat tap jou lewenslus? Noem drie situasies of kwessies. Vra jou telkens af: Kan ek iets doen om die situasies of kwessie te verander of daaruit te kom? As dit steeds ‘n probleem is, doen ‘n laat gaan-oefening, skryf ‘n brief aan ‘n betrokkene, jouself of die situasie of kwessie, stort jou emosies volledig uit. Moenie terug hou nie. Skeur die brief aan stukke of verbrand dit. Wanneer jy jou weer oor die saak bekommer, haal diep asem en sê: “Ek het dit laat gaan.”

 

CAT IS AAN DIE WOORD …

  1. VERTROU DIE LEWE

My grootste uitdaging was om die lewe te leer vertrou en sáám met die lewensproses te vloei. Ek het glad nie oor hierdie vermoë beskik nie – inteendeel!

 

Weens my gebrek aan vertroue in God, ander mense en die lewe het ek elke liewe dingetjie krampagtig probeer beheer.

 

Omdat ek nie geweet het hoe om sáám met God, ander mense, of die oomblik te werk nie, het ek gedurig probeer wegbreek om my eie ding te doen. Die gevaarlikste aspek van hierdie stroomop manier van leef is die gevoel van afstand wat dit meebring.

 

Alle pyn is die gevolg van weerstand en alle lyding is die gevolg van ‘n ervaring van afgesny wees.

 

Omdat ek met niemand hieroor kon praat nie, moes ek ‘n “persoonlike gelukspeurder” word. Ek het stapels selfhelpboeke gelees, leer mediteer en die kragtige leiding begin volg van die “innerlike leermeester” wat ek geseënd is om te hê. Mettertyd het ek besef wat my terughou en op tegnieke afgekom wat dit kon oplos.

 

Eintlik is die proses volmaak! Ons het probleme. Hulle is so groot dat ons aandag aan hulle móét gee. Ons leer. Ons vaar beter. Ons beleef sukses. Ons kan ander wys hoe om dit te doen. Ons kan maar chill; alles sal uitwerk. In elkeen is daar ‘n bloudruk vir jou eie groei en emosies en omstandighede sal ons siel ons na die regte ervarings lei.

 

  1. KRY ‘N GESONDE BALANS

Waak teen uitbranding – ek het dit ook in ‘n stadium beleef. Vir my beteken ‘n gebalanseerde lewe om meer biblioteekboeke te lees en minder skryfwerk te doen, meer perd te ry en minder e-posse te beantwoord, tyd saam met my kleinkinders te bestee en in die tuin te werk.

 

Balans bevorder nie net lewenslus nie maar ook gesondheid. ‘n Wanbalans op enige gebied lei tot siektes en kwale. Voorkoming is beter as genesing!

 

  1. VOLG JOU INTUÏSIE

Volg áltyd jou binnestem. As ek dit gedoen het, sou ek nie met ‘n alkoholis getrou het, ‘n aanval in die bos beleef het, of ‘n rits ander onaangename dinge ervaar het nie.

 

  1. WORD STIL

Om jou intuïsie te kan volg, moet jy in kontak wees met jouself. Wanneer ons hoofsaaklik na buite fokus, verloor ons maklik voeling met ons binnewêreld. Gereelde alleentydjies waarin jy byvoorbeeld deur bewuste asemhaling met God kontak maak, bevorder bewustheid van jouself, jou gevoelens en jou innerlike ruimte. Boonop kan dit na alternatiewe toestande van bewustheid of “bliss states” lei. Hierdie ervarings vul jou lewenslus-reservoir wonderbaarlik aan.

 

Daar is verskeie liggaamsgerigte tegnieke wat jou doeltreffend stil maak. Voordat ek hulle ontdek het, het ek mýself altyd uit ‘n probleem probeer dínk. Met hierdie tegnieke systap ek my gedagtes en bereik ek onmiddellik my sellulêre geheue waar die oorspronklike knoop dikwels lê.

 

Vier liggaamsgerigte tegnieke wat ek gereeld gebruik, is bewuste asemhaling, YES breathing, Emotional Freedom Technique (EFT) en ‘n klankmeditasie. Só werk die bewuste asemhalingstegniek:

 

  1. Gaan sit op ‘n stil plek waar niemand jou sal steur nie.
  2. Stel ‘n wekker vir drie minute.
  3. Maak jou oë toe en fokus op jou asemhaling.
  4. Trek jou asem vier tellings in terwyl jy voel hoe die lug jou maag laat rys. Hou dit vir ‘n sekonde en blaas jou asem saggies vir ses tellings uit. Hou dit vir ‘n sekonde. Herhaal die patroon totdat jou wekker lui.

 

Aanvanklik kan jy agterkom dat jou gedagtes maal, byvoorbeeld om alles wat jy later moet doen. Bring eenvoudig jou aandag terug na die proses. Wórd die ervaring van in- en uitasem. Met oefening word dit makliker en ‘n diep vrede neem van jou besit.

 

Voorbeeld van die helende krag van hierdie tegnieke is die keer toe ek in ‘n liefdesverhouding was en iets gebeur het wat my onverwags erg jaloers gemaak het. Pleks van my verhoudingsmaat in te vlieg of oor my eie aandeel aan die situasie te tob, het ek gaan sit en ‘n ruk lank bewustelik asemgehaal. Kort voor lank het ek ‘n geluksalige toestand van kalmte bereik. Gaan kyk by catglennie.com hoe om die ander tegnieke toe te pas.

 

  1. EK KAN

Ek ondersteun myself met bemoedigende notas wat op ‘n spesifieke projek fokus. Toe ek ‘n ruk gelede getroud is, was die saam doen en -besluit vir my ‘n uitdaging – ek het soveel jare alleen reggekom. Ek het regtig gesukkel om my onafhanklikheid prys te gee maar het besef dis noodsaaklik vir die welstand van my huwelik.

 

Ek het “Ek kan verander” groot op ‘n stuk karton geskryf en in my klerekas geplak. Elke dag as ek die kas oopmaak, het ek dit gesien en die woorde herhaal, al was dit party dae met geklemde kake! Dit het gewerk. Die goeie nuus is dat ek steeds besig is om te verander. My man dink waarskynlik dit kon alles ‘n bietjie vinniger gebeur het!

 

JOU LEWENSLUS-LYSIE

Dra vir ‘n paar dae ‘n sakboekie by jou, of maak notas op jou selfoon. Maak ‘n lys van elke mens, voorwerp, gebeurlikheid of situasie wat jou gemoed lig: ‘n kind wat skaterlag, ‘n onverwagse oproep, of die lekkerte daarvan om saans moeg teen jou kussings terug te leun en aan die slaap te raak. Kyk hoe jy die items op die lysie bewustelik kan gebruik of kan aanvul om jou dag ná dag liewer vir die lewe te maak.

 

ANNIE IS AAN DIE WOORD

  1. ‘n TOEVLUGSOORD

Ek en my man, Louis, het vir my ‘n “kreatiewe balkon” in ons huis ingerig. Dis nie deel van my kantoor nie en ek werk glad nie wanneer ek daar is nie. Ek doen joga, oefen met my gewiggies of sit in my uitskopstoel en luister na natuurgeluide terwyl ek dink en droom.

 

  1. REIS LIG

Die “skoonmaakbeginsel” geld ook wrokke wat jy koester of trauma wat jy beleef het. Dis goed om oor hierdie sake te bid, maar soms het jy ‘n ritueel nodig. Ek help kliënte om die ervaring op ‘n groot stuk papier te teken, dit op te frommel, in ‘n boks te sit, met linte toe te draai en dan in ‘n groot vullisdrom te gooi. Wanneer jy iets konkreets doen, is dit asof jou brein ‘n foto daarvan neem. Die oomblik dat jy weer daaraan wil dink, flits die prentjie voor jou geestesoog en besef jy dis nou in die vullisdrom. Hoe ligter jy reis, hoe meer plek het jy vir lewenslus.

 

  1. KOESTER JOU VERBINTENISSE

“Belê in jou vriendinne. As jy oud is, is hulle jou grootste rykdom,” het my ma op haar sterfbed gesê. Wees veral op die uitkyk na vriendinne wat saam met jou bly kan wees ∞C hulle eggo jou lewenslus. Ek spring rond van vreugde wanneer my gholfvriende hul voorgee haal! Sommige mense sal saam met jou huil oor jou kinders en kleinkinders oorsee woon, maar koel optree wanneer jy vir jou werk bekroon word. Dis beter om sulke verbintenisse ‘n stille dood te laat sterf.

 

  1. LEES JOU LYF

Jou lyf kan jou wys wanneer jy jou vreugde inperk. As jy gereeld maagpyn kry wanneer jy inkopies doen, sê dit iets. Ek het my liggaamseine leer ken: jeuk ek, voel ek senuagtig. Wanneer my kopvel saamtrek, voel ek ongemaklik in iemand se teenwoordigheid. Ek gebruik hierdie tekens om my lewensgehalte te verhoog.

 

  1. LAAT JOU DEUR ‘N MENTOR LEI

Jare gelede, toe ek as dosent by die sielkunde-departement aan die Universiteit van Stellenbosch gewerk het, het die dekaan vir my gesê: “Jy hoort nie in ‘n stelsel nie. Dit gaan jou dooddruk. Jy moet vlieg!”

 

Sy insig, aanmoediging en die feit dat hy my na kongresse gestuur het, was die grondslag vir wat ek vandag doen.

 

Net so het my vorige lewensmaat my aangemoedig om by Toastmasters International en Run/Walk for Life aan te sluit. Daar is wonderlike lewensafrigters wat jou kan help om te ontwaak en jou drome uit te leef.

Back to top

Biografie – Dr. Johan Pretorius

Redakteur van die DNP

 

Hoof/Koördineerder – Interne Opleiding, Instituut vir Blindes, Lid van die Beheerraad, Instituut vir Blindes

 

Gebore in Kaapstad. My matriek voltooi Hoërskool Outeniqua, George in 1976. My B.Ch.D graad in Tandheelkunde by die Universiteit van Stellenbosch behaal in 1982. Vanaf 1982 tot 1986 as staatstandarts diens gedoen by die Departement van Gesondheid en die Universiteit van Stellenbosch se Tandheelkunde Fakulteit. Van 1986 tot 1990 by die Kamer van Mynwese op Welkom gepraktiseer. Vanaf 1990 tot 2003 in privaat praktyk in Port Elizabeth. In 2004 vir een jaar in Port Shepstone gelokum en in 2005 in Rondebosch en by Groote Schuur Hospitaal gewerk. Januarie 2006 moes ek weens Retinitis Pigmentosa en toenemende swak sig aftree as tandarts.

 

Vanaf 2010 vrywillig betrokke geraak by die Instituut vir Blindes. In 2012 aangestel as lid van die Beheerraad en in Augustus 2012 op ‘n permanente basis vrywillig by die Instituut begin werk. Januarie 2014 aangestel in die pos Koördineerder van Interne Opleiding by die Instituut.  Ek bied rekenaaropleiding aan by die Instituut en by ALO (Afdeling Loopbaan Ontwikkeling) en koördineer al die interne opleiding van die Instituut. In 2013 het ek by ALO my N4 en N5 rekenaarsertifikate verwerf ten einde met JAWS en Magic programme en shortcuts te kan werk.

 

In Oktober 2014 is ek versoek om die pos as redakteur van Die Pionier oor te neem.

 

Terloops, ek is van geboorte 77% doof en dra in beide ore gehoorapparate. Dus is ek die eerste doofblinde personeellid van die Instituut vir Blindes op Worcester.

Back to top

‘n Spatsel rooi

Wendy Martens

Lééf – Desember 2014

 

Vir ons boemeltog van 3‑000 km word daar praktiese klere ingepak: waterstewels, ‘n reënbaadjie, sarong en my Jerusalem-woltjalie, wat ook my gunsteling-“bersie” is. Net een luukse vir die baldadige sigeuner in my word op die agterste sitplek van die Pondjie Botter saamgery. ‘n Propperse “top hat” wat ek by die kleinseun van Wiborgs Outfitters in hulle oorspronklike winkel in Parow gaan uitsoek het. En met al die ongebruikte pienk en rooi lap-, vilt- en satynrose getooi het wat hulle weg op vreemde maniere na my laaikas gekry het.

 

Die oggend toe ons in die pad val, dring die seeman daarop aan dat “hierdie historiese” oomblik met keil en al “op film vasgelê” word. Van toe af herhaal die baldadigheid homself by elke dorpie met ‘n storienaam: Lekkersing, Soekmekaar, Soebatsfontein … Hoe verder die Pondjie Botter sy stomp neusie die vreemde instoot, hoe vindingryker word ons naambord-en-keil-kuiers.

 

Kort anderkant Bitterfontein se naambord wag ‘n verrassing in die eens verlate toeristesentrum. Die Miershoop word deur Maretha Coetzee, Sina Gideon en Maria Kok, drie gesoute Hardevelders, bedryf. Die drie raakvatters se hande staan inderdaad vir niks verkeerd nie. Hulle maal self die beesvleis en bak self die yslike roosterkoeke vir Die Miershoop se befaamde Hardeveldburgers.

 

Verder word daar gehekel, gebrei en gebak en gebrou om die rakke vol te hou. Maretha ry stukke geroeste sinkplaat of weggooihout van heinde en ver aan om haar sinkplaatskilderye en turkoois engele te skep. Boonop is daar altyd ‘n plekkie vir iemand uit die omgewing wat ook ‘n geldjie met ‘n stukkie  handwerk wil verdien.

 

Tussen die fudge en vetplantjies en grenadellastroop pryk kosbaarhede uit Maretha se eie lewe: ou kerkhoede en -skoene uit jare sestig, doilies, ‘n “room divider” en ‘n dooprokkie uit vergange dae. Selfs ‘n borstrok wat tussen die witdulsies en behoedmiddel van die plaaslike boerewinkel uitgegrawe is.

 

In die heel agterste hoek lê die allerfynste paar robynrooi handskoene met riffelwerk teen die voorarm. ‘n Lint met musieknote sorg dat die twee kosbaarhede mooitjies hul lê oormekaar kry. Kompleet soos ‘n ware dame wat wag dat ‘n ware heer iets wonderbaarliks laat gebeur. Op ‘n wit papierplakkertjie staan R50 in Maretha se sonder-fieterjasies-handskrif geskryf.

 

Ek staan net eers en kyk. Hoe lank begeer ek nie al ‘n paar handskoene soos hierdie nie? Al wat ek kon opdiep, was vaalwittes vol teevlekke wat nie ‘n enkele hartsnaar wou roer nie.

 

“Die Here sorg vir sy kinders,” hoor ek Ma oor my skouer sê. “Ja, ook vir elke spatsel rooi vreugde!” tik sy my oor die vingers nog voordat ek kan wonder hoe hoog ‘n paar rooi handskoene dan nou op die Vader se doenlysie kan wees.

 

Oor ‘n koppie koffie vertel Maretha: “Dit was my ouma Aletta se rooi handskoene. Sy het haar eie manier van doen gehad – Hebreeuse Bybel en al. En sy het haar rooi lipstiffie saam met handskoene en kerkhoed aangesit. Dan het sy altyd gesê: “Sondae maak ek my mooi vir my Vader!”

 

By die volgende naambord sit ek my keil op en trek my handskoene aan… vir Ma, vir ouma Aletta, vir elke vrou wat weet hoe om te dans by die gedagte aan ‘n spatsel rooi.

Back to top

Die Kollig

Nuusbrief van die Instituut vir Blindes

November 2014

 

GEDAGTE VIR DIE MAAND

“Sometimes you must cross a bridge and other times you need to burn it. But always keep building one and never lose your faith in life”.

 

UIT DIE KANTOOR

Soos julle seker almal bewus is, was ons die laaste tyd baie in die nuus oor die probleme met die subsidies van die Departement van Arbeid. Ek en Ray en Michael en Sharon het omtrent later gevoel soos “celebrities” nadat ons by verskeie geleenthede op SABC TV asook op Praat Saam met Ivor Price en Ontbyt op RSG saam met Martelize Brink en Johan Rademan moes bontstaan om al die vrae te beantwoord.

 

Ek is werklik so trots op hierdie 3 kollegas van ons wat hulle so puik van hulle taak gekwyt het. Michael het selfs van die vrae in 3 tale nl Xhosa, Afrikaans en Engels beantwoord en dit wil voorwaar gedoen word. Ons is dan ook dankbaar vir die geleentheid wat ons gegun is om nie net te fokus op ons probleme nie, maar ook goeie bemarking te doen en die aandag op ons produkte te vestig.

 

Dit wil dan ook voorkom asof al ons pogings nie tevergeefs was nie en dat ons goeie nuwe kontakte opgebou het, maar verder ook dat dit lyk asof ons boodskap by die Departement uitgekom het en dat daar dalk goeie nuus op pad is. Laat ons dus positief bly en nooit twyfel aan die Here se groot genade en Sy voortdurende betrokkenheid en beskermimg nie. Laat ons egter ook weer opnuut besef dat daar baie persone daar buite is wat siggestremd is of siende wat smag na die voorreg om by die Instituut vir Blindes te kan werk en bly. Ons moet ons werk koester en waardeer!! Freddie Botha

 

LIEF EN LEED

Ons almal het met hartseer afskeid geneem van Ruby van Rensburg!  Ons sal hom altyd onthou as die man met die vriendelike glimlag! Izanne Lusse is Sondag, 12 Oktober oorlede. Sharon Truter se skoonma is 13 Oktober oorlede. Danny Daniëls se suster is ook oorlede. Ons innige meegevoel aan almal se families en vriende in hierdie hartseer tyd.

 

 

ORIËNTASIE EN MOBILITEIT

Baie geluk aan al ons deelnemers wat die langkierie “rally” voltooi het, ons is baie trots op julle. Geluk aan Marcel wat die prys gewen het vir die langkierie gebruiker met die beste sosiale vaardighede, mooi so!!!

 

Dankie aan Emile, Nico, Carmalita, Jackie, Johrene, Franci, Tannie Jossie, Katlin, Shadri, Johan Henning, Flip Swart en Annetjie Steyn, ons waardeer jul hulp geweldig baie en vertrou dat ons weer soos telkemale vantevore op jul kan staat maak; Denel ons het jou gemis.

 

HUIS BREVIS

Die Inwoners en personeel van Huis Brevis sê baie dankie aan die Instituut dat Huis Brevis so mooi geverf is.

 

BEMARKING EN NYWERHEDE

Goeie dag Almal! Daar is sommer ‘n hele aantal nuwe en interessante gebeurlikhede wat oor die laaste aantal weke plaasgevind het hier by die Bemarkings- en Nywerhedekant. Seker die mees indrukwekkendste is die interessante verwikkelinge daar by die Vere-afdeling. Die van u wat nog nie daarvan weet nie, ons vere-afdeling is nou ook ‘n karton-verwerkingseenheid. AZAPAK is ‘n verpakkingskartonvervaardiger daar van die Paarl wat twee van hul masjiene hier by ons kom installeer het. Ons gaan hulle, AZAPAK, nou help en bystaan om kartonne met hierdie masjiene te “maak” vir die druiwe- en sagtevrugtebedryf.

 

Daar is tans drie tipes kartonne wat op AZAPAK se aanvraag deur ons hier by die Instituut, en meer spesifiek, die Vere-afdeling, gemaak en aan hulle gelewer word. Wat so fantasties vir ons hier by die Instituut en natuurlik ook vir my en my bemarkingspan is, is die feit dat ons glad nie nodig het om enigsins ‘n afset vir hierdie klaar-kartonne te gaan soek nie, aangesien ons die kartonne direk weer terug aan AZAPAK lewer! Verder is die werkverskaffing wat hierdie nuwe projek bied aan ons mense van ontskatbare waarde. Tans verskaf dit aan 12 van ons werkersmag voltydse werk! Dit is wonderlik om by die afdeling in te stap en te sien hoe die kartonne letterlik daar “spat en waai” soos ons mense daar werk! Letterlik ‘n “miernes” van bedrywigheid!

 

Dan begin ons Organiese verwe ook nou goed verkoop. Ek dink dat die publiek daarbuite begin besef dat ons verwe van hoogstaande kwaliteit is en dat dit geen skadelike gasse, reuke of chemikalieë bevat nie! Ons “All Coat all Purpose” organies verf @ R590-00 blyk ‘n treffer te wees!! Indien u beplan om eersdaags ‘n bietjie verfwerk daar in-en-om die huis te doen, is ons Organiese verwe u antwoord. Soos oom Fanie dit stel, “Mevrou, jy kan enigiets daarmee verf, van jou toonnaels tot jou huis se dak”! So mense, kom koop gerus jou verf hier by ons en verf selfs ou “Wagter” se hondehokkie met ons nie-toksiese organiese verf!

 

Ons het ook nou so pas ‘n splinternuwe patiobankstel begin maak daar in die Houtwerkafdeling waarvan die sitbanke losstaande is van die tafel. Die rede vir hierdie nuwe verandering en toevoeging tot ons bestaande eenstuk-patiobankstel, is die feit dat die patiostel nou baie makliker vervoer kan word en op ‘n verskeidenheid van maniere aangewend kan word. Deesdae is ‘n wit-patiostel baie gewild en as jy ooit so ‘n stel vir jouself wou aanskaf, is dit nou die tyd daarvoor.

 

 

Ons twee kreatiewe-afdelings is ook druk besig om die allermooiste “goedjies en dingetjies” te maak vir die Kersgety. Tans is kleur-blokkies baie gewild en in aanvraag en is die ouens en dames by hierdie twee kreatiewe afdelings druk besig om daaraan te werk. Ek sal u aanraai om eers Ons Winkel of ons kreatiewe afdelings te kom besoek vir ‘n unieke geskenkie vir ‘n spesiale persoon om onder die Kersfeesboompie te plaas voordat u dit op enige ander plek of winkel gaan soek.

 

Nou ja, dis dan vir eers “fluit-fluit my storie is uit!”

 

Groetnis! André Combrinck

 

WORCESTER BRAILLE CHESS CLUB – OCT. 2014

Our Club Championships are nearing the end now. Depending on the next two results we will know who the champion will be.

 

SA BRAILLE OPEN CHAMPIONSHIPS

27-28 September 2014

Our Annual SA BRAILLE OPEN CHAMPIONSHIPS were held in the Danie Luckhoff Hall Worcester over 5 Rounds and our arbiter was Anton Marais assisted by Floris Brown.

 

We had 23 entries but unfortunately 5 withdraw. The competition was very strong especially in the last two rounds.

 

The results of the TOP 8:

  1. Bruno, de Meyer 4.5 Gauteng,
  2. Lucas, 3.5 WP,
  3. Isaacs, William (Sam) 3.5 Boland,
  4. Viljoen, 3.5 Boland,
  5. Aukett, 3.5 Boland,
  6. Richter, Heinrich 3 Boland,
  7. Frederick, Liebenberg 3 Boland,
  8. Conradie, 3 Boland.

 

The surprise of the Tournament was Bruno de Meyer as he took part for the first time and won the tournament. Our most promising player was Mfengu, Ndaluthando who finished 10th and it was his first tournament.

 

The SABCA COMMITTEE MEMBERS ARE:

Raymond Aukett – Chairman,

Floris Brown – Vice-Chairman; Development Officer & P.R.O.

Secretary – Daniel Viljoen (Len),

Treasurer – Laurinda Britz

Frederick Liebenberg – Logistics

Additional Member – Ivor Wagner

 

We would like to encourage all Braille Chess Players to become members of SABCA. At our Annual General meeting a decision was taken that all players who wish to join SABCA must pay R60 per year membership fee.

 

We are going to take part in the Western Cape Club Chess Championships in Saldanah from the 31 October-1 & 2 November 2014. Our TEAM is:

 

Hein Richter, David Geyer, Sam Isaacs, Abe Conradie and Floris Brown.

 

CHESS HINTS:

After each of your opponent’s moves, you MUST ask yourself the following questions:

 

What has changed in the position? Every move alters the position on the chessboard, so pay careful attention to your opponent’s last move. Learn to look for and recognize all changes in the position after each move, by asking the following questions:

 

  1. Did my opponent’s last move create any new weaknesses with tactical or positional possibilities for him or me?
  2. Has he pinned or unpinned any of his or my pieces or pawns.
  3. Are any pieces, pawns, important squares, or important lines in his or my position now unguarded, or inadequately guarded?
  4. Has he created, removed, or attacked any vital guards?
  5. Is the protection of weak points in his or my position still adequate?
  6. Did his last move leave any pieces inadequately protected?
  7. Did his last move create any pawn weaknesses?
  8. Did his last move expose or restricted his king?
  9. Did his last move create a vulnerable back rank?

 

Raymond Aukett & Floris Brown

 

DVO

Dankie aan almal wat op een of ander manier ingeskakel het met ons Fees met ‘n Visie. Onthou, dis in die eerste plek ‘n fees vir en met ons eie mense. Die Worcester gemeenskap kon tydens hierdie fees meemaak en deel in ons vreugdes. As jy hierdie jaar uitgemis het, glo ons dat na Saterdag 25 Oktober sal jy definitief seker maak dat jy nie die 2015 Fees met ‘n Visie misloop nie!!!

 

Ons is almal so trots en opgewonde dat Hein Wagner (oudleerder van Pionierskool en ook welbekende avonturier en entrepreneur) vanaf 1 November by die Instituut vir Blindes inskakel as ambassadeur. Hein gaan vir ons waardevolle bemarking doen rondom ons dienste en ook help met befondsing veral in die sake sektore. Hein het reeds sy intrek geneem in die woonstel bo-op Vallei Kafee, so jul sal hom gewis hier op die terrein raakloop.

 

Die Pioneer Rally ten bate van Pionierskool vir Siggestremdes is op 8 November gehou. Die Rally se tafels was almal uitverkoop en die “celebs” en siggestremde navigators het tougestaan om deel te neem! Ons is baie dankbaar vir die televisieprogramme KWELA en BRAVO wat ingestem het om dekking te gee aan hierdie groot gebeurtenis!

 

UniWines Daschbosch Kelder het op 15 November ‘n eenmanvertoning aan nl. “Hoe ‘n Man se Kop Werk” met Altus Theart as akteur aangebied. Die kelder het ons genader om die produksie saam met hul te bemarking aan te bied. Ons deel in die winste van die aand.

 

Ons laaste Infokus, propvol lekker Instituut nuus, is beskikbaar by Ons Winkel. Gaan vra gerus vir ‘n eksemplaar en deel so saam met ons en ons duisende donateurs in al ons mooi verhale en vreugdes.

 

OPLEIDING

Oktober is inderdaad die mooiste, mooiste maand! My gedagte van die maand is dat volgens die mediese wetenskap benodig jy 72 spiertjies in jou gesig om te frons, maar slegs 14 om te glimlag! Dit is dan soveel makliker om elke dag met ‘n groot glimlag op jou gesig rond te loop instede van voortdurend te frons en nors te wees!!! Lag en die wêreld lag saam met jou! Positiewe gedagtes en energie lok ander positiewe gedagtes en maak ons wêreld soveel van ‘n beter plek! “Don’t worry and be happy!”

 

ABET 2015

Ek het uiteindelik wonderlike nuus aangaande ABET! Na vele samesprekings en met Mnr Botha se toestemming gaan ons klasse by ABET weer van volgende jaar in Februarie 2015 begin. Almal van julle wat graag weer verder wil gaan met jul skoolopleiding ten einde jul matriek sertifikaat te behaal moet asseblief gedurende November jul name op die lys plaas wat ek dan sal uitstuur.

Op 26 Januarie 2015 sal daar ‘n evaluasie gedoen word van elkeen om te bepaal van waar jul opleiding sal begin. Klasse begin amptelik in Februarie 2015 en die klasse sal twee aande per week, vanaf 19h00 tot 21h00, aangebied word by ABET se klaskamers. Die studente sal per bussie vervoer word. Die klasgelde beloop R550 per jaar per persoon. Mnr Botha het toestemming gegee dat diegene wat hulp benodig reëlings kan tref om hierdie klasgeld af te betaal.

 

Dit is ‘n wonderlike geleentheid vir julle wat graag jul matriek sertifikaat wil verwerf. Dit is baie belangrik dat julle wat van die geleentheid wil gebruik maak, dit met erns en toewyding moet aanpak. Met harde werk en deursettingsvermoë kan jy net jou beste gee.

 

Wie weet daarna kan ons dan dalk na verdere opleiding by ALO kyk vir van julle wat kwalifiseer en belangstel. Kyk maar net hoe goed doen Lucas Meyer tans by ALO! Soos Ray Aukett altyd sê: “moet nooit ophou droom nie…”

 

GESONDHEIDSAKE

Kosmetiese Tandheelkunde – Dit het nou niks te make met lipstiffie op jou tande nie!!! Dit is alles wat die tandarts kan doen om jou glimlag mooier te maak. Byvoorbeeld met gebreekte tande, gevlekte en donker gekleurde tande, skewe tande, tande wat afwesig is in jou glimlaglyn of die oormatige vertoon van jou tandvleise wanneer jy glimlag.

 

Julle sal nie glo hoe ydel ons mense kan wees wanneer dit kom by die voorkoms van hul monde nie! Selfs die vorm van jou liplyn en die plooie rondom jou mond kan aangespreek word!

 

Indien jou tande gevlek of lelik verkleur is kan dit eers skoon gemaak word en dan gebleik word tot ‘n witter kleur. Indien bogenoemde behandeling op die langtermyn nie die gewenste resultaat lewer nie, kan dit oorweeg word om die vorm en kleur van die tand(e) te verander met behulp van porseleindoppies voor op die tande of deur die tande te kroon.

 

Afwesige tande kan vervang word met porselein krone, -brug, implantate of kunsgebitte. Lelike metaal stopsels kan vervang word met wit herstellings of porselein inlegsel. Skewe tande kan reggeskuif word met ortodontiese behandeling. Tydens hierdie behandeling word draadjies aan jou tande geheg om die tande reguit te skuif en sodoende jou glimlag mooier te maak en ook jou gesigsprofiel te verbeter.

 

Verder kan dit jou vermoë om beter te kou en praat ook beïnvloed. Oormatige vertoon van jou tandvleise tydens glimlag kan chirurgies reggestel word. Jou liplyn kan beklemtoon word en jou lippe permanent ingekleur word met tatoeërtegniek deur ‘n skoonheidsdeskundige.

 

Gesigsplooie rondom jou mond en elders op jou gesig kan deur plastiese chirurgie reggestel word of met Botox uitgestryk word.  Botox is ‘n gif wat ingespuit word in die spesifieke area om die betrokke spiertjies te verlam wat die plooie of fronslyne veroorsaak. ‘n Wan verhouding tussen die bo- en onderkaak, byvoorbeeld te kort of te lang onder- of bokaak kan ook chirurgies reggestel word.

 

Bogenoemde behandelingsmoontlikhede wys nou baie duidelik dat tandartse is nie net daar om tande te trek nie! Dit is vandag ‘n baie hoogs gespesialiseerde mediese rigting.

 

TEN SLOTTE

Byt vas ouens, Kersfees en vakansie is net om die draai.  Voor jy jou oë kan uitvee klok ons uit vir 2014. Ek sien geweldig uit na 2015!!! Mooi loop tot volgende keer.

 

Johan Pretorius

 

BAIE DANKIE

Ek wil graag dankie sê aan almal wat vir my gebid het en goeie wense toegewens het terwyl ek in die hospitaal beland het.  Dit word opreg waardeer. Baie dankie. Edries Kariem.

 

EBENHAEZER PERSONEEL EN INWONERS

Ek wil baie dankie sê aan elke personeellid vir hulle harde werk die afgelope paar maande. Dit was werklik ‘n bedrywige tyd met ‘n klomp ekstra take. Julle het egter ingespring en elkeen het die ekstra myl geloop. Die gewone daaglikse dagtake het sonder probleme aangegaan en dan is daar fluks gebak aan die koekies vir die winkel en boonop nog gras geplant ook! Ek het hierdie afgelope paar dae net weer besef hoe kosbaar julle is en dat julle hande vir niks verkeerd staan nie. (Julle is nie eens bang vir ‘n baksteen en graaf nie).

 

Ek wil ook net baie dankie sê vir Maxwell en Anton wat vir ons kom help het met die gras en nog julle dagtake ook verrig het, almal hier by Ebenhaezer waardeer dit opreg. Maryke, Kobus en Ledivia dankie dat julle hierdie twee manne vir ons geleen het ons waardeer dit baie. Me Botha en me Noble baie dankie vir julle GEDULD met almal van ons.

 

Aan al my dierbare inwoners, dankie dat julle so geduldig was met ons almal en nooit gekla het oor al die bedrywighede nie, dit maak my voorwaar trots!

Baie dankie en baie liefde

Alitha Prinsloo

 

BAIE DANKIE

Annette, Nico, Anja en Cindy bedank vir mevv Botha, Noble en Prinsloo vir die besoek aan die tandarts in Stellenbosch. Desiré Louw wil net baie dankie sê vir die “Fees met ‘n Visie” – dit was baie lekker!  Die musiek was net reg en baie dankie aan mnr Combrinck wat so mooi gesing het!

 

HUNKERING

Floris Brown

 

lê daar nog iewers

  • op die vlakte eensaam,

soos ‘n molshoop in die reën

humus verrykte korrelnat donkergrond

van jare gelede se seën?

 

is daar iewers nog

‘n groen

gevoed deur wateraar,

pompfontein

waar kwepergeel en persturksvy

skadu’s gooi teen ‘n rooi skemerduin?

 

staan daar nog iewers rye sipresse

wat soos windpompe nuwe lug verslind

waar ons koes-koes as kind gespeel het

tussen stil grafte en ruwe wind?

 

INSTITUUT GROETE TOT VOLGENDE MAAND!

Back to top

LAUGH, LOVE, LIVE!

BILL GEE

 

World Laughter Day is celebrated on the first Sunday of May every year. See what Bill Gee, founder of the Happiness University in Cape Town, has to say about laughter.

 

Modern science is starting to explore the benefits of laughter – the free and natural medicine that is available to all people. Research shows that laughter triggers our body’s natural healing system and has a surprising range of benefits. It is time to start laughing longer, louder, and more often.

 

Happy people live 8-12 years longer, they enjoy better physical and mental health, they experience greater success in all areas of life, they have more friends, and they bounce back faster from adversity.

 

THE HAPPINESS REVOLUTION

Twenty-first-century science has revealed that happiness is the key to the best life possible. Happy people live 8-12 years longer, they enjoy better physical and mental health, they experience greater success in all areas of life, they have more friends, and they bounce back faster from adversity. The happiness revolution is sweeping away old ideas that success or money will make you happy, and replacing these with the science-based truth that happiness drives performance and success.

Back to top

Die geskenk

Nadia de Kock

Rooi Rose – Desember 2014

 

Gelukkige toeval heet “serendipity” op Engels. Ek hou nogal van die Engels, dit laat ‘n mens dink aan ‘n ligte, romantiese komedie. ‘n Hartverwarmende een wat hom in die Kerstyd afspeel – met baie liggies in sneeubedekte strate.

 

Verlede Oukersoggend het ek so ‘n gelukkige toeval op ‘n lughawe beleef. Die vorige aand was ek by ‘n musiek konsert waar die Waterboys opgetree het. Ek was nog altyd ‘n aanhanger van hierdie Keltiese groep wat gesorg het vir die oorweldigend mooi liedjie “The Whole of the Moon” wat begin met die bekende “I pictured a rainbow, you held it in your hands”. Mike Scott bring lof aan ‘n wyse mens wat die volmaan, ‘n supermaan, kan sien terwyl hy wat Scott is net ‘n sekelmaan raaksien; iemand wat die Brigadoon, die mistieke dorpie wat slegs een keer elke honderd jaar sy verskyning maak, sien terwyl ander ewig bly soek.

 

Die Waterboys het in die jare negentig ontbind, maar Scott het ‘n paar jaar gelede die ander orkeslede bymekaar gekry en ek het op ‘n konsertreis begin hoop. Die aankondiging van ‘n Dublin-konsert het vroeg in 2013 gekom. Ek het my kaartjie dadelik bespreek en begin spaar vir die draai op pad na my Kersvakansie in Skotland.

 

Dis die aand van 23 Desember en ek bevind my tussen ander opgewonde aanhangers voor die Dublin-konvensiesentrum. Dit is snerpend koud en my tande klap terwyl ons wag dat die deure oopmaak. Maar selfs die bittere koue kan nie my lus vir ‘n regte Guinness demp nie. Ek is in Dublin en die Waterboys begin binne ‘n uur speel en dit voel asof ek na die kroegtoonbank huppel toe die deure oopmaak. Ek het nie kontant by my nie maar is gewapen met my kredietkaart, want ek wil weer ‘n Guinness proe en dalk ‘n konsert T-hemp koop. Die kroegman tap my Guinness en terwyl ons wag dat dit behoorlik tot rus kom, druk hy my kredietkaart in die masjien. En daar weier sy masjien om my kaart te aanvaar. Hy frons en probeer weer maar sonder sukses. My gesig gloei. Om te sê dat ek teleurgesteld is toe hy die Guinness voor my wegvat, is om dit sagkens te stel.

 

Ek sit en dink nog aan die terugslag toe die openingsorkes, ene Freddie en sy kitaarspeler op die verhoog stap. Freddie het ‘n mop swart hare en laat my aan ‘n jong Heathcliff dink. Ongetem en ontembaar. Maar toe hy begin sing, tref sy weerloosheid my. Sy lirieke roep beelde van windverwaaide heidevelde en die desperate skoonheid van vervalle stede by my op. Hy smeek ‘n vrou om vir hom te wag terwyl hy deur die wêreld dwaal, om nie verlief te raak voordat hy weer by die huis is nie. Hy begin voor ons op die verhoog droom van ‘n winterige dorpsplein waar hy by ‘n gevriesde fontein op ‘n geliefde wag. Twee swaeltjies pik-pik sorgsaam aan die ys en kerf haar mond en oë uit voordat hulle wegvlieg.

 

Toe Freddie klaar gesing het, sê hy dat daar van sy CD’s te koop is. Ek voel moedeloos sonder kontant en sonder enige besonderhede oor hom óf sy CD. Ek sal nooit weer hierdie musiek hoor nie en voel asof ék die verborge Brigadoon vir die eerste, maar ook laaste keer gesien het.

 

Sewe-uur die volgende oggend vertrek ek in die donker in ‘n kleinerige, skroefaangedrewe vliegtuig na Edinburg. ‘n Storm woed tussen Ierland en Skotland en die vlieënier waarsku ons dat ons vasgegordel moet bly. Toe ons oor die Ierse see bons, kyk ek af na die liggielose donkerte ver onder ons en dink obsessief aan hoe koud daardie water is.

 

Ná die stampende vlug lig almal se energievlakke toe ons in die pendelbussie klim. Ek sit my handbagasie neer en soek na vashouplek vir die staan aankomssaal toe, toe ek die bekende swart mop raaksien. Ek kan dit skaars glo. “Het jy nie gisteraand vir die Waterboys gesing nie?” vra ek verwonderd. Freddie glimlag en nou sien ek ook sy blou oë, lagplooitjies en diep kuiltjies raak. Ons gesels heelpad na die aankomssaal.

 

Ek sê hoe ek sy musiek geniet het en hoe diep my liefde vir die Waterboys lê. Hy vertel my watter gawe mense hulle is en net voordat ons afklim, vra ek of hy nie dalk sy CD’s by hom het nie.

 

“Ja! Kry my by die bagasieband, dis in my bagasie.”

 

Dit tref my dat ek steeds nie kontant by my het nie maar gelukkig onthou ek waar die lughawe-ATM’s is. “Ek gaan net eers gou geld trek, ek kry jou nou.”

 

Maar hy keer my. “Dis nie nodig nie. Dis ‘n geskenk.” Die blou oë vir ‘n oomblik nog blouer.

Ek glimlag en kyk hom agterna toe hy met sy kitaar oor die skouer wegstap. Ek druk die CD in my sak en trek my dik wolhandskoene aan. Dis Kersfees.

Back to top

At last …

E-mail

 

At last a guy has taken the time to write this all down, finally the guys’s side of the story.

 

Ask for what you want. Let us be clear on this one:

 

Subtle hints do not work!

Strong hints do not work!

Obvious hints do not work!

Just say it!

 

Anything we said six months ago is inadmissible in an argument. In fact, all comments become null and void after seven days.

 

Men are not mind readers. Learn to work the toilet seat. You are a big girl. If it’s up, put it down. We need it up, you need it down. You don’t hear us complaining about you leaving it down…

 

Yes and no are perfectly acceptable answers to almost every question.

 

If we ask what is wrong and you say “nothing”, we will act like nothing’s wrong. We know you are lying, but it is just not worth the hassle.

 

When we have to go somewhere, absolutely anything you wear is fine… really.

Back to top

Nuusbrief

Pionierskool

 

TWEEDE KWARTAAL

DIE ROLBALSPELER IN DIE KUNSTEKAAP

‘n Groep hoërskoolleerders, vergesel deur mee. Van Wyk en Van Deventer, het op 31 Januarie die toneelopvoering, Die Rolbalspeler, in die Kunstekaap-teater bygewoon. Pionierskool was so bevoorreg om gratis kaartjies te ontvang.

 

Die boek is deur Zain Eckleton geskryf en Saartjie Botha het ‘n puik verwerking daarvan vir die verhoog gedoen. Met behulp van die beligting en stelontwerp het sy dit baie goed reggekry om ons as gehoor te laat sien wat die hoofkarakter, ‘n blinde man, sien en hoe dit verskil van wat óns sien.

 

Hans, (gespeel deur Brendon Daniels, ‘n skitterende akteur sonder enige verhoogopleiding) woon saam met sy ma en broer (June van Merch en Dann-Jacques Mouton) in ‘n hokkie agter op iemand se erf. Hans ly aan die oogtoestand Retinitis Pigmentosa. Bedags vleg hy mandjies by die Kaapste Instituut vir Blindes, maar sy inkomste dek net die mees basiese behoeftes van sy gesin. Hy ontmoet vir Erika, ‘n gemeenskapswerker, wat hom leer rolbal speel, maar ook inspireer om matriek te skryf en daarna verder te studeer. Erika (Nicole Holm) en Hans raak verlief en verloof, ten spyte van die kleur- en kultuurgrens tussen hulle, en ook ten spyte van Hans se ma se aanvanklike teenstand.

 

Dit is ‘n pragtige liefdesverhaal wat deur een en elkeen in die gehoor (wat uit heelwat blindes bestaan het) geniet is. Dit is egter ook ‘n verhaal van hoop, van moed en deursettingsvermoë en van uitstyg bo ‘n mens se omstandighede. Johandré den Haan (gr. 12)

 

SKENKINGS DEUR FIETSRYERS VAN GEORGE

Christiaan en Maritza Human, verbonde aan die rekenmeestersfirma Boshoff en Visser in George, het ‘n besondere passie vir blindes, en dit het hulle ‘n paar jaar gelede aangespoor om met fondswerwing te begin. Hulle het aanvanklik ‘n ete-in-die-donker gereël, en dit het baie gou ‘n jaarlikse instelling geword.

 

Hein Wagner, oudleerder van Pionierskool, het tydens een van hierdie geleenthede as motiveringspreker opgetree. Hulle is so geïnspireer deur sy voorbeeld dat hulle nog meer wou doen om uitdrukking te gee aan hul bewondering vir mense wat die lewe moet aandurf met ‘n gestremdheid. So het dit gebeur dat hulle die fietstog aangepak het.

 

Op 21 Januarie het hulle uit George vertrek.  Die oudste fietsryer, Garth Hume (65) en sy seun Jack, melkboere naby Riversdal, het vanaf Mosselbaai tot in Riversdal gery, maar daarna het die boerdery hulle weer opgeëis.  Die res van die span het bestaan uit Christiaan en Maritza Human, Freddie Stander, Adéle Barnard, Maryke Sass, Gerhard Liebenberg, Corné Pretorius, Frans Otto, Conrad Potgieter en Carina Barnard.  Hulle is nie een professionele fietsryers nie en het daarby vrywillig werkstyd opgeoffer om die fietsrit te onderneem.

 

Benewens die versengende hitte en sterk wind het hulle die afstand van 320 km sonder teëspoed afgelê. Op Vrydag 25 Januarie het hulle in Worcester aangekom, waar leerders van die Pionierskool hulle voor die Biesenbachsaal in Kerkstraat ingewag het, en die vrolike orkes van die Instituut vir Blindes vir ‘n feestelike atmosfeer gesorg het.

 

Lede van die groep het met die leerders gesels, en hulle kon die fietse, wat voor in die saal staangemaak is, bewonder.  Die fietsryers het namens Hein Wagner tegnologie ter waarde van R15 000 geskenk.  Die firma Boshoff en Visser het verder, benewens ‘n kontantskenking, ook toerusting ter waarde van R20 000 geskenk.

 

Hulle boodskap aan die leerders?  Werk hard op skool, maar neem ook deel aan sport, op watter vlak ook al, want dis hoe jy jouself leer ken, maar dis ook waar jy mense ontmoet en ‘n netwerk vriende opbou.

 

INTERSKOLE

Vyf skole was verteenwoordig by die interskolebyeenkoms wat van 28 Februarie tot 1 Maart by die Tygerberg-atletiekklub plaasgevind het.

 

Die Pionierskool het uit die 43 atletiek-inskrywings 20 eerste plekke, 11 tweede en 6 derde plekke behaal.

 

Die swemgala het op 1 Maart by die Edgemead Primary School se swembad plaasgevind. By dié byeenkoms het Franco Smit 5 eerste plekke behaal. Hy is ook aangewys as die Victor Ludorum.

 

UITSLAE VAN DIE 2013 NASIONALE BRAILLE-EKSAMENS

Elementêre Braille-eksamen: Afrikaans

Die eerste drie plekke is deur leerders van Pionierskool behaal.

 

Eerste Plek: Carel Roos (Hy is ook die nasionale pryswenner.)

Tweede Plek: John Salie

Derde Plek: Nazain van den Heever

 

English:

First Place: Caitlyn le Grange (Arthur Blaxall School for the Blind)

Second Place: Tayla Kuilders

Third Place: Ntokozo Xaba (Sibongile Shool for the Blind)

 

Hoër Braille-eksamen: Afrikaans

Die eerste drie plekke is deur leerders van Pionierskool behaal.

 

Eerste Plek: Chanté Adams

Tweede Plek: Karin van Wyk

Derde Plek: Jay-Lee Ephraim

 

English

First Place: Tsholofelo Petronela Mashumu (Prizewinner from Siloe School)

Second Place: Sisipho Khubukele

Third Place: Jo-Lize Bronkhorst

 

Bostaande prestasies is op sigself ‘n huldeblyk aan ‘n opvoeder sonder gelyke, wyle me. Mariana Steyl.  Ons skool se uitslae is by uitstek die resultaat van haar skitterende braille-onderrig oor die loop van baie jare.

 

Baie geluk aan elke leerder wat vir hierdie eksamens ingeskryf het, maar veral aan diegene wat plekke behaal het.  Julle juffrou sou só trots op julle gewees het!

 

ORIËNTASIE EN MOBILITEIT/ORIENTATION AND MOBILITY

Die Afdeling Oriëntasie en Mobiliteit is jaarliks by verskeie aktiwiteite betrokke. Die leerders het tydens die jaarlikse skattejag sowel as met die “Long Cane Rally” die geleentheid gekry om hul langkierie-vaardighede in onbekende omgewings toe te pas.

 

The highlight of 2013 was our participation in the PET Project (Participatory Education Techniques). This competition was launched by the Department of Road Safety, Directorate Road Safety Management, and for the first time a special school was invited to take part. The O&M Department and 8 learners seized this opportunity to compete on equal footing with their peers in mainstream schools throughout the Western Cape. It was a big achievement to be announced as the Western Cape winner. The group took part in the national competition which took place on 2 December 2013 in Johannesburg.

 

The goal the O&M Department hoped to achieve in taking part in this competition, was to raise the awareness of road safety for all visually impaired pedestrians ∞C not only in Worcester, but countrywide!

 

VRL-KAMP 2014

Wat is ‘n kamp sonder ‘n leerlingraad, of is dit nou ‘n leerlingraad sonder ‘n kamp?  Die leerlingraad het die vraag tydens hulle jaarlikse kamp op die plaas van oom Niel Jordaan (juffrou Winnie se ander helfte) gaan uitleef.

 

Tannie Elise het die raserige klomp langs die rivier gaan aflaai. Hulle het nie tyd gehad om die pragtige natuurskoon te bewonder nie, want die eerste lesing oor kommunikasie moes begin: Hoe dra ‘n mens boodskappe oor sonder om ‘n woord te sê…

 

Juffrou Jordaan het gesorg dat die magies vol bly, maar ten spyte daarvan het sommige dapperes eers vroeg die volgende oggend gaan slaap!  Drikus beweer dat slaap net vir sissies is.

 

Ten einde laaste het die span die terrein opgeruim en ‘n heerlike, leersame naweek afgesluit.

 

Dankie aan juffrou Natasha en tannie Elise.

Hannes Byleveldt

 

DERDE KWARTAAL

BOLAND BOFBALSPAN

Nash Marcus in gr. 6, die seun van me Marcus van ons admin-afdeling, was deel van die Boland Bolfbalspan vir twaalfjariges. Dié spannetjie het van 29 April tot 3 Mei 2014 aan die Nasionale Bofbaltoernooi in Durban deelgeneem. Hulle het tweede geëindig in die uitdaagreeks en het sertifikate en medaljes ontvang.

 

POORT-SKRYFKOMPETISIE 2014: UITSLAE

Pionierskool het vanjaar vier inskrywings vir die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se nasionale skryfkompetisie Pretoria toe gestuur. Twee skryfstukke is deur die keurpaneel beoordeel as skryfwerk met letterkundige meriete, nl. Chanté Adams se gedig, Tot siens, en ‘n eksamenopstel van Sisipho Khubukeli, Nagrit.

 

Landwyd word daar slegs 10 toppresteerders in elk van die twee kategorieë aangewys. Uit hierdie twintig leerders word daar twee wenners aangewys, een in die prosa- en een in die poësiegenre. Die PUK-kanselierstrustprys van die Akademie word dan tydens twee bekroningsplegtighede (op Stellenbosch en in Pretoria) aan hulle oorhandig.

 

Vanjaar se wenners is Sisca Julius van Hoërskool Noord-Kaap in Kimberley, en Delene van Wyk van Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria.

 

Sisipho en Chanté se skryfstukke sal in Poort 2014 gepubliseer word. Al 20 gekeurde skryfstukke (oor die RSA en Namibië) word hierin opgeneem. Hierdie publikasie sal later in die jaar (Oktober 2014) persklaar wees. Die skool en elke leerder wat so presteer het, sal ‘n komplimentêre eksemplaar hiervan ontvang. Ons kan met reg trots wees op hierdie twee kranige skryfsters.

 

GHOLFDAG

Die jaarlikse gholfdag het op 9 Mei plaasgevind in toestande wat eerder geskik is vir swem en seiljagvaart. Vier en dertig spanne het egter sake dié dag uitgespook sonder om hulle enigsins deur die ongure weer te laat afskrik. Die manne het eers ‘n stewige ontbyt geniet om te verseker dat hulle genoeg moed en energie het.

 

Karel Bestbier van die Petals Express-span het ‘n kolhou geslaan op die 9de. Wat sy prestasie nog meer merkwaardig maak, is die feit dat hy geblinddoek was. Ek glo hy gaan die res van sy lewe geblinddoek speel.

 

Die toernooi is gewen deur die Pionierdrukkery-span, bestaande uit: Hugo Joubert, André Thiart, Jaco Fourie en Eugene Geldenhuys.

 

Die aand is afgesluit met ‘n heerlike dinee en ook ‘n veiling, wat ruimhartig deur almal ondersteun is.

 

Baie dankie aan al die spanne en borge. Sonder sulke onbaatsugtige samewerking, asook die ondersteuning van die gemeenskap, sou hierdie geleentheid nie kon plaasvind nie.

Hannes Byleveldt (Adjunk-Hoof)

 

SA KAMPIOENSKAPPE VIR GESTREMDES

Gedurende die Maart-vakansie het Ricardo Gatyana die Boland by die SA Kampioenskappe vir Gestremdes verteenwoordig.

 

Dié atletiekbyeenkoms het by Coetzenburg in Stellenbosch plaasgevind. Ricardo het goue medaljes verower in die 400 meter en verspring, en silwer medaljes in die 100 en 200 meter.

 

Ons hou styf duimvas dat hy aan die einde van die jaar ingesluit gaan word in die SA atletiekspan wat in Zimbabwe aan die Zone VI Games gaan deelneem.

 

INTERACTKLUB REIK UIT NA BEJAARDES

Ons geesdriftige groep Interactlede het ‘n gewone en ietwat saai Maandagmiddag in Mei so ‘n bietjie opgevrolik vir die inwoners van Huis Brevis. Dié ondernemende groep leerders het ‘n heerlike musiekprogram onder leiding van Sarel van der Westhuizen aangebied.  Terwyl Sarel en sy sangers hul program in die eetsaal aangebied het, het die res van die groep deur die gange beweeg en kolwyntjies aan inwoners in hul kamers en in die siekeboeg uitgedeel.

 

Die onselfsugtige wyse waarop jongmense betrokke raak by behoeftes in die gemeenskap en die liefde en medemenslikheid deur hulle betoon, gaan nie ongesiens verby nie.

 

VERKEERSVEILIGHEIDSPROJEK

‘n Groep van agt leerders is in November 2013 as die Wes-Kaap wenners in die Verkeersveiligheidskompetisie aangewys.  Vyf van hierdie leerders (Johandré, Sisipho, Jo-Lize, Liändrie en Anele) het op Saterdag 2 Desember aan die nasionale kompetisie in Johannesburg deelgeneem, waartydens hulle ‘n uiters professionele aanbieding gelewer het.

 

Die hoofdoel met die kompetisie was dat blinde leerders ‘n moeilik begaanbare area in hulle tuisdorp moes identifiseer én met probleemoplossings vorendag kom. Aangesien die meeste blinde voetgangers in Worcester van die Pick ‘n Pay-roetes gebruik maak, is hierdie roetes dus as probleemareas geïdentifiseer.

 

Die leerders se aanbieding het onder andere die volgende behels: ‘n gedetailleerde uitlegging van die probleemarea; praktiese en uitvoerbare oplossings vir die probleme; bewyse van breedvoerige navorsing.

 

Gesprekvoering met lede van die Breedevallei Munisipaliteit en Verkeersafdeling het ‘n belangrike deel uitgemaak van hierdie projek. Tydens hierdie gesprekke met en besoeke deur onder andere rdl. Basil Kivedo, mnre Matthyse, Adam Steer, Theo Steenberg en Damane (Verkeersafdeling) is daar ‘n rooi sone en ‘n groen roete geïdentifiseer wat in die toekoms aan blindvriendelike vereistes sal voldoen.

 

Op Maandag 12 Mei 2014, tydens ‘n aanbieding van die projek aan die res van die leerders en die personeel, het die vyf leerders elkeen ‘n Blackberry-selfoon ontvang. Dit is deur die Departement van Vervoer en Openbare Werke geborg, en deur Soemaya Davids oorhandig. Verskeie belanghebbendes was tydens hierdie geleentheid teenwoordig:  mnre Mark Jansen en David Frost, sowel as Jennifer Solomons, almal verbonde aan die Departement van Vervoer en Openbare Werke.  Hulle het as projekleiers opgetree.  Die Kaapse Wynland Distrikskantoor is deur mnr Jacobs verteenwoordig.

 

Ons is oneindig trots op al agt leerders wat Pionierskool verteenwoordig het, asook hulle toegewyde O&M-leerkragte, sonder wie se leiding en onvermoeide harde werk deelname aan hierdie kompetisie nie moontlik sou gewees het nie.

Back to top

NEW SMARTPHONE APP GIVES SIGHT TO THE BLIND

Reuters 20 September 2014

 

Jonathan Mosen, who has been blind since birth, spent his evening snapping photos of packages in the mail, his son’s school report and labels on bottles in the fridge. In seconds, he was listening to audio of the printed words the camera captured, courtesy of a new app on his Apple Inc iPhone.

 

“I couldn’t believe how accurate it was,” said Mosen, an assistive technology consultant from New Zealand.

 

The new app that allows blind people to listen to an audio readback of printed text is receiving rave reviews after its first day of availability and is being heralded as a life-changer by many people.

 

Blind people say the KNFB Reader app will enable a new level of engagement in everyday life, from reading menus in restaurants to browsing handouts in the classroom.

 

The $99 app is the result of a four decades-long relationship between the National Federation of the Blind and Ray Kurzweil, a well-known artificial-intelligence scientist and senior Google employee. According to its website, K-NFB Reading Technology Inc and Sensotec NV, a Belgium-based company, led the technical development of the app.

 

Kurzweil, who demonstrated the app on stage at the NFB’s annual convention in June, said it can replace a “sighted adviser”.

 

Taking advantage of new pattern recognition and image- processing technology as well as new smartphone hardware, the app allows users to adjust or tilt the camera, and reads printed materials out loud. People with refreshable Braille displays can now snap pictures of print documents and display them in Braille near-instantaneously, said NFB spokesman Chris Danielsen.

 

The app has already given some people greater independence, users said on Thursday and Friday on social-media sites such as Twitter. One early adopter, Gordon Luke, tweeted that he was able to use the app to read his polling card for the Scottish Referendum.

 

The app will be available on Android in the coming months, Kurzweil told Reuters in an interview. He may also explore a version of the app for Google Glass, a postage stamp-sized computer screen that attaches to eyeglass frames and is capable of taking photos, recording video and playing sound.

 

“Google Glass makes sense because you direct the camera with your head,” Kurzweil said. Kurzweil started working on so-called “reading machines” in the early 1970s after chatting on a plane with a blind person who voiced frustrations with the lack of optical-recognition technology on the market.

 

A few years later, “Kurzweil burst into the National Federation of the Blind’s offices in Washington, D.C., and said he had invented a reading machine,” recalled Jim Gashel, a former NFB employee who currently heads business development at KNFB Reader. “It was phenomenal.”

 

Kurzweil’s first reading machine was the size of a washing machine and cost $50,000. The technology has continued to improve over the past few decades – the new smartphone app can recognize and translate print between different languages and scan PowerPoint slides up to 25 feet (7.6 meters) away – but it was not available on a mainstream mobile device until now.

 

Previously, it cost more than $1,000 to use the software with a Nokia cell phone and a camera. The app’s release comes at a time when the technology industry has faced criticism for being too focused on making what some deem frivolous products such as apps for sharing photos and video games, as well as for intruding into people’s personal privacy.

 

In San Francisco, activists have blocked commuter buses operated by companies such as Google and Apple, and picketed the homes of some tech company executives for driving up the cost of living and not doing enough to help fix the city’s problems.

 

San Francisco-based Bryan Bashin, executive director of the non-profit Lighthouse for the Blind and Visually Impaired, said the KNFB app shows the positive and profound impact that technology can have.

 

“There are innumerable times in life that I’ll have a bit of print and there will be nobody around who can help me out, and I’ll just want to know something as simple as `Is this packet decaf or caffeinated coffee?`” Bashin said. “The ability to do this easily with something that fits in your pocket at lightning speed will certainly be a game changer.”

Back to top

Tussen engele

C Du Plessis

 

Ek trek my nagklere aan, gaan borsel my tande en klim in die bed en kyk by die venster uit terwyl die maan en die sterre vir my nagsê.

 

Ek stap in die gang af. Die skoolgebou is leeg. Hier en daar sal ‘n onderwyser miskien nog in sy klas wees, maar dis selde dat daar vyfuur in die middag nog ‘n onderwyser in die skool sal wees.

 

Dan gaan ek. Ek hoor stemme, en hulle sing. Baie na aan my. ‘n Blydskap kom lê diep binne-in my. Die musiek laat my veilig voel en ek verbeel my dat ek weer by oupa in die sonnetjie is. ‘n Gedagte skiet my te binne. Ek is nie in die skool nie … ek is in die hemel!, en as ek nie is nie, is dit baie naby. Miskien kan ek weer vir Oupa sien. En vir Madiba en my pa se pa. Maar hulle sal in die hemel wees en ek kan nie hemel toe gaan nie. Dis dan my skuld dat oupa weg is.

 

Ek dink aan alles wat ek al vir hom geskryf het. Opstelle, gedigte, briewe met titels. Miskien sal Liewe Jesus my ‘n kans gee. Net om vir hom hallo te sê, en te vra of hy my vergewe het.

 

Ek glimlag toe ek wakker word. Ek dink weer aan my droom. Haastig stap ek na Mamma se kamer toe. Hulle slaap nog.

 

“Mamma!” roep ek. “Mamma, ek het vir oupa en Liewe Jesus  gesien! Die hemel het goue strate!”

 

“Dis pragtig, my kind. Toe gaan trek aan. Jy gaan laat wees vir skool”.

Back to top

DJY KAN MA KLA DJY WATTIE WEETIE

ALLEN McNEIL

 

Djy kan ma kla djy wattie weetie,

Djy kan ma kla oomy Afrikaans en asik’t uitspreek

vallie klem mos op verkeere plek…

Djy wat kan sien kla oor als

ma djy weetie hoe dankbaar djy moet wies

  • oorlat djy kan sien nie

En djy wat blind is kla ok ma netso oo’ alles en nog wat.

Ma ek moet sê my oë het oopgegaan

toe ek die wêreld van die blindes betree het

Dit voel of ek ook jare blind was. Omdat ek nie rêrig gesien hittie….

Ek h’t empatie met die struikelblokke van die blinde.

Ma’ ekh’t geleer kyk verby die feit dat die persoon blind is

 

maar respekteer dit en alles sal fine wies.

 

Soos ek vroeër gesê het; moenie bekommerd wees

  • oor my intelektuele vermoëns nie;

enige mens wil maar net lees en praat

waarmee hy gemaklik is… dit is hoekom dit so

belangrik is dat Braille bevorder moet word

en dat ons kinders moet lees, lees en nogmaals

lees. Hetsy jy nou blind of siende is: LEES!!!

EN onthou dit is fisies Braille lees nie audio nie.

Deur te lees sal daar ‘n hele nuwe wêreld vir jou

  • oopgaan. Jy kan plekke besoek in boeke en dit sal

jou nie eens ‘n vliegtuigkaartjie kos nie… en baie

belangrik jy sal jou intelektualiteit verhoog

en sodoende jou vermoëns; dus kan niks in jou

pad vorentoe staan nie.

En onthou jou geletterdheid kan niemand

van jou af wegneem nie.

 

Eish! Ek mien… niemand kan jou rob van djou education nie!!!

Back to top

Substance Abuse

Kirsten Watkins

Plus 50 – June / July 2014

 

Drugs use is often associated with the youth, but more and more senior citizens are falling into the cruel grip of addiction.

 

The global population is ageing dramatically. This universal trend, equally prevalent in South Africa, has a number of socio-economic impacts, including increasing dependence on addictive substances. “While it is clear that drug and alcohol use, abuse and dependence occur among the elderly, society is often not aware of the extent,” believes Kirsten Watkins, an intern counselling psychologist at Wedge Gardens, the Gauteng-based substance abuse centre run by Rand Aid Association.

 

She says that in 2011, approximately 7.7% of South Africa’s total population, roughly 3.9 million people, were above the age of 60 (Statistics South Africa, 2013). By 2015, it is projected that this figure will increase to 4.7 million, 9% of the total population. “As this figure increases, the number of elderly people with addiction problems will rise,” says Watkins.

 

“The elderly naturally need medication, which contributes to the risk of over-the-counter and prescription drug abuse. Routine use of over-the-counter pain relievers and sedatives can be especially harmful when alcohol is also consumed. Ageing adults are at risk of misusing medications, and this misuse is often unintentional. Combining psychoactive drugs (sedatives and anti-depressants) with alcohol and other drugs puts older adults at greater risk of alcohol-related adverse drug reactions,” she explains.

 

Alcohol abuse may be precipitated by life changes such as retirement. The transition may cause boredom or depression, and bring feelings of unfulfilled expectations. Substantial losses, decline in economic status, the death of a spouse or friends, and deteriorating health contribute to alcohol being used to reduce psychological, physical and emotional stress. “Alcohol becomes a source of comfort to cope with loss and a means to escape reality. These individuals use alcohol to cope with their problems and since the problems do not actually go away, they end up being dependent on alcohol,” she explains.

 

Watkins says that family members may justify an older relative’s substance abuse as the result of grief or loss and feel sorry for him or her. “Often it seems easier not to confront an elder, fearing they will offend or anger them or be written out of the will. The result is that the abuse continues and becomes worse with time.”

 

Alcohol abuse and dependency among the elderly often go undetected. Watkins says the reasons for this are varied, but most have to do with the fact that this age group are no longer active in mainstream society, and therefore are simply invisible. “Simply stated, there is no one to answer to, so the problem might go unnoticed and can develop into abuse.”

 

The abuse may also go unnoticed because the individual is less likely to get into trouble with the law, to be stopped for driving under the influence or to have traffic accidents, and they are also less likely to cause problems in the community.

 

Watkins confirms that other adults, relatives and caregivers tend to overlook the existence of substance abuse problems because symptoms of alcohol and drug abuse are often mistakenly attributed to age-related conditions such as dementia, depression or Parkinson’s.

 

“Usually, older people who show signs of alcoholism are in denial, but there are signs to look out for that are common,” says Watkins. These include memory trouble after having a drink; loss of co-ordination (walking unsteadily, frequent falls); changes in sleeping habits; unexplained bruises; irritability, sadness, depression; unexplained chronic pain; changes in eating habits; isolation; neglecting personal hygiene; having trouble concentrating; slurred speech; complaints of blurred vision or dry mouth; weight gain or loss; hypertension; difficulty staying in touch with family or friends and lack of interest in usual activities.

 

“In order to preserve the dignity of the person, an intervention should be planned and prepared. Information should be gathered about the individual’s substance use and the most suitable intervention chosen. However, there is always the possibility that the person may not want help and family members need to be prepared for this eventuality,” says Watkins.

 

(Kirsten Watkins is an intern counselling psychologist of Wedge Gardens, the Gauteng-based substance abuse centre run by Rand Aid Association. Wedge Gardens can be reached at 011 430 0320.

Back to top

Digterby

Jacqueline Leuvennink

Lééf – Desember 2014

 

Dit was ‘n dag vol vroegsomer en die belofte van blou. Ons kuier by vriende aan die kus en suiker af see toe. Ek kan nie wag om die winter uit my lyf te swem nie. ‘n Meisietjie en haar maatjie is nog voor ons in die branders. “Ek is só bly die somer het teruggekom!” klim die skril stemmetjie bo die see se geruis uit.

 

Ons vriend is ‘n groot kusbewaarder. In daardie stadium hou hy ‘n wakende oog oor swarttobies wat op die strand broei. Hy raak aan’t gesels met ‘n Engelssprekende man wat net so hartstogtelik voel oor natuursake soos hy. Terwyl ons ons al oorgee aan die skuim en die sand en die sout, bly staan die twee koulikrig in die vlakker water, handeswaaiend oor al die orde wat gehou moet word en al die kwessies wat hanteer moet word.

 

Die golwe lek al hoër teen hulle lywe. In ‘n stadium spoel ‘n brander my tot naby hulle. Die Brit hou skielik sy hand op asof hy iets wil keer en beveel (doodernstig) ‘n volgende brander met ‘n ferm stem: “Not now!” Maar niks kan helaas die groot golf oorreed om om te draai nie en hy klits die twee onderstebo. Ek lag ‘n hele winter se koue uit my uit.

 

Soms voel ‘n mens so oor Desember. Voor jy nog reg is vir hom, breek hy oor jou kop en sleur jou mee na die einde van nog ‘n jaar toe. Vir dié wat die golwe kan ry, is dit nie ‘n probleem nie. Dit spoel jou soos een op ‘n pensplankie heel moontlik veilig na vrolike samesyn, dankbaarheid en rus toe. ‘n Blye tyd. Maar daar is ook ander, deur iets of iemand onderstebo geslaan, wat water sluk en hyg na asem. Juis omdat “Kersfees kom”. Dis of persoonlike verliese dieper sny dié tyd van die jaar. En ‘n verlange na dit wat was of kon gewees het na die oppervlak bring. Dinge wat dit moeiliker maak om die Kersverhaal en sy boodskap van hoop te omhels soos toe jy ‘n kind was. Sodat jy dalk voel soos die sesjarige wat een Kersfees vir sy ouma gesê het toe sy die Kersverhaal begin vertel het: “Ek hét dit al gehoor!”

 

Ons aanbid ná alles ‘n onbegryplike God. Die gans Andere. ‘n Mens vind Hom op die vreemdste en mees onverwagse plekke en tye, skryf Flip Theron. “Op Kersfees kry jy Hom in ‘n krip en op Goeie Vrydag aan ‘n kruis.”

 

En sedert Hy in ‘n wolk voor die oë van Sy volgelinge verdwyn het en Sy Woord in ons tyd “skaars” geword het soos die 1953-vertaling van 1 Samuel 3:1 sê, raak ons soms geloofsmoeg. Sodat dit verfrissend is om ‘n boek soos Engele by ons te lees waarin Sannie Wiese koelkop verhaal op verhaal vertel van Suid-Afrikaners wat ontmoetings met engele gehad het.

 

Sy het destyds in ‘n briefie in die tydskrifte Huisgenoot en Fair Lady mense uitgenooi om vir haar persoonlik van hul ondervindings te kom vertel.

 

“Die reaksie was oorweldigend,” skryf sy. “Dit was vir my (wat terloops geen besondere behoefte het om self ‘n engel te sien nie) aandoenlik om mense te hoor praat oor ‘n besoek van ‘n engel 12 of 20 jaar gelede; hulle onthou die besonderhede asof dit gister gebeur het. Hulle was bly om oor hul ondervindings te praat met iemand wat dit nie sommer as onsinnigheid afmaak nie. Wanneer hulle in die verlede met familie of vriende daaroor wou praat, is hulle as fanaties of eksentriek uitgekryt.”

 

Mag ons almal, ook te midde van hartseer en verlies, in hierdie Kerstyd opnuut weet dat God, én sy engele, deur die Heilige Gees digterby is as wat ons dink.

Back to top

Sportnuus –Instituut vir Blindes

Ray Aukett

 

Aangesien dit die eerste berig is wat ek skryf vir Die Nuwe Pionier wil ek graag die lesers bekendstel aan ‘n paar sportsoorte.

 

Sport speel ‘n groot rol in enige persoon se lewe en vir persone met lae visie of geen visie nie is dit op ‘n ander vlak wat sy belangstellings lê, soos sport uitsendings van alle sportsoorte asook deelname op klub, provinsiale en nasionale vlak en natuurlik die hoogste sport internasionale vlak.

 

Die sportsoorte wat dus baie gewild is onder siggestremde mense is: Rolbal, Skaak, Doelbal, Krieket en ja nou ook skyfskiet.

 

Ons is almal bekend met die sportsoorte wat genoem is maar sal graag die nuutste een uitlig naamlik Skyfskiet. Op 14 Junie 2014 is die eerste skyfskietklub gestig te Worcester. Dit was die dryfkrag van Mnr. Corrie Odendaal wat die gedagte gekry het en dit deurgevoer het. Die klub se naam is FIAT LUX SKYFSKIETKLUB. Die begin van so ‘n klub is natuurlik nie sonder probleme nie maar so deur die maande tot met die skrywe het ons inligting van oorsee gekry oor die korrekte apparate wat benodig word vir siggestremdes.

 

Daar is uitgevind dat die sport op groot skaal oorsee beoefen word. Die skyfskietklub gaan affilieer met die Nasionale Skietvereniging en gaan dan deur hulle die regte toerusting kry om te kan kompeteer. Ek sal dan met die volgende berigte meer kan berig oor die nuwe sportsoort asook oor die ander sportsoorte vir die siggestremde.

 

Onthou dat sport hou jou liggaam en jou siel en brein gesond.

Back to top

Braille Dictionary – Braille Services

Philip Jordaan

 

We are very pleased to have finished this huge task and a big thank you to Blind SA’s Braille Committee that decided not to charge actual production costs (±R170 000), but to recuperate material costs (braille paper, covers, binding elements, etc.) only!

 

The price: R520.00+VAT R592.80.

Back to top

Poort 2013

 

Sisipho Khubukeli (vanjaar in matriek) se opstel, Verdwaal, is in hierdie publikasie opgeneem. Dit is ‘n eksamenopstel wat sy in haar graadtienjaar geskryf het.

 

Toe ek aan die begin van 2013 die inskrywings vir 2013 gepos het, het ek navraag gedoen of dit moontlik sou wees om 2012 se Poort-boekie (waarin drie leerders van Pionierskool se werk opgeneem is) te brailleer.

Mnr. Schalk Hugo van Pionierdrukkery is in verband met die braillering genader, hy was dadelik positief en het alles in die werk gestel om dinge te laat gebeur…

 

Die drie leerders, Johandré den Haan, Chanté Adams en Sisipho Khubukeli, het uiteindelik tydens 2013 se prysuitdelingsfunksie die trotse eienaars van hul gebrailleerde eksemplare van Poort 2012 geword.

 

Sestien bundels in braille is ook aan die Akademie in Pretoria gestuur – dit alles die resultaat van ‘n paar mense se ondernemingsgees en baie harde werk.

 

Verdwaal

Sisipho Khubukeli

 

Hoe ver nog? Hoe ver nog? Is dit water wat daar blink? Dit moet net wees … Dit móét net wees … Haar voete kan nie meer nie … kan nie meer nie. Maar sy moet … As sy gaan sit, is dit verby; sal sy nooit weer opkom nie. Dan sal die sand haar toewaai ∞C begrawe in hierdie verlatenheid.

 

Sy strompel vorentoe.  Sy moet net bly vorentoe gaan. As sy net nie so moeg was nie.  As sy net nie so dórs was nie. Water … Sy moet wáter kry!

 

Die wind waai die sand in al digter vlae om haar. Sy kan nie sien nie.  Die blink skynsel, sy kán dit nie meer sien nie.  Paniekerig vee sy die growwe sand uit haar oë. Haar oë begin brand, maar sy sien weer die skynsel in die verte. Dis glad nie meer só ver nie. Die dors dryf haar aan en sy begin hardloop.

 

Skielik struikel sy en val. Maar dan staan sy weer moeisaam op en begin weer loop. Die blink iéts kom al nader. Miskien sal sy lewend uit hierdie hel kom, dink sy.  Nee, sy gááan! Sy móét net.

 

Toe die wind geniepsig nog ‘n vlaag sand teen haar aanwaai, sak sy uitgeput neer. Sy kan net nie meer nie … haar voete, die dors, die móégheid!

 

Maar dan sien sy dit. Sy is nou by die skynsel… water!  Koel, soet, heerlike water!

 

Sy drink en drink tot sy nie meer kan nie. Die water gee haar nuwe krag, haar voete voel nie meer so erg seer nie. Sy is nie meer so moeg nie. Sy sál definitief oorleef, besluit sy vasberade. Sy sal lewendig hier uitkom!

 

Geleidelik kruip ‘n yskoue gevoel egter deur haar hele liggaam.  Haar kop draai en sy voel hoe sy verswak.  Maar dit kan tog nie wees nie.  Sy het dan nou net…

 

Sy lê versteen in die sand wat al digter en digter om haar saampak.  Helder besef sy dat sy ook een van húlle is: dié wat die water gedrink het…

 

Die sand het haar amper heeltemal toegewaai. Hierdie verlatenheid gaan haar graf word.

Back to top

2015 – Beloftekalender – ‘N JAAR VOL VAN GOD SE GENADE VIR ONS

Lééf – Desember 2014

 

JANUARIE

KEN HOM in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. Spreuke 3:6

 

FEBRUARIE

Op die dag van gevaar sal die Here my wegsteek in sy huis, my VEILIG LAAT SKUIL in sy woonplek, my hoog op ‘n rots laat staan. Psalms 27:3

 

MAART

Geliefdes, ons is nou reeds KINDERS VAN GOD. Dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie, maar ons weet dat, wanneer Jesus kom, ons soos Hy sal wees. Ons sal Hom sien soos Hy werklik is. 1 Johannes 3:2

 

APRIL

Hy het elke mag en gesag ontwapen en hulle in die openbaar vertoon deur hulle as gevangenes in die TRIOMFTOG VAN CHRISTUS mee te voer. Kolossense 2:15

 

MEI

Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met KRAG EN LIEFDE EN SELFBEHEERSING. 2 Timoteus 1:7

 

JUNIE

Wees dan nie bedroef nie, want die BLYDSKAP IN DIE HERE – dit is julle beskutting. Nehemia 8:11b (1953 – vertaling)

 

JULIE

Kom ons gaan dan MET VRYMOEDIHEID NA DIE GENADETROON, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word. Hebreërs 4:16

 

AUGUSTUS

DEUR CHRISTUS het ons deel geword van die volk van God soos Hy dit vooruit al bestem het. So het Hy Hom dit voorgeneem. Hy wat alles laat gebeur VOLGENS SY RAADSBESLUIT. Efesiërs 1:11

 

SEPTEMBER

So het die Here my God, die Heilige van Israel, gesê: As julle julle bekeer en tot rus kom, sal julle gered word. JULLE KRAG LÊ IN STIL WEES EN VERTROUE HÊ. Jesaja 11:15

 

OKTOBER

Tog is die Here GRETIG OM JULLE GENADIG TE WEES en wil Hy Hom oor julle ontferm: Die Here is ‘n God wat reg laat geskied, en dit gaan goed met elkeen wat op Hom vertrou. Jesaja 11:13

 

NOVEMBER

ONDERWERP julle dan aan God. Staan die duiwel teë en hy sal van julle af WEGVLUG. Jakobus 4:7

 

DESEMBER

Omdat julle aan die boodskap van my volharding in lyding vasgehou het, SAL EK JULLE OOK VASHOU in die tyd van beproewing wat oor die hele wêreld gaan kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel. EK KOM GOU. HOU VAS wat julle het, sodat niemand julle kroon wegvat nie. Openbaring 3:10-11

Resepte

Desember 2014
Back to top

Feestelike roomyskoek

Landbou Boerekos – Uitgawe 5 Somer 2014/’15

 

Só ‘n roomyskoek kan ‘n mens lank voor Kersfees maak. En wat ook al oorbly, kan net weer gevries word vir later. Die kans is egter goed dat alles verslind gaan word!

 

BESTANDELE

2 liter toffieroomys, effens sag gemaak

1 groot grondboonbroslekker (Peanut Snack), gekap

60 ml Amarula-roomlikeur

250 ml vrugtekoekmengsel

45 ml brandewyn

2 liter vanieljeroomys, sag gemaak

100 g gemmerkoekies, fyn gedruk

80-100 ml botter, gesmelt

 

METODE

Smeer ‘n groot brood- of koekpan en voer goed uit met kleefplastiek. Maak seker dat die rante van die kleefplastiek ‘n hele ent oor die kante van die pan hang. In ‘n groot mengbak, maak die toffieroomys lekker sag met ‘n houtlepel. Roer die grondboonbroslekker en Amarula-likeur by en meng goed. Skep in die uitgevoerde pan en sit in die vrieskas vir 20 minute. Verhit intussen die vrugtekoekmengsel en brandewyn saam en kook tot die vrugte sag is. Laat afkoel, meng met die sagte vanieljeroomys en skep op die toffieroomyslaag. Vries tot hard. Meng die botter en koekiekrummels en druk op die vanieljeroomyslaag vas. Vou die kleefplastiek om die roomyskoek toe en vries tot wanneer nodig. Keer uit, trek die kleefplastiek af en sny.

 

Lewer 12 porsies

Back to top

Vinnige Bessie-en-sjokoladekoekstruif

 

As jy voel Kersfees is eenmaal nie dieselfde sonder koekstruif op die etenstafel nie, probeer dan dié vinnige weergawe. Jy kan die koekstruif ‘n dag voor die Kersete maak.

 

BESTANDELE

100 g donkersjokolade, gekap

125 ml room

1 x 20 cm-sjokoladesponskoek

500 g aarbeie, die helfte daarvan gesnipper en die res gehalveer

250 g mascarpone

250 ml room

30 ml viersiersuiker, gesif

10 ml vanielje-ekstrak

 

METODE

Smelt die sjokolade en room oor lae hitte tot glad. Laat afkoel tot kamertemperatuur en verkoel tot yskoud. Klits die mengsel tot lig en donsig. Halveer die sjokoladekoek sodat jy twee dunner koeklae het. Verdeel die sjokolademengsel tussen die twee koeke en smeer bo-op elk. Sny die koeke in blokkies en hou eenkant. Klits die mascarpone tot glad, voeg die room en vanielje-ekstrak by en klits weer, tot glad en effens verdik. Skep die een koek se blokkies in ‘n glasbak, skep die helfte van die mascarpone-mengsel oor en sprinkel die gesnipperde aarbeie oor. Herhaal met die res van die koekblokkies en mascarpone-mengsel en rond af met die gehalveerde aarbeie. Bedek liggies en verkoel tot benodig.

 

Lewer 10-12 porsies

Back to top

Jelliering

Karen Hart

Kuier – 5 November 2014

 

Wanneer die son bak en selfs die skadukolletjies min koeligheid bied, is niks lekkerder as ‘n yskoue bederfie om jou af te koel nie.

 

JELLIERING: Genoeg vir 8

BESTANDELE

1 pakkieframboosjellie (raspberry)

1 pakkie lemoenjellie

2 koppies kookwater

2 koppies gewone volroom jogurt

½ spanspek

2 kiwivrugte

 

METODE

Maak eers die pakkie lemoenjellie in ‘n mengbak met 1 koppie kookwater aan. Laat staan om af te koel en roer dan ‘n koppie van die jogurt by. Giet die lemoen-jelliemengsel in ‘n ringvorm en plaas in die yskas om vir ‘n halfuur lank te stol. Maak dan die framboosjellie op dieselfde manier aan en giet dit in die ring op die lemoenjellielaag. Laat goed stol in die yskas. Haal uit net voor opdiening. Gebruik ‘n balletjiemaker om spanspekballetjies te vorm. Skep dit dan in die holte van die jelliering (of jy kan net bloot die spanspek in klein blokkies sny). Skil die kiwi en sny dit in skyfies. Snipper ‘n paar skyfies bo-op die spanspek in die middel en sny die res in halfmane om die ring rondom te versier.

 

WENK: Jy kan enige jelliegeur of vrugte van jou keuse gebruik. Jy kan selfs vrugte-geurjogurt gebruik, indien jy so verkies.

Back to top

Mince pie cruffins

A crumbly, fruity Christmas classic.

Serves: 12

 

MAIN INGREDIENTS

185 grams PnP butter, at room temperature

90 grams light brown sugar, lightly packed

10 ml PnP ground cinnamon

cup fruit mince

tbsp PnP butter, melted

500 ml PnP dried fruit mix

75 grams pecans, chopped

400 grams PnP puff pastry, defrosted

 

METHOD

Preheat the oven to 200°C.

Grease a 12-cup muffin pan very well and place on a baking tray lined with greaseproof paper.

Beat all filling ingredients except dried fruit and nuts together until well combined.

Unroll pastry on a lightly floured surface with the folds going left to right.

Spread half the butter mixture over the pastry and scatter over half of the fruit and nuts.

Starting with the end nearest you, roll the pastry up into a tight roll to enclose the filling.

Trim the ends of the roll and slice into 6 equal pieces, each about 3cm thick. Place each piece, spiral side up, in 6 of the muffin cups.

Repeat with the second sheet of puff pastry.

Bake for 30 minutes, until the sticky buns are caramelised and dark golden brown.

Allow to cool for 5 minutes and carefully remove from the pan. Use a knife to loosen them while they are still warm.

Back to top

Spek-en-cheddar-panskons

Landbou boerekos – Uitgawe 5 Somer 2014/’15

 

My soort ontbyt – warm, kaserige skons deurspek met stukkies bros spekvleis. Eet dit warm saam met ‘n groot beker goeie koffie. Dis baie ryk en beslis nie vir gereeld eet nie. Maar Nuwejaarsdag kom mos nou ook nie elke week nie.

 

BESTANDELE:

560 ml bruismeel

Knippie sout

250 ml gerasperde, beleë cheddar

125 ml sodawater

150 ml melk (meer indien nodig)

6 stukke brosgebraaide spekvleis, grof gebreek

1 eier, geklits en 30ml melk (vir smeer)

 

METODE

Voorverhit die oond tot 200°C en smeer ‘n koekpan of oondbak van 18 cm met botter. Sif die meel en sout in ‘n bak en meng die kaas daardeur. Maak ‘n holte in die middel en voeg die sodawater en melk by. Maak aan tot ‘n sagte deeg (voeg bietjies melk by as die deeg te droog lyk). Druk die stukke spek oraloor in die deeg en knie dit liggies bymekaar. Druk die deeg in die voorbereide pan en maak snye daarin met ‘n skerp mes (waar jy later die skons sal wil sny of breek). Meng die geklitste eier en melk saam en verf dit liggies oor die skondeeg. Bak vir ongeveer 20 minute tot die skons goudbruin, deurgaar en uitgerys is. Laat vir sowat 10 minute afkoel en sit louwarm voor met botter en groenvyekonserf.

 

Lewer 6-8 porsies.

 

KOMBUISWENKE

Pleks daarvan om die deeg in ‘n koekpan of ‘n oondbak te maak, kan jy individuele ontbytskons maak. Rol die deeg liggies uit op ‘n meelbestrooide oppervlak en druk groot sirkels uit. Pak op bakplate, smeer met ‘n eier-en-melkmengsel en bak vir 10-15 minute tot deurgaar. Hanteer skondeeg liggies vir die beste resultate.

Back to top

Kaneel-teebrood

 

Ek sal dié broodjie weer en weer maak, al is dit net om my huis te vul met die hemelse kaneel-en-suiker-geur wat jy kry terwyl dit bak. Dit smaak die beste louwarm met ‘n bietjie botter daarop, saam met koffie of tee.

 

As die broodjie ná ‘n paar dae nie meer vars is nie, rooster snye daarvan in ‘n broodrooster en eet dit met botter en heuning.

 

BESTANDELE

125 ml sagte botter

410 ml ligbruinsuiker of witsuiker

4 eiers

750 ml koekmeel

5 ml sout

25 ml bakpoeier

7 ml kaneel

250 ml volroommelk

10 ml vanieljegeursel

Versiersuiker om oor te sif (opsioneel)

 

METODE

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ‘n middelslagbroodpan goed met botter. Voer die pan met bakpapier uit en smeer weer. Verroom die botter en suiker goed tot lig en romerig. Voeg die eiers een vir een by en klits goed ná elke byvoeging. Voeg die meel, sout, bakpoeier en kaneel by. Meng die melk en vanieljegeursel en voeg dit ook by. Roer tot goed gemeng en skep die beslag in die voorbreide pan. Bak vir sowat 1 uur tot deurgaar en goudbruin of tot ‘n toetspen skoon uit die middel van die brood kom.

 

Lewer 1 middelslagbrood (sowat 10 snye).

Back to top

Aartappel-wors-en-tamatiepan

Landbou boerekos – Uitgawe 5 Somer 2014/’15

 

Hierdie pan kan ontbyt, middag- of aandete wees en jy kan enigiets waavoor jy ook al lus is by die aartappels, wors en tamatie gebruik – solank jy nie die gerookte paprika vergeet nie. Rooi soetrissie sal lekker werk. Volgende keer kan jy sommer ‘n hand vol garnale ook braai en byvoeg. Dis amper soos ‘n paella, maar met aartappels pleks van rys.

 

BESTANDELE

1 kg baba-aartappels, geskrop

2 uie, in wiggies gesny

4 heel knoffelhuisies

60-80 ml olyfolie

10 ml gerookte paprika

1 groot chorizo-wors, in skyfies gesny

3-4 gaar varkworsies, in skyfies gesny

‘n Paar takkies roosmaryn

250 g sampioene van jou keuse, in kwarte gesny

500 g kersie- of romatamaties

Seesout en vars gemaalde swartpeper

 

METODE

Kook die aartappels in pot soutwater tot net-net gaar. Dreineer goed en druk droog. Voorverhit die oond tot 200 °C. Sit uie, knoffel en olie in ‘n groot oondbak en oondrooster tot die uie begin verkleur. Voeg die paprika, chorizo, varkworsies en gaar baba-aartappels by. Meng goed deur en oondrooster vir ongeveer 20 minute, tot die aartappels begin kleur kry. Voeg die roosmaryn, sampioene en tamaties by, meng goed, geur met sout en peper en oondrooster tot tamaties begin oopbars. Haal uit die en sit warm voor.

 

Lewer 6 porsies.