DIE PIONIER – OKTOBER 2015

DIE PIONIER

DIE NUWE PIONIER – AUGUSTUS 2013

Download PDF

Inhoud/Contents

  1. Redakteursbrief
  2. IJSVOGEL… CHRISTUS HOU SELF SY KERK IN STAND
  3. Geagte lesers
  4. Infokus September 2015
  5. WORCESTER BRAILLE CHESS NEWSLETTER
  6. TE KOOP/GESOEK
  7. UK scientists start stem cell trial of potential blindness cure
  8. Eerste keer dat baie vliegtuig sien
  9. Afgerig of onderrig?
  10. EU se ‘waarheidsoomblik’
  11. Waarom geweld praat?
  12. Vrystaatse tenoor wen nog ‘n groot kompetisie
  13. Zuma het dalk net ‘n punt beet
  14. Facebook gee ‘Dislike’-knop
  15. Goeie leiers staan
    Pionierdrukkery

    Pionierdrukkery

    of val vir beginsels

  16. Studie oor selfdood ontleed patrone
  17. Roofvoël se maag van binne bekyk
  18. SA se boereworskoning gekroon
  19. NGK ‘het meer ouer lidmate as jonges’
  20. ‘Kerk en die staat moet kan saamwerk’
  21. Koningin Elizabeth ry die trein, ‘SA se trein’
  22. Sanral soek nou nuwe tollenaars
  23. Vrou maak haar drome stap vir stap waar
  24. Kwadrupleeg klop Kilimandjaro
  25. Wag ‘betower’ met klavierspel
  26. Net 674 232 skryf matriek nadat 13 000 ‘verwyder is’
  27. Ál meer kinders word afgeskeep
  28. Aanleg bied oplossing vir kragtekort
  29. Alzheimersiekte ook oorerflik
  30. Luister ‘n bietjie, dan vorder ons
  31. Sakesentrum help met ontwikkeling
  32. Albertinia tot in die rekordboeke gebrei
  33. Dr ST Potgieter Nuusbrief
  34. Wes-Kapenaars rook meer as res van land
  35. Plant ná 75 jaar weer gesien
  36. Wat het dan van dié kinders se pa’s geword?
  37. Moederstad se erfenis kry nuwe tuiste
  38. Groot bakke roomys laat mark koud
  39. Statebondspele kom na Durban
  40. Navorsers hoop griep se dae is binnekort getel
  41. TRUE STORY…
  42. Handsak? Nee, wat is in jou paneelkissie?
  43. Nuwe leerplan vir tegniese skole
  44. Woordeboek is ingrypend hersien
  45. ‘Wonderwerkboom’ nie altyd veilig nie
  46. Spanjaarde sal loko’s versien
  47. ‘Hoe hoog moet SA vir China spring?’
  48. Trein vol vrugte op pad Kaap toe
  49. Bokke is nes broeke in die Boereoorlog
  50. Nuwe voorsitter van US-studenteraad ‘kyk na karakter, nie kleur’
  51. ‘Om beter te kan ruik (eet, speel én slaap), my honne’
  52. Eindig al ons – vrot appels in Australië?
  53. Dekades van Leserkring
  54. ‘Jou kat het jou nie eintlik nodig nie’
  55. WINTERGROENTE-KASSEROL
  56. ROMERIGE RYSPOEDING

 

Jaargang 83, No 05

Volume 83, Nr 05

 

Datum 31/10/2015 Date

 

REDAKSIE

Rig asseblief alle korrespondensie aan:

Please direct all correspondence to:

 

Die Redakteur The Editor
Die Pionier Die Pionier
Posbus 994 P.O. Box 994
WORCESTER WORCESTER
6849 6849

 

Tel.: (023) 342 6313

Faks/Fax: (023) 342 0335

E-Pos/E-Mail: info@pioneerprinters.org.za

 

Die redaksie onderskryf nie noodwendig die menings wat in die artikels en briewe in Die Pionier uitgespreek word nie, en behou hom die reg voor om sodanige stof te verkort en redaksioneel te versorg.

The editorial staff does not necessarily endorse the opinions expressed in the articles and letters in Die Pionier, and reserves the right to abbreviate and edit such articles.

Hierdie publikasie is moontlik gemaak deur ‘n ruim subsidie van die L W Hiemstra Trust en Marie Luttig Trust.

This publication is made possible by a generous subsidy of the L W Hiemstra Trust and Marie Luttig Trust.

 

1. Redakteursbrief

5 November 2015

Geagte lesers

Die einde van die jaar kom nou vinnig nader en as ‘n mens na die algemene nuus in die media luister en lees moet ‘n mens kersopsteek en ook vashou aan die Hollandse monargie se leuse van “Rustig te midde van woedende golwe” en die genade van ons Almagtige Vader met al die hartseer, lyding en storms van ons wêreld.

Selfs binne die NG Kerk woed daar storms in die Algemene Sinodale vergaderings en die kommerwekkende tendens van dalende getalle lidmate wat ouer word. Hierdie neiging raak ook die Instituut direk omdat dit ons donateursbasis verkein. Die groot verskille in die NG Kerk se Sinode en gemeentes mag dalk skeuring meebring wat ‘n baie hartseer dag in die geskiedenis van die NG Kerk sal wees. Ons moet almal vir die Kerk se voortbestaan bid.

Die menslike tragedie wat tans in Europa afspeel vanweë die toestroming van vlugtelinge vanuit Sirië, Irak en Afganistan na Europa is besig om die wêreldorde en vrede te bedreig weens die groot moondhede se kortsigtige en ondeurdagte inmenging in ander lande se interne sake en na die tyd die vakuum en meegaande chaos nie kan hanteer nie.

Ons samelewing is al lankal besig om generasies van disfunksionele kinders vir die toekoms groot te maak weens die toenemende getalle van enkelouers. Die nuwe generasies van kinders kan dan nie die tradisionele gesinswaardes aanleer en oordra na die volgende geslagte nie. Dit word dan ‘n toenemende bose kringloop wat al wyer uitkring. Die kinders van die wêreld het elkeen die reg om soos ‘n kind in ‘n velige familieverband te kan grootword en ons as samelewing moet daarna streef om hierdie vloedgolf om te keer.

Te midde van al hierdie negatiwiteit is dit dan so wonderlik om in die Infokus te lees en verneem van al die wonderlike dinge wat hier by die Instituut gebeur. Lees oor die naamsverandering van die Instituut vir Blindes na Kaleidoskoop SA waaroor Mnr Botha so entoesiasties skryf.

Die kinders en jeug is die toekoms en ons moet soveel as moontlik in hulle belê om hulle die beste kans in die lewe te bied. Daarom is dit vir my so ‘n riem onder die hart om te sien hoeveel die Pionierskool vir hul leerders bied op die gebied van kultuur met hul deelname aan al die toneelfeeste en ander feeste. Dit is wonderlik en BRAVO aan Pionierskool!!! Ek is seker dat elkeen van ons kan onthou hoe een of meer onderwysers in jou skooljare ‘n impak op jou jong gemoed gehad het en sy/haar liefde vir die vak aan jou oorgedra het. Hier onderskryf die Finse benadering tot hul onderwys waarom hulle so suksesvol is omdat hulle fokus op die gehalte van hulle onderwysers. Leerders kan net floreer en gemotiveer word tot sukses deur die bemiddeling van goeie en gemotiveerde onderwysers. Dit is bemoedigend dat die tegniese skole nou in die proses is om nuwe en beter leerplanne te implimenteer, want daár is so ‘n geweldige tekort aan tegniesgeskoolde leerders en ambagsmense. Dit sal ons help om ons eie mense op te lei en werksverskaffing te bevorder instede daarvan om tegniese deskundiges van Spanje en Zimbabwe in te voer om die nodige werk vir ons te doen.

Uiteindelik lyk dit of ons spoorweë weer gaan herleef om sodoende die enorme druk op ons padnetwerke te verlig. Die vrugte-boere van die Witzenberg-streek wat binnekort hul vrugte per spoor na Kaapstad sal vervoer. Die instel van ‘n lokomotiefrit Sondae tussen Kaapstad en Ceres wakker die nostalgie van stoomlokomotiewe weer aan. En kan julle glo – vir die eerste keer kan jy ook na die eiland, St Helena, in die Atlantiese Oseaan toe vlieg! Nog te meer dat die Hugenote-tonnel al 27 jaar oud is en alreeds 75 miljoen voertuie deurgelaat het!

‘n Mens moet nooit ophou droom nie en daarom is dit altyd vir my wonderlik om oor ander se drome te lees. Inspirerende voorbeelde hiervan is die kwadrupleeg, Chaeli Mycroft (21) wat met ander se hulp die kruin van Kilimandjaro bereik het. Die motorwag, Pablo Muvunyi, wat steeds voortgegaan het om sy musiektalent te beoefen en daardeur ander ook geïnspireer het. Pragtige verhaal van Robby wat vir sy dowe moeder klavier wou speel het my diep geroer asook die volgende woorde van Mildred Honor – sy musiekonderwyser: “Live simply, love generously, care deeply, speak kindly and leave the rest to God”

Entrepreneurskap en luiheid loop beslis nie hand-aan-hand nie. As jy iewers in die lewe wil kom moet jy hand uit die mou steek en met passie en oortuiging jou doelwitte nastreef. Aanhouer wen soos wat die nuwe Boereworskampioen vir 2015, George Baloyi, so deeglik uitwys deur sukses te behaal na vyf probeerslae.

Taal moet ‘n verenigende faktor in ‘n gemeenskap wees en nie verdeling saai nie.

Ongelukkig kan dit deur verkeerde elemente aangegryp en verpolitiseer word soos die onlangse studente opstande by die Universiteit van Stellenbosch oor transformasie wat handuit geruk het en ‘n raselement gekry het. Taal moet vry wees om te groei en mense saam te bind. Daarom is die bekendstelling van die 6de uitgawe van die HAT so ‘n wonderlike geleentheid. Dit is 50 jaar jonk en het in totaal 2,1 miljoen woorde! Afrikaans het uiteindelik sy borstrok uitgetrek en gemoderniseer. Nou word die aigemene spreektaal en selfs Kaapse Afrikaans erken en omarm. Dit is hoe ‘n taal kan groei en floreer! Die belangríke rol wat boekklubs, soos die Leserskring, speel moet nooit onderskat word nie in die bevordering van ‘n taal en leeskultuur.

Ons land en wêreld het so ‘n groot behoefte aan goeie leierskap dat ons weereens kan kyk na wat ‘n goeie leier van ander onderskei. Die nuwe voorsitter van die US-studenteraad, Axolile Qina, gee my hoop vir die toekoms. Hy glo in die regte menslike waardes. Hy meet mense aan hul beginsels, etiese waardes, integriteit en karakter – en nie hul velkleur nie. Verder het hy die vermoë om mense rondom hom te motiveer, geloofwaardig te wees, gemaklik met sy identiteit te wees en doelgerig met visie te wees.

Op die gebied van die mediese wetenskap en tegnologie vind daar daaglikse ontwikkeling en gebeure plaas. Die navorsing in stamseltegnologie, ten einde Makulêre degenerasie te behandel, in Brittanje is baie bemoedigend en tot voordeel vir ons blinde en siggstremde gemeenskap. My voor die handliggende raad aan rokers wat wil ophou rook – bereken wat dit jaarliks kos om jou rookgewoonte te finansierte midde van vandag se moeilike omstandighede. Jy sal geskok wees om uit te vind dat die gemiddelde roker R6000 tot R12000 per jaar oprook!!! Verder word daar ook gesels oor die voor- en nadele van natuurlike kruiemiddels en dat die publiek dit omsigtig moet gebruik saam met konvensionele medisyne wat ten duurste ontwikkel en nagevors is.

Prof. Darlene Lubbe, bekende oor- neus en keelspesialis van die Universiteit van Kaapstad is ‘n fenomenale medikus wat die mees delikate operasies kan uitvoer en kankergewasse van die brein en neus deur die kleinste gaaitjies en tonnels kan verwyder. Ten spyte van haar wêreldbekendheid en vaardigheid skroom sy nie om selfs diere soos honde en kampioen renperde te opereer nie! Dit is vir my inderdaad ‘n voorreg om haar persoonlik te ken.

Ten slotte is dit vir my baie amusant die ooreenkoms tussen die vroulike geslag se handsak en die manlike geslag se stofhokkies in hul voertuie se inhoud!!!

Op hierdie ligter noot wil ek afsluit deur al ons lesers alles van die beste toe te wens en dat die meetsnoere op mooi plekke vir elkeen sal val. Hartlike groete tot volgende keer.

Johan Pretorius

Die Redakteur

 

Back to top

2. IJSVOGEL… CHRISTUS HOU SELF SY KERK IN STAND

(eNuus, 13 Oktober 2015)

Terwyl ek Sondag in die motor ry luister ek oor die radio na die program “Hoe verklaar jy dit?” Hulle praat onder ander oor die Bosveld-visvanger.

Dit het my laat dink aan wat die Hollanders ‘n ijsvogel (Alcedo atthis) noem, Die Alcedo atthis is die enigste Visvanger (Kingfisher) soort wat tot in noordelike Europa voorkom, insluitende Nederland en België. In verskeie legendes, mites en stories speel die ijsvogel ‘n rol.

Volgens ‘n legende (ek dink ‘n Franse legende) het die diere in die ark dag na dag na die hemel gestaar terwyl die reën maar net nie wil bedaar nie. Blou was die kleur vir hoop. Op ‘n dag verskyn ‘n strokie blou lug op die horison. Noag het ‘n kraai uitgestuur, maar hy het teruggekom na die ark. Hierna het Noag ‘n grys voëltjie uitgestuur. Na die lang verblyf in die muwwe ark het die voël na buite gevlieg. Vrolik het hy in die vars lug rondgevlieg. Die son het deur die wolke gebreek en die lug het ‘n blou kleur vertoon – die gunsteling kleur van die voël. Soos deur ‘n magneet is die voël deur die blou lug aangetrek en het hy hoër en hoër gevlieg. Hy het só hoog gevlieg dat hy net so blou soos die lug geword het. Sy grys “kleertjies” (vere) wat hy gedra het, het verander in ‘n pragtige blougroen. Hy het nog hoër gevlieg, só hoog dat sy bors deur die son gebrand is. Van pyn het die voël na benede gestort en is sy brandende bors in die koel water geblus. Die voël het hierdeur ‘n pragtige blou verekleed met ‘n rooibruin bors gekry.

In die Nederlandse kultuur is die ijsvogel ‘n simbool van volharding en vertroue – as alles goed afgeloop het ten spyte van teenspoed. Volgens Griekse oorlewering maak die ijsvogel sy nes op die water wanneer daar nie storms en golwe is nie.

Prins Willem van Oranje en Koningin Wilhelmina se leuse was: “Saevis tranquillus in undis”. Dit kan vertaal word: “Rustig te midde van woedende golwe”. Die beeld van die ijsvogel is saam met die leuse gebruik. Die ijsvogel wat volgens klassieke oorlewering sy nes in ‘n “korfje” (mandjie) sou hê wat op die golwe dryf en teen die hewigste golwe bestand was. Die beeld het aanklank gevind aangesien die kleure van die ijsvogel se vere, oranje, wit en blou, ook die kleure van die prins van Oranje en die provinsie van Nassau is.

Die ijsvogel in sy drywende nes tussen die woedende golwe word dikwels deur ‘n son verlig met ‘n Christus-monogram.

My bede vir die NG Kerk in die dae en maande wat voorlê na die pasafgelope Algemene Sinode: Rustig te midde van woedende golwe. Christus hou Self Sy Kerk in stand.

Vriendelike groete

Mossie Mostert

Back to top

 

3. Geagte lesers

Ons het onlangs ‘n opname gedoen om te bepaal hoeveel lesers by Kaleidoskoop SA stel belang om Die Pionier te lees.Die belangstelling het al ons verwagtinge oortref! Die Pionier word jaarliks geborg deur die Hiemstra en Luttig trust sodat ons lesers dit gratis kan lees. Asgevolg van die groot aanvraag was ons genoodsaak om weer na die situasie te kyk en uit te werk hoe ons almal kan akkomodeer binne die jaarlikse begroting.

Derhalwe vanaf die volgende uitgawe gaan geen individu meer sy/haar eie kopie ontvang nie, maar gaan daar volgens behoefte by elke afdeling en al die tehuise ‘n paar eksemplare in Braille en grootdruk afgelewer word met die verstandhouding dat die lesers dan die tydskrif onder mekaar moet deel en aangee sodra hulle dit gelees het. Dit bly die eiendom van Kaleidoskoop SA en nie meer die eiendom van ‘n enkele persoon nie omdat dit gratis versprei word.

Die finale koste gaan te groot wees om vir elkeen ‘n afsonderlike eksemplaar te stuur soos in die verlede. Lesers buite die grense van Worcester en die res van die land sal vanselfsprekend nog steeds hul eie kopie ontvang. Hierdie nuwe reëling is slegs van toepassing op die inwoners en werknemers van Kaleidoskoop SA.

Ons hoop hierdie nuwe reëling sal goed werk en ons sal die situasie deurlopend monitor.

Groete

Johan Pretorius

Redakteur

 

Back to top

4. Infokus September 2015

KALEIDOSKOOP VAN KLEURE!!

Carolyn Hanes het op ‘n tyd gesê: “Forest Gump het dit verkeerd gehad – die lewe is nie ‘n boksie sjokolade nie, dit is ‘n kaleidoskoop”. Ons kan almal onthou hoe ons as kinders dit geniet het om deur ‘n kaleidoskoop te kyk, die pragtige veranderende kleure en patrone, die gepaardgaande opwinding en genot; vir daardie oomblik het die wêreld net na ‘n beter plek gevoel. Daar is ‘n gesegde: “Die lewe is ‘n kaleidoskoop van kleure – ingewikkeld, onverwags, beeldskoon”. Ek wil daardie woorde herhaal deur te sê: “Die Instituut vir Blindes is soos ‘n kaleidoskoop van kleure – ingewikkeld, onverwags, beeldskoon!!”

Dit is hoekom ons so opgewonde is as ons besoekers hier kry en jy die verwondering en verbasing op hulle gesigte sien as hulle ons mense ervaar, hulle stories hoor, hulle ongelooflike handewerk aanskou, die entoesiasme en vreugde beleef wat hulle uitstraal, hulle positiwiteit en geluk wat spontaan navore kom. Dan maak dit jou ook opgewonde en gelukkig soos daardie dag toe jy as kind ‘n kaleidoskoop in jou hande geneem het, die verwondering en vreugde wat dit meegebring het, dit was so ongelooflik, die kleure, die patrone, die verskeidenheid en dit alles deur klein stukkies gebreekte glas!!! Die volgende aanhaling stel dit so mooi: “The idea behind a kaleidoscope is that it’s a structure that’s filled with broken bits and pieces, and somehow if you can look through them, you still see something beautiful, and I feel that we are all that way a little bit!!”

Een van ons blinde studente sê nou die dag: “I was a broken person and without hope and then I came to the Institute for the Blind”. Dit laat my dink aan die pragtige lied van Leonard Cohen waar hy sing: “Ring the bells that still can ring, there is a crack in everything, that’s how the light gets in”. Ons is almal gekraakte mense, stukkies glas, maar by die Instituut vir Blindes word ons saamgevoeg in ‘n Kaleidoskoop van kleure om geluk en vreugde te saai in Worcester, in Suid-Afrika en selfs wyer.

Dit is in die lig hiervan dat die Beheerraad van die Instituut besluit het dat ons dit wat hier gebeur ook in ons naam wil weerspieël en dat daar na deeglike oorweging en besinning besluit is om die naam van die Instituut te verander na KALEIDOSKOOP SA. Ons glo dat hierdie naam u goedkeuring en ondersteuning sal wegdra. Ons waardes bly egter onveranderd en is vir ons ononderhandelbaar.

KALEIDOSKOOP se mense se boodskap word ook vasgevang in die volgende gedig van Joan Hambidge: “GLO”

Toe het Hy aan ‘n oog geraak, glo sy spoeg met sand gemeng en jy kon sien. Onsigbare laser se snydende swaard priem deur my blindeoog tot U óópgaan: kaleidoskoop van kleure; sandkorrels van genade”

Ons is inderdaad ‘n KALEIDOSKOOP van kleure, maar dan veral ook sandkorrels van genade!!

Vriendelike groete en beste wense

Freddie Botha

Uitvoerende Hoof

 

Vennote

FW De Klerk Stigting

Ons opregte dank aan die FW de Klerk Stigting vir hul wonderlike ondersteuning oor die jare! Dit was ‘n voorreg om Mnr Dave Steward (Uitvoerende Hoof), Me Megan Dick (Kommunikasiebeampte) en Me Sibani Karki (FW de Klerk Stigting), onlangs hier by ons te verwelkom vir ‘n besoek! Mnr Dave Steward oorhandig ‘n baie welkome skenking ten bate van ons Afdeling Loopbaanontwikkeling vir siggestremde studente aan Hein Wagner, die Instituut se Ambassadeur.

ABSA Besigheidsbank besoek

Ons was ook baie bevoorreg om ABSA hier by ons te verwelkom, danksy Willie Zastron en sy span se besonderse verhouding en ook geloof in die Instituut en sy werksaamhede. Op die foto verskyn Beatrice Mashazhirwa CI Manager: Community Investment/Marketing Corporate Relations, Andy de la Mare: CSI Consultant, Bernie Berkowitz: Provincial Manager: Enterprise Development en, Gawie Le Roux: Sales Manager: Commercial Business/ABSA Retail & Business Banking

KWV, Saatchi & Saatchi Brandsrock en TOPS @ SPAR Bierfest and Winefest

Kosbare vennootskappe is gesluit met KWV, Saatchi & Saatchi en Andrew Douglas van TOPS @ SPAR Bierfest and Winefest wat op strategiese wyses die Instituut behulpsaam is met die ontwikkeling van effektiewe bewusmakingsaksies en om bestaande dienste en bemarkingsinisiatiewe meer lewensvatbaar en effektief te ontwikkel.

Ons is byvoorbeeld baie bevoorreg om in vennootskap met “Associated Media Publishers” ‘n bedrywige kalender vir 2015 te hê wat behels betrokkenheid by feeste en uitstallings in samewerking met “Good Housekeeping”, “House & Leisure”, “Marie Claire”, “Cosmopolitan” en “Women on Wheels”! Danksy Andrew Douglas kry ons ook ongelooflike nasionale blootstelling by die verskeie “Tops@Spar” wyn- en bierfeeste!

Rovos Rail-trein bederf

Swaksiende Jacques Loftus se wildste droom is bewaarheid danksy die goedhartigheid van die luukse treinonderneming, Rovos Rail!

Jacques het so 10 jaar terug vir die eerste keer die Rovos Railtrein gesien en sedert April vanjaar het hy die trein met 14 waens begin teken – die eindproduk is toe sorgvuldig aanmekaar vasgeheg soos ‘n trein en beslaan ‘n afstand van meer as 13m!

Drie maande en 14 A4 bladsye later, het Freddie Botha dit aan die treinonderneming gestuur met ‘n pragtige briefie ter verduideliking.

Minder as twee weke later is Jacques en sy siggestremde vriendin, Lelanie van Niekerk, op die trein as spesiale gaste op ‘n rit van Worcester na Kaapstad en getrakteer op ‘n driegangmaaltyd, versnaperings, drankies en ‘n toer deur al die kompartemente!

Fairy Glen Wildreservaat

Baie dankie aan Pieter de Jager en sy span by die Fairy Glen Wildreservaat in Worcester, vir die uitnodiging om ‘n uitsonderlike safari-oggend saam met hulle te geniet.  Wat ‘n wonderlike sensoriese ervaring om saam met siggestremdes op safari te gaan … ‘n belewenis wat jou anders na die dinge om jou laat kyk!

 

Feedem Pitseng

Die inwoners van Huis Ebenhaezer tehuis vir siggestremde volwassenes met addisionele gestremdheide is deur FEEDEM Pitseng heerlik bederf met ‘n piekniek!

Daar is omtrent geëet en gekuier onder die sambrele! Dankie aan elkeen wat betrokke was met die reëlings van die spesiale dag en vir die spesiale omgee!

Kontak gerus vir Ledivia Hamman vir ‘n besoek aan die Instituut en beleef die leef- en werkomgewing van ‘n siggestremde, geniet ‘n cappuccino voorberei deur Suid-Afrika se eerste blinde barista en verken ons tasbare fossielroete en geologiese uitstalling!

“Dit is nie geluk wat ons dankbaar maak nie, maar dankbaarheid wat ons gelukkig maak” A Clark

 

Siggestremde studente bederf

Vision Trust

Die Instituut vir Blindes se studente van die Afdeling vir Loopbaanontwikkeling het gedeel in die feestelike atmosfeer van die 2015 ABSA Cape Epic. Hein Wagner, ons ambassadeur, die Vision Trust en Edrich Fivaz en Steven Dimond (die deelnemers aan die Cape Epic om fondse in te samel vir die Vision Trust) het vier van die studente, Lucas Meyer se harte omtrent bly gemaak.

Elke dag by die eindpunt van die Cape Epic is ‘n skootrekenaar met sagteware aan ‘n siggestremde individu oorhandig om hul taak in die werksmag te vergemaklik.

‘n Groot dankie aan Hein Wagner, die Vision Trust, Edrich en Steven!

Bybelgenootskap

Die siggestremde studente van ons Afdeling vir Loopbaanontwikkeling was ook baie gelukkig om ‘n GROOT geskenk te ontvang van die Bybelgenootskap.

20 gelukkige studente het elk ‘n oudio Bybel op ‘n oudio speler ontvang in die taal van hul keuse!

Baie dankie vir hierdie baie spesiale geskenk!

Live the Journey

Athenkosi Ngqongwa (Athi,) is ‘n siggestremde student wat tans besig is met ‘n Bemarkingsbestuur kursus by ons Afdeling Loopbaanontwikkeling.

As gevolg van Athi se lewendige belangstelling in toerisme het ons hom stelselmatig begin betrek as begeleier van ons besoekersgroepe en hy geniet dit verskriklik baie.

Live the Journey, ‘n globaal bekende toermaatskappy, het te hore gekom van Athi se entoesiasme en bied toe aan om vir hom op ‘n georganiseerde toer van ongeveer 10 dae saam te nooi om so dan ook vir hom blootstelling te gee aan die toerisme bedryf en die hantering van toeriste!

Baie dankie aan Live the Journey vir die inisiatief om Athi se droom te laat realiseer en hom die geleentheid te bied om sy reis te beleef!

“Die lewe is ‘n reis gevul met aspirasie en inspirasie wat deur die kompas van die hart in die regte rigting gelei word.”

 

Buitemuurs

Jaarlikse Jagtogte

Elke jaar word ‘n groep van ons siggestremde persone tesame met begeleiers uitgenooi vir ‘n heerlike bederf “jagnaweek” op Gert en Lucrecia Barnard se jagplaas in Rietbron. Daar word heerlik gesels, gebraai en sommer net lekker om kampvure gekuier en natuurlik so ‘n paar bokke geskiet.

Sedert 2013 reël Dr Neil Pretorius in samewerking met borge en professionele jagters van Port Elizabeth se omgewing ook ‘n jaarlikse jagervaring uit die boonste rakke vir 12 siggestremde inwoners van die Instituut op die wildplaas, Hoeksfontein, naby Pearston in die Oos Kaap gedurende April.

Albei jagtogte bly ‘n onvergeetlike en opwindende jaarlikse ervaring wat gepaardgaan met die smee van pragtige vriendskappe en blywende indrukke by die geharde jagters.

Namens al ons inwoners, wat alreeds die voorreg gehad het, ons opregte dank en waardering!

Skyfskiet

Nadat daar vasgestel is dat daar ‘n behoefte is vir die stig van ‘n skyfskiet klub het ongeveer 22 siggestremde lede ‘n stigtingsvergadering gehou en tydens hierdie vergadering is die eerste komitee verkies en ook die naam van die klub bekend gemaak.

Die “Fiat Lux Skyfskietklub vir Blindes” is nou ‘n gevestigde instelling en kom twee keer weekliks bymekaar vir oefening. Ons opregte dank en waardering aan SAARA (“South African Air Rifle Association”) vir hulle begeleiding en spesiale skenking van twee Anschu TS Laser gewere ter waarde van R60 000.

Baie geluk aan siggestremde Chris Carstens wat ‘n medalje gewen het vir 62% laserskiet akkuraatheid.

Baie dankie aan Mnr Corrie Odendaal, entoesiastiese afrigter en koördineerder van hierdie besonderse projek.

 

SA Blinde Gholftoernooi

Siggestremde Johan Steyn en Johan Henning het die SA Gholfvereniging vir Blindes se tesourier, prof Garrett Slattery, so beïndruk tydens ‘n onlangse toernooi dat die vereniging besluit het om hulle te nooi vir ‘n SA Blinde Gholftoernooi wat plaasvind by die Royal Johannesburg & Kensington Gholfklub van 13-15 September! Wat ‘n wonderlike eer en besonderse geleentheid vir hierdie twee manne – ons is baie trots op julle! “Daar is iets moois in elke dag – ons moet net kies om dit raak te sien”

 

Pionierskool vir siggestremdes

“Detensie” – Fraserburg Logan Fees

Ses leerders en drie personeellede van die Pionierskool het die Karoo ingevaar om aan die 40ste Fraserburg Logan Toneelfees deel te neem. Pionierskool se verhoogstuk, “Detensie”, het die gehoor en beoordelaars se asems weggeslaan.

Ricardo Gatyana, Siyamthanda Rafani en Christiaan Syfert het silwer ontvang terwyl Tomley van Vuuren, Lise-Mari van Wyk en Zandré Monzinger met goud bekroon is.

Derek Daly het ook goud as regisseur ontvang terwyl sy verhoogstuk ook die prys vir Beste Ensemble ontvang het! Verdere pryse is ingeryg by die Montagu Toneelfees en die ATKV Toneelkompetisie.

Tomley van Vuuren het die toekenning vir Beste Akteur gewen en het ook die wonderlike geleentheid om in 2016 deel te wees van die Kunstekaap se produksie “Fiela se Kind”! Wat ‘n uitmuntende prestasie Pionierskool – baie geluk aan almal!

Stap vir Afrikaans

Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) het Afrikaansdag met idiome gevier as ‘n fondswerwingsinisiatief vir Opvoedkundige Projekte.

“SBA” het ‘n staptog van onderskeidelik 4km en 8km in die Bo-Kaap gereël ten bate van hierdie projek en die Pionierskool se personeel en leerlinge het ook trots hieraan deelgeneem.

Die Pionierdrukkery het die mooiste plakkate gemaak (en geborg) met Afrikaanse idiome vir die stap. Onderaan elke plakkaat was die idioom in “siende” braille aangebring. Kyk net hoe mooi kleurvol is die plakkate so saam met die kleurvolle huise in die Bo-Kaap.

Gedigtefees McGregor

Carleigh du Plessies en Sarel van der Westhuizen is albei siggestremde leerlinge verbonde aan die Pionierskool. Hierdie talentvolle leerlinge het die voorreg gehad om op te tree by die onlangse McGregor Gedigtefees, danksy die befaamde digter Floris Brown. Floris se jongste digbundel “Nagstil” is by die fees bekendgestel en hy was so beïndruk met hierdie twee se skryftalent dat hy aangebied het om hulle die geleentheid te gee om hul werk tydens sy program voor te lees. Carleigh se opstel en Sarel se gedig en musiek is met groot lof ontvang en het dit vreeslik baie geniet om deel te wees van hierdie besonderse geleentheid!

Maak ‘n nota – Pioneer Rally: 14 November 2015

 

Gemeenskapsbetrokkenheid

De Tuinen Laerskool

Ons orientasie en mobiliteitsspesialiste het besoek gaan aflê by Laerskool De Tuinen vir ‘n bewusmakings- en sensitiseringsprogram.

Die leerlinge was gefasineerd en totaal vasgevang tydens die praktiese sessies waar hulle brilletjies van verskeie oogkondisies moes dra om die leefwêreld van ‘n blinde persoon vir ‘n paar oomblikke te beleef!

Neethlingshof en Durbanville Hills

Personeel van die Instituut het die voorreg gehad om hul kennis te deel en praktiese opleiding te gee aan personeel van Durbanville Hills en Neethlingshof.

Hierdie sessies het onder andere die korrekte manier van hantering en begeleiding van siggestremde gaste behels.

Dankie aan die personeel van Neethlingshof en Durbanville Hills dat ons hierdie baie belangrike bewusmakings- en sensitiseringsprogram met julle kon deel.

Skenking van 67 komberse vir Mandela Dag

Stephné Botha (Versorging, Mediese en Terapeutiese Dienste), Willancia Noble (Maatskaplike Dienste) en Liezl Visagie het die inisiatief geneem om komberse in te samel ter ondersteuning van 67 minute vir Madiba Dag op 18 Junie.

Daar is uiteindelik 70 komberse ingesamel wat toe aan minder bevoorregtes in die gemeenskap uitgedeel is – wat ‘n mooi gebaar en heerlike geskenk om die triestige koue te verweer!

Skenking aan AGS Ouetehuis Touwsrivier

Huis Brevis tehuis vir siggestremde ouer persone het verskeie items bymekaar gemaak om spesiaal af te gee by die AGS Ouetehuis in Touwsrivier wat tans in nood verkeer.

Doofblind vir 67 minute

Meneer Freddie Botha loop vir 67 minute in die skoene van die doofblinde “Pieter” en besoek (en vermaak!) die Instituut se kreatiewe eenheid op Mandela Dag 18 Junie.

“Soms skuil skatte op nederige plekke”

 

Funksies

Instituut vir Blindes, Pionierdrukkery en Pionierskool Gholfdag

Ons gholfdag was weer hierdie jaar ‘n reuse sukses danksy die oorweldigende en baie gewaardeerde ondersteuning van vriende, borge en vennote!

Uit die 43 spanne wat deelgeneem het is die wenspan van die dag toe uiteindelik KGA Lewens! (foto) Paul Greyling (Hoof: Pionierskool), Hein Wagner (Ambassadeur IvB), Schalk Hugo (Bestuurder: Pionierdrukkery), Louis Kriegler (KGA), Alex Kuhnast (KGA) en Leroux Delport (KGA). Wynand Deyzel was afwesig tydens die neem van die foto.

“Rally in the Valley”

Ons was weer baie bevoorreg om die dierbare dames van “Lady Bikers” se begunstigdes te wees tydens hulle jaarlikse “Rally in the Valley” geleentheid.

Die dag was omtrent ‘n belewenis vir al ons inwoners en natuurlik was daar weer heerlik agter op die ysterperde rondgerits!

Dankie aan elkeen wat hierdie dag ekstra spesiaal gemaak het.

Doep is nie Dood nie

Na maande se afwagting en uitsien, het die tyd vir “Doep is nie dood nie” toe uiteindelik aangebreek.

Wat ‘n wonderlike aand was dit nie! Die musiek was van die beste gehalte, die kos heerlik, die gehoor in vervoering en die atmosfeer so knus dat selfs beurtkrag nie die vertoning se spoed kon breek nie.

‘n GROOT dankie aan Jannie du Toit, Susan Mouton (tjello), Coenraad Rall (klavier) en Jopie Koen wat hierdie aand so onvergeetlik kom maak het.

Decorex Kaapstad 2015

Die Instituut was bevoorreg om ‘n uitstalruimte te beman tydens die baie gewilde dekor en ontwerp geleentheid, Decorex Kaapstad. ‘n Nuwe reeks handgeweefde matte en meubels is hier bekendgestel en die Instituut het die toekenning as beste stalletjie in die “Craft & Create” afdeling gewen!

Daniele Pascal – a French Affair

28 Oktober * R120pp * 19:00 * The Blind Spot * Bespreek by 023 347 2745

Back to top

 

5. WORCESTER BRAILLE CHESS NEWSLETTER

Floris Brown & Ray Aukett – Institute for the Blind Worcester

Ceres Chess Club contacted us to have a game against our Club members which took place on the 12th September 2015. They turned up with 4 players against our 12 players.

We then decided that all our players will have a Ceres opponent with the end score Ceres 10 & Worcester Braille 2 points. We treated them with coffee, rusks & lunch. Hope this is the start of more friendly games. Thank you Ceres for visiting.

On the 24th & 25th September 2015 SABCA is hosting the TOP 8 Braille Chess Championships Round Robin Tournament over 7 Rounds. On the 26th & 27th we will be playing the SABCA BRAILLE OPEN CHAMPIONSIPS SWISS Tournament over 5 Rounds at the Jan Kriel School in Kuilsrivier.

We hope that we will have a good turn out this year and good luck to all participants.

In our Club Championships Frederick Liebenberg is leading the A-Section and Daluthandu Mfengu the B-Section.

The last Thursday of each month we play friendly matches against CAPABLANCA CHESS CLUB. It was really great that we could have celebrated Marlene Rahn’s Birthday (Lady Braille Player) with our visitors CAPABLANCA CHESS CLUB on the 27 August 2015.

Keep on preparing yourselves for all Chess Tournaments!

A COLLECTION OF CHESS WISDOM:

How can I improve my position? The essential criterion for every move, is whether it improves your position (or harms your opponent’s), and promotes your own goals and objectives. If defense isn’t required and no immediate tactical or attacking opportunities exist, try to improve your position in some way. Examine the list of ways to improve your position and prophylactic measures and look for opportunities to:

 

  1. Activate dormant pieces
  2. Open lines for attack
  3. Seize outposts
  4. Contest and seize key lines
  5. Double rooks on important files
  6. Post rooks on the seventh rank
  7. Shift pieces toward the major attacking sector
  8. Increase the scope of your pieces, especially those that are blocked or immobile
  9. Increase your king’s safety
  10. Eliminate weaknesses from your position
  11. Improve your pawn structure

 

DIE LEEG IN JOU WEGWEES

(Op Litnet Gedigteblog) ©Floris Brown

Die

verslaenheid in die leë vertrek

Die

ongeloof en seer skok

om te ontdek, jy’s weg

Sak

en pak, soos in nooit terugkeer.

Om

skielik te besef jy’s alleen

so hulpeloos, alleen

met

‘n tiktak van ‘n muurhorlosie

wat

die skokstilte verbreek,

is daar só baie vrae

‘n

warboel gedagtes wat deur

my

brein flits oor ons laaste konflikwoord

 

My

hartstog geprop, in ‘n goiingsak

Geen

Lipstifspieëlboodskap of ‘n laaste wegloopstorie,

teen my vrieskas geplak.

Back to top

 

6. TE KOOP/GESOEK

Selfoon te koop

Ek het ‘n Alto Speaking phone wat ek graag wil verkoop.  Dit werk met knoppies, het baie goeie spraak bbeskik oor die belangrikste funksies en is baie min gebruik.

Prys met koerierkoste ingesluit R2600.

U kan my kontak by 0766371232.

Baie dankie

Christine Coffee

Gesoek

Ek is op soek na die braille uitgawe van die resepteboek, Eenbak Etes deur Erina Bezuidenhout en sal dit waardeer indien iemand, wat hierdie boek besit en dit dalk nie meer gebruik nie, dit aan my kan voorsien. U kan my skakel by 0794928512

Baie dankie

Cathy Robbertse

Back to top

 

7. UK scientists start stem cell trial of potential blindness cure

Londen

Kate Kelland

The first patient has been treated in Britain in a pioneering trial of a new treatment co-developed by Pfizer and derived from embryonic stem cells designed for patients with a condition that can cause blindness.

Specialists at London’s Moorfields Eye Hospital said the operation, described as “successful”, was the first of 10 planned for participants in a trial of the treatment for a disease called ‘wet’ age-related macular degeneration (AMD).

The trial will test the safety and efficacy of transplanting eye cells known as retinal pigment epithelium, which have been derived from embryonic stem cells.

Stem cells are the body’s master cells, the source of all other cells. Scientists who support the use of embryonic stem cells say they could transform medicine, providing treatments for blindness, juvenile diabetes or severe injuries. But critics object to them because they are harvested from human embryos.

This trial involves surgeons inserting a specially engineered patch behind the retina to deliver the treatment cells to replace diseased cells at the back of the eye.

The first surgery was successfully performed on a patient last month, Moorfields said in a statement on Tuesday, and “there have been no complications to date”.

“The patient wishes to remain anonymous, but the team hope to determine her outcome in terms of initial visual recovery by early December,” it added.

Retinal surgeon Lyndon Da Cruz, who is performing the operations, said he hoped many patients “will benefit in the future from transplantation of these cells.”

Macular degeneration accounts for almost 50 percent of all cases of blindness or vision loss in the developed world. It usually affects people over 50 and comes in two forms, wet and dry. Wet AMD, which is less common than dry AMD, is generally caused by abnormal blood vessels that leak fluid or blood into a region in center of the retina.

This trial is part of The London Project to Cure Blindness – a partnership between Moorfields, University College London’s (UCL) Institute of Ophthalmology, and Britain’s National Institute for Health Research. The U.S. pharmaceutical giant Pfizer joined in 2009.

Chris Mason, a professor of regenerative medicine at UCL, said the trial is important both as potential step towards curing a major cause of blindness, and as a way of deepening understanding of the use of embryonic stem cells in treatments.

“If the AMD trials are successful, then by using embryonic stem cells as the starting material, the therapy can then be affordably manufactured at large scale,” he said.

Back to top

 

8. Eerste keer dat baie vliegtuig sien

LUGVAARTGESKIEDENIS OP ST. HELENA

Aanloopbaan tussen vulkaanvalleie gebou

(Die Burger, 17 September 2015)

Erika Gibson

PRETORIA. – ‘n Klein stukkie geskiedenis wat ‘n reuseverskil aan die eiland van St. Helena se inwoners gaan maak, het hom Dinsdag omstreeks 15:52 (Suid- Afrikaanse tyd) afgespeel.

Die eerste vliegtuig ooit het te midde van ‘n feestelike atmosfeer en trane van ongeloof op die eiland geland.

Vir baie van die inwoners was dit ook die eerste keer in hul lewe dat hulle ‘n vliegtuig gesien het.

“Dit voel absoluut fantasties en ons is bevoorreg om met ons eerste vlug deel te word van die groter lughaweprojek op St. Helena,” het Grant Brighton, bevelhebber van die KingAir-vliegtuig, gesê.

Dié Suid-Afrikaanse vliegtuig het Maandag van die Lanseria-lughawe af opgestyg op ‘n vlug van meer as sewe uur oor Namibië, Angola en toe oor die see tot by die eiland.

Die reuseprojek om tussen die vulkaanvalleie op St. Helena ‘n aanloopbaan en internasionale lughawe te bou, het die kontrakteurs Basil Read vier jaar geneem.

“Ek kan eerlikwaar nie vandag my gevoelens beskryf nie. Jare se beplanning en duisende man-ure het hierdie gebeurtenis voorafgegaan. My gemoed is vol,” het Janet Lawrence, die lughaweprojekdirekteur, gesê.

Die Britse goewerneur van dié stukkie Britse grondgebied, Mark Capes, het gesê die eerste landing is nog ‘n stukkie in ‘n groter legkaart om dié eiland van ‘n beter ekonomiese lewensaar te voorsien.

In die verlede het daar net nou en dan skepe aangedoen en enige vervaardigingsbedryf het dus geen vooruitsigte op uitvoere gehad nie.

Volgens Brighton, wat vervolgens met vlugte die toets van die lughawestelsels sal onderneem, was die vlug na die eiland sonder enige voorvalle.

“Die landing op dié spesiale aanloopbaan was asemrowend.”

Kommersiële vlugte begin na verwagting einde Februarie volgende jaar.

Back to top

 

9. Afgerig of onderrig?

(Die Burger, 17 September 2015)

Michael le Cordeur

Voortdurende toetsing is nie die oplossing vir Suid-Afrika se onderwysprobleme nie, skryf Michael le Cordeur.

Daar heers ‘n vurige debat oor die departement van ‘basiese onderwys se jaarlikse nasionale assesseringstoetse (ANA’s). Vanjaar is alle leerders van gr. 1 tot gr. 9 veronderstel om die toetse te skryf.

Volgens die hoofsekretaris van die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou) gaan dit minstens R200 miljoen kos. Sadou meen dat as in gedagte gehou word dat sommige skole nog puttoilette het, is dit ‘n vermorsing van geld. Die toetse is uiteindelik uitgestel nadat dié vakbond gedreig het om die.toetse te boikot.

Die ANA-toetse is in 2011 begin as ‘n strategie van die departement om teen 2014 minstens 60% van die land se leerders se lees- en syfervaardighede op die regte peil vir hul ouderdomsgroep te kry. Sadou (en ander vakbonde) meen dat die toetse net elke drie jaar afgelê moet word. “Ons wil nie die toetse heeltemal afskaf nie, maar dit is nie nodig om dit elke jaar te skryf nie. Gebruik daardie geld om onderwysers op te lei,” is Sadou se mening.

Ek het die laaste paar jaar oor hierdie onderwerp navorsing gedoen en deel graag my bevindings.

Waarom assessering?

Voordat ons die debat oor oormatige assessering verder voer, is dit raadsaam om te vra waarom dit hoegenaamd nodig is om leerders gereeld te assesseer.

Assessering vorm ‘n integrale deel van onderrig en leer. Dis nie net ‘n manier om leerders se prestasie te meet nie. Die uiteindelike doel van assessering is die verbetering van onderrig, die kurrikulum, en die omstandighede waaronder leerders moet leer.

Assessering bied ook waardevolle data wat as basis dien vir remediërende aksies, terwyl dit ook gebruik word om te besluit of dit in leerders se belang is om hulle terug te hou of hulle na die volgende graad te bevorder.

Die probleem

Assessering is dus sinoniem met doeltreffende onderrig. Maar gebeur dit in Suid-Afrika? Minder as 11% van die gr. 9-leerders het verlede jaar die wiskundevraestel van die ANA’s geslaag.

Op ‘n onderwyskonferensie wat twee weke gelede by die Universiteit Stellenbosch gehou is, het navorsers ruiterlik erken dat die ANA-uitslae geen sin maak nie.

“Hoewel die resultate van die toetse waardevolle data gee, is daar baie slaggate in die stelsel wat ons bekommerd maak,” het prof. Hamsa Venkatakrishnan van die Universiteit van die Witwatersrand gesê.

Die ANA-toetse bied nie vir ons die insigte wat ons nodig het om probleme in die onderwysstelsel op te los nie,” was prof. Servaas van der Berg van die Universiteit Stellenbosch se mening (DB, 18.08.15).

Die vernaamste probleem is die standaardisering van die toetse. Toetse word jaarliks verskillend opgestel, en daarom is dit onmoontlik om geldige afleidings tussen graadgroepe en oor verskillende jare te maak.

Dit kan nie ontken word nie dat deur skole te dwing om hul geletterdheidsyfer te verhoog, het baie meer leerders hoërskool en selfs tersiêre onderwys bereik. Maar navorsing wêreldwyd dui daarop dat die jaarlikse gestanddaardiseerde toetse tot ‘n afname in kreatiwiteit, innovasie en individualiteit by leerders gelei het.

Dit beklemtoon slegs die vaardighede benodig vir toetse soos meervoudige vrae, ten koste van navorsing, ontledings, eksperimentering en skryf; vaardighede wat juis nodig is om groot denkers, goeie leiers, briljante universiteitstudente en gewaardeerde werknemers te kweek.

Die alomteenwoordige kultuur van toetse en punte in ons skole het ‘n obsessie geword. Statistiese toetse is maklik om te begryp. Jy kan alles herlei tot syfers wat jou inlig oor die kind se intelligensievlak of die doeltreffendheid van ‘n kurrikulum. Maar nie alles wat die moeite werd is om te onderrig, hoef altyd gemeet te word nie. Hoe meet jy die vreugde van ‘n kind wat in ‘n veilige klaskamer onder leiding van ‘n liefdevolle onderwyser leer? Hoe meet jy die opoffering van ‘n onderwyseres wat in ‘n diverse klaskamer kop bo water moet hou?

Druk van onderwysdepartement

Skole, distrikte en onderwysers is onder druk van die onderwysdepartement om hul slaagsyfer in gestandaardiseerde toetse te verhoog. ‘n Mens kan hierdie druk begryp: Onlangse verslae dui daarop dat Suid-Afrika se leerders byna heel laaste in die ry staan as dit by lees en reken kom. As gevolg hiervan word onderwysers gedwing om “die toets te onderrig”.

Vakinhoud wat nie in die toetse voorkom nie, word geïgnoreer. So byvoorbeeld is die kreatiewe skryf van opstelle in baie skole laat vaar ten einde meer tyd te gebruik vir werk wat in die toetse gevra word.

Daar is bewyse van skoolhoofde wat hul skoolrooster verander en spesiale periodes geskep het om leerders af te rig in die beantwoording van toetsvrae.

Daar is tans breë konsensus in die wêreld dat die oormatige klem op gestandaardiseerde toetse en syferkundigheid diskrimineer teenoor die meeste skole wat daagliks worstel om kop bo water te hou.

Boonop beperk dit en is dit die kurrikulum en dit is onbillik teenoor skole wat goed presteer.

Wat maak ander lande?

In Australië is die stelsel juis aangepas sodat dit minder toetse behels. Onder meer vereis die aangepaste beleid dat slegs twee van die vyf toetse in graad 11 en 12 skriftelik afgelê moet word. Ander assesseringstake kan waarnemings-, gespreks- en mondelinge toetse insluit. Die stelsel steun op wat leerders in staat is om te doen, eerder as die “punte” wat in toetse behaal is.

In Brittanje het onderwysstandaarde met rasse skrede agteruitgegaan weens die Britse regering se obsessie oor toetsing. Die slaagsyfers vir wiskunde en geletterdheid het die laaste paar jaar weliswaar gestabiliseer, maar dit is omdat onderwysers baie gou geleer het hoe om leerders vir die toetse af te rig, terwyl geen aandag aan hoëvlakvaardighede gegee word nie. Leerders is dikwels net besig met uitgewerkte memoranda wat hulle vir toetse voorberei.

Flink in Finland

Finland het vandag die suksesvolste onderwysstelsel in die wêreld. Finse leerders is gereeld onder die toppresteerders in internasonale toetse. Hoe doen hulle dit?

Die beginsel om skolasties maar ook persoonlik vir leerders te sorg is sentraal in die Finse skool. Alle leerders ontvang daagliks ‘n gratis maaltyd, asook gratis gesondheidsorg, vervoer, leermateriaal en berading by die skool om ‘n omgewing te skep wat bevorderlik vir leer is. ‘n Kind kan nie leer as hy/sy siek en honger is nie.

Die fokus is op wetenskap, tegnologie, innovasie en kreatiewe denke, anders as in Suid-Afrika, waar leerders soos papegaaie memoriseer en vir eksamens en toetse afgerig word.

Die kernbeginsel waarop die Finse stelsel berus, is om in die kapasiteit van skole en hul onderwysers te belê. Die onderwyser is die kern van die opvoeding. Daarom is die bemagtiging van onderwysers en die erkenning van hul rol as professionele opvoedkundiges die spil waarom alles draai – en die vernaamste rede vir die Finse sukses.

Onderwyseropleiding is ontwerp om ‘n denkende kurrikulum daar te stel, sodat onderwysers op hul voete kan dink, self kan kurrikuleer indien nodig, sonder om eers toestemming by ‘n distrikskantoor of regeringsamptenaar te kry.

Die oplossing?

Die oplossing vir Suid-Afrika se onderwysprobleem lê myns insiens nie by meer toetse en eksamens nie. As ons aanvaar onderwysers is die sleutel tot ‘n suksesvolle onderwysstelsel, moet ons alles in ons vermoëns doen om hul doeltreffendheid te verhoog.

Ons behoort baie meer aandag, tyd en geld te bestee aan die professionele ontwikkeling van onderwysers. Ons moet ons onderwysers intensief oplei, en heroplei, en hulle die geleentheid gee om hul vaardighede deur middel van studieverlof en beurse te verbeter.

Die burokrasie moet verklein word. Daar sit te veel goeie onderwysers in distrikskantore terwyl hul vaardighede in die skole benodig word.

Ons behoort leerders slegs aan die einde van elke fase te toets: in die grade 3, 6, en 9. Dit bied die departement en distrikskantore twee jaar tussen elke fase om die uitslae te ontleed en gepaste intervensieprogramme te ontwerp en in werking te stel voordat die leerders weer getoets word.

Stein het gesê: “Just weighing a pig doesn’t fatten it.”

Om voortdurend die varkie te weeg, laat hom nie groei nie. Hy benodig ook gesonde voeding.

As ons leerders toets net ter wille van toetsing, gaan hulle nie vorder nie – hulle benodig ook gebalanseerde onderrig.

Back to top

 

10. EU se ‘waarheidsoomblik’

VLUGTELINGE NOODSAAK NUWE DENKE

(Die Burger, 7 September 2015)

Erika Gibson

PRETORIA. – Dit was die foto van ‘n Siriese kleuterlykie wat op ‘n Turkse strand uitgespoel het in die laaste paar dae wat die damwal in Europa laat bars het voor die grootste vloedgolf van vlugtelinge sedert die Tweede Wêreldoorlog.

In München, Duitsland, is sowat 8 000 vlugtelinge teen gistermiddag met plakkate en ope arms verwelkom, maar elders in die Europese Unie (EU) het leiers ‘n noodberaad van die 28 lidlande gevra om die toestroming te temper.

Die menslike karavaan na Duitsland het gevolg nadat dr. Angela Merkel, die bondskanselier, volgens AFP gesê het dié land sal vanjaar 800 000 vlugtelinge teen R22 miljard huisves.

Hongarye skop steeds vas, terwyl ander lande waarsku hulle gaan slegs tydelik help.

Pous Franciscus het gevra dat elke Rooms-Katolieke gemeente in Europa hom oor een vlugtelinggesin ontferm.

Terselfdertyd is EU-leiers uit noodlenigingskringe gemaan dat hulle saam aan ‘n mobilisasieplan moet werk eerder as elkeen op sy eie.

Volgens António Guterres, hoof van die Verenigde Nasies se vlugtelingagentskap (UNHCR), staar ‘n oomblik van waarheid die EU in die gesig.

Te midde van beskuldigings oor en weer oor watter lande hoeveel vlugtelinge inneem, is ook Arabiese lande gekritiseer. Van die rykste lande, soos Saoedi-Arabië, Koeweit en Katar, het nog nie ‘n enkele Siriese vlugteling aanvaar nie – teenoor Turkye (1,8 miljoen), Irak (247 800) en Egipte (133 000).

Die meeste vlugtelinge is Moslems wat uit Sirië, Irak en Afganistan vlug.

Daar is egter nie meer tyd om oor getalle te kibbel nie, het Guterres gesê. Die lyding van ouers wat oor landsgrense heen vir hul en hul kinders se lewe vlug, kan nie langer weggeredeneer word nie.

EU-leiers baklei sedert begin vanjaar oor “aanvaarbare” kwotas vlugtelinge per land. In Mei is ‘n plan voorgelê, maar deur die meeste leiers afgeskiet omdat die vlugtelinge volgens Paulo Gentiloni, die Italiaanse minister van buitelandse sake, die “siel van Europa” sou bedreig. Dit sou vir die hervestiging van 10 000 vlugtelinge voorsiening maak. Donderdag het EU-leiers op ‘n noodvergadering gehoor hulle moet 200 000 onder mekaar verdeel.

Duitsland bly, gemeet aan die UNHCR se statistieke oor asielaansoeke, die gewildste bestemming. Sedert begin vanjaar het meer as 188 000 vlugtelinge dáár asiel gevra. In Duitsland en Hongarye het tot nou vanjaar sowat 438 000 mense ‘n heenkome gesoek vergeleke met 571 000 in die hele 2014.

Brittanje het gesê hy sal 15 000 vlugtelinge vat. Terselfdertyd het David Cameron, die premier, lugaanvalle op die Siriese weermag bepleit om ‘n einde aan die kern van die probleem te maak: die regime van pres. Basjar al-Assad.

Meer as 300 000 vlugtelinge het vanjaar met bootjies die Middellandse See na Europa oorgesteek. Tot 2 800, onder wie die klein Aylan Kurdi van Sirië, het in die proses verdrink.

Volgens Human Rights Watch (HRW) is die “vloedgolf” egter relatief gesproke nie so dramaties nie. Kenneth Roth, uitvoerende direkteur van HRW, sê die totale aantal vlugtelinge verteenwoordig teenoor die EU se sowat 500 miljoen inwoners ‘n skamele 0,068%.

Back to top

 

11. Waarom geweld praat?

(Die Burger, 8 September 2015)

Heleen Hofmeyr

Om die studentekultuur van Maties te wil verander, is een ding. ‘n Burgeroorlog tussen wit en swart is egter ‘n gans ander saak, skryf Heleen Hofmeyr.

I haven’t voiced my opinions about Open Stellenbosch to date mostly. I think, because of all the friends I thought I’d lose if I aired how I really feel. Also because I take really long to form an opinion about something. But today is the day. Time to reveal what’s been building up inside me over the past few months. To the friends I’m going to lose by posting this, thanks for the great times together. I’m deeply sorry it had to come to this, but here we are.

I was there today, supporting you guys. I heard your demands and I am completely in agreement with every single one of them.

But I left you outside Admin B this afternoon after a sequence of related events. First, one of you stood up there on the steps and shouted into a megaphone, “Good afternoon everyone! Thank you for interrupting whiteness today!” That’s what I was doing? What does that mean? Can you even interrupt whiteness as a white person? What is “whiteness” and how are we interrupting it by marching around Stellenbosch University to promote inclusivity and equality in higher education? But okay, if that’s what you need to call it, I guess I can roll with it.

A few minutes later I asked my two black friends standing next to me to please translate the words of the song that was currently being sung by the crowd, as I had been doing for every song up until that point. A moment of silence. “Erm. This is kind of awkward,” one of them said. They exchanged an uncomfortable glance.

“What? Why? I wanna know what they’re singing. Please tell me,” I insisted.

More silence and two-way glances which did not include me.

“This one’s on you, friend,” one said to the other.

Deep breath. “Okay. What this song means is that. . . Well, okay. Hmmm.” This was clearly hard for her. “The first word means ‘happiness’, and then it’s like . . . ‘when we hit the white man’. I’m sorry, Heleen. It’s not about you. It doesn’t mean . . . I’m sorry.”

Oh, okay.

That was almost breaking point for me. This was not what I signed up for. Obviously I’m ignorant about the role of struggle songs in fostering a national identity blah blah blah. And I’m not gonna go into that here. This debate has been had and I don’t even remember what we all decided as a politically correct nation regarding which words are appropriate to sing and which aren’t, so there really is no need to rehash it all. I just have one thing to say on this point, and seeing as though you are such fans of using personal emotions to get a point across, Open Stellenbosch, let me tell you how it makes me feel to stand in a crowd and hear that the people all around me want to physically injure me because of the colour of my skin: it feels like my close friend has just punched me in the stomach. It feels like I am in a sea of people to whom I could never in a million years relate. It feels like I am not welcome in Stellenbosch, in South Africa, in Africa.

I didn’t leave at that point because I felt too bad for my friend who had explained the words to the song to me. She was possibly even more uncomfortable than I was and it really wasn’t her fault they were singing this song. And it’s not like she was singing along or anything. So I stayed.

“This is a purely emotional response,” I told myself. “Don’t let it get to you. They don’t mean it like that.” I tried and tried to reason my way out of my anger and discomfort.

But then someone who had been standing in front of me all along turned his makeshift sign around. I had been trying to figure out what the sign said since we got there. “One sett” was all I would make out. What is that? One set of what? And then he turned it around. It turns out “one sett” had been the beginning of an attempt at a sign which had failed and had been started over on the reverse side of the poster. The second attempt was more successful. “One settler, one bullet.”

Oh.

“Well, guys, that’s just about enough for me for today.”

How did that happen? How did we go from “all classes must be available in English” to “one settler, one bullet”? Can somebody please explain that to me? What on god’s earth do equal rights to university education have to do with murdering all white South Africans? I know, I know. I’m taking it too literally again, aren’t I? He didn’t mean that, did he? Well can somebody please explain to me what he did mean? Because I cannot for the life of me imagine what else “one settler, one bullet” means, other than Africa for Africans, Kill The Boer, etc., etc. And that, Open Stellenbosch, is where you lose me.

Make Stellenbosch’s language policy such that no student or staff member is in any way disadvantaged by a lack of proficiency in Afrikaans? Yes, by all means. Transform an exclusive, traditional, white student culture at Stellenbosch? Yes, sir. Fight all forms of institutionalised racism and sexism on campus? By the power vested in me, yes, yes, yes!

But this? Singing violent, racist struggle songs? Waving around a slogan which reminds all South Africans (or at least those; who paid attention in their history lessons) of a violent, racist movement that sought not the equality and freedom of all persons that you supposedly stand for, Open Stellenbosch, but a civil war between black and white? Different thing, bra.

The sad thing is that I know this is not your mission. I know you don’t want a Boer genocide. And you’re probably pretty upset that someone brought that sign to the march, too. But. I think it’s important you consider why someone with such sentiments felt it would be okay to voice them at this march. I know you’re against white people. But unfortunately, when you sing “Happiness is hitting a white man”, people are going to think you are. And unfortunately those people include those who really are against white people, and they’re going to latch onto your cause and give you a very bad reputation indeed.

And that’s really what I’m most upset about. That your decision to sing these songs has resulted in this unwanted following of yours, and that in turn is creating a real threat to the success of the biggest movement for transformation that this university has ever seen. I, too, have worked hard to promote transformation here. That’s precisely why it saddens me to see my efforts as well as those of many, many others be undermined by a movement that sings outdated, irrelevant struggle songs to fight a very necessary fight.

Yes, any cause is always susceptible to hijacking by fringe groups who just want to promote their own agenda. But here’s what you do when this happens: instead of getting up on those steps and saying: “thank you for interrupting whiteness” (which is going to egg on your “one settler, one bullet”-sign holders), you say, “Excuse me, sir there is no space for racism or violence in this movement, please take down your sign or leave.”

One of you once told me your agenda is just to have all subjects offered in English at Stellenbosch.

“Wow,” I said. “I didn’t realise that was all you guys are pushing for.”

“Yeah, people are often surprised by how reasonable our demands are,” you said.

You might want to ask yourselves why that is, Open Stellenbosch.

And then you might want to think about whether it helps the cause that you so tirelessly fight for to come across as a racist, violent movement that wants to get back at whites for all the times your feelings got hurt by a white person in this country.

I’m gonna go with “no”, but hey, what do I know, right? I’m just a white girl who clearly doesn’t understand.

Back to top

 

12. Vrystaatse tenoor wen nog ‘n groot kompetisie

(Die Burger, 17 September 2015)

Elretha Britz

BLOEMFONTEIN. – Die Suid-Arikaanse tenoor Levy Sekgapane het binne twee maande ‘n tweede internasionale kompetisie gewen toe hy Saterdagaand in die Montserrat Caballé-sangkompetisie in Spanje geseëvier het.

Sekgapane, ‘n boorling van Kroonstad, was een van 13 finaliste van agt lande wat om die eerste prys van €12 000 (sowat R180 000) meegeding het.

Hierdie geld kan hy nou by die sowat R100 000 voeg wat hy in Julie as wenner van die gesogte Hans Gabor Belvedere-kompetisie in Amsterdam gekry het.

Hanna van Niekerk, Sekgapane se sangdosent aan die Universiteit van Kaapstad se operaskool, sê die sanger bevind hom nou op ‘n ontstuitbare segetog.

Hy was in die Caballé-kompetisie een van 13 finaliste wat ná oudisies uit 304 kandidate van 57 lande gekies is.

In ‘n artikel wat in Spanje verskyn het, word Sekgapane se stem beskryf as “vars met ‘n mooi timbre en ‘n aantreklike en besonderse klankkleur”. “Die Suid-Afrikaner is ‘n natuurlike sanger wat ook goed met sy gehoor kommunikeer. Sy tegniek is benydenswaardig en sy weergawe van die aria ‘Languir per una bella’ uit Rossini se Italianer in Algiers vlekloos.”

In die artikel word ook gemeld dat Sekgapane uit dieselfde stal as die gevierde Suid-Afrikaanse sopraan Pretty Yende kom.

Sekgapane is tans ‘n lid van die Dresden-operahuis se jong kunstenaarsprogram in Duitsland.

Die enigste bariton onder die 13 finaliste, Yuriy Yurchuk van die Oekraïne, was die naaswenner. Die Griekse sopraan Nina Koufochristou was derde.

Die Montserrat Caballé-kompetisie is vanjaar die 15de keer in Zaragoza aangebied en is deur die Spaanse diva self bygewoon.

Back to top

 

13. Zuma het dalk net ‘n punt beet

(Die Burger, 20 September2015)

Sake van die dag

Leopold Scholtz

Af en toe – meer af as toe – praat pres. Jacob Zuma die waarheid. Maar selfs dan doen hy dit ter ondersteuning van ‘n bedenklike saak.

Toe hy buitelandse ambassadeurs vandeesweek in Pretoria toegespreek het, het Zuma tereg skerp kritiek op Navo en die Weste uitgespreek en hulle verantwoordelik gehou vir die vlugteling-tsoenami wat tans oor Europa spoel.

Hy het spesifiek na die Weste se steun vir die sogenaamde Arabiese Lente en die lugbombardemente teen kol. Moeammar Ghaddafi se Libië in 2011 verwys. Daarvóór was sake stabiel in Noord-Afrika en was daar geen probleem met vlugtelinge nie; daarna wel.

“Vandag is dit diegene wat betrokke was om daardie wêreld te destabiliseer wat nie die vlugtelinge wil aanvaar nie. Dit is hul verantwoordelikheid. Hulle het dit veroorsaak. Hulle moet dit oplos. Dit is die pynlike waarheid.”

In dieselfde trant het hy steun vir pres. Basjar al-Assad se diktatuur in Sirië uitgespreek en gesê alle oproepe om hom te vervang moet verwerp word.

Zuma het inderdaad ‘n punt beet. Die huidige gemors in die Islamitiese wêreld het inderwaarheid reeds in die tagtigerjare begin toe sowel Amerika as die Sowjetunie met hul inmenging in Afganistan kragte losgemaak het wat hulle nie verstaan het nie.

Pres. George Bush junior het dié fout in 2003 met oorgawe herhaal toe hy, kop omlaag en met sy oë en verstand styf toe, in Irak ingedons het. Daardeur is ‘n wrede diktator, Saddam Hoesein, inderdaad verwyder, maar dit het ‘n burgeroorlog tussen die Soenniete en die Sjiïete veroorsaak en die pad vir die opgang van die terreurbeweging Islamitiese Staat (IS) oopgemaak.

Die verwydering van Ghaddafi in 2011 was iets soortgelyks. Ghaddafi het nie al sy varkies op hok gehad nie en het sy eie mense buitengewoon wreed verdruk, veral toe die eise om groter vryheid tydens die Arabiese Lente kragtig opgeklink het. Maar die verwydering van Ghaddafi het ook dié land soos ‘n hoop sand inmekaar laat sak. Vandag word Libië deur ‘n uitsiglose burgeroorlog verskeur.

Sake is natuurlik ingewikkelder as wat Zuma dit voorgestel het, want verreweg die meeste vlugtelinge wat Europa tans oorstroom, kom uit Sirië. Daar het die Weste slegs minimaal ingegryp – en dit volgende op die ontstaan van dié burgeroorlog, nie voorafgaande daaraan nie.

Die Weste is inderdaad aan onbegrip en arrogansie in die Midde-Ooste skuldig. Westerse politici is inderdaad geneig om kragdadig te wil optree sonder behoorlike begrip van die oneindige wikkeldheid van die samelewings waar hulle met ‘n voorhamer begin rondswaai. Dat die spaanders wat hulle laat spat ook hulleself kan tref, dring eers later deur, wanneer dit te laat is.

Maar eintlik moet Zuma liewer sy mond hou. Om realisties te wees, beteken nie dat jy al wat ‘n diktator is, aktief moet steun nie.

Dis een ding om – volkome korrek – in Sirië nie kant te kies nie, want daar is bitter min te kies tussen die diktatoriale Assad en die nóg wreder Islamitiese Staat, Assad se vernaamste teenstander. Dis heeltemal iets anders om jou steun aan Assad – en ander diktature, soos Rusland en China – toe te sê.

Dit lyk of Zuma en die ANC steeds nie hul outomatiese, totaal onkritiese verwerping van alles wat van voor 1990 uit die Weste kom, afgeskud het nie.

‘n Studie van die ANC/SAKP se internasionale politieke houding in die struggletyd wys dat hulle enigiets wat die Weste gedoen het, verwerp het, en álles wat uit Moskou kom, entoesiasties gesteun het.

Mense, die Koue Oorlog is verby. Daar is geen rede waarom julle die destydse outomatiese refleks moet voortsit nie.

Back to top

 

14. Facebook gee ‘Dislike’-knop

(Die Burger, 17 September 2015)

Hanlie Stadler en Bloomberg

KAAPSTAD. – Elke keer as Mark Zuckerberg een van sy Townhall-vergaderings by Facebook se hoofkantoor in Kalifornië hou, word die vraag gevra: “Wanneer kom daar ‘n Dislike-knoppie?”

Tot dusver was sy standaard-antwoord dat Facebook nie ‘n Dislike-knoppie wil instel as teenvoeter vir die Like-knoppie nie omdat dit negatief is. Hulle wil ‘n “mag ten goede” wees en nie “ten kwade” nie. Zuckerberg het vantevore gesê hy verstaan dat mense nie “Like” wil klik as iemand hartseernuus deel nie.

Dinsdagaand het die hoof van die grootste sosiale netwerk terwêreld gesê dit is ‘n “spesiale dag” omdat hy kan aankondig hulle werk wel aan so ‘n knoppie.

Dit sal egter nie die doel hê om statusse “op” of “af” te stem nie – soos ‘n ander netwerk, Reddit, dit doen – maar ‘n manier waarop mense hul emosies kan deel.

“Wat mense regtig wil hê, is die vermoë om empatie uit te spreek. Nie elke oomblik is ‘n goeie oomblik nie.

“As jy iets deel wat hartseer is – soos die vlugtelinge-krisis of iemand se geliefde wat gesterf het – wil mense dalk nie Like klik nie, maar jou vriende en familie wil ‘n manier hê om uit te druk dat hulle verstaan en met jou kan identifiseer.”

Dit klink asof Facebook beoog om verskeie knoppies te skep, waarvan Dislike slegs een sal wees. Zuckerberg sê hulle is baie naby daaraan om die knoppie(s) te toets sodat dit “aan die behoeftes van die groter gemeenskap voldoen”. Hy sê ook dis “verrassend ingewikkeld” om iets te skep wat sal werk, al klink dit na ‘n eenvoudige konsep.

Die Like-knoppie bestaan sedert 2009 “as ‘n maklike manier om vir vriende te vertel jy hou van wat hulle deel met ‘n enkele klik’.

In 2012 het Tom Whitnah gesê hulle is bang ‘n Dislike-knoppie word as kritiek gesien en ontmoedig mense om inligting of menings te deel.

Facebook se huiwerigheid om Dislike in te stel kan dalk toegeskryf word aan wat dit vir sy adverteerders en maatskappye wat inligting op Facebook deel, kan meebring – en nie net vir sy 1,49 miljard gebruikers nie. Dit sal nou makliker wees om ‘n nuusartikel of advertensie te “kritiseer”, pleks van bloot “stil te bly” deur niks te klik nie.

Back to top

 

15. Goeie leiers staan of val vir beginsels

(Die Burger, 17 September 2015)

Hendrik Du Toit

Ons leef in ‘n tyd met ‘n groot tekort aan leiers van statuur in die politieke sfeer – internasionaal en nasionaal.

Kom ons noem dit die “post-Mandela”-tyd.

Het dit dalk iets met sosiale media of die ruggraatlose politiek van “meningspeilings” te doen?

Tuis het ons ‘n oormaat van party-apparatchiks in magsposisies, maar bitter min leiers wat inspireer. Europa het baie burokrate en professionele politici, maar min leiers.

Die manier waarop die Griekse ekonomiese krisis, die situasie in die Oekraïne, sowel as die migrasiechaos in die Middellandse See gehanteer word, frustreer gewone mense oor die hele Europa.

Pous Fransiskus, pres. Xi Jinping van China en premier Narendra Modi van Indië gee hoop, maar is nog te kort in hul rolle dat ‘n mens ‘n oorwoë mening oor hulle kan gee.

Ondanks al die belofte wat sy geskiedkundige verkiesing tot die magtigste leierspos op aarde ingehou het, kon Barack Obama nie daarin slaag om Amerika uit sy destruktiewe fase van klein politiek te neem nie. Derhalwe kon hy nie die wêreld in ‘n nuwe tydvak van internasionale samewerking ná die Bush-jare inlei nie. Hy wou te veel doen, maar hy het te min moeite gedoen om die regte koalisies te bou.

Leierskap is baie meer as die vermoë om ‘n inspirerende toespraak te maak.

Wat kan ons leer by die leiers wat werklik oor die jare ‘n verskil gemaak het? Wat het Alexander die Grote, Admiraal Nelson, Mohandas Gandhi, Winston Churchill, Deng Xiaoping en ons eie Albert Luthuli, Nelson Mandela en FW de Klerk gemeen?

Leierskap is die vermoë om ‘n daadwerklike verskil te maak deur mense te motiveer, eerder as om hulle te dwing om saam te span om ‘n gemeenskaplike doelwit te bereik. Die Engelse konsep “single-mindedness” verduidelik waarom hulle so suksesvol kon lei.

Goeie leierskap het niks te doen met die nastreef van gewildheid nie. Churchill was uiters ongewild toe hy teen ‘n kompromie met Hitler gekant was; Gandhi en Mandela is in die tronk gegooi; De Klerk is as ‘n verraaier uitgekryt.

Goeie leiers verander nie sommer van deuntjie nie. Solank hulle oortuig is van hul saak, hou hulle koers en tree konsekwent op. Hulle is bereid om te staan of te val vir hul beginsels. Hulle is outentiek en nie skeppings van reklame-agente nie. Hulle is bereid om verantwoordelikheid te neem as die druk hoog is.

Krieketondersteuners wat Clive Rice op sy beste gesien het, sal vele wedstryde onthou waarin hy die druk op hom geneem het en nie net opdragte gegee het nie. Richie McCaw het dit op Ellispark teen die Springbokke gedoen met sy onortdokse lynstaanroep wat uiteindelik die wedstryd in die All Blacks se guns geswaai het.

Geloofwaardigheid is ‘n noodsaaklike deel van leierskap. Waarom anders loop mense deur vuur vir groot leiers?

Die meeste suksesvolle leiers wat ek ken, is gemaklik met hul eie identiteit en daarom ook geloofwaardig. Dis die deel van leierskap wat nie maklik aangeleer kan word nie.

Ware leiers is geloofwaardig, of dit nou in die politiek, sakewêreld of op die sportveld is. Dit spruit uit hul doelgerigtheid en duidelike visie.

Hoewel die defenisie van leierskap taamlik eenvormig is, verskil die styl van leiers hemelsbreed.

Ek moedig altyd mense aan om te lei op die manier waarmee hulle gemaklik is. Die leierskapsliteratuur is vol ontledings van verskillende leierskapstyle. Dis vir my minder belangrik. Wat belangrik is, is dat geen beweging of onderneming die energie en talente van hul mense effektief in die rigting van die gemeenskaplike doelwitte kan kanaliseer sonder doeltreffende leierskap op alle vlakke nie.

Moenie die impak van goeie leierskap en leierskaps­ontwikkeling onderskat nie. Dit kan ‘n duur fout wees.

Back to top

 

16. Studie oor selfdood ontleed patrone

NUWE NAVORSING

(Die Burger, 1 September 2015)

Elsabé Brits

KAAPSTAD. – Van die gedragspatrone wat mense kan toon voordat hulle hul eie lewe neem, is in ‘n groot studie geïdentifiseer. Die bevindings kan lei tot verandering in die behandeling wat mense met erge depressie ontvang.

Dié internasionale studie is gedoen onder 2 800 mense wat erg aan depressie ly en van wie 628 al probeer het om hul eie lewe te neem.

Wêreldwyd neem meer as 800 000 mense jaarliks hul eie lewe. Suid-Afrika het een van die hoogste selfdoodsyfers, met 8 000 mense per jaar wat hul eie lewe neem, volgens die SA Federasie van Geestesgesondheid. Dit is tot 23 mense per dag, en dan is daar ook tien keer soveel mense wat daagliks poog om hul lewe te beëindig.

Die internasionale studie se bevinding is bekend gemaak op ‘n konferensie van die Europese Kollege van Neuro-psigofarma­kologie.

Een van die grootste gevare is wanneer iemand ‘n gemengde depressiewe toestand beleef. Dit beteken iemand is gelyk depressief en het simptome van manie, wat tipies voorkom by mense met bipolêre gemoedstoornis. Soveel as 40% van die mense wat gepoog het om hul eie lewe te neem, het dié gemengde toestand ervaar eerder as om net depressief te wees.

Die standaardbeskrywing wat psigiaters gebruik om mense te identifïseer wat moontlik hul eie lewe sal neem, het net 12% van dié mense geidentifiseer, terwyl die nuwe metode 40% uitgewys het.

Dié ontleding toon dat indien iemand wat depressief is die volgende simptome, meer as die buitengewone, toon, moet dit nie geïgnoreer word nie:

 

  • Riskante gedrag – selfs om wild te bestuur of onbeskermde seks te hê;
  • Agitasie, soos om op en af te loop in ‘n vertrek, die hande te wring, ‘n aanhoudende getrek aan klere en soortgelyke motoriese bewegings; en
  • Impulsiewe gedrag, soos om aan geen gevolge te dink nie en op nukke te reageer.

 

Máár die simptome kom sáám met depressie voor. Die meeste van die simptome sal nie deur die persoon self uitgewys word nie en moet waargeneem word.

 

  • In nog ‘n studie is gewys transkraniale magnetiese stimulasie kan erge depressie verlig. Dit is om ‘n magnetiese puls deur die frontale area van die brein te stuur. Dit word tans meer gebruik as elektro-konvulsiewe skokterapie en daar word nie vereis dat die pasiënt narkose moet kry nie. Dit het ook minder newe-effekte.

Back to top

 

17. Roofvoël se maag van binne bekyk

MUMMIE GESKANDEER

(Die Burger, 17 September 2015)

Elsabé Brits

KAAPSTAD – ‘n Mummie van ‘n roofvoël uit antieke Egipte is met moderne tegnologie bekyk en daar is twee muise en ‘n mossie in sy maag gevind.

Die werk is moontlik gemaak deur die gebruik van driedimensionele digitale X-straalbeelding by die CT-skandeergerief van die Universiteit Stellenbosch (US).

Dit kon gedoen word sonder om die mummie, wat in die Isiko Nasionale Museum se versameling is, te ontbondel en enige skade aan te rig.

Binne-in sy slukderm en krop was die stert van ‘n jong huis-muis (Mus musculus). Dit is heel moontlik dat die roofvoël daaraan verstik het, want in sy maag was daar fragmente van nóg ‘n muis, ingesluit 27 tande, en ‘n klein mossie (Passer domesticus). Volgens die navorsers is die roofvoël waarskynlik gedwing om soveel as moontlik te vreet, wat beteken dat die voël dalk aangehou was.

Gegrond op die morfologie, lengte van die ledemate en snawelvorm is die roofvoël waarskynlik ‘n Europiese valk (Falco tinnunculus).

Dr. Salima Ikram, professor in Egiptologie aan die Amerikaanse Universiteit in Kaïro, Egipte, en hoofskrywer van die artikel, het gesê tot op hede was die voorkoms van die groot getalle roofvoëlmummies ‘n raaisel.

“Ons resultate verduidelik waarom daar so baie van hierdie mummies was: Ons dink nou dit was weens aktiewe teelprogramme om in die aanvraag te voorsien.”

Die analise van die ander drie voëlmummies het getoon dat die een ‘n namaaksel is en dat die lappe net vere, plantmateriaal en modder bevat. Nog ‘n mummie bevat net ‘n klou, en die derde ‘n volledige voëlgeraamte.

‘n Vyfde mummie, wat soos ‘n kat lyk, bevat slegs gedeeltes van ‘n kat se lyf en bene.

Vyf van die mummies behoort aan die Iziko Nasionale Museum en twee aan die Ditsong-museum in Pretoria.

Dr. Ruhan Slabbert van die US se departement antieke studie en dr. Anton du Plessis, bestuurder van die CT-skandeergerief, het ook ‘n gedetailleerde driedimensionele drukstuk van die roofvoëlmummie se geraamte gemaak. Die huismuis se stert is duidelik sigbaar. Die drukstuk sal aan Iziko geskenk word.

Prof. Sakkie Cornelius, ‘n spesialis op die gebied van Ou Nabye Oosterse kulture aan die US, het gesê die studie van die oorblyfsels van antieke diere onthul fassinerende inligting oor die antieke Egiptenare, soos hul begrafnisgebruike en balsemtegnieke, siektes en veeartsenykunde, teelprogramme en diere.

Die navorsing is in die vaktydskrif Journal of Archaeological Science gepubliseer.

Back to top

 

18. SA se boereworskoning gekroon

(Die Burger, 17 September 2015)

George Germishuys

KAAPSTAD. – So lank soos die pad van die Kaap tot by Moembai en terug. Dít is hoe lank al die kampioenskap-boerewors wat Shoprite/Checkers in die afgelope boekjaar verkoop het, sal wees as dit in een stuk uitgerol word.

En die man wat vanjaar die land se kampioen-boerewors maak, is George Baloyi (52) van Soshanguve, noord van Pretoria.

Hy is Dinsdag in die Groenpunt-stadion as die kampioen vir 2015 gekroon ná die beoordeling deur die voormalige Springbokke Naas Bótha en Corné Krige en die komediante Tall Ass Mo en Marc Lottering.

Vanjaar se ander finaliste was Phinah Maimela (37) van Lydenburg en Ayanda Dyanse (28) van Humansdorp – albei, soos Baloyi, slaghuiswerkers.

“Alle Suid-Afrikaners is lief vir braai, maak nie saak wie hulle is nie. En wat is die middelpunt van elke braai? Boerewors, natuurlik,” het Neil Schreuder, Shoprite/Checkers se bemarkingsdirekteur, gesê.

Botha het met Schreuder saamgestem.

“Alle Suid-Afrikaners is dol op boerewors. Dis nie net rugby wat elke jaar verander nie, maar boerewors ook. Dis ongelooflik.”

Hy het Baloyi op kenmerkende wyse gelukgewens: “Jy’s mos van Pretoria, George? G’n wonder jy is die kampioen nie.”

Baloyi was vol selfvertroue voor die aankondiging. “George is hier en George gaan wen,” het hy gesê.

Baloyi, wat vir die vyfde keer ingeskryf het, was oorstelp toe hy as wenner aangekondig is.

“Ek is heeltemal te bly! Waar is my sleutels?” wou hy dadelik weet.

Kort nadat die sleutels oorhandig is, het hy op die bakkie se enjinkap gespring. “Moenie worry nie, dis nou myne,” het hy geskerts.

Krige het gesê boerewors is ‘n produk wat uniek is aan die land. “As jy eers oorsee gebly het, is dit iets wat jy regtig mis.”

Back to top

 

19. NGK ‘het meer ouer lidmate as jonges’

(Die Burger, 10 September 2015)

Claudi Mailovich

JOHANNESBURG. – In die NG Kerk is daar meer lidmate ouer as 60 as jonger as 16.

Só sê prof. Kobus Schoeman, wat verbonde is aan die departement praktiese teologie by die Universiteit van die Vrystaat.

Schoeman het waarneembare tendense binne die NG Kerk, soos gepubliseer in die sakelys vir vanjaar se algemene sinode in Oktober in Pretoria, verduidelik. Daarin word onder meer genoem dat al hoe meer gemeentes met ‘n tekort afsluit, dat gemeentes huiwerig is om leraars heeltyds aan te stel, dat die gemiddelde ouderdom van lidmate styg, dat dorpsgemeentes steeds verklein en dat kleiner gemeentes met groter gemeentes saamsmelt.

Volgens Schoeman is daar binne die NG Kerk ‘n dalende tendens “soos in enige hoof-stroomkerk gesien kan word”.

Hy meen daar is ‘n paar moontlike redes vir die dalende lidmaatsyfers. Die een is ‘n dalende geboortekoers en die ander is emigrasie.

“Ons weet nie hoeveel dit is nie, maar daar is ‘n klomp mense van die NG Kerk wat geëmigreer het.”

Hy meen ook die veroudering van die kerk speel ‘n rol. “Toe ons begin het met die opnames in 1981, was twee-derdes van die lidmate belydende lidmate en ‘n derde was dooplidmate. Vandag is 75% belydende lidmate en tussen 20% en 25% is dooplidmate. Sedert die 2006-’07-tydperk tot by die 2013-’14-tydperk het die lidmaatsyfer van 1,13 miljoen gesak tot 964 293 lidmate. Dit is 167 861 lidmate minder.”

Hy meen die gemeentes wat toemaak – 32 sedert die 2006-’07- tydperk – het probleme met finansies beleef en dat daar net nie genoeg geld was om ‘n leraar permanent aan te stel nie.

“Jy kan die situasie na twee kante toe sien – die negatiewe kant is dat dit net agteruitgaan. Die ander kant is dat daar geleentheid vir verandering is.”

Hy meen daar moet gevra word hoe die bediening lyk en hoe dit binne ‘n moderne konteks werk. Hy meen dit kan tot ‘n nuwe bedieningspatroon lei.

“Ons is eintlik op ‘n goeie, uitdagende plek. Jy kan net in die syfers vaskyk – dis die een werklikheid. Maar aan die ander kant is daar die vasberadenheid van jonger en ouer lidmate om ‘n verskil te kan maak.”

Back to top

 

20. ‘Kerk en die staat moet kan saamwerk’

GODSDIENS IN SKOLE

Akroniem ‘Ogod’ pla hoof van Fedsas

(Die Burger, 10 September 2015)

Carryn-Ann Nel

CLARENS. – Die Grondwet skep ‘n samewerkende model tussen die kerk en die staat, wat albei terreine erken.

Dít is die groot verskil tussen Amerika en Suid-Afrika wanneer dit by die Grondwet en godsdiens in skole kom, het Paul Colditz, uitvoerende hoof van die Federasie van Beheer- liggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), gesê.

Hy het gepraat op die laaste dag van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Onderwysreg (Savo) se konferensie hier en verwys na die hofgeding deur die Organisasie vir Godsdiensonderrig en Demokrasie (Ogod) wat ses skole oor hul Christelike gebruike dagvaar.

Ogod wil hê die skole moet verbied word om hulself Christeskole te noem en om Christelike waardes en norme voor te staan.

Die minister van basiese onderwys het intussen aangedui dat sy saam met Fedsas die hofsaak teenstaan. Sy moet nog haar redes by die hof indien.

Colditz, wat nie van die akroniem “Ogod” hou nie omdat dit vir hom ‘n belediging is, het gesê in Amerika mag daar nie in die openbaar uiting gegee word aan godsdiens nie.

“Ons denke is baie sterk beïnvloed deur die Amerikaanse denke waar daar ‘n grondwetlike muur tussen die kerk en die staat geskep is,” het hy gesê.

“In Suid-Afrika is dit egter heeltemal anders. Ons Grondwet skep nie daardie muur nie.

“Ons skep ‘n samewerkende model tussen kerk en staat waardeur die onderskeie terreine erken word en samewerking eerder as verdeling bevorder word.”

Kragtens artikel 15 van die Grondwet het elkeen die reg om te glo.

“Dit is die verskil tussen ons en die VSA. Jy mag nie daardie reg in die openbaar uitoefen nie.”

Die reg om te glo of om nie te glo nie, en om daarvolgens op te tree, is een van die sleutelelemente van persoonlike waardigheid, het Colditz gesê.

Die vryheid van godsdiens gaan verder as bloot jou gewete – dit omsluit jou hele menswees.

“Vir talle gelowiges is hul verhouding met God of die skepping sentraal tot alles in hul lewe.”

Colditz het regspraak aangehaal waar beslis is dat kultuur en godsdiens nie in openbare skole onderdruk mag word nie.

Hy het ook gepraat oor die beginsels in die Grondwet waarna die gemeenskap meer kan streef.

“Daar word te min aandag hieraan gegee: Menswaardigheid, gelykheid en eenheid in diversiteit.”

Back to top

 

21. Koningin Elizabeth ry die trein, ‘SA se trein’

(Die Burger, 10 September 2015)

Arlene Prinsloo

KAAPSTAD. – “Dit is nie ‘n rekord wat ek nagestreef het nie.”

Dít was gister koningin Elizabeth se kort verwysing na die jongste rekord wat sy agter haar naam kan skryf – Brittanje se langsheersende monarg.

Die koningin, wat tans met vakansie in Balmoral in die Skotse Hooglande is, het haar vakansie onderbreek om ‘n nuwe treinroete in Skotland te open – in ‘n antieke stoomlokomotief genaamd die Unie van Suid-Afrika.

Sy het met die onthulling van die tweede gedenkplaat op die roete by die Tweedbank-stasie genoem dat enige lang lewe vele mylpale kan hê.

“My eie is nie ‘n uitsondering nie.”

Die koningin is op die spesiale treinrit vergesel van Nicola Sturgeon, Skotse premier, en prins Philip.

Die koningin se afspraak op die Unie van Suid-Afrika, wat in 1937 gebou is – die jaar waarin die koningin se pa tot koning George VI gekroon is – het ietwat laat begin weens digte mis op Balmoral. Die koningin het per helikopter van Balmoral na Edinburg gereis.

Die Nigel Gresley-ontwerpte trein is een van net ses wat vandag nog behoue gebly het.

Die Unie van Suid-Afrika, nommer 60009 en 61994, is in 1937 gebou en is in 1966 as skroot aangekoop deur John Cameron. Die trein het ‘n interessante geskiedenis en is liefderyk herstel om nog jare diens in Skotland te verrig.

Weens politieke sensitiwiteit is die naam in die jare negentig met Osprey-naamplate bedek, maar gister het die Unie van Suid-Afrika sy spesiale eregas op ‘n treinrit van 55 minute tot by die Tweedebank-stasie geneem.

Ná die openbare afspraak is die koningin en prins Philip terug na Balmoral, waar hulle die res van die dag stil sou deurbring.

Prins William, Catherine en die jongste toevoegings tot die koninklike familie, George en Charlotte, het gisteraand ook in Balmorall gekuier.

In Londen het ‘n klokkespel vanuit die kloktorings van die Westminster-abdy gebeier ter ere van die koningin. Die enigste ander teken van feesvierings was die koninklike barg, Gloriana, wat ‘n flottielje verby die paleise van Westminster gelei het. Terwyl parlementslede in Westminster op die terras die flottielje toegejuig het, is die Tower Bridge gelig en het een boot triomfantelik water die lug ingespuit.

En op die BT-toring in Londen was die woorde “Long may she reign” reeds van gisteroggend af sigbaar.

Hoewel die koningin nie veel erg aan die rekord gehad het nie – ‘n allemintige 63 jaar en sewe maande op die troon – het Britte in die jongste meningspeiling oor die toekoms van die monargie met 68% ten gunste van die monargie gestem.

Die koningin is ook die afgelope Sondag in ‘n YouGov-meningspeiling aangewys as die nommereen-monarg. Koningin Elizabeth I was in die tweede plek en koningin Victoria in die derde plek.

Back to top

 

22. Sanral soek nou nuwe tollenaars

HUGENOTE-TONNEL SE BOUKOSTE

Skuld neem toe tot R1,9 miljard

(Standard, 10 September 2015)

Marelize Barnard

KAAPSTAD. – Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) is duidelik “desperaat vir geld” en wil sy “verliese met die e-tolstelsel nou van Wes-Kaapse motoriste verhaal”.

Só het Janine Myburgh, president van die Kaapse Kamer van Koophandel en Nywerheid, gereageer nadat Sanral eergister aan die media gesê het die Hugenote-tonnel sal om veiligheidsredes moet sluit indien die voorgestelde Wynland-tolprojek langer uitgestel word.

Sanral het ingestem om die reg om tolgeld by die Hugenote-tonnel in te vorder teen R400 miljoen aan private maatskappye te verkoop. Dit is sodat dié maatskappye vir nog 30 jaar tolgeld by die tonnel kan hef, het Myburgh aangevoer.

“Dit lyk of Sanral nou die geld nodig het en nie kan wag vir die beplande tol-inkomste uit die Wynland-tolprojek nie,” het sy gesê.

Kobus van der Walt, streekbestuurder van Sanral in die Wes-Kaap, het eergister verduidelik dat die R400 miljoen die bedrag is wat Sanral nog geskuld het op ‘n lening vir die tonnel toe die Wynland-tolprojek verklaar is.

Sanral se uitstaande skuld op die Hugenote-tonnel het intussen tot R1,9 miljard toegeneem. Die koste om die tonnel te onderhou is groter as die inkomste daaruit.

“Wanneer die tonnel aan ‘n tweede kontrakteur oorhandig word, moet die uitstaande skuld daarop gedelg word. Sanral is nie op wins ingestel nie. Ons is nie hier om geld te maak nie, maar om die land te dien,” het Van der Walt gesê.

Myburgh meen egter dat dit in 1988 altesaam R202 miljoen gekos het om die tonnel te voltooi. Die tolgeld het lank reeds vir die bou van die tonnel betaal, maar intussen styg die tariewe steeds jaarliks.

“Wat Sanral sê, maak nie sin nie. Met konserwatiewe somme van die inkomste uit die tolgeld moet die maandelikse inkomste sowat R11 miljoen wees.”

Daarmee word nie eens in ag geneem dat vragmotors se tolkoste duurder is nie. Myburgh wil weet wat Sanral met die geld maak, aangesien die boukoste lank reeds gedelg moes gewees het.

In die 27 jaar sedert die tonnel oopgestel is, het 75 miljoen voertuie dit gebruik, het Tiago Massingue, projekbestuurder van Sanral, eergister op ‘n mediabesoek aan die tonnel gesê.

Sowat 12 000 voertuie ry gemiddeld per dag deur die tonnel.

Van der Walt het gesê van die totale netwerk van 75 000 km paaie dwarsoor die land bestuur Sanral 21 000 km.

Die agterstand met die onderhoud van dié paaie het van R149 miljard in 2010 tot R197 miljard in die boekjaar 2014-’15 toegeneem.

  • Toltariewe by die Hugenote-tonnel wissel van R32 vir ‘n ligte voertuig tot R225 vir ‘n voertuig met vyf asse.

Back to top

 

23. Vrou maak haar drome stap vir stap waar

(Die Burger, 8 September 2015)

Shantel Moses

KAAPSTAD. – Die Suid-Afrikaanse Rooi Kruis-noodlugdiens (AMS) spog met die land se heel eerste vroulike buitevragoperateur in die private sektor.

Lindsey Cyster (25) van Kuilsrivier, ‘n vlug-paramedikus van AMS, het in April vanjaar as ‘n buitevragoperateur gekwalifiseer, maar het eers verlede maand erkenning van die Wes-Kaapse departement van gesondheid gekry.

“Ek het in April my opleiding voltooi, maar moes eers deur verskeie buitepartye getoets word.”

Cyster het vertel dat sy in 2012 as ‘n vrywilliger by AMS reeds haar doelwitte hoog gestel het.

“Ek het in 2014 as vlug-paramedikus by AMS begin werk. Ek was voorheen ‘n vrywillige werker. Ek het toe reeds my loopbaan by AMS fyn beplan en dit stap vir stap ‘n realiteit gemaak. Om ‘n opgeleide buitevragoperateur te wees, is dus vir my ‘n droom wat waar geword het.”

Volgens Vanessa Horn, woordvoerder van die AMS-helikopterdiens, is ‘n buitevragoperateur die oë van ‘n vlieënier tydens ‘n reddingsproses.

“Hulle word opgelei om die vlieënier te help om gevaarlike sones te vermy, asook om opdragte en belangrike inligting oor te dra. Verder moet hulle ook die veiligheid van reddingswerkers op die toneel en pasiënte aan boord monitor.”

Back to top

 

24. Kwadrupleeg klop Kilimandjaro

(Die Burger, 8 September 2015)

Romantha Botha

KAAPSTAD. – Dit voel nog soos ‘n droom, sê sy, maar Chaeli Mycroft het verlede week Donderdag – met behulp van sewe stappers en ‘n ondersteuningspan – die kruin van Kilimandjaro bereik.

“Dit was moeiliker as wat ek verwag het en daar was tye dat ek teen my emosies moes veg om gefokus te bly. Ek het gesien hoe sterk ons span kan wees as dinge moeilik raak,” het Mycroft (21), ‘n kwadrupleeg en aktivis van Bergvliet, gesê.

Taylor Jackson (21), een van die stappers, het gesê dit was ‘n uitdagende staptog en moeiliker as wat hy verwag het.

“Ek is bly om terug te wees en dat ons die staptog kon voltooi.”

Die span, wat uit sewe lede bestaan, het Chaeli in ‘n rolstoel met handvatsels en vier wiele gedra en gestoot.

Twee stappers kon nie die staptog voltooi nie omdat hulle bergsiekte gehad het.

Mycroft het ook haar mondigwording op die tweede dag van die staptog gevier.

“Die span het vir my ‘n koek gebak. Dit het vir my baie beteken, want dit het gewys hoe belangrik dit vir my spanmaats is dat almal gelukkig is. Dit was ongelooflik om my verjaardag op so ‘n unieke manier te vier,” het sy gesê.

Sy is sover bekend die eerste vroulike kwadrupleeg wat al die kruin van Kilimandjaro bereik het.

Sy het gesê sy gaan vir eers van berge af wegbly en eers weer aandag aan haar studies skenk.

Sy is ‘n finalejaarstudent in sosiale wetenskap aan die Universiteit van Kaapstad.

Back to top

 

25. Wag ‘betower’ met klavierspel

(Die Burger, 17 September 2015)

Buks Viljoen

MBOMBELA. – Hy het motors by die Middelburg Mall opgepas om aan die lewe te bly – totdat hy onlangs voor ‘n klavier ingeskuif en almal met sy talent verstom het.

‘n Video van Pablo Muvunyi agter die vleuelklavier van die winkelsentrum is op You-Tube geplaas en binne ‘n japtrap het dit meer as 100 000 trefslae gehad.

Sy kollegas het eers tóé besef dat Muvunyi al jare lank ‘n musikant is.

Muvunyi het vertel hy is in die Demokratiese Republiek van die Kongo gebore en het op 15-jarige ouderdom geleer om klavier, kitaar en tromme te speel.

In dié tyd het die burgeroorlog uitgebreek en hy is gedwing om die wapen as soldaat op te neem.

Hy het later na Rwanda gevlug. Hier kon hy selfs klas gee in musiek.

“My passie is musiek. En dit is baie beter as om ‘n soldaat te wees.

“Ek was langer as 20 jaar in die vermaakbedryf en het in lande soos Uganda, Tanzanië, Mosambiek en Malawi gespeel.

“Einde 2014 het ek saam met ‘n groep in Johannesburg aangekom.

“Hier het my wêreld in duie gestort toe ons bestuurder ons net daar, sonder geld of heenkome, agtergelaat het.”

Met net R1000 in sy sak moes hy en sy gesin ‘n nuwe lewe begin.

Hy het vroeër vanjaar van ‘n pos as motorwag by die Middelburg Mall te hore gekom.

Muvunyi het geswyg oor sy uitsonderlike musiektalent, totdat ‘n kollega ontdek het hy kan klavier speel.

“Ons het ‘n paar maande gelede ‘n klavier gekoop wat in die sentrum se gang geplaas is,” het Anneliza Erwee, bemarkingsbestuurder van die Middelburg Mall, gesê.

“Ek het Pablo aangemoedig om ‘n bietjie te speel. Groot was ons verbasing toe ons sy uitsonderlike talent hoor. Besoekers het in die gange gestop om na hom te luister. Een van hulle het ‘n video geneem en op sosiale media versprei.” Muvunyi is nou so gewild dat hy naweke in die sentrum speel om ekstra geld te verdien.

Hy het selfs ‘n koor van motorwagte op die been gebring.

“Ons het elke oggend ‘n parade as motorwagte.

“Ek het een oggend besluit dat ons ná die parade saam moet sing.

“En net daar het ons besluit om ons eie Mall-motorwagkoor te begin.”

Hulle gee hul eerste openbare optrede op 25 September met die viering van Middelburg se aanwysing as die kykNET-program Kwêla se Dorp van die Jaar.

Back to top

 

26. Net 674 232 skryf matriek nadat 13 000 ‘verwyder is’

(Die Burger, 7 September 2015)

Anika Marais

KAAPSTAD. – Byna 13 000 matriekleerders het deur die krake geval nadat die departement van basiese onderwys die aantal leerders wat vanjaar die eindeksamen gaan aflê, hersien het.

Die departement van basiese onderwys het verlede week in sy portefeuljekomiteevergadering in die parlement aangekondig dat 674 232 heeltydse leerders vanjaar die eksamen van die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) gaan skryf.

Twee weke gelede het ‘n navorser van die departement, Ntsizwa Vilakazi, egter by ‘n onderwyskonferensie aan die Universiteit Stellenbosch gesê 687 230 heeltydse leerders gaan die eksamen aflê.

“Die aantal leerders is intussen geoudit,” het die woordvoerder van die departement, Elijah Mhlanga, gister gesê. Die oudit het presies 12 998 leerders verwyder.

Die matriekeindeksamen begin vanjaar op 19 Oktober met rekenaartoepassingstegnologie, vraestel een, en eindig op 27 November met musiek, vraestel twee.

Dit is nog onseker wanneer die uitslae bekend gemaak sal word.

Back to top

 

27. Ál meer kinders word afgeskeep

VERWAARLOSING

(Die Burger, 7 September 2015)

Samantha van den Berg

KAAPSTAD. – Beter navorsing en statistieke oor kinder­verwaarlosing en -verlating kan maatskaplike werkers help om dié krisis beter aan te pak.

“Daar is ongelukkig geen statistieke beskikbaar van hoeveel kinders in die Wes-Kaap deur ‘n ouer weggegooi of verwaarloos word nie,” het Elzeth Conradie, woordvoerder van Abba Adoptions in die provinsie, aan Die Burger gesê.

“Dit is baie sleg, want statistieke kan rolspelers help om deur strategiese beplanning dié maatskaplike probleem beter te hanteer,” het Conradie gesê en bygevoeg dat hulle en ander organisasies die afgelope jaar ‘n toename in kinderverwaarlosing opmerk – veral wat betref die aantal babas wat weggegooi word.

In die jongste voorval in die Moederstad verlede week is ‘n ma van Delft in hegtenis geneem nadat sy haar drie jong kinders na bewering vir vier dae alleen in die huis gelaat het.

Die kinders – onderskeidelik een, drie en nege jaar oud – is na bewering in hul huis in Tubelitsha in Delft toegesluit en sonder toesig gelaat, terwyl die 35-jarige ma glo gaan drink het. Die vrou is in hegtenis geneem en van kinderverwaarlosing aangekla.

Sihle Ngobese, woordvoerder van die Wes-Kaapse minister van maatskaplike ontwikkeling, het gister gesê die kinders is in ‘n plek van veiligheid geplaas.

As deel van die ondersoek word nabye familielede gesoek by wie die kinders kan gaan woon, het Ngobese bygevoeg.

Die polisie sal ook ondersoek of ander volwassenes in die huis woon. Ook húlle kan dan moontlik vervolg word.

“Ons sal die kinders aanhou ondersteun en versorg en die polisie in hul ondersoek na die voorval help. Ons neem baie sterk standpunt in teen gevalle van kinderverwaarlosing en sal onmiddellik optree teen diegene wat hulle daaraan skuldig maak,” het Ngobese vervolg.

Volgens Conradie kan armoede, ‘n tekort aan ouervaardighede en ondersteuning asook die vrees om veroordeel te word tot kinderverwaarlosing bydra. Sy het egter gewaarsku dat die hof streng sal optree wanneer dit by kinders en hul welstand kom.

“Die skuldige persoon kan, afhangend van die erns van die oortreding, tronkstraf opgelê word. Indien ‘n baba gelos word in ‘n plek waar die kind kan doodgaan, bestaan die moontlikheid dat die ouer van poging tot moord aangekla kan word,” het Conradie gesê.

Back to top

 

28. Aanleg bied oplossing vir kragtekort

(Die Burger, 7 September 2015)

Alet Janse van Rensburg

STELLENBOSCH. – ‘n Oplossing vir Suid-Afrika se tekort aan elektrisiteit lê moontlik in die gebruik van gekonsentreerde sonkrag, en dié tegnologie het pas ‘n stewige plaaslike hupstoot gekry.

Navorsers van die Universiteit Stellenbosch (US) se sontermiese energienavorsingsgroep, Sterg, berei tans voor om die Helio100-loodsaanleg bekend te stel.

Dié aanleg bestaan uit 100 spieëls, oftewel heliostate, wat elektrisiteit met gekonsentreerde sonenergie opwek. Wat dit buitengewoon maak, is dat die Helio100-span dit op ‘n goedkoper, eenvoudiger manier as ooit tevore kon oprig.

“Die vaste kostes verbonde aan die bou van ‘n tradisionele helio-aanleg was nog altyd baie hoog,” het Sebastian-James Bode, ‘n projeknavorser en meganiese ingenieur, gister verduidelik.

“Daar moet gate geboor word en fondamente van beton gelê word waarop elke heliostaat kan staan. Boonop is die rekenaar en sagteware wat onder elke heliostaat geïnstalleer was, duur. Daarom was dit nooit kostedoeltreffend nie.”

Helio100 se heliostate staan egter op relatief goedkoop strukture van vlekvrye staal en benodig geen duur bedrading, vaardighede en mannekrag nie.

Die hele demonstrasie-aanleg het sowat $1 miljoen (R13,4 miljoen) gekos en wek 150 kW hitte op, genoeg om sowat 30 gemiddelde huishoudings van elektrisiteit te voorsien.

“Ons het die heliostate letterlik binne ‘n dag opgerig. Die arbeid is minimaal en die strukture kan maklik vervoer en opgeslaan word,” het Bode gesê.

Die Helio100-aanleg se 100 spieëls staan in ‘n driehoekformasie sowat 2m hoog op die proefplaas Mariendahl buite Stellenbosch.

Die spieëls van 2 m2 elk is geboë en volg die son daagliks namate dit van oos na wes beweeg. Die spieëls weerkaats die sonstrale na ‘n toestel met ‘n oppervlakte van 1 m2 bo-op ‘n toring van 12 m hoog.

Die toestel verhit lug wat dan gebruik word om ‘n gasturbine, soortgelyk aan dié wat in die enjin van ‘n straler gebruik word, aan te dryf.

Volgens Bode is dit nie die tipe tegnologie wat mense by hul huis kan installeer nie.

Die hoop is eerder dat die regering en/of private instellings die tegnologie koop en op groot skaal aanbou, vanwaar dit krag aan Eskom se netwerk kan lewer.

Met dié doel voor oë werk die Helio-span van 16 ingenieurs, wetenskaplikes en tegnici sedert April verlede jaar om die demonstrasie-aanleg teen einde September gereed te kry.

“Suid-Afrika het nou elektrisiteit nodig, maar die groot probleem gaan egter vyf tot tien jaar van nou af ontstaan, wanneer ‘n groot hoeveelheid opwekkings-vermoë verlore sal gaan wanneer die ou steenkoolkragsentrales uit diens gestel word,” het Paul Gauché, die projekleier, gesê.

“Gekonsentreerde sonkrag gaan waarskynlik dan ‘n groot rol speel en ons tegnologie het die potensiaal om ‘n reuse plaaslike waarde toe te voeg.

“Dit is bo en behalwe die rol wat ons kan speel om ekonomiese verliese weens beurtkrag te vermy.”

Waarom Sterg geslaag het om heliostate goedkoper te vervaardig terwyl maatskappye soos Google misluk het, kan Gauché nie presies verduidelik nie.

“Ek dink die kern is dat ons ‘n goeie span is wat die beste van Suid-Afrikaanse kenmerke verteenwoordig,” het hy gesê.

Back to top

 

29. Alzheimersiekte ook oorerflik

(Die Burger, 7 September 2015)

Elsabé Brits

KAAPSTAD. – ‘n Mens se kans om alzheimersiekte te kry indien ‘n ouer, broer, suster of ander nabye familielid dié siekte gekry het, is groter as dié van ander mense.

Vandeesmaand is alzheimer-bewustheidsmaand en volgens die Amerikaanse kollege vir mediese genetika is die presiese oorsake van alzheimersiekte nog nie duidelik nie, hoewel genetika ‘n rol speel.

Die gemiddelde persoon in die algemene bevolking wat tot 75 of 80 jaar leef, se kans is een uit tien om dié siekte te kry. Maar die risiko is twee keer groter indien ‘n nabye familielid dit het, of gehad het.

Dit is egter al verbind tot spesifieke gene en daarom is daar wel twee tipes van dié siekte – ‘n familieverwante siekte (wat al op so vroeg as 40 jaar kan voorkom) en ‘n sporadiese een (wat later voorkom).

Almal wat die oorerflike vorm het, kry dit vroeg in hul lewe. Dít is sowat 5% van gevalle en indien ‘n mens een of twee geenmutasies van jou ma of pa erf, veroorsaak dit byna altyd die siekte.

Dié gene is presenilin 1 en 2 en APP, maar daar word na meer gene gesoek.

‘n Ander geen wat jou kanse tot tien keer verhoog, maar dit nie noodwendig veroorsaak nie is, APOE-E4 en variante daarvan. Dit speel ‘n rol in die sporadiese en meer algemene vorm van die siekte.

Die siekte kan met 60 tot 65 jaar begin, maar raak toenemend algemeen in ouer mense.

Die nasionale vereniging van genetiese beraders beveel nie aan dat mense getoets word vir die APOE- mutasies nie, omdat dit nog nie goed genoeg verstaan word nie. Mense word ook afgeraai om aanlyntoetse te vertrou of te bestel. Enige konsultasies oor alzheimersiekte moet in persoon gedoen word.

Back to top

 

30. Luister ‘n bietjie, dan vorder ons

(Die Burger, 8 September 2015)

Dinsdag Aktueel

Liezel de Lange

Daardie skoolbriewe wat elke ouer vrees – die soort wat jy die aand voor die tyd raaksien (of onthou) oor iets wat die volgende oggend moet klaar wees . . .

So moes ek een Donderdagaand kostuums uitgrawe om Afrikaanse idiome uit te beeld. ‘n Monster-partytjie se kostuums is inderhaas ingespan – en gelukkig is daar genoeg spreekwoorde oor geraamtes en spoke. Die doel was om Afrikaans se 90ste verjaardag te vier.

Toe die krisis eers afgeweer is, kon ek my verlekker in my wondersoete moedertaal.

Die taal waarin Adam Small, André P. Brink, Marlene van Niekerk en Jan Rabie my van skooldae af aan die lees (en dink) gesit het; die taal waarin Karin Zoid en Francois van Coke se duet my aangedaan maak.

Dis die taal waarin ek op die maat van Johannes Kerkorrel en Koos Kombuis op universiteit die stelsel kon uitdaag en ons kon kappityt op Brasse Vannie Kaap (en deesdae op Hemelbesem).

Dis die taal waarin ek op skool saam gewroeg het met die triomf en (baie) tragedie van radio- en televisiedramas soos Wolwedans in die Skemer, Verspeelde Lente en Het van Verlangekraal.

Dis die taal van Antjie Krog se Fynbosfeetjies, Louis Leipoldt se resepte vir skilpadsoep en vleesbredies, en Bo-Kaapse lekkertes soos denningvleis en koesisters.

Dis die taal waarin Coenie de Villiers ‘n mens laat verlang na die Karoo en waarin Die Antwoord ons laat bloos.

Laat ons nie die taal laat verlam deur sensitiwiteite nie.

Dis die taal waarin ek en nog 6,8 miljoen Suid-Afrikaners tuis snik, swets en skaterlag – die taal van my brood en botter.

Maar dit is ook die taal waarteen skoliere in Soweto bykans 40 jaar gelede in opstand gekom het. Die taal wat vereenselwig word met die verdeling, vernedering en vervreemding van die verlede.

Die taal wat pal in die nuus is weens aantygings dat dit ingespan word om mense by onder meer skole en universiteite uit te sluit.

Soos nou weer met die dokumentêr Luister, oor swart studente se ervarings op die kampus van die Universiteit Stellenbosch.

Die woede wat op ons kampusse opkook, kan allermins net aan taal toegeskryf word. Dr. Randall Carolissen, voorsitter van Wits se raad, waarsku: “Studentepolitiek raak nou die spieëlbeeld van diensleweringsprotes. Studente wys toenemend hul ongelukkigheid oor marginalisering, honger en diskriminasie.”

In Stellenbosch is die taalkwessie geopper, maar Afrikaans het niks te make gehad met die dramas by die Universiteit van Kaapstad nie.

Sowat 3,4 miljoen bruin, 2,7 miljoen wit en 660 000 swart en Indiër-Suid-Afrikaners is Afrikaans – meer as die helfte van Afrikaans-sprekendes is in die apartheidstyd gemarginaliseer.

Laat ons – die hele taalgemeenskap – in ons daaglikse handel en wandel vir ons mede-Suid-Afrikaners wys Afrikaans kan nie gereduseer word tot “die taal van die verdrukker” of hedendaagse pogings tot uitsluiting nie.

Dan kan ons debatte voer sonder dat dit in ‘n bekgeveg oor ras ontaard. Laat ons die geraamtes in die kas vierkant in die oë kyk en nie onnodige spoke opjaag nie. Laat ons ook nie die taal laat verlam deur sensitiwiteite nie.

Veels geluk, liewe Afrikaans; mag jy nog baie jare gespaar bly.

Back to top

 

31. Sakesentrum help met ontwikkeling

PHILIPPI VILLAGE BIED GELEENTHEDE

Skeepshouers as kantore ingerig

(Die Burger, 8 September 2015)

Romantha Botha

KAAPSTAD. – ‘n Sakesentrum waar entrepreneurs hul idees in suksesvolle ondernemings kan omskep, is gister in Philippi geopen.

“Vir baie inwoners van Philippi is entrepreneurskap die enigste vorm van oorlewing omdat werk skaars is.

“Die behoefte aan ‘n inkomste dryf entrepreneurs om hul ondernemings sonder die nodige finansiering of infrastruktuur te begin, en dit is iets wat hul kans op sukses belemmer,” het Amor Strauss, bestuurder van Philippi Village, gesê.

Philippi Village, ‘n ou sementfabriek in die nywerheidsgebied van Philippi, is in 2005 begin.

Kleurryke skeepshouers op die perseel, die Container Walk, gaan dien as kantore vir eienaars van klein ondernemings.

Die eerste 24 houers wat verlede week beskikbaar gestel is, is binne ‘n dag opgeraap.

‘n Bykomende 70 houers word in September beskikbaar gestel.

Ander geriewe in die vierverdiepinggebou sluit in ‘n dagsorgsentrum vir werkende ouers, ‘n biblioteek, raadsale en ‘n eetplek.

Die projek beoog om in die toekoms ‘n vierverdiepinghotel, ‘n nagklub en ‘n privaat hospitaal, asook die grootse winkelsentrum wat van skeepshouers gemaak is op die perseel aan te bring.

“Mense met passie en gewilligheid om alles in te sit om van hul onderneming ‘n sukses te maak, is welkom om aan ons deure te klop,” het Strauss gister gesê.

Die sentrum bied aan entrepreneurs verskeie werksessies en kursusse om hul sake-idees of bestaande ondernemings winsgewend te maak.

Die enigste vereiste is dat jy ‘n Suid-Afrikaanse identiteitsdokument, ‘n geldige paspoort of ‘n werkpermit moet hê, het sy bygevoeg.

Back to top

 

32. Albertinia tot in die rekordboeke gebrei

(Die Burger, 8 September 2015)

Malherbe Nienaber

KAAPSTAD. – Sowat nege maande nadat hulle die wêreld se grootste handgemaakte trui gemaak het, is ‘n groep breiers van Albertinia se rekord uiteindelik bevestig.

“Ons het amper moedeloos geraak van die wag,” het Nina Mather, projekleier, gister gesê nadat Guinness World Records die groep se rekord bevestig het.

Sy en 21 vroue van dié Suid-Kaapse dorp het die trui, wat 8,2 m lank van mouboordjie tot mouboordjie is, in Desember voltooi. Die trui is in die kleure van die landsvlag en het net langer as ses maande geneem om te brei.

“Die oomblik as ons Guinness se sertifikaat van Londen af in die pos ontvang, gaan ons almal nooi om dit te vier,” het Mather gesê.

Die vroue het verlede week ‘n e-pos ontvang om hul rekord te bevestig. “Almal was baie opgewonde toe ons die nuus gekry het.”

Die Burger het hulle in Desember besoek nadat die groep vir 22 weke elke Woensdag in die dorpsaal vergader en gebrei het. Die trui is van 24 kg breidraad gemaak en in lang repe gebrei voor dit aan mekaar vasgewerk is.

Dit bevat 2 360 steke wat opgesit is.

Afmetings van die trui, foto’s, verslae, video’s en ‘n kleiner replika is na Guinness World Records se kantoor gepos om die rekord te bevestig.

Die breiers het destyds gesê hulle hoop om Albertinia met dié projek “op die kaart” te plaas.

“Mense ry hier verby en dink ons dorp is net twee vulstasies. Dis nie waar nie,” het Fransie Geldenhuys, een van die breiers, in Desember gesê.

Back to top

 

33. Dr ST Potgieter Nuusbrief

Bereik jou potensiaal: Oorwinning oor luiheid

Luiheid is ‘n probleem in baie mense se lewens. Byvoorbeeld: ouers word gefrustreer deur hul kinders wat te lui is om te studeer en met huislike take te help. Vrouens is geïrriteerd met hul mans wat niks wil doen nie en heeldag voor die televisie lê. En so kan ons aangaan: daar is honderde voorbeelde.

Maar vandag se nuusbrief is geskryf wanneer jy persoonlik voel dat jy iets aan jou luiheid wil doen. Met ander woorde dit is nie iemand wat jou voorskryf of aanpraat nie, maar jyself wat jou luiheid wil afskud en verbeter. Het jy al ‘n hele dag net mooi niks gedoen nie, hier en daar in die huis rondgepik, televisie gekyk, ge-Facebook en teen die aand gevoel jy het jou hele dag vermors.

Onthou net, jou luiheid gaan nie sommer vanself verdwyn nie. Daar moet aksie van jou kant wees in die remediëring van jou luiheid.

 

Hier is ‘n paar voorstelle wat om te doen:

  1. Erken jy is lui. Soos ‘n alkoholis moet erken hy het ‘n probleem, so moet jy erken jy het ‘n probleem.
  2. Begin jou oggend met ‘n lekker stort, borsel jou tande, kam jou hare en trek vir jou gerieflike netjiese klere aan. Jy gaan net soveel meer verfris voel en gereed wees om die dag se aktiwiteite aan te pak.
  3. Neem een taak wat jy wil voltooi. Stel ‘n tydsbeperking daarop en spring weg en doen dit.
  4. Fokus en konsentreer op die een enkele taak en doen dit net. Vergeet van ander dinge en stel jou visier in op die voltooiing van die taak. Jy gaan so goed voel wanneer jy dit voltooi en weet dit is afgehandel.
  5. Moenie probeer om alles te wil doen nie. Doen een taak, een projek, op ‘n slag.
  6. Kry perspektief op TYD. Kyk hoeveel ure, maande en jare van jou lewe het reeds eenvoudig net verby gevlieg. Maak ‘n draai by ‘n ouetehuis en kyk hoe baie bejaardes sit daar en kan nie meer fisies dinge doen nie. Moenie toelaat dat jou luiheid jou lewe beroof nie.
  7. Spring uit, koop die tyd uit, en leef jou potensiaal uit.
  8. Moenie voor die televisie plak soos ‘n stuk kougom aan ‘n wolkombers nie. Dit maak jou nog luier. Staan op en gaan stap ‘n ver ent. Kom uit na buite.

 

Kom tot die besef dat luiheid ‘n persoonlike keuse is. Jy kan dit probeer rasionaliseer, verskonings soek, wetenskaplike redes daarvoor aanvoer, dit aan jou kinderjare toeskryf, maar aan die einde van die dag is dit ‘n keuse wat jy maak om lui te wees of nie.

Mense raak lui omrede hulle dinge vir ander mense moet doen. Die oplossing is om goed vir jouself te begin doen waarvan jy hou. Kry jou eiewaarde terug as mens.

Wees trots op wie jy is. Wees ‘n bietjie selfsugtig en doen dinge wat jy graag wil doen. Doen dinge wat jou ‘n bietjie “boost” in die lewe gee. Moenie die huis skoonmaak net omdat jy kuiermense kry nie. Maak die huis skoon omrede jy dit verdien om in ‘n skoon en sindelike huis te woon.

Die opneem van jou eiewaarde, die opneem van selfrespek, sal maak dat jy dinge doen wat jou goed sal laat voel.

Beweeg, beweeg, beweeg. Het jy al agtergekom wanneer jy lank lê en slaap gedurende die dag, dalk voor die televisie, en jy ontwaak, voel jy lus om net verder te lê. Lus om niks te doen nie. Nou-ja, dit is die reël van heeldag lê: hoe meer jy lê en niksdoen, hoe meer wil jy lê en niksdoen. Dit is eers wanneer jy besig raak, beweeg en aktiwiteite doen dat jy meer energie kry en lus voel om dinge aan te pak. Breek die sirkel van niks doen en begin beweeg.

Skryf een of twee doelwitte vir die dag neer. Plak die papier teen ‘n kas waar jy dit kan sien. Begin met een van die doelwitte, konsentreer daarop en voltooi die een doelwit. Daarna kan jy na die volgende doelwit oorgaan. Die punt is: neem een doelwit op ‘n slag, voltooi dit en voel goed daaroor.

Kyk vir jouself in die spieël. Druk jou gesig teen die spieël, waai vir jouself, trek jou gesig, plooi jou neus. Die man / vrou wat jy in die spieël sien, is alleen aanspreeklik vir jou suksesse en mislukkings in hierdie lewe. Wat wil jy doen omtrent jou luiheid en jou drome?

Hou op om verskonings te maak. “Just do it” – Nike.

Soms voel ons angstig, bang, ongemaklik of onseker om sekere dinge te doen. Die gevolg is jy doen dan net die minimum om deur die dag te kom.

Dit is ‘n gevoel – ja, nie ‘n lekker gevoel nie – maar steeds ‘n gevoel wat jou verhinder om aktief besig te raak. Jy kan toelaat dat gevoel jou oorneem en jou passief maak. Jy kan egter ook gedryf word deur rede. Jy kan dalk nie lekker voel nie, maar jy kan ‘n rede hê waarom jy opstaan en ‘n taak aanpak. Wat bepaal jou rigting in jou lewe: gevoel of rede?

Moenie wag totdat jy eendag goed voel nie om te begin nie. Dit kan dalk nooit gebeur nie. Kry ‘n rede hoekom dinge gedoen moet word, en doen dit.

 

Bepaal die volgende:

  1. Wat is die voordele wanneer ek ‘n taak opneem en voltooi versus die nadele wanneer ek lui is en nie die taak doen nie.
  2. Hoekom is dit belangrik om hierdie projek te doen? Hierin lê dalk vir jou genoeg rede om luiheid af te skud en aktief besig te raak.

 

Moenie wag vir motivering om ‘n taak aan te pak nie. Verrig eers die AKSIE en dan sal motivering vanself volg. Jy ervaar deur aksie die voordele van jou aksie en dit motiveer jou vir die volgende stappe. Byvoorbeeld: moenie wag vir motivering om te studeer nie. Begin net om te studeer.

Die sukses wat behaal word deur jou studie sal aan jou motivering gee vir jou verdere studies. Deur aksie ontwaak die potensiaal wat binne jou versteek lê.

Stel vas wat die spesifieke ding is wat jou verhinder om aan te gaan. Soms is dit slegs ‘n stukkie detail wat jou weerhou om met iets te begin. Vind ‘n manier hoe om daarmee te of hoe om dit op te los.

Wanneer jy aan die gang is, bly aan die gang. Neem ‘n kort breek en rus. Vier jou eerste sukses. Begin egter so gou as moontlik weer. Te lang uitgerekte tussenposes maak jou lui en traag om weer te begin.

Onthou die herstel van luiheid is ‘n proses. Dit gaan tyd neem. Maar moenie opgee nie, werk elke dag aan die helingsproses. Jy sal uitkom by die punt waar jy luiheid oorwin en vreugdevol en met oorgawe leef.

Hou op om ander te hiet en gebied. Staan ‘n slag op en doen die ding self. Te veel mense probeer hul luiheid verdoesel onder die voorwendsel van delegering. Daar is ‘n plek vir delegering, maar die konsep van delegering is nie om as ‘n plaasvervanger vir jou luiheid te dien nie.

Luiheid kan natuurlik ook die gevolg wees van depressie of ‘n stresvolle lewensstyl. In so ‘n geval is dit goed om ‘n sielkundige of dokter te gaan sien.

En natuurlik, met die krag van gebed en die genade van die Here is dit altyd moontlik om ook die luiheid in jou lewe te oorwin.

Ons almal beleef soms ‘n dag wat ons lus het om niks te doen nie. Dit is heeltemal normaal. Wanneer dit egter te lank aanhou, is daar ‘n probleem. Ek vertrou dat bostaande punte jou sal help om luiheid – indien jy so ‘n probleem het – te help aanspreek. Onthou die lees van hierdie artikel is nie die oplossing nie – jy moet opstaan en begin doen.

‘n Sprankie Sielkunde vir die dag

“Hoe lank, luiaard, sal jy bly lê, wanneer sal jy opstaan uit jou slaap? Nog ‘n bietjie slaap, nog ‘n bietjie sluimer, nog ‘n bietjie hande vou om uit te rus! So kom jou armoede soos ‘n rondloper en jou gebrek soos ‘n gewapende man.” – Spreuke 6:9-11

Sien ‘n terapeut wanneer jy moeg, bekommerd en angstig of depressief voel.

Onthou Graad 11 en 12-leerlinge – dit is nou die tyd om jou beroepstoetsing te doen en aan jou studie- en loopbaankeuses aandag te gee. En waar jou kind dalk nou tekens toon van ‘n leerprobleem of jy is bekommerd oor jou kind se skoolwerk – ‘n evaluering is dalk net nodig om vas te stel wat die oorsaak hiervan is.

Indien jy aan my wil skryf, moenie Reply druk op hierdie nuusbrief nie – die epos sal nie by my uitkom nie. Jy moet my korrekte eposadres gebruik: st@pitkos.co.za. Ek hoor graag van jou.

Indien jy wil inskryf op die nuusbrief, stuur jou naam en eposadres na my. Jy hoef nie te betaal vir die nuusbrief nie – ek seën jou graag hiermee.

Indien jy enige kommentaar het of terugvoering wil gee oor vandag se onderwerp, en ook ander se kommentaar wil lees, kan jy dit doen op my facebook bladsy: ST se Pitkos. Kliek net op my fb-blad of “Like” om aan te sluit. Jy kan ook aan my skryf by st@pitkos.co.za.

 

Onthou my vyf boeke is nog landswyd beskikbaar:

  1. Staan op vir Jouself
  2. Staan op in Moeilike Tye
  3. Pitkos – radiopraatjies
  4. Jou laaste selfhelpboek ooit
  5. Die Merkwaardige Wysheid van Salomo

 

Dalk is daar iemand wat deur swaarkry en onseker tye gaan. Skenk ‘n boek. Hierdie boeke mag dalk ‘n groot verskil in so iemand se lewe maak.

In moeilike tye, wanneer jy op jou knieë gedwing word, is knieë dalk juis die beste plek om te wees.

ST Potgieter

Back to top

 

34. Wes-Kapenaars rook meer as res van land

(Die Burger, 2 September 2015)

Elsabé Brits

KAAPSTAD. – Selfs al probeer die regering mense bang maak oor die gevare van tabak, rook 18% van volwasse Suid-Afrikaners, met Wes-Kapenaars wat die meeste stook.

Vier keer meer mans as vroue rook en 40% van bruin mense rook. Dit is ook in die Wes-Kaap waar die hoogste voorkoms is van swanger vroue wat rook.

Dié studie, om tabakverbruik te bepaal, is onder 15 400 mense in al die provinsies en onder al die bevolkingsgroepe gedoen en kan as verteenwoordigend van die bevolking beskou word.

Dit is in die Augustus-uitgawe van die South African Medical Journal gepubliseer.

Minder as ‘n derde van die mense wat rook, is binne die tydperk van ‘n jaar deur ‘n dokter aanbeveel om op te hou. Die dokters was egter meer geneig om vroue aan te raai om op te hou rook as mans.

Sowat die helfte het al probeer om op te hou en die helfte het aangedui dat die gesondheidswaarskuwings op sigaret-pakkies hulle al daaraan laat dink het om op te hou.

In ‘n kommentaarartikel skryf dr. Derek Yach van die Vitality-instituut in New York dat die Suid-Afrikaanse beleid om tabakgebruik te beheer, slaag. Vir elke R1 wat sigarette duurder word, is die risiko dat iemand sal begin rook tussen 1% en 2,8% minder.

Een van die teikens is juis kinders omdat 12,7% van die kinders in gr. 8 tot gr. 11 in Suid-Afrika rook. “Dit beklemtoon die realiteit dat tabakbeheer ‘n kritieke voorkeur van die land bly,” het hy geskryf

Hy het voorgestel dat die belasting wat jaarliks op tabak gehef word, gebruik word om ‘n nasionale gesondheidstigting op die been te bring.

Mense het ook ‘n wanbegrip van die verskil tussen tabak en nikotien. Hy meen dat veldtogte nie genoeg daarop fokus dat tabak doodmaak nie en dat daar bewyse is dat e-sigarette openbare gesondheid kan verbeter en gevolglik die ses miljoen sterftes weens tabak kan verminder. Volgens hom is e-sigarette nie noodwendig die deur na tabak nie.

Back to top

 

35. Plant ná 75 jaar weer gesien

(Die Burger, 2 September 2015)

Alet Janse van Rensburg

KAAPSTAD. – ‘n Fynbosspesie wat sowat 75 jaar gelede die laaste keer in die Kaap gesien is, is sowat twee weke gelede weer op Leeukop gevind.

Die Kaapse granietvlas, oftewel Polycarena silenoides, is in 1940 laas daar gesien en intussen deur die Internasionale Wêreldbewaringsunie (IUCN) geklassifiseer as “kritiek bedreig en moontlik uitgesterf”.

‘n Groep vrywilligers wat hulle vir die beskerming van bedreigde spesies beywer, het egter verlede Sondag geskiedenis gemaak toe hulle dié plant herontdek het.

“Ons het spesifiek gegaan om na die plant te soek,” het Gigi Laidler, ‘n lid van die Custodians of Rare and Endangered Wildflowers (Crew), gesê.

“Ons het laag teen Leeukop aan Kampsbaai se kant gesoek toe ek die blom gewaar.”

Volgens Laidler is hul taak bemoeilik deur die feit dat daar geen foto’s van die plant beskikbaar was nie.

“Ons het slegs beskrywings en sketse gehad om op staat te maak. Ons het eintlik gestop om na ‘n ander blom te kyk toe ek besef dat die plantjie langsaan baie soos die beskrywings lyk.”

Laidler het toe ‘n voorbeeld van die plant na ‘n botanis geneem, wat bevestig het dat dit wel die Kaap se granietvlas is.

Die plantjie groei slegs sowat 8 cm hoog en het roomkleurige blomme.

“Ons vermoed dat die plant nou sigbaar is omdat die brande van vroeër vanjaar groter plante wat dit weggesteek het, vernietig het,” het Laidler gesê.

“Die Kaapse granietvlas kom slegs op Leeukop voor en hoewel ons min van die spesie weet, weet ons nou beter waarna om te soek. Dit sal dus interessant wees om te sien waar ons dit nog kan kry.”

Stappe sal nou gedoen word om seker te maak dat die sowat 20 plantjies wat Crew gevind het, beskerm word en hul status by die IUCN aangepas word.

Back to top

 

36. Wat het dan van dié kinders se pa’s geword?

(Die Burger, 8 September 2015)

Te veel Suid-Afrikaanse kinders word in ‘n vaderlose omgewing groot.

Dit word deur die jongste geboortesyfers bevestig:

 

  • Verlede jaar is meer as 886 202 babas gebore. Van hulle bevat ‘n ontstellende 61% se geboorte-registrasie geen besonderhede van die pa nie.
  • Die gemiddelde ouderdom van ma’s was verlede jaar 27.
  • Van dié ma’s het net 34% matriek geslaag en was tot 50% werkloos.

 

Dié droewige prentjie laat dié babas se toekoms net so droewig lyk. Hulle word nie net in grootliks wanfunksionele gesinne groot nie, maar ook bes moontlik in uiterste armoede.

Wat het van die pa’s geword? Wat het gebeur dat soveel duisende mans kinders verwek van wie hulle dalk nooit weet nie en/of vir wie hulle niks omgee nie en die verantwoordelikheid vir dié kinders se toekoms aan die ma oorlaat?

Dié omstandighede plaas groot druk op die primêre versorger – gewoonlik die ma of ‘n ouma – veral weens uitdagings soos die ekonomie, werkloosheid en ‘n gebrek aan hulpbronne.

As ‘n ma geen hulpbronne het om haar kind groot te maak nie, haar elke dag moet kwel oor waar die kos vandaan gaan kom, alleen verantwoordelik is vir haar kind se versorging en geen ondersteuningstruktuur het nie, het sy bes moontlik ook nie die energie, kennis of wil om haar kind na behore te stimuleer en ‘n gesonde verhouding met hom of haar te bou nie.

As ‘n ma nie vir haarself ‘n toekoms kan visualiseer nie, hoe sal sy dit vir haar kind doen? Die kind word sonder die regte rolmodelle groot, sonder gesonde gesinsverhoudinge in ‘n wrede wêreld waar te veel van baie jongs af vir hulself moet veg – bloot om oorlewing, hetsy liggaamlik of emosioneel.

Omdat dié kinders niks anders ken nie, sit hulle die bose kringloop as volwassenes voort – met die noodwendige maatskaplike probleme wat in ‘n toenemend wanfunksionele samelewing wéér ‘n rimpeleffek in die volgende geslag het.

Back to top

 

37. Moederstad se erfenis kry nuwe tuiste

(Die Burger, 2 September 2015)

Meryl Davidson

KAAPSTAD. – Die “koningin van Adderleystraat”, oftewel die Ou Standard Bank-gebou, gaan binnekort die nuwe tuiste van die Moederstad se erfenis wees.

Die Wes-Kaapse departemente van kultuursake en sport, asook van vervoer en openbare werke, het gister die nuwe Kaapstad-museum – ‘n eerste in sy soort – bekend gestel. Dit sal in die ou Standard Bank-gebou in Adderleystraat ingerig word.

Volgens Anroux Marais, Wes-Kaapse minister van kultuursake en sport, is dit die eerste keer sedert 1988 dat ‘n splinternuwe museum deur die Wes-Kaapse regering ingerig word.

“Die oprigting van die Kaapstad-museum is betekenisvol,” het sy gister gesê. “Hoewel daar meer as 60 bestaande museums in die Kaapse metropool is, is daar nie een enkele museum wat ‘n oorsig van die erfenis van die Moederstad bied nie.”

Marais het gesê dit is daarom gepas dat die “koningin van Adderleystraat” die nuwe tuiste van Kaapstad se erfenis sal wees.

“Dit is ons mandaat om die diverse erfenis van die provinsie te bewaar, te ontwikkel en te bevorder,” het sy gesê. “Die bekendstelling van hierdie museum is een van die maniere waarop hierdie mandaat vervul word.”

Die idee om die museum in te rig, spruit uit die behoefte aan ‘n oorsig van die geskiedenis van die Moederstad wat aan besoekers gebied kan word.

Met die bekendstelling aan die begin van Erfenismaand is die museum daarop gerig om die diverse erfenis van die mense van Kaapstad te weerspieël.

Dit is die Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport, tesame met die provinsiale departement van vervoer en openbare werke, se hoofdoel om dié museum aan die voet van Afrika iets besonders te maak.

Die museum sal permanente uitstallings bevat oor die geskiedenis en ontwikkeling van Kaapstad, asook ‘n galery met historiese foto’s en artefakte.

“Museums is instellings wat die verlede bewaar en kommunikeer, maar tog lê hul fondamente in die hede,” het Marais gesê. “Dit dien as ‘n historiese ‘nuusuitsending’ tussen geslagte omdat dit aan huidige en toekomstige geslagte insig bied oor hul oorsprong en geskiedenis.”

Besoekers aan die museum en die publiek word aangemoedig om voor te stel wat hulle in die museum wil sien.

Daar word gehoop dat die museum aanstaande jaar, of vroeg in 2017, vir die publiek oop sal wees.

Back to top

 

38. Groot bakke roomys laat mark koud

(Die Burger, 2 September 2015)

Reuters

JOHANESSBURG. – Veranderende smake en verspreidingsprobleme in ontluikende markte maak die roomysbedryf, wat lank oorheers is deur internasionale voedselmaatskappye soos Unilever en Nestlé, oop vir mededinging.

Hoewel klassieke vanielje, sjokolade en aarbei die wêreld se gewildste roomysgeure bly, beweeg gesondheidsbewuste verbruikers weg van die groot roomysbakke van die verlede na kleiner happies.

En eerder as gewilde hoofstroomprodukte, verkies hulle toenemend nis- of bomarkhandelsname met ongewone of gesonder bestanddele.

“Mense wil óf onverwerkte roomys hê met gesondheids­voordele óf mense dink: As ek wel roomys gaan eet, moet dit die beste gehalte wees,” sê Alex Beckett, ‘n voedsel- en drank-ontleder van Mintel.

Dit is ‘n uitdaging vir Unilever en Nestlé, wat saam sowat ‘n derde van die internasionale mark vir roomys beheer. Mintel verwag dat dié mark van $67 miljard in 2014 tot $71 miljard in 2015 gaan groei.

Hulle het gereageer met verskeie strategieë, soos om beginnerondernemings te koop, nuwe produkte bekend te stel en nuwe markte te betree, maar die mededinging van kleiner roomysmakers raak net groter.

Die uitbreiding na ontluikende lande – ‘n groot bron van groei vir ander verbruikersgoedere – is moeilik, deels weens die koste en kompleksiteit om bevrore goedere te versprei in groot lande met onbetroubare elektrisiteit. Die verkoop van roomys in groot houers het lae marges, en pryse in die markte soos die VSA kom onder toenemende druk van supermarkte se eie handelsname.

Nestlé het reeds van sy roomysbedrywighede vir die massamark verkoop en daar is bespiegeling dat hy meer van die bedrywighede – wat sowat $4 miljard van sy $95 miljard in jaarlikse inkomste bydra – gaan verkoop.

Wat ontleders wel weet, is dat Nestlé nie sommer enige nuwe handelsname by sy roomys sal voeg nie. Nestlé beskou homself toenemend as ‘n maatskappy wat fokus op gesondheid.

Back to top

 

39. Statebondspele kom na Durban

(Die Burger, 2 September 2015)

KAAPSTAD. – Durban sal na verwagting kort voor 07:00 vanoggend as die gasheer van die Statebondspele in 2022 aangewys word.

In die 85-jarige bestaan van dié sportskouspel het geen Afrikaland dit al aangebied nie.

Die Statebondspelefederasie het die afgelope paar dae in Auckland, Nieu-Seeland, sy algemene jaarvergadering gehou waartydens ‘n besluit oor die Spele van 2022 geneem is.

Edmonton en Durban was die enigste stede wat gebie het, maar die Kanadese stad het hom aan die wedloop onttrek ná die olieprys dramaties geval het.

Back to top

 

40. Navorsers hoop griep se dae is binnekort getel

(Die Burger, 2 September 2015)

Elsabé Brits

KAAPSTAD. – Griep, wat jaarliks derduisende lewens eis, kan in die toekoms iets van die verlede wees indien ‘n universele entstof ontwikkel kan word.

Die eerste stap is reeds gedoen nadat ‘n eksperimentele entstof suksesvol op muise en frette getoets is.

Elke jaar word ‘n nuwe seisoenale griepentstof gemaak. Dit stimuleer die vervaardiging van teenliggaampies wat die virus se “kop”, die hemagglutinien-gliko-proteien (HA), teiken. Maar dit muteer maklik en die virusse verander deurentyd.

Volgens die nuwe navorsing wat in Nature Medicine gepubliseer is, is die ideaal om ‘n entstof te ontwerp wat ‘n ander deel van die virus teiken, soos die steel, omdat dit nie so maklik muteer nie.

Indien so ‘n entstof ontwikkel kan word, sal ‘n mens nie net teen die heersende seisoenale griep beskerm kan wees nie, maar ook teen toekomstige stamme en gedeeltelik teen pandemiese stamme.

Twee afsonderlike navorsings-groepe het daarin geslaag om die steel suksesvol te teiken. Die volgende stap is om die entstof op mense te toets.

Back to top

 

41. TRUE STORY…

E-mail

At the prodding of my friends I am writing this story. My name is Mildred Honor.

I am a former elementary school Music Teacher from Des Moines, Iowa.

I have always supplemented my income by teaching piano lessons…

Something I have done for over 30 years.

During those years I found that children have many levels of musical ability, and even though I have never had the prodigy, I have taught some very talented students.

However, I have also had my share of what I call ‘musically challenged’ pupils.

One such pupil being Robby. Robby was 11 years old when his mother (a single mom) dropped him off for his first piano lesson.

I prefer that students (especially boys) begin at an earlier age, which I explained to Robby. But Robby said that it had always been his Mother’s dream to hear him play the Piano, so I took him as a student.

At the end of each weekly lesson he would always say ‘My Mom’s going to hear me play someday’. But to me, it seemed hopeless, he just did not have any inborn ability. I only knew his mother from a distance as she dropped Robby off or waited in her aged car to pick him up. She always waved and smiled, but never dropped in.

Then one day Robby stopped coming for his Lessons. I thought about calling him, but assumed that because of his lack of ability he had decided to pursue something else. I was also glad that he had stopped coming. He was a bad advertisement for my teaching!

Several Weeks later I mailed a flyer recital to the students’ homes. To my surprise, Robby (who had received a flyer) asked if he could be in the recital. I told him that the recital was for current pupils and that because he had dropped
out, he really did not qualify.

He told me that his Mother had been sick and unable to take him to his piano lessons, but that he had been practicing. ‘Please Miss Honor, I’ve just got to play’ he insisted.

I don’t know what led me to allow him to play in the recital – perhaps it was his insistence or maybe something inside of me saying that it would be all right.

The night of the Recital came and the high school gymnasium was packed with parents, relatives and friends. I put Robby last in the Program, just before I was to come up and thank all the Students and Play a finishing piece. I thought that any damage he might do would come at the end of the program and I could always salvage his poor performance through my ‘curtain closer.’

Well, the Recital went off without a Hitch, the Students had been practicing and it showed. Then Robby came up on the stage. His Clothes were wrinkled and his hair looked as though he had run an egg beater through it. ‘Why wasn’t he dressed up like the other Students?’

I thought. ‘Why didn’t his Mother at least make him Comb his Hair for this Special Night?’

Robby pulled out the Piano bench, and I was Surprised when he announced that he had chosen to play Mozart’s Concerto No.21 in C Major. I was not prepared for what I heard next. His fingers were light on the keys, they even danced nimbly on the Ivories. He went from Pianissimo to Fortissimo, from Allegro to Virtuoso; his Suspended Chords that Mozart demands were Magnificent! Never had I heard Mozart played so well by anyone his age. After six and a half minutes he ended in a Grand Crescendo, and everyone was on their feet in Wild Applause!

Overcome and in Tears, I ran up on stage and put my arms around Robby in Joy. ‘I have never heard you play like that Robby, how did you do it?’ through the microphone Robby explained: ‘Well, Miss Honor, Remember I told you that my Mom was sick? Well, she actually had Cancer and Passed Away this Morning.

And well… she was Born Deaf, so tonight was the first time she had ever heard me Play, and I wanted to make it Special.’

There wasn’t a Dry Eye in the house that evening. As People from Social Services led Robby from the stage to be placed in to Foster Care, I noticed that even their eyes were red and Puffy. I thought to myself then how much Richer my Life had
been for taking Robby as my Pupil.

No, I have never had a Prodigy, but that night I became a Prodigy… of Robby.

He was the Teacher and I was the Pupil, for he had taught me the meaning of Perseverance and Love and Believing in Yourself, and may be even taking a chance on someone and you didn’t know why.

Robby was Killed years later in the Senseless Bombing of the Alfred P. Murray Federal Building in Oklahoma City in April, 1995.

So many seemingly Trivial Interactions between two People present us with a choice. Do we Act with Compassion or do we pass up that Opportunity.

If God didn’t have a Purpose for us, we wouldn’t be here!

 

Live Simply.

Love Generously.

Care Deeply.

Speak Kindly.

Leave The Rest To God.

Back to top

 

42. Handsak? Nee, wat is in jou paneelkissie?

(Die Burger, 1 September 2015)

Keina Swart

Goed, die manne het hiervoor gevra. Jare lank het hulle dit oor vroue se handsakke. Ons word beskinder en bespot oor alles wat ons kastig so onnodig saampiekel. Oë rol oor die verband tussen wat in ‘n vrou se handsak en haar kop aangaan. Hoe deurmekaarder die een, hoe deurmekaarder die ander, word subtiel geskimp. Wat my toe laat wonder oor die toestand van die gemiddelde man se paneelkissie. Stofhokkie is ‘n mooi woord, het ek agtergekom. Pandora se boks nog beter.

En raai? Hulle is glad nie so netjies nie.

Die absolute gemene deler blyk ‘n rol toiletpapier te wees. My eerste slagoffer weier vyf keer agtereenvolgens volstrek dat ek in sy paneelkissie kyk – hy word by tye sommer erg humeurig. Toe hy uiteindelik toegee, het hy ‘n skare nuuskieriges op die sypaadjie gelok, want met dié houding vermoed ‘n mens hy versteek bewyse van vurige liefdesverhoudings of moordsake. Agterna erken hy verleë dat hy die uitpakkery nie wou toelaat nie, want: “Hoe gaan ek nou alles terugkry?”

Inderdaad. Kyk wat ek alles uitkrap (en bygesê, dit is ‘n klein paneelkissie – omtrent so groot soos ‘n klein piesangbroodjie): ‘n Rol toiletpapier, ‘n pakkie Grand-pa, die notule van ‘n vergadering van maande gelede, ‘n padkaart wat hy vir sy vrou geteken het om in Johannesburg te kom, onoopgemaakte pos, rekeninge van tot twee jaar gelede en kwotasies vir werk wat hy drie maande gelede gelewer het. Daar is ‘n sleutelhouer (sonder sleutel) van ‘n insleep-onderneming. Hy reken dit gaan oor die nommer – “vir ‘n noodgeval”. Daar is ook ‘n telefoon-nommer maar hy “weet nie meer wie s’n nie”, petrolstrokies, ‘n CD sonder houer of titel, ‘n visitekaartjie van ‘n troeteldierwinkel (“ek weet nie wat de dinges maak dit hier nie”), ‘n sakdoek, vuurhoutjies, ‘n haarrekkie (hy sê dis sy dogter s’n), ou Telkom-rekeninge, twee advertensieblaadjies, sy voertuig se boekie, ‘n leë sigaretdosie met ‘n “baie belangrike nommer” op, penne en twee haarknippies (ook sy dogter s’n, sê hy).

In nog ‘n ou se panneelkissie kry ek: twee deurhandvatsels, penne, ‘n pak koöperasie-strokies, ‘n knipmes, ‘n dosie met “windskerm-medisyne”, ‘n leë brilhouer, motorverf, ‘n Willard-battery-strokie, ‘n Firestone-skokbrekerstrokie, petrolstrokies, ‘n hele klomp los sleutels, ‘n Pink Floyd-CD, ‘n skroewedraaier en ‘n skroef.

Ook ‘n boer wys my sy stofhokkie. Behalwe die gewone boekies en dinge is daar . . . ‘n rol toiletpapier, ‘n pakkie Prestik, ‘n flits, pepermente, ‘n botteltjie Bioplus en ‘n botteltjie Rescue Remedy (hy sê dis vir wanneer hy Eskom, bank of stad toe moet gaan).

“Wys my jou paneelkissie, dan wys ek jou my handsak,” vra ek my laaste kandidaat – ‘n normaalweg besadigde heer. “Man, nee!” vererg hy hom en keer my met albei hande van sy voertuig weg. “Los my goed!”

Back to top

 

43. Nuwe leerplan vir tegniese skole

(Die Burger, 1 September 2015)

Anika Marais

PORT ELIZABETH. – Tegniese skole maak gereed om volgende jaar ‘n nuwe kurrikulum aan te bied.

“Die departement van basiese onderwys het uiteindelik besef hoe ongelooflik belangrik tegniese opleiding in skole is. Suid-Afrianers het tans Zimbabwiërs wat ons TV-stelle kom regmaak en aan ons voertuie werk omdat ons eie land se kinders dit nie kan doen nie,” het Wimpie Lodewyk, nasionale sekretaris van die Nasionale Vereniging van Tegniese Skole (NAST), gister gesê.

Hoofde van tegniese skole dwarsoor die land het hom gistermiddag by die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie se simposium met vrae oor die nuwe kurrikulum gepeper.

Die nuwe kurrikulum sal van 2016 af vir gr.10-leerders aangebied word, waarna die eerste groep in 2018 oor die nuwe kurrikulum die eksamen vir die Nasionale Senior Sertifikaat sal aflê.

Die huidige kurrikulum bied tans net vier tegniese vakke aan, naamlik siviele, elektroniese en meganiese tegnologie, asook ingenieursgrafika-en-ontwerp (IGO). Die nuwe kurrikulum sal egter voortaan altesaam nege vakke binne drie tegniese dissiplines bied. As die leerder elektroniese tegnologie kies, kan hy/sy uit die volgende vakke kies: elektronika, elektriese werk en digitale dienste. So kan ‘n leerder ook binne siviele tegnologie tussen siviele dienste, konstruksie en houtwerk kies. As die leerder meganiese tegnologie as fokusgebied kies, kan hy/sy kies tussen sweis- en metaalwerk, werktuigkunde en pas-en-draaiwerk.

Leerders wat een van dié dissiplines kies, sal ook die geleentheid hê om die nuwe vakke tegniese wiskunde en tegniese wetenskap te neem.

“Tegniese wiskunde en wetenskap is soos die ou standaardgraad-wiskunde en -wetenskap. Dis minder werk en dit lê tussen wiskunde en wiskundige geletterdheid,” het Lodewyk verduidelik. “Tegniese wetenskap het ook ‘n groter praktiese komponent wat meer punte tel.”

Wiskundige geletterdheid sal ook nie meer in die tegniese stroom toegelaat word nie en IGO sal voortaan verpligtend wees vir alle leerders binne die tegniese stroom.

‘n Leerder binne die tegniese stroom se vakkeuses sal dus die volgende kan insluit: Afrikaans, Engels, lewensoriëntering, tegniese wiskunde, tegniese wetenskap, IGO en siviele tegnologie (met houtwerk as fokusgebied).

Skole wat dié kurrikulum wil volg, moet teen 30 September by hul provinsiale onderwysdepartmente aansoek doen.

Handboeke vir die nuwe vakke sal gratis aan die skole gegee word.

Back to top

 

44. Woordeboek is ingrypend hersien

6 DE UITGAWE VAN ‘HAT’ OP RAKKE

Bestaan vanjaar 50 jaar en nou aanlyn beskikbaar

(Die Burger, 1 September 2015)

Willem de Vries

KAAPSTAD – Vir die eerste keer tot nog toe het twee woordeboekredakteurs heeltyds aan die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal gewerk. Dit het ‘n “ingrypende hersiening van die woordeboek” tot gevolg gehad. Die HAT bestaan vanjaar 50 jaar.

Jana Luther en Fred Pheiffer is bygestaan deur prof. Rufus Gouws, wat ook, saam met prof. Francois Odendal, aan die vierde en vyfde uitgawe gewerk het. Die sesde uitgawe is nou op die rakke.

“Pearson, die uitgewer, het ons sewe jaar vir die werk aan die sesde uitgawe gegun, wat ons in staat gestel het om – saam met ‘n handjievol medewerkers – ‘n ingrypende hersiening van die hele woordeboek aan te pak,” het Luther gesê.

En vir die eerste keer is die HAT nou ook aanlyn, waar hulle dit intyds kan bywerk, sê sy.

Tussen die eerste uitgawe en die pas uitgereikte sesde uitgawe het die totale woordtelling bykans verdriedubbel tot 2,1 miljoen woorde.

Altesame 3 000 ouer woorde en uitdrukkings is uit die papier-weergawe weggelaat (maar is aanlyn behou). Sou ouer woorde egter die plek van neologismes kon inneem? “Ons kom dikwels woorde teë wat in die vergetelheid verdwyn het, mooi woorde wat ons wens ons kon afstof om weer te gebruik,” sê Luther. “Maar dit is nie ons taak en opdrag nie. In ‘n standaard- sin- chroniese woordeboek soos die HAT moet ons na ons beste vermoë die standaardvariëteit van Afrikaans weerspieël soos wat dit vandag deur werklike gebruikers van die taal gebruik word. “In die verlede is dikwels melding gemaak van kunsmatige sensuur wat woordeboeke toepas, veral sover dit Engelse beïnvloeding betref, terwyl daar in taalkundekringe al van die 1980’s af gevra word dat woordeboeke gebruiks­realiteite beter moet weerspieël en onnodige sensuur moet verslap.

“So, ja, in HAT 6 sal jy naas woorde soos vleiskoekie, gladde-jantjie, voupakkie en toep ook woorde soos pattie, smoothie, wrap en app vind.

“’n Ander belangrike aspek is dat ons hoop dat HAT 6 ook die groter gesindheid van verdraagsaamheid weerspieël wat in die breë gemeenskap teenoor mense posgevat het. Dat die HAT, net soos die media al lank, beter daarin slaag om negatiewe stereotipering te vermy. Die nuwe HAT is minder eksklusief, etnosentries, seksisties . . . Meer inklusief, geslagsneutraal, gender- vriendelik, ekovriendelik…”

Die opname van ‘n woord in die HAT kan die frekwensie daarvan beïnvloed. Watter onus plaas dit op woordeboekmakers?

Pheiffer verduidelik: “As ‘n  nuwe woord of uitdrukking in ‘n woordeboek opgeneem word, verleen dit bepaald aanvaarbaarheid, selfs status, aan só ‘n woord of uitdrukking. Maar nie noodwendig nie. ‘n Disjunk tussen taalgebruik in die gemeenskap en die stand van daardie gemeenskap se taal soos dit in woordeboeke weerspieël word, is dus nie ongewoon nie.

“Woordeboeke het ook nie deesdae noodwendig dieselfde voorskriftelike status as wat hulle voorheen gehad het nie.

Taal het dikwels ‘n eie wil en spontaneïteit wat woordeboekmakers nie sommer kan verontagsaam nie.

In hoe ‘n mate weerspieël dié HAT die groter Afrikaanse gemeenskap? Daar is veral een variëteit van Afrikaans wat in die nuwe uitgawe van die HAT veel groter aandag as voorheen gekry het, sê Pheiffer. “Dit is die oudste en mees gevestigde variëteit van Afrikaans, dié een wat die grootste van die sogenaamde standaardvorm van Afrikaans verskil, en wat die grootste aanspraak daarop kan maak dat dit inderdaad ‘n variëteit van Afrikaans is. Ons praat hier van Kaapse vernakulêre Afrikaans.

“Prof. Frank Hendriks en sy kollegas by die Universiteit van Wes-Kaapland, Anastasia de Vries in die besonder, het ‘n baie belangrike bydrae daartoe gelewer dat die HAT vir die eerste keer ‘n stewige lys eg Kaapse woorde en uitdrukkings bevat. Binne die Kaapse Afrikaanse taalgemeenskap neem die Mosliemgemeenskap ‘n besonderse posisie in, en verskeie Arabiese geloofswoorde en Maleise Kulinêre terme het hulle in die Afrikaans van hierdie gemeenskap tuisgemaak.”

Back to top

 

45 ‘Wonderwerkboom’ nie altyd veilig nie

(Die Burger, 1 September 2015)

Elsabé Brits

KAAPSTAD – ‘n Plant wat wyd as “die redder van die armes” en ‘n “wonderwerkboom” beskryf word, kan toksies wees indien dit saam met voorskrifmedikasie geneem word.

Die plant, Moringa oleifera, met sy kenmerkende lang peule, is gewild onder tradisionele genesers en as ‘n voedingsaanvuller. Dit word geprys omdat dit glo ryk aan proteïene, yster, kalsium en vitamien C is. Dit staan ook bekend as “die boom van die lewe”.

Dr. Charles Aworte, ‘n navorser in kliniese farmakologie aan die Universiteit Stellenbosch, het gesê tot 80% van alle mense met MlV/vigs gebruik in ’n stadium tradisionele medikasie.

Dié betrokke plant word vir tot 300 toestande voorgeskryf – van kanker, MIV/vigs, asma en artritis tot hoë cholesterol en hoë bloedsuiker. Dit word ook gebruik om swangerskap te voorkom.

“Maar nie een van dié word deur goeie wetenskaplike bewyse gesteun nie.”

Dit is bekend dat kruieprodukte kan inmeng met konvensionele medikasie. Dit kan óf die effektiwiteit aantas óf dit toksies maak.

Aworte se navorsing, wat twee jaar geduur het, het getoon dat Moringa oleifera veroorsaak dat antiretrovirale middels, kardiovaskulêre en middels wat vir angs en malaria voorgeskryf word, afgebreek en toksies word.

Nog ‘n voorbeeld van kruie wat met konvensionele medikasie bots, is St. John’s Wort. Indien dít saam met voorbehoedmiddels gebruik word, werk die pil nie meer nie. Dit is ook gevaarlik om dit saam met antidepressante te neem.

“Die gebruik van kruiemiddels is aan die toeneem dwarsoor die wêreld en baie mense dink omdat die produkte kruie, of natuurlik is, is dit heeltemal veilig om te gebruik. Dit is nie waar nie,” het hy gesê. Hy stel voor dat mense Moringa glad nie saam met konvensionele medikasie gebruik nie.

Back to top

 

46. Spanjaarde sal loko’s versien

(Die Burger, 1 September 2015)

Leanne George

PRETORIA. – Die Passasier-spooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) gaan Spaanse kundiges laat kom om sy Afro 4000-diesellokomotiewe te versien.

Prasa wou dié peperduur lokomotiewe, wat vir R600 miljoen in Spanje gekoop is, ten volle teen einde Augustus in gebruik neem, maar minstens ses is buite werking.

Nóg ‘n lokomotief het in die Kimberley-werf ontspoor kort nadát ‘n passasierstrein wat deur een van dié lokomotiewe getrek is verlede maand in die Noord-Kaap ontspoor het terwyl dit passasierswaens gesleep het.

Prasa het nie die spoorwegowerheid se toestemming om passasiers wat vir hul ritte betaal met die Afro 4000 te sleep nie, maar dit word skynbaar reeds gereeld op stampvol betaalde ritte ingespan.

Voorts is twee van die lokomotiewe buite werking weens meganiese probleme en nóg twee kort dringend standaard-instanshoudingswerk omdat hulle 12 000 km elk afgelê het. Eersgenoemde twee het glo lekplekke in hul kompressorseëls.

Sipho Sithole, Prasa se strategie-groephoof, het by navraag gesê dié probleem kan enige masjien oorkom.

“Die lokomotiewe het roterende komponente soos enige ander masjien en daarom kry hulle die nodige aandag om die geïdentifiseerde probleme op te los.”

Hy het verder gesê dit was van meet af aan deel van die ooreenkoms met die Spaanse vervaardiger, Vossloh España, om Spaanse tegnici na die land te bring om die versiening te hanteer.

“Soos in die geval van enige nuwe voertuig word daar van die vervaardiger verwag om die versiening tot by ‘n sekere perk te hanteer.”

By navraag oor wat dit sal kos om Spanjaarde in te vlieg om die lokomotiewe te versien, het Sithole gesê dié koste is “deel van die kontrakpakket waarop ooreengekom is voor die projek van stapel gestuur is”.

Slegs Spaanse tegnici sal die lokomotiewe kan versien omdat die data op die lokomotiewe se aanboordrekenaars in Spaans is.

Dié rekenaars word ook in standaard-instandhoudingswerk ingespan om meganiese probleme uit te wys.

Dít het egter eers aan die lig gekom  nadat ‘n Afro 4000 lokomotief verlede maand naby Modderrivier in die Noord-Kaap ontspoor het. Die Sondagkoerant Rapport het berig die Spoorwegveiligheids­reguleerder sukkel om dié voorval te ondersoek omdat hy weens die kommunikasieprobleem nog nie die data van die lokomotief se dataopnemer kon ontleed nie.

Die reguleerder was skynbaar ook in die duister oor die “taalprobleem”.

Sithole het verlede week aan Die Burger gesê enige lokomotief sou onder dieselfde omstandighede ontspoor het. Hy het die skuld op die toestand van die spoorlyne gepak.

“Die betrokkenheid van die Afro 4000 was toevallig.”

Sithole het bevestig ‘n ander lokomotief het kort ná di derriviervoorval in die berley-werf ontspoor. Niemand is beseer nie.

Ook dié voorval is te wyte aan die toestand van die spoorlyn, het hy gesê.

 

Back to top

 

47 ‘Hoe hoog moet SA vir China spring?’

(Die Burger, 1 September 2015)

Jan Gerber

KAAPSTAD. – Wanneer China sê “spring!”, vra Suid-Afrika “hoe hoog”.

Dit is David Maynier, DA-LP en woordvoerder oor finansies, se indruk oor die betrekkinge tussen Suid-Afrika en China.

Maynier het onlangs aan al die ministers parlementêre vrae gestuur om te bepaal hoeveel reise hulle en hul amptenare na China onderneem het en hoeveel dit gekos het. Met slegs 23 van die antwoorde aan die 35 ministers reeds ontvang, blyk dit die regering en staat het in 2014-‘15 reeds meer as R7 miljoen aan reise na China bestee – met tien ministers, vier adjunkministers en 115 staatsamptenare wat dié land besoek het.

Twee van die ministers wat reeds geantwoord het, Tina Joemat-Pettersson, minister van energie, en Mildred Oliphant, minister van arbeid, het nie aangedui hoeveel hul reise die belastingbetaler gekos het nie.

“Ek wil die invloed bepaal wat China op beleid, veral die ekonomiese beleid, in Suid-Afrika het,” het Maynier gesê.

“Dit is veral belangrik gegewe die noue bande tussen die Chinese Kommunistiese Party en die ANC. Ek sê gereeld, tong in die kies, dat die beste boek oor Suid-Afrika Richard McGregor se The Party: The Secret World of China’s Communist Rulers is.

Dit is omdat ‘n mens die indruk kry dat wanneer China sê ‘spring’, vra Suid-Afrika ‘hoe hoog”

Maynier het die SAL, wat glo nagenoeg R300 miljoen per jaar op sy roete tussen Johannesburg en Beijing uitgee, as ‘n voorbeeld hiervan voorgehou.

Back to top

 

48. Trein vol vrugte op pad Kaap toe

(Die Burger, 1 September 2015)

Michelé O’Connor

KAAPSTAD. – Boere van die Witzenberg-omgewing sal eersdaags hul produkte per spoor na die Moederstad kan vervoer.

Die spoorlyn tussen Kaapstad en Ceres gaan weer in werking gestel word, en syspore tussen Ceres en Wolseley en Prince Alfred Hamlet gaan sake vir vrugteprodusente in dié gebied verder vergemaklik.

Volgens James Vos, DA-LP en kiesafdelingshoof van dié gebied, gaan daar eersdaags op Sondae ook ‘n stoomtrein van die Kaapstad-stasie af pretritte na Ceres en terug bied.

Die belangrikste is egter die vragspoorlyne in dié gebied wat nou weer oop is. Die spoorlyne in die gebied is in die negentigerjare deur Transnet gesluit omdat dit toe nie meer lewensvatbaar of winsgewend was nie. Die prentjie het intussen verander, het hy gister aan Die Burger gesê.

Vos het gesê die nuwe diens word gelewer deur die Ceres-spoorwegmaatskappy, Transnet en die Witzenberg-munisipaliteit. “Ek glo dié nuwe ontwikkeling sal ekonomiese groei en werkskepping in die gebied bewerkstellig. Treine kan ‘n groot hoeveelheid vrag – in dié geval vrugte – op een slag vervoer wat op sy beurt die druk van die omgewing se paaie sal verlig,” het hy bygevoeg.

Die diens gaan in Oktober met ‘n paar toetsritte ingestel word. Die stoomtrein vir toeriste sal later volg. Die Ceres-spoorwegmaatskappy het die voorloper van die Bloutrein – die destydse Union Limited – saam met drie stoomlokomotiewe gekoop. Dié treine – met sewe waens wat tans herstel word – sal gebruik word om toeriste Sondae na Ceres te vervoer, het Vos verduidelik.

“Daar is reeds etlike jare onderhandel om dié diens weer in te stel en nou is dié droom bewaarheid.”

Back to top

 

49. Bokke is nes broeke in die Boereoorlog

Blou Wille Maandag

op ‘n Dinsdag

(Die Burger, 1 September 2015)

Liewe ouboet Tom, Nou ja, of ons nou met dié Bokspan tevrede is of nie, is nie meer ter sake nie. Soós met ons regering of skoonma, is dit nou deur dik en dun met hulle. Dikker of dunner, oud of jonk, siek of gesond, dis ons span en ons moet hulle ondersteun.

Ek was net baie senuagtig toe die span aangekondig is. Nie oor wie gekies gaan word nie, maar dat die manne met hul nuwe kispakke omtrent 15 trappe moes af nadat hul name afgelees is. Met dié dat ons kaptein met klem-in-die-kaak sukkel en goed ‘n derde van die span beseer is of was, kon ons met ‘n struikel of twee nóg ‘n Springkrok of drie verloor het nog voordat die eerste fluitjie geblaas het.

Dan sou die keurders verder moes lap. Soos Jan Celliers in die Anglo-Boereoorlog geskryf het oor die arme burgers se voddeklere: “Teen Oktober 1901 was ál die broeke wat mens in die laer gesien het, gelap, en moes ons die gelapte lappe van ons broeke met gelapte lappe lap.”

Oor Frans Steyn, wat tuis moet bly, voel ek baie beswaard. Ouboet, ek sien al hoe ons in die Wêreldbekereindronde teen Ierland twee punte agter is met ‘n minuut speeltyd oor. Ons kry dan ‘n strafskop net duskant ons eie tientreëlyn en coach Heymnukke laat weet per waterdraer: “Gee vir Fransie!” En dan sis kaptein Kakebeen deur sy draadjies: “Maar Coachhh, Franshie ish dan op die plaash by Bethlehem!”

Kan jy jou dit indink? Dit sal wees soos ‘n grootwildjagter wat, wanneer die leeu aangestorm kom, vir sy spoorsnyer sê om die .375 aan te gee en dan te moet hoor dat hulle net die .22 ingepak het.

Dik Daan sê die een goeie ding is dat ons met al ons beseerdes ‘n lekker uitgeruste span gaan hê. En as ons nóg beserings aan ons beseerde spelers moet kry, sal ons hulle gelukkig kan vervang deur ‘n hele span ander beseerdes tuis.

Van beserings gepraat: Dit lyk asof ons arme ekonomie taamlik ernstig gekwes is terwyl my eie betalingsbalansposisie ook glad nie gunstig lyk nie.

Die bankbestuurder sê lankal vir my die tekort op my lopende rekening is nie lekker nie. Nou sal ek seker nog die regering moet help om sy belastingteikens te haal.

My ou broer, jy moet weet as jou rand sommer sonder dat jy oorsee gaan 43% minder werd is, is dit lelike tye. Die dag is naby dat die eerste drie letters van ons alfabet, soos in die Grieke s’n, IOU sal wees.

Maar ons hou maar moed en sê soos die ander ou Boerekryger: “Ja, Neef, my vrou en kinders is almal in die konsentrasiekamp, my huis is afgebrand, my ou veetjies het van die droogte gevrek, en die sprinkane het al die gesaaidetjies opgevreet, maar verder gaan dit baie goed, dankie!”

Back to top

 

50. Nuwe voorsitter van US-studenteraad ‘kyk na karakter, nie kleur’

(Die Burger, 31 August 2015)

Marelize Barnard

KAAPSTAD. – Maties se nuwe studenteraadsvoorsitter, Axolile Qina (24), weet daar wag ‘n groot taak op hom om transformasie op die kampus te bespoedig.

En hy en die nuwe studenteraad van die Universiteit Stellenbosch (US) is reg daarvoor, het hy gesê.

Qina, ‘n meestersgraadstudent in teologie, het gister gesê die nuwe studenteraad van die US, wat Donderdag verkies is, werk reeds aan ‘n aksieplan vir die transformasieproses.

Maar totdat die nuutverkose studenteraad op 18 September amptelik aangestel word, wil Qina, onder studente beter bekend as Diamond, nie die planne vooruitloop nie.

Die onlangse gebeure op die kampus, soos die dokumentêr Luister oor beweerde rassisme op die kampus, is vir die nuwe studenteraad ‘n uitdaging, “maar dis ‘n geleentheid om die proses van transformasie te bespoedig”, het Qina gesê.

Hy het bygevoeg dat hy nie namens elkeen van die duisende US-studente kan praat nie, maar dat dit wel duidelik is dat ‘n mens jou nie kan blind hou en sê daar is nie voorvalle van rassisme nie.

Qina, oorspronklik van Parktown in Johannesburg, is nie die eerste swart SR-voorsitter van die US nie. Hy dink nie aan mense in kleur nie en hou nie daarvan dat daar juis na hom as swart SR-voorsitter verwys word nie.

“Dit hang af of ‘n mens rasbewus is. Ek is eerstens ‘n mens. Die maatstaf waarmee ek mense meet, is op hul beginsels, etiese waardes, integriteit en karakter,” het Qina gesê.

Hy dien reeds vir drie jaar in die manskoshuis Helderberg se huiskomitee en is vanjaar die primarius.

Back to top

 

51. ‘Om beter te kan ruik (eet, speel én slaap), my honne’

(Die Burger, 17 September 2015)

Elsabé Brits

KAAPSTAD. – ‘n Franse bulhond wat só asemnood gehad het dat haar eienaar al raadop was, huppel nou op die strand rond nadat ‘n span dokters haar geopereer het.

Indie (11 maande) het obstruktiewe slaapapnee gehad en sy kon glad nie saans slaap nie, tensy sy met haar kop agteroor van die bed af gelê het. Sy het selfs gesukkel om te eet weens ‘n obstruksie in haar neus.

Haar eienaar, Steffi Waidmann van Bantrybaai, vertel dat verskeie veeartse gesê het hulle kan haar nie help nie, want sulke operasies kon nog nie in Suid-Afrika gedoen word nie.

As laaste uitweg het sy dr. Reena Cotton van Vetpoint in Seepunt genader, wat bekend is daarvoor dát hy haweloses help wat met hul siek honde daar aankom.

Cotton het dadelik een van die voorste oor-neus-en-keel-spesialiste in die land, prof. Darlene Lubbe van die Universiteit van Kaapstad, gekontak. Lubbe is bekend daatvoor dat sy mense se breingewasse deur hul neus verwyder.

Lubbe het maatskappye gekontak om instrumente te borg. Sy het van endoskopiese lasersnykunde gebruik gemaak om Indie se neusgate wyer te maak. Binne-in die neus het sy gesorg dat meer lug deurvloei deur die obstruksie in die neus te krimp (endoskopiese laserturbinektomie).

“Dit was absoluut ongelooflik om sien dat sy soos ‘n normale hond asemhaal en speel. Net om te dink dat almal saamgespan het om ‘n klein hondjie te help op ‘n Vrydagaand (4 September) wanneer almal af wil wees”, het sy gesê.

Waidman het gesê Indie is ‘n ander hond – sy speel, eet, hardloop rond en haal wonderlik asem, en dít in minder as twee weke ná die operasie.

Back to top

 

52. Eindig al ons – vrot appels in Australië?

(Die Burger, 31 Augustus 2015)

Ivor Price

As daar nog iewers in Suid-Afrika ‘n stukkie grond is wat nie vir die oprigting van ‘n inkopiesentrum, parkeergarage, Toskaanse villas of laekostebehuising bestem is nie, moet ons dalk nog ‘n provinsie oorweeg.

Niks te fensie nie – en die regering kan dit noem nét wat hy wil, mits dit ‘n plek is waar al ons skandemakers en vernaamste misdadigers (in vrede, as húlle sou wou) kan saamleef.

Kies gerus ‘n heerser uit die bestaande regering om sy kabinet dáár saam te stel.

Dalk moet ook padvarke en dwelmbase soontoe gepos word en veral die rassistiese expats wat Doer Onder so oor ons sit en gal braak. Toegegee, hulle sal gewis nie sonder ‘n geweldige bohaai terugkeer na ‘n land waar Zuma regeer nie, maar ek reken hulle behoort nie eintlik seggenskap in die saak te hê nie.

Mense in die uitvoerbedryf sal jou tog enige dag vertel hulle voer nie slegte wyn of, sê nou maar, vrot grannysmiths na die buiteland uit nie. Ek glo ons moet dit volgens daardie definisie ook nie met mense doen nie. Of liewer, juis nié met mense nie. Verál nie mense nie. Die skade wat hulle aan ons buitelandse beeld aanrig, is immers erger as ‘n slegte uitvoerproduk. Die rasisiste hoort hiér, al is dit in ‘n eie, nuwe provinsie ver weg van die beskawing.

Dit is so dat baie goeie mense (sommige hoogs gekwalifiseerd) Suid-Afrika verlaat het oor hulle nie hier werk kon kry nie of eenvoudig hul horison wou verbreed, en daar is niks mee verkeerd nie. Maar wanneer bitterheid jou begin dwing om nasionale afgevaardigdes in ‘n land ses tydsones van hier verbaal te begin teister, is dit ‘n ander storie.

Op ‘n webwerf waarop die kwessie onlangs bespreek is, stel iemand voor dat Suid-Afrikaanse expats wat hulle aan rassisme skuldig maak, deur byvoorbeeld die Australiese regering uit die land gesit moet word, sodat hulle hier vir hul dade verantwoording kan doen. Dié voorstel maak vir my sin, want dit is nie ‘n geheim dat die Aussies tans genoeg eie rasseprobleme het nie.

Interessant genoeg hoor ek nie van soortgelyke voorvalle in Brittanje nie. Die Suid-Afrikaners daar gaan op die oog af sonder te veel moeite met mense van verskillende agtergronde om. Hulle vertel dat hulle meestal net tydelik daar werk en die kans aangryp om mense van verskillende wêrelddele te leer ken.

Is dit dus so dat die meeste vrot appels in Australië beland?

Terug by die nuwe provinsie: In my geestes-oog sien ek hoe die nuwe provinsie so na moontlik aan die Zimbabwiese grens lê en hoe mense (heel gelukkig, hopelik) met die minimum infrastruktuur oorleef: op die meeste ‘n treinspoor, sodat hulle darem by mekaar kan uitkom; teerpaaie, sodat hulle nie almal verongeluk nie; ‘n hospitaal vir ernstige operasies. O ja, en ‘n kliniek vir gesinsbeplanning, want die skandemakers moet tog nie meer word nie.

Back to top

 

53. Dekades van Leserkring

TOPVERKOPERS DEUR DIE JARE

Bring nuwe en debuutwerke onder lesers se aandag

(Die Burger, 31 Augustus 2015)

Willem de Vries

KAAPSTAD. – ‘n Wenresep wat homself voortskryf.

Só kan Leserskring tot vandag toe beskryf word. Dit is in 1980 as die posbemarking van Afrikaanse boeke begin om lesers en boeke makliker by mekaar uit te bring. Dit het vandag sowat 120 000 lede en benewens boeke, verskaf dit DVD’s, CD’s en opvoedkundige speelgoed.

Van die lede wat hulle in die eerste bestaansjaar van Leserskring daarby aangesluit het, ontvang steeds 300 kwartaalliks hul katalogus, volgens Lana Barnett, uitvoerende hoof van Leserskring.

Hulle doen deesdae ook sake aanlyn en in verskeie formate. Sy sê e-boek-verkope bestaan hoofsaaklik uit erotika, godsdiens en ligte liefdesverhale. “Of die e-boek ooit die gravitas gaan hê van ‘n gedrukte boek, wonder ‘n mens. Dit is nog klein by ons, minder as 10%, maar dit groei beslis. Ons help ons lede om die oorgang na die digitale era te maak.  Verlede week het een lid e-boeke van R8 000 gekoop.”

Om nuwe en veral debuutwerke onder lesers se aandag te bring is ‘n baie belangrike rol vir Leserskring, sê sy. “Hier dink ek aan onlangse topverkopers soos Bloedvreemd deur Juliana Coetzer en Valsrivier deur Dominique Botha. Kyk uit in die nuwe katalogus vir ‘n opwindende, opkomende skrywer soos Debbie Loots se Split”

Die kwartaallikse katalogus “is die ideale plek” om nuwe skrywers se werk bekend te stel, sê sy. “Dít is Leserskring se belegging in nuwe skrywers.”

Daar was heelparty topverkopers deur die jare, maar wat uitstaan, is Huisgenoot se Wenresepte, sê sy.

“In 1988 is in een enkele kwartaal 80 000 eksemplare van Huisgenoot se Wenresepte 3 verkoop en in 1991 [die jaar wat Barnett by Leserskring begin werk het], is ‘n bestelling van 100 000 vir Wenresepte 4 geplaas.

“Teen daardie tyd het die boekklubs al meer as ‘n half miljoen eksemplare van die eerste drië Huisgenoot-resepteboeke verkoop. Weliswaar ‘n vroeë voorbeeld van crowd- sourcing in Suid-Afrika. Daar was ‘n tyd wat Leserskring 20 000 boeke oor Langenhoven, Langenhoven in Kleur, kon verkoop en 30 000 eksemplare van Die Mooiste Afrikaanse Sprokies. En dié boeke in volkleur is deur die reuse-ondersteuning van Leserskring moontlik gemaak.

“Van die bekende Kringe in ‘n Bos deur Dalene Matthee is ook ‘n stewige 30 000 eksemplare verkoop. Dan het Tafelberg-Uitgewers die Afrikaans/Engelse Tweetalige Woordeboek spesiaal in twee bande vir die klubs uitgegee en die aanvanklike bestelling was 50 000. Meer onlangs het ‘n boek soos Dis Ek, Anna deur Anchien Troskie meer as 15 000 eksemplare verkoop.” Die gewildste Afrikaanse skrywer oor die jare, gemeet aan verkope, is stellig Ena Murray, sê sy. “Deur die jare is 40 omnibusse met 3 verhale in elk, in verskillende uitgawes gepubliseer. Dit is moeilik om presies te kan sê hoeveel… maar dis baie!”

Benewens romanses is algemene fiksie, rillers, asook kookboeke, godsdiens-, handwerkboeke en kinderboeke steeds gewild. “Leserskring is een van die grootste verkopers van handwerkboeke in Suid-Afrika en volkeur-handwerkboeke, asook huis-en-tuin-titels bly pal onder die toptien elke kwartaal.

“Voor die ontstaan van die boekklubs is weinig handwerkboeke in Afrikaans uitgegee, maar in antwoord op die behoefte van klublede is handwerktitels in Afrikaans ontwikkel.

“Van Skeppende Naaldwerk is in 1990 meer as 50 000 boeke verkoop.”

Leisure Hour, vandag Leisure Books, is die Engelse weergawe van Leserskring. Dit is in 1982 begin.

“Die lede van Leserskring was nog altyd ‘n meer homogene groep as dié van Leisure Books, wat ‘n veel wyer verspreiding van lede uit verskillende kultuur- en taalgroepe het. Nelson Mandela se The Long Walk to Freedom, toe dit aanvanklik verskyn het, was ‘n uitsondering hierop en het oornag ‘n blitsverkoper geword.”

Hoe vaar gewilde Afrikaanse boeke teenoor gewilde Engelse titels?

“Ek dink dis veilig om te sê twee-derdes daarvan is Afrikaans, hoewel verkope van die erotiese Fifty Shades of Grey ewe flink deur Afrikaanse as Engelse lede gekoop is.”

Back to top

 

54. ‘Jou kat het jou nie eintlik nodig nie’

(Die Burger, 7 September 2015)

Anika Marais

KAAPSTAD. – Die waarheid maak seer, maar jou kat het jou eintlik glad nie nodig nie.

Volgens ‘n onlangse studie deur die Universiteit van Lincoln in Engeland bind ‘n kat nie emosioneel met sy eienaar nie, omdat hulle die persoon eenvoudig nie nodig het om te oorleef nie.

Anders as ‘n baba of ‘n hond, kan ‘n kat maklik sonder sy eienaar klaarkom.

Twintig katte en hul eienaars is vir die eksperimente gebruik, waarin navorsers katte in verskillende situasies verfilm het.

Die katte is aanvanklik in ‘n kamer saam met hul eienaar en ‘n vreemdeling waargeneem, waarna hulle later alleen saam met die vreemdeling waargeneem is.

Die katte blyk egter geen skeidingsangs te ervaar as hul eienaar die kamer verlaat nie.

Die kat se gedrag verander ook nie as hulle alleen saam met ‘n vreemdeling in die kamer is nie.

“Hoewel sommige katte ‘n bietjie gemiaau het as hul eienaar weer in die kamer gekom het, is daar verder geen bewyse van ‘n werklike band tussen ‘n kat en sy eienaar nie,” verduidelik ‘n navorser, Daniel Mills, ‘n professor in veeartsenykunde aan die Universiteit van Lincoln se skool van lewenswetenskappe.

“As ‘n hond se eienaar die kamer verlaat, sal ‘n mens tipies waarneem dat die hond by die deur wag en selfs blaf tot die eienaar terugkom,” het Mills bygevoeg. “Ons het dit glad nie by katte waargeneem nie.”

Die navorsers erken tog dat daar soms uitsonderings op die reël kan wees. “Ons sê nie dat katte geen sosiale voorkeure het nie, maar wel dat ‘n kat nie bind met sy eienaar met die primêre doel om te oorleef nie.”

Back to top

 

55. WINTERGROENTE-KASSEROL

Braai repies spek of hoender saam met die uie as jy ‘n vleisigheidjie by dié kasserol wil voeg.

Genoeg vir 4 mense. Bereiding: 15 minute. Gaarmaaktyd: 15 minute

 

1 ui, fyn gekap

2 knoffelhuisies, fyn gedruk

bietjie olie

30 ml (2 e) geroosterde matige kerriepoeier

5 ml (1 t) fyn komyn

2  ml(  t) borrie

80 ml (  k) groente-aftreksel

300 g blomkool en broccoli, in kleiner blommetjies gebreek

125 g groenboontjies, grof opgesny

250 ml (1 k) ertjies

sout en peper na smaak

50 g amandelvlokkies, gerooster

 

1    Meng die ui en knoffei met ‘n bietjie olie. Verhit 3 minute in die mikrogolf.

2    Roer die speserye by. Voeg die aftreksel by en meng.

3    Voeg die groente by en geur met sout en peper.

4    Mikrogolf sowat 10 minute tot die groente net gaar en nog krakerig is en nie te sag nie. Meng twee keer tydens die gaarmaaktyd.

5    Sprinkel die amandelvlokkies oor. Sit net so voor of saam met rys.

Back to top

 

56. ROMERIGE RYSPOEDING

Geroosterde amandels gee aan die nagereg ‘n besonderse smaak.

Genoeg vir 4 mense. Bereiding: 8 minute. Gaarmaaktyd: 18 minute

 

1L (4 k) volroommelk

1-2 groot kaneelstokke

gerasperde skil van 1 suurlemoen

knippie sout

125 g kortkorrelrys

100 g strooisuiker

30 g botter

hand vol gevlokte amandeis ekstra strooisuiker

 

1    Plaas alles behalwe die strooisuiker, botter en amandels in ‘n mikrogolfvaste bak. Mikrbgolf 6 minute tot die mengsel net kook. Roer elke 2 minute.

2    Mikrogolf verder tot die rys gaar en die mengsel dik en romerig is, sowat 10 minute. Roer elke 2 minute.

3    Verwyder die kaneel, roer die 100 g suiker by en Saat net kook, 1-2 minute.

4    Roer die botter by en skep in oondvaste bakkies. Laat in die koelkas afkoel.

5    Sprinkel die amandels en ekstra strooisuiker ruimskoots oor en karamelliseer met ‘n blaasvlam of onder die roosterelement van die oond,

 

WENK

Jy kan die amandels saam met suiker in ‘n pan roerbraai tot die suiker gesmelt het.