DNP lesers

Liewe Pionier-lesers

Soos julle seker reeds agtergekom het, is daar nie hierdie maand ‘n uitgawe van Die Nuwe Pionier nie. Ons is besig om die tydskrif “’n nuwe baadjie” aan te trek.

U as lesers moet ons asseblief in hierdie verband help.

Ons is op soek na spesifieke onderwerpe bv.:

• Nuutste modes
• In en om die huis (toebehore/gereedskap)
• Tegnologie/”gadgets”
• Motors
• Vakansiebestemmings
• Politiek
• Godsdiens
• Vervolgverhale
• Is die resepte genoeg/te veel?
• Wyne

Voel vry om ons per e-pos, telefonies of per brief te laat weet sodat ons ‘n lekker-lees tydskrif kan uitgee!

Terugvoering moet so spoedig moontlik ontvang word.

Dankie en groete
Redaksiespan