DIE PIONIER – AUGUSTUS 2015

DIE NUWE PIONIER – AUGUSTUS 2013

Download PDF

Inhoud/Contents

1. Redakteursbrief 5

2. Am I a fireman yet?. 8

3. SINODENUUS. 12

4. Nuusbrief – Pionierskool 15

5. NUUSBRIEF – JULIE 2015. 38

6. WAT SOU JY DOEN AS JY VANDAG BLIND GEWORD HET?  57

7. Blind schooling in “shocking” state. 61

8. Mense wat wil en kan. 67

9. Leadership for All 71

10. Revolutionary bionic eye implant 71

11. Loop lig vir taksskelms. 74

12. Coke maan weer oor bedrogspul 77

13. Ontmoet aarde se “ouer neef” 78

14. Twitter laat sy base kopkrap. 80

15. Jokes. 81

16. “Soetlief, kom ek lees vir jou ‘n gedig van Rumi” 83

17. Voornemende politici in Indië moet hul eie toilette hê. 90

18. Patat laat skaal op 5,3 kg kreun. 92

19. “Terminator” laat Arnie se sakke bult 93

20. Skildery van R20 m. in kombuis gekry. 94

21. “Skaf kernwapens af” 97

22. Staatspensioenfonds kry nuwe hoof 100

23. Sal Prasa-hoës ook ‘n ‘dash’ maak ná blaps?. 101

24. Premier laat CR Swart toe in Boereoorlog veg. 103

25. Middel teen alzheimersiekte gee hoop. 105

26. Gratis berading op wiele. 107

27. Golden Years. 109

28. Seun sterf toe hy kop by bus uitsteek. 112

29. Slangfossiel met vier pote in Brasilië gevind. 114

30. Tutu’s hernu huweliksbelofte ná 60 jaar, “Voorbeeld vir SA” 115

31. Stad sê ja vir meer as 100 Uber-taxi’s. 117

32. Here’s something to think about. 119

33. Taxi met 15 sitplekke jaag met 50 kinders. 120

34. Gay-huwelike sonde, sê Angus. 121

35. Hoender kraai koning. 123

36. Dít het Rice laat blom.. 125

37. Plafonbedrag nodig vir skolespelers. 127

38. “Kopwerk bring rugby-sukses” 130

39. Aartappels. 132

40. ‘n Bietjie aartappelgeskiedenis. 136

41. Aartappelkultivars in Suid-Afrika. 137

42. Easy Cape-Style Bobotie. 140

43. Carrot & Sweet Potato Soup. 142

44. BASMATI-RYS. 143

45. Goudkleurige herfsfrittata. 144

46. 2015 Rugby World Cup. 145

47. 2015 Currie Cup Fixtures. 150

48. Mountain Mill Mall winkelnommers. 152

 

DIE PIONIER

Jaargang 83, No 03

Volume 83, Nr 03

 

Datum 31/08/2015 Date

 

REDAKSIE

Rig asseblief alle korrespondensie aan:

Please direct all correspondence to:

 

Die Redakteur The Editor
Die Pionier Die Pionier
Posbus 994 P.O. Box 994
WORCESTER WORCESTER
6849 6849

 

Tel.: (023) 342 6313

Faks/Fax: (023) 342 0335

E-Pos/E-Mail: info@pioneerprinters.org.za

 

Die redaksie onderskryf nie noodwendig die menings wat in die artikels en briewe in Die Pionier uitgespreek word nie, en behou hom die reg voor om sodanige stof te verkort en redaksioneel te versorg.

The editorial staff does not necessarily endorse the opinions expressed in the articles and letters in Die Pionier, and reserves the right to abbreviate and edit such articles.

Hierdie publikasie is moontlik gemaak deur ‘n ruim subsidie van die L W Hiemstra Trust en Marie Luttig Trust.

This publication is made possible by a generous subsidy of the L W Hiemstra Trust and Marie Luttig Trust.

1.           Redakteursbrief

18 Augustus 2015

Geagte lesers

Hierdie uitgawe van Die Pionier is weer ‘n heerlike allegaartjie van ‘n wye verskeidenheid van interessante artikels om aan almal se smake te probeer voldoen.

Die pragtige hartseerverhaal van Billy, die 6 jarige seuntjie met ‘n terminale siekte, het my diep geraak.  Dit sluit aan by die boodskap in die sinodenuus dat ons moet daadwerklik ons geloof uitleef deur om te gee vir mekaar en ons drome moet kan uitleef.  Leerders van die Pionierskool soos Lise-Mari van Wyk, Tomley van Vuuren, Ying-Shan en Denzwill Maans maak my so opgewonde, want hulle is almal siggestremde mense wat uitstyg bo die norm en ‘n toonbeeld is van wat ons siggestremde mense kan doen!  Net omdat hulle siggestremd is beteken tog nie dat hulle ook nie kan streef na die hoogste sterre nie.  Dit is dan met frustrasie en groot ergenis om te lees oor die gehalte van onderwys vir ons siggestremde leerders landwyd wat die meeste siggestremde kinders ontneem van toekomsdrome en geleenthede.  Die tekort aan Braille teksboeke, Perkins Braille tikmasjiene, die ernstige tekort aan gekwalifiseerde onderwysers in Braille en die Onderwys Departement se vele beloftes en voeteslepery.  Ek kan die lesers verseker van die Pionierdrukkery se voortdurende stryd met die Onderwys Departement se gesloerdery om kontrakte goed te keur om die brailleer van skole se handboeke jaarliks betyds af te handel.  In die lig van hierdie inligting is ek werklik des te meer dankbaar vir alles wat die Pionierskool vir ons leerders bied onder die voogdyskap van die Instituut vir Blindes.  Die Pionierskool bied baie geleenthede op die gebied van sport, akademie, drama en musiek – BRAVO!!!

Ander artikels wat my inspireer is die van Petra Müller wat ‘n formidabele storieverteller en digter is.  Ons doofblinde inwoners by die Instituut vir Blindes het ook elkeen ‘n besondere verhaal om te vertel soos Karel Boshoff en David Geyer.  Die mediese voortuitgang – soos die mikro-skyfie wat in die retina ingeplant kan word en die sig by mense met Makulêre degenerasie kan verbeter, asook die vordering in die voorkoming van Alzheimer’s  is baie goeie nuus!

Dan is daar ook sportnuus oor rugbytaktiek en die kwessie van geld in skole rugby.  Asook oor die krieketlegende, Clive Rice, se merkwaardige krieketloopbaan en onlangse afsterwe.  Hy was ‘n formidabele krieketspeler en mens.  Emeritus aartbiskop Tutu se huwelik van 60 jaar is ‘n wonderlike inspirasie vir ons almal.  Dit lyk vir my die  gebrek aan toiletgeriewe is nie uniek aan Afrika en Suid-Afrika nie, maar hier in ons land wil almal ten minste ‘n toilet gebruik!  Dis ‘n goeie idee om volgende keer daai ou skilderytjie in die kombuis of spaarkamer van nader te bekyk, want dalk kan dit oornag jou aftreeplanne radikaal bespoedig indien dit dalk ‘n R20 miljoen of meer werd mag wees.  Ek moet sê dat ek met nuwe oë kyk na die nederige aartappelknol met sy interessante geskiedenis en groot verskeidenheid van kultivars!  Die resepte agterin is nie te versmaai nie.  Die inligting van die Rugby Wêreldbeker en die Currie Beker is baie handig, asook al die telefoonnommers van al die winkels in die Mountain Mill Mall in Worcester.

Ter afsluiting wil ek my persoonlike opinie uitspreek oor vooroordele en selfgemaakte persepsies oor kontroversiële kwessies.  Ons Christelike geloof, asook soveel ander gelowe, en die leerstellinge van Jesus Christus maan ons om ons naaste onvoorwaardelik lief te hê en mekaar te aanvaar ongeag ons ras, kultuur, geslag, geloof en seksuele oriëntasie.  Ons unieke grondwet onderskryf dit ook.  Daarom moet ons dalk meer versigtig wees om die Bybel te interpreteer soos ons dit wil lees en pas.  Die geskiedenis van al die godsdiens oorloë, vervolging van die Jode, die regverdiging van ons vorige bedeling se rassebeleid en veroordeling van die minderheidsgroeperinge soos die homoseksuele is onaanvaarbaar.  Ek het nog altyd ‘n probleem gehad dat die mens sy interpretasie van die Bybel oor bogenoemde aangeleenthede aan ander voorophou asof dit direk van Jesus Christus en God afkomstig is.  Het God dan rassisme goedgekeur soos vele vorige generasies geïndoktrineer was?  Het God nie alle mense gelyk geskape nie?  Daarom het ek ‘n probleem met die uitsprake van persone soos Angus Buchan oor kwessie soos gay-huwelike as sonde – ‘n konsep waarmee ek self ‘n probleem het om my gedagte daarom te kry.  Sulke uitsprake is menslike vooroordele en selfgemaakte persepsies en ek maak beswaar dat daar gesê word dat dit van God kom.  Dit maak nie vir my sin dat ‘n mens lief kan wees vir die homoseksuele, maar jy keur sy lewenstyl af.  Die mens is ‘n seksuele wese en sy identiteit is onlosmaaklik deel van sy menswees.  Wedersydse respek en aanvaarding is so belangrik om die boodskap van Jesus Christus uit te leef.  Kom ons leer dan nou om meer verdraagsaam teenoor almal te wees en nie te veroordeel nie, maar te probeer verstaan.

Johan Pretorius

Die Redakteur

Back to top

 

2.           Am I a fireman yet?

(E-mail)

In Calgary, Alberta a 26-year-old mother stared down at her 6 year old son, who was dying of terminal leukemia.

Although her heart was filled with sadness, she also had a strong feeling of determination. Like any parent, she wanted her son to grow up & fulfill all his dreams. Now that was no longer possible. The leukemia would see to that. But she still wanted her son’s dream to come true.

She took her son’s hand and asked, “Billy, did you ever think about what you wanted to be once you grew up? Did you ever dream and wish what you would do with your life?”

Mommy, “I always wanted to be a fireman when I grew up…”

Mom smiled back and said, “Let’s see if we can make your wish come true.”

Later that day she went to her local fire Department in Calgary, where she met Fireman Bob, who had a heart as big as Alberta.

She explained her son’s final wish and asked if it might be possible to give her 6 year-old son a ride around the block on a fire engine.

Fireman Bob said, “Look, we can do better than that. If you’ll have your son ready at seven o’clock Wednesday morning, we’ll make him an honorary Fireman for the whole day. He can come down to the fire station, eat with us, go out on all the fire calls, the whole nine yards!

And if you’ll give us his sizes, we’ll get a real fire uniform for him, with a real fire hat – not a toy – one with the emblem of the Calgary Fire Department on it, and a yellow slicker like we wear and rubber boots.”

“They’re all manufactured right here in Calgary, so we can get them fast.”

Three days later Fireman Bob picked up Billy, dressed him in his uniform and escorted him from his hospital bed to the waiting hook and ladder truck.

Billy got to sit on the back of the truck and help steer it back to the fire station. He was in heaven.

There were three fire calls in Calgary that day and Billy got to go out on all three calls.

He rode in the different fire engines, the Paramedics’ van, and even the fire chief’s car. He was also videotaped for the local news program. Having his dream come true, with all the love and attention that was lavished upon him, so deeply touched Billy, that he lived three months longer than any doctor thought possible.

One night all of his vital signs began to drop dramatically and the head nurse, who believed in the hospice concept (that no one should die alone), began to call the family members to the hospital. Then she remembered the day Billy had spent as a fireman, so she called the Fire Chief and asked if it would be possible to send a fireman in uniform to the hospital to be with Billy as he made his transition.

The chief replied, “We can do better than that. We’ll be there in five minutes. Will you please do me a favor? When you hear the sirens screaming and see the lights flashing, will you announce over the PA system that there is not a fire? It’s the department coming to see one of its finest members one more time. And will you open the window to his room?”

About five minutes later a hook and ladder truck arrived at the hospital and extended its ladder up to Billy’s third floor open window. 16 fire-fighters climbed up the ladder into Billy’s room. With his mother’s permission, they hugged him and held him and told him how much they LOVED him. With his dying breath, Billy looked up at the fire chief and said, “Chief, am I really a fireman now?”

“Billy, you are. And The Head Chief, Jesus, is holding your hand.” The Chief said with those words, Billy smiled and said, “I know, He’s been holding my hand all day, and the angels have been singing.”

He closed his eyes one last time.

This is a true story

Back to top

 

3.           SINODENUUS

Vredesprys aan NG Kerk!

Die Worcester Hoop en Versoeningsproses (WHRP) het onlangs hulle Vredesprys aan die NG Kerk Wes-en-Suid-Kaap toegeken.

Hierdie besondere eer het die kerk te beurt geval nadat R100 000 deur die kerk se Hoop en Versoening Trust aan die WHRP geskenk is. Terselfdertyd is erkenning aan die vier NG-predikante van Worcester, wat deurgaans hulle tyd en kundigheid vir die WHRP beskikbaar gestel het en as “die gom van die proses” beskryf word, gegee. Hulle is Fanie Engelbrecht (emeritus), GP Kellerman (Worcester-Audenberg), Hans Steyn (Worcester-Vallei) en Jan Ungerer (emeritus).

(Eliza Morkel se toespraak met ontvangs van die Vredesprys volg.)

 

Worcester Hope and Reconciliation Process

Elize Morkel 6 August 2015

Father Michael Lapsley tells the story of the man who stole a bicycle. After a while he started feeling guilty and decided to go to the man and confess and ask for his forgiveness. He went and said that he was sorry and asked for forgiveness, but he kept the bicycle! This is how he illustrates what restitution means – it is saying sorry and giving back. Saying sorry is meaningless unless we do sorry!

The active involvement of the pastors and members of the DRC in the Worcester Hope and Reconciliation process signifies a pocket of hope within a church where words of sorry have been spoken repeatedly, but I often despair at the lack of reconciliatory intent and action in our members, as well as the resistance to the idea of restitution.

Of course the DRC is involved in many other community initiatives. But I have to ask myself: What makes it so difficult for the majority of DRC members, Afrikaner and white people to give back? I think it has a lot to do with the effect of privilege. Privilege is a lot like running with the wind from behind – you do not notice the wind while it helps you along until you turn back and hit the wall of South Easter which had been blowing all along. Privilege blinds us from its presence and its effect on our lives. It is therefore very difficult for us to understand the ways in which we, as white people, have benefitted (and continue to benefit) from the injustice of the past. Our privileged position gave us a sense of entitlement so that when we lost some power and privilege such as political power and faced difficulties in terms of employment and promotion we very quickly became the victims/the oppressed in our own eyes. Furthermore privilege operates within an ethic of control – the world of 5 year plans, of setting goals and achieving them, of working hard and getting instant, predicted results. The work in poor and marginalized communities requires an ethic of risk according to Sharon Welch, theologian and ethicist, where you take one step forward and two steps back, where surprises, disappointment and disillusionment and often despair is part and parcel of the process. This is where middle-class people who are so used to having things under control and of having all the answers often give up and start blaming the victims for a lack of results. “These people will never change!” Within an ethic of risk we work and try no matter the setbacks, we keep on trying.

This work is a selfless endeavour which involves our bodies. Denise Ackerman points out that the work of justice and healing is “body work”. Under apartheid our bodies defined whether we were stigmatized or advantaged. Bodies were involved in making bombs and planting it. Bodies were left lifeless and injured. Bodies carry the memories of pain and trauma. Now the healing and building of our hope in this traumatized society requires the willing, loving, caring, selfless and hardworking bodies of people. The Synod of the Western Cape embraces the Confession of Belhar with its emphasis on unity, justice and reconciliation. The bigger DRC, together with URCSA, RCA and the DRC in Africa, is currently in a Season of Human Dignity. Your work here in Worcester provides an embodied experience of the confession of Belhar and Season of Human dignity. You make it come to life. At the beginning of the year my daughter-in-law was part of the group of the fifth year theology students who spent a week here and witnessed the work: it was a life-changing experience.

Jesus did not only preach about neighbourly love, but his life and ministry was filled with embodied involvement with people on the margins of society. Ackermann writes poignantly: “The story of the man Jesus of Nazareth in the world as well as his suffering body on the cross – the one body given for many – is at the heart of our faith. Christ’s offerings does not obliterate our differences, it offers to break down the divides between us, to do away with exclusion, discrimination and prejudice.”

Thank you for giving your precious bodies, your time and energy to do sorry and become what the body of Christ, the church, should be.

Back to top

 

4.           Nuusbrief – Pionierskool

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Ons het tydens hierdie afgelope kwartaal by Pionierskool hartseer tye asook tye van opwinding beleef.

Die afsterwe van een van ons gr. 8-dogters, Kaylicha Stalmeester, nadat sy die stryd teen haar siekte verloor het, het ons weerloos en hartseer gelaat. Ons dank aan almal wat ondersteuning gebied het aan haar gesin by wyse van meelewing en versorging, gebede en bydraes van finansiële aard. Ons het beleef dat God ons almal vashou in sy liefde.

Dis met leedwese dat ons verneem het van die afsterwe van Miriam Oncke (Huis Schoeman) se moeder.

Ons neem afskeid van me T Frouws, opvoeder by die gr. 3-klasgroepie. Sy was vanaf Januarie 2014 by ons en het puik diens aan ons leerders gelewer. Ons wens haar alle voorspoed toe met haar nuwe WKOD-betrekking.

In hierdie nuusbrief sal u ook lees van die uitstaande prestasies van Lise-Mari van Wyk en Tomley van Vuuren wat puik presteer het in die Nasionale Toneelspelkompetisie vir Hoërskoolleerders. Baie geluk aan hulle en hul ouers. Groot dank aan mnr Daly wat hulle ondersteun het en saam met hulle hierdie opwindende en soms spannende kompetisie meegemaak het.

Graag moedig ons alle ouers aan om na die vakansie die geleenthede wat geskep sal word om gesprekke te voer oor die akademiese vordering van elke individuele leerder, te benut. Laat ons die tweede helfte van 2015 ten beste gebruik om elke leerder te lei om sy volle potensiaal te verwesenlik.

 

PIONIERDERS PRESTEER IN NASIONALE TONEELKOMPETISIE

Die nasionale toneelkompetisie vir Hoërskoolleerders is vanjaar weer deur die Hoërskool Bellville aangebied, met kykNET as hoofborg.

Andrea Streso was betrokke by die afrigting van Pionierskool se vyf akteurs. Sy het in 2009 die tweede plek in dié kompetisie behaal, en as gevolg van hierdie blootstelling die rol van Danelle in 7de Laan gekry. Danksy haar kundige leiding, mnr Daly se entoesiasme en harde werk en natuurlik die leerders self wat baie ure lank gerepeteer het, het Tomley van Vuuren en Lise-Mari van Wyk deurgedring na die tweede been van die kompetisie. Hulle is twee van slegs 60 leerders wat uit ‘n groep van ongeveer 500 deelnemers landwyd gekies is!

Die tweede ronde het op 14 Mei in die Kunstekaap-teater plaasgevind. Lise-Mari het die beoordelaars beïndruk met haar skitterende vertolking van Tiemie, uit Siener in die Suburbs, en Tomley het met sy pragvertoning deurgedring na die volgende ronde (‘n groep van 30).

Die volgende dag, tydens ronde drie, is die avontuur voortgesit, en Tomley het by ‘n uitverkore groepie van 15 akteurs aangesluit, uit wie se geledere die uiteindelike agt finaliste gekies is. Sowel Lise-Mari as Tomley is ook genooi vir ‘n oudisie vir radio-drama by RSG se ateljee in Seepunt.

Hulle het uitnodigings ontvang na die toekenningsgeleentheid op 16 Mei – die hoogtepunt van die toneelkompetisie. Lian Walsh van die Hoërskool Parel Vallei is as die wenner aangewys, en Carla Smith van die Hoërskool Durbanville het tweede geëindig.

Maar: onse Tomley is een van slegs vier leerders (en die ander drie is almal uit die finaliste gekies!) wat ‘n rol aangebied is in ‘n toneelverwerking van Fiela se Kind.

Dit gaan in 2016 by die Woordfees opgevoer word, en ook weer deel uitmaak van die skoleprogram in die Kunstekaap. Lise-Mari het die aanmoedigingsprys gekry as iemand wat, hoewel sy nie deurgedring het na die finale ronde nie, baie potensiaal toon. Dit was egter nie al nie! Hierdie jong aktrise is wéér ‘n keer verhoog toe geroep: sy is een van slegs drie leerders wat gekies is vir ‘n RSG-tienerdrama wat spesiaal geskryf gaan word deur Anton Treurnich, die skrywer van die gewilde middagvervolgverhaal, Vloek van die Rooigety.

Wat ‘n unieke geleentheid vir enige jong akteur om sy horisonne te verbreed!

 

MNR FREDDIE BOTHA SE ENGELKINDJIE

Die Instituut laat weet:

Daar is ‘n engelkindjie wat getrou elke oggend vir mnr Botha kom hallo sê. Soggens stap sy en haar ma by die Instituut verby op pad skool toe. As mnr Botha nie hier is nie, maak sy nog steeds haar draai by sy venster. Op haar verjaarsdag het mnr Botha vir haar ‘n geskenkie gegee, en ons het vir haar gesing. Kyk net die gesiggie op die foto – altyd met ‘n smile.

Tannie Linda Coetzee skryf: Sy is tog só ‘n ou liefdevolle inkruipvlooitjie! Ons eie inwonende Engeltjie.

 

DIE GR R-KLASSE HET WOENSDAG 11MAART 2015 DIE PLAAS ELANDSKLOOF, WOLSELEY, BESOEK OM PARSTYD EERSTEHANDS TE ERVAAR

Danté Strydom word gewys hoe gate in ‘n korrel gesteek word vir die maak van “Kaapse Jongens” (druiwe in witblits ingelê), terwyl Marshalene Isaks toekyk.

Vaughn Byron en Diwan en Ewan Ferreira proe druiwekonfyt.

 

HERFSKONSERT BY HUIS BREVIS

Sewentien laerskool-musiekleerders het op die sesde Mei 2015 deelgeneem aan ‘n herfskonsert by Huis Brevis. Hulle het die geleentheid baie geniet en hul baie goed van hul taak gekwyt. Die bejaardes het elke leerder baie spesiaal laat voel met hul dawerende applous na afloop van elke item.

Baie dankie aan die volgende leerders vir jul deelname en harde werk: Leslie Ann (klavier), Adrienne (klavier en blokfluit), Roshaan (klavierduet en blokfluit), Tamia (blokfluit en klavierbegeleiding), Stefan, George, Sheldon, Danny, Sipho (blokfluit), Elmarco, Luke en Cleo (klavierduet), Alvina, Gugu, Leané, Carly en Megan (sang).

Elmarie van Aarde

 

INPROVING IN LEAPS AND BOUNDS!

Ying-Shan is in grade 7 this year. She is most definitely intelligent and talented, but what sets her apart, is her discipline and commitment.

She has been entered for UNISA grade 5 theory and grade 7 practical this year, as well as for the National Samro piano competition, the Worcester Eisteddfod and the Gemini singing competition. We are waiting to hear if she has gone through to the next round of the Gemini.

Ying-Shan was interviewed on television, and that programme won an “ATKV Veertjie toekenning” recently.

This young lady is regularly asked to give concerts and to perform at celebrity events. There is no stopping her, and it is difficult to out-challenge her.

Our best wishes for her upcoming performances accompany her!

 

DEBAT: MOET DIE ABORSIEWET ONVERANDERD BLY OF GESKRAP WORD?

DEUR NAZAIN VAN DEN HEEVER EN TOMLEY VAN VUUREN

‘n Debatsgeleentheid skep vir ons leerders die ideale platform om ons sienings en opinies oor sensitiewe kwessies met ander te deel.

Mense moet daagliks moeilike besluite neem. By die debat wat op 7 Mei 2015 plaasgevind het, is een van hierdie moeilike lewenskeuses bespreek.

Die lewendige bespreking van die onderwerp wat ons hierdie kwartaal gekies het, naamlik aborsie, het al die leerders mooi laat nadink oor dié belangrike kwessie. Nie net die twee spanne nie, maar ook die gehoor het goed na mekaar geluister en op die voete gedink. Almal was lus om ‘n eiertjie te lê. (Denzil het selfs ‘n lansie gebreek vir die lemnaeler Oscar Pistorius.) Dit was regtig ‘n vurige debat en die voorstanders (Siya, Lelethu en John) en die teenstanders (Valencia, Denzil en Dimitri) het mekaar goed laat les opsê.

Wie gewen of verloor het, is egter nie van belang nie. Wat belangrik is, is dat soveel leerders met vrymoedigheid aan die debat deelgeneem het. Ons is ook nou baie meer ingelig oor ‘n saak soos aborsie. Ons oë het ook oopgegaan vir alles waardeur ‘n persoon wat so ‘n bitter moeilike besluit moet neem, moet gaan.

 

KLOONMEESTERS

Huis Schoeman se seuns het plantselle gebou en verslae oor elke komponent geskryf vir ‘n SW-taak. Uit ‘n groot verskeidenheid afvalmateriaal kon elkeen kies en keur wat hy wou gebruik, en dit was sommer vet pret.

 

DIE VASELINETJIE – UITSTAPPIE

As deel van sy program om teater onder die jeug te ontwikkel en te bevorder, bied Kunstekaap vanjaar vier voorgeskrewe werke op die verhoog aan. Vaselinetjie (vir gr. 11-leerders voorgeskryf) is gebaseer op die gelyknamige boek deur Anoeschka von Meck, en beeld die ware verhaal uit van ‘n bejaarde bruin egpaar wat ‘n blanke optelbabatjie liefdevol grootmaak.

Die stuk fokus op kwessies wat vir elke tiener relevant is, soos vriendskappe, die soeke na identiteit, rasproblematiek, dwelmmisbruik, prostitusie en vergifnis. Bekendes soos Andrea Streso (in die rol van Vaselinetjie), June van Merch (die ouma) en Dawid Louw (Texan Kirby, die rowwe ou) speel die hoofrolle. Leerders wat verlede jaar in die nasionale toneelkompetisie vir Hoërskole uitgeblink het, is in die ander rolle.

Deur bemiddeling van dr. Niel le Roux van die SBA (Stigting vir die Bemagtiging deur Afrikaans) het 40 van Pionierskool se hoërskoolleerders op 23 April die geleentheid gekry om na Vaselinetjie te gaan kyk. Hulle is vergesel deur sewe volwassenes. Die SBA het selfs die vervoer van al hierdie leerders en leerkragte ten volle geborg. Met ons aankoms by die teater is ons soos eregaste by die busse ontvang en na ‘n area buite die restaurant begelei, waar ons “in die skadu van ou Tafelberg” kon piekniek hou. (Feedem het voedsame kospakkies met ‘n verskeidenheid geurige happies verskaf, genoeg vir twee maaltye. Tot ons skande het die netjiese houers waarin alles so keurig verpak is, die aand in die bus vergete gebly…)

Halfpad deur die ete daag ‘n flambojante RSG-aanbieder daar op met haar Straatpraat-mikrofoon. Met swaaiende groen oorbelle vra sy toe net mooitjies al die regte vrae om vir Sarel, Ying-Shan, Tomley, Rochelle, Jolene en Robyn aan die klets te kry oor: die Kaap, sang, klavierspeel, ma’s wat nie van die internet hou nie – en acting!

Die feit dat ons leerders in die heel voorste twee rye kon sit, het meegebring dat elke emosiebelaaide woord en asemtog baie duidelik gehoor kon word, al was die teater van voor tot agter volgepak met leerders met ‘n verskeidenheid spesiale behoeftes. Agterna het menigeen gesê dat dit vir hulle gevoel het of hulle saam met Vaselinetjie daar in die kinderhuis was. Na die vertoning het Andrea vir Tomley en Lise-Mari op die verhoog geneem om hulle ‘n bietjie blootstelling te gee aan die “regte” verhoog, en die eise wat dit aan ‘n akteur stel. In die voorportaal het die skrywer van Vaselinetjie met ons kinders kom kennis maak (sy het hulle ge-stalk, sê hulle …) en gevra om saam met hulle afgeneem te word!

Ons het soveel waardering vir die welwillendheid van instansies soos die SBA en kykNET, maar ook vir die vakmanskap wat dit moontlik gemaak het om hierdie puik teaterproduksie die lig te laat sien.

 

Vaselinetjie vertel die storie van die weeskind (Vaseline) Bosman wat van haar oupa en ouma weggeneem word en in ‘n kinderhuis in Gauteng geplaas word om haar skoolloopbaan te voltooi.

Die boek is bekroon met die Jan Rabie/Rapport-prys vir vernuwende Afrikaanse prosa en die MER-prys vir jeuglektuur.

Die uitbeelding van die harde kinderhuislewe en Vaselinetjie se belewenis gryp lesers aan.

Anoeschka von Meck verwys na die boek as faksie en verduidelik dat dit ‘n werk is waarin die grenslyne tussen feite en fiksie redelik onseker is.

Die skrywer vertel dat sy verbaas was oor mansvriende wat die verhaal gelees het en haar gebel het om te sê dat hulle ‘n traan moes wegpink omdat Vaselinetjie so hartseer en skokkend is.

Anoeschka von Meck se eerste roman was Annerkant die longdrop. Anoeschka het op die dag van die vertoning moeite gedoen om met die leerders van Pionierskool te gesels en hulle uit te vra oor hulle reaksie op die stuk.

 

DIE INTERACTKLUB BESOEK BREWELSKLOOF-HOSPITAAL

Die lede van die Interactklub het Maandag 4 Mei 2015 om 14:15 vanaf die skool vertrek, met ‘n voorraadjie braille- en siendeboeke, inkleurprente en vetkryte onder die arm. By die Brewelskloof-hospitaal aangekom, is hulle reguit na die kindersaal geneem.

Die Interactlede en pasiënte is in drie groepe opgedeel. Een groep het ‘n storie uit ‘n braille-boek gelees en ‘n tweede groep het ‘n storie uit ‘n siende-boek gelees. ‘n Derde groep het in die créche prente en vetkryt uitgedeel sodat die pasiënte kon inkleur.

Die groepe het omgeruil en omstreeks 15:10 weer in die saal bymekaargekom. Sarel en sy kitaar het ons almal aan die sing en dans gehad totdat ons om 15:30 moes groet.

Van links na regs: Anele Dalasi, Nazain van den Heever, Lelethu Mgquba, me Natalie Meyer en Sarel van der Westhuizen

What is interact?

Interact is Rotary International’s service club for young people ages 12-18. Interact clubs are sponsored by individual Rotary clubs, which provide support and guidance, but they are self-governing and self-supporting.

What is Rotary?

Rotary International is an international service organization whose stated purpose is to bring together business and professional leaders in order to provide humanitarian services, encourage high ethical standards in all vocations, and help build goodwill and peace in the world. There are 34282 clubs and over 1.2 million members worldwide. The members of Rotary Clubs are known as Rotarians.

 

UITREIK DEUR DIE NUWE APOSTOLIESE KERK VAN KENSINGTON, KAAP

‘n Groep van ongeveer 70 volwasse lidmate en tieners het ons op 7 Maart kom besoek om meer te leer van die leefwêreld van ons siggestremde leerders. Die tieners in hierdie groep het almal gedurende April en Mei geloofsbelydenis afgelê, en die volwassenes is geestelike leiers in die Nuwe Apostoliese Kerk in Kensington in die Kaap. Die grootste gebod, naamlik om God bo alles lief te hê, is werklik vir hierdie toegewyde groep gelowiges ‘n saak van erns – vandaar die uitreik na Pionierskool.

Nadat mnr Byleveldt die groep verwelkom het, het mnr Christo Vorster die reëls van doelbal verduidelik. Toe is ‘n demonstrasie­wedstryd tussen twee provinsiale spanne gespeel, met me Martie Vorster as skeidsregter. Vervolgens het ‘n paar leerders van die uitreikgroep die geleentheid gekry om geblinddoek te speel. Hulle het dit só geniet dat die volwassenes gevra het om ook te speel. Dit was groot pret! ‘n Mens wonder net hoe het hulle lywe die volgende dag gevoel …

Die groep het na Huis Rabie beweeg, waar mnr Ter Haar die reëls van blindekrieket verduidelik het. Daarna het die junior leerders ook ‘n demonstrasiewedstryd gespeel. Die uitreikgroep was onkeerbaar! Ons moes blinddoeke uitdeel sodat hulle kon boul en kolf. ‘n Paar mense het beslis agtergekom wat die uitdagings vir ‘n siggestremde persoon kan wees.

Ons het die groep in vyf kleiner groepies verdeel en toe na die onderskeie koshuise beweeg waar elke koshuis sy eie aktiwiteite aangebied het. Huis Schoeman het die braille-alfabet aan die besoekers uitgedeel en John Salie het uit ‘n brailleboek voorgelees. Ons het daarna die braille- en Apexmasjien aan hulle gedemonstreer.

Ons is so bevoorreg om baie talentvolle musiekkunstenaars in ons midde te hê, en die gaste is dus op musiek uit die boonste rakke getrakteer. Anele Dalasi het met begeleiding van John Salie ‘n sangitem gelewer. Terwyl ‘n snit van Dimitri Sakati en Richie Malonga se “rap” CD gespeel is, het foto’s van hierdie twee “rappers” die ronde gedoen.

Ons het afgesluit met ‘n sangitem deur Anele Dalasi, op die klavier begelei deur Xavier Baartman en met kitaarbegeleiding deur mnr Theodore Hendricks. Ons gaste was sigbaar aangedaan en het baie vrae gevra terwyl hulle ‘n sappie geniet het.

Na die oorhandiging van ‘n groot en baie welkome voorraad toiletware is wedersydse dankbetuiging deur mnre Spencer Thomas en Hannes Byleveldt gedoen. Die uitreikgroep het spontaan pragtige sangitems gelewer, en ons is trots om te sê dat Huis Schoeman se seuns en Huis Besselaar se dogters saamgestaan het en dieselfde gedoen het.

Dit was ‘n heerlike middag – die aanvanklike program van een uur is verleng na twee en ‘n half uur. Ons het beslis nuwe vriende gemaak en baie pret gehad.

 

SABA-KONGRES 28-29 MEI 2015

Die South African Braille Authority (SABA) is ‘n nasionale waghondorganisasie wat jaarliks vergader om braille-verwante sake te bespreek. Vir die tweede agtereenvolgende jaar was die Pionierdrukkery weer eens die gasheer wat alle reëlings getref het en afgevaardigdes uit alle streke van ons land met groot hartlikheid ontvang het. Die verskaffing van handboeke en leermateriaal in braille is maar een van die talle kwessies wat indringend deur Section 27 ondersoek is. Twee prokureurs van hierdie groep (wat hoofsaaklik menseregte-sake hanteer) het die verrigtinge bygewoon. Van die vernaamste punte wat in hulle verslag op 28 Mei uitgelig is, is die volgende:

Die opleiding van onderwysers in graad 1-braille soos wat tans landwyd by spesiale skole gedoen word, beteken niks nie omdat daar lang periodes tussen sulke opleiding-sessies is. Die aanleer van braille is ‘n langdurige proses wat daaglikse vaslegging benodig.

Die gedurige wisseling van onderwysers bring mee dat daar altyd onderwysers op die personeel van ‘n spesiale skool is wat nie toegerus is om met die kinders in hulle medium te werk nie. Dit kom in die praktyk daarop neer dat ‘n leerder in graad 6 beter kan lees as ‘n onderwyser in die hoërskool. ‘n Afwesigheid van respek is die logiese en ongelukkige gevolg van so ‘n toedrag van sake, en wat die kern van die probleem is, volgens die spreker.

 

  • By sommige skole is die enigste leermateriaal wat tot ‘n blinde se beskikking is, slegs dit wat hyself moeisaam op ‘n braillemasjien geproduseer het – soos vir hom gedikteer deur ‘n onderwyser.
  • Daar bestaan skole waar kinders aangemoedig word om slegs in graad 1-braille (onverkort) te skryf.
  • Die volgende probleme rondom die Apex-masjiene is ook uitgelig:
  • Daar is nie genoeg sekuriteit om te verseker dat hierdie tegnologie veilig is nie.
  • Hoe word hierdie apparate herstel, en wie betaal daarvoor? ‘n Nuwe battery kos bv. R500.
  • Daar is ‘n sorgwekkende afwesigheid van instrukteurs wat ná die aanvanklike opleiding die skole op ‘n gereelde basis besoek om bystand te verleen.

 

Mnr Netshituni (president van SABA) het gesê die rompslomp rondom die produksie van handboeke in braille veroorsaak ‘n ernstige bottelnek. Voor ons ons oë uitvee, verander die kurrikulum wéér, en in die proses bly ons leerders met spesiale behoeftes net al hoe verder agter. Die kwessie van die braille-opleiding van onderwysers het hoë prioriteit geniet tydens die besprekings. Daar word algemeen gevoel dat, aangesien braille spesialiskennis is (daar is boonop ‘n groot verskil tussen die opleiding van ‘n onderwyser in braille, en hoe om dit vir ‘n siggestremde leerder aan te leer) dit eintlik deel van ‘n universitêre kurrikulum behoort te wees. Dit gaan immers om die toerusting van ‘n blinde leerder sodat hy of sy uiteindelik ekonomies selfstandig kan lewe.

Die vraag is tereg gevra of die vernielde toestand van die braillemasjiene in ons skole nie dalk een van die (mindere) gevolge van hierdie gebrek aan kennis van braille is nie. Mnr Subhan, ‘n hooggeplaaste amptenaar by die Departement van Basiese Onderwys, het met groot erns kennis geneem van die sorgwekkende situasie by die 22 skole vir siggestremdes in die land, en veral van die handboek­kwessie. Hy het verder onderneem om die Minister van Onderwys ten opsigte van die volgende sake te adviseer:

 

  • Sekere dinge sal onmiddellik gedoen moet word.
  • Die land se kapasiteit om handboeke te vervaardig, sal verhoog moet word.
  • ‘n Kommissie moet so gou moontlik gestig word, bestaande uit verteenwoordigers van die Departement van Basiese Onderwys, Section 27, SABA, Blind SA en die Nasionale Raad vir Blindes.

 

Mnr Christo de Klerk (visepresident) gee toe dat ‘n belangrike mylpaal tydens vanjaar se SABA-kongres bereik is. Hy is egter versigtig optimisties oor hierdie beloftes en ondernemings.

 

Perkins Braillers, manufactured by Perkins Howe Press, are simple machines used to write Braille. Developed in 1961, this “Braille typewriter” has revolutionized communication for the blind, by making it much easier for both visually impaired users and Braille transcribers to write Braille.

AFRONDINGSKURSUS

Die dogters van graad 7 tot 12 het ‘n wonderlike geleentheid gehad om ‘n afrondingskursus te deurloop. Die nimlike Mietzi Hagen, bekende skoonheidsterapeut, het Dinsdae-middae die meisies toegelig oor onderwerpe soos houding, etiket, klerekasbeplanning, persoonlike versorging en higiëne. Die kwartaal is afgesluit met ‘n prakgiese sessie oor velsorg en velsorgprodukte.

Ons meisies getuig dat hulle waardevolle inligting gekry het wat hulle andersins dalk tuis by hulle eie ma’s kon kry. Hartlike dank aan tannie Mietzi vir haar warm en hartlike kuiers op ‘n Dinsdagmiddag.

‘n Volgende reeks word in die vooruitsig gestel.

 

The beauty of a woman is not in a facial mode but the true beauty in a woman is reflected in her soul. It is the caring that she lovingly gives; the passion that she shows. The beauty of a woman grows with the passing years.

Audrey Hepburn

A beautiful woman delights the eye; a wise woman, the understanding; a pure one, the soul.

Minna Antrim

 

SA KAMPIOENSKAPPE 2015

Lede van die Bolandspan wat vanaf 29 Maart tot 2 April aan die Nedbank SA Kampioenskappe vir Gestremdes in Johannesburg gaan deelneem het.

v.l.n.r.: T van Vuuren, M September, R Gatyana, C Mauries, mnr Ryk van Schoor, (Spanbestuurder), D du Toit (gids), D Maans, S Nyanda, me JM van der Merwe (Afrigter)

Die span het bestaan uit leerders van die Pionierskool en een leerder van De la Bat-skool. Die span het puik presteer. Hulle het 14 goue, 3 silwer en 1 brons medaljes ingepalm.

C Mauries het die SA rekord (T12 o/16) in 100m en verspring verbeter.

 

WELKOM AAN ANNANETTE OLIVIER

In die intermediêre fase verwelkom ons graag vir Annanette op die personeel. Sy en haar gesin is nuwe intrekkers in Worcester – hulle kom van Volksrust in Mpumalanga.

Haar man, Johan, en hul twee seuns, Dirk (6) en Gerhard (3) is die groot liefdes in haar lewe. ‘n Familie-ete saam met Ouma en Oupa rond háár prentjie van geluk perfek af.

Om saam met haar makker op die lewensreis ‘n rugsakreis deur Europa te onderneem, is ‘n droom wat sy hoop nog eendag sal waar word.

Aanvanklik was dit vir haar ‘n “eye opener” om siggestremde leerders so vrolik op die terrein van Pionierskool te sien rondspeel, maar sy het baie gou besef dat ‘n mens daarteen moet waak om leerders weens hul gestremdheid te etiketteer.

Annanette beskou haarself as ‘n geroepene in die onderwys. Die woorde van Helen Keller is vir haar ‘n rigsnoer:

“Kennis is liefde, lig en visie.”

ME YOLANDI TER HAAR, OPVOEDER MET ‘N RUIM HART

‘n Lenige donkerkopjuffrou – en ma van een van ons leerders – het gedurende die tweede kwartaal by die afdeling vir leerders met spesiale onderrigbehoeftes (ALSO) aangesluit.

***

Wat het jou laat besluit om Pionierskool toe te kom?

Ek het hierheen gekom omdat my hart al baie lank by die skool lê. Daar is ‘n sekere seun – wat nie sy naam genoem wil hê nie – wat my baie na aan die hart lê. Ek het saam met hom sy loopbaan hier by Pionierskool begin, en die skool beteken baie vir ons almal.

Wat wil jy graag hê moet die kinders in jou klas ervaar wanneer hulle na jou “kyk”?

Dat ek hulle “mamma” is, en dat elkeen sal weet dat hy of sy vir my belangrik is.

‘n Moeilike vraag: watter raad het jy vir aspirantonderwysers?

Elke kind is anders. Dink buite die boks. Moet veral nie lui wees nie!

Daar is soveel “mans” in jou lewe wat jou aandag verg: ‘n man, drie eie seuns, die seuns van Huis Rabie – en nou nog die aanneemkindertjies van ALSO ook … Waarmee bederf Yolandi soms vir Yolandi om haar batterye te herlaai?

Soms kyk ek laatnag ‘n fliek op TV. Ek is mal oor animasies, maar as ek heerlik wil ontspan, kyk ek graag na ‘n drama waar ek baie kan huil. Dan lees ek ook graag enigiets deur Irma Joubert of Torey Hayden. Die skoonheid van die natuur is ‘n trekpleister: iewers diep in die bos, of om op die strand by Struisbaai saam met my man en seuns te speel.

***

Yolandi ter Haar is iemand in wie se lewe die Here vroeg reeds op ‘n besondere manier die saadjie van die onderwys geplant het. Pionierskool is bevoorreg om haar by ons te verwelkom, en hoop sy sal lang en vervullende jare hier deurbring.

TINEKE FROUWS Sê TOT SIENS

Dit was ‘n voorreg om my onderwysloopbaan by die Pionierskool te begin. Ek was baie gelukkig om saam met wonderlike kollegas te kon werk en is baie dankbaar vir al die hulp en ondersteuning wat ek as jong opvoeder ontvang het. Dit was werklik ook ‘n groot voorreg om sulke spesiale leerders te onderrig; hulle het my geleer wat onvoorwaardelike liefde, geduld en deursettingsvermoë is.

Ek sal almal baie mis en neem baie goeie herinneringe met my saam.

 

Kaylichia Stalmeester

Huldeblyk

22-04-2000 – 14-05-2015

Dit is met hartseer dat ons bekend maak dat Kaylicha Stalmeester, gr. 8-leerder aan Pionierskool, op 14 Mei 2015 by haar ouma se huis te George, na ‘n kort siekbed, in haar slaap oorlede is.

Ons bede is dat haar moeder, ouma en die res van die familie die liefde en genade van ons Hemelse Vader sal ervaar in hierdie baie moeilike tyd.

Back to top

 

5.           NUUSBRIEF – JULIE 2015

Instituut vir Blindes

GEDAGTE VIR DIE MAAND

When God solves your problems, you have faith in His abilities;  when God doesn’t solve your problems, He has faith in your abilities.

 

UIT DIE KANTOOR

DIE DAG TOE EK VIR 67 MINUTE DOOFBLIND WAS (soos aangevra deur die Worcester Standard vir moontlike plasing volgende week):

So ‘n paar weke gelede het ek hierdie weerligstraaltjies in my regteroog opgemerk. Dit was net na die Jagnaweek met die blindes te Pearston. Skielik het dit begin lyk asof ‘n gordyntjie besig was om oor my oog te skuif. Ek het ‘n afspraak met die oogspesialis gemaak en toe die skokkende nuus verneem dat ek ‘n retina loslating gehad het en onmiddellik ‘n operasie moet ondergaan om die retina weer te heg. Skielik het dit waarvan ek net op ‘n afstand waargeneem het en dalk te maklik oor gepraat het, deel geword van my eie menswees. Sondag na Sondag het ek op kansels gestaan as Hoof van die Instituut vir Blindes en gevra dat mense hulleself in die skoene van ‘n blinde moes plaas sonder dat ek werklik self geweet het waarvan ek praat. Nou ewe skielik was dit nie meer iets daar ver nie. Ek skouer mense in die Mall en stap in paaltjies vas op sypaadjies wat ek gewoonlik maklik ontwyk het. Na 3 maande is my oog nou in die finale fase van herstel en is ek weer byna volsiende en waardeer ek weer die voorreg om te kan sien met groot dankbaarheid.

Dis in hierdie tyd wat die gedagte by my opgekom het – waarom nie op Mandeladag my 67 minute opdra aan hulle wat 365 dae van die jaar, 24 uur van die dag ‘n lewe van nagstilte leef nie. Ja, as hulle opstaan in die oggend, hoor hulle nie die ontbytklok nie, hulle hoor nie die geklingel van die eetgerei nie, dit is nag en dit is stil; as hulle daar by hulle werkbank staan, hoor hulle nie die geraas van die masjinerie of die radio’s van hulle kollegas wat luid blêr nie – dit is nag en dit is stil. Want hulle is doofblind! Ons het amper 50 doofblindes hier by ons by die Instituut vir blindes, met sommige kan jy per rekenaar kommunikeer, ander praat ‘n kombinasie van vinger- en gebaretaal; David Geyer is uniek want hy is een van net 50 doofblindes in die wêreld wat met die Tadoma metode kan kommunikeer, maar dan is daar ook die klompie vir wie jy maar net ‘n drukkie kan gee.

Vrydag die 17de Julie durf ek ewe dapper, geblinddoek die tog aan vanaf my kantoor met my wit kierie met die rolpunt vooraan. Gelukkig het ek vir Franci, my sekretaresse, wat vir my aanmoedig en waarsku net voor ek my te pletter kan loop teen ‘n muur of binne ‘n sloot kan val en ‘n been breek. Ek kom gelukkig ongedeerd by die Kreatiewe Projekte afdeling aan en word aan die werknemers voorgestel as Pieter, ‘n doofblinde persoon, wat vandag ‘n rukkie daar by hulle gaan deurbring, “Hallo Pieter”, word ek uit volle bors begroet. So maak “Pieter” hom tuis by die werkstafels en word daar ywerig gepoog om hom ‘n bietjie touwys te maak. “Pieter” se onhandigheid en sy oordrewe nuuskierigheid lei tot groot pret. Die krale wat hulle so sorgvuldig gesorteer het en die wol wat hulle so netjies opgerol het, word deur Pieter totaal deurmekaar gekrap.Tog, alhoewel “Pieter” hulle persoonlike ruimte opsetlik binnedring, is dit ongelooflik hoe geduldig hulle met hom is en hoe gretig hulle is om sy kuiertjie so aangenaam moontlik te maak.  Op ‘n vraag aan die einde van die kuiertjie deur die afdelingshoof of Pieter maar weer vir hulle kan kom kuier, was almal dit uitbundig eens dat hy meer as welkom is. Desiré se opmerking was egter veelseggend: “Pieter kan gerus maar daar kom werk, dis sy eie keuse maar hy moet my net uitlos want hy werk te veel op my senuwees – hy vryf my hare en gryp my breiwerk!!!”

Groot is die opgewondenheid toe die kat uit die mou gelaat word en hulle die verrassing kry dat “Pieter” niemand anders was as meneer Botha nie. Vir my persoonlik was dit ‘n ervaring wat ek vir niks anders sal verruil nie en wat ek vir almal kan aanbeveel! Volgende keer as u wonder wat u kan doen, gryp die geleentheid aan en word deel van ‘n dag in die lewe van ‘n persoon wat leef met ‘n gestremdheid. Op Worcester is ons bevoorreg dat daar soveel organisasies is vir persone met gestremdhede wat ons met ope arms sal verwelkom en ons op so ‘n reis van bewusmaking sal begelei.

Freddie Botha

 

LIEF EN LEED

Oom Jerry Harrison is op 30 Junie oorlede.  Baie sterkte aan mev Harrison en almal wat lief was vir oom Jerry!  Ons gaan sy vriendelike gesig baie mis!

Geluk aan Flippie Renison wat op 10 Julie getroud is.

Geluk aan mnr Botha wat op 25 Junie oupa geword het van ‘n pragtige kleindogter, Hannah.

 

HUIS BREVIS

Nuwe inwoners:

1 Julie het ons twee nuwe inwoners gekry, Christa le Roux en Monica Landman.  Ons sê baie, baie welkom aan hulle en ons glo en vertrou dat hulle baie gelukkig gaan wees by ons.

 

Huis Brevis Koffiewinkeldag

Vrydag 31 Julie 2015 vanaf 10h00-16h00

Eetsaal word omskep in ‘n koffiewinkel vir die dag

Heerlike eetgoed en drinkgoed word verkoop

Kom ondersteun ons asb!!!

Vertel vir almal wat julle ken.

 

Baie welkom aan ons nuwe personeel!  Ons glo julle sal sommer gou-gou baie welkom voel hier by ons:

Welmari Bronkhorst, Administratiewe Beampte by Dienste vanaf 1 Junie 2015

Rachael Freda Malan, Ontwikkelingsbeampte by DVO vanaf 1 Junie 2015

Margerie Schlebusch, Versorger by Ebenhaezer vanaf 1 Julie 2015

 

Baie geluk aan ons weefkoöperasie wat op Dinsdag 21 Julie hulle 1ste verjaardag gevier het! Mag julle van krag tot krag gaan en voortgaan om sulke pragtige matte te weef!!

 

DVO

Belangrike datums vir Augustus en September-maand

30 Julie-1 Augustus   The Wine Show Suncoast PE – uitstalling en verkope

6 Augustus   Night Market ‘SS Cape-Town – bemarking

16 Augustus   Kerkoptrede te NGK Sonstraal – Mosaiek

Kerkoptrede te NGK Sonstraal – Feesdiens

Kerkoptrede te NGK Sonstraal – Shalomdiens

23 Augustus   Kerkoptrede te NGK Klawer

27 Augustus   Dinner in the Dark Cape Town

2 September   Out of Office – Sekretaresse Dag met Heinz en Alette Winckler

4-6 September   Bierfees Suncoast Durban – bemarking

10 September   Jaarvergadering

13 September   Kerkoptrede te NGK Reebok

27 September   Kerkoptrede te NGK Protea Hoogte

 

“Special Events”

Ons eerste “special event” is agter die rug en was ‘n reuse sukses. Die tydskrif, Goeie Huishouding, het Donderdag, 23 Julie, hul eerste “Celebrity Bake Stars” aangebied en ons was bevoorreg om deel van hulle program te wees.

Ons het ‘n stalletjie saam met die geleentheid se borge gehad waar ons ons produkte uitgestal het, bewusmaking gedoen het en ons splinternuwe koffie aan die publiek bekend gestel het.

Drie van die land se grootste name in die bak-wêreld het kos demonstrasies gedoen en die gehoor kon kaartjies koop om wonderlike “raffle” pryse te wen. Daar was ook een van ons pragtige piekniekmandjies, weefmat, geweefde handsak en KWV Laborie Shiraz met Christiaan Klue se skildery as etiket, op die “raffle” tafel.  Al die opbrengste van die “raffle” kaartjies is aan die Instituut geskenk!!! ‘n Wonderlike  gebaar van die organiseerders.

Hein Wagner, ons ambassadeur, het die gehoor toegespreek en die terugvoer na aanleiding van sy praatjie was verbysterend.

Dankie aan elkeen wat gehelp het met die verpakking van die geskenksakkies, vervoer van die produkte, opstel en beman van die stalletjie asook die bemarking hiervan. Ons sien uit na die tweede rondte Celebrity Bake Stars Dinsdag in Centurion.

 

Ané en Corrie gaan die einde van hierdie maand vir 3 dae ‘n draai in PE maak.  Ons is as gaste en begunstigdes genooi deur Tops at Spar Wine Show om bemarking oor die Instituut te doen en  terselfdertyd verkoop ons van die wynskenking wyne van KWV.  Buiten dat dit ‘n baie goeie rooiwyn van KWV is, het ons ook ‘n afdruk van die skildery van Christiaan Klue as wynetiket daarop gesit en hekel Christina en Marlene die mooiste wynrooi mussies uit rafia vir die bottels wyn.  Ons is so dankbaar dat ons bietjie ons vlerke kan sprei en die Instituut deur hierdie geleenthede kan bemark.  Dis reeds die 3de soortgelyke geleentheid wat ons genooi word om by te woon.  Eers was dit Sharon en Carmalita wat in Pretoria was en toe Ledivia en Sylvia wat in Durban bemarking gaan doen het  en nou maak ons gereed vir die PE geleentheid.

Inligtingsentrum

Daar is so baie dinge wat reeds hierdie jaar gebeur het…en nog moet gebeur, en ons is al in die middel van die jaar! Opwindende tye, met baie nuwe gebeurlikhede, en soos altyd ‘n paar verrassings en projekte waaraan ons werk.

Ek wil graag vir julle meer vertel van een opwindende projek! My dag kan nie regtig begin en ek tel nie stoom op voordat ek nie die tradisionele koppie boeretroos gedrink het nie. Ek is seker daarvan dat daar heelwat mense is wat soos ek voel…bring die koffie! En nou…gaan die Instituut vir Blindes ons eie reeks koffie verkoop! Hierdie koffie gaan geskep en ontwerp word deur ons eerste blinde barista, Joseph. Ons eie kreatiewe projekte afdeling gaan die koffiebone verpak in pakkies, en ons gaan die koffie in die winkel en in die Barista verkoop! Ons glo dat daar ‘n groot aanvraag is om goeie koffie teen goeie pryse te kan koop, en terselfdertyd gaan ons talentvolle kreatiewe afdeling so besig wees! Ons is baie opgewonde oor hierdie projek, en glo dat ons ‘n ongelooflike pad gaan stap met hierdie nuwe besigheid!

Nog ‘n projek waaroor ek baie opgewonde is, is ons kunsgroepie wat so mooi vorder! Ryno Eksteen kom gereeld Worcester toe om die opleiding te doen, en ons studente floreer onder sy wakende en baie bekwame oog! Ons is so bevoorreg om hierdie talentvolle kunstenaar beskikbaar en betrokke te hê by die Instituut en die klassies. Die kunstenaars geniet die klasse so baie, en die kunswerke wat daar uitkom is baie, baie spesiaal. Ons gaan binnekort die galery open met hierdie skilderye!

Terwyl ons oor studente praat, noem ek graag dat ons Engelse klasse vorder teen ‘n rasse skrede!  Ek is baie trots op die Engelse studente…binnekort gaan ons afkondig dat ons NET Engels praat in die afdelings!  (Dit sal darem nie gebeur nie!)  Onthou, almal is welkom om deel te wees. Moenie bang wees nie, ons leer saam en help MEKAAR. Kom loer gerus in!

Uitreik

Hoërskool Charlie Hofmeyer in Ceres het ons uitgenooi vir ‘n besoek met getuienis op 27 Julie .  Ledivia, David Geyer en Ray Aukett gaan ons by die geleentheid verteenwoordig en so bietjie vir die leerders meer vertel oor die Instituut en die wêreld van die siggestremde en doofblinde.

Jaarvergadering

Ons is tans besig met beplanning van die Jaarverslag en ook vir die Jaarvergadering.  Ons stuur binnekort die uitnodigings uit aan ons donateursvriende en vennote.

 

WORCESTER BRAILLE CHESS NEWSLETTER – JULY 2015

Floris Brown & Ray Aukett-Institute for the Blind Worcester

Our Club Championships are progressing very slowly over the past month due to unforeseen circumstances. Our next round to be played is round 15 with Frederick Liebenberg still unbeaten thus far except for two draws against Raymond Aukett.

On the 8th August 2015 we will have the MARIE DELPORT OPEN CHESS CHAMPIONSHIPS at Worcester Preparatory School Tulbagh Street. Hope to see you all there.

We also have in the pipeline a future PRACTISE session with the YOUNG LIONS Chess Club of Pioneer School Gr. 6 – Gr. 12 under the auspices of the Admin Officer Suna Verhoef and Coach Floris Brown.

The last Thursday of each month is our chess matches against CAPABLANCA CHESS CLUB.

Always come well prepared for any Chess Tournament!

 

A COLLECTION OF CHESS WISDOM:

  1. How can I improve my position? The essential criterion for every move, is whether it improves your position (or harms your opponent’s), and promotes your own goals and objectives. If defense isn’t required and no immediate tactical or attacking opportunities exist, try to improve your position in some way. Examine the list of ways to improve your position and prophylactic measures and look for opportunities to:

Activate dormant pieces; Open lines for attack; Seize outposts; Contest and seize key lines; Double rooks on important files;Post rooks on the seventh rank; Shift pieces toward the major attacking sector; Increase the scope of your pieces, especially those that are blocked or immobile; Increase your king’s safety; Eliminate weaknesses from your position

Improve your pawn structure.

  1. What is the correct plan? After a thorough analysis of the position and all its key factors, and determining what has changed and what the threats are, you must devise a plan. Examine the Silman Thinking Techniques and determine what all the imbalances and strengths & weaknesses of the position are, then decide on a short-term plan of action, based on the reality of the position, to take advantage of these factors.

 

INTERNE OPLEIDING

Gedagte van die maand:

“The pessimist complains about the wind; the optimist expects it to change; the realist adjusts the sails.” ~ William Arthur Ward

Positiewe denke en optredes bring ‘n mens baie verder in enige omstandighede.  Gebruik die geleenthede wat jou gebied word ten volle en wees aanpasbaar.  Leer om die struikelblokke in die lewe te oorkom en dit tot jou voordeel om te swaai.  Indien jy nie oor die struikelblok kan kom nie vind dan ‘n manier om daarom te kom en triomfeer!

Gesondheidsake

Hierdie maand gaan ek gesels oor kunsgebitte (valstande):

Wanneer jy van jou tande verloor is die goedkoopste opsie om die tande te vervang met gedeeltelike kunsgebit (indien nodig).  Die gedeeltelike kunsgebit kan van akriel (plastiek) en porselein of plastiek tande gemaak word.  ‘n Duurder opsie is om die gedeeltelike kunsgebit van gegote chroomkobalt (‘n vlekvrye metaal) te maak wat geen allergiese reaksie veroorsaak nie.  Die kunstande word met akriel aan die metaalraam geheg en pas uiters presies en is baie gemaklik.  Hierdie gedeeltelike metaalgebitte word presies vir elke individu se mond vervaardig.  Die plastiese gedeeltelike kunsgebitte kan ook gemaklik pas indien dit korrek gemaak word.  Met alle gedeeltelike kunsgebitte moet in gedagte gehou word dat dit rondom jou bestaande tande in jou mond pas en daarom moet jou mondhigiëne ekstra goed wees omdat kos en plaak tussen die kunsgebit en jou tande en tandvleise opbou en gereeld verwyder en skoongemaak moet word anders kan dit lei tot kroniese tandvleis ontsteking en tandkaries (gaaitjies).  Gedeeltelike kunsgebitte moet gereeld elke 6 maande deur die tandarts ondersoek word dat dit nog korrek pas en nie enige drukplekke veroorsaak nie.

Indien jy al jou tande verloor word jy van ‘n volle kunsgebit voorsien.  Hierdie volle kunsgebit (vol bo en onder, slegs bo of onder, of soos benodig) word ook van akrielplastiek en porselein of plastiek tande gemaak.  Voorheen is volle kunsgebitte se basis gemaak van vulcanite wat ‘n baie lelike oranje kleur gehad het.  Deesdae word die kunsgebitte gemaak om baie natuurlik te vertoon sodat jy dit byna nie kan onderskei van ‘n persoon wat sy eie tande het nie.  Die basis van die volle kunsgebit kan, behalwe vir die natuurlike pienk kleur, ook van deurskynende akriel gamaak word.  Andersins kan die basis ook van gegote chroomkobalt metaal gemaak geword – in gevalle waar ‘n ekstra sterk kunsgebit benodig word.  Vir pasiënte met baie dun en sensitiewe tandvleise kan die kunsgebit se basisse ook uitgevoer word met ‘n sagte rubbervoering wat sagter op die kakebene druk.

Al bogenoemde kunsgebitte kan ook sodanig vervaardig word dat dit met behulp van inplantate en skroewe direk aan die kakebene geheg word vir beter stabiliteit en funksionering.  Met hierdie tipes kunsgebitte is goeie mondhigiëne van uiterste belang.

Hou nou in gedagte dat met die maak van die kunsgebit word daar afdrukke geneem van die mond soos dit op daardie stadium lyk.  Met die inpas behoort goedgemaakte kunsgebit gemaklik en goed te pas.  Met die verloop van tyd begin die kakebene wegkrimp omdat daar nie meer tande in die kakebeen is wat beengroei stimuleer nie.  Die konstante drukking van die kunsgebitte op die riwwe veroorsaak dat die kakebeen progressief begin wegkrimp onder die kunsgebit.  Derhalwe begin die rante van die kunsgebit al hoe dieper in die onderliggende tandvleise druk en veroorsaak dit toenemend drukplekke, seerplekke, vergroeisels en eelte van die tandvleise.  Die kunsgebitte begin te breek omdat dit nie meer gelyk pas op die riwwe nie.  Die onderste kakebeen begin nou nader aan die bokaak te byt en die onderkaak stoot nou verder na vore.  Hierdie wanbalans in die bythoogte veroorsaak toenemende gewrigspyne by die ore se omgewing.  Soos wat die mond meer toe gaan knyp die mondhoeke konstant meer toe en veroorsaak dit gebarste, seer en bloeiende mondhoeke as gevolg van swaminfeksies in die mondhoeke.  Verder voel dit of die tande stomp raak en jy nie meer jou kos behoorlik kan fyn kou nie en dit affekteer jou spysvertering.  Jou wange sak in en jy begin jou wange se binnekant raak te byt en dit alles veroorsaak seerplekke en ulkusse in die mond.  Toenemende fungus infeksie van die verhemelte en tong kom ook voor.

Al bogenoemde probleme kan voorkom word deur elke 6 maande jou gedeeltelike kunsgebitte te laat ondersoek en die nodige verstellings te laat maak.  Volle kunsgebitte moet elke twee jaar ondersoek word en verstel word indien nodig.  Die gemiddelde leeftyd van ‘n kunsgebit is twee tot vyf jaar.  Hierna moet die kunsgebit óf opgevul word om die pas te herstel, afgewerk word om enige drukplekke te verlig of heeltemal vervang word.  Die verslete tande kan ook vervang word met nuwe tande indien die passende gedeelte nog goed is – soos by metaalraam gebitte.

Instandhouding van kunsgebitte:

Omdat kunsgebitte in werklikheid ‘n vreemde voorwerp in die mond is moet dit ekstra goed versorg word en instand gehou word.  Eerstens moet gesorg word dat die kunsgebit goed pas anders kan dit die mond beskadig.  Die kunsgebit is ook ‘n opgaarplek en vangplek van kos en plaak in die mond.  Daarom moet die gebitte goed skoon gehou word anders kan dit bakteriële en swaminfeksies in die mond veroorsaak.  Gedeeltelike kunsgebitte kan ook die ander tande in die mond nadelig beïnvloed indien dit nie goed instand gehou word nie – dit kan die bestaande tande in die mond se tandvleise kronies infekteer, tandkaries bevorder en beenresorpsie versnel indien dit nie korrek pas nie en goed skoon gehou word nie.  Volle kunsgebitte kan kroniese swaminfeksie van die verhemelte veroorsaak.

Om dus goed na die kunsgebit en jou mond om te sien moet jy:

Gereeld die kunsgebit met ‘n sagte tandeborsel en tandepasta (vir kunsgebitte) skoon borsel.  Terwyl jy die kunsgebit – buite jou mond! – borsel is dit raadsaam om die wasbak halfvol water te tap en dan bo-oor die water jou kunsgebit te borsel sodat indien die gebit tydens die borselproses  uit jou hand val dit dan in die water val en nie op die vloer en dan breek nie.  Borsel die buite en binnekante van die gebit deeglik en spoel deeglik af met louwarm water – NIE KOKENDE WATER NIE.

Gedurende die nag – wanneer jy slaap – haal die kunsgebit uit en laat dit oornag in ‘n glas water en ‘n ontsmetmiddel wat spesifiek vir kunsgebitte ontwikkel is, soos Steradent of Corega.  Moet dit in geen omstandighede met sterk bleikmiddels soos Jik, Handy Andy, alkohol, Vim of enige ammoniak skoonmaakmiddels skoonmaak nie.  Dit gaan die akrielplastiek van die kunsgebit verbleik, bros maak en verswak.  Indien nodig kan die kunsgebit soms met ‘n flou oplossing van Milton skoongemaak word.  Die ander rede waarom die kunsgebit saans uitgehaal moet word is sodat die tandvleise en kakebene ook kan herstel en die tong sy natuurlike skoonmaak funksie kan verrig.

Kroniese swaminfeksies van die mond kan behandel word deur die mond gereeld uit te spoel met ‘n mondspoelmiddel – óf beter nog met ‘n flou soutoplossing met louwarm water.  Anti-fungale suigtablette en Daktarin Orale Gel gee ook gou verligting, maar dan moet die kunsgebit goed skoon gehou word.  Die seer en gebarste mondhoeke kan ook met Daktarin behandel word.

Druk- en seerplekke moet na gekyk word en die kunsgebit moet verstel word soos nodig.  Lospassende gedeeltelike gebitte kan verstel word.  Lospassende volle kunsgebitte moet verstel word of opgevul word sodat dit weer korrek pas.

Ten slotte

Mag almal van  julle met hol bekke ‘n goeie stel tande hê en goed  vasbyt!  Geniet Johan Louw se volgende storie.  Groete en mooi loop  tot volgende keer.           ~Johan Pretorius

 

Johan Louw se storie 4

Ek het baie gaan jag op oom Oubaas se plaas saam met my ma, pa, oupa en ouma. Hy is ons naaste buurman. Ons het springbokke, koedoes en gemsbokke geskiet.  Hy het baie by ons ook gejag. Dan kom skiet hy gemsbokke by ons. Ons het darem baie gekuier as ons so gejag het. Ek onthou Saterdae as ons daar gekuier het, dan het ons sokker geluister op die Nama-stasie.  Oom Oubaas het altyd sy radio uitgehaal en dan luister ons daar.  Oom Oubaas het die Namataal ook geleer praat. Voorheen het Oom Oubaas nie ‘n woord Namataal geken nie. Hy het lief geword vir die Namamense.  Oom Oubaas het later net die Nama-stasie geluister. Die Nama-stasie speel al die soorte musiek.  Oom Oubaas sê hy luister geen ander stasie nie. Hy sê ook die Namas maak die lekkerste kos.  Eers het hy gesê ons weet niks van kosmaak af nie, maar nou is daar niemand wat sulke lekker kos kan maak nie. Ek het my verluister aan Oom Oubaas se stories.

Hy sê hy het een aand gaan kuier in die dorp en toe hy terug plaas toe kom het hy swart voor hom gesien. Maar hy sê dit reën mos nou en hy steur hom nou nie daaraan nie. Toe is die rivier vol water en hy jaag deur daai diep waters. Ek het altyd gedink maar die oom lieg mos nou baie lekker. Maar ons het darem lekker gelag vir sy stories. Oom Oubaas vertel ‘n storie met styl, ‘n mens lag al bedoel hy nie snaaks nie.

Oom Oubaas het altyd ‘n lekker storie gehad om te vertel. Hy sê toe hy nog ‘n kind was het hy en ‘n paar maats van hom in die koshuis al die melk gesteel. Oom Oubaas sê hulle het so melk gesteel en gedink hy gaan wegkom daarmee, maar op ‘n dag is hulle toe uitgevang. Oom Oubaas sê as hy daar aan dink brand sy gat nog steeds. Hulle het ‘n goeie pakslae gekry. Hy sê met ‘n gordel.  Hy sê van daai dag af het hy nooit weer melk gesteel nie. Ons het baie aande by Oom Oubaas oorgeslaap en dan het hy die volgende oggend weer vir ons stories vertel by die tafel waar ons onbyt geëet het.  Al het ons gedink hy lieg, het ons nog lekker gelag.

Hy sê op die plaas waar hy grootgeword het, het hy op die bees se rug gery. Dan vat die bees hom skooltoe en elke middag kom haal die bees hom weer. Toe vra ek: “het die bees ‘n saal op gehad soos ‘n perd?”.  Dan lieg hy ‘n stuk by en hy sê: “Nee, ek het hom sommer bloots gery en as ek afval dan vat hy my met sy twee voorpote en hy tel my op sy rug”. Ek sê: “maar Oom dan was dit darem ‘n goeie bees”. Hy sê: “ja dit was”, toe lag ons darem te lekker vir die storie.

 

Stikdonkeruur

©Floris Brown    Epos: mrflorisbrown@gmail.com

in die diepste euweluur van die nag

gaan honde onheilspellend aan die blaf

 

dit is tien-voor-drie koue winteruur

slaap is weg net ek voor ‘n kaggelvuur

 

Eskom het alles vir die nag gedoof

vir jare alles verniet afgesloof

 

ek loer skelm by alle vensters uit

wind ruk reën knetter teen voordeurruit

 

Eskimo japon die nag skud my brein

sien ek géén skadu wat roer in my tuin

 

ek skryf dié gedig by twee kerse lig

en plons op my rusbank snoesig terug

 

Ek lees in die boek van Esegiël

heuning boekrol sluk hy af in sy keel…

 

INSTITUUT GROETE TOT VOLGENDE KEER

 

Back to top

6.           WAT SOU JY DOEN AS JY VANDAG BLIND GEWORD HET?

(Pamflet)

Sê nou jy word een oggend wakker en als voor jou is onverklaarbaar waserig … of nog erger … pikswart … het jy al gedink waar om te gaan aanklop vir hulp?

Gelukkig is daar ‘n veilige hawe soos die Instituut vir Blindes op Worcester wat beskik oor allesomvattende dienste en kundige, toegewyde personeel wat vir jou met ope arms sal verwelkom vir raadpleging en ondersteuning.

Soos destyds ook die geval met swaksiende Denzwill Maans.

Denzwill het in sy Graad 6 jaar as 12-jarige verwarde seuntjie Worcester toe gekom en sy skoolloopbaan by die Pionierskool vir Siggestremdes begin. Hy het altyd lae visie gehad, maar sy oë het sodanig verswak dat hy nie meer in die hoofstroom kon voortgaan nie. Hy was egter baie oningelig oor sy kondisie en het maar aanvaar alle mense sien soos hy sien.

Sy koms Worcester toe was vir hom traumaties – weg uit sy bekende omgewing, weg van sy ouers en familie na ‘n vreemde wêreld met ‘n vreemde roetine en boonop tussen mense wat nie kan sien nie … ‘n wêreld waar hy eintlik gedink het hy nie hoort nie. Hy vertel dat toe hy op die skoolgronde teen die eerste mens vasloop, vra dié dadelik: “O, jy’s nuut! Wat is jy?” Hy het gewonder waarvan praat die meisie: “Hoe bedoel jy nou?” “Is jy braillie of swaksiende?” Hy was heeltemal stomgeslaan – hy het nog nooit in sy lewe van die twee woorde gehoor nie en glad nie geweet hy is een van die twee goed nie.

Denzwill was oorbluf toe hy beleef hoe siggestremdes deur middel van ‘n Perkins Braille Masjien opgehewe knoppies op ‘n blad tik en hoe hulle dan die getikte stukkie gemaklik met die punte van hul vingers teruglees! Vinnig sou hy leer dat dié knoppies die alfabet in Braille voorstel en dat hierdie manier van kommunikasie later ook sy pen en papier sou word. Tydens sy eerste Braille klas het sy onderwyseres, mev Steyl, vir hom gesê: “Van nou af is jou twee wysvingers jou oë”.

Dit was nie lank nie toe word hierdie nuwe wêreld Denzwill se tweede tuiste.

Denzwill was baie opgewonde oor sy eerste kleure atletiekbyeenkoms. Min het hy geweet dat hierdie dag vir hom lewensveranderend sou wees. ‘n Onderwyser by die Pionierskool, mnr Ryk van Schoor, het in die nuwe, maer seuntjie die potensiaal gesien van ‘n besonderse atleet. Denzwill se eie woorde: “Hy sien toe iets goeds in my.” Die “iets goeds” het gelei tot 3 nuwe SA rekords by die SA Kampioenskappe vir gestremdes in 2009, twee internasionale kampioenskappe vir gestremdes in Amerika asook ‘n byeenkoms in Swaziland van die Suidelike Afrikalande – en oor die jare verskeie brons, silwer en goue medaljes om mee te spog.

Na Graad 12 het hy sy tersiêre studies voortgesit by die Instituut vir Blindes se eie Afdeling vir Loopbaanontwikkeling waar siggestremde studente van oor die hele Suid-Afrika en naburige state akademiese en beroepsgerigte opleiding kan ontvang. En daar ontpop hierdie paralimpiese atleet toe in ‘n toegewyde student, danksy die ontferming van meelewende personeel onder leiding van me Corné du Bois! Hy het sy N4 en N5 Bestuursassistent kursus voltooi, maar die honger na opleiding was steeds nie bevredig nie – veral sy hunkering daarna om die gemeenskap te bedien.

In 2015 het hy as eerste blinde student sy studies aan die Hugenote Kollege op Wellington begin as hulp-maatskaplike werker. Met spesiale hulpmiddels, wonderlike ondersteuning van die Kollege en baie deursettingsvermoë, het hy die teoretiese gedeelte van die kursus voltooi en begin op 1 Julie 2015 met sy ses maande tydperk van praktiese opleiding … by die Instituut vir Blindes, terug op sy geliefde Worcester waar hy nou kan terugploeg wat hy oor soveel jare ontvang het!

Denzwill is een van vele suksesverhale hier by die Instituut vir Blindes wat afhanklik is van jou voorbidding en finansiële ondersteuning – suksesse wat onmoontlik sou gewees het sonder jou omgee.

 

Baie dankie dat ons in hierdie huidige milieu van groot onsekerheid kan staatmaak op jou volgehoue ondersteuning. Jou onderskraging gee vir ons die gemoedsrus om met geruste harte voort te gaan om geleenthede vir siggestremde persone soos Denzwill te skep, om sodoende hul volle potensiaal te ontgin en selfstandig en onafhanklik die lewe te kan aanpak. En daarvoor kan ons nie genoeg dankie sê nie.

 

Vriendelike groete en beste wense

Freddie Botha

Uitvoerende Hoof

 

“Waag om jou hand in die donkerte uit te steek, om ‘n ander hand die lig in te trek” – Norman B Rice

 

Back to top

7.           Blind schooling in “shocking” state

By TIM FISH HODGSON and SILOMO KHUMALO

(E-mail, 12 Jun 2015)

It’s a national shame: our visually impaired children face appalling learning conditions.

Children with disabilities, like all other pupils, have a right to quality basic education – now. But the consistent failure by the department of basic education to provide access to adequate schooling, or any schooling at all, to hundreds of thousands of pupils with disabilities is a major threat to their livelihood and dignity.

Between September 2014 and February 2015, at the request of the South African National Council for the Blind, the South African Braille Authority and BlindSA’s joint request, rights organisation Section27 visited 20 of the 22 special schools for visually impaired children in South Africa. We interviewed staff and pupils at these schools and asked them about what they experienced working and learning there. We left almost every school shocked by what we heard and saw. The process as a whole was enlightening, frustrating and emotionally taxing on us both. As a totally blind former pupil at Arthur Blaxall School for the Blind in Pietermaritzburg, Silomo Khumalo in particular struggled to come to terms with the conditions at schools that have, in many cases, clearly deteriorated since he matriculated in 2006.

Pupils battle to learn, for example, without Braille pupil/teacher support materials, without assistive devices and without teachers capable of reading and writing Braille. Particularly striking is that at many schools there are constant shortages of Perkins Braille machines, the most simple assistive device for blind pupils, which enables them to write in Braille. These machines are the equivalent of a pen and paper for blind people. Some pupils told us how frustrating it was to have to share these Braille machines even during exams and some teachers told us how, in the absence of Braille learning materials, children are effectively “writing their own books” on these machines.

In some ways, these are the “lucky” pupils, those who end up appropriately placed in special schools for children with visual impairments. Though statistics vary wildly, it is commonly understood that about 500 000 children with disabilities do not go to school at all. Statistics South Africa’s 2013 general household survey indicates that of the children with disabilities who do not attend school, 67% report severe disabilities and would therefore need to be placed in special schools.

In terms of the department’s 2001 inclusive education policy, the provision of schooling for moderately disabled pupils may occur in mainstream schools or full-service schools, which are specially adapted mainstream schools. For pupils with severe disabilities, this can happen in special schools.  This is the government’s sole attempt at a holistic policy on the education of pupils with disabilities. It envisions an important role for special schools as “resource centres” that provide support for full-service and mainstream schools and is explicit that “special schools will be strengthened rather than abolished” to achieve this.

The problems experienced by pupils with disabilities in all schools are therefore affected by the conditions, resources and quality of education available to pupils at special schools. But getting into school is only the first hurdle children have to overcome. Once admitted to a school, they still face a myriad problems.

These are some of them:

Pupil/teacher support materials: There is limited availability of textbooks, workbooks and teachers’ guides in accessible formats, including Braille and large print. Because of a failed tender process in 2012, no textbooks are available at all at 17 of the 22 special schools for visually impaired children. Reports indicate that out of a total of more than 600 textbooks that should make up the Curriculum and Assessment Policy Statement (Caps) curriculum, only about 150 Braille adaptations of these books have been created. All of these books are in English and Afrikaans and have been produced at the initiative and expense of Pioneer Printers, a private printing company associated with the Pioneer School for the Blind in Worcester.

Staff provisioning: There is a severe problem with staff shortages in respect of both teaching and essential nonteaching staff such as class assistants and “house parents” and nurses for pupils staying in hostels.

Some visually impaired pupils sit in classes that have more than 20 pupils to a single teacher, without any class assistant. This is more than double the department’s own required ratio for visually impaired pupils.  One school in Limpopo, for example, reports having 60 vacancies for support staff, which the Limpopo department of education says it cannot fill because it does not have the money to advertise the posts. House parents at many schools are untrained volunteers who have no knowledge or expertise in caring for visually impaired children.

Capacity of educators: Many of the teachers at the schools for visually impaired pupils are not Braille literate in either elementary Braille or contracted Braille. Blind pupils taught by these teachers are themselves expected to achieve this level of Braille literacy by grade four. Teachers who are appointed to schools seldom have any specialist knowledge on the education of visually impaired pupils and most provincial departments of education provide no training for teachers, who are therefore forced to learn specialist skills on the job. Sporadic Braille training, undertaken by provincial departments of education at the national department’s request during 2014 and 2015, has often been inadequate. Most remarkably, in the Eastern Cape, the private company awarded a tender to give this training to teachers, Peakford, had absolutely no experience or ability in Braille teaching. The instructors sent to instruct teachers could not read or write Braille themselves.

Orientation and mobility instruction: Blind and low-vision children require specialist assistance in learning how to navigate physical spaces such as their homes, classrooms and school premises, to complete what to sighted children may be simple tasks such as getting dressed, cooking, cleaning, making phone calls, using computers, catching taxis and identifying money, and in developing skills to interact with new, unfamiliar social environments.  An orientation and mobility practitioner, a specialist occupation, is required at each school to ensure that pupils with visual impairments can succeed in attaining these crucial development skills. Most schools do not have access to any of these instructors and pupils therefore learn to find their way around by “bumping and falling”.

As a result, some pupils cannot even find their own way to the school gate successfully after spending several years at the same school. Many of the problems experienced by schools for pupils with visual impairments, just as in other special schools, are the result of systemic failures within the provincial and national departments of education and are therefore symptoms of bigger structural problems. These problems include a lack of clear policy guidance for educators, a failure to implement the white paper, a general lack of expertise within the departments of education about teaching pupils with disabilities, and a failure to budget adequately for this purpose.

The circumstances faced by children with disabilities in accessing education are a national shame. Visiting the schools and talking to pupils and staff reveals that despite these awful circumstances, some visually impaired children still manage to excel in their studies thanks to the valiant efforts of teachers. These children are an inspiration, but they should not be an exception. Many children and teachers express anger and sadness to us that most visually impaired pupils are not afforded an equal opportunity to receive an education in South Africa.

A 17-year-old pupil, who is totally blind and attends a special school for the visually impaired, sums the current situation up well when asked if he believes that his schooling has prepared him for the future. He said:

“Reality says no, but I remain hopeful.”  Unless remedial action is taken urgently by the education authorities, his hope – and the hopes other children with disabilities – may tragically remain far from reality.

Tim Fish Hodgson and Silomo Khumalo work at rights organisation Section27.

Hodgson is a legal researcher and Khumalo is a Students for Law and Social Justice research fellow

 

Back to top

8.           Mense wat wil en kan

Deur Elana van der Watt

(Worcester Standard, 25 Junie 2015)

Toe die wêreldberoemde Helen Keller in die laat 19de en vroeë 20ste eeu geleef het, was mense met doofblindheid in die ope arbeidsmark byna ondenkbaar. Vandag, deels danksy Keller se prestasies en baanbrekerswerk as doofblinde, is dit ‘n al meer gereelde verskynsel en iets wat by die Instituut vir Blindes aangegryp word.

Helen Keller Doofblinde-bewustheidsweek het gister afgeskop en word tot Dinsdag 30 Junie gedenk. Dit word jaarliks rondom Keller se verjaarsdag (27 Junie) gehou. Volgens Stephné Botha, arbeidsterapeut en assistentbestuurder van terapeutiese, mediese en versorgingsdienste by die instituut, probeer hulle nie net bewustheid skep nie, maar ook die week spesiaal maak vir hul inwoners wat doofblind is.

Die instituut versorg 50 mense met doofblindheid, wat geklassifiseer word wanneer iemand ‘n visuele en ouditiewe gestremdheid het. Botha beklemtoon egter dat werknemers van die instituut altyd probeer om nie te veel op die gestremdheid te fokus nie. “Ons kyk na al ons inwoners dieselfde. Ons wil nooit hê die probleem moet voorop wees nie; die persoon is die fokus.”

Dit is om die rede dat inwoners nie net fisiek versorg word nie, maar dat daar groot klem val op ‘n uitdagende omgewing, stimulasie, terapeutiese aktiwiteite en ‘n sosiale omgewing waar elkeen voel hulle behoort.

Vanjaar se tema, “Thank goodness it’s Monday”, illustreer juis vir haar dat mense met doofblindheid die arbeidsmark met ope arms betree. “Hulle gryp die kans om ‘n bydrae te maak; hulle gryp geleenthede aan.”

Botha sê die meeste inwoners wat doofblind is, werk in die instituut se beskutte werksomgewing, maar daar is mense wat in die ope arbeidsmark werk.

Hul vaardighede is baie uiteenlopend. Karel Boshoff, wat staal-raamwerke van matrasse heeltemal onafhanklik aanmekaarsit, is byvoorbeeld doof gebore, sy visie het progressief agteruitgegaan en sy organe is besig om weens ‘n mediese toestand in te gee. Van ophou werk was daar egter nog nooit sprake nie en ‘n spesiale boor wat metaalveertjies “voer” sodat hy groter vere aanmekaar kan heg, is ontwikkel, saam met ‘n hefboom wat hy met sy arms kan afdruk, toe sy bene te swak geraak het om pedale te trap.

David Geyer is weer die eerste doofblinde leerder wat by die Pionierskool ingeskryf is en werk vandag by die rottangvleg-afdeling. Hy is ook die instituut se beste gholfspeler.

“Ek wil so ver gaan as om te sê die dryf van ‘n persoon wat doofblind is, is ver verhewe bo ons s’n. Om elke dag met sulke uitdagings steeds aan te hou, is wat vir my uitstaan,” sê Botha.

Kommunikasie

Volgens Botha kommunikeer die meeste mense wat doofblind is deur woorde in mekaar se hande uit te spel, maar daar is ook vindingrykheid betrokke. Een inwoner laat byvoorbeeld blinde mense in Braille “tik” terwyl hy sy hande bo-oor hulle s’n hou. Mense met doofblindheid raak danksy die Braille Display-sisteem al meer rekenaar- en internetvaardig, wat hulle help om met die wêreld in kontak te bly. “Ons almal wil tog voel ons behoort êrens,” sê Botha. Daarom is sosiale interaksie en die ondersteuning van alle vorme vorme van kommunikasie, by die instituut so belangrik. “Ons wil die geleentheid skep om nie net interaksie met ‘n beperkte groep te hê nie, maar met die gemeenskap en die wêreld daarbuite.”

Vir lede van die gemeenskap is daar interaksie deur die vrywilligersprogram (waarvoor belangstellendes ‘n onderhoud moet doen sodat ‘n gepaste rol vir hulle gevind kan word; dit strek van tandem-fietsry tot musiek maak), asook besoeke aan die instituut en geldinsamelingsprojekte.

Enigiemand wat belangstel kan Botha kontak by stephne@blind-institute.org.za.

“Ek kan jou waarborg, iemand wat ons besoek en sien wat kan ons mense doen, gaan met ander oë hier uitstap.”

 

Foto van Karel: Karel Boshof besig om die metaalraamwerk van ‘n matras aanmekaar te sit.

Foto van David: David Geyer werk in die rottangvleg-afdeling en kommunikeer deur sy duim op mense se lippe te hou, sy wysvinger op hul kaak en sy ander drie vingers by hul stembande. So kan hy met enigiemand kommunikeer.

Back to top

 

9.           Leadership for All

The Braille translation and audio (Daisy/MP3) version of Leadership for All (Ungerer, Herholdt & Le Roux: 2013) was launched on 2 July at USB, University of Stellenbosch Business School in Cape Town.

If you want more information or if you want to obtain a original printed version of Leadership for All, the Braille translation or the Diasy/MP3 audio version, send Carinna Krantz (carinnakrantz@afrihost.co.za) an email or call her on 012 348 4320.

 

Back to top

10.      Revolutionary bionic eye implant

– has restored the sight of a British man

Ben Spencer

(Daily Mail, 21 July 2015)

London – Ray Flynn (80) has become the first patient in the world to receive an artificial retina for dry age-related macular degeneration (AMD), the most common cause of eyesight problems in the UK.

Hundreds of thousands could benefit from the technology, which was previously used only for those with a rare eyesight condition.

Surgeons at Manchester Royal Eye Hospital implanted a chip at the back of Mr Flynn’s eye in a four-hour procedure last month. The retired factory supervisor can now make out shapes with his eyes closed – proof that the system is working.

Since he was diagnosed eight years ago, his eyesight has progressively deteriorated until he could only see clearly out of the corners of his eyes. The £80 000 procedure has restored his central vision, allowing him to read a newspaper without a magnifying glass for the first time in years.

Surgeons will now insert the Argus II retinal implant into more patients to show that it can work for a variety of cases. They hope that eventually the system will become available on the NHS.

Age-related macular degeneration affects 500 000 people in Britain, 85 percent of them with the dry form of the disease. It occurs when the cells in the middle of the retina become damaged, resulting in a loss of central vision.

The bionic system transfers video images from a camera – in special spectacles – into electrical impulses that are sent wirelessly to electrodes placed over the damaged cells at the back of the retina. The impulses stimulate the retina’s remaining cells, resulting in the perception of patterns of light in the brain. The patient learns to interpret these patterns to regain some visual function.

Mr Flynn said: “Before, when I was looking at a plant in the garden it was like a honeycomb in the centre of my eye. That has now disappeared. I can now walk round the garden and see things.”

Professor Paulo Stanga, consultant ophthalmologist at the eye hospital, said: “Mr Flynn’s progress is truly remarkable.”

The new system is thought to be the first in the world that combines artificial and natural eyesight, with the electronic images melding with natural images from the surviving peripheral cells in the retina.

Professor Stanga said scientists have not yet worked out how to use the system, developed by US firm Second Sight Medical Products, for patients who have been blind from birth and have never learned how to process the electrical impulses from the eye.

 

Back to top

11.      Loop lig vir taksskelms

eFiling maak jou só ‘n teiken

(Sakenuus, 6 Julie 2015)

JOHANNESBURG. – Die belastingseisoen het pas begin en die eerste skelmstreke doen reeds die rondte.

Daarom is dit noodsaaklik dat belastingbetalers op die uitkyk moet wees vir sulke slenters.

“Die belastingseisoen is ‘n gulde geleentheid vir misdadigers (om mense te bedrieg),” het Lesedi Seforo, spanleier van SAID-bedrywighede in die Suid-Afrikaanse instituut vir belastingpraktisyns (Sait), Vrydag gewaarsku.

Skelmstreke en internetuitvissing (phishing) het toenemend algemeen geword in die hedendaagse elektroniese wêreld, het Seforo gesê.

Belastingbetalers gebruik eFiling toenemend om hul belastingopgawes elektronies in te dien, maar dit maak hulle maklike teikens vir skelms.

Woensdag, die eerste dag van die nuwe belasting­indienings­tydperk, is meer as 29 400 belasting­opgawes per eFiling ingedien, het die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) gesê.

Dit is vergeleke met 17 000 opgawes wat landwyd by takke ingedien is. Teen Vrydagoggend het amper 172 000 Suid-Afrikaners hul belastingopgawes ingedien, volgens die SAID.

Seforo het gesê belastingbetalers moet op die uitkyk wees vir skelmstreke.

Hy het die waarskuwing gerig nadat ‘n belastingbetaler gesê het hy het verskeie e-posse ontvang kort nadat hy sy opgawe elektronies ingedien het.

Die belastingbetaler het gedink die e-posse is van die SAID omdat hy dit ontvang het net nadat hy sy opgawe ingedien het, maar hy het onraad vermoed toe die skelms selfs in die e-posse aangebied het om vir hom ‘n spaarrekening oop te maak.

Seforo het gesê belastingbetalers moet die volgende in gedagte hou om hulle teen skelmstreke te beskerm:

 

  • Moenie e-pos oopmaak of daarop antwoord as dit van onbekende bronne kom nie;
  • Wees versigtig vir e-pos wat persoonlike inligting – wagwoorde, PINs, kredietkaartinligting, ensovoorts – vra aangesien die SAID nooit sulke inligting in e-pos sal vra nie;
  • Die SAID sal nie jou bankbesonderhede oor die foon, in e-pos of op sy webwerf vra nie en
  • Wees versigtig vir vreemde SMS’e.

 

Die skelms buit mense se kwesbaarheid uit en in hierdie geval hul behoefte aan geld, so bied e-pos gewoonlik die hoop van ‘n terugbetaling van die SAID.

Voorbeelde van skelmstreke sluit e-pos in wat lyk of dit van returns@sars.co.za of refunds@sars.co.za kom en aandui dat belastingbetalers geregtig is op ‘n belastingterugbetaling.

“Hierdie e-posse bevat skakels na vals vorms en vals webwerwe wat lyk soos die ware Jakob, maar met die doel om mense sover te kry om persoonlike inligting, soos bankbesonderhede, in te vul en wat die skelms dan gebruik,” het Seforo gesê.

Die SAID raai belastingbetalers aan om navrae oor die e- pos te doen voordat hulle daarop reageer en om internetbedrog by phishing@sars.gov.za aan te meld.

Belastingbetalers kan ook die bedrog-en-teenkorrupsienommer, 0800 00 2870, bel.

 

Back to top

12.      Coke maan weer oor bedrogspul

Elmarine Anthony

(Die Burger, 3 Julie 2015)

KAAPSTAD. – ‘n Wes-Kaapse man het meer as R119 000 verloor in ‘n bedrogspul (phishing) waarin Coca-Cola se handelsnaam misbruik word.

Die polisie ondersoek die saak.

Coca-Cola kry steeds klagtes van verbruikers oor die bedrogspul. Vervalste loterysertifikate van Brittanje waarop Coca-Cola se naam verskyn, word aan verbruikers per e-pos of SMS gestuur. Daarvolgens het die persoon bedrae van tussen R250 000 tot R500 000 gewen.

Maar voor jy die prys kan eis, moet jy eers betaal. Die bedrieërs vra altyd ‘n relatiewe klein bedrag om mee te begin, byvoorbeeld vir ‘n seëlreg of administrasiegeld sodat hulle die geld kan “oorbetaal”. Betaal ‘n mens dit, dan vra hulle posgeld of bestuursgeld. Só kry hulle die verbruiker om meer en meer te betaal.

Peninsula Beverages (PenBev), bottelaar van Coke in die Wes- en Noord-Kaap, het sowat ‘n maand gelede ‘n verklaring uitgereik waarin hy verbruikers teen die bedrogspul waarsku. Bedrieërs verander gereeld die maniere hoe hulle bedrog pleeg, is gewaarsku.

■ PenBev en Coca-Cola kontak altyd wenners telefonies om hulle in te lig as hulle ‘n prys gewen het en nooit via e-pos of teksboodskappe nie. As jy nie ingeskryf het vir ‘n kompetisie nie, sal Coke jou nie kontak nie.

 

Back to top

13.      Ontmoet aarde se “ouer neef”

Elsabé Brits

(Die Burger, 24 Julie 2015)

KAAPSTAD. – ‘n Ouer, groter neef van die aarde is moontlik gevind, maar hy is 1 400 ligjare weg.

Nasa het gisteraand bevestig sy Kepler-sending het die eerste planeet opgespoor wat naby genoeg aan die aarde se grootte is én in ‘n bewoonbare sone voorkom.

‘n Bewoonbare sone beteken die planeet is nie te ver van sy ster sodat dit vries nie, en nie te naby sodat dit ‘n kokende hel is nie. Dit sou kon beteken dat vloeibare water op die oppervlak sal kon versamel, soos om riviere en oseane te vorm, en dít is nodig vir lewe.

Tog is die nuwe planeet – die 1030ste een wat die Kepler-ruimteteleskoop al bevestig het – die kleinste wat hy nog gesien het. Die planeet, Kepler-452b, het ‘n deursnee wat 60% groter is as dié van die aarde.

Sy massa en samestelling is nog nie bepaal nie, het Nasa in ‘n verklaring gesê.

John Grunsfeld, assosiaat-administrateur van Nasa se wetenskapprogram, het gesê: “Dit bring ons ‘n tree nader om die Aarde 2.0 te vind.”

Kepler-425b se son is 6 miljard jaar oud, wat 1,5 miljard jaar ouer as die aarde se son is. Dié son is ook 20% helderder en sy deursnee is 10% groter.

“Ons dink aan die planeet as ‘n ouer, groter neef van die aarde en dit gee ons ‘n kans om te besin oor die aarde se ontwikkelende omgewing,” het Jon Jenkins, hoofnavorser van die sending, gesê.

Hy het bygevoeg dit is asemrowend om die dink die planeet was so lank in die son se bewoonbare sone, langer as die aarde.

“Dit is genoeg tyd vir lewe om na vore te kom sou al die nodige bestanddele en voorwaardes vir lewe op die planeet bestaan.”

Daar is nog geen bewyse dat daar lewe op die planeet is nie. Indien ‘n mens teen die spoed van lig sou reis na dié nuwe planeet, sou dit 1 400 jaar neem om daar te kom – in die konstellasie van die Swaan.

 

Back to top

14.      Twitter laat sy base kopkrap

Reuters

(Die Burger, 30 Julie 2015)

Selfs Twitter se eie base reken dis nie duidelik hoekom mense dié mikroblogdiens moet gebruik nie.

Twitter se aandeelprys het Dinsdag ná die sluiting van die New Yorkse beurs met meer as 11% gedaal nadat sy hoof geen doekies omgedraai het oor die probleme nie. Die aandeel was laatnag $32 werd nadat dit op meer as $36 gesluit het.

Jack Dorsey, wat as hoof waarneem sedert Dick Costolo bedank het, sê: “Almal op aarde weet van Twitter, maar dis nie duidelik waarom hulle dit moet gebruik nie. Dis onaanvaarbaar en ons is nie gelukkig daaroor nie.

Kritici sê nou al lank die rede waarom Twitter se gebruikerstal stadiger styg, is omdat die mikroblogdiens moeilik is om te gebruik en nie sy nismark vind nie.

Ontleders bestempel Dorsey se eerlikheid as verfrissend. Maar beleggers het nie saamgestem nie. Ná Dorsey se opmerkings, wat ná die beurssluiting gemaak is, het die aandeelprys geval. Dorsey en Anthony Noto, finansiële hoof, het Twitter se “ongeorganiseerde” bekendstelling van produkte gekap.

Twitter het in die kwartaal net 2 miljoen nuwe gebruikers gewerf (‘n styging van minder as 1%) en het nou 304 miljoen gebruikers wêreldwyd, vergeleke met Facebook se 1,44 miljard gebruikers. Dit is die traagste groei sedert sy notering in 2013.

Dorsey sê die diens gaan vereenvoudig word en die “doelwit” van Twitter gaan beter oorgedra word.

 

Back to top

15.      Jokes

Avocados and milk.

A wife asks her husband, “Could you please go shopping for me and buy one carton of milk and if they have avocados, get 6”.

A short time later the husband comes back with 6 cartons of milk. The wife asks him, “Why did you buy 6 cartons of milk?”

He replied, “They had avocados.”

Note : If you’re a woman, I’m sure you’re going back to read it again! Men will get it the first time. My work is done here.

 

Water in the carburetor.

WIFE: “There is trouble with the car. It has water in the carburetor.”

HUSBAND: “Water in the carburetor? That’s ridiculous ”

WIFE: “I tell you the car has water in the carburetor.”

HUSBAND: “You don’t even know what a carburetor is. I’ll check it out. Where’s the car?”

WIFE: “In the pool”

 

HE MUST PAY.

Husband and wife had a tiff. Wife called up her mom and said, “He fought with me again, I am coming to live with you.”

Mom said, “No darling, he must pay for his mistake. I am coming to live with you”.

 

Today’s Short Reading from the Bible.

From Genesis: “And God promised men that good and obedient wives would be found in all corners of the earth.”

Then He made the earth round …

and He laughed and laughed and laughed.

 

Back to top

16.      “Soetlief, kom ek lees vir jou ‘n gedig van Rumi”

Melanie Grobler

(Die Burger, 27 Julie 2015)

As ‘n mens die dag gelukkig is, vertel Petra Müller jou van die stories van die Overbergse stoepsitters.

Die mense van Müller se kindertyd het op die stoep gaan sit en dan het hulle die wêreld verken deur verhale te vertel of ‘n relaas te gee van wat hulle dié dag gedoen of wat hulle gehoor het. As jy mooi luister na dié stoepsit-geselsery word jy bewus van ritmes en frases.

Dan hoor jy die koning wat aan Odusseus gesê het: “Kom sit nou hier en vertel my wie is jy.” Dan lewer jý ‘n relaas van jouself, waar jy was en wat jy gedoen het, wat die verskuiwings en verskrikkinge is wat jou oorgekom het, net soos Odusseus dit vertel het. Dis ‘n deurlewing van tyd, persoonlike tyd wat in daardie narratiewe na vore tree, meen Müller.

Sy glo dat mense al hoe minder persoonlike narratiewe het. Narratiewe word nou vir hulle gegee deur die masjien waarna hulle sit en kyk, waar verhale afspeel waarop hulle nie kan antwoord nie.

Müller se ma het ook stories vertel. Die storie oor haar pa wat as jong polisieman ‘n wetsoortreder in die Overberg agtervolg het, is ‘n gunsteling. Die voortvlugtige het moeg op ‘n stomp gaan sit: “Hier is ek nou, baas Manie. Neem my nou, ek kan nie meer verder loop nie.”

“As ‘n mens hierdie soort dinge as jou lewenskos inkry en as melk wat jy drink en as brood wat jy eet, gaan alles wat jy dink verder terug. Dis mos waarvan jy aanmekaar gesit is. Dís wat by my gebeur het,” vertel sy.

Ek het Müller in 1989 by die kantoor van Tafelberg-uitgewers ontmoet toe ek my eerste gerf verse in haar sorg gelaat het. ‘n Mens kan sê ek het tóé die evangelie van Müller begin volg. Haar eerste opdrag aan my was om In the Heart of the Country, van J.M. Coetzee, te gaan lees. Ons twee het ver van mekaar gebly, sy in Kaapstad en ek in Pretoria. Vir ‘n paar jaar lank het sy vir my briewe gestuur. Elke brief, elke ontmoeting en elke gesprek het my verander; altyd was daar nóg verwysings na skrywers of boeke wat ek nog moes lees.

Sy het my na haar modernistiese huis, Trekstraat 13, in Higgovale teen die voet van Tafelberg genooi waar ek haar gesin leer ken het. Ek het ook kennis gemaak met haar bokserhond, Jemima, toe ons een naweek gaan oorslaap het in die herdershut op haar plasie, Waterval, wat tóé reeds afgebrand het.

Müller woon tans in ‘n aftree-oord in Vredehoek op die terrein van Nazareth House, ‘n werkende klooster en hospitaal vir kinders met MIV/vigs. Soos die digter Sheila Cussons, vir wie Müller ‘n groot bewondering het, bring sy nou haar laaste jare hier tussen die hoë dennebome en die alomteenwoordige Tafelberg deur. Een keer in die maand slaap ek oor – wanneer ons leeskring vergader. Ons twee het reeds ons eie ritueel: eerstens gaan ons na die slaapkamer met die groot venster om na die feetjietuin te kyk. Alles is geheimsinnig en ons praat suutjies met mekaar. Sy vertel van die nuwe plante wat sy geplant het, van dié wat uitgetrek is sodat haar twee kleinseuns daar kan speel. Dit is te vroeg vir ‘n doppie, maar betyds vir rooibostee met die een of ander geurige kruieblaartjie daarin. Ons drink dit in haar sitkamer, ‘n plek van boeke en sielvolle skilderye. Ons groot gesels is vroeg soggens, maar nou is dit reeds seweuur en ons is haastig op pad na die byeenkoms van ons leeskring, genaamd Tafelbaai.

Muller onderneem groot studies oor die boeke wat sy bespreek. Sy is ‘n ware, nederige intellektueel en openbare figuur en word gereeld gevra om lesings aan te bied. Hoewel sy nie in die elektronika belangstel nie, hou sy haar op hoogte deur uitgebreide studies te onderneem van byvoorbeeld rabbi Isaac (Ben Solomon) Luria Ashkenazi se magistrale werk, die Kabbala. Sy dra kennis van die jongste biologiese navorsing en is ook ‘n skerp analitiese ontleder van die politiek.

Een middag kyk ons so deur die kombuisvenster na die tarentale wat sy daagliks voer. Daar is heuning in die lug toe sy omdraai. “Soetlief,” sê sy, “kom, ek wil vir jou ‘n gedig van Rumi voorlees.”

 

Petra se leeslys

  1. Die Bergpredikasie van Jesus Christus
  2. Die apokriewe geskrifte van Thomas
  3. La Divina Comedia (Die Goddelike Komedie) van Dante Alighieri
  4. Tristia van N.P. van Wyk Louw
  5. Die geskrifte van Martin Versfeld
  6. Die Broeders Karamazof van Fjeodor Dostojewski
  7. Die poësie van T.S Eliot, Paul Celan, Rainer Maria Rilke, Osip Mandelstam, Guido Gezelle, Emily Dickinson en Jalal al-Din Rumi
  8. Also sprach Zarathustra van Friedrich Nietzsche
  9. Anton Tsjechof-kortverhale
  10. Haar ma se briewe.

 

“‘n Onuitputlike bron van veld- en menseverhale”

Petra het ‘n ou verlepte laphoed, want sy is ‘n stapper. Met haar hoed op het ons en die honde ál die ou paadjies van die Kaap verken. Teen die berg op by Vredehoek, in die skaduryke Nuwelandbos, of teen Leeukop uit.

Sy het ‘n onuitputlike bron van veld- en menseverhale, kan diep delf in die letterkunde, die moderne gedagtewêreld en soms selfs ons hartsake. En dan, as die see daar onder oop lê, altyd die versnapering: ‘n vet, sappige boeregrap, meesterlik vertel met stout oë wat onder die slap rand van die hoed loer.

Kort ná Wilhelm se dood het sy vir sowat ‘n maand in die huis agter myne in Vermont kom woon terwyl sy aan die bundel Die Aandag van Jou oë gewerk het. Nooit is een woord oor Wilhelm gesê nie, maar elke oggend vroeg het die laphoed by my venster verbygekom op ‘n lang wandeling na die see. Alleen. Met groot empatie het ek en die honde haar agternagekyk.

Wie het nou ooit kon dink dat ‘n laphoed ‘n diep vriendskap kan definieer? Eintlik meer as vriendskap, want voor in die Aandag van Jou oë het sy geskryf: “Vir my liewe kleinboet, Cas, op ‘n reënerige Sondag.” – Cas van Rensburg, skrywer en vriend

 

Sonder tierlantyntjies en fieterjasies

Joan Hambidge

Daar is twee bundels wat ek in my lewe gelees het wat my liggaamlik ontstig het. Beide het ek vir die eerste keer op ‘n koue winteraand gelees. Ted Hughes se Birthday Letters (1998) en Petra se Die Aandag van Jou Oë (2002).

So klink ‘n vers uit hierdie bundel:

 

“Glas”

Op reis

In Tarragona het ek toe gesien

Hoedat die vlam die kwarts bedien

Totdat die glas begin te vloei

En uit die asem van die maker swel

As weerloos liggevulde bel

Wat afskulp sonder grein

Of naat.

Jou liefde het my so verlaat.

*

In die gedig “Posbode” spreek sy die dood so aan:

*

“Posbode”

Die dood staan dikwels stil om ‘n adres

Te bekyk, of ‘n vroevy te pluk.

Hy het ‘n mankebeen, en dra sy leersak

Aan ‘n ysterarm. O, geduldige een!

En die brief kom altyd betyds aan,

Per besteller wie se mooi tenoor

Soggens deur ons huis trek as hy ligvoet

Met die trappies afdaal op ‘n melodie van Gluck.

En net vir een oomblik weet ons,

Verstar tussen narsing en tjienkerientjie,

Hóé dit sal wees sonder ons verlore

Klein Euridikie.

*

Die bundel Om die Gedagte van Geel (2012) bevat ‘n opgawe van onder meer jeugherinneringe. Hier skryf sy:

 

selfs ‘n gewone mens kan herinnering afskil:

die yslike nawellemoen

wat sy vorm ook

tot in sy afskil hou

 

En dit is ook van Petra waar. Sy is soos háár mentor, Martin Versfeld, iemand sonder tierlantyntjies en fieterjasies.

Tereg is sy bekroon met die Hertzogprys in 2005 vir haar deurgekomponeerde bundel Die Aandag van Jou Oë. En almal wat Petra ken, weet hóé sy jou met ‘n kompromislose, geen-nonsens-blik kan uitkyk.

Haar kennis van opera en lieder is merkwaardig. En kuiers saam met haar en haar eggenoot, wyle Wilhelm Grütter, het altyd gewissel tussen die grappige en die diepsinnige; die skunnige en die Verhewe Gedagtes. Boere-adel, in die oorspronklike sin van die woord: mense van die land. Dis net so ‘n mens wat ‘n plek se naam Waterval sal roep, weg van pretensie en opgesmuktheid.

Petra se belesenheid en haar kennis van Osip Mandelstam en vele ander digters is indrukwekkend.

Geluk aan jou, vriendin. Jy wat vroedvrou is en was vir soveel skrywers deur soveel jare. En wat ons digkuns verryk het met jou aardse, aangrypende verse wat die aandag van ons oë opeis. En ook dank vir jou lewenswysheid.

 

Back to top

17.      Voornemende politici in Indië moet hul eie toilette hê

Thomson Reuters Foundation

(Die Burger, 7 Augustus 2015)

PATNA. – Enigiemand wat as ‘n kandidaat in plaaslike verkiesings in ‘n staat in Indië wil staan, moet voortaan ‘n toilet in sy of haar huis hê.

Die wetgewer van die staat Bihar het Woensdag ‘n wet aanvaar wat bepaal kandidate moet bevestig hulle het ‘n toilet in hul huise voordat hulle vir die verkiesings in 2016 benoem kan word.

“Ons oogmerk is om sanitêre omstandighede op mikrovlak te verbeter en die walglike praktyk van ontlasting buite, wat aan die wortel van baie kwaad is, stop te sit,” het Binod Prasad Yadav, minister van plaaslike regering in die staat, aan joernaliste gesê.

Minder as ‘n derde van die 1,2 miljard mense in Indië het toegang tot toilette en meer as 186 000 kinders onder vyf sterf jaarliks weens siektes wat aan onveilige water en sanitasie te wyte is, aldus die liefdadigheidsorganisasie WaterAid.

Luidens ‘n verslag wat die Verenigde Nasies in Mei verlede jaar uitgereik het, gebruik meer as die helfte van die bevolking nie ‘n toilet binne nie.

Dit skep die risiko van cholera, diarree, disenterie, hepatitis A en tifus.

Die sentrale regering het die bou van toilette ‘n prioriteit gemaak en het onderneem dat elke huishouding teen 2019 ‘n toilet sal hê.

“Aangesien daar so baie kandidate is wat in die verkiesings staan, sal dié stap daartoe lei dat ‘n enorme klomp toilette gebou sal word, wat uiteindelik ‘n positiewe impak op die samelewing sal hê,” het Yadav gesê.

“Hoe kan jy die mense vra om toilette te bou as jy self nie een het nie?” het Yadav bygevoeg.

 

Back to top

18.      Patat laat skaal op 5,3 kg kreun

Malherbe Nienaber

(Die Burger, 3 Julie 2015)

KAAPSTAD. – Dit is die grootste patat wat hy in tien jaar op sy plaas in die Olifantsriviervallei geoes het.

“Ons kry dikwels ‘n paar grotes en ek het vir die manne gesê hulle moet kyk vir een wat uitstaan,” het Anro Stephan, eienaar van die plaas Sandkamp, vertel oor dié vonds wat Woensdag geoes is – ‘n bielie van ‘n patat van 5,3 kg.

Werkers het op die knewel afgekom terwyl hulle plantmateriaal uit die oesmasjien verwyder het.

“Dis die grootste patat wat ek tot nog toe hier teëgekom en geweeg het.”

Stephan boer al die afgelope tien jaar met wyndruiwe en allerlei groente op sy plaas tussen Klawer en Clanwilliam.

Dié patat is van die blesbok-variëteit, wat bekend is vir roomkleurige vlees en vinnige groei.

Patats wat aan die mark gelewer word, weeg gemiddeld tussen 0,25 kg en 1 kg, volgens riglyne van die departement van landbou.

Stephan het aan Die Burger gesê ‘n verskeidenheid faktore kan daartoe lei dat ‘n patat so groot word.

Hy vermoed dat die plant waarskynlik minder patats gedra het en só meer energie gehad het om groter patats te lewer.

Vroeër vanjaar is ‘n skorsie wat so “groot soos jou kop is” ook op die plaas geoes, maar dit is glo nie ‘n vreemde verskynsel in dié gebied nie.

■ Die grootste patat wat tot nog toe geweeg is, het 37 kg geweeg. Guinness World Records het dit in 2004 in Spanje aangeteken.

 

Back to top

19.      “Terminator” laat Arnie se sakke bult

(Die Burger, 3 Julie 2015)

Terminator Genisys is die vyfde fliek in die Terminator-reeks en ook die eerste van ‘n nuwe trilogie.

Die groen lig is reeds vir die res van die trilogie gegee – ongeag hoe goed of sleg dié eerste uittog doen – omdat die filmregte van die franchise in 2019 weer aan die regisseur van die oorspronklike prent, James Cameron, behoort.

Arnold Schwarzenegger se ikoniese woorde “I’ll be back” is oorspronklik geskryf as “I’ll come back”

Schwarzenegger is $15 miljoen vir Terminator 2: Judgement Day betaal, maar het slegs 700 woorde dialoog gehad – hy is dus $21 429 per woord betaal. “Hasta la vista, baby” het dus $85 716 gekos.

Terminator 2: Judgement Day is die enigste Terminatorfliek wat nog vir ‘n Oscar benoem is of gewen het. Dit is vir ses benoem en het vier gewen.

O.J. Simpson is vir die rol van die Terminator oorweeg, maar die vervaardigers het gemeen hy is “te aangenaam” om ernstig opgeneem te word as ‘n koelbloedige moordenaar. Ahem…

Die rol van John Connor is in al vyf flieks deur ‘n ander akteur vertolk – in Terminator Genisys speel Jason Clarke die rol.

 

Back to top

20.      Skildery van R20 m. in kombuis gekry

‘n IRMA STERN AS KENNISGEWINGBORD GEBRUIK

Elma Kloppers

(Die Burger, 23 Julie 2015)

JOHANNESBURG. – ‘n Uiters waardevolle skildery deur die ikoniese Suid-Afrikaanse skilder Irma Stern met ‘n boeiende politieke herkoms, is ontdek waar dit as ‘n kennisgewingbord in die kombuis van ‘n nederige woonstel in Londen gebruik is.

Die eienaars was salig onbewus daarvan dat hul kennis­gewing­bord vol poskaarte, briewe en rekenings ‘n meesterstuk met ‘n waarde van tussen £700 000 en £1 miljoen (sowat R20 miljoen) is.

Die skildery, getiteld Arab in Black, is destyds geskenk om oudpres. Nelson Mandela en sy medeverweerders se regskoste tydens die opspraakwekkende hoogverraadverhoor (1956-’61) te help finansier.

Die kunswerk is deur Hannah O’Leary, die veilingshuis Bonhams se spesialis van Suid-Afrikaanse kuns, ontdek nadat sy die woonstel besoek het om kunswerke te waardeer. “Een van die groot vreugdes van my werk is dat ek nooit weet wat te voorskyn gaan kom nie.”

Dié vonds was opwindend, selfs nog voor die politieke beduidendheid daarvan aan die lig gekom het, het sy gesê.

Die skildery het tydens die hoogverraadverhoor aan Betty Suzman behoort en was een van haar kosbaarste besittings. Sy was die dogter van Max Sonnenberg, die stigter van Woolworths in Suid-Afrika en die skoonsuster van Helen Suzman, anti-apartheidsaktivis. Betty se dogter is die bekende aktrise Janet Suzman.

Namate dié verhoor voortgesleep en die geld van die fonds wat gestig is om die verweerders en hul families te ondersteun min geraak het, het die Suzmans besluit om Arab in Black op te veil om nog geld vir die verhoor in te samel.

Die hoogverraadverhoor het van Desember 1956 tot in Maart 1961 geduur. Al 156 verweerders is vrygespreek. Dit was eers drie jaar later tydens die Rivonia-verhoor dat Mandela lewenslank tronk toe gestuur is weens hoogverraad.

Die skildery het in Brittanje beland nadat die eienaar daarvan in 1970 geëmigreer en dit later aan die huidige eienaar bemaak het.

Die skildery, die portret van ‘n jong Arabier, dateer uit 1939, Stern se hoogaangeskrewe Zanzibar-tydperk.

Dit gaan op 9 September deur die Britse veilingshuis Bonhams op sy Suid-Afrikaanse veiling verkoop word.

In 2011 het Bonhams ‘n soortgelyke Stern-skildery, Arab Priest, vir meer as £3 miljoen (sowat R60 miljoen) opgeveil.

Julian Roup, Bonhams se voormalige media- en bemarkingsdirekteur, het gesê vergete kunsskatte duik meer dikwels as wat ‘n mens verwag op ongewone plekke op.

Giles Peppiatt, direkteur van Bonhams se Suid-Afrikaanse kunsafdeling, het onlangs ‘n J.H. Pierneef-skildery van ‘n bejaarde Suid-Afrikaanse egpaar tot hul groot verbasing, vir $800 000 (sowat R16 miljoen) verkoop.

Peppiatt het gesê mense erf dikwels ‘n kunswerk met geen idee van die werklike waarde daarvan nie. “Die eienaar van dié skildery was behoorlik geskok oor die fortuin wat dit werd is en dit was moeilik om te besluit wat om daarmee te doen.”

 

Back to top

21.      “Skaf kernwapens af”

Reuters

(Die Burger, 7 Augustus 2015)

HIROSJIMA. – Die sewentigste herdenking van die wêreld se eerste atoombom-aanval is hier met die gebeier van klokke, gebede en waarskuwings gevier.

Oorlewendes van die aanval op 6 Augustus 1945 het hul vaderland vermaan oor die feit dat hy besig is om van sy pasifistiese grondwet weg te beweeg.

Sjinzo Abe, Japanse premier, en sy regering het veiligheids­wetgewing deur die parlement gejaag wat hulle in staat stel om, vir die eerste keer sedert die Tweede Wêreldoorlog, troepe na konflikgebiede te stuur. Dít het reeds tot landwye massa­betogings gelei.

Oorlewendes van die bomaanval het Abe gister op ‘n vergadering ná die herdenkingseremonie skerp gekritiseer.

“Dié wetsontwerpe sal weer eens die tragedie van oorlog op ons land bring. Dit moet onttrek word,” het Joekio Joshioka (86) gesê.

Abe, wat in sy toespraak ‘n beroep gedoen het vir die afskaffing van kernwapens, het op die kritiek gereageer deur te sê die wetgewing is noodsaaklik om Japan se veiligheid te verseker.

Om 08:15, die presiese tyd waarop die bom 70 jaar gelede ontplof het, het die skare ‘n oomblik van stilte gehandhaaf. Die Vredesklok het gelui en honderde duiwe is vrygelaat.

Kazoemi Matsoei, burgemeester van Hirosjima, het ook ‘n pleidooi gelewer dat kernwapens afgeskaf word en voorgestel dat ‘n veiligheidstelsel geskep word wat nie afhanklik is van die militêre mag nie.

“Dit sal lewensbelangrik wees om met geduld en uithouvermoë te werk om dié stelsels te skep, en sal vereis dat ons die pad na ware vrede wat deur die pasifisme van die Japanse grondwet vervat is oor die wêreld heen bevorder,” het hy gesê.

Baie van die mense wat teenwoordig was, het ook vir vrede gevra.

Tomijo Sota het gesê sy oupa is gedurende die bomaanval dood.

“Ek wonder heeltyd wat hy gevoel het. Hy was slegs 21 en dit maak my hartseer om te dink dat hy so jonk dood is.”

Teen die einde van 1945 was 140 000 mense in die bomaanval in Hirosjima dood.

Drie dae ná hierdie bomaanval het ‘n tweede atoombom op die stad Nagasaki ontplof. Omtrent 40 000 mense is daar op slag dood.

Die oorlog het ses dae later geëindig.

 

Vuur oor Hirosjima

Op 6 Augustus 1945 het Amerika die eerste van twee atoombomme oor Japan laat ontplof. Dit het ‘n einde aan die Tweede Wêreldoorlog gebring en die Koue Oorlog ingelui.

Sowat 80 000 mense sterf in die ontploffing, en ‘n verdere 60 000 mense uit ‘n bevolking van 420 000 sterf weens die gevolge van bestraling teen die einde van 1945.

Die Enola Gay styg om 02:45 op die oggend van 6 Augustus 1945 op van Tinian, ‘n klein eiland in die noordelike Stille Oseaan, sowat 2 400 km suid van Japan.

Om 08:15 ontplof die atoombom oor Hirosjima.

“Little Boy”

Plofstof skiet ‘n hol “koeël” van uraan-235 na ‘n “teiken” – ‘n uraan-235-buis

Gewig: 4 400 kg

Lengte: 3 000 mm

Omtrek: 710 mm

Plofkop: 64 kg uraan-235

Gelykstaande aan: 15 kiloton TNT

 

Back to top

22.      Staatspensioenfonds kry nuwe hoof

(Die Burger, 3 Julie 2015)

Die pensioenfonds vir staatsamptenare (GEPF) het Abel Sithole aangestel as hoof van dié fonds.

Hy is sedert 1 April waarnemende hoof.

Die GEPF is die grootste pensioenfonds in Afrika en een van die 20 grootstes ter wêreld met meer as 1,2 miljoen lede.

Sithole was die afgelope ses jaar betrokke by die instituut vir toekomsstudies by die Universiteit Stellenbosch.

Sithole het vir twee termyne gedien as die voorsitter van die Instituut vir Aftreefondse (IRF), het gedien op die raad van die Instituut vir Finansiële Beplanning (FPI) en was ‘n direksielid van die Suid-Afrikaanse spaarinstituut (Sasi).

 

Back to top

23.      Sal Prasa-hoës ook ‘n ‘dash’ maak ná blaps?

Van Alle Kante

Johan van Wyk

(Die Burger, 10 Julie 2015)

Prasa se nuwe lokomotiewe wat na bewering te hoog is (gaan hulle omval om die draaie?) het my herinner aan die keer toe Krisjan Blok by die Spoorweë se laaimeester op Hoedjies gespog het dat hy 17 lae gebaalde lusern op sy drieton-Chev-lorrietjie vir ‘n Bolandse perdeboer gelaai het.

Toe die laaimeester wou weet hoe hy met so ‘n hoë vrag onder die telefoondrade deurgekom het, het hy afgehaal gesê: “Orraait, ek sal drie lae afkom, maar nottendêm meer!”

Dit was in die dae toe ‘n passasiers-en-vragtrein, bekend as Makadas, gereeld op die taklyn tussen Calvinia en Hutchinson geloop het. Sy spore is lankal koud, maar die naam leef voort. Een van die laaste klas 15-stoomlokomotiewe wat hom getrek het, staan by Calvinia se museum, ‘n eensame oorblyfsel van ‘n roemryke era toe honderde dag en nag oor Suid-Afrika gedreun het.

Die naam Makadas, afgelei van “make a dash” word, volgens oorlewing, toegeskryf aan die “katelkirpatse” van ‘n Engelssprekende stasiemeester op Williston met ‘n treindrywer se vrou. Wanneer die stasiemeester by haar gekuier het, moes die sinjaalwagter hom waarsku wanneer die drywer se trein in aantog is. In die volksmond het dit Makadas geword.

Die vraag is nou of die duur blaps van R600 miljoen, indien waar, daartoe sal lei dat Prasa se grootbaas, Lucky Montana, en die hoofingenieur oor wie se doktorskwalifikasie twyfel is, met ‘n goue handdruk ‘n dash sal maak. Tensy hulle danksy ‘n goeie verskoning bevorder word. “How lucky can you be!”

Soos die Boer wie se plaas deur ‘n nuwe spoorlyn in twee gedeel is met ‘n duiksloot onder die spoorlyn as deurgang vir sy vee. Ná ‘n ruk kom hy agter dat die punte van sy donkies se ore skaaf wanneer hulle daar deurstap. Toe hy kla, maar die Spoorweë niks doen nie, blaas hy die spoorlyn met dinamiet op. Toe ‘n spoorwegingenieur wou weet hoekom hy nie maar net die grond in die duiksloot ‘n bietjie dieper uitgegrawe het nie, was sy antwoord: “Tipies van die Spoorweë. As die fout by die oortjie lê, soek hulle dit by die kloutjie!”

Die waarheid is dat die ou SAS & H van die beste gekwalifiseerde, mees ervare ingenieurs in Suid-Afrika in diens gehad het. Van hul innoverende tegniese prestasies ten opsigte van rem- en draaistelsels vir treine het wêreldwyd erkenning gekry.

Dalk moet Montana en sy hooggeleerde hoofingenieur oorkom soos die Citrusdalse boer wie se lorrietjie op pad na Eendekuil met ‘n vrag lemoene vir die trein Kaap toe by ‘n oorstaning nie wou vat nie. Toe hy by ‘n verbygaande buurman, ‘n platjie wat dadelik agtergekom het dat die lorrietjie nie aangeskakel is nie, hulp soek, stel dié voor dat die wiele stywer gepomp word. Dís die fout.

Toe die lorrietjie ná ure se bloedsweet met ‘n handpomp vat nadat die buurman hom stilletjies aangeskakel het, het die lemoenboer dankbaar gesê: “Jong, maar jy is darem wragtag slim!”

 

Back to top

24.      Premier laat CR Swart toe in Boereoorlog veg

Marietjie Gericke

(Die Burger, 3 Julie 2015)

BLOEMFONTEIN. – “C.R. Swart het in die Anglo-Boereoorlog geveg. Hy was ‘n militêre aanvoerder…”

Só het Ace Magashule, premier van die Vrystaat, aan die sogenaamde Kubaanse Vyf die geskiedkundige agtergrond uitgelê van die naam agter die C.R. Swart-gebou wat nou tydens hul besoek aan Bloemfontein tot die Fidel Castro-gebou herdoop is.

Niemand het Magashule reggehelp dat Charles Robberts Swart (Winburg, 5 Desember 1894-16 Julie 1982) in der waarheid die laaste goewerneur-generaal van die Unie van Suid-Afrika van 1960 tot 1961 was, en die eerste staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika van 1961 tot 1967 nie.

Die Vrystaatse provinsiale gebou het voorheen die C.R. Swart-gebou geheet. Nou sal dit bekend staan as die Fidel Castro-gebou as ‘n ANC-huldeblyk aan dié Kubaanse oudpresident en revolusionêre leier.

Vermoedelik was die Kubaanse Vyf onbewus daarvan dat die Vrystaatse ANC-leier dalk effe deurmekaar geraak het met “C.R. Swart” en “C.R. de Wet”.

Laasgenoemde is genl. Christiaan Rudolf de Wet wat wel tydens die Anglo-Boereoorlog ‘n militêre aanvoerder van die Boere-magte was en gehelp het om die guerrilla-gevegstaktiek te vestig.

De Wet se standbeeld staan by die Ou Raadsaal skuins oorkant die “nuwe” Fidel Castro-gebou.

■ Die Kubaanse Vyf keer vandag terug na Kuba nadat hulle die afgelope meer as drie weke in Suid-Afrika op toer was waar hulle vyf van die nege provinsies besoek het.

Hulle het voorheen elkeen sowat 16 jaar tronkstraf in Amerika op aanklagte van onder meer spioenasie uitgedien.

Een van hulle is in 2011 vrygelaat met nog drie jaar se parool; een is begin 2014 vrygelaat, en die ander drie in Desember 2014 ná die verslapping van Amerikaanse sanksies teen Kuba en nadat geheime onderhandelings plaasgevind het.

Al vyf is ná hul vrylating tot helde van Kuba verklaar.

 

Back to top

25.      Middel teen alzheimersiekte gee hoop

Reuters en Skynews

(Die Burger, 23 Julie 2015)

LONDEN. – ‘n Groep wetenskaplikes glo hulle het ‘n manier ontdek om die ontwikkeling van alzheimersiekte te vertraag, en die eerste bewyse dat medisyne die onderliggende oorsaak van demensie kan vertraag, is hier bekend gestel.

‘n Studie van die teenliggaam solanezumab wys dat dit die agteruitgang van die brein in pasiënte tydens die vroeë fases van alzheimersiekte met 30% verminder.

Solanezumab teiken gebrekkige proteïene, of amiloïde, wat in mense met alzheimersiekte opbou en breinselle vernietig.

Pasiënte is oor ‘n tydperk van ‘n jaar en ‘n half maandeliks ‘n dosis van die teenliggaam toegedien en daar was ‘n merkbare verskil in die ontwikkeling van die siekte in vergelyking met ander lyers.

Dr. Clare Walton, navorsingsbestuurder van die Britse Alzheimer’s Society, het gesê “ná ‘n dekade sonder nuwe behandeling is dié nuus regtig positief”.

Eli Lilly, die vervaardiger van die nuwe middel, het toetse met die teenmiddel in 2012 laat vaar omdat die uitslae teleurstellend was.

Toe die firma data herontleed het om na pasiënte in die vroeë stadium van die siekte te kyk, was daar bemoedigende bewyse dat pasiënte wel voordeel uit die behandeling getrek het.

Dr. Eric Siemers, mediese direkteur van Eli Lilly, het beklemtoon dat dit belangrik is “om te verstaan dat die medikasie ‘n verskil maak indien daar vroeg met behandeling begin word, en nie later nie”.

“Met neuro-degeneratiewe siektes is daar daagliks ‘n verlies aan breinselle. Dit vertel ons dat ons nie moet wag om behandeling om degenerasie te vertraag, te begin nie,” het hy gesê.

 

Back to top

26.      Gratis berading op wiele

Anika Marais

(Die Burger, 7 Augustus 2015)

KHAYELITSHA. – ‘n Donkergroen Volkswagen-kombi is die “emosionele ambulans” van Khayelitsha.

Die sitplekke agter in die kombi is omgekeer sodat Andreas Banetsi Mphunga (28) en sy pasiënte soos in ‘n regte spreekkamer na mekaar kan sit en kyk.

“Met hierdie kombi neem ek my praktyk na die mense. Hulle hoef nie na my te kom nie,” het Mphunga, ‘n geregistreerde sielkundige berader van Khayelitsha, vertel.

Om ‘n sielkundige te besoek is egter nie die norm in Khayelitsha nie. Inteendeel.

“Mense is bang dat die sielkundige hul geheime sal uitvind. Alle probleme word binne die huis uitgesorteer. As ‘n kind byvoorbeeld gemolesteer word, word die familie byeengeroep en ‘n bok word geslag om die huis te reinig, maar niemand praat uit nie,” het hy verduidelik.

As ‘n tiener in Khayelitsha het hy sélf so oor sielkundiges gedink.

“As iemand erken het hulle besoek ‘n sielkundige, het ons dadelik gesê: ‘Dit beteken jy is mal!’’

Nadat hy egter as berader aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) gekwalifiseer het, het Mphunga se oë vir sy eie gemeenskap se mites en stigmas oopgegaan.

“Die kinders kan nie meer die mishandeling en die alkoholmisbruik by die huis hanteer nie. Dis hoekom ek negejariges raakloop wat aan depressie en angsstoornisse ly.

“Hulle kry nie hulp nie en as hulle as tieners ‘n paar jaar later ‘n panga optel, dink hulle nie twee keer om iemand dood te kap nie.”

Met sy kombi wil hy altyd éérste op die toneel wees: daar waar die kind papgeslaan is, of ‘n boendoehof ‘n misdadiger in die hande gekry het.

“Dis juis hoekom ek ‘n kombi gekoop het. In Khayelitsha is kombi’s baie gewild. As jy in ‘n kombi ry, beteken dit jy het geld, alkohol en meisies. As ek in ‘n kombi ry, gaan dit vir jongmense makliker wees om in te klim.”

Sy dienste is gratis, want hy hou die pot aan die kook met die verhuring van dekor vir troues.

“Ek praat ook in die pasiënt se moedertaal. Dis ongelooflik moeilik vir ‘n Xhosa-sprekende om sy diepste gevoelens in ‘n tweede of ‘n derde taal te verwoord. Sommige emosies kan ‘n mens net in jou moedertaal uitdruk.”

Die situasies waarvan hy getuie is, verskil hemelbreed van dit waarmee ander sielkundiges in gegoede woonbuurte gekonfronteer word.

“‘n Vrou is verlede jaar verkrag, aangerand en albei haar oë is uitgehaal. ‘n Paar maande gelede het ‘n seun sy ma van die huis se dak afgestoot,” het hy vertel.

“Ek sal self ook ‘n sielkundige moet besoek om alles te verwerk.”

 

Back to top

27.      Golden Years

SPECIAL POEM FOR OLDER FOLKS

E-mail

A row of bottles on my shelf

Caused me to analyze myself.

One yellow pill I have to pop

Goes to my heart so it won’t stop.

A little white one that I take

Goes to my hands so they won’t shake.

The blue ones that I use a lot

Tell me I’m happy when I’m not.

The purple pill goes to my brain

And tells me that I have no pain.

The capsules tell me not to wheeze

Or cough or choke or even sneeze..

The red ones, smallest of them all

Go to my blood so I won’t fall.

The orange ones, very big and bright

Prevent my leg cramps in the night.

Such an array of brilliant pills

Helping to cure all kinds of ills.

But what I’d really like to know………..

Is what tells each one where to go!

 

I knew the romance was dead

when I drank champagne out of the old girls slipper

and choked on a Dr. Scholl’s foot pad.

 

I knew I was going bald

when it was taking longer and longer

to wash my face

 

A SIGN OF OLD AGE

One day you look in the mirror and realise

the face you are shaving is your father’s.

 

The local paper sent a reporter out for my 90th birthday.

He asked the secret to my longevity.

“Simple,” sez I to him…

“KEEP BREATHING!”

 

I love being married.

It’s so great to find that one special person you

want to annoy for the rest of your life.

 

I’ve often thought that life is like a roll of toilet tissue.

The closer it gets to the end the faster it goes

 

LAUGH A LITTLE EACH DAY

IT’S BETTER THAN CHICKEN SOUP

AT LEAST THAT’S WHAT THE CHICKENS SAY

 

LAUGH A LITTLE EVERY DAY…

There’s always a lot to be thankful

for if you take time to look for it.

For example, I sit here right now thinking

how nice it si that wrinkles don’t hurt!

Back to top

28.      Seun sterf toe hy kop by bus uitsteek

News24

(Die Burger, 10 Julie 2015)

DURBAN. – ‘n Sestienjarige seun van Lesotho het gister op pad huis toe ná ‘n opvoedkundige toer in ‘n ongeluk in die middestad hier gesterf.

Kabelo Maqache, onderhoof van Molapo High School in Leribe, Lesotho, het gesê hulle was op ‘n opvoedkundige toer in Durban en het die hotel waar hulle sedert Sondag gebly het pas in twee busse verlaat.

“Ons was op pad huis toe in twee busse wat agter mekaar gery het,” het Maqache gesê.

Hy was in die agterste bus wat 45 leerders vervoer het. “Ongelukkig het een van ons leerders (sy kop uitgesteek en) by die venster uitgekyk. Toe hy dit gedoen het, het ‘n kragpaal langs die pad hom getref,” het Maqache gesê.

Mense het naby die toneel saamgedrom aan die bopunt van die nou Dick King-straat wat van Anton Lembede-straat (Smith-straat) uitloop.

‘n Man wat anoniem wou bly het op die toneel aan ‘n verslaggewer van News24 gesê hulle was omstreeks 13:00 op pad om inkopies vir die leerders se ontbyt te doen.

“Ons moes dus die straat gebruik om na die naaste winkels te ry. Dit is ‘n eenrigtingstraat en voertuie was langs die pad geparkeer. Die bus moes langs die voertuie en straatpale verby ry.”

Die leerder het deur die venster gekyk. “Iets moes sy aandag getrek het en hy wou kyk wat aangaan.”

“Daar was ‘n kragpaal langs die pad. Die volgende oomblik het die paal hom teen die nek getref. Sy kop was nie af nie, maar hy is erg beseer,” het die man gesê. Die ander leerders was getraumatiseer en is na die strand geneem.

‘n Getuie, Bongani Dlamini, het gesê die bus het in Dick King-weg gery. Dit het gelyk of die busbestuurder probeer het om te keer dat hy motorsyspieels en die sypaadjie tref.

“Toe, skielik, het ‘n kind se kop uitgesteek. ‘n Parkeer­meter­teken langs die  straat het hom getref. My hart is gebreek. Hulle is gedissiplineerde kinders. Hulle het niks verkeerds gedoen nie. Hulle was hier om onskuldige pret te hê en ons sou vanaand vertrek,” het ‘n onderwyser, Matankiso Morahanye, gesê.

 

Back to top

29.      Slangfossiel met vier pote in Brasilië gevind

Elsabé Brits

(Die Burger, 24 Julie 2015)

KAAPSTAD. – ‘n Byna perfek bewaarde fossiel van ‘n slang met vier pote is in Brasilië gevind.

Dié fossiel, wat van kop tot stert bewaar is, wys hy het voor- en agterpote gehad, het navorsers gisteraand in die vaktydskrif Science aangekondig.

Daar is al slange met twee bene ontdek wat lig daarop werp dat hulle uit akkedisse ontstaan het, maar daar is tot dusver nooit een met vier bene en pote gevind nie.

Wat die fossiel nog meer uniek maak, is dat daar bevind is dat dit inderdaad ‘n voorsaat van moderne slange is.

Die ontleding wys die spesie het moontlik ontstaan uit klein, grawende landdiere eerder as uit mariene diere. Die tande dui daarop dat dit op ander klein gewerweldes sou jag gemaak het. Hulle sou ook die pote gebruik het om hul prooi vas te hou en/of om tydens paring aan ‘n maat vas te klou.

Dit het ‘n kort snoet, lang skedel, lang lyf, ‘n bek wat wyd kan ooprek om groot prooi te sluk en skubbe – alles tipiese eienskappe van ‘n slang. Die werwelstruktuur is ook eie aan slange.

 

Back to top

30.      Tutu’s hernu huweliksbelofte ná 60 jaar, “Voorbeeld vir SA”

Alet Janse van Rensburg

(Die Burger, 3 Julie 2015)

KAAPSTAD. – Laat die egpaar Tutu se huwelik van 60 jaar vir die reënboognasie ‘n voorbeeld wees van wat met liefde en respek vir jou medemens bereik kan word.

Dít was prof. Barney Pityana se boodskap met die hernuwing van emeritus-aartsbiskop dr. Desmond Tutu en sy vrou, Leah, se huweliksbeloftes gister in die St. George-katedraal.

Die egpaar, wat gister presies 60 jaar gelede getroud is, het hul huweliksbeloftes voor familie, vriende en bekendes hernu. Hul jongste dogter, eerw. Mpho Tutu, het die seremonie waargeneem. Die twee het te midde van die media se flitsende kameras in ‘n intieme oomblik beloof om mekaar te ondersteun en lief te hê tot die dood hulle skei.

“Gogo, baie dankie. Baie dankie, want ek sou nie naastenby kon wees wat God wou hê ek moet wees as dit nie vir jou was nie,” het Tutu ná die seremonie aan sy vrou gesê, waarna hy na haar geloop en haar op die mond gesoen het. “Ek is jou alles wat ek is, verskuldig. God was goed vir my toe Hy jou aan my gegee het.”

Pityana het gesê die twee se huwelik is ‘n toonbeeld van die liefde en respek wat Suid-Afrikaners vir mekaar moet hê om die geweld in die land te beëindig en ‘n gesonde samelewing te skep.

“Vader Tutu was nog altyd hopeloos romanties en het ‘n reputasie dat hy daarvan hou om vir die vroue in die kerk blomme te koop,” het Pityana tong in die kies gesê. “Hy het egter nog altyd die vermoë gehad om die mooi te sien in plekke wat ander mense misgekyk het. Dit is ‘n eienskap wat ons almal moet nastreef.”

Die egpaar het mekaar destyds ontmoet toe Tutu nog ‘n student was. Hulle het vier kinders en sewe kleinkinders.

Van die bekendes by die seremonie was oudpres. F.W. de Klerk, prinses Mabel van Oranje-Nassau in Nederland en die Amerikaanse TV-aktrise Sophia Bush.

‘n Tweede seremonie word Saterdag in Soweto gehou.

 

Back to top

31.      Stad sê ja vir meer as 100 Uber-taxi’s

Malherbe Nienaber

(Die Burger, 10 Julie 2015)

KAAPSTAD. – Meer as 100 Wes-Kaapse Uber-bestuurders het voorlopig goedkeuring vir hul aansoeke om bedryfslisensies ontvang.

Altesaam 201 aansoeke om bedryfslisensies vir meter-taxi’s is onlangs met die ondersteuning van die Kaapse stadsraad goedgekeur.

Van dié aansoeke is 145 deur vennote van die vervoer-app Uber ingedien, het die Wes-Kaapse departement van vervoer gister bekend gemaak. Dié bestuurders gebruik die app om pendelaars te vind, na hul bestemming te neem en betaal te word.

Minstens 200 taxi’s wat Uber gebruik, is die afgelope jaar in Kaapstad geskut, hoofsaaklik weens ongeldige bedryfslisensies.

E-dienste soos Uber val nie maklik in die kategorieë wat die nasionale wet op landvervoer voorskryf nie, lui ‘n verklaring van Donald Grant, Wes-Kaapse minister van vervoer en openbare werke.

“Dit sal reggestel word slegs as die wetgewing aangepas word.”

Die stadsraad se vervoerplan sal ook aangepas moet word om dienste soos Uber in te sluit. Albei ontwikkelings is egter reeds van stapel gestuur en sal waarskynlik duidelikheid bied, het Grant gesê.

Dit was die stadsraad se verantwoordelikheid om aan te dui of daar ‘n behoefte aan die diens ingevolge sy geïntegreerde vervoerplan is. Die departement kon toe die lisensies toestaan en aanbevelings oor die voorwaardes daarvoor maak.

Nou moet die goedgekeurde bedryfslisensies op ‘n stelsel vasgelê en briewe aan die aansoekers gestuur word, lui die verklaring.

Die aansoekers moet binne 60 dae sekere dokumentasie indien en hul voertuie laat ondersoek om hul lisensies van die departement te ontvang.

Grant het gesê die stadsraad en die provinsiale regering steun “nuwe, vindingryke” maniere om veilige openbare vervoer aan te bied. Hulle kan egter nie hul verantwoordelikheid om openbare vervoer te bestuur en konflik te vermy, vryspring nie.

Hy het vandeesweek gesê die departement het 343 aansoeke ontvang, waarvan 201 van Uber-vennote is.

 

Back to top

32.      Here’s something to think about.

(E-mail)

I recently picked a new primary care doctor.

After two visits and exhaustive Lab tests, he said I was doing “fairly well” for my age. (I am in my mid 60s.) A little concerned about that comment, I couldn’t resist asking him, “Do you think I’ll live to be 80?”

He asked, “Do you smoke tobacco, or drink beer or wine?”

“Oh no,” I replied. “I’m not doing drugs, either!”

Then he asked, “Do you eat rib-eye steaks and barbecued ribs?”

I said, “Not much… my former doctor said that all red meat is very unhealthy!”

“Do you spend a lot of time in the sun, like playing golf, sailing, hiking, or bicycling?”

“No, I don’t,” I said.

He asked, “Do you gamble, drive fast cars, or have a lot of sex?”

“No,” I said.

He looked at me and said, “Then, why do you even want to live until you 80?”

 

Back to top

33.      Taxi met 15 sitplekke jaag met 50 kinders

Cara-Lee Scheun

(Die Burger, 6 Augustus 2015)

PORT ELIZABETH. – As iemand nie ‘n foto geneem het nie, sou niemand dit geglo het nie: 50 laerskoolleerders in ‘n taxi met 15 sitplekke!

Die bestuurder van dié taxi is gister omstreeks 07:30 in Patensie in die Oos-Kaap voorgekeer en sal vandag in die Hankey-landdroshof verskyn.

Lt. Loaan Steenkamp, bevelvoerder van Patensie se speureenheid, het gisteroggend stappe gedoen toe hy sien hoe die taxibestuurder met sy kosbare vrag teen ‘n hoë spoed “roekeloos” in Fred Ferreira-rylaan ry.

Nadat Steenkamp die taxi tot stilstand kon dwing, het die passasiers begin uitklim “Vyftig leerders tussen 6 en 12 jaar oud het uit die bussie geklim,” het ao. Gerda Swart, ‘n polisiewoordvoerder, bevestig.

Die bestuurder (31) is op die toneel vir roekelose en nalatige bestuur asook vir die oorlaai van ‘n voertuig in hegtenis geneem.

Swart het gesê die bus is nie ‘n amptelike skoolbus nie, maar ‘n private taxi. Die onderskeie skole waar die 50 kinders onderrig word, is van die voorval in kennis gestel waarna dié skole bussies gestuur het om hul leerders by die Hankey-polisiekantoor vir hul skooldag op te laai.

Brig. Neil Jantjies, bevelvoerder van die Humansdorp-polisie­kantoor, het Steenkamp vir sy vinnige optrede geprys en gesê die polisie sal voordurend sy rol vervul om te verseker dat die publiek, veral vroue en kinders, in ‘n veilige en beskermde omgewing kan leef.

 

Back to top

34.      Gay-huwelike sonde, sê Angus

Vicus Bürger

(Die Burger, 7 Augustus 2015)

BLOEMFONTEIN. – Die Afirikaner se wortels lê in die Woord van God en daarom is daar niks taaier as die Boer nie, het die evangelis Angus Buchan gesê.

Hy het gisteroggend op Vrystaat Landbou (VL) se kongres op die Emoya-landgoed by Bloemfontein opgetree.

Buchan het aan die teenwoordiges, wat meestal Afrikaans­sprekendes was, gesê hul voorvaders het van Europa na Afrika gekom vir vryheid om hul God te kan dien.

“Hulle het nie hierheen gekom om geld te maak nie, maar vir vryheid van godsdiens … Dit is in jul wortels, manne. Ek weet nie van ‘n ander nasie in die wêreld waarvan die wortels so diep in die Woord van God is nie.

“Hoeveel van julle begin soggens jul dag met gebed en skriflesing? Jul voorvaders het. Elke dag. Dit is hoekom Afrikaners taai mense is. Ek weet van niemand in die wêreld wat taaier as die Boer is nie.”

Buchan, wat Skotse wortels het, het ook namens die Britse volk om vergifnis gevra vir dié se grudade in die Anglo-Boere oorlog.

“As daar nie vergifnis is nie, is daar geen krag nie en is daar nie ‘n weg vorentoe nie.” Hy het later aan Volksblad, susterkoerant van Die Burger, gesê hy glo Afrikaners het al herhaaldelik om vergifnis vir apartheid gevra.

“Ek glo nie daarin om voortdurend om verskoning te vra nie … God is nie doof nie.”

Hy het in sy optrede ook verwys na Zizipho Pae, die studenteraad van die Universiteit van Kaapstad se adjunkvoorsitter. Pae het ‘n herrie ontketen toe sy in Junie vanjaar ‘n Facebook-inskrywing oor ‘n beslissing van die Amerikaanse hooggeregshof oor gay-huwelike gemaak het en dit as die “institusionalisering van sonde” beskryf het.

Buchan het aan die kongresgangers gesê hy het haar gebel en vir haar gesê: “Ek is so trots op jou, my meisie … Jy moet bly staan. Ons staan saam met jou.”

Later het hy aan die koerant gesê gay-huwelike is sonde.

“Ek is lief vir homoseksuele mense, ek is lief vir lesbiërs, maar ek kan nie hul lewenstyl aanvaar nie, want dit is in teenstelling met die Woord van God.”

Hy het egter bygevoeg dat daar nie “‘n graad van sonde” bestaan nie. “Sonde is sonde. Of jy nou geld van die regering steel omdat jy nie inkomstebelasting betaal nie, jou werkers uitbuit deur hulle nie genoeg te betaal nie, of jou vrou verneuk en kinders misbruik … dis alles sonde.” Die grootste sonde volgens Buchan is om nie in God te glo nie.

 

Back to top

35.      Hoender kraai koning

Indeks: SA meer tevrede met hul kitskos as Yanks, Britte

Francois Williams

(Die Burger, 30 Julie 2015)

KAAPSTAD. – Suid-Afrikaners is meer tevrede met hul geliefkoosde kitskosrestaurante as Amerikaners en Britte.

En hoender kraai koning.

Dít blyk uit die onafhanklike Suid-Afrikaanse Kliënttevredenheidsindeks wat Woensdag uitgereik is.

Die drie kitskosgroepe waarmee klante mees tevrede is, is almal hoenderrestaurante.

Nando’s en Chicken Licken het vanjaar die hoogste tellings behaal in die indeks. Nando’s was verlede jaar ook boaan, maar sy mededingers het vanjaar verbeter.

Prof. Adré Schreuder, stigter van die indeks en uitvoerende hoof van Consulta, sê hoewel prys altyd ‘n faktor is by kitskos, het beter gehalte en verskeidenheid tevredenheidsvlakke hoër gedruk.

“Die indeks wys kitskoshandelsname voldoen vir die eerste keer sedert 2013 aan hul klante se verwagtinge en persepsies oor gehalte.”

McDonald’s en FishAways het laer puntetellings as die gemiddelde gekry. McDonald’s-klante is minder tevrede met die groot geel M as verlede jaar, volgens die indeks. Buiten Debonairs het elkeen van die handelsname wel hoër tellings aangeteken ten opsigte van algehele persepsies oor gehalte.

Die indeks ontleed ook hoe klagtes beskou word. Hoewel KFC teen 11% die meeste klagtes kry, is 80% van dié wat kla baie tevrede met die manier waarop klagtes gehanteer is. Chicken Licken het die minste klagtes teen 3,8%, maar 66,7% van dié wat kla, is ongelukkig met die manier waarop die klagte gehanteer is.

■ Die SA Kliënttevredenheidsindeks is onafhanklik, met geen spesifieke borg of kliënt wat opdrag gee vir die peiling nie. Meer inligting is by www.sacsi.co.za.

 

Back to top

36.      Dít het Rice laat blom

EEN VAN HEEL BESTES – LEGENDARIESE KIWI

(Die Burger, 30 Julie 2015)

KAAPSTAD. – Clive Rice het uitgeblink in graafskapkrieket omdat hy gespeel het asof hy iets gehad het om te bewys.

Die legendariese Nieu-Seelandse naatbouler Richard Hadlee het gister roerend oor sy voormalige spanmaat en kaptein gepraat.

Hy het aan ‘n Nieu-Seelandse radiostasie gesê Rice was “een van die heel beste spelers wat nooit toetskrieket gespeel het nie”. Dit was ‘n era waarin baie van die beste spelers ter wêreld graafskapkrieket gespeel het.

Hadlee meen dat Rice se talent geblom het omdat hy iets gehad het om te bewys vanweë Suid-Afrika se isolasie.

“Hy het hom teen die beste spelers ter wêreld gemeet, veral internasionale spelers wat as oorsese spelers graafskapkrieket gespeel het.

“Spelers soos Joel Garner, Imran Khan, Wayne Daniel, Malcolm Marshall, Michael Holding. Hy wou nie gehad het hulle moes hom uitkry nie. Hulle was wonderlike boulers, maar hy wou lopies teen hulle kry en teen hulle oorheers.

“Ek kan sê hy was ‘n speler van die hoogste gehalte…hy was manjifiek.”

Rice en Hadlee het ‘n verwoestende vennootskap met die bal vir die Engelse graafskap Nottinghamshire in die jare sewentig en tagtig gevorm. Albei word as van die heel beste veelsydige spelers in die geskiedenis van die spel beskou.

Rice, wat Dinsdag oorlede is, het nooit toetskrieket gespeel nie. Sy speeldae was tydens SA krieket se isolasie.

Hy is gekies vir Suid-Afrika se toer na Australië in 1972, maar dié toetsreeks is afgelas.

“Of dit toets- of eendagkrieket was, ek kan hier sit en met volle vertroue sê dat hy mededingend teen die heel beste internasionale spelers sou gewees het,” het Hadlee aan Radio Sport gesê.

Hulle het 10 jaar saam vir Nottinghamshire gespeel (van 1978) en het die graafskap gehelp om as kampioen in 1981 en 1987 gekroon te word.

“Hy was ‘n klipharde, meedoënlose kaptein. Hy was ‘n uitstekende voorbeeld vir sy spanmaats en het hoë standaarde gestel. Dit het tot baie seges en titels gelei,” het Hadlee oor Rice gesê.

Rice het uiteindelik sy internasionale buiging gemaak – in 1991 – toe hy ‘n Suid-Afrikaanse eendagspan na Indië gelei het. Hy was toe 42 en toetskrieket was hom nooit beskore nie.

Hadlee word steeds gereken as Nieu-Seeland se beste speler van alle tye. Sy 438 paaltjies was die rekord vir die meeste slagoffers deur enige toetsbouler met sy uittrede.

 

Back to top

37.      Plafonbedrag nodig vir skolespelers

Hannes Nienaber

(Die Burger, 30 Julie 2015)

Die Suid-Afrikaanse rugbymark gaan eersdaags nog verder onder skoot kom.

En ek praat nie van die druk wat oorsese klubs met hul sterker ponde, euro’s en jens op die mark plaas nie.

Dit is die unies wat besig is om hulself in die voet te skiet.

Verskeie unies het vanjaar behoorlik hul tjekboeke die praatwerk laat doen in ‘n poging om talentvolle skolespelers te lok.

Geen skolespeler is al ooit so gejaag en met sulke reuse-bedrae genader soos die losskakel van Grey (Port Elizabeth) en die Oostelike Provinsie se Curwin Bosch nie.

Hy is deur vier unies kontrakte aangebied wat meer as R300 000 per jaar beloop, met minstens twee daarvan selfs meer as R600 000.

Die Haaie, die Blou Bulle, die Cheetahs én die Kings wou hom graag hê.

Geen woord is nog gerep oor waar hy sy rugby voortaan gaan speel nie.

‘n Ysterflank van Griekwas-Platteland en die Hoërskool Upington, Cobus Wiese, gaan ook glo sy rugbyloopbaan vir R300 000 in die Westelike Provinsie voortsit.

Dié probleem hiermee is dat senior beroepspelers nou sal voel hulle is ook meer werd as wat hulle op die oomblik verdien.

Dit kan die rugbymark in die land ‘n reuse-knou gee.

Dit kan ook veroorsaak dat nog meer gevestigde senior spelers eerder hul heil in die buiteland sal gaan soek.

Dit het dalk tyd geword dat die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) ‘n plafonbedrag bepaal vir die werwing van veral skolespelers.

Bosch sal byvoorbeeld in sy eerste maand as beroepspeler meer verdien as waarna die meeste gegradueerde mense in Suid-Afrika kan uitsien.

Die huidige stelsel laat ook nie veel ruimte vir spelers wat dalk later ontwikkel nie.

Saru se beamptes maak jaarliks op die onthale op nasionale skoletoernooie melding van die belangrike rol wat skolerugby, en veral die onderwysers wat dit bestuur, in die sukses van die Springbokke speel.

Dit is tyd dat hulle dié produk van die begin af beskerm.

Nóg ‘n probleem met die kontraktering van skolespelers, is die feit dat agente eers kommissie verdien as ‘n speler R100 000 of meer deur ‘n unie aangebied word.

Dit gebeur dus dat agente spelers wat dalk R80 000 werd is se markwaarde verhoog om ‘n kommissie te verdien.

So betaal unies meer vir skolespelers as wat hulle werd is en word geld gemors.

Dit veroorsaak dat unies spelers wat dalk minder werd is nie kan kontrakteer nie.

Die geld wat op hulle bestee kon word, beland in die sakke van spelers met agente.

Unies sal byvoorbeeld nie ná drie jaar ‘n duur speler eenkant toe skuif as hulle só ‘n groot hoop geld in hom belê het nie – al is die man wat hom kan vervang, beter.

Op dié manier gaan heelwat van die land se rugbytalent jaarliks verlore.

 

Back to top

38.      “Kopwerk bring rugby-sukses”

George Germishuys

(Die Burger)

PRETORIA. – “Goeie spelers raak slegte spelers weens Suid-Afrika se beheptheid met wedstrydplanne.”

Dít was gister die mening van Naas Botha,voormalige Springbok- en Blou Bulle-losskakel en kaptein, in die Protea Hotel in Midrand waar hy gepraat het op die bekendstelling van ‘n boek oor kreatiewe rugby.

Botha en dr. Kobus Neethling, ‘n kreatiwiteitskenner, het kragte saamgesnoer om dié boek, Kreatiewe rugby, te skryf.

Volgens hulle is ‘n kreatiewe benadering tot die spel die enigste manier om voortaan sukses te behaal.

“Die wetenskaplike benadering wat deesdae deur soveel afrigters aangehang word, beteken dit is onmoontlik om vinniger, sterker of fikser as jou teenstander te wees. Jy sal hom met denke moet uitoorlê,” het Neethling gesê.

Volgens Neethling is daar verskeie breintipes wat meer vir spesifieke posisies geskik is, en die boek bevat spesifieke kreatiwiteitsoefeninge vir elke posisie.

Die boek bevat ook die breinprofiele van bekende onlangse Springbokke, asook ‘n vraelys om jou eie breinprofiel te bepaal.

Botha stem saam dat kreatiwiteit in rugby van uiterste belang is.

“Julle kan net dink hoe kreatief ek moes wees om 17 jaar lank kontak te vermy,” het hy geskerts.

“Ons het baie talent in ons skole. Dit is egter kommerwekkend dat ons met spelpatrone oorboord gegaan het.”

Volgens Botha is Suid-Afrika nie ernstig genoeg oor die ontwikkeling van kreatiewe denke by veral jong spelers nie.

“Elke dag is ‘n geleentheid en dit is hartseer dat talent verlore gaan omdat afrigters nie weet wat hulle in die hand het nie.

“Ons sal baie meer van ons talent kan behou as ons dié metode volg.”

Botha hou ook vol dat ‘n beheptheid met ervaring by rugbyspelers onnodig is.

“As jy goed genoeg is, is jy nooit te jonk of te oud nie. Almal sê die Wêreldbeker word met ervaring gewen, maar dink mooi daaroor. Die Wêreldbeker word in ses weke gewen, nie in vier jaar nie. Dus, wie moet jy kies? Die ou spelers of die spelers wat in vorm is?”

 

Back to top

39.      Aartappels

Vir elke kookmetode is daar ‘n beste soort

(Die Burger, 8 Julie 2015)

Het jy geweet daar is meer as 80 geregistreerde aartappel­kultivars in Suid-Afrika? Karla Janse van Vuuren het by kenners inligting gekry oor die verskillende soorte aartappels en hoe ‘n mens dit kan gebruik.

Die veelsydige aartappel bly ‘n groot gunsteling in Suid-Afrikaanse kombuise.

Van bros aartappelwiggies saam met lekker vars vis en romerige kapokaartappels bo-op ‘n herderspastei tot vullende aartappelsop op koue wintersaande laat dié groente ons van oor tot oor glimlag.

Maar moenie dink ‘n aartappel is ‘n aartappel nie.

Volgens Carmen van Niekerk, ‘n navorser in menslike voeding verbonde aan die Universiteit van Pretoria, is daar meer as 80 geregistreerde aartappelkultivars in ons land. Sy doen tans ‘n MSc-studie met die fokus op biodiversiteit en die gehalte van aartappels.

“Die getal wissel van jaar tot jaar namate nuwe kultivars ontwikkel en ou kultivars nie meer geplant word nie. Nie al dié kultivars word elke jaar geplant nie.

“Van hierdie kultivars is nie beskikbaar vir die verbruiker nie omdat hulle spesiaal gekweek word vir verwerking,” sê sy.

Het jy al probeer kapokaartappels maak, en maak nie saak hoe hard jy probeer nie, die aartappels wil nie glad en romerig word nie?

Dit is omdat een soort aartappel meer geskik is vir tjips, terwyl ‘n ander die perfekte gebakte aartappel lewer.

“Aartappels kom voor in ‘n verskeidenheid kleure en vorme. Kultivars wissel van wit tot ‘n ligte geel of beige en is rond of ovaal,” sê prof. Hettie Schönfeldt, ‘n buitengewone professor in menslike voeding aan die Universiteit van Pretoria.

“Die kleur en vorm van ‘n aartappel het wel geen invloed op die tekstuur en kook-eienskappe nie – dit hang af van die vog en droëmaterie-inhoud van die aartappel.”

In Suid-Afrika word aartappels in drie kategorieë verdeel, naamlik melerig, wasagtig en melerig-wasagtig.

“Aartappels met ‘n hoë voginhoud, soos Mondial, is wasagtig en die beste geskik vir kook omdat hy sy vorm hou en nie blus nie. Aartappels met ‘n lae voginhoud, soos Up-to-Date en Avalanche, is melerig en die beste geskik vir gebakte aartappels of kapokaartappels,” sê Schönfeldt.

Aartappels word oor die hele Suid-Afrika heen verbou, van Limpopo tot Ceres in die Wes-Kaap. Volgens Van Niekerk voer Suid-Afrika nie aartappels in nie.

“Weens aartappels se bonkige vorm en gewig is dit moeilik om groot massas oor ver afstande te vervoer.”

“Ons voer wel aartappels uit na van ons buurlande.

“Sekere kultivars, soos BP1 en Buffelspoort, is Suid-Afrikaans ontwikkelde kultivars, terwyl ander kultivars soos Mondial van Nederland en Up-to- Date van Brittanje afkomstig is.”

Wanneer die lus vir ‘n aartappel jou pak en jy koers kies groentewinkel toe, is daar ‘n paar dinge waarvoor jy moet uitkyk.

“Die aartappel se vel moet glad wees sonder knoppe of uitloopsels. Die aartappel moet ferm wees sonder enige snye, kneusplekke of verkleurings.

“Dit is belangrik om die regte aartappel vir die spesifieke kookmetode te koop.

“Vanweë ‘n verskeidenheid interne faktore is sekere aartappels beter geskik vir spesifieke kookmetodes.

“‘n Wasagtige aartappel is die beste geskik vir gekookte aartappels omdat hy nie sal blus nie, maar dié soort aartappel sal klonterige kapokaartappels maak.

“‘n Melerige aartappel is ideaal as gebakte aartappels met ‘n bros buitekant en ‘n donsige binnekant, maar melerige aartappels sal uitmekaarval in ‘n aartappelslaai,” verduidelik Schönfeldt.

Dit is ook belangrik dat jy aartappels op die regte manier bêre.

“Aartappels moet in ‘n geventileerde, koel en donker plek gebêre word en nie in die yskas nie.

“As aartappels in die yskas gebêre word, verander die stysels en suiker, wat veroorsaak dat die smaak verander en die aartappel van kleur verander,” sê Van Niekerk.

En wat van patats – is hulle dan deel van die aartappelfamilie?

“Aartappels behoort tot die familie Solanum tuberosum, terwyl soetpatats van die Convolvulaceae-familie afkomstig is.

“Hoewel albei gewasse knolle is, is hulle slegs verlangs familie en word hulle nie saam geklassifiseer nie,” sê Van Niekerk.

 

Back to top

40.      ‘n Bietjie aartappelgeskiedenis

(Die Burger, 8 Julie 2015)

Aartappels is vandag die vyfde belangrikste oes wêreldwyd, ná mielies, koring, suikerriet en rys; maar nie te lank gelede nie, in die 18de eeu, het betreklik min mense van dié knolle gehoor.

Die inwoners van Peru was sowat 8 000 jaar gelede die eerste mense wat aartappels verbou het. Daar is sowat 200 soorte wilde-aartappels in die Amerikas.

In 1536 het die Spaanse veroweraars in Peru aangekom. Hulle het aartappels na Europa saamgeneem. Voor die einde van die 16de eeu het die families van Baskiese seevaarders begin om aartappels langs die kus van die Golf van Biskaje in die noorde van Spanje te verbou.

Sir Walter Raleigh het aartappels in 1589 na Ierland geneem en dit op sy landgoed naby Cork begin verbou. Dit het amper vier dekades geduur totdat aartappels in die res van Europa gewild was.

In die 1840’s het ‘n siekte die aartappeloes in Europa laat misluk. Die Iere, vir wie aartappels ‘n stapelvoedsel was, is die swaarste getref. Binne ‘n paar jaar het die bevolking van Ierland van nege miljoen tot net meer as vier miljoen gedaal.

China is vandag die wêreld se grootste verbouer van aartappels. Amper ‘n derde van die wêreld se aartappels word in China en in Indië geoes.

Bronne: smithsonianmag.com, potatogoodness.com, potato.ie.

 

Back to top

41.      Aartappelkultivars in Suid-Afrika

(Die Burger, 8 Julie 2015)

Daar is verskeie soorte aartappels op die winkelrakke. As jy ‘n aartappel vir ‘n spesifieke doel, soos kapokaartappels, nodig het, vra jou kruidenier watter soort aartappels beskikbaar is.

Gebruik dié tabel om vas te stel watter aartappel is geskik vir watter gebruik in die kombuis.

 

Mondial

Vorm: Ovaal

Kleur: Wit

Klassifikasie: Wasagtig

Gaarmaak-eienskappe: ‘n Ideale aartappel om te kook, want dit kook nie pap nie.

Fabula

Vorm: Ovaal

Kleur: Liggeel

Klassifikasie: Wasagtig

Gaarmaak-eienskappe: Geskik vir kook en bak.

Buffelspoort

Vorm: Rond-ovaal

Kleur: Wit

Klassifikasie: Wasagtig

Gaarmaak-eienskappe: ‘n Goeie aartappel om te kook, want dit behou sy vorm.

BP1

Vorm: Ovaal

Kleur: Wit

Klassifikasie: Wasagtig/melerig

Gaarmaak-eienskappe: Geskik vir ‘n verskeidenheid gaarmaakmetodes, veral kook en rooster.

Van der Plank

Vorm: Ovaal – peer

Kleur: Wit

Klassifikasie: Wasagtig/melerig

Gaarmaak-eienskappe: ‘n Veelsydige aartappel, ideal vir kook en braai.

Fianna

Vorm: Ovaal

Kleur: Liggeel

Klassifikasie: Wasagtig/melerig

Gaarmaak-eienskappe: Word in die aartappel-verwerkingsbedryf gebruik. Dit is ferm met ‘n donsige gevoel in die mond.

Valor

Vorm: Ovaal

Kleur: Romerig wit

Klassifikasie: Wasagtig/melerig

Gaarmaak-eienskappe: Ideaal vir rooster, want hy behou sy vorm goed.

Sifra

Vorm: Rond

Kleur: Wit

Klassifikasie: Wasagtig/melerig

Gaarmaak-eienskappe: ‘n Veelsydige aartappel, geskik vir die meeste gaarmaakmetodes.

Up-to-Date

Vorm: Plat-ovaal

Kleur: Romerig wit

Klassifikasie: Melerig

Gaarmaak-eienskappe: Die melerige tekstuur beteken dié aartappel is ideal vir kapokaartappels.

Darius

Vorm: Ovaal

Kleur: Wit

Klassifikasie: Melerig

Gaarmaak-eienskappe: Dit het ‘n melerige tekstuur, maar behou sy vorm wanneer dit gaargemaak word.

Mondial

Vorm: Ovaal

Kleur: Wit

Klassifikasie: Melerig

Gaarmaak-eienskappe: Goed vir rooster, braai en kapokaartappels met ‘n donsige tekstuur.

 

Back to top

42.      Easy Cape-Style Bobotie

Serves 4

Prep Time 25 mins

Cooking Time 70 mins

 

Ingredients…

1 onion, finely chopped

2 tablespoons oil

2 teaspoons Rajah Mild & Spicy Curry powder

500 g PnP beef mince

1 KNORR Spaghetti Bolognaise Dry Cook-in-Sauce

1/2 cup water

2 bread slices

2 cups milk

2 eggs

5 Robertsons Bay Leaves

1/2 cup seedless raisins

 

  1. Preheat oven to 200°C.
  2. Fry the finely chopped onion in oil until tender then add the curry powder and fry for 1 minute.
  3. Add the mince and fry until crumbly, then add the KNORR Spaghetti Bolognaise Dry Cook-in-Sauce packet contents and water. Allow to simmer for 10 minutes then stir in the raisins.
  4. Soak the bread in 1 cup milk, then squeeze the milk out and mash the bread. Keep the excess milk aside. Add the mashed bread to the mince mixture.
  5. Spoon the mizture into a greased ovenproof dish and stand the bay leaves in the mixture randomly.
  6. Beat the remaining milk as well as the excess milk from the bread together with the eggs and pour over the mince mixture.
  7. Place into the oven and bake for 45 minutes or until the egg custard is set.

 

Back to top

43.      Carrot & Sweet Potato Soup

Serves 4

Prep Time 20 mins

Cooking Time 45 mins

Ingre

  1. Heat margarine in a large pot over a medium heat.
  2. Add the onion, coriander, ginger and turmeric and gently fry until the onions are soft.
  3. Add the carrots, sweet potato, chicken stock cube, water and milk to the pot.
  4. Bring to a boil and reduce heat to a simmer.
  5. Cook for 30 minutes until the carrots and potato are tender.
  6. Mix the KNORR Thick Vegetable Soup with a little water to form a smooth paste and stir into the soup. Simmer for 5 minutes and allow to thicken.
  7. Blend the soup ingredients with an electric hand blender or mash using a potato masher until smooth.
  8. Stir in the yoghurt, place into serving bowls and serve with hot bread.

 

Back to top

44.      BASMATI-RYS

(Die Burger, 25 Julie 2015)

Ek glo die gewone mens se roete tot sukses is om basmati-rys te kook soos jy pasta sou kook.

Op dié manier kom dit elke keer perfek uit en is daar geen gevaar dat dit aanbrand nie.

As jy nog altyd bang was vir rys kook, hier is jou oplossing.

 

JY HET NODIG (vir 4-6 mense):

6 koppies kookwater

12,5 ml sout

1 koppie basmati-rys

 

LAAT WAAI!

  1. Kry die water en sout in ‘n groot pot op dle vuur of die stoof aan die kook.
  2. Terwyl jy wag vir die water om te kook, gooi die rys in ‘n vergiettes of sif en spoel dit vir omtrent ‘n minuut ordentlik met koue lopende water af. Maak seker die meeste van die stysel is afgewas.
  3. Sodra die water kook, gooi die afgespoelde rys daarin en kook 12 minute lank, soortgelyk aan hoe jy pasta sou kook. Gebruik jou horlosie en kyk mooi dat die rys 12 minute lank kook.
  4. Gooi die water af. Gebruik weer ‘n vergiettes of sif en spoel vinnig af met water, verkieslik warm water.
  5. Laat die rys droog drup en keer dit dan in ‘n bak uit.
  6. Laat dit ‘n rukkie lank rus en wikkel die korrels met ‘n vurk los as jy dink dit is nodig.

 

Back to top

45.      Goudkleurige herfsfrittata

Aartappels SA

Jy benodig:

300 ml hoenderaftreksel

500 g aartappels, geskil en in kwarte gesny

45 ml (3 e) olyfolie

1 ui, fyngekap

3 selderystokkies, gekap

20 g spinasie, afgespoel

6 groot eiers, liggies geklits

sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

100 g parmesaan, gerasper

 

Só maak ‘n mens:

  1. Verhit die hoenderaftreksel in ‘n groot pan en kook die aartappels daarin totdat die aftreksel amper geabsorbeer en weggekook is.
  2. Gooi die olie en daarna die uie en die seldery by. Meng liggies. Sit ‘n deksel op en kook totdat die ui en seldery taamlik sag is. Voeg die spinasie by en roer totdat die blare verwelk het. Voorverhit nou die roosterelement.
  3. Gooi die eiers oor die bestanddele in die pan, geur met sout en peper en sprinkel die parmesaan oor. Kook totdat die eiers amper gaar is.
  4. Sit onder die rooster totdat die frittata opgepof en die kaas goudbruin is. Sit dadelik voor vir ‘n vullende ontbyt of as ‘n ligte middagete.

 

Back to top

46.      2015 Rugby World Cup

2015 Rugby World Cup Pools

Pool A

Australia

England

Wales

Fiji

Uruguay

 

Pool B

South Africa

Samoa

Japan

Scotland

USA

 

Pool C

New Zealand

Argentina

Tonga

Georgia

Namibia

 

Pool D

France

Ireland

Italy

Canada

Romania

 

Rugby World Cup Dates

Kick off Friday 18 September

Quarter-finals Saturday 17/ Sunday 18 October

Semi-finals Saturday 24/ Sunday 25 October

Final Saturday 31 October

 

Rugby World Cup 2015 fixtures, day-by-day

Friday 18 September

20:00 England v. Fiji

 

Saturday 19 September

12:00 Tonga v. Georgia

14:30 Ireland v. Canada

16:45 South Africa v. Japan

20:00 France v. Italy

 

Sunday 20 September

12:00 Samoa v. USA

14:30 Wales v. Uruguay

16:45 New Zealand v. Argentina

 

Wednesday 23 September

14:30 Scotland v. Japan

16:45 Australia v. Fiji

20:00 France v. Romania

 

Thursday 24 September

20:00 New Zealand v. Namibia

 

Friday 25 September

16:45 Argentina v. Georgia

 

Saturday 26 September

14:30 Italy v. Canada

16:45 South Africa v. Samoa

20:00 England v. Wales

 

Sunday 27 September

12:00 Australia v. Uruguay

14:30 Scotland v. USA

16:45 Ireland v. Romania

 

Tuesday 29 September

16:45 Tonga v. Namibia

 

Thursday 1 October

16:45 Wales v. Fiji

20:00 France v. Canada

 

Friday 2 October

20:00 New Zealand v. Georgia

 

Saturday 3 October

14:30 Samoa v. Japan

16:45 South Africa v. Scotland

20:00 England v. Australia

 

Sunday 4 October

14:30 Argentina v. Tonga

16:45 Ireland v. Italy

 

Tuesday 6 October

16:45 Canada v. Romania

20:00 Fiji v. Uruguay

 

Wednesday 7 October

16:45 South Africa v. USA

20:00 Namibia v. Georgia

 

Friday 9 October

20:00 New Zealand v. Tonga

 

Saturday 10 October

14:30 Samoa v. Scotland

16:45 Australia v. Wales

20:00 England v. Uruguay

 

Sunday 11 October

12:00 Argentina v. Namibia

14:30 Italy v. Romania

16:45 France v. Ireland

20:00 USA v. Japan

 

Saturday 17 October

16:00 Winner Pool B v. Runner-up Pool A

20:00 Winner Pool C v. Runner-up Pool D

 

Sunday 18 October

13:00 Winner Pool D v. Runner-up Pool C

16:00 Winner Pool A v. Runner-up Pool B

 

Saturday 24 October

16:00 Winner QF1 v. Winner OF2

 

Sunday 25 October

16:00 Winner QF3 v. Winner QF4

 

Friday 30 October

20:00 Loser SF1 v. Loser SF2

 

Saturday 31 October

16:00 Winner SF1 v. Winner SF2

 

Back to top

47.      2015 Currie Cup Fixtures

(www.ougrote.com)

4 September – 10 October

17 19h10 Blue Bulls v Free State Cheetahs (Loftus Versfeld), 2015/09/04

18 15h00 Sharks v Pumas (Growthpoint Kings Park), 2015/09/05

19 17h05 Western Province v Qualifier (Newlands Stadium), 2015/09/05

20 19h10 Golden Lions v Eastern Province Kings (Emirates Airline Park), 2015/09/05

21 19h10 Eastern Province Kings v Free State Cheetahs (Nelson Mandela Bay Stadium), 2015/09/11

22 17h05 Sharks v Western Province (Growthpoint Kings Park), 2015/09/12

23 19h00 Blue Bulls v Golden Lions (Loftus Versfeld), 2015/09/12

24 19h10 Qualifier v Pumas (TBC), 2015/09/12

25 19h00 Western Province v Blue Bulls (Newlands Stadium), 2015/09/18

26 14h30 Golden Lions v Sharks (Emirates Airline Park), 2015/09/19

27 15h00 Pumas v Eastern Province Kings (Mbombela Stadium), 2015/09/19

28 17h05 Free State Cheetahs v Qualifier (Free State Rugby Stadium), 2015/09/19

29 20h00 Sharks v Blue Bulls (Growthpoint Kings Park), 2015/09/25

30 15h00 Eastern Province Kings v Qualifier (Nelson Mandela Bay Stadium), 2015/09/26

31 15h00 Free State Cheetahs v Golden Lions (Free State Rugby Stadium), 2015/09/26

32 15h00 Western Province v Pumas (Newlands Stadium), 2015/09/26

33 18h00 Golden Lions v Western Province (Emirates Airline Park), 2015/10/02

34 18h00 Pumas v Free State Cheetahs (Mbombela Stadium), 2015/10/03

35 13h15 Pumas v Blue Bulls (Mbombela Stadium), 2015/10/09
36 18h00 Western Province v Eastern Province Kings (Newlands Stadium), 2015/10/09

37 14h00 Golden Lions v Qualifier (Emirates Airline Park), 2015/10/10

38 16h05 Free State Cheetahs v Sharks (Free State Rugby Stadium), 2015/10/10

 

Back to top

48.      Mountain Mill Mall winkelnommers

ABSA 023-3487640
@Home 023-3476778
3@1 023-3475566
Ackermans 023-3476517
African Bank 023-3428738
American Swiss 023-3471804
AnniQue BeautiQ 023-3426806
AO Motors 023-3474141
Bargain Books 023-3475366
Belgian Chocolate & Fudge 071-0066404
Blue Berry Girls 082-9284149
Boesmanland Biltong 023-3470391
Builders Express 0860-008986
Cape Union Mart 023-3471484
Capitec Bank 023-3424585
Caterby 076-2021548
Cell C 023-3475582
Checkers 023-3484780
Classy Cats 023-3472980
Clicks 023-3424564
Computer Mania 023-3477797
Cotton On 023-3423972
Crazy Store 023-3477700
CTM 023-3474869
De Jagers 023-3470994
De Kelders 023-3425997
Dis-Chem 023-3465343
Donna Claire 023-3465127
Dulce Café 023-3474147
Edgars 023-3487500
Exquisite Leather 023-3478635
Factorie 023-3422648
Famous Kalahari 023-3428224
Flight Centre 023-3477708
Foschini 023-3465107
Fragrance Boutique 081-0253797
G.E.M.S. 087-3509890
Galaxy & Co 023-3475333
Game 023-3487060
GDP Auto 023-3427692
Hair Affair 023-3473794
Identity 023-3474479
Incredible Connection 087-7409236
Jet 023-3487550
KFC 023-3476699
Kids’ Emporium 082-8284108
King Pie 023-3425279
Kings Suppliers 074-7062372
Kodak (Superfoto) 023-3421570
London Key & Service 082-7715936
Marcel’s 023-3426561
Markhams Relay 023-3471531
Medi-Rite Pharmacy 023-3474763
Mellin Optometrists 023-3422646
Miladys 023-3475295
Miracle Car Wash 023-3473317
Model Sports 023-3473804
MoKsh Indian Restaurant 023-3427471
Monster Ink 084-5153116
Montagu Dried Fruit & Nuts 083-2867261
Mountain Mill Office 023-3470415
Mountain Mill Sport 023-3474200
Mr Price Home 023-3475677
Mr Price Sport 023-3421725
Mr Price Weekend 023-3470184
MTN 083-8691473
Mugg & Bean 023-3474601
Musica 023-3421135
Nedbank 023-3487820
Nicky Toys & Education 023-3470197
Nu Metro 023-3420316
Ocean Basket 023-3420787
Ou Hout Meubels 023-3478271
Panarotti’s 023-3477344
Peacock Tea & Coffee 023-3470317
Pep 023-3475425
Pick ‘n Pay Clothing 023-3470137
Pick ‘n Pay Supermarket 023-3471071
Placecol 023-3476225
PNA 023-3423305
Post Office 023-3471946
Profitment Centre 023-3424093
Reggies 023-3420501
San Diego Spur 023-3423540
Sheet Street 023-3474842
Shoe City 023-3475644
Shoeline 023-3420784
Shoerama 023-3475298
Signature 023-3426222
Steers 023-3477010
Superfoto (Kodak) 023-3421570
Surfware Shop 023-3475820
Tekkie Town 087-8057938
Telkom Direct 023-3464215
The Old Hat Barber Shop 076-8506753
The Scene 023-3465132
Tiger Wheel & Tyre 023-3470216
Torga Optical 023-3426970
Total Sports 023-3465138
Trappers 023-3420751
Truworths 023-3470606
Van Wyk, Le Roux 023-3425827
Verimark 023-3475676
Vodacom 4 u 023-3475340
Wimpy 023-3477771
Woolworths 023-3466900
Xzibit 023-3471124

Back to top