DIE PIONIER – OKTOBER 2016

 

INHOUD

  1. Redakteursbrief
  2. Ongelykheid is die olifant in die vertrek.
  3. Nuusbrief – September 2016.
  4. Infokus – September 2016.
  5. SARS eFiling is now accessible to visually impaired taxpayers
  6. Hervormers ‘het die bal weggeskop’
  7. NIE SONDER ‘N GEVEG NIE.
  8. ‘Napoleon-wyn’ ná byna 200 j. terug.
  9. SKUD dit AF.
  10. WEES ‘N GOEIE VRIENDIN..
  11. Trollip verbied luukse reise.
  12. Dr. Isak groet: ‘Verander eers kerk’
  13. ‘Bou skole, eerder as breek’
  14. PRAAT MET MY.
  15. Bly GESOND..
  16. KELDER JOU CV JOU?.
  17. WegholSUKSES.
  18. SUKSES.
  19. Cóenie kry duim na bo vir ‘Emoji’
  20. Goed VIR JOU..
  21. Vetplant-landsvlag se buitelyne al sigbaar
  22. Span baan (kliplose) weg vir Bloodhound.
  23. Wenke wat werk.
  24. Bobbejane se anargisme raak teer punt in ons.
  25. SONSLIM..
  26. Chinese boer nou glo op Zim-plase.
  27. Mateo lag-lag deur na nasionale spelkompetisie.
  28. Niks beter as Yende se eie stem om verhaal te vertel
  29. Wildstropery: Viëtnam wil smokkelaars nou skielik pak.
  30. Ontlastinggooier nou belas met sanitasie in stadsraad.
  31. Ontwrigting van klasse is beslis nie die oplossing nie.
  32. Crocs ‘skitter’ op loopplank in Londen – en almal sidder
  33. Toerismesektor hou aan groei
  34. ‘n Konka vir die winter
  35. ‘n Gesonde hand in die tuin.
  36. ASKOEK EN BOKKOMBOTTER..
  37. PEER-PINOTAGE-EN-ROOSMARYN-KONFYT.
  38. RITA SE CHAKALAKA.
  39. VEGETARIESE KERRIEBROOD..
  40. Vat blomme pot toe op dié maniere.
  41. Waterblommetjies-tempura met kerrie-mayonnaise.
  42. Blindiana Barista Menu.

 

DIE PIONIER

Jaargang 83, No 05

Volume 83, Nr 05

 

Datum 31/10/2016 Date

 

REDAKSIE

Rig asseblief alle korrespondensie aan:

Please direct all correspondence to:

 

Die Redakteur The Editor
Die Pionier Die Pionier
Posbus 994 P.O. Box 994
WORCESTER WORCESTER
6849 6849

 

Tel.: (023) 342 6313

Faks/Fax: (023) 342 0335

E-Pos/E-Mail: info@pioneerprinters.org.za

 

 

Die redaksie onderskryf nie noodwendig die menings wat in die artikels en briewe in Die Pionier uitgespreek word nie, en behou hom die reg voor om sodanige stof te verkort en redaksioneel te versorg.

The editorial staff does not necessarily endorse the opinions expressed in the articles and letters in Die Pionier, and reserves the right to abbreviate and edit such articles.

Hierdie publikasie is moontlik gemaak deur ‘n ruim subsidie van die L W Hiemstra Trust en Marie Luttig Trust.

This publication is made possible by a generous subsidy of the L W Hiemstra Trust and Marie Luttig Trust.

 

1. Redakteursbrief

20 Oktober 2016

Geagte Lesers

Welkom aan al ons lesers tot die nuwe Oktober uitgawe van Die Pionier wat ‘n wye draai gooi oor verskeie sake – nuus van die dag, politieke aangeleenthede, maatskaplike en sosiale aangeleenthede en baie raad, advies en wenke om jou te help met alledaagse vrae en lewensuitdagings wat ons almal mee te doene het.

Die kerke speel ‘n baie belangrike rol in ons samelewing en moet leiding verskaf oor baie kwessies soos die gesprekke oor die nagevolge van ongelykhede en onregte wat nog steeds in ons samelewing voorkom.  Die Waarheid-en-Versoeningskommissie se werk is nog lank nie afgehandel nie.

Die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika het nou besluit om die sensitiewe kwessie oor seksualiteit af te wentel van sinodale vlak na grondvlak dat dit op pastorale en gemeentevlak gehanteer moet word.  Dit is ‘n sensitiewe kwessie wat nie weggewens of geïgnoreer kan word nie.  In ons huidige samelewing moet ons dit met deernis en begrip hanteer en meer fokus op die individu se morele en geestelike gesondheid en nie soseer die heeltyd op sy seksuele oriëntasie hamer nie – dit is nie ‘n siekte of ‘n afwyking nie, maar ‘n lewensrealiteit wat ons moet leer aanvaar.

Mense-kennis, insig in die diversiteit van ons menswees, die verskille tussen geslagte se denkwyse en optrede, die noodsaak van goeie kommunikasie in verhoudings,  hoe ons reageer in verskillende situasies en hoe ‘n mens dit beter kan hanteer word alles in hierdie uitgawe aangeraak en lig op gewerp.  Die mens bly maar ‘n komplekse wese en ons het almal raad en insig nodig om die lewenspad te bewandel.

Verder probeer ons baie van jul vrae beantwoord deur al die baie wenke in hierdie tydskrif oor onder andere belastingsake, finansiële sake, gesondheidsake, hoe om daardie belangrike CV op te stel vir jou werkaansoeke, wenke oor huishoudelike produkte, handige wenke en rate oor algemene kwessies,  die gevare van sonbrand en hoe jy jou sonskerm moet kies en aanwend, handige tuinwenke vir die groenvingers onder ons.

Dit is wonderlike nuus dat SARS dit nou vir die siggestremde en blinde gemeenskap makliker gemaak het met hul nuwe website – e-filing Mobisite – waarop ons nou self  elektronies ons belastingopgawes kan invul.  Hiermee kan jy nou self jou ITR-12 vorm invul.  Dit is belangrik dat al ons gestremdes ook die ITR-DD vorm invul om in aanmerking te kan kom vir belastingaftrekkings waarop ons geregtig is.  Weet watter aftrekkings jy mag maak en maak gebruik daarvan.  Uit persoonlike ondervinding kan ek self getuig dat SARS deesdae baie hulpvaardig is en indien jy sukkel met jou e-filing, stel ek voor dat jy na jou naaste SARS kantoor gaan waar hulle jou sal help.  Die proses is deesdae so maklik en vinnig.

Die tuinwenke het my baie geïnteresseer – veral die feit dat tuinslakke mal is oor bier en hulself doodsuip en dan verdrink in die bier.  So indien julle dit oor julle hart kan kry om so ‘n bietjie van jou kosbare voggies aan die slakke af te staan – gee dan bier vir die lastige tuinslakke!  Moet liewer nie van die uiters kosbare Grand Constance claret vir hulle gee nie – hou dit vir jouself!

Daar is baie lekker nuus oor Kaleidoskoop, die Pionierskool en die Pionierdrukkery in die Nuusbrief van Kaleidoskoop en die Infokus nuusbrief. Die onlangse Algemene Jaarvergadering van Kaleidoskoop was ‘n hoogtepunt en die donateurs wat dit bygewoon het sê dat dit een van die beste geleenthede was wat hulle bygewoon het.  Die Blindiana Barista Koffiewinkel het opnuut sy deure oopgemaak en wat ‘n ongelooflike transformasie het dit ondergaan – van die splinternuwe voorkoms, oop ruimtes en pragtige meubels wat deur Kaleidoskoop se nywerhede gemaak is tot die splinternuwe spyskaart met liplekker kosse en koeke teen uiters billike pryse!  Ons eie Vodacom Kiosk by Ons Winkel wat werk verskaf aan twee van ons siggestremde inwoners.  Op 29 September het die tweede kunsuitstalling van Kaleidoskoop se 30 siggestremde, blinde en meervoudiggestremde kunstenaars in ons eie I-Art Galery geopen en het meer as 100 mense dit bygewoon.  Dit was ‘n ongelooflike mooi geleentheid gewees.  Op 13 Oktober het die Pionierskool hul Kultuuraand aangebied en ek was verstom oor die hoogstaande gehalte en talente van ons skoolkinders.  Robyn Waters het ons asem weggeslaan met haar opera arias – sy is ons volgende internasionale opera diva met ‘n blink toekoms – en dan blind ook!  Ons Suid-Afrikaners lewer opera sterre op van wêreldgehalte soos Mimi Coertse, Johan Botha en Pretty Yende wat nou so internasionaal in aanvraag is as gerekende sopraan.

Ons land se politiek is ‘n kwessie wat ons daaglikse lewens raak.  Politiek is meestal ‘n vreemde spel en soms kan jy stik in jou koffie wanneer jy ‘n artikel lees soos oor die ontlastinggooier van 2013, Loyiso Nkohla, wat sy mantel na die wind gedraai het deur in die onlangse munisipale verkiesing oor te loop van die ANC na die DA en daarvoor wragtag beloon word met ‘n hoogsbetaalde pos in die Kaapse stadsraad en nou onder andere raad moet gee oor sanitasie aangeleenthede!  Wat meer kan ‘n mens nou daaroor sê…Helen Zille se outobiografie, wat onlangs gepubliseer is, gee vir ons baie insig wat agter die skerms gebeur en dat die politiek ‘n daaglikse sirkus is!  Die politieke soustrein en die korrupsie wat daarmee gepaardgaan is nog iets wat ‘n mens se bloeddruk daagliks opjaag.

Ons land se basiese en hoër onderwys gaan ook deur baie moeilike tye.  By die Pretoria High School for Girls – ‘n baie gerekende skool – sukkel ons nog steeds met kulturele vooroordele en kwessies oor transformasie en dit oor iets so beuselagtig soos die haarstyle van verskillende kultuur- en rasgroepe!!!  Het ons nie beter dinge om ons oor te kwel nie?  Die vloedgolf van anargie by ons universiteite maak my baie bedroef.  Die studente se eise oor meer bekostigbare universiteit klasgelde is vir my baie verstaanbaar, want ek weet hoe astronomies duur dit is om naskoolse opvoeding te kry.  Wat egter totaal onrealisties met die eise is, is dat daar op gratis naskoolse onderwys aangedring word – iets wat ons Suid-Afrikaanse ekonomie tans werklik nie kan bekostig nie, want daar is net nie geld daarvoor nie!  Die rasionele oplossing vir die hoë klasgelde sal wees meer beurse deur die private sektor, meer subsidies deur die staat aan die universiteite, laer klasgelde en finansiële bystand aan arm studente onder ‘n vooraf bepaalde inkonstevlak.  Wat my warm onder kraag maak is dat hierdie oproer en gedrag grens aan anargie en kriminele wanorde.  Wat is die doel daarvan om die instellings soos skole en universiteite af te brand en te vandaliseer – nadat hulle hul sin gekry het waar gaan die klasse dan aangebied word as dit dan nou vernietig is en nie meer daar is nie.  As die gelde gekry word om aan al die eise te voldoen waar gaan ons dan die geld kry om dan al die afgebrande klasse weer te bou?  Ons regering het nie ‘n bodemlose put van geld nie en iewers langs die pad gaan die syfers in die begroting nie klop nie.  Al hierdie optredes en sinlose anargie is besig om ons finansieël te verwoes en gaan lei tot nog groter armoede en agterstand.  Die 5 feite wat genoem word is kardinaal van belang, naamlik (1) niks in die lewe is verniet nie, (2) beloning verg teenprestasie, (3) jy kan nie op regte aandring en in die proses  ander se regte ontneem nie, (4) daar is nie ‘n bodemlose put van geld nie, (5) en in Suid-Afrika is toegang tot hoër onderwys ‘n teoretiese reg en nie gewaaborg nie. Die reg moet gekoester word.  Ek hoop en bid dat hierdie moeilike kwessies deur goeie leierskap van die regering, die universiteit – owerhede en die studente leiers opgelos sal word.  Dit maak ons land baie seer.  Te midde van al hierdie negatiwiteit skyn daar tog ligstrale deur soos die pragtige artikel oor Mateo Joubert (10 jaar) wat eerste gekom het, Caylee Alexander tweede en Angelina Saunders derde wat so goed gevaar het in die onlangse spelkompetisie wat deur die Wes-Kaapse Onderwys Departement aangebied is tydens die Reading to Lead- spelkompetisie.  Dit wys dat om te leer kan ook pret wees.  Dit is so noodaaaklik dat ons jeug die waarde van lees en spel moet verstaan – dit is die fondament van ons kulturele en literêre toekoms.

Dan is daar kort brokkies interessanthede soos die projek by Graaff-Reinet waar hulle beplan om die buitelyne van die landsvlag uit te lê met 2,5 miljoen vetplante oor ‘n area van 66 hektaar!  Die Bloodhound landspoedrekord aanslag by die Hakskeenpan waar die plaaslike bevolking 26 000 kubieke meter klippe opgetel het – genoeg om 10,4 Olimpiese groote swembaddens vol te kan maak!  Die goeie nuus dat Suid-Afrika se buitelandse toerismebedryf steeds goed groei.  Die interessante feit dat die kitskosbedryf onder ons moeilike ekonomiese tye steeds sterk staan en groei toon.  Dit wys net dat luiheid in die kombuis en gemaksug nie ‘n prys het nie!

Op hierdie punt wil ek dan afsluit deur al ons lesers ‘n baie geseënde tyd toe te wens tot ons dan weer gesels in die volgende uitgawe van Die Pionier. Mooi loop tot volgende keer en wees goed vir jouself en vir ander.

Johan Pretorius

Die Redakteur

 

Back to top

 

2. Ongelykheid is die olifant in die vertrek

(Die Burger, 21 September 2016)

Godsdiens Aktueel

Braam Hanekom

‘n Olifant in die vertrek herinner ons keer op keer aan sy teenwoordigheid.

So gebeur dit onlangs weer op ‘n byeenkoms wat die Sentrum vir Publieke Getuienis en die In Harmonie-stigting gereël het. Die onderwerp was eenvoudig: Rassisme, heling en versoening. Met verteenwoordigers van onder meer die Anglikaanse Kerk, die Presbiteriane, die Volkskerk, die Calvyn Protestantse Kerk, die VGK, die NGK, die AGS, die Worcester Reconciliation Project en die Franschhoek Transformation Charter is ‘n interessante gesprek verwag.

Natuurlik is daar mense wat moeg is vir dié soort gesprekke. “Dit is tyd om aan te beweeg,” word gesê. Hieroor verskil mense drasties. Aan die een kant is daar byvoorbeeld jongmense wat vanweë hul blootstelling aan mekaar sedert 1994 ‘n radikaal ander ervaring as hul ouers het. Hulle koester hul nuutgevonde vriendskappe.

Ook is daar jongmense wie se omstandighede min verander het en wat dus steeds kwaad is en dink dat Nelson Mandela hulle uitverkoop het.

Konsepte soos kompleksiteit, die versugting na eerlikheid en die gebrek aan vertroue duik in die gesprek op. So ook restitusie. Dit is iets waaroor veral wit mense nie wil praat nie. Daar is onsekerheid en vrees.

Tog bly dié vraag hang: Hoe versoen jy sonder dat ou onregte reggemaak word? Sommige wil net aanbeweeg en ander sê die onreg sal vergroot as die verlede net vergeef word. Afrikaners het byna ‘n eeu geneem om die Engelse vir die konsentrasiekampe te vergewe. Hoe kan ons ná 20 jaar van swart mense verwag om net aan te beweeg?

Die aand begin versigtig, maar dan begin dié diverse groep praat. Stories van pyn word gedeel. Swart, bruin én wit stories.

Meer mense staan op en sê: “Ek het gedink ons is klaar met die gesprekke, maar ons sal eenvoudig moet aangaan. Dit is ons roeping en verantwoordelikheid as Christengelowiges. Die Kerk het te lank stilgebly. Ons het gedink alles is orraait ná Madiba. Ons het nog baie werk.”

Ons noem hierdie “Waagmoedige Gesprekke”. Ná die tyd besef ek opnuut: Al hoef ons dit nie weer so te noem nie, is die werk van die Waarheids-en-versoeningskommissie ongelukkig nie klaar nie. Ons mag nie skrik en daarvan wegskram nie. Dit bly goed om na mekaar se stories te luister. Die vraag is nou hoe hierdie gesprekke ook in gemeentes en op Voetsoolvlak verder gevoer kan word.

Maar terug by die olifant in die vertrek. Sy naam is “Ongelykheid”. Die ontkenning van ongelykheid laat ons op ‘n tydbom sit. Dit voed verwydering. Ons sal meer konstruktiewe gesprekke moet voer en beter oplossings moet vind. Retoriek gaan ons nie help nie. Ons sal ook die werklike redes vir die ongelykheid eerlik in die oë moet kyk. Blote verwyte en beskuldigings gaan niks oplos nie.

 

Back to top

 

3. Nuusbrief – September 2016

GEDAGTE VIR DIE MAAND

Psalm 100 vers 1-5 (‘n Dank Psalm)

1 Juig tot eer van die Here, almal op aarde!

2 Dien die Here met blydskap!  Kom voor Hom met gejubel!

3 Erken dat die Here God is:  Hy het ons gemaak en ons is Syne, ons is sy volk, sy eie kudde.

4 Gaan sy poorte binne met dankliedere, sy tempel met lofsange,dank Hom, prys sy Naam,

5 want die Here is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie, sy trou duur van geslag tot geslag.

 

Hierdie Bybelteks het ek tydens ons Algemene Jaarvergadering in Engels voorgelees.  Ek skryf hier die Afrikaanse weergawe sodat almal dit gemaklik verstaan.

Hierdie lofsang van Dawid is ook op Kaleidoskoop van toepassing.  Met al die wonderlike dinge wat hier by ons gebeur – die nuwe verwikkelinge by ons nywerhede met die omskakeling na ko-op’s, al die nuwe produkte op Ons Winkel se rakke en op die vloer, die splinternuwe Blindiana Barista wat sy deure weer oopgemaak het met ‘n heerlike nuwe spyskaart, ons Kaleidoskoop Opleiding Kollege met die nuwe Hoë Tegnologiese Sentrum, die Vodacom Kiosk en die nuwe selfoonopleiding wat daaruit spruit, die kunsklasse en die tweede kunsuitstalling op 29 September en al die ander beplande projekte wat nog in die pyplyn is kan ‘n mens nie anders as om jou hande saam te slaan van verwondering en dankbaarheid vir God se genade en liefde en getroue bystand oor 135 jaar om al hierdie dinge vir ons moontlik te maak nie – ten spyte van moeilike finansiële omstandighede in Suid-Afrika en wêreldwyd.  Ons het waarlik rede om te juig en te jubel en God se naam te loof, want die Here is goed vir ons!

~ Johan Pretorius

 

UIT DIE KANTOOR

Tydens ons pas afgelope Algemene Jaarvergadering het ons die klem laat val op die ongelooflike potensiaal van ons persone wat siggestremd is by Kaleidoskoop. Dit was dan ook een groot feesviering en ons besoekers en donateurs van buite kon nie uitgepraat word oor die pragtige verhale van hoop en sukses wat met hulle gedeel is nie. Almal was dit eens dat hierdie jaarvergadering weereens bewys het dat ons by Kaleidoskoop nie die gewone vervelige tipe vergadering aanbied nie, maar altyd uniek en opwindend is. Die stalletjies en karnavalatmosfeer het ook hiertoe bygedra. Dankie aan Franci en Feedem vir hierdie wonderlike inisiatief!  Van my kant af wil ek uit my hart uit dankie sê vir al my helde wat deel was van my aanbieding nl Chris Carstens, Salmon Fikster, Philip Crouse, Johan Henning, Joseph Matheatau, Rochelle McDonald, Jacques Loftus, Philip Swart, David Geyer, Nico Nel en Robin Waters. Julle het julle uitmuntend van julle taak gekwyt en ons almal was ongelooflik trots op julle. Dit is dan ook geen wonder dat van die donateurs wat dit gereeld bywoon, gesê het dat dit die beste AJV was wat ons nog gehou het. Dankie ook aan ons orkes wat bygedra het tot die wonderlike gees wat daar geheers het.

Verderaan in hierdie nuusbrief verskyn die spyskaart van ons Blindiana Barista koffiewinkel. Julle sal sien dat ons en Feedem probeer het om dit so bekostigbaar moontlik te maak. Die goeie nuus is dat ons ‘n spesiale aanbod het vir ons persone wat siggestremd is en dit is dat julle ‘n koppie koffie/tee kan kry saam met ‘n heerlike stuk koek of ‘n “Muffin” wat normaalweg R40 sou gekos het vir slegs R30!!! Nou het julle geen verskoning om lekker daar te gaan ontspan en die koek van jou keuse te geniet nie!!

Freddie Botha

 

LIEF EN LEED

– Sunet Verreynne en Johan Henning het verloof geraak.  Baie geluk julle twee!

– Jeanine Barends se moeder is oorlede.  Sterkte aan jou Jeanine.  Ons dink aan julle in hierdie hartseer tyd.

 

OPLEIDING

Tegnologiese nuus

Ons siggestremde en blinde selfoongebruikers is meermale geneig om nog vas te klou aan die drukknop selfone.  Van ons het al die waagmoedige sprong gemaak na “touch screen” selfone, met gemengde resultate afhangende van die handelsmerk, tipe selfoon en watter spraakprogramme daarop beskikbaar is.  Van die “touch screen” selfone is meer blindvriendelik om te gebruik as ander – wat ons net eindeloos kan frustreer en baie hoofpyne besorg met die gebruik daarvan.  WAAROM KAN AL DIE SELFONE NIE ALMAL DIESELFDE WERK NIE!!! Die aankoop van ‘n selfoon is volgens persoonlike smaak en voorkeure – wat vir een werk, werk nie noodwendig vir ‘n ander een nie.  Daarom, wanneer ek van nog ‘n moontlike selfoon te hore kom wat oorweeg kan word, sal ek daaroor skryf vir julle om te oorweeg.  Hier volg dan inligting oor nog ‘n slimfoon wat spesifiek vir siggestremde en blinde gebruikers ontwikkel is:

Blindshell 2 Baroque slimfoon

Blindshell slimfone het nou opgegradeer na die nuutste Blindshell 2 Baroque.  Die slimfoon is “touch screen” en word geadverteer as die blindvriendelikste selfoon in die wêreld.  Die aanraak tegnieke is so eenvoudig as moontlik gemaak met die minimum aksie nodig om ‘n funksie te verrig.  Nuwe gebruikers kan blykbaar binne 1 uur leer om die foon te gebruik.

 

Die oorspronklike Blindshell het die volgende funksies:

  • Oproepe
  • Sms boodskappe
  • Alarm
  • Kalender
  • Notas
  • Sakrekenaar om berekening te maak
  • Stemopnemer
  • Boeke leser
  • Kleure indikator – dit dui kleure aan
  • Vergrootglas om banknote te lees
  • eBoeke biblioteek
  • internet radio om radiostasies wêreldwyd op te vang
  • e pos
  • “Talkback” app vir Facebook, Whatsapp en internet browser

Die nuwe Blindshell 2 Baroque kom met 28 ekstra nuwe eienskappe, onder andere:

  • Sms, whatsapp en e pos teks kan gedikteer word en word dadelik in teks omskep en gereed vir aanstuur
  • E posadres – skryf slegs jou gebruikersnaam en wagwoord en die selfoon gaan dadelik na jou Google, Yahoo, GMX of Outlook domein toe.
  • Oudio boeke – gratis toegang tot 25 000 oudio boeke in Engels, Duits, Frans en Spaans deur middel van LibriVox diens
  • MP3 speler – sit jou mikro SD geheue kaart met al jou MP3 liedjies in die selfoon en die selfoon doen outomaties die res.
  • Toegang tot Facebook, Whatsapp en die web browser op die Internet baie makliker en meer toeganklik
  • Die plekke waar die SIM en geheue kaart ingedruk word, word duidelik aangedui.
  • Sekuriteit: PIN kode, “screen lock” en “keyguard” funksie.

Tegniese spesifikasies:

  • Afmetings: 139  70  8 mm
  • Gewig 156 gram
  • 4 kleure
  • RAM geheue – 512 MB
  • Stoorkapasiteit – 2 GB
  • Skermgroote – 12.7 cm
  • Android 5.1 met Blindshell verstellings
  • Kamera: 8 megapixels agter en 0.3 megapixel voor
  • Herlaaibare battery
  • WLAN, Bluetooth 4, GPS, GSM, EGPRS, 3G, HSPA+
  • Kan twee SIM kaarte neem gelyktydig
  • Waarborg – 24 maande

 

Dit kom ingesluit met herlaaier, oorfone en USB data kabel.

Koste:  die Blindshell kos €339.00 (ongeveer R 5 500.00 plus BTW).  Die nuwe Blindshell 2 Baroque kos blykbaar dieselfde. Julle sal by die selfoonhandelaars moet uitvind wat dit kos en of hulle dit vir julle kan bestel indien julle belangstel.

Selfoonopleiding

Johan Henning hanteer die selfoonopleiding met Jaco Mey se hulp.  Vir die van julle wat tablette gebruik – Johan is ook beskikbaar om julle daarmee te help hoe om dit te gebruik.  Die aanvraag na opleiding raak by die dag meer en julle moet asseblief geduldig wees – Johan en Jaco kan net soveel persone op ‘n keer help en metteryd sal hulle by julle almal uitkom. Persone wat reeds hul eie “touch screen” selfone het kry voorkeur, want dan ontvang jy opleiding om jou eie selfoon te kan gebruik.

Samsung J3 “touch screen” selfoonhulp

www.c-true.co.za/ct_virtual_phone

Gebruik hierdie “link” om meer te leer hoe die Samsung J3 “touch screen” selfoon werk.  Dit leer jou in Engels, Afrikaans en Tswana stapsgewys hoe die selfoon werk en hoe dit presies lyk.  Dit is ‘n baie handige webwerf.

 

Hier volg dan nog een van Johan Louw se stories:

Johan Louw se stories 26

Ek ken ‘n vriend van my pa, ‘n bankbestuurder,  Oom Danie Louw. Hy was ons bankbestuuder,  maar hy is nou in Windhoek ‘n bankbestuurder.

As hy by ons kom kuier, slaap hy nog by ons oor. Oom Danie is ‘n baie goeie vriend van ons. Hy het altyd ‘n storie reg om te vertel van die dae wat hy begin het as bankbestuurder.  Die dae wanneer hy laat by die huis gekom het saans. Hy sê as hy by die huis kom dan is hy honger. Hy sê as ‘n Louw honger is dan moet jy nie met hom sukkel nie! ‘n Louw is aggressief as hy honger is. Hy sê ‘n Louw is rustig, maar as hy honger is dan is hy glad nie rustig nie. Ek maak toe met hom ‘n grap en ek sê, as Oom so kwaad word dan sal ek maar ver weg van Oom af bly.  Ja, sê hy jy kan dan nie jou Leon Schuster-maniere hier kom uithaal nie, want dan donner ek vir jou. Oom Danie is ‘n maer man, maar vir daai mense moet jy maar baie versigtig wees.  Ek het al gesien toe daai man al vir een van sy werknemers kwaad geword het.  Ek weet nie wat daar gebeur het nie, maar Oom Danie het werkgemaak daarvan. Ek het gesien as die Oom kwaad is moet ‘n mens maar ver weg bly van hom af. Oom Danie is ‘n goeie man as hy by ons aankom, dan bring hy altyd vir ons lekker goed van die dorp af vir ons elkeen – soos ‘n sjokolade en Coke. Hy bring baie brood en groente ook saam. Oom Danie sê altyd dit is vir hom lekker om by ons te kom kuier, want hy geniet die stilte van die plaas. Hy het ook op ‘n plaas grootgeword.  Hy sê as die mense in die bank hom te kwaad maak, is die plaas sy afkoelplek. Ek sien altyd uit na Oom Danie se koms. Oom Danie sê altyd ‘n  Louw kuier altyd lekker by ‘n ander Louw. ‘n Mens weet nie, miskien is hy ver langs familie van ons. Ons het al by hom in die dorp ook al gaan kuier. Daar het ons ook net so lekker gekuier. As ons na hom toe gaan, vat ons altyd vleis saam van die plaas af en dan kuier ons ‘n hond uit ‘n bos. As die mense kla dat ons te veel raas, sê Oom Danie vir die mense kom kuier julle dan ook sommer saam en leer ken my vriende van die plaas af. Dit is dan nie lank nie dan kom sluit hulle by ons aan. Ons Suidwesters kan darem lekker saamkuier. Dan maak ons gou nuwe vriende. As ons almal dan bymekaar is vra Oom Danie – Johan waar is jou mondfluitjie? Dan sê ek hier in my broeksak Oom. Dan sê hy nou haal uit en speel die Nama-kwela. Ek laat my ook nie tweekeer nooi nie. Met die musiek by kuier ons dan eers lekker. Hulle dans en sing saam met die musiek en ons kuier dan tot die son uitkom. Dan slaap ons tot die middag deur.

 

Ten slotte

Mag Oktobermaand vir julle die mooiste, mooiste maand wees met baie vreugdes en liefde.  Mooi loop tot volgende keer.

~ Johan Pretorius

 

ORIëNTASIE EN MOBILITEIT

SPORT

GHOLF – Ons ry nou weer hierdie maand so kwart oor vyf vanaf die sirkel, die rede is om alle belangstellendes te akkommodeer en ons wil niemand onnodig uit die werk hou nie. Ons nooi alle belangstellende jongmanne en dames uit om gholf te kom beproef.

DOELBAL – Indien daar enige dames is wat belangstel om te kom oefen, kontak asseblief vir Randall of Flip. Ons benodig dringend meisies om te kom doelbal speel.

SKYFSKIET – Indien daar enige iemand is wat belangstel om opleiding te kry om blinde persone te help afrig, moet jul asseblief vir Chris Carstens kontak.

Kom loer gerus elke Maandag en Dinsdag ses uur in by die Greenwoodsaal. (Ek gaan self Maandae ‘n draai maak.)

Langkierie Rallie – Baie dankie aan almal van julle wat jul name vir jul onderskeie Afdelingshoofde gegee het, ons wil graag 7:00 vanaf die sirkel ry. Daar sal twee bussies wees. Die deelnemers klim almal in die Evico en die “marshalls” in die Quantum.  Diegene wat nog nie weet nie, ons stap in Rondebosch en die staproete is so min of meer 4,5km.  Neem gerus ‘n hoedjie saam en smeer jou liggaam met sonskerm roompies, want dit sal seker warm wees.

Elke deelnemer en “marshall” kry weer ‘n t-hemp asook ‘n heerlike middagete en die dag word afgerond met ‘n prysuitdeling.

KOM RAAK BETROKKE BY ONS BUITEMUURSE AKTIWITEITE.

– Sharon

 

Danelle van de Venter wil vir Ryno baie dankie se vir die kunsklasse.

Baie dankie vir die mooi wyse waarop hy hulle leer en vir al sy geduld. Hulle geniet die klasse terdeë.  Baie dankie

 

Inligtingsentrum

Ons is baie gelukkig en opgewonde om weer die einde van die maand die lang verwagte kunsuitstalling van ons eie kunstenaars te open! Ons is trots op die ongeveer 30 persone wat onder die leiding van Ryno reeds soveel kuns gemaak het dat hul hul kuns gaan uitstal, en ook aan die wêreld daar buite gaan wys waartoe hulle in staat is!  Die kunswerke is vanaf 30 September in die galery op uitstalling, en almal is welkom om dit te kom besigtig!  Wat ‘n voorreg is dit nie!

Ons hardloop steeds met die besoekersgroepe en dit is altyd ‘n voorreg om die verskillende groepe hier te verwelkom!  In een week kan ons wissel van 3-jariges wat ons besoek tot pensionarisse, korporatiewe “hot shots” tot studente wat nog besig is om te leer hoe om die dinge te doen, asook natuurlik belangstellendes en weldoeners. Ons het ‘n heerlike besoek gehad ook die maand van Malmesbury Sendingskool – wat werklik kinders van alle ouderdomme akkommodeer. Hulle het dit so interessant gevind – vir baie van hulle was dit ook ‘n eerste keer in Worcester!

SPECIAL EVENTS

Out of Office

Ons jaarlikse Out of Office funksie, wat op 7 September plaasgevind het, het uit sy nate gebars. Ons het ongeveer 280 dames (en mans) die oggend by ons verwelkom. Elke gas het ‘n “goodie bag” as geskenk ontvang en kon deur die stalletjies dwaal voor die oggend se verrigtinge afgeskop het. Pennypinchers, ons hoofborg van die oggend, het ‘n demonstrasie op een van ons houtkratte gedoen met ‘n nuwe Plascon kleurvernis. TWEE, die sanggroep bestaande uit Maria Rademan en Herman Kleinhans, het die musiek vir die oggend verskaf en toe die oomblik waarvoor almal gewag het – Suzelle DIY se demonstrasie. Suzelle het, met behulp van een van ons gaste, Marcelle van Speyk (mev Breedevallei), vir ons gedemonstreer hoe om ‘n t-hemp in 2 sekondes op te vou, hoe om ‘n macrami uit t-hemp materiaal te maak en ook hoe om ‘n juweelrakkie met ‘n fotoraam te maak.

Ons gaste is deur Feedem bederf met die heerlikste 3-gang maal en het die kans gestaan om wonderlike geskenke in ‘n gelukkige trekking te wen. Baie dankie aan elkeen wat gehelp het om hierdie oggend so suksesvol te kon maak – elkeen wat ‘n kaartjie gekoop het, ‘n geskenk geborg het, ondersteun het en hard gewerk het.  Volgende jaar, 6 September 2017, maak ons weer so!

Loslitdag

Met meneer Botha as dirigent, het hoofkantoor se personeel omtrent geraas gemaak op die terrrein met vanjaar se loslitdag. Ons het Rio, as deel van die Olimpiese Spele, uitgebeeld met die tema “span saam vir persone met gestremdhede”. Dankie aan elkeen wat ‘n plakker gekoop het en persone met gestremdhede ondersteun het.

Algemene Jaarvergadering

KALEIDOSKOOP KARNAVAL – dit was die tema van ons Algemene Jaarvergadering. En ‘n karnaval was dit beslis!  Die saal was vrolik en kleurvol en die kos, selfs ‘corn dogs’, is bedien vanuit stalletjies soos ‘n regte karnaval.  Mnr Botha se program het mens laat bars van trots en dankbaarheid. Hoe lekker om te kan sê ons werk by ‘n instansie met soveel helde en heldinne.  Mens kon die bewondering op ons gaste se gesigte sien.

Die jaarvergadering bly ‘n spesiale geleentheid waar ons ons siggestremdes se talente kan ‘af show’ en dankie sê aan ons vriende en donateurs wat reuse bydraes maak in elkeen van ons inwoners en personeel se lewens.

Infokus Nuusbrief

Kaleidoskoop se Infokus Nuusbrief word jaarliks in Engels en in Afrikaans in Maart en September uitgereik en is ‘n vertoonvenster van al die mooi dinge wat hier by ons gebeur – ons is baie trots en bevoorreg om Kaleidoskoop se stories met ons landwye vriende en vennote te kan deel. BAIE DANKIE aan ons verpakkingsafdeling vir die noukeurige en netjiese verpakking van hierdie nuusbrief wat landwyd na 15,000 donateurs versend word!  Die September 2016 Infokus is aan die druk en behoort teen volgende week beskikbaar te wees – kontak gerus vir Sanna op ons skakelbord vir meer inligting oor die beskikbaarheid van die formaat, soos volg, van ons infokus nuusbriewe:

 

– in ons winkel

– in magic 12 spraakprogram (Johan Pretorius lokaal per afspraak) vir inwoners

– in “ms word” formaat

– in “pdf” formaat

– in braille beskikbaar in “die pionier”

 

Groepoptredes

Datums vir die volgende Groepoptredes:

07 Oktober – ACVV Riebeek Kasteel

11 Oktober – Huis Uitvlucht in Montagu

Kerkoptredes

Datums vir die volgende Kerkoptredes:

20 November – NGK Herbertsdale

 

Die Blindiana Barista het nou ‘n telefoonlyn en sal ek laatweet indien hul ‘n uitbreiding kry.  023 342 1130  Sien die spyskaart hier onder vir die wat belangstel.

Huis Brevis verwelkom tannie J E Matthee – sy is vanaf  1 September woonagtig in Huis Brevis.  Ons glo tannie sal baie gelukkig wees hier by ons!

 

INSTITUUT GROETE TOT VOLGENDE KEER!

 

Back to top

 

4. Infokus – September 2016

Nuus van Kaleidoskoop – voorheen Instituut vir Blindes

Voetspore

Ek het onlangs ‘n geleentheid bygewoon waar iemand die volgende aangehaal het:

“Die meeste mense in ons lewens kom en gaan. Soms kom daar egter iemand wat vertoef en voetspore agterlaat. Daarna is jy nooit weer dieselfde nie”.

Ek is vanjaar 13 jaar lank aan hierdie organisasie verbonde as die Uitvoerende Hoof en vandag as ek terugkyk, lê daar voetspore onuitwisbaar op my lewenslyn wat my lewe daadwerklik beïnvloed het.  Ek getuig so dikwels daarvan dat ek toe ek hier begin het, gedink het dat ek op een of ander wyse ‘n positiewe verskil kan maak aan die blindes se lewenservaringe, maar nooit het ek besef watter impak hulle sou hê op my lewensuitkyk en lewenskwaliteit nie. Dit is dan ook die ervaring van elke besoeker wat ons terrein betree dat jy nie hier weggaan dieselfde as wat jy hier aangekom het nie … “iemand het by jou vertoef en voetspore agtergelaat” wat ‘n verskil aan jou lewe gemaak het.

Ek dink vandag aan daardie dag lank gelede toe ek met my 2 doofblinde vriende, Carel en Hennie, voor die Groote Kerk in Kaapstad gestop het en een van hulle vir my gevra het: “Meneer, skyn die son vandag?”. Daardie woorde het my tot in my diepste wese aangeraak toe ek moes besef hoe ons  die wonder van die skepping so dikwels as vanselfsprekend aanvaar. En hoe het ek my altyd verstom aan Carel en Hennie wat agter in die motor elke nou en dan skaterlag van vreugde. En dan het ek vir myself gesê: “As hulle wat 365 dae van die jaar, 24 uur van die dag ‘n lewe van nagstilte ervaar, soveel vreugde uit die lewe kan put, hoeveel te meer moet dit ook in my lewe die geval wees”. Carel en Hennie se voetspore lê diep in my lewe.

En so is dit elke dag my ervaring as ek hier oor die terrein beweeg. Stap jy daar by Ebenhaezer in, ons tehuis vir persone wat meervoudiggestremd is,  en as hulle jou stem hoor, begin hulle spontaan die liedjie sing wat hulle weet vir jou kosbaar is:  “Die Here hou my in die holte van Sy hand”; en elkeen wil net vir jou ‘n drukkie gee. Dan helder dit jou dag op en kyk jy weer anders na die lewe.

Loer jy dan by die Greenwoodsaal in en sien hoe blindes soos Natasha en Ray met oorgawe hulle herinneringe aan die tyd toe hulle nog kon sien met die skilderkwas op die doek vaslê, dan kyk jy met nuwe oë na die pragtige berge en die wonderskone natuur van die Breedevallei.

En dan op jou pad terug na die kantoor, staan jy ‘n oomblikkie stil by ou Wickus waar hy met oorgawe besig is om ‘n brandkraan skitterblink te maak en hoor jy sy woorde: “Meneer, as die kraan so blink, dan lag hy met my!”

As jy dan jou kantoor binnestap, het die lewe ‘n nuwe sprankel, sien jy kans vir al die uitdagings wat oor jou pad kom en is jy so innig dankbaar dat jy hier by Kaleidoskoop kan werk waar daar elke dag vars voetspore in jou lewe getrap word.

Vriendelike groete

Freddie Botha

Uitvoerende Hoof

 

Drome word ‘n werklikheid

Bekendstelling van ons nuwe naam!

Die mediabekendstelling van “Kaleidoskoop – Laat blindes die weg wys”, die Instituut vir Blindes se nuwe naam en handelsmerk, is tydens ‘n ete in stikdonkerte by die asemrowende Langverwagt  onthaalplaas in Kuilsrivier bekendgestel.  Die nuwe naam is aangebring op glasflessies met kersies binne in wat aan die einde van die verrigtinge eers aangesteek is om so die nuwe naam bloot te stel en ook die donkerte te verlig. Hein Wagner, Kaleidoskoop se ambassadeur en koördineerder van die unieke “ete in die donker” konsep, het met groot sukses sy doel bereik – om siendes eerstehands die realiteit van blindheid te laat ervaar en om die boodskap oor te dra dat siggestremdes ondenkbare potensiaal het en leiding in die samelewing kan neem!   Baie dankie aan al ons gaste, borge en media vennote wat hierdie geskiedkundige aand saam met ons gedeel het en dankie dat jul saam met ons glo dat Kaleidoskoop ‘n plek van vele moontlikhede is!

Kaleidoskoop Tegnologiese Sentrum

Hein Wagner se droom om ‘n innoverende, toonaangewende opleidingsentrum vir siggestremdes op die been te bring, het uiteindelik op 6 Junie 2016 ‘n realiteit geword!  Die Kaleidoskoop Tegnologiese Sentrum is die eerste van sy soort in die wêreld en maak die nuutste Apple toerusting, soos iPads, MacBook Airs, Mac Mini’s en ander inligtingstegnologie, ten volle toeganklik vir siggestremdes in ‘n veilige en gestremdvriendelike omgewing. Afgesien van opleiding aan siggestremdes, sal hierdie Sentrum ook met die sakesektor skakel oor die plasing van opgeleide siggestremdes in die tegnologies veeleisende arbeidsmark!  Baie dankie aan ABSA, die Blinden Stichting voor Zuid Afrika (Nederland) en die ondersteuning van Apple vir jul reuse belegging in die realisering van hierdie droom!  By die bekendstelling was (agter van links) Willie Zastron (ABSA), Hein Wagner, Philip Crouse (opleidingsbeampte), Freddie Botha (uitvoerende hoof kaleidoskoop) en (voor) John Levendal (onderburgemeester van die Breedevallei-munisipaliteit) en Albert Fritz (provinsiale minister van maatskaplike ontwikkeling).

 

“Wat ons vir onsself doen sterf saam met ons.  Wat ons vir ander en die wêreld doen bly agter en is onverganklik” – Albert Pine

 

BC Wines Skenking

Verskeie instansies in Worcester het met groot dankbaarheid skenkings ontvang, danksy die “Big Cycle MTB Challenge” wat tydens die BC Wines Familiedag ingesamel is, en ons was baie bevoorreg om ook uitgesonder te kon word om in hierdie voorreg te kon deel!  Baie dankie aan ds Jurie Wessels  (Voorsitter van die Big Cycle MTB), Magdelle van Niekerk (BC Wines – middel) en Nelene Marais (Worcester Wyn- en Olyfroete – links) dat jul Kaleidoskoop genomineer het vir hierdie geleentheid – dit maak ons harte propvol om te weet dat plaaslike instansies die noodkrete van weldaadsorganisasies in die omgewing hoor en met oorgawe en deernis ondersteun.

Lady Bikers SA – Rally in the Valley

Sedert 2014 is ons baie dankbaar om begunstigde te kan wees van die “Lady Bikers SA” se jaarliks “Rally in the Valley” geleentheid, en hierdie jaar was dit weer so!  Ons siggestremde inwoners het oudergewoonte heerlik motorfiets gery saam met die dames van “Lady Bikers” en gedeel in die spontane en opregte liefde en omgee atmosfeer wat geheers het.  Na afloop van die projek het die “Lady Bikers” dames weer op Worcester kom kuier vir ‘n spesiale oorhandigings-funksie om die inkomste wat tydens die projek se veiling gegenereer is, te kom oorhandig.  Ons is baie dankbaar vir JTI (Japan Tobacco International), wat ook deel was van die “Rally in the Valley” projek, wat besluit het om Kaleidoskoop te kies as deel van hul CSI-projek, en ‘n skenking van toiletware en kantoorstoele kom oorhandig het.  Dankie vir die omgee dames!

Worcester-Oos Laerskool Muntlegging

Laerskool Worcester-Oos het vir 2 weke lank geld ingesamel om ‘n muntlegging te hou vir Kaleidoskoop. In Mei 2016 het die Landsdiensklub op ‘n Vrydagmiddag al die geld begin sorteer en leerders moes die woord ‘kaleidoscope’ uitpak. Met al die munte het hul dit reggekry om die woord 10 keer uit te pak en op die ou einde het hul die bedrag van R1 730.00 ingesamel. Wat ‘n ongelooflike gevoel was dit vir Worcester-Oos Laerskool om die kontant te kon oorhandig aan Kaleidoskoop!

Het jy geweet… prostetiese ogies kos R39,000!

Vodacom Kiosk

Ons is oneindig dankbaar vir die sakesektor wat Kaleidoskoop so goedgesind is!  ‘n Wonderlike vennootskap is nou ook met Vodacom gesluit toe Vodacom die inisiatief geneem het om’n geïntegreerde ondersteunings-kiosk by Kaleidoskoop tot stand te bring!  Opgeleide swaksiende personeel beman die kiosk en demonstreer ook aan ander siggestremdes hoe die sagteware en programme op nuwe slimfone werk.  Kaleidoskoop vind ook finansieel baat deur die verkoop van lugtyd en sim-kaarte!   Nog ‘n wonderlike geleentheid vir ons siggestremdes om aan die wêreld te wys dat geen uitdaging te groot is nie – baie dankie vir die vertroue in ons inwoners, Vodacom!

Kaleidoskoop, Pionierdrukkery en Pionierskool Gholfdag 2016

Ons jaarlikse gholfdag was weereens ‘n groot sukses met gepaardgaande heerlike samesyn en smee van vriendskapsbande!  Baie dankie aan elke borg, vriend, ondersteuner en personeellid wat hierdie dag moontlik gemaak het – sonder jul belangstelling en groot bydrae tot hierdie fondsinsamelingsinisiatief ten bate van siggestremdes, sou die sukses beslis nie so groot gewees het nie!  ‘n Spesiale woord van dank aan ons hoofborge: ATKV Goudini Spa, Breërivier Koeriers, Hermitage Advies Groep, KWV en Petals Express.  Baie geluk aan die 2016 wenspan : Zenith Insurance!  V.l.n.r. Paul Greyling (Hoof: Pionierskool), Louis Groenewald, Irene de Bod (Bestuurder-Ontwikkeling: Kaleidoskoop), Schalk Hugo (Bestuurder: Pionierdrukkery), Lourens Kirsten, Louis Jonker en Appels Jacobs.

Skenking van Audio Bybels

Johannes Smit is op 9-jarige ouderdom raakgery en baie ernstig beseer.  Nie net het hy ernstige breinskade opgedoen nie, maar hy het ook sy sig verloor.  Pionierskool se ondersteuningspan het met sy ouers kontak gemaak om waar moontlik met advies te help.  Johannes het baie goeie vordering gemaak oor die laaste 5 jaar en uit dankbaarheid het hy saam met familie ‘n geld-insamelingsprojek begin.  Met die geld wat ingesamel is, het Johannes self die keuse gemaak dat die geldjie vir Bybelverspreiding moet gaan.  So het dit gebeur dat 2 oudleerders van Pionierskool, en tans werknemers by Kaleidoskoop, elk ‘n Audio Bybel ontvang het.  Johan Grobler van MegaVoice het namens Johannes die 2  Audio Bybels  oorhandig aan Lwahluma Magwa en Charlton Janse (albei siggestremd).  Wat ‘n wonderlike gebaar van ‘n seun met soveel omgee vir sy medemens, al gaan hy self deur diep waters!

“My hande kan net tot só vêr uitstrek.  Neem my hand, en saam kan ons soveel verder uitstrek”

 

Boomroc Studio nou deel van Pionierdrukkery

Boomroc Studio is nou amptelik ‘n heel nuwe afdeling van Pionierdrukkery.   Waar Pionierdrukkery hoofsaaklik lektuur vir siggestremdes in braille, grootdruk en oudioformaat vervaardig, is dit nou ook moontlik om die volgende dienste teen bekostigbare pryse te bied en sodoende lektuurvervaardiging aan siggestremde persone in SA te ondersteun.

 

Professionele Klankopname Ateljee

Meng en Redigering van Oudioklank

Skryf van Oudiomeester

“Backtracks”

Albumproduksies

Enkelsnitproduksies

Stemopnames

Instrumentopnames

CD, DVD en Omslag Ontwerp

Dupliseer en Druk van CD’s, DVD’s en Albumomslae

Verskeie verpakkingsopsies beskikbaar

Glasmeester opsies ook beskikbaar

Verwerking van ou LP’s, Kassette en videos na CD, DVD, Hardeskyf, Geheue Stokkie

 

Pionierdrukkery en Boomroc Studio nooi u uit om ons te kontak en meer van ons dienste uit te vind. Tel: 023 342 6313

 

Gestremde Inspirasie

Met ons Kaleidoskoop bussie vol gelaai met personeel en ons eie pragtige Downsindroom inwoners, vat ons die pad Downies & Brownies toe in Kaapstad – ‘n besonderse koffiewinkel wat onder andere werk verskaf aan persone met Downsindroom. Dit was fassinerend en inspirerend om te sien hoe hierdie Downsindroom engele bekwaam, trots en altyd met ‘n glimlag en ‘n drukkie om uit te deel, hul verskeie werkstakies verrig!  Daarna het ons ook gaan inloer by “Work4You” – ‘n NGO wat koekies/eetgoed vir honde vervaardig, verpak en versprei en werk voorsien aan verstandelik gestremde persone.  Ons is baie dankbaar om ‘n vennootskap met “Work4You” te kon sluit, waar ons die werksverskaffingsgeleentheid gebied is om in samewerking met hulle die verpakking en verkope van die produkte te kan doen! Wat ‘n nederige bederf uitstappie vir ons pesoneel en Downsindroom inwoners was dit nie!

Uitreike

Dit is vir ons heerlik om met ons orkes, inwoners, personeel en handgemaakte produkte (vervaardig deur ons eie siggestremdes), rond te rits vir kuiers by ons donateurs en vriende.  Tydens hierdie uitreike vertel ons bietjie meer van die dienste, afdelings en aktiwiteite wat Kaleidoskoop aan siggestremdes bied, die siggestremde blinde boere orkes maak tussendeur so bietjie musiek en van ons siggestremde inwoners vertel trots en entoesiasties van hul spesiale plekkie hier by Kaleidoskoop.  Kontak gerus vir Rachael Malan, 023 347 2745, indien u vir ons wil uitnooi na u volgende Kerkdiens, vriendesamekoms of aftree-oord bederf – ons kom kuier graag!  U is natuurlik meer as welkom om vir ons ook te kom kuier!

 

“Daar is geen beter manier om vir Die Here te bedank vir jou sig as om ‘n helpende hand uit te steek na iemand in die donker.” – Helen Keller

 

Verkiesing

Ter bewusmaking en sensitering van die hantering van gestremdes tydens die verkiesing in Augustus, is Kaleidoskoop se Oriëntasie en Mobiliteitsbeampte, me Sharon Goosen, gevra om ‘n inligtingsessie aan te bied vir OVK beamptes en personeel wat direk betrokke is met die ontvangs en hantering van kiesers in die verkiesingslokaal.  Die sensitering  sessie was spesifiek gemik daarop om personeel in te lig oor die korrekte begeleiding van gestremdes en hoe om hulle te hulp te kom.  Die insiggewende sessie was ‘n groot sukses en gestremde kiesers is gemaklik, geduldig en sonder enige probleme deur die bekwame personeel begelei op die spesiale dag wat uitgesit is vir gestremdes om te stem voor die amptelike verkiesingsdag!

Eerste Braille en Audio Politieke Manifesto

Kaleidoskoop het geskiedenis gemaak deur die ontvanger te word van die eerste Braille en audio getranskribeerde politieke party manifesto!  Die manifesto is deur die Demokratiese Alliansie (DA) opgestel en stipuleer dat die party daarop gaan fokus om gelyke geleenthede vir die 1,4 miljoen gehoor- en siggestremde Suid-Afrikaners te bied!    Die party se leier, Mmusi Maimane, het die oorhandiging aan Kaleidoskoop kom doen tydens ‘n spesiale byeenkoms by Kaleidoskoop se “Blind Spot” konferensielokaal en teater, ten aanskoue van verskeie senior lede, gaste en die Burgemeester van Worcester, me Antoinette Steyn.  Wat ‘n trotse en geskiedkundige oomblik vir ons!

Mandeladag: 18 Julie 2016

Pionierdrukkery se personeel het die oggend van Mandeladag sop aan die pasiënte van die Worcester Gemeenskapsentrum uitgedeel en die middag vir Distilleryweg in Worcester opgeruim.  Die personeel het ook ‘n 67-donasieprojek geloods waar kos, komberse ens geskenk is aan behoeftiges in die area!

Kaleidoskoop se personeel het ook besoek gaan aflê by die Siyahlumba Dagsorg in Zwelethemba om die speelpark op te kikker met ‘n paar kleurvolle lagies verf en ook tyd saam met die kinders deur te bring!

“Om ‘n verskil in iemand se lewe te maak, hoef jy nie ryk, of mooi, of briljant, of perfek te wees nie.  Jy moet net omgee.” – Mandy Hale

Vat en Voel

Kaap Agri Week is ‘n jaarlikse ekspo wat fokus op die wyn-, vrugte- en groente bedryf en het hierdie jaar op Kleinplasie se skougronde op Worcester plaasgevind.  So tussen deur die koop en die kyk tydens die ekspo was daar ook deurlopend troeteldier inligtingsessies, asook reptiel vertonings deur “Cape Town Snake Park”, aangebied.  Pionierskool se leerlinge het hier gaan besoek aflê en die geleentheid vreeslik baie geniet om te vat en voel aan al die diere … en slange, en ook so bietjie meer te leer oor die versorging en hantering van diere.  Baie dankie aan Grant Blewett vir jou geduld met ons siggestremde leerlinge en jou insiggewende raad!

Paralimpiese Spele

Die siggestremde Hendri Herbst, wat in 2010 hoofseun van die Pionierskool was en tans ‘n 3de jaar LLB matie student is, en Fanie van der Merwe, die Paralimpiese kampioen-naelloper, het die Pionierskool besoek om met die leerders te gesels oor drome, sukses en die hand van die Here in hul lewens.  Fanie, wat lei aan serebrale verlamming, het reeds drie goue Paralimpiese medaljes vir Suid-Afrika gewen en rig eenmaal per week leerders van die Pionierskool af.  Hendri was een van die sterre by die 2012-spele in Londen, waar hy ‘n bronsmedalje in die 100m-vryslag vir Suid-Afrika gewen het.   Nog ‘n oudleerder van die Pionierskool Louzanne Coetzee (blind), wat in 2011 hoofmeisie was en tans aan die Universiteit van die Vrystaat Versoeningstudies studeer, sal ook aan die Paralimpiese Spele deelneem in die 1 500 m-atletiek-item.  Julle is sowaar ‘n inspirasie – voorspoed Hendri, Fanie en Louzanne met die 2016 Paralimpiese Spele.

Opera haar liefde

Kleintyd het Robyn nie van Opera musiek gehou nie, maar later, as twaalfjarige, het sy ‘n liefde vir Opera ontwikkel toe sy  na onder andere  Sarah Brightman en Maria Callas geluister het. Robyn Waters, blinde graad 10 Pionierskool leerling,  se droom is bewaarheid toe sy onlangs nege medaljes tydens ‘n kompetisie gewen het en ‘n geleentheid gekry het om in New York aan die finale kompetisie deel te neem!  Tydens hierdie kompetisie in New York, gedurende die Julie skoolvakansie, het sy skoonskip gemaak!   Robyn het ook onlangs 10 diplomas in verskillende sang genres ontvang in haar Teatro Arti sang eksamen met die hoogste kwalifikasie in Klassiek met 98%!  Na skool wil sy verder in Amerika gaan studeer en op haar sangloopbaan fokus.   Waarlik ‘n talentvolle meisie met ‘n blink musikale toekoms wat voorlê – jy maak ons trots Robyn!

 

‘n Siggestremde leerder se ‘potlood’ (Perkins Braillemasjien) kos R16,000 – ‘n siende leerder s’n slegs R16!

 

Kennisgewingbord

Ons 30 siggestremde kunstenaars se kunsuitstalling vind 29 September om 18h30 by die i-ART galery plaas.

“Bottomless Coffee Band” se vertoning in ons Blind Spot teater was ‘n groot sukses – dankie aan almal wat die aand saam met ons gedeel het!

Blindiana Barista Koffie Winkel amptelik weer vanaf 14 September oop! Kom ontmoet vir Joseph, ons blinde barista!

Kontak vir Ledivia Hamman vir ‘n besoek – 023 347 2745 – konferensie fasiliteite ook beskikbaar! Ons is gaande oor besoekers!

Ons vier Loslitdag 2016

Ons aanlynwinkel nou beskikbaar op ons webblad www.kaleidoscopesa.org – kliek net op “shop” om deur ons katalogus te blaai!

 

Back to top

 

5. SARS eFiling is now accessible to visually impaired taxpayers

(SARS website, 18 October 2016)

SARS is proud to announce that our eFiling Mobisite is now accessible to blind and partially sighted taxpayers. Blind taxpayers who rely on screen-reading software will now be able to navigate the mobisite on their mobile devices, PC or laptop.

The revamped website will also benefit partially sighted taxpayers, since it offers improved contrast and is able to adapt to the user’s choice of screen colour (for example, high contrast black which displays white text on a black background).

This development means that visually impaired taxpayers will now be able to complete and submit their Income Tax Returns (ITR12) while previously this may have been challenging without sighted assistance.

Simply visit www.sarsefiling.mobi from the mobile device, PC or laptop that has the screen-reader software installed to start eFiling.

TAX AND DISABILITY

What are the criteria for being considered a person with a disability?

First, the ITR-DD form must be completed by you (part A of the form) and a registered medical practitioner qualified to express an opinion on your disability (part B and C of the form). Your medical practitioner will have to answer various questions and confirm whether you, your spouse or child have a ‘moderate to severe’ disability in accordance with the criteria as stated in the ITR-DD for either vision, communication, physical, hearing, intellectual or mental disability. The form only needs to be completed every five years for taxpayers who or whose spouse or child has a permanent disability.

Top tip: The eFiling mobisite is now accessible to blind and visually impaired taxpayers.

What are tax benefits for a person with a disability?

A taxpayer who has or whose spouse or child has a disability in accordance with the criteria set out in the ITR-DD form and confirmed by the medical practitioner, can claim 33,3% of the qualifying out-of-pocket medical expenses, which include disability related expenses, paid during the relevant year of assessment. SARS has prescribed a list of physical impairment or disability expenses. The expense does not automatically qualify as a deduction by mere reason of its listing. The expense must also be necessary for the alleviation of the restriction on a person’s ability to perform functions of daily living. For example, if a person in a wheelchair buys a hand-held GPS, the cost of the hand-held GPS will not qualify as a deduction even though the expense is in the list. This is because the hand-held GPS is not directly connected to this person’s disability. But in the case of a person who is, for example, visually impaired the cost of the hand-held GPS may qualify. There is a detailed list of the expenses you can claim.

The taxpayer is also entitled to the Medical scheme fees tax credit in respect of contributions made to a registered medical scheme. For further information on this, kindly refer to the ‘Guide on the determination of medical tax credits (Issue 6)’.

What are the tax benefits for a person with a physical impairment?

Physical impairment has been interpreted to mean the restriction on the person’s ability to function or perform daily activities after maximum correction which is less than a “moderate to severe” limitation (‘maximum correction’ meaning appropriate therapy, medication and use of devices). A taxpayer who has or whose spouse or child has a physical impairment may still claim certain qualifying prescribed expenses, but subject to limitation.

How do I claim for these benefits?

These expenses can be claimed when the taxpayer submits his or her tax return (ITR12). Please note that the ITR-DD form must have been completed and must confirm that the person has a “moderate to severe” limitation in one of the diagnostic criteria before the 33.3% deduction of qualifying expenses in respect of a disability can apply. There is a full guide to all the expenses you can claim.

You mustn’t submit the form with your tax return, but must retain it in the event of a SARS audit.

Top Tip: Do you need help? Visit your nearest SARS branches which offers a specialised service to people with hearing and/or walking disabilities:

 

 

Need help?

If you are hearing impaired and need assistance, you may email us on _ContactDeaf@sars.gov.za.

Kindly note the underscore _ before the ContactDeaf email address.

 

Back to top

 

6. Hervormers ‘het die bal weggeskop’

GAY-BESLUIT

Dominees hoef nie selibaat te wees

(Die Burger, 7 Oktober 2016)

Claudi Mailovich

Die Hervormde Kerk het die bal skoon weggeskop en “niemand weet waarheen nie” met sy besluit oor die gay-kwessie, sê die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika se ds. Cassie Aucamp.

Die implikasie van die Hervormde Kerk se besluit eergisteraand op ‘n algemene kerkvergadering is dat gay dominees nou burgerlike verbintenisse kan aangaan en nie selibaat hoef te wees nie.

Die beskrywingspunt wat die kerk aanvaar het, stel dit duidelik dat sinodale vergaderings nie finale uitsprake oor homoseksualiteit moet maak nie.

Besluite oor gay mense moet in “pastorale ruimtes” binne gemeentes self geneem word.

Daarom behoort seksualiteit nie op kerklike vergaderings bespreek te word nie, maar in pastorale gesprekke, aldus die kerk se besluit.

Die eerste punt van die besluit lui: “Volgens die breër boodskap van die evangelie maak God se Gees dit vir mense moontlik om met hul volle menswees in God se teenwoordigheid te lewe. Laasgenoemde sluit ook homoseksuele mense in.”

Dr. Wim Dreyer, wat die beskrywingspunt gestel het wat aanvaar is, sê die besluite wat eergisteraand geneem is, plaas ‘n geweldige verantwoordelikheid op kerkraadsvergaderings, ringskommissievergaderings en die algemene kommissie van die kerk om elke geval op meriete te hanteer en “’n proses met die ouens te loop”. Indien ‘n homoseksuele predikant losbandig en promisku is, sal hy of sy aan presies dieselfde tugoptrede onderworpe wees as enige ander predikant in die kerk.

Dreyer sê dat ‘n besluit soos dié in wese ‘n balanseertoertjie is. “Jy het die belang van die kerk, jy het die belang van die individu. Die belang van die individuele predikant. Jy het ses balle wat jy gelyk in die lug moet hou – dis ‘n juggling act wat jy uitvoer om uiteindelik ‘n balans te hou tussen die verantwoordelikhede en welstand van die gemeente en die kerk, en die welstand van die betrokke individu – sonder om die tradisionele Christelike waardes te ondermyn, sonder om die insigte uit die wetenskap eenvoudig te ontken.”

 

Back to top

 

7. NIE SONDER ‘N GEVEG NIE

(Rooi Rose, November 2016)

Helen het in Maart vanjaar 65 geword. Hoekom het sy juis nou haar memoires geskryf?

“Toe ek as leier van die DA bedank het, was dit die einde van ‘n era en ek wou daardie fase in my lewe afsluit. Ek het gedink my memoires is ‘n goeie manier om dit te doen. Toe uitgewers my met aanbiedinge nader het, het ek aan die werk gespring.” Sy het ses maande lank daaraan gewerk. “Ek moes baie gedissiplineerd wees en sover moontlik elke dag skryf.”

Skryf is natuurlik vir haar niks nuuts nie. In haar twintigerjare was Helen immers die joernalis wat snuf in die neus gekry het dat Steve Biko nie dood is weens ‘n hongerstaking in die tronk, soos die NP-regering Suid-Afrikaners wou laat glo nie. Haar berig op die voorblad van die Rand Daily Mail met die opskrif: “No Sign of Hunger Strike – Biko doctors” het skokgolwe deur die land gestuur. Maar die regering was glad nie tevrede daarmee nie en het gedreig om die koerant te verbied. Die RDM moes ‘n amptelike verskoning publiseer en Helen en haar redakteur, Allister Sparks, is aan “tendentious reporting” skuldig bevind. (Ek was nog besig met dié artikel toe Allister dood is en Helen die nuus oor sy afsterwe op Twitter gedeel het: “A very sad day for SA. A great journalist and editor, the person who taught me how to write. Clarity of vision, courage of conviction. #RIP”).

Hoe vergelyk die skryf van ‘n boek met joernalistiek?

“Om ‘n boek te skryf is baie anders as om ‘n artikel te skryf. Net soos wat die kompleksiteite van artikel tot artikel verskil, gebeur dit ook in die verskillende hoofstukke van ‘n boek. Party hoofstukke het ek blitsvinnig en maklik geskryf. Ander het meer navorsing vereis en was ‘n uitdaging. Die moeilikste was die eerste dele van my familie se lewe en my tienerjare – daar is maar ‘n paar sensitiewe plekkies daar.”

Lesers wat na opsienbarende politieke onthullings uitsien, gaan nie teleurgesteld wees nie. “Dit sal my eerlike perspektief wees op al die groot kwessies wat deel van my lewe was. Dit gaan beslis polemiek veroorsaak, maar dit is die waarheid soos wat ek dit ervaar het.”

Tog, die boek gaan nie net oor politiek nie. Dit vertel ook breedvoerig van Helen se kinderjare in Johannesburg, van haar stryd teen anoreksie en van haar verlowing aan ‘n Amerikaanse joernalis. Daar is ook ‘n hoofstuk oor hoe sy gesukkel het om swanger te raak, en haar stryd met nageboortelike depressie.

Haar sosioloog-man, prof. Johann Maree, het eintlik die titel vir die boek, Not without a Fight, gekies. “Ek het altyd gehoor ander skrywers sukkel so met ‘n boek se titel. Ek was seker so drie weke aan die skryf toe ek en Johann een aand na ons gunsteling-televisieprogram sit en kyk. Die reeks, Borgen, gaan oor ‘n Deense vrou wat onverwags eerste minister word. In ‘n stadium toe ‘n uitdagende kwessie bespreek word, staan sy op en stap uit die vertrek, waarop haar raadgewer vir haar sê: ‘It is not like you to give up without a fight.’ Toe draai Johann na my en sê: ‘Dit klink soos iets wat ek vir jou kon gesê het. Ek dink dit behoort jou boek se naam te wees: ‘Not without a Fight’.”

Oor wie skryf sy almal in haar boek?

“So baie mense: my ouers en grootouers, my sibbe, Mamphela Ramphela, Tony Leon, Jacob Zuma, Lindiwe Mazibuko … Ek kan aan en aan gaan.”

 

Back to top

 

8. ‘Napoleon-wyn’ ná byna 200 j. terug

(Die Burger, 21 September 2016)

KenJouErfenis

Suid-Afrika se wynerfenis is verlede week met ‘n uiters skaars 195 jaar oue bottel Grand Constance van Groot Constantia beklink. ‘n Bottel wat uit 1821 dateer, het huis toe gekom, terug na sy regmatige plek in die Cloete-kelder op Groot Constantia, waar dit amper twee eeue gelede gemaak is.

Die storie van Groot Constantia se soetwyn, Grand Constance, wat in die geskiedenisboeke as die elikser van digters en konings opgeteken is, gryp tot vandag wynmense se verbeelding aan – in so ‘n mate dat dit vandag ‘n voorreg is om een van hierdie bottels in die hande te kry; wat nog te sê ‘n bottel wat amper 200 jaar oud is!

Ná die Franse heerser en veroweraar Napoleon se nederlaag in die Slag van Waterloo in 1815 is hy tot sy dood op die Britse eiland St. Helena in die Atlantiese Oseaan aangehou. Sy een gelukkie was dat hy 30 bottels Grand Constance per maand na die eiland kon laat verskeep om sy tyd draagliker of ten minste soeter te maak.

En in Julie vanjaar, kort voor Erfenismaand, het ‘n bottel Grand Constance wat dateer uit 1821, die jaar waarin Napoleon dood is, op ‘n aanlyn veiling as “’n 200 jaar oue Napoleon-wyn” onder die hamer gekom.

“Ek het heel toevallig op Decanter se webwerf gelees dat ‘n bottel Grand Constance 1821 op Catawiki opgeveil gaan word,” vertel Groot Constantia se bemarkingshoof, Grant Newton.

Dr. Ernest Messina, voorsitter van die Groot Constantia Trust, het die oë van ‘n klomp joernaliste, televisiespanne en wynaanhangers verlede week op hierdie botteltjie vasgenael gehou toe dit uiteindelik uit sy verpakking gehaal en in die lug gehou is sodat almal dit kon sien.

“Toe die boodskap ons bereik en die vraag kom of ons ‘n bod mag insit en hoeveel, was die antwoord eenvoudig: ‘Natuurlik moet ons! En ons moet soveel betaal soos nodig is.’

“In daardie enkele botteltjie is die storie van Suid-Afrika opgesluit, nie net die storie van Groot Constantia en sy mense nie. Hoewel Groot Constantia die moeder van ons wynbedryf is waar alles oorspronklik begin is, vier ons ‘n gedeelde geskiedenis en erfenis met hierdie bottel, wat die eerste keer hier in die Cloete-kelder gemaak is. Groot Constantia is ook vasbeslote om meer oor die bottel se geskiedenis en sy pad tot hier vas te stel.”

Hierdie skaars bottel was die eiendom van Count Road Antiques in Nederland, wat in antieke bottels spesialiseer, en is in die eerste week van Augustus opgeveiling. Groot Constantia het die bod gewen met €1 550.

In die wêreld is glo minder as 12 bottels van hierdie oesjaar van Grand Constance.

Die landgoed het ‘n soort “tydkapsule” in een van die lugopeninge van die Cloete-kelder met 12 bottels Grand Constance 2009 gevul en toegemessel.

“Hierdie tydkapsule sal op 2 Februarie 2109 oopgemaak word wanneer die Suid-Afrikaanse wynbedryf sy 450-jarige bestaan sal vier. Die wyn in die tydkapsule sal dan 100 jaar oud wees.”

Goed om te weet:

  • Oz Clarke skryf in The History of Wine in 100 Bottles dat niemand “Constantia” so verwoed soos Napoleon kon drink nie.
  • Napoleon en sy mense het glo ook ‘n bottel sjampanje en tien bottels “claret” per dag gedrink.
  • Groot Constantia is die oudste wynlandgoed in Suid-Afrika en produseer sedert 1685 wyn.
  • In Charles Dickens se roman The Mystery of Edwin Drood word na Grand Constance verwys.
  • In Sense and Sensibility, Jane Austen se roman van 1811, word Grand Constance se “helende krag” vir ‘n gebroke hart voorgeskryf.
  • Charles Baudelaire het in sy beroemdste digbundel, Les Fleurs du Mal, die wyn van Constantia met sy minnares se lippe vergelyk.
  • Constantia-bottels, -bottelskerwe en -bottelseëls wat van so lank terug as 1774 dateer, is al in die mees ongewone omstandighede in die uithoeke van die wêreld gevind.
  • ‘n Bottel Grand Constance is in die laat 1940’s deur ‘n duiker op die seebodem naby die Sweedse hoofstad, Stockholm, gevind.
  • Drie bottels wat uit die tydperk 1760 tot 1840 dateer, is in die kelder van ‘n kasteel naby België ontdek.
  • ‘n Skerf waarop die Constantia-bottelseël voorkom, is op ‘n strand in Delaware Bay in Amerika gevind. Amerikaanse geskiedkundiges het bevind dat dit deel was van die vrag van die Severn, ‘n skip wat in 1774 daar gestrand het.
  • Die Cloete-kelder is die enigste plek waar die beroemde Grand Constance-wyn ooit geproduseer is. ‘n Nuwe besoekersroete word in November hier bekend gestel. Die helfte van die kelder sal as ‘n museum dien, en die ander helfte sal in ‘n bykomende proelokaal omskep word. Besoekers aan Groot Constantia sal die bottel Grand Constance van 1821 in die Cloete-keldermuseum kan besigtig.

Vir meer inligting, besoek grootconstantia.co.za.

 

Back to top

 

9. SKUD dit AF

(Rooi Rose, November 2016)

TIEN VRAE

Die volgende tien duiwelsadvokaat-vrae is bedoel om insigte aan te wakker wat jou kan help om versoeke realistieser te benader. Dit geld nie noodwendig die aansprake van kinders nie – hulle is dikwels ‘n spesiale geval. Daar is geen regte of verkeerde antwoorde nie – hopelik slegs meer helderheid oor die omvang van jou verantwoordelikheid.

1 Glo jy dat jy slegs ‘n goeie mens is as jy alles vir almal is? Gaan drink jy byvoorbeeld koffie saam met ‘n vriendin terwyl jy na alleentyd smag?

2 Moet jy álles wat skeefloop, regstel – of dit nou ‘n lewensmaat is wat die pad byster raak of ‘n bejaarde ouer wat sukkel om die lewe te hanteer?

3 Vra jy mense wat jy wil help hoe hulle die situasie ervaar en watter oplossing hulle in gedagte het, of maak jy aannames oor hoe hulle voel en oor wat behoort te gebeur? As iemand byvoorbeeld studeer en nie deurkom nie, reël jy sonder meer ekstra onderrig?

4 Beskou jy diegene met die krisis onbewustelik as iemand met minder gesonde verstand, kreatiwiteit, ondernemingsgees of vaardighede as jy?

5 Wat sou gebeur indien jy hulle toelaat om die probleem self op te los? Het hulle innerlike bronne of ander hulpmiddels, en kan die krisis daartoe lei dat hulle hul eie krag ontdek?

6 Probeer jy ‘n verhouding tussen ander partye fasiliteer? Verduidelik jy byvoorbeeld gedurig aan die kleinkinders hoekom oupa onaanvaarbaar optree sodat oupa nooit hul ware reaksie ervaar nie?

7 Probeer jy iemand teen haarself beskerm, byvoorbeeld teen ‘n oormatige kooplus? Wat sal gebeur as sy die gevolge van haar optrede ten volle ervaar?

8 Is dit vir jou moeilik om die uitkoms van ‘n knelkwessie aan ander oor te laat omdat ‘n sekere uitkoms by jou waardestelsel pas? Sal jy jou byvoorbeeld skaam as ‘n familielid se huweliksprobleme tot ‘n egskeiding lei?

9 Hoeveel beheer het jy oor die saak waarvoor jy verantwoordelikheid neem? Beheer en verantwoordelikheid loop hand aan hand. As jy jou ma se leefstylsiekte wil bestuur, is die vraag: het jy beheer oor haar dieet, oefenprogram, neem van medikasie, en veral haar uitkyk?

10 Is die verhouding met diegene wat jy wil help ‘n eenrigtingstraat? Is jy die een wat altyd ingryp, of is daar wedersydse steun?

 

KRY HULP

Wanneer jy met ‘n ingewikkelde situasie te make het, kan die volgende dalk help:

1 Stel vas op wie se gebied die situasie val – lees ons kassie (Waar’s jy nou?) oor Byron Katie.

2 Vra jou af: Wat is die feite indien ek die situasie nie emosioneel inkleur nie? Byvoorbeeld: “my broer het sy werk verloor” instede van “my broer het sy werk verloor en nou voel ek verantwoordelik vir hom en sy gesin”.

3 Hoe het jy tot die probleemsituasie, soos ‘n vriend se geldnood, bygedra? Was jy enigsins betrokke? Moet jou steun groter wees as jou aandeel aan die probleem?

4 Wees bewus van die tyd wat die probleem in jou gedagtewêreld opneem. Soms kan jy praktiese hulp verleen sonder om daglank daaroor te tob.

5 Watter vorms van hulp (behalwe joune) is beskikbaar indien iemand ‘n kwessie soos ‘n regsprobleem moet oplos? Dink aan hulporganisasies, steungroepe, webwerwe, professionele hulp …

6 Waar lê die probleem op jou prioriteitslys? Gaan jy tyd, geld of energie bestee om ‘n kennis te help wanneer jou kinders aandag vereis?

7 Hoe sou dit jou op ‘n praktiese en emosionele vlak bevoordeel indien jy minder betrokke was? Sou jy dalk by ‘n betekenisvoller projek of aktiwiteit kon uitkom?

8 Kyk van twee kante na die probleemsituasie en vra jou eerlik af: wat is die voordele én nadele vir diegene wat dit ervaar? As jy positiewe sowel as die negatiewe kan sien, verander dit jou persepsie.

 

WAAR’S JY NOU?

“Ek sien net drie soorte terreine in die heelal: myne, joune en God s’n,” sê die Amerikaanse selfhelpkenner Byron Katie. “Dit wat buite mense se beheer is, is op God se terrein. Baie van ons stres spruit daaruit dat ons buite ons eie terrein leef. As ek dink my man behoort harder te werk, is ek op sy terrein. As ek my oor vloede bekommer, is ek op God se terrein. Wanneer jy buite jou eie terrein leef, voel jy seergemaak en alleen. As jy besig is om iemand anders se lewe te leef – om namens hom keuses te maak – is daar niemand in jóú lewe nie. Jy is afgesny van jouself. “Wanneer jy gespanne of ongemaklik voel, kan jy jou gerus afvra op wie se terrein jy is. Jy sal dalk uitbars van die lag. Dis mateloos bevrydend om voluit op jou eie terrein te leef. En dit maak jou vry om onvoorwaardelik lief te hê.”

 

Back to top

 

10. WEES ‘N GOEIE VRIENDIN

(Rooi Rose, November 2016)

  • Respekteer, waardeer en geniet jou vriendin vir wie en wat sy is. Ag haar wil en menswees net so belangrik soos jou eie. Dié ingesteldheid bring die beste in jou en jou vriende na vore. ·Kommunikeer jou behoeftes duidelik en eerlik, asook wat vir jou aanvaarbaar of onaanvaarbaar is. Sê as dit jou pla as sy jou kinders kritiseer. ·Beskou konflik as ‘n groeigeleentheid. · Vra verskoning vir jou foute, wanneer jy oorgereageer het of iets verkeerd geïnterpreteer het. Vergewe, dit maak heel. · Vertrou jou vriend met jou eie, eerlike weerloosheid. So gee jy iets wat werklik saak maak en vind jy jouself en jou vriend. Wanneer sy jou sonder jou maskers en verdedigingsmeganismes aanvaar, is dit vir haar ook makliker om vir jou ook om te gee. Daar is ‘n Engelse spreekwoord wat sê: “Sharing is caring”. · Vra klein en groot gunsies, soos “Laai asseblief my kinders op.” Dit gee haar die geleentheid om vir jou iets te beteken en die vrymoedigheid om op haar beurt vir jou iets te vra. · Gee liefde en aanvaarding. · Wees in kontak met jouself, jou verlede, behoeftes en emosies. Ou, onverwerkte wonde maak ook die mense wat jy liefhet, seer. Selfkennis voorkom dat jy oorreageer of bedreig voel. · ‘n Vriendskap moet jou meer maak en nie minder nie. Dit doen niemand goed om in ‘n toksiese vriendskap te bly nie. Dit weerhou boonop albei van die geleentheid om ander sinvolle vriendskappe te sluit wat vir elkeen kan gee wat sy nodig het. Niemand sal ooit uit hul foute leer en aanpassings maak wanneer hulle nie die gevolge van hul optrede hoef te dra nie. · Wanneer jy goed is vir jouself, het jy ook die energie en vreugde om dit te deel. Die Amerikaanse digter R.W. Emerson het gesê die enigste manier om ‘n goeie vriend te hê, is om ook een te wees.

 

Back to top

 

11. Trollip verbied luukse reise

NELSON MANDELABAAI

Net ekonomiese klas vir amptenare

(Die Burger, 19 September 2016)

Roslyn Baatjies

Amptenare van die Nelson Mandelabaai-metro sal voortaan net in ekonomiese klas reis nadat Athol Trollip, uitvoerende burgemeester, ‘n verbod geplaas het op vlugte in die eerste- of besigheidsklas.

“In ‘n poging om koste te besnoei het ek opdrag gegee om alle besigheids- en eersteklas-binnelandse vlugte vir Nelson Mandelabaai-amptenare en openbare verteenwoordigers te verbied.

“Onder vorige administrasies is ‘n oordadige bedrag geld op luukse reise in plaas van dienslewering bestee. Daardie dae is verby,” sê Trollip.

Volgens hom is dit soms nodig vir amptenare om na ander munisipaliteite te reis om daar te leer wat die beste manier is vir verbeterde dienslewering. Dié reise sal voortaan in ekonomiese klas gedoen word, sê hy.

“Reisreëlings sal lank vooruit gekoördineer word om die laagste moontlike reiskoste te verseker. Dit sal met ons huidige diensverskaffers onderhandel word.

“Die regering het belowe om te probeer om R100 miljoen in ons eerste 100 dae te spaar sodat dit vir verbeterde dienslewering aangewend kan word, sowel as om die ekonomie te laat groei om werk te skep.

“Ons is goed op pad in daardie rigting,” sê hy.

 

Back to top

 

12. Dr. Isak groet: ‘Verander eers kerk’

(Die Burger, 19 September 2016)

Claudi Mailovich

As jy Suid-Afrika wil verander, moet die kerk heel eerste verander. Want die kerk is die sout van die aarde en die lig van die wêreld, het dr. Isak Burger van die AGS in sy afskeidspreek gesê.

Hy het gesê hy bid dat daar herlewing in Suid-Afrika sal kom.

“Herlewing gaan nie vir sondaars kom nie. Herlewing gaan nie vir die onbekeerdes kom nie. Herlewing gaan vir die kerke kom.”

Hy het beklemtoon dat indien die kerk nie die karakter en skoonheid van Christus in “ons lewe en ons verhoudings en ons werksetiek wys nie, gaan Suid-Afrika nie verander nie”.

Burger het gesê wat in jou hart aangaan, is belangriker as wat jou mond sê.

Ná meer as 28 jaar het Burger (65) gisteraand sy laaste preek as president van die AGS gelewer in die Woord en Lewe-gemeente in Sunward Park, Boksburg.

Hy is as ‘n man van geloofwaardigheid en integriteit beskryf in aanloop tot sy preek – “’n gesalfde leier in God se weermag”.

Die nuwe leierskorps van die kerk sal môre verkies word.

Burger het voordat hy sy preek begin het, sy vrou, Heletia, sy ma en sy kinders bedank.

Hy het gesê dat hy gesonder, fikser en meer energiek as in jare kan aftree, is “’n voorreg”.

“Ek het die grootste vrede in my kop en my hart dat die kerk in goeie hande is,” het Burger gesê.

“Ek het geen twyfel nie dat hierdie God se kerk is,” het hy voortgegaan en beklemtoon dat daar “jonger mans en vroue is” wat na vore gaan kom.

Burger het die kerk se pastore gemaan dat hul bedieninge nie net ‘n loopbaan moet word nie.

Hy het gesê dat “die liefde vir Christus” die hoofmotivering moet wees in die bediening.

Hy het in sy preek onder meer verwys na Openbaring 2:1-7, wat aan die kerk van Efese geskryf is.

Burger word op sy webwerf beskryf as “waarskynlik die langsdienende kerkleier in die land”.

Hy is reeds in April 1988 vir die eerste keer verkies tot president van die AGS, waarna hy keer op keer weer tot leier van die kerk verkies is.

“Dis vir my nie ‘n aftrede nie, maar ‘n uittrede. Ek glo dat ‘n wonderlike, nuwe seisoen op my wag,” het Burger verlede Donderdag op sy Facebook-blad geskryf.

Voordat Burger agter die preekstoel ingeskuif het, is daar ‘n videoboodskap aan hom gespeel.

Eerw. Frank Chikane, president van die AGS Internasionaal, het in die video gesê Burger, wat ook met die eenwording van die kerk in 1996 tot president verkies is, het dit reggekry om “met sy wysheid mense bymekaar te hou”.

Past. George Mahlobo, algemene sekretaris van die AGS Internasionaal, het in die videoboodskap gesê die AGS het iemand nodig gehad om daarop te fokus dat die kerk almal saam in dieselfde rigting beweeg.

Volgens hom was dit Burger wat om eenheid in die kerk gepleit het as daar wrywing was.

Burger, wat ook as skrywer bekend is, het in sy Facebook-inskrywing verlede week gesê sy skryfwerk sal steeds prioriteit geniet en dat hy oor naweke in verskillende gemeentes sal bedien.

 

Back to top

 

13. ‘Bou skole, eerder as breek’

TRANSFORMASIE: MINISTER WAARSKU

‘Soos ons regstel, moet ons opbou’

(Die Burger, 19 September 2016)

Alicestine October

Transformasiekwessies moenie misbruik word om die goeie in skole af te breek nie, het Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, gister gewaarsku.

Sy het op ‘n mediakonferensie verslag gedoen oor die vergadering tussen haar departement en die provinsiale LUR’e vir onderwys.

“Wanneer ons skole help met transformasie, moet ons ook bou aan die goeie dinge wat reeds ingestel is,” sê Motshekga.

“Wat ons in skole sien, is die dreigende vernietiging van ons instellings.”

Motshekga sê die Pretoria High School for Girls is een van die bestes in die land.

“So, wanneer ons hulle probeer help met hul beweerde rassisme, moet ons nie terselfdertyd die vertrouensverhouding tussen onderwysers en leerlinge skend nie, want onderwysers word gedreig.

“Dit word soos ‘n jagseisoen wat oop verklaar word sodat enigiemand enige saak kan opneem en op die [transformasie]wa spring.

“Ons moet opbou soos wat ons regstel.”

Volgens haar het die kwessie oor hare by die Pretoria High School for Girls weer die soeklig geplaas op hoe skole met transformasie vorder.

“Ons het ooreengekom dat daar met die provinsies gewerk gaan word om gedragskodes van skole te hersien. Ons wil ook kyk na wat die Skolewet sê oor transformasie en spanne ontplooi om te sien wat presies in skole aangaan.”

Motshekga het ook haar kommer uitgespreek oor die vernietiging van skoolinfrastruktuur en die voortgesette #FeesMustFall-veldtog wat ook gevolge vir basiese onderwys inhou.

“Ons is bekommerd oor die kultuur in die onderwyssektor.”

Volgens haar word skole ‘n sagte teiken vir kwessies wat niks met onderwys te doen het nie.

“Wanneer daar probleme in hoër onderwys is, skep dit vir ons probleme omdat ons afhanklik is van die instellings vir onderwysers en skoolberaders en om navorsing te doen.

“Dit is ‘n hartseersituasie wanneer skole afgebrand word en studente ook universiteitsbiblioteke afbrand.”

 

Back to top

 

14. PRAAT MET MY

(Rooi Rose, November 2016)

KRY DIT REG

  • Wees bedag op mekaar se behoeftes ná werk en gun mekaar tyd om ná die dag te herstel. As jy die ekstrovert is, wil jy dalk ‘n klas by die gim bywoon waar jy gesels en energieke musiek hoor, terwyl hy (die introvert) liewer alleen wil gaan hardloop, of die koerant rustig wil sit en lees. Daarna is julle gereed om saam gehaltetyd deur te bring.
  • Vroue kan oorsensitief wees en ‘n man se stilswye persoonlik maak. Pleks van persoonlike boodskappe in sy stilswye te lees, verstaan dat hy bloot nie lus is om te gesels nie. Dis nie oor jou nie, dis net hoe hy voel.
  • Verduidelik hoekom jy iets met hom bespreek. “Ek het ‘n oplossing vir my probleem by die werk nodig,” of “Ek is so ontsteld oor wat vandag gebeur het, ek het ‘n klankbord nodig.” Gee vir hom duidelike riglyne oor wat jy van sy reaksie verwag. In die eerste geval soek jy ‘n oplossing vir ‘n probleem, in die tweede geval soek jy ondersteuning en probeer jy sin maak van ‘n situasie deur daaroor te gesels.
  • Kyk of jy ‘n patroon kan identifiseer as julle gedurig misverstande het. Probeer kyk wat aanleiding gee tot die konflik en probeer dit vermy.
  • Ja, mans hoor dit die eerste keer. Om elke keer daaroor te kla gaan niks verander nie.

DIE BESPREKING VAN PROBLEME

  • Almal ken die skaakmatsituasie wanneer een ongelukkig lyk, maar niks sê nie en ontken dat iets skort. Soms is dit makliker om ‘n gesprek oor ‘n veilige onderwerp te begin wat dan die deur oopmaak vir ‘n dieper, emosionele gesprek.
  • Die taal wat ons gebruik, speel ‘n groot rol in konflikhantering. Dink eerder wat jou aandeel in die probleem is as om iemand te blameer oor wat hy verkeerd gedoen het.
  • Besef dat mans ook buie het. Soms het hy net ‘n drukkie nodig om die spanning ná ‘n lang dag te verlig.
  • Doen iets saam wat nie konfrontasie tot gevolg het nie. Gaan stap en gesels oor alledaagse onderwerpe tot die situasie reg is om oor ‘n probleem uit te vra.
  • Jonell se ervaring is dat mense makliker oor hul probleme gesels nadat hulle fisiek aktief was. Moenie gaan stap met die opdrag dat julle dinge nou gaan uitpluis nie. As jy iemand in ‘n drukgang plaas, gaan jy nie ‘n eerlike gesprek hê nie, of net meer konflik veroorsaak.
  • Emosionele uitbarstings maak jou maat senuweeagtig en gespanne. Sê jy is te ontsteld om nou daaroor te praat. Wag tot jy kalm is voor jy die kwessie aanroer.
  • Moenie hom uit die bloute met ‘n emosionele kwessie konfronteer waarvoor jy ‘n oplossing verwag nie. Gee hom tyd om daaroor na te dink. Verduidelik wat jou probleem is: “Ek hou nie daarvan dat jy my voor vriende oordonder nie.” Vra of julle die volgende dag daaroor kan gesels. Dan is die kans ook beter dat julle dit sonder opgehoopte emosies kan bespreek.
  • Dit help om probleme neer te skryf. “Soms kry jy perspektief deur dit te verwoord,” sê Jonell.

 

Back to top

 

15. Bly GESOND

(Rooi Rose, November 2016)

Deur SALOMÉ DELPORT

SOOIBRAND? NÓÓIT WEER NIE!

Met die verskeidenheid sooibrandmiddels op die rakke hoef jy regtig nie hiermee te sukkel nie. Kies hieruit:

  • EET REG: wyn, koffie, soetgoed en ryk kosse vererger sooibrand. Maar jy kan gewoonlik wegkom deur net kleiner porsies te eet. · SELFHELP: Multiforce Alkaline Powder. Die minerale daarin kan help om te veel maagsuur teë te werk. Moenie oordoseer nie. · APTEEKHULP: Gaviscon. Dit bestaan uit seewierjellie, wat met die maagsuur reageer en ‘n lagie vorm wat die maagwand sowat vier uur lank beskerm. Onthou dat jy Gaviscon minstens twee uur voor of ná ander medikasie moet gebruik omdat dit die doeltreffendheid van die opneem van veral antibiotika en medisyne vir bloeddruk en die skildklier verminder. · DOKTERSHULP: Protonpomp-inhibeerders, of PPI’s, wat maagsure neutraliseer. Hulle is bedoel vir chroniese, ernstige sooibrand, maagsere en GERD – nie vir sooibrand ná te veel poeding nie. Langtermyn-PPI’s het ook nadele, soos dat jou kanse op ‘n heupbreuk en longontsteking effens groter is. PPI’s keer dat yster en vitamien B opgeneem word en kan met die opname van bloeddrukmedisyne inmeng.

Onthul! Die heel beste olies

Die beste olies kombineer die meeste omega-3 met die minste omega-6. Waar omega-6 inflammasie bevorder, werk omega-3 inflammasie en allergieë teë. Dit help jou are gesond hou, is goed vir jou brein en beskerm jou moontlik teen diabetes. Maar hulle is skaars in ons kos. Gelukkig is daar ‘n maklike manier om meer omega-3’s in jou huismense se dieet in te werk:

Gebruik ‘n olie met meer daarvan. So vergelyk die olies: hoe meer geel en hoe minder rooi, hoe beter.

DIABETES? NUUT en MAKLIKER vir jou

Op ‘n onlangse mediakonferensie om nuwe diabetesmedikasie bekend te stel, het dr. Stephen Lawrence van die Britse Warwick-universiteit se mediese skool verduidelik dat diabetes in vier fases verloop:

FASE 1 Jy raak insulienweerstandig. Maar jy kan jou diabetes met dieet alleen beheer.

FASE 2 Jy het meer as 50% van jou pankreas verloor, en het nou daagliks langwerkende insulien nodig om jou bloedsuikervlak konstant te hou.

FASE 3 Jou liggaam kan nie meer maaltye hanteer sonder ekstra hulp nie. Jy bly op langwerkende insulien maar het nou ook kortwerkende insulien voor elke maaltyd nodig.

FASE 4 Jou bloedsuiker bly onbeheerbaar op en af gaan, dit moet gemonitor word, en jy het intensiewe behandeling nodig. Medikasie in fases 3 en 4 is kompleks én baie moeite vir jou as diabeet. Die nuwe medikasie kombineer kort- en langwerkende insulien in een inspuiting. Jy gebruik dit nou net twee keer per dag saam met jou twee grootste maaltye, sonder dat jy dit heeltyd hoef te monitor en aan te pas.

HIK-HIK-HIKHIK

Hoekom ‘n mens – en selfs fetusse hik, weet niemand nie. Daar is ook geen raad nie. Dit kom en gaan vanself. ‘n Onverwagse moontlike oorsaak is skielike temperatuurverandering, soos as jy voor die braaivure staan, asook te veel drankies, sigarette en om te vinnig te eet.

 

Back to top

 

16. KELDER JOU CV JOU?

(Rooi Rose, November 2016)

DIGITALE WENKE

  • Maak seker daar is nie spelfoute nie. Nie net om ‘n goeie indruk te wek nie, maar as die posisie waarom jy aansoek doen, of kwalifikasies, verkeerd gespel is, kan die sagteware dit nie herken nie en uitskop. Moenie op ‘n spelprogram staatmaak nie, dit herken dalk nie die soort foute nie, of verander woorde outomaties na iets heel anders.
  • Kies belangrike woorde in die advertensie vir die aanstelling en gebruik dit en variasies daarvan in jou CV.
  • Gebruik ‘n standaard Word-dokument. Nie elke program kan ‘n PDF hanteer nie.
  • Gebruik hoofletters waar dit vereis word sodat ‘n groep woorde wat met mekaar verband hou deur die stelsel herken word, soos University of Cape Town.
  • Gebruik ‘n standaard lettertipe in swart.
  • Bly konsekwent wanneer jy vorige werkservaring gee en lys dit elke keer in dieselfde volgorde: maatskappy se naam, titel, adres en datum word as ‘n standaardformaat gesien.
  • Gebruik standaard- CV-hofies, soos Summary, Work, Skills, Education.
  • Laai jou CV as ‘n afsonderlike lêer op eerder as om te knip en plak sodat die formaat behou word.
  • Moenie wit lettertipe gebruik om weggesteekte sleutelwoorde in te sluit nie. Soms kan ‘n Applicant Tracking System (ATS) hierdie onsigbare teks sien en dan lyk dit onderduims.
  • Moenie grafika en beeldlêers (image files) eerder as teks gebruik nie.
  • Moenie onnodige afkortings gebruik wat ‘n ATS dalk nie kan herken nie. As jy afkortings gebruik wat eie aan die bedryf is, skryf die woord die eerste keer uit.
  • Moenie tabelle en spesiale karakters gebruik nie. Kolkarakters (bullet points) is toelaatbaar.
  • Moenie veelvoudige CV’s vir dieselfde aanstelling by dieselfde maatskappy indien nie. Dit kan soos rommelpos lyk.
  • Moenie teks in die header of footer insluit nie. Dit kan geïgnoreer word.

 

CV-SONDES

  • Sit ‘n onderwerp by As jy by ‘n groot maatskappy om ‘n posisie aansoek doen, is die kanse goed dat hulle ook ander posisies adverteer. As jou aansoek net “werksaansoek” in die onderwerpreël het, kan dit misgekyk word omdat dit nie dadelik na die regte departement gestuur word nie.
  • Kry jou feite reg Dit kan na basiese inligting klink, maar dis waar baie aansoekers klei trap. Lillian sê werkgewers kry daagliks CV’s wat aan ‘n ander organisasie gerig is wat ook poste adverteer. Maak doodseker van alle feite oor jou posisie, asook die maatskappy se naam, en kry ‘n tweede paar oë wat dit sorgvuldig nagaan.
  • Maak dit uniek As jy by meer as een maatskappy en om verskeie posisies aansoek doen en vir almal ‘n generiese CV stuur sonder om dit spesifiek aan te pas, gaan jy nie uittroon nie. Google die maatskappy en probeer verstaan hoekom jóú bydrae vir hulle ‘n voordeel gaan inhou. Pas jou dekbrief aan sodat dit duidelik is dat jy die moeite gedoen het om oor jou rol in die maatskappy na te dink.
  • Eerste indrukke Onthou, jou CV is die eerste en enigste indruk wat die maatskappy van jou het. Dis amper soos jul eerste ontmoeting. Jy wil hê jou CV moet die beste indruk moontlik maak, want as dit nie perfek is nie, kan die maatskappy jou met reg op dié baadjie takseer. Is daar spel- en taalfoute, is dit volledig, en is alle relevante feite en ervaring gegee? Hulle kan wonder of jy professionele werk kan lewer as jy nie eens die moeite doen om jou CV perfek reg te kry nie. Kyk na jou CV asof jy die hoof van daardie maatskappy is en vra jouself af of jý vir jouself die werk sou gee as jy die baas van die plaas was.
  • Wees eerlik Kierankies sal braai. Moenie in die versoeking kom om die waarheid effens te rek om jou CV blink te poets nie. Bestuurders wat aansoeke hanteer, is opgelei om onwaarhede uit te snuffel. Al word jy nie met die intrapslag betrap nie, gaan jy heeltyd oor jou skouer loer en wonder wanneer dit gaan gebeur. Vul eerder die leemtes in jou kwalifikasie deur vir ‘n korrespondensiekursus of korter kursus in te skryf terwyl jy op ‘n aanstelling wag.
  • Doen Iets Net soos jy graag die droomwerk wil hê, is ‘n maatskappy ook op soek na ‘n droomkandidaat. Jy gaan nie soos een lyk as jou CV toon dat jy twee jaar gelede graad gekry het en sedertdien by die huis gesit en niks doen het nie. As jy nie werk kry nie, doen iets om persoonlik te groei of leer iets nuuts aan. Doen vrywillige diens in jou gemeenskap, gee ekstra lesse vir skoliere of studente, of leer ‘n nuwe vaardigheid aan. Dit gaan die vaal kolle op jou CV vul, maar dit kan ook ‘n deur oopmaak vir ‘n toekomstige werk.
  • Is dit volledig? As vyftig mense om ‘n posisie aansoek doen en jy het nagelaat om verwysings van vorige aanstellings in te sit, is die kans skraal dat iemand die moeite gaan doen om jou te bel en daarvoor te vra. Moet niemand die geringste geleentheid gee om die delete-knoppie te druk nie.
  • Maak werksoek ‘n werk Moenie terugsit en hoop op die beste ná jy aansoeke uitgestuur het nie. Beskou jou soektog as ‘n werk en bly daagliks op die uitkyk na nuwe moontlikhede. Sit elke dag tyd opsy wanneer jy aktief na werk uitkyk en aansoek doen om posisies waarvoor jy kwalifiseer.
  • Hou moed Bly positief en hanteer elke aansoek met trots asof dít die een is wat gaan werk. Onthou, almal moes een of ander tyd onder begin.

 

Back to top

 

17. WegholSUKSES

(Rooi Rose, November 2016)

Refentse se debuutalbum ‘My hart bly in ‘n taal’ het sommer gou ná uitreiking platinumstatus bereik

Dit is vir Refentse steeds moeilik om te glo dat hy in so ‘n kort rukkie soveel sukses bereik het. Terwyl hy verlede jaar met sy kitaar langs die straat gesit en “Lisa se klavier” gespeel en gesing het, het Cecilia (Kleintjie) Marchionna hom met ‘n selfoon afgeneem. Sy het die video op facebook gedeel en dit is uiteindelik meer as 120 000 keer gekyk. Hy bly nou by Kleintjie, sy tweede “ma”, en sy help hom om al sy verpligtinge na te kom.

Buiten Afrikaanse musiek hou Refentse ook van kwaito en Zoeloe-gospel. En hy wil deur musiek die verskillende Suid-Afrikaanse kulture nader aan mekaar bring.

Is jou huistaal Afrikaans? Nee, Afrikaans is nie my huistaal nie, maar ek was in ‘n Afrikaanse skool.

Jou CD My hart bly in ‘n taal bring hulde aan Afrikaanse musiek en die musiek van sterre soos Koos Kombuis en Laurika Rauch. Hoe lank klop jou hart al warm vir Afrikaanse musiek? As kind het my ouers vir my Afrikaanse musiek gespeel om my te leer Afrikaans praat, en ek het ‘n liefde vir die taal en musiek ontwikkel.

“Sonvanger” en “Sally Williams Nougat” pas veral baie lekker by jou stem. Is daar nog ander van die liedjies wat vir jou spesiaal is en waarom? Ek hou van al die liedjies op die CD omdat ek met dié liedjies grootgeword het, al is hulle nie regtig in my era gespeel nie. Dit is musiek wat my gehelp het om my Afrikaans te verbeter.

Al die liedjies het vir my ‘n besondere betekenis.

Jy het twee van die liedjies geskryf, “Baby wat eet ons vanaand?” en die satiriese “Oom Faan se plaas” … “Baby wat eet ons vanaand?” was die eerste liedjie wat ek geskryf het, en toe kort daarna “Oom Faan se plaas”. Ek hou van die skryfproses en leer baie namate ek vorder.

Wanneer het jy vir die eerste keer geweet jy wil in Afrikaans sing? Toe ek verlede jaar by die KKNK vir die eerste keer op die verhoog klim en die gehoor se reaksie sien. (Refentse het die verhoog met Karen Zoid gedeel.)

Jy het nou reeds platinumstatus bereik, maar wat doen jy nog, behalwe sing? Alles wat my moontlik besig kan hou. Ek is mal oor die buitelewe en die natuur. (Hy is net beskeie. Hy is op die oomblik besig met ‘n regsgraad aan die Noordwes-Universiteit.)

Waar is jy gebore, waar het jy grootgeword en waar bly jy nou? Ek is in Vereeniging gebore, het daar grootgeword en bly steeds in Vereeniging. Ek is nie van plan om te trek nie. Ek is te geheg aan my mense – my ouers, tannie Kleintjie en al my vriende.

Wat onthou jy as die lekkerste gebeure van jou kinderdae? Die skoolrevue waarin ek gedans en gesing het. Ek het ‘n spook in my groentjiekonsert gespeel en in die laerskool was ek Shaka in ons toneelstuk Shaka Zoeloe.

En die slegste? Toe ek my ouma in 2013 aan kanker verloor het.

Wat doen jy vir ontspanning? Lees gedigte, of speel sokker of rugby saam met my pelle. Ek geniet die natuurskoon, veral as ek op my motorfiets is omdat ek dan so naby aan alles voel.

 

BESTE…

CD? TWEE – PIEKNIEK VIR TWEE.

ROLPRENT? FAITH LIKE POTATOES.

BOEK? VLAM IN DIE SNEEU (DIE LIEFDESBRIEWE VAN ANDRE P. BRINK EN INGRID JONKER).

TV-PROGRAM? HOTEL.

ROLMODEL? JAN BLOHM.

 

Back to top

 

18. SUKSES

(Rooi Rose, November 2016)

MAAK SEKER JY HET ‘N MEDIESE FONDS VOOR JY 35 IS

Hoekom? Dis uiters noodsaaklik om die reëls van mediesefondse te verstaan sodat jy nie later opdok nie. ‘n Mediesefonds mag nie weier om jou te aanvaar nie maar kan duur voorwaardes stel. Wanneer jy by ‘n mediese fonds aansluit, is daar drie uitsluitsels:

1 ‘n Wagtydperk van drie maande waar jy bydraes betaal, maar geen voordele het nie. 2 ‘n Wagtydperk van 12 maande waar jy nie vir bestaande siektetoestande (soos swangerskap) mag eis nie, maar jy is wel gedek vir ander mediese uitgawes wat nie met daardie toestande verband hou nie. (Dit kan verander as jy baie laat aansluit waar die voorgeskrewe minimumvoordele nie vir die tydperk betaal word nie.) 3 As jy ná 35 vir die eerste keer aansluit, kan jy ‘n strafheffing betaal omdat jy nie voorheen aan ‘n fonds behoort het nie. Die maandelikse bedrag is ‘n persentasie van die maandelikse heffing en kan tussen 5% en 75% wissel. Hierdie heffing val ook nie ná ‘n tydperk weg nie.

Inligting verskaf deur Tracy Janssens, takhoof: gesondheid, Alexander Forbes.

DINK MOOI

Klere en onnodige besteding loop hand aan hand, sê die kenners. Gaan kyk in jou kas wat jy het voor jy iets koop, want die kanse is goed dat jy iets het wat byna soortgelyk is. En dink mooi of jy dit werklik nodig het. Skryf neer wat jy op hierdie manier spaar en hou dit eerder vir ‘n duurder item wat jy begeer. Dis dikwels die klein jakkalsies wat jou beursie plunder.

Katvoet met die kredietkaart

Moet jou kredietkaart geduldig, gedienstig en gedwee jou finansiële sondes, oortrokke rekeninge en wilde koopsessies dra? Die klassieke geval van geld wat stom is, maak reg wat krom is. Maar wanneer jy om ‘n huislening aansoek doen, kom jou kredietkaart met die hele sak patats vorendag. “Dis die eerste stukkie geskiedenis wat die bank gaan opdiep om jou kredietwaardigheid te beoordeel,” sê Steven Barker, hoof van Standard Bank-huislenings. “Jou kredietwaardigheid word regstreeks aan jou kredietkaart gekoppel en is die belangrikste finansiële inligting oor jou. Dit wys die geld wat jy geleen het, of jy dit terugbetaal het, en of dit betyds was. Elke keer wanneer jy om ‘n huislening aansoek doen, word dit eerste beoordeel.” Hou by die vereistes van jou kredietkaart en wees katvoet vir ‘n groot perk, want dit kan moeilik word om die bedrag betyds terug te betaal.

 

Back to top

 

19. Cóenie kry duim na bo vir ‘Emoji’

(Die Burger, 12 Oktober 2016)

Byklanke

Mariana Malan

Reis per trein, boot, vliegtuig of bus. Maar die aller heerlikste reis is in die kop, die beste manier om dit aan te pak – met musiek.

Dus is Coenie de Villiers meer as sanger, komponis en musikant. Hy is soms ook jou reisgids. Heel dikwels neem hy jou na waar jy nie wil wees nie. Daar is lirieke wat so na aan die been sny dat jy dit skaars kan verduur. Daar is ander wat so in die kol tref dat jy wonder wanneer hy hierdie gedagtes van jou gelees het.

In ‘n gesprek voordat ek die album gehoor het, het hy vertel van die plekke waarheen hy gereis het om sy jongste album Emoji te maak. Dis nou letterlike bestemmings, nie die soort wat jy in jou verbeelding beleef nie.

Hy was in die Kalahari waar die instrumentale snit “Naledi” lewe gekry het met behulp die wyse musikant !Gubi (87) en sy mondboog en Pops Mohamed met kora bygekom het.

Daar is een wat op die eiland Santorini in Griekeland opgeneem is, ‘n ander het die eksotiese klanke van wat die Turkse musikant Gürkan Çakmak op sy duduk (dubbelrietfluit) maak.

Maar voorkennis oor waar die liedjies opgeneem is, is nie nodig nie. Die kopreis praat op hierdie album die hardste. Reeds in die tweede lied (“Miskien”) druk daardie einste duduk se klanke elke verlange uit wat in die wêreld bestaan. Dan kom De Villiers by met beeldspraak om dit verder te vat. Jy verstaan eenvoudig hoe die woorde van ‘n haiku in klank alleen kan bestaan.

Om ‘n persoonlike gunsteling hier in Afrikaans te kry, is ‘n bonus. Linette Retief se vertaling van “The Windmills of your Mind” in “Windmeul van jou hart” is ‘n prestasie.

Soos op sy vorige albums is daar die tema van oorlog. Op hierdie album word dit verteenwoordig deur die lied “Desert Conversation” met die woord war wat op die agtergrond in Morsekode uitgetik word.

Sy medekunstenaar hier is Leon Gropp, meer bekend as een deel van die kitaarduo CH2. Indien Gropp ooit besluit om sy kitaar op te hang en net te sing, staan ek voor in die ry om die album te koop.

De Villiers het hierdie keer weer kunstenaars uit verskillende genres bygetrek om die eindproduk nog interessanter te maak. Stel jou voor Hemelbesem en Coenie wat saam rymklets, so ‘n ware Deep South-gospelvertolking van “People Get Ready” (van Curtis Mayfield) saam met No Limits wat hom met a cappella bystaan, om nie eers van daardie orreltjie te praat nie.

So kan ‘n mens elkeen van die 12 liedjies op die album uitlig vir sy besonderse eienskappe. Die beste is egter om self te luister. Eienaardig genoeg inspireer hierdie album jou om sommer na sy vorige albums te luister. Hier lê nou vier gereed om gespeel te word.

En dink ‘n mens aan die titel van hierdie album, sien jy voor jou ‘n hele ry glimlaggende ronde gesiggies en duimpies wat na bo wys.

 

Back to top

 

20. Goed VIR JOU

Ons kyk na nuwe produkte wat jou lewe makliker kan maak

(Rooi Rose, November 2016)

ANET SCHOEMAN

DIE GROOT SKOONMAAK

Chemico is al langer as tagtig jaar die staatmaker wat alles in die huis silwerskoon kry en is net reg vir jou groot skoonmaak. Liqui Cleen en Chemico Paste kos sowat R22 en Drain Cleen sowat R40.

FRIS EN VARS

Gewone seep is alkalies en kan privaatplekkies jeukerig en sensitief maak. Femagene Intimate Hygiene, ‘n vloeibare seep, handhaaf die regte pH. Sowat R67 vir 150 ml.

KRAMPE!

Dis nie net altlete wat met krampe sukkel nie. Heelwat bejaardes kry snags krampe. Krampe wanneer jy oefen, kan gewoonlik aan ‘n wanbalans in elektroliete, hitte of ‘n gebrek aan oefening toegeskryf word. Krampe in die nag is dikwels die gevolg van sekere siektes, die newe-effekte van medikasie en langdurige sit. Anti Cramp, ‘n koutablet, bevat weefselsoute wat krampe kan verlig. Sowat R121 vir 60 tablette by apteke en gesondheidswinkels.

A-A-A-TIESJOE!

Saam met die bloeisels en blomme van die nuwe seisoen kom die hooikoors! BioNase verlig allergiese reaksies soos hooikoors en sinusinfeksies en is nie gewoontevormend nie. Die middel bevog ook die neusgange en hou dit vry van bakterieë en kieme wat siektes kan veroorsaak. Beskikbaar by apteke teen sowat R96 vir 30 ml en R140 vir 70 ml.

STOP DIE PYN

Painmaster lyk na ‘n interessante produk. Die toestel gebruik ‘n mikro-elektriese stroom wat pyn verlig. Kommentaar op die Internet was uiteenlopend; sommiges het groot sukses gehad en ander het geen verbetering ervaar nie. Die toestel kos sowat R575 en werk vir 300 uur. Bestel by www.painmaster.co.za

VIR HOM

Ná 45 verhoof mans se risiko op ‘n vergrote prostaat wat ‘n hele rits probleme veroorsaak omdat dit die urienvloei beïnvloed. Nativa Prostate Complex bevat aktiewe bestanddele wat prostaatgesondheid kan ondersteun. Sowat R180 vir ‘n maand se voorraad van 60 kapsules. Beskikbaar by apteke.

 

Back to top

 

21. Vetplant-landsvlag se buitelyne al sigbaar

(Die Burger, 7 Oktober 2016)

Cara-Lee Dorfling

Die buitelyne is voltooi van ‘n massiewe vetplant-landsvlag by Graaff-Reinet wat by voltooiing uit die ruimte gesien sal kan word.

Maar dit kan nog ‘n hele paar jaar duur vir die projek om heeltemal verwesenlik te word.

Die Giant Flag-projek is in 2014 in dié Karoodorp bekend gestel. Die idee is om binne twee jaar ‘n Suid-Afrikaanse vlag wat oor 66 ha strek met 2,5 miljoen vetplante uit te beeld.

“Geld wat deur die nasionale regering aan die projek beloof is, het nie verwesenlik nie en sake het heelwat stadiger verloop,” sê Guy Lieberman, stigter van die Giant Flag-trust.

Hy sê die provinsiale departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming het in Junie vanjaar sy belofte nagekom en ‘n bedrag van R5 miljoen aan die projek geskenk en die eerste groot werk is daarmee gedoen.

“Die geldelike inspuiting is gebruik om ‘n plaaslike kantoor in die gebied op te rig en om ‘n gruispad te bou wat die buitelyne van die vlag is. ‘n Volle 8,2 km paaie is gebou om die vlag aan te dui.”

Hoewel dit op die oog af lyk of die eerste werk baie onlangs aan die projek begin is, sê Lieberman die werk het agter die skerms nooit stilgestaan nie.

“Toe ons eers besef die skenking gaan dalk nie kom nie, het ons aan alternatiewe planne vir finansiering begin werk.”

Een daarvan is om ‘n vennoot te vind wat die elektrisiteit van die 4 MW-sonkragveld, wat die swart driehoek in die landsvlag sal uitmaak, teen ‘n goeie tarief te koop.

“Ons het reeds ‘n koper vir die sonkrag. Die idee is nou om die vetplant-vlagprojek op te bou met die geld wat deur die sonkragverkope verdien word.

“Maar voordat ons dit kan doen, sal ons eers die sonpanele moet aankoop óf belangstellendes sal ‘n sonpaneel moet borg.”

Die “borg” van ‘n sonpaneel werk op dieselfde beginsel as die borg of aankoop van die vetplante wat vir die kleure van die vlag gebruik sal word.

Vetplante kan aanlyn by www.giantflag.co.za gekoop word en die geld word in ‘n trust gebêre totdat die somtotaal van R20 miljoen bymekaargemaak is en die vetplante tegelyk geplant kan word.

Lieberman sê tot dusver is R400 000 ingesamel.

“Sodra ons al die geld ingesamel het, sal die projek soos beplan binne twee jaar voltooi wees.”

 

Back to top

 

22. Span baan (kliplose) weg vir Bloodhound

(Die Burger, 12 Oktober 2016)

Elsabé Brits

Mense van die Noord-Kaap het gedoen wat niemand in die wêreld nog reggekry het nie – 26 000 kubieke meter klippe met die hand op Hakskeenpan opgetel sodat ‘n landspoedrekord hier aangedurf kan word.

“En die land behoort trots te wees op wat hulle vermag het,’’ het Andy Green, die bestuurder van die supersoniese motor Bloodhound, gister op die pan gesê. Al 300 mense van die omgewing wat gehelp het om vir vyf jaar lank die klippe – van piepklein tot rotsblokke – op te tel het ook ‘n medalje en sertifikaat van hom en Dennis Dean, president van die landspoedrekord-kommissie, ontvang.

Die baan is 20 km lank en 1 km wyd. Die werk op die pan is so te sê voltooi; net die laaste plekkies moet nagegaan word wanneer die eerste lopies aanstaande jaar gedoen word.

Met behulp van GPS sal gebiede waar die hoogte met so min as 10 mm verskil, gelyk gemaak word voordat daar in Oktober aanstaande jaar gery word. Reguit lyne sal ook op die pan geverf word waarop Andy sal ry.

Mervin van Wyn (55) van Rietfontein beskryf die pan so: “Dit lyk soos water met skepe op as jy na die pan met die klippe op gekyk het; dit glinster so met die son, dan lyk dit soos water.”

Jessica van Wyk (36) van Lobos het vertel dit was “’n harde besigheid, want sommige dae was dit tot 45° op die pan, ander dae was dit snerpend koud. Alles is opgetel, van so groot soos ‘n albaster tot reuse-blokke wat met masjiene uitgehaal moes word. Hier is lorrievragte klippe uitgery, baie, baie.”

Die pan moet gelyk wees omdat Bloodhound 1 280 km/h kan haal, om die eerste mikpunt se rekord te verbeter. Daarna gaan hulle terugkeer en probeer om 1 600 km/h te haal. Die geringste klippie kan katastrofies wees.

Hendrik Kortman van Lobos het spesiale erkenning gekry vir sy harde werk. Hy loop met prostese aan albei bene en het nie die volle gebruik van sy hande nie en tog het hy net so hard op die pan gewerk. “Ek het net gevoel om te sit en niks te doen help nie. As jy werk, is jy betrokke,” het hy gesê.

Dean sê hy is baie beïndruk met Bloodhound se voorbereiding en die manier hoe hulle te werk gaan. Nadat ‘n rekord aangeteken is, neem dit sowat 30 dae om deur al die papierwerk te gaan en ‘n rekord te bevestig.

“Bloodhound is een van die mees komplekse ingenieursprojekte wat die wêreld nog gesien het en alles word in die oopte gedoen. Dit is fantasties.”

Die Bloodhound-span was gister op die pan sodat Green en die hoofingenieur, Mark Chapman, na die toestand van die pan kon kyk, om erkenning aan die gemeenskap vir hul werk te gee en om hulle te verbind tot die rekord wat oor ‘n jaar aangepak sal word.

SYFERS

10,4 swembaddens

26 000 kubieke meter klippe is met die hand op Hakskeenpan opgetel. Dit is genoeg klippe om amper 11 Olimpiese swembaddens vol te maak.

 

Back to top

 

23. Wenke wat werk

(Kuier)

Hier is raad vir kunstande wat seermaak en wenke met Vaseline.

Leserswenke

Om jou vrugte langer vars te hou, voer die yskaslaaie met bubble wrap uit en sit die vrugte daarin. LEANDA MEYER, GEORGE

Trek knee high pantihose oor jou hande wanneer jy jou skoene polish. So bly jou hande skoon. HES KRUGER, GRAAFF REINET

Moenie leë tandepastabuisies weggooi nie. Spoel dit met water, gooi dit in ‘n spuitbottel en spuit waar miere lastig is. SALLY PERSENS, ELSIESRIVIER

Sprinkel sout en kaneel oor aanbrandsels op jou stoof om van die brandreuk ontslae te raak. JEANETTE DE BEER, VREDENDAL

Gooi ‘n teelepel sout saam met die water in jou warmwaterbottel. Só bly dit langer warm. RIAAN PHILLIPS, CAROLUSBERG

As jou kunstande jou gums seermaak, smeer gliserien aan die rande van die kunstande. Jy sal dadelik die verskil voel. ROSLINE PLAATJIES, BELHAR

As jy groenbone kerf, gebruik ‘n kombuisskêr. E.A. PIENAAR, OUDTSHOORN

Wanneer jy lemoene of suurlemoene uitdruk, hou die skil en rasper dit in jou vleis- of nageregte of in jou koekversiersel. Jy kan dit ook vries om later te gebruik. JACOMINA HUGO, KROONSTAD

Sukkel jy om jou kinders sover te kry om hul pap te eet? Gooi koekversiersel oor hul pap, soos chocolate vermicelli of hundreds and thousands. Dit maak hul mieliepap of oats lekker kleurvol en aantreklik. GAYNOR FISHER, CALEDON

As jy sukkel om glasflesse van beet of mayonnaise oop te draai, plaas dit vir ‘n paar minute onderstebo in ‘n bakkie met warm water. J. SIEBRITZ, KUILSRIVIER

As jou wasgoedlyne vol of jou wasgoedpennetjies op is, druk sokkies en onderklere deur die gate van jou wasgoedmandjie. Dis ook ‘n lekker aktiwiteit om jou kleinding mee besig te hou. CHRISTINE DUITSJAN, MOSSELBAAI

As jy vir jou kind medisyne moet gee wat sleg smaak, laat sy haar tong verdoof deur eers ‘n ysblokkie daaroor te vryf. ROCHELLE WARRIES, PAARL

Was jou swart wasgoed in Sunlight-opwasmiddel. Dit sal verhoed dat wolletjies vorm, asook die merke wat waspoeier gewoonlik op jou klere laat. W. CUPIDO, PAARL

Om van fungus onder toonnaels ontslae te raak, smeer elke dag Vicks vir so ‘n maand lank aan. Die fungus sal doodgaan en die nael sal uitgroei. DAFINA JACOBS, GOODWOOD

As jy gedurig sukkel om jou nail polish bottels oop te maak, smeer ‘n titseltjie Vaseline aan die bottelnek as jy klaar is, sodat dit die volgende keer sonder moeite sal oopmaak. KIM SEPTEMBER, PAARL

Meng Vaseline en Germolene-salf en smeer dit daagliks aan jou hande en voete om dit doeksag te maak. LYDIA HENDRICKS, STRAND

Smeer ‘n bietjie Vaseline aan jou haarpunte om jou split ends te verbloem. GILLIAN STOFFELS, SOMERSET-WES

Om sweet onder borste te voorkom, gebruik Baby Balm-salf. Dit is goed vir enige plek op jou lyf wat jeuk of sweeterig is. LETTIE NORTJE, NOORD-KAAP

Om slange weg te hou, plant malvas rondom die huis; hulle hou nie van die reuk nie. Terselfdertyd sal die kleurvolle blomme jou woonplek opkikker. JESMENA BERGH, WORCESTER

 

Back to top

 

24. Bobbejane se anargisme raak teer punt in ons

(Die Burger, 20 September 2016)

Man Friday

Tony Weaver

Op ‘n onlangse besoek aan Kaappunt het ek ‘n voertuig vol buitelandse toeriste aangetref wat ‘n trop bobbejane voer – reg langs ‘n teken wat lui: Moenie die bobbejane voer nie. Ek het die bobbejane weggejaag en die toeriste met my mees gesaghebbende stem meegedeel dat hulle swaar beboet kan word as hulle wilde diere voer.

Hulle het nogal aggressief geraak en my geskel omdat ek die trop weggejaag het. Ek het my foon uitgehaal, ‘n foto van hul nommerplaat geneem en gemaak of ek ‘n SMS stuur. Die bestuurder wou weet wat ek doen. Ek het sê toe ek stuur die foto na Sanparke se wetstoepassingseenheid. Hy het weggejaag.

Ons familie het al meer as 50 jaar ‘n kothuis in die berge tussen Rooiels en Pringlebaai. Aanvanklik was Pringlebaai net ‘n gehuggie met ‘n paar huise. Reeds in die 1960’s was daar probleme met bobbejane, maar ons het daarmee saamgeleef. Ons vullisblikke is bobbejaanbestand gemaak, die vensters is altyd toegemaak wanneer ons uitgegaan het, en rubberslange is oral met vislyn opgehang.

Nou en dan sou hulle inkom deur ‘n venstertjie wat oopgelaat is en die plek verwoes. Hulle het alles geëet wat daar was en hul visitekaartjies oral gelos – kuttels, braaksel en urine, asook gebreekte ruite en bloedvoetspore. Dit was anargistiese, wellustige vernielsug wat Engelse sokkerboewe na sissies sal laat lyk.

Die probleem is vererger nadat die munisipaliteit ‘n afvalterrein in die berge geskep het. Die bobbejane het hulle permanent daar gevestig, want vir opportunistiese vreters was dit baie makliker om vir die volgende besending kos op die munisipale vragmotors te wag as om kos te gaan soek. Dit was bobbejaanhemel.

Later is die afvalterrein gesluit en het die raad bobbejaanbestande stortingsterreine geskep. Maar mense is vreemde wesens en stort dikwels hul vullis buite die omheinde terreine.

Sommige inwoners maak nie hul asblikke bobbejaanbestand nie. Die meeste het geleer om met die bobbejane saam te leef, maar baie beskou hulle bloot as vyande. Die bobbejane het ook baie skelm geraak en ruk selfs skuifdeure uit hul rame om kos in die hande te kry.

Ons het geleer om met hulle saam te leef omdat óns immers die indringers in húl gebied is. Ons beskou hulle as deel van ons omgewing, al is hulle ‘n pyn. Ons is bevoorreg om met hulle saam te leef.

Almal wat bobbejane haat, kan gerus Eugène Marais se klassieke Burgers van die berge lees. Hy het van 1904 af drie jaar in die Waterberg naby ‘n trop bobbejane gebly en later in ‘n brief geskryf:

I learned to know each one individually; taught them to trust and to love me – and also to hate me so vehemently that my life was several times in danger . . . But I learned the innermost secrets of their lives.

You will be surprised to learn of the dim and remote regions of the mind into which it led me. I think I discovered the real place in nature of the hypnotic condition in the lower animals and men. I have an entirely new explanation of the so-called subconscious mind and the reason for its survival in man.

I think that I can prove that Freud’s entire conception is based on a fabric of fallacy. No man can ever attain to anywhere near a true conception of the subconscious in man who does not know the primates under natural conditions.

Dít is hoekom die skynbaar losbandige anargisme van bobbejane sulke sterk emosies ontlok in diegene wat daagliks met hul verwoesting saamleef: Hul gedrag stem te veel ooreen met dié van ‘n menslike gepeupel wanneer die gemeenskap se wette verbrokkel.

Hulle weerspieël die primitiewe in ons almal.

tonyweaver@iafrica.com

 

Back to top

 

25. SONSLIM

(Rooi Rose, Novemer 2016)

 

Vermy die son tussen 11:00-16:00

Wend sonroom altyd 30 MINUTE voor sonblootstelling aan

80% van sonskade word voor 18 jaar opgedoen

Dra ‘n diggeweefde hoed en ‘n sonbril met UV-beskerming.

 

Chemiese blok

  • Die vel absorbeer sonstrale en verander dit in hittestrale. ·Bied in die algemeen meer beskerming teen UVA- en UVB-strale. ·Kan velallergieë by sensitiewe velle veroorsaak. · Dunner, smeer makliker aan. · Laat nie juis ‘n wit lagie nie.

Fisieke blok

  • Bevat minerale soos titaniumoksied wat jou teen UVB-strale beskerm, maar nie teen die volle spektrum (UVB en UVA) nie, of sinkdioksied wat jou teen UVB- en UVA-strale beskerm. ·Superfyn natuurlike metale vorm ‘n lagie op jou vel (word nie geabsorbeer nie) sodat die UV strale nie jou vel kan binnedring nie. ·Sommige kan ‘n wit lagie laat en taai voel maar ‘n goeie sonblok behoort dit nie te doen nie. · Goed vir dié met sensitiewe velle, sê dr. Ian Webster, dermatoloog.

SBF: Sonbeskermingsfaktor

Hoe lank kan jy in die son wees voor jy brand? Mense met ligte velle kan dalk so 15 minute in die son wees (ander minder of meer). Vermenigvuldig dit met die SBF-getal om te weet vir hoe lank jy beskerm is.

SBF 15  15 minute = 225 minute.

SBF 30  15 minute = 450 minute.

SBF 50  15 minute = 750 minute.

Wend elke twee uur weer sonskerm aan, want water en sweet maak die sonskerm minder doeltreffend. Fisieke blok moet ná elke swem weer aangewend word.

UVB

Die golflengte van UVB-strale is korter en dring die vel nie so diep soos UVA-strale binne nie, maar laat ons brand. Ons is gewoonlik meer bewus van dié strale, want ons voel hulle.

UVA

Die golflengte van UVA-strale, wat ook as “aging rays” bekend staan, is langer en dring die vel dieper binne. Die straleis elke dag om ons, kan deur glas dring en word glad nie deur die osoon gefilter nie.

Albei strale kan kanker veroorsaak.

Infrarooistraling

“Die besluit moet nog gemaak word of infrarooistraling sleg is vir jou of nie, maar ek is seker die bevinding sal wees dat dit nadelig is,” sê dermatoloog dr. Jonathan Smith. Die strale laat jou warm voel en kan van ander bronne soos oonde ook kom.

Besoedeling

Lugbesoedeling in enige vorm, is sleg vir jou vel en kan vroeë veroudering aanhelp. Die Hoëveld het hoër vlakke van lugbesoedeling en kusdorpe en -stede soos Kaapstad en Durban minder, sê die Kaapse dermatoloog dr. lan Webster. Besoedeling verminder die natuurlike antioksidante in ons vel. Sonskerm beskerm nie ons vel teen dié soort radiasie nie en daarom is dit goed om antioksidantprodukte te gebruik.

 

Moenie sonskerm vergeet op jou

LIPPE

BOKANT VAN VOETE

SLAPE

BOKANT VAN KOP

ORE

AGTERKANT VAN NEK

7 Teelepels: dis hoeveel sonskerm jy moet aansmeer.

 

Gebrand? · Koel af. ‘n Vinnige koue stort met geen seep nie. · Bevogtig met ‘n room wat geen alkohol of parfuum bevat nie en ook nie ‘n oliebasis het nie. · Verminder inflammasie deur ‘n anti-inflammatoriese pil soos ibuprofen of aspirien te drink. · Drink ekstra water sodat jy nie dehidreer nie. · Gaan dokter toe as jy erge waterblase het wat ontsteek, of as jy naar of duiselig voel.

 

Back to top

 

26. Chinese boer nou glo op Zim-plase

(Die Burger, 20 September 2016)

News24Wire

Chinese boere het glo plase in Zimbabwe oorgeneem wat tevore aan wit boere behoort het om op groot skaal met tabak te boer.

Volgens die Telegraph het die Chinese boere in minstens vyf tabakplase in die sentrale Mashonaland belê. Dié provinsie was tradisioneel een van die land se beste tabakproduserende gebiede.

Nuwe infrastruktuur op die plase, insluitend toerusting wat deur ‘n maatskappy in Amerika vervaardig is, het na raming minstens $9 129 260 (sowat R128 miljoen) gekos.

‘n Bron in die tabakbedryf het glo gesê die Chinese maatskappy betaal groot bedrae huur vir die grond wat hy gebruik. China het die afgelope dekade die grootste belegger in Zimbabwe geword, veral nadat pres. Robert Mugabe in 2000 ‘n omstrede grondhervormingsbeleid begin toepas het.

Mugabe en sy Zanu-PF-party het die grondhervorming begin deur die oorname van plase in wit mense se besit om swart mense wat nie grond besit nie, te hervestig. Mugabe het gesê die hervorming was om die ongelykhede wat koloniale grondbesit geskep het reg te stel.

Minstens 4 000 kommersiële wit boere is van hul plase gesit. Die besetting van die grond het dikwels met geweld gepaardgegaan.

Verskeie wit boere is dood tydens konflik met veterane van Zimbabwe se vryheidstryd in die 1970’s.

Kritici van die hervorming het dit die skuld gegee vir swak produksie op plase omdat die meeste bevoordeeldes nie die vaardighede en middele gehad het om die grond te bewerk nie.

Mugabe het die afgelope jare gesê wit mense sal nooit toegelaat word om grond in Zimbabwe te besit nie en dat die enkele oorblywende wit boere die land moet verlaat. Hy het beklemtoon Zimbabwe is “nie ‘n land vir wit mense” waar dit oor grondbesit gaan nie.

News24 het onlangs berig die Zimbabwiese regering het minstens 9,4 miljoen ha kommersiële grond gevat sedert met die herverdelingsprogram begin is.

Volgens Berita Chikwama, adjunkminister van grond en landelike hervestiging in Zimbabwe, het geen van die swart mense wat moes voordeel trek uit die program egter daardie grond besit nie.

Sy beweer geen titelaktes is aan dié eienaars gegee nie.

 

Back to top

 

27. Mateo lag-lag deur na nasionale spelkompetisie

(Die Burger, 20 September 2016)

Abby-Gene Bissolati

‘n Tienjarige seun van Kaapstad is Saterdag as provinsiale kampioen van die jaarlikse Reading to Lead-spelkompetisie aangewys.

Mateo Joubert van die Imperial Primary School in Mitchells Plain en sy mededeelnemers moes ‘n lys van 1 200 woorde vir dié kompetisie leer spel, lui ‘n verklaring van die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD).

Mateo het dié provinsiale kompetisie gewen nadat hy die woord “acumen”, ‘n woord wat nie op die lys was nie, korrek gespel het.

Dié amptelike spelkompetisie is Saterdag in die Nedbank-gebou by die Waterfront in Kaapstad gehou en leerlinge van oor die hele provinsie het met mekaar meegeding.

Luidens die verklaring is die kompetisie ‘n nasionale kompetisie wat in 2014 deur die departement van basiese onderwys van stapel laat loop is. Dit vorm ook deel van die Read to Lead-veldtog wat gestig is om leerlinge te help om beter te lees en skryf.

Vir die beoordelaars was die feit dat Mateo ‘n woord kon spel wat nie op die lys was nie ‘n teken van goeie oordeel en die vermoë om op sy voete te dink.

Ter voorbereiding vir dié kompetisie het Old Mutual en die Camp I Am-skoolvakansieprogram spelkompetisieboeke aan skole geskenk. Riglyne vir die reël van so ‘n kompetisie is aan onderwysers verskaf.

Die topdrie-wenners van dié kompetisie, Caylee Alexander van die Laerskool Erica (tweede) en Angelina Saunders van die Laerskool Kommetjie (derde), sal die Wes-Kaap by die nasionale spelkompetisie in Oktober in Pretoria verteenwoordig.

 

Back to top

 

28. Niks beter as Yende se eie stem om verhaal te vertel

(Die Burger, 20 September 2016)

Klankkuns

Paul Boekkooi

Op 31 is Pretty Yende reeds die Suid-Afrikaans gebore sopraan met die hoogste internasionale operaprofiel. Dit is nouliks ‘n sprokiesverhaal, maar tog ook wél. Dit word eerder gedra deur harde werklikhede rondom ‘n hoogs gespesialiseerde en mededingende bedryf.

Daar is lank en met hoë verwagting uitgesien na haar internasionale debuut-CD – juis omdat haar voortreflike plaaslike optredes die afgelope jare so iets regverdig het. Sy noem dié debuut A Journey omdat elkeen van die sewe snitte pertinent iets van haar lewensverhaal vertel.

In die CD-boekie beskryf Warwick Thompson daardie reis en presies wát en op watter manier sleutelgebeure in Yende se lewe plaasgevind het.

Begin jy luister, kom jy tot die besef dat daar niks beter is as om Yende se stem die verhaal te laat vertel nie.

Sy open met Rossini se oorbekende aria “Una voce poco fa” uit sy Il Barbiere di Siviglia. Daar bestaan soveel tradisies en interpretasiemoontlikhede rondom dié aria dat elke nuwe vertolking dalk ouer tradisies mag deurbreek of, in sommige gevalle, mag herstel.

Yende besit die ideale instrument daarvoor: ‘n Soepele stem met ‘n wye omvang en ‘n waarlik omvattende spektrum van veral klankkleur en helder diksie wat sy ryklik toepas. Nóg belangriker as dít is dat sy haar talent totaal oorgee aan musikale inhoud en uitdrukking. Daar is baie opwindende vokale akrobatiek deur haar waagmoedige gebruik van versierings binne die koloratuurtradisie, maar sy voeg ook ‘n sekere diepgang daaraan toe wat boei. Haar hoë E aan die einde word byvoorbeeld selde ervaar.

Die Blommeduet uit Delibes se Lakmé het Yende se lewe totaal verander toe sy as tiener dit as deel van ‘n lugvaartadvertensie op TV gesien het. Nou, in haar eie vertolking in die naamrol, met Kate Aldrich as Mallika, spreek hul vertolking van ‘n liriese uitdrukkingskrag met volle rypheid.

Yende se ligte timbre pas perfek vir haar uitdrukking van die jong Lucia in Lucia di Lammermoor (Donizetti), Elvira in I Puritani en Beatrice in Beatrice di Tenda (albei Donizetti), asook Juliette in Gounod se Roméo et Juliette. Bel canto ondergaan hier ‘n verjongingskuur.

In ‘n uitgebreide toneel met koor sing Yende ook die gravin Adèle in Rossini Le Comte Ory. Sy was ‘n sensasie by die Met in New York toe sy dié rol op kort kennisgewing by Diana Damrau moes oorneem.

Dié musikale reis is ‘n boeiende verkenning van ‘n onbetwisbaar buitengewone talent.

PRETTY YENDE: A JOURNEY. Arias, duette en ensembles uit Il Barbiere di Siviglia en Le Comte Ory (Rossini), Lakmé (Delibes), Beatrice di Tenda en I Puritani (Bellini), Roméo et Juliette (Gounod) en Lucia di Lammermoor (Donizetti). Pretty Yende, sopraan, Kate Aldrich (mezzosopraan), Nicola Alaimo (bariton) en Gianluca Buratto (bas) / Koor van die Munisipale Teater, Piacenza / Nasionale Simfonieorkes van die Italiaanse Radio / Marco Armiliato. Sony Classical CDSONY 7577.

 

Back to top

 

29. Wildstropery: Viëtnam wil smokkelaars nou skielik pak

(Die Burger, 20 September 2016)

Elise Tempelhoff

Nguyen Xuan Phuc, Viëtnamese premier, het wetstoepassers en agentskappe in sy land die naweek skielik opdrag gegee om dringend teen smokkelaars op te tree.

Phuc beveel wetstoepassers om sonder verwyl toe te slaan op sindikaatbase en sluikhandelaars wat vermoedelik by wildstropery is.

Die gesaghebbende Viëtnamese koerant VNExpress International het eergister berig Phuc se skielike optrede kom waarskynlik ná dreigemente van ‘n handelsboikot verlede week.

Die Wildlife Justice Commission (WJC) het ook einde verlede week gesê hy hou op 14 en 15 November ‘n openbare verhoor oor Viëtnam in Den Haag nadat lywige dossiere met getuienis oor sy burgers se betrokkenheid by hierdie misdade reeds aan die begin van Januarie aan wetstoepassers oorhandig is, maar niks nog daarvan gekom het nie.

Luidens die opdrag was die regering glo heeltyd daarvan bewus dat sy huidige optrede teen sluikhandelaars tot dusver nie die gewenste uitwerking gehad het op die onwettige handel in wildprodukte nie.

Phuc sê “onwettige aktiwiteite”, soos die verwerking en vervaardiging van snuisterye en die openlike verkoop van wildprodukte soos ivoor en renosterhoring, gaan steeds voort.

Hy het die minister van openbare veiligheid in samewerking met ander regeringsagentskappe gevra om diegene te straf wat daaraan skuldig bevind word dat hulle handel dryf in die liggaamsdele van renosters, olifante en ander bedreigde wild.

Daar moet ook toegeslaan word op dié soort handel op die internet.

Hy het opdrag gegee dat daar op tradisionele markte, aandenkingswinkels in toeristedorpe, asook op lug- en seehawens toegeslaan word. Tradisionele medisynewinkels moet ook deurgesoek word, sê hy.

Hy het die minister van polisie opdrag gegee om veldtogte te begin om op misdadige groepe oor grense heen toe te slaan.

Die Wêreldnatuurfonds (WWF), wat verlede week gevra het om ‘n handelsboikot teen Viëtnam, het die opdrag op sy webwerf gepubliseer.

Luidens die opdrag het Phuc gesê die dae wat hierdie misdadigers skotvry daarvan afgekom het, is verby.

Hy het die media ook gevra om die name van die sindikate te publiseer.

Tran Le Tra, beleidsbestuurder van die WWF in Viëtnam, sê die premier se skielike optrede is ‘n bewys daarvan dat dié land deeglik bewus is van die erns en die omvang van hierdie bedryf.

Die WWF het die stappe verwelkom en gesê hy is versigtig optimisties omdat soortgelyke aankondigings reeds in 2014 gedoen is en niks daarvan gekom het nie.

 

Back to top

 

30. Ontlastinggooier nou belas met sanitasie in stadsraad

(Die Burger, 20 September 2016)

Marelize Barnard

Die Kaapse stadsraad het ‘n ommeswaai gedoen en die berugte Kaapstadse ontlastinggooier Loyiso Nkohla as hoogs betaalde munisipale amptenaar aangestel.

Nie alleen werk Nkohla nou vir meer as R700 000 per jaar nie, maar hy werk as politieke raadgewer vir Patricia de Lille, burgemeester, se komiteelid vir nutsdienste wat juis belas is met die taak om probleme met sanitasie op te los.

Die Kaapse stadsraad het bevestig Nkohla se “unieke kennis van informele woonbuurte waar toiletgeriewe ‘n kritieke kwessie is”, is een van die redes waarom hy as politieke strateeg vir Ernest Sonnenberg, burgemeesterskomiteelid vir nutsdienste, aangestel is.

Nkohla het voor die munisipale verkiesing De Lille se guns gewen toe hy en lede van die Ses’khona-beweging (waarvan hy ‘n medestigter is) van die ANC na die DA oorgeloop het.

De Lille was so gelukkig met dié steun dat sy en Nkohla mekaar omhels en gedans het toe die aankondiging in Junie in Khayelitsha gedoen is.

Lede van die beweging was in 2013 in die nuus toe hulle menslike ontlasting op die trappe voor die Wes-Kaapse wetgewergebou in Kaapstad uitgegooi het en later ook in die vertreksaal van die Kaapstad Internasionale Lughawe.

Van Nkohla se take is:

  • Hy moet strategiese en politieke ondersteuning aan Sonnenberg bied;
  • Hy moet die politieke en persoonlike profiel van dié komiteelid verbeter;
  • Hy moet geleenthede, probleme, risiko’s en prioriteite identifiseer;
  • Hy moet toesprake en verslae skryf; en
  • Hy moet met rolspelers vergader oor dienslewering.

Nkohla het nie op navrae gereageer nie.

 

Back to top

 

31. Ontwrigting van klasse is beslis nie die oplossing nie

(Die Burger, 21 September 2016)

Algemene lewensfeit Een: Niks is verniet nie. Lewensfeit Twee: Beloning verg teenprestasie. Lewensfeit Drie: As jy in jou aandrang op regte ander hul regte ontneem, verval jou reg. Lewensfeit Vier: Geen geldput is bodemloos nie. Lewensfeit Vyf: In Suid-Afrika met sy unieke realiteite is toegang tot hoër onderwys ‘n teoretiese reg en nie gewaarborg nie. Koester die voorreg.

Studentewoede oor hoër klasgelde aan universiteite is verstaanbaar, maar ontwrigting van klasse, dreigemente en die inbreuk op medestudente se regte – onder meer om klasse by te woon – is onverskoonbaar en laakbaar.

Die lewensfeite hierbo behoort ingeprent te word by die handjie vol belhamels wat ná dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderrig en onderwys, se aankondiging oor klasgelde talle kampusse landwyd met wangedrag “gekaap” het.

Hulle bereik weinig buiten om hulself die toorn van ander studente – wat wíl studeer – op die hals te haal deurdat akademiese bedrywighede, met inbegrip van toetse en lesings, op van die kampusse gestaak is.

Die realiteite bly dieselfde. Die hoofsaak is dat studie aan ‘n tersiêre instelling peperduur is. En gratis hoër onderrig is iets wat net mense in ‘n handjie vol lande beskore is.

Nie in Suid-Afrika met sy beperkte belastingbasis wat reeds sukkel om te voorsien in die hebsug van ‘n soustrein-regering wat homself eers volprop alvorens probleme rakende gesondheidsorg, dienslewering, vervoerstelsels en dies meer aandag kry nie.

Nzimande se “aangee” van die studiegeld-bal na universiteite is in pas met die regeringstyl van wegskram van ernstige probleme en blaamverskuiwing. Sy lukrake drempel van R600 000 per gesin per jaar as maatstaf vir nie-betaling van studiegeld veroorsaak net verdere inkonsekwenthede.

Op ‘n onlangse radioprogram het inbellers, veral bevoorregtes onder apartheid, vertel hoe hulle deur harde werk en benutting van kanse hulself opgehef gekry het. Dit is waar, ja. Maar ook dat dit vir mense uit townships en landelike gebiede moeiliker is om vir hulself geleenthede te skep.

Harde werk en aanhou probeer is ál uitweg. Die benadeling van andere is nie ‘n langtermynoplossing nie.

 

Back to top

 

32. Crocs ‘skitter’ op loopplank in Londen – en almal sidder

(Die Burger, 21 September 2016)

Nadine Theron

Goeie nuus: Jy kan nou gerus jou geheime paar Crocs aanhou wanneer jy die huis verlaat – en jy mag dalk selfs geprys word vir jou styl.

“Die wêreld se lelikste skoen” het Maandagaand geskitter aan modelle se voete in die Christopher Kane-vertoning op die loopplank by die Londen-modeweek, en al wat ‘n modeblog is gons sedertien oor die terugkeer van dié berugte skoen.

Die Suid-Afrikaanse modeontwerper Marianne Fassler het dié gemakskoen se potensiaal al in 2014 ontgin toe geweefde Crocs haar versameling by die Afrika-modeweek vergesel het.

“Christopher Kane het duidelik daardie idee by ons gekry,” sê die ontwerper wat juis in 2014 as die beste ontwerper in Afrika aangewys is. “Ek weet mense kyk na ons webtuiste.

“Die fashionistas het dalk hul neuse opgetrek, maar die soort klere wat ons gewys het, het ‘n skoen met attitude en ‘n bonkige silhoeët vereis.”

Fassler sê sy het pas vir haarself ‘n paar luiperdmotief-Crocs bestel om op die strand te dra.

“Maar moenie vir my vra om nou vir my man uit te stuur in ‘n paar Crocs nie! Ek sal dit self nie eens in die bos dra nie. Dis net vir op die strand.”

Noudat Christopher Kane die skoen in die internasionale kollig geplaas het, sal meer mense Crocs begin dra, want dié vindingryke ontwerper het ‘n groot invloed op modeneigings.

“Dis definitief ‘n huldeblyk aan die vorige dekade en ek dink dis ook ‘n reaksie teen modieuse hakskoene wat al hoe deftiger raak,” sê Fassler

“Maar ek dink nie almal by die modeweek gaan skielik Crocs dra nie,” voeg sy egter by.

“Ek sidder om te dink dat mense dit dalk by modeweek kan dra,” sê Gert Johan-Coetzee. Dié bekende Suid-Afrikaanse ontwerper se vertoning is móreaand by die SA modeweek te sien.

Hy dink dat Christopher Kane die skoene strategies ingespan het. “Ek dink nie dis ‘n rugkeer nie, dit gaan net oor die skokfaktor. Veral ontwerpers in Londen wil gewoonlik skok en om iets soos Crocs te vat en te herontwerp, is beslis skokkend. Dis vir my ongelooflik lelik en ek sal dit self nooit dra nie, maar ek hoor dis baie gemaklik,” sê hy.

Oor of dit nou cool is om Crocs te rock, sê hy: “Ek dink nie dit gaan ‘n trend word nie.”

Fassler sê egter: “Crocs gaan nooit dood nie, dis ‘n skoen wat vir ewig leef.”

 

Back to top

 

33. Toerismesektor hou aan groei

(Die Burger, 20 September 2016)

Elvira Wood

Suid-Afrika se toerismebedryf bly steeds ‘n ligpunt met 5,1% meer buitelandse toeriste wat die land in Julie vanjaar besoek het vergeleke met ‘n jaar gelede.

Dit blyk uit Statistieke Suid-Afrika (SSA) se toerisme- en migrasiesyfers wat gister bekend gemaak is.

Op ‘n maandgrondslag het 12,3% meer oorsese toeriste die land in Julie besoek. Die hoogste toename (63,89%) was onder toeriste uit China, gevolg deur Frankryk (40,02%).

Besoekers uit die lande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) het met 11,67% tot 620 454 op ‘n jaargrondslag gestyg, waarvan die meeste uit Lesotho afkomstig is. Toeriste van ander Afrikalande se getalle het in Junie met 23,18% op ‘n jaargrondslag gestyg.

SSA se syfers toon dat die meeste van die besoekers (95,9%) Suid-Afrika as vakansiegangers besoek het, teenoor 2,4% wat vir sakedoeleindes hier was en 1,6% vir studiedoeleindes.

SSA het ook syfers bekend gemaak oor die inkomste wat in Julie uit toerismeverblyf verdien is.

Benewens die groter getal besoekers aan die land, het hulle in Julie 12,7% meer aan verblyf bestee teenoor ‘n jaar gelede.

In Julie was dit veral die inkomste uit “ander” verblyf wat met 21,8% gestyg het teenoor ‘n jaar gelede. Dit is die tweede maand in ‘n ry dat dié soort verblyf die grootste groei toon. Gastehuise en -plase het ‘n groei van 16,6% getoon, gevolg deur hotelle waarvan die inkomste in dié tydperk met 14,9% gestyg het.

As ‘n mens na besettingsyfers kyk, lyk dit egter of daar steeds groeipotensiaal is. Hotelle was in Julie net 54% vol, woonwaparke en kampeerplekke 35,7%, gastehuise en -plase 46,9% en “ander” verblyf 41,0%. Dit gee ‘n gemiddelde besettingskoers van 48,8%. ‘n Totale inkomste van R3,69 miljard is in Julie uit toeristehuisvesting verdien, wat die totale inkomste sedert Januarie vanjaar op R25,35 miljard te staan bring.

Steeds geld vir wegneemkos

Suid-Afrikaanse verbruikers se beursies mag wel dun wees, maar daar is steeds ‘n geldjie vir daai wegneemkos waarvoor ons so lief is. Volgens Statistieke Suid-Afrika (SSA) se kos- en drankbedryfsyfers vir Julie het die inkomste van ons kitskosbedryf ‘n positiewe jaarlikse groeikoers van 5,2% getoon.

Die totale inkomste wat deur die Suid-Afrikaanse kos- en drankbedryf verdien is, het in Julie vanjaar met 0,8% op ‘n jaargrondslag gestyg, toon syfers wat Maandag deur SSA uitgereik is. Kosverkope alleen het ‘n positiewe groeikoers van 1,5% aangeteken. Dié syfers is op ‘n steekproef gegrond wat gedoen word uit ‘n sakeregister van ondernemings met ‘n jaarlikse omset van minstens R480 828 en wat by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens geregistreer is.

Volgens die jongste syfers het restaurante en koffiewinkels se inkomste met 2% op ‘n jaargrondslag teruggesak, terwyl spysenieringsdienste ook ‘n daling van 2,7% beleef het.

Die verdienste uit drankverkope by kroeë het op ‘n jaargrondslag met 1,4% gedaal. – Vida Booysen

 

Back to top

 

34. ‘n Konka vir die winter

ã Floris Brown

Dit is nou diep winter. In voorkamer

bak Ma pampoenkoekies met karamel

‘wyl Pa vensters toekap met ‘n hamer

blits reën haelkorrels vanuit die hel.

 

Ons woon voorstedelik in plakkerskamp

die reuk van paraffienblikjelliepot

ontsnap deur sinkplaatgate en verdamp

Ma bak ook pannekoek, ons Meester Kok!

 

Die koper konka staan op koperplaat

hitte word deur die hele huis versprei

moderne vorm waarvan almal praat

almal om die vuurpot met lekkerny.

 

Soms dink almal ek is so bietjie mal

as stukkie asbes ontplof met ‘n knal!

 

Die konkas is te koop by “ONS WINKEL”

Kaleidoskoop (Instituut vir Blindes) Kerkstraat 123 Worcester. Telefoon: 0233472745; info@kaleidoscopesa.org

 

Back to top

 

35. ‘n Gesonde hand in die tuin

Wenke (in die mooiste maand)

(Buite, 4 Oktober 2016)

Vanjaar word die eerste nasionale Tuindag op Sondag 9 Oktober gehou. Om dit ordentlik te vier is hier ‘n paar wenke om jou tuin dié somer (en op Tuindag!) dié plek te maak om te geniet.

Wat sê die kenner?

Constance Stuurman spit en plant in die tuine van die landgoed Babylonstoren langs die R44 by Klapmuts. Sy het ‘n paar wenke met ons gedeel oor tuinmaak, jou eie kompos en hoe om slakke dood te maak.

  • Wat moet ek nóú plant?

Wanneer dit by bome kom, is vrugtebome soos sitrus die regte soort om tans te plant. Enige soort struik en kruie soos laventel en roosmaryn is nou reg vir plant. Ook wortels, beet en radyse kan jy nou saai. Jou radyse sal jy binne drie weke kan uittrek en geniet.

Dan is daar komkommer, eiervrug, tamaties, pampoen, spinasie en blaarslaai wat nou geplant of gesaai kan word.

  • Maak jou eie kompos

Wanneer jy plant, moet jy goeie, gedreineerde grond hê. Die beste is om jou eie kompos te maak waar al die voedingstowwe terug in die aarde gesit word.

  • Hoe maak ek erdwurm-kompos?

Nie almal kan spoggerige komposhouers bekostig nie, maar maak sommer jou eie een. Die houer moet ongeveer 25 liter groot wees, met ‘n deksel. Maak gaatjies in die bodem van die houer, maar maak seker jy het ‘n bak wat onder die bodem is om al die sappies op te vang, want dis mos die sap wat jy vir jou tuin wil hê.

Wees versigtig vir sitrus-skille, hulle breek stadig af en die erdwurms is nie mal daaroor nie.

Elke komposproses is anders, maar in die somer kan jy binne drie maande bruikbare kompos kry. As die kompos stink, is iets verkeerd. Dit behoort reukloos te wees.

  • Het jy al van hierdie wenk gehoor?

As jy slakke in jou tuinbeddings gewaar, gee hulle bier. Sit ‘n halwe blikkie bier wat naby aan die bodem afgesaag is, in die tuin neer.

Die reuk van die bier lok die slakke, en hulle sal eindelik in die bier versuip.

Slakke is mal oor bier!

Wat sê die kwekery?

Volgens Stodels  is Oktober een van die beste maande om rose te plant. Ná die winter en nadat rose in Julie gesnoei is, gee sommige rose hul beste blomme aan die begin van die somer terwyl die weer nog matig en die grond klam is.

Om die beste uit jou rose te kry, hou dié wenke in gedagte:

Voordat jy plant

  • Besluit watter rose die beste vir jou sal werk. As jy die moeitevry soort soek, probeer Floribundas of grondbedekkers; albei is taamlik siektebestand en verg min snoei.
  • Voordat jy plant, plaas jou nuwe rose in hul sakke in die posisie wat jy vir hulle in die tuin beplan. Só kan jy sien watter kleurkombinasies werk en of hulle genoeg lig sal kry. En hou hulle goed nat – die sakke droog gou uit.
  • Kyk na die etikette om te sien hoe hoog die plant eindelik sal groei. Dit maak dit makliker om te besluit oor waar om hulle te plant.

Wanneer jy plant

  • As jy in houers plant, maak seker die deursnee van die houer is minstens 35 cm.
  • Plant jou rose dieselfde diepte as wat hulle in die swart sak was toe jy hulle gekoop het.
  • Voer elke roosboom met ‘n halwe koppie 8:1:5. Strooi dit by die wortels en maak dit goed nat.
  • Gee die rose twee keer per week water. ‘n Roosboom moet in baie warm weer minstens 10 liter water twee keer per week kry.
  • Bedek die grond rondom jou rose met ‘n 10 cm-deklaag, soos bas, om vog in die grond te hou.

Goed om te weet

  • Voer rose een keer per maand met 8:1:5, en maak die rose goed nat ná voeding.
  • Spuit rose een keer elke twee weke met ‘n organiese insekdoder om plantluise en kewers af te weer.
  • Sodra die blomme begin verwelk, sny dit uit die bos.
  • Probeer om nie rondom die wortels van ‘n roosboom te grawe nie – rose haat dit as hul wortels versteur word.

Plantvoedsel

  • Gee binnenshuise en buitepotplante ekstra voedsel met ‘n vloeibare kunsmis soos Multifeed of Seagro.
  • Voed fuchsias, ander lentejaarplante en bolle elke twee weke met ‘n hoëkaliumkunsmis soos 3:1:5.
  • Nuwe grasperke moet met 2:3:2 gevoed word om sterk wortelgroei te bevorder, terwyl gevestigde grasperke met 4:1:1 gevoed kan word (‘n handvol per vierkante meter).
  • Voer appelkose, perskes, pruime en kwepers met 3:1:5.

 

Dink waterslim

Om vir die warmste somermaande voor te berei, dink daaraan om geharde plante aan te plant. Dit beteken nie jou tuin gaan kleurloos wees nie – geharde plante soos gousblomme en malvas het ‘n verskeidenheid van helder kleure.

Krui van die maand

  • Roket (rocket)

Kikker jou somerslaaie op met jou eie vars roketblare uit die tuin. Die sade ontkiem vinnig en maklik in die somer. Probeer gereeld die blare pluk.

Het jy geweet? Roketblare is ‘n ryk bron van yster, chlorofil en vitamiene.

Groener, beter grasperke

  • Kies die regte tyd om jou grasperk nat te lei – veral om water te bespaar. As jy dit vroegoggend doen, tel koeler temperature in jou guns – die grond absorbeer die water.
  • Saai grasperksade tussen jou bestaande grasperk om kolle te vul. Die grasperksade sal help om onkruid weg te hou.
  • Sny jou grasperk op ‘n langer lengte – dit sal help om die beeld van ‘n welige grasperk te skep. Meer gras voorkom ook dat die grond te vinnig uitdroog.

 

Dít maak tuinmaak makliker

Addis se 10 liter-gieter (R54)

Garden Master se tuinslang met toebehore (R150)

Efekto Nitrile-handskoene (R30 per paar)

Lasher-tuingraaf (R225)

  • Dié produkte met pryse is tans by Builders Warehouse te koop.

 

Back to top

 

36. ASKOEK EN BOKKOMBOTTER

(Die Burger, 21 September 2016)

Kobus van der Merwe, veldskropsjef van Paternoster, word deur die landskap, die ryk geskiedenis van die Weskus-skiereiland en die Strandveld-Saldanha-fynboskoninkryk geïnspireer om met eenvoudige erfeniskosse te eksperimenteer en inheemse wilde veldkosse daarby in te sluit.

 

Jy benodig vir 6:

  • 1 kg witbroodmeel
  • knippie sout
  • 10 g kitsgis
  • 700 ml lou water
  • bokkombotter
  • 250 g gesoute botter, in blokkies
  • ‘n handvol gemengde kruie wat wild en in die tuin groei, soos suurlemoen-boegoe, wildeknoffel, kruisement, oregano, tiemie en basiliekruid, fyngekap
  • 2 maasbanker-bokkomfilette, gekap

 

Maak dan só:

Sif die meel in ‘n emaljeskottel, voeg die sout en kitsgis by en roer deur. Maak in die middel ‘n holte en voeg lou water by. Meng vinnig met die hand totdat alles ‘n bal vorm.

Keer die deeg uit op ‘n meelbestrooide oppervlak. Vou dit vier keer dubbel en druk liggies af. Laat dit rys (sowat 40 minute) totdat die volume verdubbel. Vou die deeg dubbel en druk liggies af.

Vorm ses plat ovaal stukkies deeg en plaas dit direk op die uitgebrande kole en as. Bedek dit met nog kole. Bak sowat 20 minute of totdat dit hol klink wanneer jy met die kneukels daarop klop. Borsel die as en kole af.

Maak die bokkombotter terwyl die askoek gaar word. Meng die botter, kruie en gekapte bokkom met ‘n vurk. Verkoel.

Om voor te sit: Smelt die bokkombotter in ‘n pan en dien dit op saam met die varsgebakte askoek.

 

Back to top

 

37. PEER-PINOTAGE-EN-ROOSMARYN-KONFYT

Die Vrystater Vera Ann Sluis-Cremer van Karma Jams hou die konfyt- kooktradisie lewend. Die mooi pienk peerkonfyt laat haar dink aan die sonsondergange van Kestell, haar tuisdorp. Die resep lewer  liter

 

Jy benodig:

  • sowat 10 pere, geskil en in blokkies gesny
  • ‘n handvol roosmarynnaalde
  • bottel pinotage
  • 1 k. pektiensop
  • 4 k. suiker

 

Maak dan só:

Meng die peerblokkies, roosmaryn en pinotage in ‘n bak. Voeg pektien by. Meet 4 k. van die vrugtemengsel af in ‘n groot kastrol en voeg die suiker by. Bring tot kookpunt terwyl jy stadig roer totdat die suiker opgelos het.

Maak seker dat die konfyt nie aan die bodem vassit of aanbrand nie. Draai die hitte effe hoër, maar nie tot volle sterkte nie. Roer gereeld totdat die mengsel verdik. Skep in gesteriliseerde flesse.

Om pektiensop te maak: Skil 10 grannysmith-appels, verwyder klokhuis en sny in stukke. Plaas in kastrol, bedek met water. Prut tot moeserig. Gooi deur ‘n kaasdoek en vergiettes oor ‘n houer. Die vloeistof is pektiensop en word gebruik om alle tipe konfyt te stol.

 

Back to top

 

38. RITA SE CHAKALAKA

Rita Zwane het in 1997 die Imbizo Shisanyama Busy Corner op ‘n straathoek in die township Ivory Park begin. Die oorspronklike pot waarin sy kos gemaak het, hang in haar suksesvolle eetplek om haar te herinner waar sy vandaan kom. Hierdie chakalaka word met gestoomde brood, iPapa (pap) en braaivleis (kortrib, tuisgemaakte boerewors, hoendervlerkies en -boudjies en lamstjops) voorgesit. So ook spinasie en koolslaai.

 

Jy benodig vir 4 tot 6 mense:

  • 150 ml sonneblomolie
  • 1 groot ui, fyngekap
  • 2 groen soetrissies, sade uitgehaal, gekap
  • 2 groen brandrissies, gekap
  • 4 t. warm kerriepoeier
  • 4 wortels, gerasper
  • 1 410 g-blik sousboontjies
  • 1t peri-peri-sous

 

Maak dan só:

Maak ‘n groot kastrol warm oor matige hitte. Voeg die olie by en soteer die uie, groenrissies en brandrissies totdat die uie deurskynend is. Voeg die helfte van die kerriepoeier by en soteer tot goudbruin. Voeg wortels by en hou aan roer totdat die wortels sag is. Voeg dan die orige kerriepoeier by. Draai die hitte af tot baie laag, kook saggies 30-40 minutes, roer gereeld. Voeg die sousbone en peri-peri-sous by.

Meng baie goed deur en laat prut nog 15 minute. Sit warm of koud voor as deel van ‘n tradisionele Suid-Afrikaanse ete.

 

Back to top

 

39. VEGETARIESE KERRIEBROOD

Die 100 jaar oue Patels Vegetarian Refreshment Room in Durban spot dat sy tradisionele kerriebrood (bunny chow), met goewermentswitbrood gemaak, die beste in Durban – en dus ter wêreld – is.

 

Jy benodig vir 6:

  • 2 uie, fyngekap
  • 3 e. sonneblomolie
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 1 knobbel gemmer, geskil en fyngerasper
  • 2 gedroogte brandrissies
  • 2 e. komynsaad
  • 2 e. koljandersaad
  • 1 e. mosterdsaad
  • 2 e. garam masala
  • 1t. rissiepoeier
  • 1t. borrie
  • 2 tamaties, gesny
  • 2 k. bruinlensies, gewas
  • l water of groenteaftreksel
  • 3 winkelwitbrode
  • vars koljanderblare
  • rooi uie

 

Maak dan só:

Braai die uie in olie tot sag. Voeg knoffel en gemmer by en kook ‘n minuut. Braai die rissies, komyn, koljander en mosterdsade in ‘n ander pan. Wanneer dit begin geurig raak, haal van die hitte. Maak fyn met ‘n stamper en vysel. Voeg die garam masala, rissiepoeier en borrie by. Voeg speserymengsel by die uie en kook ‘n paar minute. Voeg die tamaties by en kook ‘n paar minute.

Roer die lensies en water of aftreksel by. Kook tot gaar, sowat 45 minute. Sny elke brood in die helfte, hol die middel uit en skep die lensies in. Garneer met koljanderblare en rooi uie.

 

Back to top

 

40. Vat blomme pot toe op dié maniere

(Versnit, 12 Oktober 2016)

Waterblommetjiebredie

Beskerm waterblommetjies se waardigheid deur nie die bredie te roer nie. ‘n Geroer eindig met ‘n pappery wat soos damslyk lyk.

 

Jy benodig vir 4 ruim porsies

  • 1 kg waterblommetjies
  • 1 lamsrib (opgesny), sowat 1 kg
  • 3 knoffelhuisies
  • botter en kanola-olie
  • 250 ml droë witwyn
  • 250 ml groente- of hoenderaftreksel
  • sout en fyn witpeper
  • skil en sap van 1 groot suurlemoen
  • 4-6 aartappels, geskil en in kwarte gesny

 

Maak dan só:

Week die waterblommetjies 30 minute in soutwater. Spoel af onder lopende water.

Geur die vleis met sout en peper. Verhit botter en olie in ‘n kastrol en verbruin die vleis. Skep uit en hou eenkant.

Soteer die uie en knoffel sowat 5 minute in die kastrol, tot goudbruin. Sit die vleis en waterblommetjies by. Gooi suurlemoenskil, sap, wyn en aftreksel by en roer deur. Laat prut met deksel op. Haal na 40 minute ‘n paar van die al dente waterblommetjies uit en hou eenkant om aan die einde bo-op die gaar bredie te sit vir tekstuur. Plaas die aartappels bo-op, geur met nog ‘n bietjie sout en peper en laat verder prut totdat die aartappels sag is en die vleis van die bene loskom.

Plaas die al dente waterblommetjies wat eenkant gehou is bo-op. Sit voor met wit rys en tamatie-en-uie-sambal.

 

Back to top

 

41. Waterblommetjies-tempura met kerrie-mayonnaise

In ‘n bredie kook die waterblommetjie tot enigheid met die ander bestanddele. Deur dit op sy eie voor te sit, kry dit kans om te pronk.

Die blommetjie se vorm, tekstuur en delikate smaak – iets tussen aspersies en groenboontjies – kom tot sy reg deur dit net al dente te stoom en dan in ‘n ligte tempurabeslag tot bros te braai.

Sit dit as ‘n voorgereg of ‘n peuselhappie voor, of selfs as garnering vir die bredie.

 

Jy benodig as voorgereg vir 4 mense:

  • 100 g tempurameel
  • 160 ml koue water of sodawater
  • kanola-olie vir diepbraai

 

Maak dan só:

Verhit die olie in ‘n middelslagkastrol. Klits intussen die tempurameel en water saam in ‘n bakkie. Doop die waterblommetjies in die tempurabeslag, skud die oortollige beslag af en braai dit in die olie teen 180 °C tot bros. Skep uit met ‘n gaatjieslepel, dreineer op kombuispapier en geur met sout en peper.

Sit voor met mayonnaise, liggies gegeur met kerriepoeier en suurlemoenskil.

 

Só maak die koshelde:

  • Die kos- en wynkenner Michael Olivier voeg brandrissies, wonderpeper, naeltjies en neutmuskaat by sy bredie en gebruik rooiwyn en biefaftreksel vir kookvloeistof.
  • Die eenvoudige bredie van SJ.A. de Villiers van Kook en geniet vra skaaptjops of dikrib, en min ander smaakfieterjasies naas sout en peper – nie eens knoffel nie. Babaaartappels is opsioneel.
  • In Kook Suid-Afrikaans gebruik Magdaleen van Wyk skaap- of lamsrib, knoffel met ‘n ligte hand, droë witwyn en water pleks van aftreksel. Sy beveel groen appel aan as ‘n bossie suring ontbreek. Voor opdiening word neutmuskaat oorgerasper en peper gestrooi.
  • Waterblommetjies hoef ook nie net in ‘n bredie te beland nie. Die sjef Francois Ferreira dien gestoomde waterblommetjies op met ‘n verfrissende bronkors-béarnaisesous as afwisseling vir tradisionele waterblommetjiebredie. Hy gebruik dit ook graag in geurige roerbraaigeregte.4

 

Back to top

 

42. Blindiana Barista Menu

The Order of the Day

On the Sunny Side (available until 11H00)

One-sies

one slice of toast with a choice of spread – Anchovy, Marmite or PB & J

10.00

Scrambled

creamy scrambled eggs on a slice of rye

30.00

Cheesy French Toast

2 slices of French toast with a cheesy melted centre drizzled with maple syrup

38.00

Breakfast Bap

2 fried eggs, chesse, cripsy bacon and Rosa tomatoes on a lightly toasted tremezini

42.00

The Usual

traditional breakfast consisting of one fried egg, bacon, grilled tomato and a slice of toast

47.00

ADD any of the following items to your breakfast

extra slice toast & butter, extra egg 7.00

fried mushrooms 15.00

hash brown 8.00

 

WRAP & ROLL (white or whole wheat wrap)

Tikka Chicken

strops of aromatic chicken tikka with salsa and fruit chutney

47.00

Calamari

crumbed calamari steak strips with salad and sweet chilli mayo

52.00

Meat Eater

marinated rump steak strips with tzatziki and baby leaves

72.00

 

UNLOADED

Protein pack

two boiled eggs, gypsy ham and cheddar cheese

43.00

Chicken & salad

grilled chicken fillet with a side salad

49.00

Bunless burger

grilled beef patty with cheese, tomato, red onion and guacamole

50.00

Salad

A standard salad base of mixed leaves, tomato, cucumber, julienne carrot, to which you can add any items from the STACK-IT list

M 25.00

L 35.00

 

Flatty of Patty?

Original Beef

beef patty, lettuce, tomato, onion & barbeque sauce

33.00

Grilled Chicken

grilled chicken fillet with sweet chilli sauce

46.00

Crispy Chicken & Cheese

crumbed chicken fillet with cheese and tangy mayo

51.00

Best of Both

2 Mini Burgers: homemade beef patty, lettuce, tomato, onion and barbeque sauce & grilled chicken fillet with sweet chilli sauce

77.00

ADD

sauce of the day 15.00

golden fried onion rings 16.50

fries of the day – see board

All items are made fresh and worth the wait!

 

GET TOASTED on your choice of white or whole wheat bread

Caprese (Mozzarella, tomato and basil pesto) 33.00

Double cheese and tomato 32.00

Chicken mayo with gherkins and red onion 43.00

Gypsy ham, cheese and tomato 35.00

Bacon, egg, cheese and mayonnaise 43.00

STACK-IT add to any item on the menu

  • tomatoes, gherkins, peppers 3.00
  • piquant peppers, rocket, red onion, sundried tomatoes, sweet chilli sauce 6.00
  • feta, mozzarella, cheddar, cottage cheese 8.00
  • caramelized onions 7.50
  • gypsy ham, bacon 14.00
  • grilled chicken, chicken mayo 28.00

 

BIG DADDY & SMALL FRY!

Dagwood Roll

Toasted ciabatta with two beef patties, fried egg, tomato, cheddar cheese and sweet chilli dressing

65.00

Nachos 45.00

ADD grilled chicken strips and feta 28.00

Chicken Livers

peri-peri chicken livers with a Portuguese roll

36.00

Chicken Pops 36.00

 

HOT BEVERAGES

Filter Coffee 15.00

Filter Coffee Refill 10.00

Café Latte 25.00

Cappuccino 22.00

Milo / Hot Chocolate 16.00

Ceylon Tee / Earl Grey 12.50

Rooibos / Green Tea 12.50

Chai Tea Latte 25.00

 

Cold Beverages

Still / Sparkling Water 15.00

Coke / Coke Zero / Sprite / Fanta Orange / Cream Soda 15.00

Grapetizer / Appletiser 20.00

Fruit Juice 12.00

Milkshakes & Smoothies of the Day – see board

 

See chalk board for daily specials and harvest table for sweet treats and eats