DIE PIONIER – APRIL 2015

Inhoud

DIE PIONIER

Jaargang 83, No 02

Volume 83, Nr 02

 

Datum 30/04/2015 Date

 

REDAKSIE

Rig asseblief alle korrespondensie aan:

Please direct all correspondence to:

 

Die Redakteur The Editor
Die Pionier Die Pionier
Posbus 994 P.O. Box 994
WORCESTER WORCESTER
6849 6849

 

Tel.: (023) 342 6313

Faks/Fax: (023) 342 0335

E-Pos/E-Mail: info@pioneerprinters.org.za

 

Die redaksie onderskryf nie noodwendig die menings wat in die artikels en briewe in Die Pionier uitgespreek word nie, en behou hom die reg voor om sodanige stof te verkort en redaksioneel te versorg.

The editorial staff does not necessarily endorse the opinions expressed in the articles and letters in Die Pionier, and reserves the right to abbreviate and edit such articles.

Hierdie publikasie is moontlik gemaak deur ‘n ruim subsidie van die L W Hiemstra Trust en Marie Luttig Trust.

This publication is made possible by a generous subsidy of the L W Hiemstra Trust and Marie Luttig Trust.

 

1 Redakteursbrief

22 April 2015

 

Geagte lesers

Hierdie tweede uitgawe van Die Pionier, soos in sy nuwe formaat, is propvol artikels van uiteenlopende aard.

Daar is nuus oor die Instituut en die Pionierskool se mense en al hul aktiwiteite.  Dit is wonderlik om te lees oor wat alles by ons in Worcester gebeur – never a dull moment!  Dit is vir my ‘n riem onder die hart om te lees van siggestremde mense wat uitstyg en hul drome nastreef soos Sisipho Khubukeli en Robyn Waters.  Julle is die inspirasie en rolmodelle vir ons siggestremde gemeenskap om nooit op te hou droom nie en altyd uit te reik na die sterre!  Die woorde in die bekende “District Six”  liedjie van Dawid Kramer en  Taliep Petersen – of mense ooit die trane van ‘n blinde kan sien het my altyd diep geraak.  Dit laat my ook dink aan die stelling wat iemand gemaak het – soms moet jy jou oë toemaak om beter te kan sien.  Dit is met verwysing na die eerste artikel oor die invloede van positiewe en negatiewe denke op die mens en die wêreld rondom ons.

Dan is daar artikels oor nuus, interessante inligting, tuinmaak, motors, humor, stories, tegnologie, entrepreneurskap, geskiedenis, sport, dieët, gesondheid en direk daarna resepte oor liplekker geregte! Moet ‘n mens dan nou dieët of lekker eet – dit is die vraag?

Dit is vir my interessante inligting dat die bekende klerewinkel, De Jagers, sy ontstaan 60 jaar gelede in Worcester gehad het.  En drank wat so duur word – kyk maar na daai whiskey vir R2 miljoen ‘n bottel!  Dit slaan ‘n mens se asem weg nog voordat jy dit geproe het!  Nou ja ek wil nou nie al die leespret bederf nie en daarom nooi ons u as leser uit om hierdie uitgawe van Die Pionier terdeë te geniet.

Weereens staan my uitnodiging aan u om enige terugvoer en kommentaar na ons te stuur, asook enige voorstelle vir nog onderwerpe.

My opregte dank aan die redaksiespan vir al die harde werk met die saamstel van hierdie uitgawe.  Hartlike groete.

 

Johan Pretorius

Redakteur – Die Pionier

Back to top

2 Jy is (en word) wat jy dink

Deur Chris Jones

(Lig, September 2013)

Daar is sóveel mense wat op die negatiewe fokus. Hulle is pessimisties, selfs swartgallig. Hulle beleef boonop dat hulle dag na dag deur negatiewe nuus gebombardeer word.

Hulle is natuurlik reg. Navorsing het getoon dat ‘n kind normaal­weg blootgestel word aan ongeveer 18 negatiewe belewenisse per dag, teenoor net een positiewe belewenis. Volwassenes het tot 200 negatiewe belewenisse per dag. Dít beïnvloed ‘n mens se gedagtes; dit kan tog nie anders nie … En in die proses sien jy al hoe minder dinge raak waarvoor jy dankbaar kan wees.

Daar word vertel dat toe Michelangelo op ‘n keer besig was om met sy hamer en beitel aan ‘n groot, ruwe stuk rots te timmer, ‘n verbyganger nadergekom en belangstellend verneem het wat hy aan’t doen was. Die beroemde kunstenaar het geantwoord dat hy besig was om ‘n engel te verlos wat in daardie vormlose stuk marmer vasgevang is.

In hierdie bekende vertelling lê ‘n groot waarheid opgesluit: As Michelangelo se gemoed vol negatiwiteit en boosheid was, sou hy definitief nie ‘n engel in daardie ruwe stuk klip gesien het nie. Dít wat ‘n mens in die lewe “sien”, word deur jou denke bepaal.

 

KYK HOE HIERDIE WAARHEID IN VERSKILLENDE GODSDIENSTE EN KULTURE AANGETREF WORD:

  • Die bekende Joodse psigiater, Victor Frankl, sê elke mens ís wat hy of sy besluit om te wees.
  • Die Hindoes leer dat ‘n mens dít word waaraan jy dink.
  • In die Boeddha se leerstellings word gesê dat die gemoed alles is – wat jy dínk, dit wórd jy.
  • Die Zoeloes het ‘n spreekwoord wat leer dat hy wat aan die kwaad dink, ‘n geliefde van die kwaad word.
  • Ook die Spreukedigter sê dit – as jy goed daarna kyk – op meer as een plek: Die mens is wat hy dink.

 

Hierdie tradisies is dit dus met mekaar eens: Jou denke, jou gedagtes, jou geestelike ingesteldheid – dit alles bepaal hoe jy sal leef en wat jy sal word.

Ook in die Nuwe Testament word dit beaam. Jakobus 3:11-12 leer dat ‘n fontein nie uit dieselfde oog vars én brak water laat opborrel nie. ‘n Vyeboom kán tog nie olywe dra nie, of ‘n druiwestok vye nie.

Inderdaad: Dit wat in jou denke plaasvind, bepaal die soort mens wat jy is.

JAMES ALLAN bevestig hierdie gedagtegang treffend wanneer hy sê dat goeie gedagtes en goeie dade nooit regtig slegte gevolge kan hê nie. Terwyl slegte gedagtes en slegte dade op hulle beurt nooit goeie gevolge voortbring nie. En dit is maar net ‘n ander manier om te sê dat koring net koring kan dra, en brandnetels brandnetels. Dit is dus eintlik ‘n natuurwet.

Ferdinand Deist gebruik ‘n waardevolle beeld: In sy boek Skep moed en leef sê hy dat die mens die tuinier van sy gedagtetuin is. Jy kan met ander woorde besluit waaraan jy wil dink. Jy kan jou gedagtes suiwer van dit wat negatief is. Jy kan bepaal of jy ‘n positiewe en dankbare mens gaan wees, of nie.

Daar is ook die bekende venster-beeld: Jou gedagtes, jou innerlike lewe, is die venster waardeur jy na die wêreld rondom jou kyk. As die venster vuil is, as jou gedagtes negatief is, sal die wêreld vir jou negatief en donker lyk, en sal jy waarskynlik ‘n ondankbare en ongelukkige mens wees.

As die venster egter skoon is, as jou gedagtewêreld positief ingestel is, sal die wêreld positief en aantreklik lyk en sal jy waarskynlik oorgenoeg rede hê om dankbaar te wees. Jy is dan ‘n gelukkige persoon, ‘n mens wat vól blydskap is. Só ‘n mens bid graag – om dankie te sê vir God se genade in sy of haar lewe.

Back to top

3 DIE KOLLIG – MAART 2015

(Nuusbrief, Instituut vir Blindes)

GEDAGTE VIR DIE MAAND:

Albert Einstein het gesê: “Your imagination is your preview of life’s coming attractions”.

Uit die kantoor

Helen Keller, die beroemdste doofblinde van alle tye het die volgende gesê: “I can see, and that is why I can be happy, in what you call the dark, but which to me is golden. I can see a God-made world not a man-made world!!”.  Ek het dit al so dikwels gesê dat ons hier by die Instituut vir Blindes mense se drome waar maak.  Hierdie naweek wat verby is, was weer so ‘n “golden” oomblik in die lewens van 12 van ons inwoners toe hulle die geleentheid gegun is om ‘n jagervaring in Pearston op die plaas Hoeksfontein by te woon.  En wat ‘n belewenis was dit nie!!  Dankie aan Neill Pretorius, Johan se broer, wat hierdie naweek moontlik gemaak het, aan Bennie wat die “Lodge” tot ons beskikking gestel het en Pepe wat ons ongelooflik bederf het met die heerlikste geregte.  Dankie ook aan die borge vir hulle ondersteuning en die professionele jagters wat ons mense saam met hulle geneem het en vir hulle hierdie unieke jagervaring eerstehands laat beleef het.  Dan praat ek nie eers van die ouens wat vanoggend breëbors rondloop omdat hulle deur die jagters die geleentheid gegun is om hulle eie bok te skiet nie, of wat sê ek Johan Henning, Johan van Greunen en Morné van der Merwe!!!  Die Saterdagaand toe ons so rondom die feestafel gesit het en elkeen van ons mense die kans gekry het om iets uit hulle lewens met die jagters te deel, was aangrypend en elke nou en dan het hierdie gesoute jagters ‘n traan weggepink!!  Ek is oneindig trots op julle almal!!  Ek moet egter spesiaal melding maak van ons nuwe orkessie wat ons almal in vervoering gehad het nl. Willie op die kitaar, Daantjie op die seskant mondfluitjie en Morné op die viool.  Dit was vermaak uit die boonste rakke!!  En dan was daar natuurlik die mak apie Mielies wat homself op almal se koppe, selfs Gary s’n, tuisgemaak het.  So op daardie noot wil ek ‘n wonderlike naweek afsluit met die bekende woorde: “Gooi mielies!!!”

Freddie Botha

 

Lief en leed

Ons het met hartseer afskeid geneem van tannie Sarie Matthee wat op 4 Maart en tannie Daphné Steyn wat op 12 Maart oorlede is.  Albei was inwoners van Huis Brevis.  Ons innige meegevoel aan al hul familie en vriende.

Ons innige meegevoel aan Estelle Barnard wat op 28 Maart haar pappie aan die dood afgestaan het.  Ons dink aan julle.

DVO

Hier by DVO wil ons net vir ieder en elk bedank vir jul ongelooflike samewerking wanneer daar op jul nommer gedruk word hetsy vir ‘n groep-optrede, uitreik, besoekersgroep, voorbeeld van produkte of selfs wanneer ons moet staatmaak dat almal mooitjies sal glimlag vir Louis tydens die DVD-opname.  Die grootste gedeelte van die opnames is nou voltooi en sal die DVD, wat hoofsaaklik gebruik sal word vir promosie van die Instituut se dienste en produkte, teen 2016 gereed wees.

Ledivia noem in haar terugvoer van die eenmanvertoning “Doep is nie dood nie” en ons sal binnekort die kaartjiepryse deurgee.   Dankie ook vir diegene wat die “Fees met ‘n Visie ontmoet Pure Boland Plaasmark” by die Blindiana Barista ondersteun het – ons sal die volgende markdatum vroegtydig deurgee.

 

Belangrike datums vir Mei-maand:

08 Mei: Instituut vir Blindes, Pionierskool & Pionierdrukkery Gholfdag

24 Mei: Kerkoptrede te NGK Prins Albert

29 Mei: Tekkie Tax Dag – plakkers te koop @ R10 elk (hoofkantoor)

31 Mei: Kerkoptrede te NGK Parow-Panorama

 

Onthou ook asseblief dat die orkes CD (met nuwe omslag geskilder deur Nols Meiring) beskikbaar is by Ons Winkel teen R60 elk asook die nuwe Infokus Nuusbrief.

Groepoptredes – Die uitreikspan het gedurende die afgelope maand vir ACVV Huis Silwerkruin in Wellington en ACVV Huis Jan Swart in die Strand gaan besoek.  Baie dankie vir elkeen wat deel was van die program asook Ané Groenewald wat haar eerste besoek saam met die span meegemaak het en vinnig moes inspring om te help met die verkope!

Kerkoptrede – Irene de Bod en die span, tesame met die hulp van Franci Adshade en Johan le Roux, het die 29 ste Maart bitter vroeg die pad aangedurf na NGK Gansbaai.  Baie dankie vir almal wat hulle laat slapie opgeoffer het.  Dit was Irene se heel eerste Sang- en Getuienisdiens wat sy gelei het en sy en die span het die gemeentelede en die predikant so beïndruk dat hy die Instituut weer genooi het vir ‘n kinder- en oueroggend.  Irene kon ook nie uitgepraat raak oor hoe trots sy op ons mense was en altyd is nie!  Oom Frans en Tannie Dienkie Byleveld, nou inwoners op Gansbaai, het ook die erediens bygewoon.

Laastens maar nie die minste nie het die Instituut se orkes die Cape Epic fietsryers en organiseerders vermaak tydens hulle dinee die Donderdagaand toe hulle op Worcester oornag het.  Hein Wagner in samewerking met Vision Trust het ook skootrekenaars oorhandig aan vier ALO studente gedurende die kompetisie, nl. Lucas Meyer, Zuko Nyakatsha, Tshediso Sekwanyane en Denzwill Maans.  Baie baie dankie aan ons orkes manne, Donnie Laubscher (orkes koördineerder) en vir Hein – ons waardeer julle!!!

MySchool MyVillage MyPlanet – Projek

Bostaande is een van Suid-Afrika se grootste fondswerwings­programme en stel individue in staat om ‘n verskil te maak deur jou inkopies soos normaalweg te doen.  Elke keer wat jy jou kaart by deelnemende winkels gebruik, gee daardie winkel ‘n persentasie van jou aankope terug aan die Instituut vir Blindes!!!

 

Lys van deelnemende winkels:

Woolworths (Jy is ook outomaties lid van hul Rewards-program en kwalifiseer vir 10% afslag op 1000’e items by enige Woolworths winkel)

Reggies & Toys R Us

Waltons

Engen se Quick Shop

Kalahari.com

Power24.co.za (koopkrag)

Dier en Plant (Worcester)

Supa Quick

Manic Cycles

Quenet’s Apteek

Viljoen Juweliers

Postnet

 

Die program het ook ‘n Vote4Charity 2015 kompetisie geloods (geldig 14 April – 22 Mei 2015).  Die Instituut staan ‘n kans om R70 000 kontant te wen!!!  (2de Prys: R35 000, 3de Prys:  R25 000 en 4de-10de Prys: R10 000 elk).

Individue wat stem vir hul gunsteling organisasie staan ook ‘n kans om ‘n R10 000 Woolworths geskenkbewys te wen.  So registreer, stem en staan ‘n kans om te wen!!!  Meer inligting sal volg in die volgende uitgawe van Die Kollig Nuusbrief.

DVO wil graag vir elke personeellid uitdaag om by hierdie program aan te sluit en sodoende die Instituut te help.  Onthou dit is absoluut gratis en dit kos jou nie ‘n sent! Registrasievorms is beskikbaar by Elsa Kotze (Hoofkantoor).

Inligtingsentrum

Hier het die afgelope maand so baie dinge by die Inligting­sentrum gebeur…julle weet almal ek dra net tekkies…dit is om by te hou! En ek het gister gedink – ek sien julle almal so gereeld as ek met groepe deur die Nywerhede beweeg, maar die afgelope tyd sien ek darem meer van julle hier by Inligtingsentrum!  Dis vir my baie lekker om julle almal hier te sien – julle is baie welkom!  Kom stap gerus deur die uitstallings, geniet alles wat hier vir julle gebied word!  Ek wil ook graag vir Wikus baie dankie sê vir al die moeite wat hy doen om ons gras en plante so getrou nat te maak hier by die Blind Spot! Ek waardeer jou, Wikus!

Besoekersgroepe hierdie maand was:  Huis Tomlinson: Swellendam, Morné Schultz, MC Botha, ACVV Paarl, Plenary Vergadering, Hugenote Kollege, Bierfest groep, Sanlam, KWV, Saatchi en Saatchi, Hugo Bierman (Paarl Gemeente).  Ons is altyd opgewonde oor besoekers.  Hier was ook ‘n baie spesiale groep besoekers van Viljoen Juweliers – Howie Viljoen en sy personeel.  Hulle is besig om hul winkels te omskep om blindvriendelik te wees. Dit is ‘n baie opwindende rigting wat besighede inslaan, en ons hoop om meer betrokke te raak hierby.  Howie en sy span het die toer ongelooflik baie geniet – lekker met David Geyer gesels, en ook ‘n draai by die Drukkery, ALO en Pionierskool gemaak.

Die Inligtingsentrum is breëbors TROTS op Ray en Joseph.  Hulle 2 het deelgeneem aan ‘n kompetisie geloods deur die Munisipaliteit: Cape Winelands Mayoral Awards; Ray as toergids by die Blindiana Museum en Joseph as ‘n Barista in die Blindiana Barista.  Ons is baie trots om te sê dat beide van hulle met trofees weggestap het, en ons stof in die oë van besighede van Stellenbosch en Franschhoek geskop het!  Ons is baie trots op julle!  Hulle het ook albei as wenners weggestap in die kategorie:   “Against all odds”.  Dit is nou ‘n persoon wat, ten spyte van baie uitdagings, steeds sukses bereik het.  Die funksie is deur meer as 150 mense bygewoon, en Ray en Joseph het met die ontvang van hul trofees ‘n staande ovasie gekry!  Baie trots op julle 2 – Julle is ware ambassadeurs van ons Instituut!

Gepraat van die Barista – ons het op 10 Maart verjaar en kon reeds een kersie doodblaas! Die hoofdoel van die Barista was om dit te kombineer met die bestaande Blindiana Museum.  Ray bied steeds Museumtoere daar aan – ek dink ons het wel ekstra bewusmaking bewerkstellig deur die oopmaak van Barista.  Ons is baie trots op hierdie stukkie uitbreiding van die Inligtingsentrum – ons kan net hierop bou en bou en bou!  Ons het ook reeds ons eerste markie aangebied by die Barista saam met Tharina!  Huis Brevis en Huis Eben het ook deelgeneem, baie dankie aan almal wat betrokke was en ‘n draai kom maak het!  Ons gaan dit ‘n gereelde instelling maak – julle moet ons asb kom ondersteun!

Interne opleiding

Gedagte van die maand:

 

“In one minute you can change your attitude and in that minute you can change your entire day” ~ Spencer Johnson

 

‘n Mens se houding en benadering tot die lewe en alles wat jy doen word bepaal deur ‘n positiewe of negatiewe houding.  Deur altyd positief te wees sal jou altyd verder bring in alles wat jy doen, aanpak of dink.

Gesondheidsake

Halitose – dit is die slegruikende asem waarvan baie mense kla.  Daar is baie oorsake wat dit kan veroorsaak, maar dit kan ook die simptoom wees van ander siektes.  Ek gaan hiermee ‘n kort oorsig gee van al die moontlike oorsake:

 

  1. In die mond –
  2. Kroniese tandvleis infeksies en ontsteking
  3. Gate in die tande of gebreekte tande
  4. Verstandtande wat beklem of vasgevang is en nie kan uitkom nie en onder die tandvleis lê. Kroniese ontsteking van die omliggende tandvleis kan ‘n oorsaak wees van slegte reuk en smaak in die mond.
  5. Tand absesse
  6. Mondsere/ulkusse
  7. Ontsteking in die keel, mondvloer of die tong
  8. Mangelontsteking
  9. Plaak op die tande en kosse wat lank tussen die tande vasgevang is. Swaar kalksteen op die tande wat aanleiding gee tot kroniese gingivitis en periodontitis (infeksie en inflammasie van die tandvleise)
  10. Kunsgebitte wat nie skoongemaak word nie
  11. Wonde, soos ‘n tand wat verwyder is en die tandholte nie behoorlik genees nie of infeksie ontwikkel
  12. Lugweë
  13. Kroniese ontsteking van die sinusse – sinusitis, verkoue of griep
  14. Infeksies van die sinusse, neusgange en agter in die keel
  15. Longinfeksies en -ontsteking
  16. Longabses
  17. Spysvertering en kosse/vloeistowwe ingeneem
  18. Slegte spysvertering
  19. Eet van sterk kruies soos knoffel, uie, kerries en betelneute
  20. Alkohol misbruik
  21. Strawwe rook
  22. Simptome van onderliggende siekte toestande
  23. Verkoue, griep, brongitis
  24. Longontsteking
  25. Longabses
  26. Sinusitis
  27. Akute leukemie
  28. Lewersiekte – ‘n visagtige soet reuk
  29. Niersiekte – ‘n urine-agtige reuk
  30. Diabetes – ‘n soet oorryp vrugtereuk soos van asetoon of appels

 

Soos julle kan sien is daar baie oorsake vir ‘n slegte asemreuk.  Om dit te ondersoek is dit nodig om eerstens ‘n tandarts te besoek sodat hy kan vasstel wat die moontlike oorsaak kan wees.  Indien dit ‘n mediese oorsaak is sal die tandarts jou verwys na ‘n mediese dokter vir verdere ondersoeke.  Dit is nie nodig om saam met ‘n slegte asem  te lewe nie, maar soms kom jy nie agter dat jou asem dalk ‘n slegte reuk het nie.  Hiermee kan jou goeie vriende of geliefdes op ‘n mooi manier vir jou daarop wys.  ‘n Mens raak mos gewoond aan jou eie reuke!

Indien jy ‘n slegte reuk of smaak in jou mond ontwikkel kan jy eerstens na jou eie mond kyk deur eers jou tande deeglik te floss om alle kosdeeltjies tussen jou tande te verwyder.  Borsel daarna jou tande en tong deeglik skoon en spoel jou mond deeglik uit.  Ja, julle het reg gehoor/gelees – jy moet ook jou tong skoon maak, want dit is ook ‘n bron van bakterieë en fungus wat ‘n slegte reuk en smaak kan veroorsaak.  Met ‘n omgekeerde teelepel kan jy die oppervlakte van jou tong skoonskraap.  ‘n Flou oplossing van ‘n teelepel sout in ‘n glas louwarm water is ‘n goedkoop en goeie mondspoelmiddel.

Tegnologie

Soos julle weet is daar verskeie spraakprogramme wat teks op die rekenaarskerm lees.  Daarvan is JAWS die mees bekendste.  Sedert einde 2013 het Magic ook ‘n spraakprogram bygevoeg tot die beeldmodifikasie van Magic – naamlik die Magic 12 program – wat beide die beeld op die skerm modifiseer en met spraak die teks lees.

Tans is daar nog ‘n spraakprogram beskikbaar, naamlik TalkButton.  Dit is ook ‘n spraakprogram wat teks terug lees en is spesifiek ontwikkel vir die Apple rekenaarprodukte.  Dit is geskik vir die Mac produkte en jy benodig  ‘n Mac adres.  Hein Wagner is besig om die nuwe spraakprogram vir ons te ondersoek.

Al bogenoemde spraakprogramme kos geld.  Sommige baie duurder as ander.  Vir julle wat nie weet nie – daar is ‘n gratis spraakprogram op die Internet beskikbaar wat gratis afgelaai kan word, naamlik NVDA.

 

  1. NVDA (Non Visual Desktop Access) is ‘n gratis spraakprogram wat die teks op die skerm lees en is aanpasbaar op die Windows program. Dit is toepasbaar op die meeste sagteware soos webwerwe, e pos, Internet en office programme soos Word en Excel.
  2. Dit kan direk op jou rekenaar afgelaai word of ook volledig vanaf ‘n USB stokkie of enige draagbare media funksioneer.
  3. Dit het sy eie ingeboude spraak sintiseerder vir Engels en meer as 43 ander tale.
  4. Dit voorsien inligting oor teks formaat soos die fontnaam, -groote, -tipe en spelfoute.
  5. Dit dui vir jou aan die posisie van die “cursor” op die skerm.
  6. Dit ondersteun en is aanpasbaar vir aanpasbare “braille displays”. *(tot onlangs was dit nie die geval nie)
  7. Maklik om te gebruik spraak installeerder.
  8. Toeganklik vir ”interfaces” soos Java Access Bridge.
  9. Dit benodig geen addisionele hardeware nie en benodig ongeveer 50 MB geheue spasie.
  10. NVDA is gekoppel aan eSpeak, ‘n gratis veeltalige spraaksintiseerder. Dit kan beide SAPI 4 en SAPI 5 spraak enjins gebruik.

 

Internet kommentaar oor NVDA:-

Kry meer inligting d.m.v. http://nvaccess.org.  en http://espeak.sf.net.

Baie kla dat eSpeak sintiseerder klink baie robotagtig, maar later vind baie dit mettertyd gemaklik om na te luister.

NVDA het wel sy beperking. Dit is nie so betroubaar en in algemene gebruik soos JAWS en Window-Eyes nie.

NVDA is gratis en gee jou die opsie om ‘n spraakprogram gratis te kan gebruik en te ondersoek.

 

Ten slotte

Mag julle al die komende vakansiedae van April terdeë geniet en ontspan. ‘n Mens moet ook kan ontspan en dit goed kan doen om sodoende jou beste te kan lewer wanneer jy dan weer werk. Mooi loop tot volgende keer en bly gesond!

Johan Pretorius

 

Ek, Leon Prins is bly en bevoorreg om die cd’s, bandjies en braille boeke aan  Tabby Pretorious,  Amanda Els en ander van ons mense elke dag te kan aflewer.  Dit is vir my net ‘n groot plesier.

 

WORCESTER BRAILLE CHESS NEWSLETTER – Floris Brown & Ray Aukett

We are busy with negotiations with Helderberg Chess Club in Somerset-West to play a friendly game against them in the near future. It has been decided that the Capablanca Chess Club will visit us every last Thursday of each month 2015. Our next friendly game will be on the 30th April 2015.

As the Worcester Braille Chess Club we are very proud of Raymond Aukett who had an interview on Radio RSG with Heidi Muller and Johan Rademan on 12 March 2015. He spoke on various aspects of Braille Chess. Haidi and Johan were very much fascinated about all this information. Ray also spoke about target shooting for the Blind in Worcester. Ray explained the “scatt system” that is used in target shooting for the Blind, to the listeners.

Our next tournament is the Lyndon Bouah Trophy Single Chess Championships over 5 rounds. Format of play is 60/60 which will take place in the Danie Luckhoff Hall on the 16th May 2015. This tournament is only between Bond and WP. We hope to have approximately 24 Braille Chess Players participating.

At present our Club Championships are divided into an A & B Section. We started in January 2015 and up till now has completed 5 rounds. All club members are very excited to end on top.

CHESS HINTS:

  1. Temporary Advantages: Vulnerable enemy piece; Superior coordination; Control of the center; Control of a line; Advantage in space; The initiative; Tactical Themes; E Tactical weaknesses
  2. Exposed king: Vulnerable back rank; Unguarded pieces and pawns; Pinned pieces and pawns; Pieces in a line; Pieces vulnerable to knight forks; Pieces with no retreat; Overworked defenders; Unstable defenders; Vulnerable vital guards.

 

Ons gaan elke maand ‘n storie plaas uit Johan Louw se pen – hier volg die eerste een!

Ek is 1981 in Upington gebore en ek het in Suidwes groot geword op die plaas. Ek het lekker op die plaas gebly en ek het ook by my oupa en ouma gekuier.  Ek het baie by my oupa en ouma geleer.

Ek is gebore met een oor en het by my oupa geleer praat.  My oupa het goed Namataal gepraat.  Ek het Namataal goed gepraat en eers later Afrikaans.  My familie het gedink ek sal nie kan praat nie, maar my oupa het geglo dat ek sal kan praat.  Ek praat nog Nama as die plaaswerkers bel.  Ek kon ook net met die een oog gesien het, maar my sig het later agteruit gegaan sodat ek nou heeltemal blind is.

Ek het Worcester toe gekom en hier skool gegaan.  Dit was baie swaar toe ek so ver moes kom om skool te gaan, maar ek het maats gemaak en lekker gespeel pousetye.  Ek sal nooit vergeet nie!  Toe ek hier kom, toe praat ek Namataal en verstaan hulle nie ‘n woord wat ek sê nie, maar ek het hulle geleer en hulle het my weer Afrikaans geleer…toe kan ek lekker gesels.  Ek het ook stories vertel.  Daar het ek lief geword om stories te vertel.   My maats wou ook net Nama leer.  Toe leer ek vir hulle en ons het mekaar baie geniet.   Sarel, wat saam met my werk, het ook Namataal geleer praat en hy was saam met my in die skool.

Ek het in die Sentrum skool gegaan in ‘n klas waar ek geleer het om met my hande te werk. Ek het wasgoedpennetjies gemaak.

My oupa en ouma het Montagu toe getrek en toe gaan kuier ek naweke vir hulle.  Ek het lekker speelplek gehad naweke.  In die winter kan die Wes-Kaap darem koud word.

Ek sal nooit vergeet hoe die Nama-mense ‘n manier het as hulle iets wil bak- hulle grawe ‘n gat in die grond omdat hulle nie ‘n oond kan bekostig nie.  My oupa het dit ook in Montagu gedoen.  Toe hy die dag die skaapkop in die gat bak kom dit nie gaar nie. Ek gaan net verduidelik dat as ‘n mens die gat warm maak moet jy vuur in die gat maak tot dit warm genoeg is en dan krap jy die as uit en sit die skaapkop in die gat vir so 3 ure en dan is dit gaar. Die dag was dit baie koud en die kop wil nie gaar word nie.  My pa het ‘n oond vir my oupa gekoop, maar hy sê die oond trek baie krag.  Die dag moes hy die oond gebruik.  Hy het nie ‘n keuse gehad nie en hy is kwaad.  Hy sê:  “Sit dit in die donnerse oond” – toe is dit die oond se naam.  Sondagaande gaan ek dan weer koshuis toe.

Einde 1991 het ek klaargemaak met skool.  My oupa en ouma trek toe ook weer terug Suidwes toe saam met my.  Daar was ons weer gelukkig en hiermee die einde van my eerste storie.

JOHAN LOUW

 

Naby Uur

(Jesus in die Tuin van Getsémané)

Uit: MOOI WEER IN MY KOFFIE

© Floris Brown

ABBA VADER as dit in U wil is

Neem hierdie galge beker van MY weg

Roekeloses bly heeldag aan die twis

EK wéét vir hul sondes staan EK tereg

MY siel is in rou tot die punt van dood

U Engel is hier om MY te versterk

Olyfberg Tuin van Getsémané nood

Sméék EK U GOD, drie keer onder Sy vlerk

Een uur nagwaak vir SY dissipels té veel

Petrus die twee seuns van Sebedéüs

Se gees is gewillig vlees swak in geheel

Bid teen versoeking met HEILIGE GEES

SÝ angsgebed maak HOM uitstaan in gloed

SỲ sweet verander in pêrels van bloed!

 

INSTITUUT GROETE TOT VOLGENDE KEER

Back to top

4 Aangename nuwe kennisse, kollegas, vriende …

(Nuusbrief, Pionierskool)

Ons verwelkom graag ons nuwe Afrikaans-onderwyseres met die warm stem,  dr Suna Verhoef.

 

Haar idee van volmaakte geluk is:

  • ‘n huisie op ‘n plaas in Worcester, met ‘n stoep.

Die groot liefdes in haar lewe is:

  • Musiek. Boeke. Natuur. Stap. Swem. Lojale en eerlike vriende. Skryf.

Die langpad roep haar na:

  • Tankwa-Karoo
  • Peru

Op haar bedkassie lê die volgende boeke:

  • The god of small things (Arundhati Roy)
  • Klimtol (Etienne van Heerden)
  • en kortverhale van Abraham de Vries

Lewensveranderende oomblikke was onder andere:

  • Die geboorte van haar seun en dogter, Jan-Meyer en Sunet
  • 10 dae in Ierland
  • haar werk in ‘n nagskuiling en later in ‘n kinderhuis
  • haar ouers se liefde

 

Dit gee haar hoop dat daar gemeenskappe en besighede is wat uitreik en betrokke raak by die onderwys, omdat hulle uiteindelik besef dat opvoeding nie in isolasie deur slegs ‘n handjievol onderwysers gedoen kan word nie.

 

“The real index of civilization is when people are kinder than they need to be.”

Louis de Berniéres, Britse skrywer (b. 1954)

 

‘n Hartlike welkomsgroet aan mevrou Celia Jordaan, ons nuwe Engels-onderwyseres.

 

Wat haar beker van geluk laat oorloop, is:

  • Vrede in die huis – soet kinders wat nie baklei nie, en ‘n vriendelike en tevrede man.
  • ‘n Lekker bord kos en vriende om dit mee te deel, dalk nog iewers in die natuur …

Haar groot liefdes:

  • Haar man en twee pragtige dogters. Bolandkos. Padstalle. Kuns. Lees. Sing. Gedigte. Klavierspeel. Bid. Lekker rus.
  • Haar vriende is kosbaar, het altyd tyd, of máák tyd, en kuiers saam met hulle is sielevoedsel.

Die verste rit wat sy sou wou onderneem:

  • Laingsburg, of dalk ‘n plasie in die berge van die Moordenaarskaroo…

Wat op haar bedkassie lê, is:

  • die Bybel, Victory-tydskrif en tydskrifte soos Idees, Leef of Tuis.
  • En ‘n bietjie meer aards: Annique se pryslys en Placecol se specials!

 

Toegewyde onderwysers wat bereid is om die ekstra myl te loop, tesame met goedgemanierde, bedagsame en oplettende leerders is die dinge wat haar hoop gee vir die toekoms van die onderwys in hierdie land.

 

Words are things; and a small drop of ink

Falling like dew upon a thought, produces

That which makes thousands,

perhaps millions, think.

– Lord Byron, digter (1788-1824)

 

‘n Gewaardeerde nuwe kollega by ALSO is Michelle Horak, en ons heet haar hiermee hartlik welkom.

 

As sy vandag nog die langpad kan vat:

  • Langebaan, want daar is vir haar niks saliger as die reuk van Langebaan se see nie – haar vakansieplek.

Haar groot liefdes:

  • Familie en lojale en betroubare vriende saam met wie sy kosbare tye kan deurbring
  • Sy is ‘n regte koffiepot, en dink koffie is darem die heel beste raad vir ‘n knorpot, natuurlik saam met ‘n goeie boek.
  • Sy is ‘n winterbaba, en is baie lief vir die reën.

Sy blom elke dag, want:

  • Elke mens met wie sy in kontak kom, verryk haar lewe.

Op haar bedkassie lê op die oomblik:

  • A people saturated with God deur Angus Buchan
  • Sy is ook mal oor Jodi Piccault se boeke.

 

Toegewyde onderwysers het háár geïnspireer om ‘n verskil te maak, en ook gemotiveer om die vlammetjie van hoop aan te gee aan ‘n nuwe geslag.

 

“Just as despair can come to one another only from other human beings, HOPE, too, can be given to one only by other human beings.”

Elie Wiesel, oorlewende van die Nazi-konsentrasiekampe in die Tweede Wêreldoorlog

Back to top

5 Die storm na die la-a-ng stilte …

(Nuusbrief, Pionierskool)

Omdat die debatsvereniging ‘n jaar of wat gelede ‘n stille dood gesterf het, het juffrou Van Wyk gemeen dat daar weer lewe in hierdie vereniging geblaas moet word.  Met die hulp van mevrou Jordaan, en onder voorsitterskap van Tomley van Vuuren, is daar toe ‘n baie goeie spannetjie op die been gebring.

Die bal was amptelik aan die rol toe die voorstanders (Sarel en Lise-Mari) en die teenstanders (Tomley en Nazain) mekaar op 5 Februarie aangevat het.

Die onderwerp?  Facebook het meer voordele as nadele.

Albei spanne het uitstekende navorsing gedoen en kon interessante en akkurate feite gebruik om hul standpunte te staaf.  Daarby het die regte stemtoon of vuis in die lug darem net soveel oortuigingskrag!

Daar is behóórlik met die tonge vuur gespoeg en bloed gesweet. Die gehoor was tydens hierdie woorde-oorlog die hele tyd omtrent op die punte van hul stoele.  Toe die onderwerp eindelik oopgestel is vir bespreking, was daar flinke deelname vanuit hulle geledere.  Selfs mevrou Jordaan se dogter, Elsje, het lekker haar sê gesê.

Die uitslag was uiteindelik nie belangrik nie, want albei spanne het mekaar lelik laat les opsê en sommer ‘n baie hoë standaard van debattering gestel.  Die spanlede was nie net goeie sprekers nie, maar uitmuntende luisteraars – die éintlike toets vir ‘n goeie debatteerder.

Die heel eerste byeenkoms van ons nuut gebore debatsvereniging was ‘n reuse-sukses, en ons sien uit na meer sulke geleenthede.

Tomley van Vuuren

Back to top

6 Goalball

(Nuusbrief, Pionierskool)

The South African National Schools Championships were held in Pretoria from 9 to 16 December 2014.

All nine provinces were represented at the championships.  Seven of the nine provinces entered goalball teams. The goalball team was included in Team Western Cape, which consisted of 1 200 able-bodied as well as disabled participants in the various sports. Goalball was only one of the 18 sports codes that took part in the games.

The boys’ team was a combination of three players from Athlone School and three from Pioneer School.  Pioneer School was represented by Dimitri Sakati, Ricardo Gatyana and Tomley van Vuuren.  Six games were played. The Western Cape boys won their first and sixth games. The fifth game against Eastern Cape was a real cliffhanger. Western Cape was 5-1 down, but fought back to 5-5 and then went on to lead 7-5.  After the longest 10 minutes during the second half, Eastern Cape took the game 9-7.  The Western Cape Boys’ goalball team took fifth place in the competition.  Team Western Cape came in fifth overall.

In spite of the fact that Pioneer School and Athlone School had not practised together as a team, and the fact that the court was not according to specifications, all the players gave of their very best.  Valuable experience was gained by all, players and officials alike!

My gratitude goes to Ms Jean-Maré van der Merwe, for her positive attitude and willingness to assist, as well as her overall encouragement.

Franco Smit, a grade 10 learner, also took part in the championships.  He was a member of the able-bodied swimming team of the Western Cape, and won gold in the 50 m free style for boys 14-16 years old.

Well done, Franco!

J Neethling

Back to top

7 Interact Club visits Settlers High School

(Nuusbrief, Pionierskool)

It was an early departure for the 13 Interact members, Ms Neethling and Mr Byleveldt (who drove the bus) to Cape Town on Monday 23 February 2015.  On our arrival at The Settlers High School our learners were partnered with Settlers learners and attended classes with them for the rest of the day.

At the end of the academic day we all met in Ms Leizl Engelbrecht’s class for their Society Hour.  A large number of their Interact Club members attended the meeting.  Glasses simulating retinitis pigmentosa were handed to the Settlers learners and they were asked to take a walk out of the class and up a nearby staircase to gain an insight into the challenges experienced by people with a visual impairment.

Anele Dalasi and Richie Malonga gave a demonstration with their canes and Sarel van der Westhuizen gave a short demonstration on the use of an Apex.  There was a challenge to see who could write a sentence the fastest, our braille learners or the Settlers learners, with Anele Dalasi winning on his Apex in four seconds flat!

We departed at 15:40 a whole lot heavier than we arrived due to the excellent catering of the Settlers Interact Club, arriving back just before 17:00.

 

Kommentaar:

Ricardo Gatyana:  Die positiewe gesindheid van almal en die mooi “girls” het ‘n indruk op hom gelaat.

Tomley van Vuuren:  “Die periodes was baie lank.”

Richie Malonga en Jolene Kriel:  “Ons moes saam met ons gids eerste pouse detensie sit!”

Nazuin van den Heever:  “Baie anders as ons klein opset.”

Jolene Kriel:  “Dit was awesome.  Hulle leer so vinnig!”

 

Anele Dalasi en Sarel van der Westhuizen het saam met gr. 11-leerders beweeg.  Hulle was saam na die Verbruikerstudie­klas net nadat die gr. 12’s prakties gedoen het.  Sarel en Anele is toe sitgemaak en ‘n bord kos is voor hulle neergesit …  Die kos wat tydens lesse voorberei word, word verkoop om fondse in te samel vir die aankoop van ‘n lugreëlaar vir die VBS-klas.  Ongelukkig het Sarel en Anele die dag se wins opgeëet!

Back to top

8 Robyn Waters se ster skitter helder by RMB Starlight Classics

(Nuusbrief, Pionierskool)

‘n Unieke geleentheid het een van Pionierskool se talentvolle leerders, Robyn Waters, te beurt geval. Sy kon op 27 en 28 Februarie deelneem aan ‘n verskeidenheidskonsert, die RMB Starlight Classics konsert op Vergelegen-landgoed in Somerset-Wes.

Robyn het tydens ‘n week vol “eerstes” kennis gemaak met talle groot name in die musiekwêreld: onder andere die fluitvirtuoos sir James Galway van Noord-Ierland, die soprane Gloria Bosman en Maudee Montierre, die tenoor Jacques le Roux, en die sangeres Nianell.  Die befaamde Richard Cock het opgetree as dirigent van die Kaapse Filharmoniese Orkes en die koor van Kaapstad Opera.

Sy moes reeds op die 23ste Februarie by die Kunstekaap wees vir haar eerste repetisie saam met die Kaapse Filharmoniese Orkes, en Donderdag het die volle kleedrepetisie plaasgevind, voor die twee vertonings die Vrydag- en Saterdagaand.

Die hele week was dit egter ‘n geval van laat aande, en maar weer vroeg-vroeg op die volgende oggend – nogal uitputtend as ‘n mens net aan die skoolbanke gewoond is!

Die musikante en sangers saam met wie sy opgetree het, is werklik ‘n fantastiese groep mense, en het haar soos een van hulle laat voel. ‘n Hoogtepunt was vir haar die duet wat sy saam met Nianell gesing het: Kinders van die wind.

Sy het ook On my own uit Les Misrables gesing en is begelei deur die Kaapse Filharmoniese Orkes – ‘n onvergeetlike belewenis vir ons eie klein individualis met die sterk stem.

RMB en Edit Micro Systems het gesamentlik ‘n splinternuwe Apex-braillemasjien aan Robyn geskenk.

Back to top

9 STOP MISBRUIK

(Nuusbrief, Pionierskool)

Gedurende 27 tot 29 Januarie 2015 was die leerders van Huise Rabie, Besselaar en Schoeman  respektiewelik bevoorreg om  die teenwoordigheid van Advokaat Cindy Abdol te geniet.  Sy het drie middae van haar besige skedule by die hof afgestaan om die leerders op ’n baie verstaanbare en onderhoudende wyse in te lig oor die wetgewing rondom  seksuele misbruike. Die sessie is ook goed bygewoon deur toesighouers, huishoudingstoesighouers en superintendente. Die belangrikste inligting waarvan kennis geneem is, is die volgende:

 

  • Seksuele aktiwiteite tussen leerders wat jonger as 16 jaar oud is, word as teen die wet beskou en sal gevolglik ondersoek word.
  • Klagtes teen ’n leerder ouer as 16 jaar word as verkragting beskou en sal vervolg word. ’n Misdaadrekord sal teen so ’n skuldige leerder ingebring word.
  • Die gevaar van pornografie, ook op selfone, is baie beklemtoon en leerders is gemaan dat hulle hul aan vervolging kan skuldig maak.
  • ALLE voorvalle van seksuele aard moet egter so gou as moontlik by die polisie aangemeld word. Die taak berus by hulle om ’n ondersoek te doen en die reg sy loop te laat neem.
  • Ter wille van kontinuïteit is daar versoek dat, indien ’n voorval by die skool gebeur, die skoolhoof en die sielkundige ingelig word om sodanige aanmelding te hanteer.
  • In gevalle van verkragting moet die leerder, sonder om eers te stort of bad, na Thuthuzela sentrum geneem word, waarvandaan die saak verder hanteer sal word. Dit bly egter die  persoon wat eerste bekend word met die omstandighede se verantwoordelikheid om die saak by die polisie aan te meld.  Stilswye kan ook as ’n misdaad beskou word!

Ouers is welkom om die skool te kontak vir enige besonderhede of navrae.

Back to top

10 Valentynsdagvieringe 13 Februarie

(Nuusbrief, Pionierskool)

Vrydag die dertiende is simbolies van ongeluk en die noodlot, en 14 Februarie is weer die dag wat simbolies is van liefde en geluk. Die Valentynsdagvieringe in Pionierskool se saal op Vrydag 13 Februarie was darem heel voorspoedig en vrolik.

Me Bush, in ‘n treffende rooi rok, en mnr Fick, in ‘n wit en rooi geruite hemp,  het baie moeite gedoen met die verrigtinge en ‘n bekende televisiereeks, Friends like these, as formaat gebruik vir die saalbyeenkoms.

Leerders het twee-twee deelgeneem aan ‘n kompetisie waar hulle vrae oor hulle vriend/vriendin gevra is. Die element van kompetisie het opgewondenheid en afwagting by die gehoor en deelnemers geskep. Elke korrekte antwoord was ‘n punt vir die twee vriende. Sekere raaiskote het vir die gehoor baie vermaak verskaf.

Dewald Eygelaar was in beheer van die musiek en sy keuses was so gewild dat leerders spontaan opgespring en gedans het.

Die kompetisie het twee kategorieë gehad. In die kategorie wat gefokus het  op deelnemers se voorkoms en of hulle “eenders” of “kreatief” aangetrek was, is Franco Smit en Christian Syfert as wenners aangewys. John Salie en Precious Cakwebe was tweede en Roshaan en Cloe was derde.

In die kategorie wat gefokus het op hoe goed deelnemers mekaar ken, was die wenners:

Eerste:  Roshaan en Cloe

Tweede: Robyn en Ying-Shan

Derde: Tomley en Nazain

Baie dankie aan die onderwysers wat die dag gereël het, en aan die leerders wat met soveel entoesiasme deelgeneem het.

Back to top

11 Waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg

(Nuusbrief, Pionierskool)

Sisipho Khubukeli, ons toppresteerder van 2015, is deur die WKOD vereer vir die uitslae wat sy in die matriekeksamen behaal het ten spyte van haar siggestremdheid:  “against all odds”.

Sy het ‘n skootrekenaar en prysgeld van R6 000 ontvang, nadat sy twee A-, twee B- en twee C-simbole behaal het.  Tydens die oorhandiging van die pryse is sy deur die premier van die Wes-Kaap, Helen Zille, omhels.  Baie opgewonde het Sisipho ná die prysuitdeling gesê:

“Kan jy glo ek het ‘n drukkie van die premier gekry?!  Al wat ek van daardie oomblikke kan onthou, is hoe hard al die mense vir my hande geklap het.”

Sisipho studeer tans BA (Taal en Kultuur) aan die Universiteit van Stellenbosch, en gaan tuis in Huis Monica.  Sy wil graag eendag ‘n tolk word;  haar doelwit vir 2015 is egter om haar skaamheid te oorwin en vriende te maak wat nie blind is nie.

“Ek dink eenvoudig baie mense is bang om met my te praat, want hulle weet nie hoe om dit te hanteer dat ek blind is nie,” het sy gesê.

Vir enigiemand is dit ‘n baie groot uitdaging om by die universiteitslewe aan te pas, hoeveel te meer darem nie vir iemand met ‘n siggestremdheid nie?

Te danke aan jarelange O&M-opleiding is dit nou vir Sisipho moontlik om met ‘n groot mate van onafhanklikheid op die kampus rond te beweeg, net soos enige ander student.

Mevrou Riëtte Malherbe het besonder baie moeite gedoen om gedurende daardie moeilike eerste twee weke uit te reik na Sisipho, nie alleen om haar te oriënteer en te help met mobiliteit in die koshuis en op die kampus nie, maar ook om praktiese bystand te verleen, soos byvoorbeeld om te sorg dat sy haar eie bankrekening kry.  Sy verleen steeds emosionele ondersteuning op ‘n daaglikse basis en maak op dié manier seker die aanpassingstydperk verloop vir Sisipho so kommervry as moontlik.

Danksy ‘n geslaagde beursaansoek wat 100% van haar studiekoste sal dek, kan Sisipho selfs sonder finansiële kwellinge nou haar universiteitsloopbaan aanpak.

Ons wens hierdie oudleerder alles van die beste toe.  Sy, soos Hein Wagner, is vir ons ‘n inspirasie om nie toe te laat dat enigiets in die pad staan van die verwesenliking van jou drome nie.

Back to top

12 Infokus Maart 2015

“Sy vingers op my lippe”

Hy plaas sy vingers op my lippe en op my stembande terwyl ek met hom praat. Vir die oningeligte persoon mag dit baie vreemd lyk. Vir David Geyer en vir ons wat gereeld met hom kommunikeer, is dit egter normaal, want – David is doofblind! Om die waarheid te sê, David is een van slegs 50 doofblinde persone in die wêreld wat die TADOMA metode van kommunikasie bemeester het. Met sy vingers neem hy die beweging van jou lippe en die trillings in jou stembande waar en reageer dan daarop. David is reeds vanaf 12-jarige ouder­dom by die Pionierskool en die Instituut betrokke. Hier het hy as jong seun aan die voete van sy Gamaliël, mev Katie van Rensburg, gesit en het sy hom geduldig en met groot empatie geleer om met die buite wêreld te kommunikeer. Sodanig dat hy later die Instituut en ander doofblindes by konferensies in verskillende lande verteenwoordig het. David het vir baie jare in die metaalwerkafdeling van die Instituut agter ‘n draaibank gestaan en met groot vaardigheid metaalprodukte vervaardig. Vandag is hy ‘n staatmaker in die rottangafdeling. Vir David was daar ‘n juffrou Katie wat oor sy pad gekom het en daar was ‘n Instituut vir Blindes wat hom gehelp het om onafhanklik te funksioneer en sy plek in die lewe vol te staan. Vandag is David ‘n kranige skaakspeler en seker die enigste volslae doofblinde in Suid-Afrika wat gholf speel!!!  Nie almal is so bevoorreg nie!!

Voor my op die skerm is daar ‘n epos van iemand in Gauteng wat skryf: “Wie kan ek kontak oor my broer wat op 50 skielik blind geword het? Ons is aan die diep kant ingegooi en weet nie wat om te doen nie!! Help ons asseblief!!”  By die Instituut probeer ons ons uiterste bes, maar kan net eenvoudig nie almal se nood aanspreek nie. Tog gaan ons voort om blindes van oraloor te bemagtig en toe te rus met vaardighede om onafhanklik en met selfvertroue in ‘n vyandige wêreld te funksioneer. Daarom is dit so hartseer dat daar nie genoeg­same waardering by die Staat is vir die wonderlike werk wat ons en soortgelyke instansies doen nie en moes ons onlangs oneindig sukkel om uiteindelik ‘n gedeelte van die subsidies te ontvang waarop ons geregtig is. Dit maak eenvoudig nie sin nie!!

Tog is ons positief en wil ons steeds hoop saai in die lewens van hulle wat na ons toe uitreik om hulp. Daarom het ons hierdie jaar die woorde van Jeremia 29:11 vir ons as belofte geneem waar die Here sê: “Ek wil vir julle ‘n hoopvolle toekoms gee!” Dankie vir elkeen van u wat ons ondersteun sodat die verhaal van David nie uniek is nie, maar daagliks herhaal word in die lewens van talle siggestremdes vir wie ons ‘n baken van HOOP  kan wees.

Vriendelike groete

Freddie Botha

Uitvoerende Hoof: Instituut vir Blindes

 

Ambassadeurs

Algemene Jaarvergadering 2014

Die Instituut se Algemene Jaarvergadering was weer ‘n onvergeetlike geleentheid!  Die tema van die 2014 jaar­vergadering is geïnspireer deur Ray Aukett (ons siggestremde skakelbordoperateur, toergids en Worcester Toerisme-ambassadeur) se heel eerste skildery – “die son skyn deur die Instituut”!  Freddie Botha het die letters “Institute” gebruik om met trots en dankbaarheid die mylpale wat bereik is oor die afgelope jaar, danksy die meelewende ondersteuning van wonderlike vriende en vennote soos u, uit te beeld.   Andries Conradie en André Steyn, wat reeds 13 jaar op die Instituut se Beheerraad dien, en Metcalf Fick (12 jaar), is in besonder bedank vir hul waardevolle insette en tyd in diens van die siggestremde gemeenskap!

Hein Wagner – “Brand Ambassador”

Ons is baie trots om vir Hein Wagner terug te verwelkom in ons familiekring!  Hein, bekende avonturier, motiveringsspreker en gewese Pionierskool vir Siggestremdes leerling, gaan vir die volgende 2 jaar die gesig van die Instituut vir Blindes wees in sy hoedanigheid as “Brand Ambassador”.  Hein se doel voor oë is om tydens sy aanstelling die Instituut en sy allesomvattende gespesialiseerde dienste te bemark en ‘n ondersteunende vennootskap met die besigheidsektor, plaaslik sowel as in die buiteland, te help vestig.  Welkom tuis Hein!

Kunsgalery

Ons is so dankbaar vir deernisvolle, kunstige vriende!  Ryno Eksteen, welbekende kunstenaar van Kaapstad, het vroeg in die nuwe jaar begin om sy liefde vir kuns met ons inwoners te deel.  Ryno se deernis en passie is tasbaar tydens sy interaksie met ons swaksiende kunstenaars en dit beteken vir ons inwoners baie om hul hartsgevoelens op doek te kan vaslê!  Ons is ook baie dankbaar teenoor dr Emile Manefeldt, bekende Beeldhouer en Kunstenaar van Worcester, wat vir ons kundige raad en begeleiding verleen rondom die ontwikkeling van ons Kunsgalery projek waar tasbare kunswerke asook kunswerke deur ons eie siggestremde inwoners uitgestal en verkoop gaan word!  Dankie Ryno en dr Manefeldt vir jul opregte omgee en kosbare tyd!

 

“Om onbaatsugtig te gee, weergee jou ware rykdom.” – John Huntsman

 

Vriende

Gert Barnard en Lucrecia Strydom

Gert en Lucrecia is jarelange vriende van die Instituut en ons is oneindig dankbaar vir hul onbaatsugtige ondersteuning en omgee oor die jare.  Ons jaarlikse uitnodigings om te kuier op hul plaas in Rietbron vir ‘n jagtog is een van vele sulke omgee geleenthede.  Gert en Lucrecia het onlangs ook ‘n finansiële bydrae gemaak ten bate van ons Musiekontwikkelingsfonds, en nie lank daarna nie ook ‘n skenking gemaak wat die aankoop van die mooiste werksuniforms vir ons Weefafdeling se werknemers laat realiseer het!

Baie dankie NG Kerk Merweville Vrouediens

Die afgelope paar jaar het die NG Kerk Merweville Vrouediens die “Boksies vir Blindes” projek aangepak, waar hulle geskenke opmaak vir ons siggestremde inwoners wat Kersfees geen heenkome het nie. Aan die voorpunt van hierdie projek staan me Marion Spence wat elke jaar al die voorraad mooi verpak en toedraai en dan, saam met haar man Donald, Worcester toe ry met ‘n volgepakte bakkie om die geskenke te kom afgee!  Groot was ons blydskap toe Marion en Donald voor ons deur staan met meer as 70 geskenkies!  Baie dankie aan die NG Kerk Merweville gemeente – wees verseker dat hierdie geskenkies vreugde in baie siggestremdes se harte oor Kersfees gebring het!

“Brei draaitjies vir maaitjies” projek

Ons is vreeslik dankbaar teenoor die volgende tehuise wat ons behulpsaam was met die aankoop van wol en die brei en skenking van gebreide blokkies vir ons “Brei draaitjies vir Maaitjies” projek:  ACVV Huis Disa Tulbagh, Edelweiss Versorgingsoord Bellville, ACVV Huis Soeterus Strand, Chrismar Villas Bellville, Jabulani Aftreeoord Tygerdal, Tygerberg Dienssentrum! En baie dankie Mariana en Ria van ons winkel “The Wool Spot” dat jul met ‘n groot glimlag vir ons die pragtige blokkies aanmekaar hekel tot kleurvolle knie-kombersies!!!

 

“’n Blinde se vernaamste agterstand is nie blindheid nie, maar ‘n siende se houding teenoor hulle.” – Helen Keller

 

Vennote

Old Mutual “Care & Share” projek

Die Instituut vir Blindes was bevoorreg om gekies te word as begunstigdes deur die plaaslike Old Mutual tak vir hul jaarlikse “Care & Share” projek.  12 vrywilligers van Old Mutual, o.l.v. Mabet Steyn, en die 24 siggestremde studente van die Afdeling vir Loopbaanontwikkeling het deelgeneem. Na ‘n oggend van rondloop deur die winkelsentrum en ‘inkopies’ doen, het die groep ontmoet vir middagete. Die studente het elkeen ‘n geskenkpakkie ontvang met ‘n handdoek waarop hul name geborduur is sodat hulle dit kan voel. Dit was so ‘n groot verrassing vir hulle. Baie dankie vir hierdie heerlike bederf-dag, Old Mutual – ons waardeer julle warm harte!

Sake-Sektor

Ons is baie bevoorreg om 2015 in te stap met groot name in die sake sektor aan ons sy!  KWV, ABSA, Sanlam Private Health en SA Bierfest (Andre Douglas) neem ons hande met strategiese beplannings om ons te ondersteun, begelei en adviseer in ons missie om ons projekte en fondswerwings­initiatiewe meer lewensvatbaar te maak!  Ons is oneindig dankbaar vir spontane vriendskapsbande wat ontwikkel met die sake sektor!

Nederlandse Vriende

Ons is dankbaar vir die Rotterdamse Stichting Blindenbelangen vir hul meelewende skenking van 40,000 EURO!! Hierdie baie welkome skenking sal aangewend word om ons beplande Moderne Tegnologiese Opleidingslokaal op die been te bring, wat dan ook as ‘n verlening van ons Afdeling vir Loopbaanontwikkeling sal dien.  Ons is ook baie dankbaar vir Rene en Sandra de Vries, stigterslede van die “Blindenstichting voor Zuid-Afrika” wat vir ons ondersteun met befondsing en bemarkingsinitiatiewe.  Woorde is min om ons dankbaarheid teenoor ons Nederlandse vriende weer te gee!

Die Raad vir Geowetenskap

Die Raad vir Geowetenskap, ‘n organisasie wat hul beywer om die wetenskap van die aarde se inligting en dienste te bevorder, was aanvanklik betrokke by die uitleg en oprig van die Instituut se Inligtingsentrum se geologiese uitstalling en tasbare Fossielroete amper 3 jaar gelede.  Hul wil egter verder betrokke raak deur die uitstallings uit te brei en meer interessant te maak sodat ons meer skoolgroepe en besoekers na die Inligtingsentrum kan lok.  Ons is baie dankbaar vir hierdie meelewende gebaar!

 

“Strewe eerder daarna om van waarde te wees, eerder as ‘n sukses” – Albert Einstein

 

Toekennings

Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit Toerisme Toekennings

Verteenwoordigers van die Kaapse Wynland Distriks­munisipaliteit het die Instituut vir Blindes besoek as deel van hulle jaarlikse Toerisme toekennings projek.  Ons is baie trots op Joseph Matheau, die wêreld se eerste blinde barista, en Ray Aukett, die Instituut se skakelbordoperateur, Toergids en Worcester Toerisme Ambassadeur, wat genomineer is vir hierdie gesogte Toerisme toekenning!  Die foto is geneem by die Blindiana Barista Museum en Koffiewinkel, waar Joseph tans werksaam is.

Suid-Afrikaanse Gestremde Gholfvereniging (SADGA)

Vyf geesdriftige siggestremde gholfliefhebbers is baie bevoorreg om gholflesse by die baie bekwame gholfspeler Kulk Marthinus, ‘n verteenwoordiger van die Suid-Afrikaanse Gestremde Gholfvereniging, te ontvang.  Tydens ‘n spoggerige toekenningsplegtigheid is hulle vereer vir hulle vordering die afgelope jaar deur elk ‘n meriete sertifikaat te ontvang!  Baie dankie ook aan Sharon Goosen en Johan Pretorius en Carmelitha Jordaan van die Instituut vir die begeleiding van hierdie gholfspelers, tydens Kulk se gholflesse.  Die bevoorregte gholfspelers is David Geyer (doofblind), Jerome Matthyse, Frikkie Botha, Marcelino Philander en Gerald Visser.

Afdeling Loopbaanontwikkeling Presteerders

Ons Blind Spot Teatertjie het gewemel van opgewondenheid toe elk van die Afdeling vir Loopbaanontwikkeling se 24 siggestremde studente vereer is met toekennings tydens die afdeling se jaarlikse diplomaplegtigheid.  Die afdeling voorsien verskeie sertifikate in ‘n 6-maande voorafbepaalde kursus met ‘n verskeidenheid vakkombinasies vir die student om volgens voorkeur van te kies.  ALO bied opleiding aan enige siggestremde persoon ongeag ouderdom, geslag of ras om sy volle potensiaal te bereik en sodoende as ‘n volwaardige lid van die samelewing te kan funksioneer.  Baie geluk en baie sterkte op jul pad vorentoe in die ope arbeidsmark!

 

“’n Vriendelike gebaar kan ‘n wond bereik wat net barmhartigheid kan genees.” – Steve Marabolé

 

Gesellighede

Fees met ‘n Visie

As deel van Oogsorgbewustheidsmaand in Oktober is ‘n gedeelte van Kerkstraat, Worcester, voor die Instituut vir Blindes, gesluit om fees te vier en te kuier in ‘n ontspanne en gesellige atmosfeer! Hierdie heerlike fees is ‘n geleentheid vir siggestremde persone sowel as die gemeenskap om saam te span deur stalletjies te beman en gesellig saam te kuier terwyl daar musiek gemaak, heerlik gebraai en tussendeur gesnuffel word tussen al die snuisterye en handwerke!  Ons droom is om in die nabye toekoms van hierdie gesellige saamkuier geleentheid ‘n maandelikse instelling te maak!

“Out of Office Day”

Hierdie baie suksesvolle jaarlikse fondsinsamelingsprojek loop saam met Sekretaressedag en is ‘n gulde geleentheid om jou administratiewe personeel bietjie te bederf!  Tiaan Langenegger (Kokkedoor) het ‘n heerlike driegangmaaltyd gedemonstreer, waarna elke gang aan die gaste voorgesit is.  Jak de Priester en sy begeleier Altus Muller op klawerbord, het tussendeur die hartsnare geroer met staaltjies en sy immergewilde liedjies!  Die 220 gaste is ook bederf deur ‘n geskenkie, spesiaal handgemaak deur ons siggestremde inwoners!  Hierdie is ‘n spog geleentheid wat nie gemis mag word nie – bespreek sommer nou reeds vir 2 September 2015!

Besoekers

Ons ontvang jaarliks oor die 3,000 besoekers en dit is vir ons heerlik om ons kuiergaste bekend te stel aan die voortreflike dienste, afdelings en aktiwiteite wat hier by die Instituut aan siggestremdes gebied word.  Bybelgenootskap was een van die vele besoekersgroepe wat vir ons kom kuier het en het die terapeutiese dromsessie saam met ons siggestremdes vreeslik baie geniet!  Ons ontvang selfs internasionale besoekers, soos byvoorbeeld die onlangse besoek van studente van die St Olaf College in Minnesota, Amerika! Die studente het dit baie geniet om te sien hoe vervaardig siggestremde Dalithando Mfengu ‘n weefmat in ons weefafdeling.  Kontak gerus vir Ledivia Hamman 023 347 2745, indien u graag vir ons wil kom kuier!

 

“Om meer vir die wêreld te doen as wat die wêreld vir jou doen;  dit is sukses.” – Henry Ford

 

Pionierskool en Pionierdrukkery

Die 6de SA Braille Algemene Vergadering (SABA)

Die jaarlikse SABA vergadering, waar alle braille verwante sake bespreek word, is op 2 en 3 Oktober 2014 op Worcester aangebied.  Pionierdrukkery tesame met die Pionierskool en Instituut vir Blindes was gasheer van hierdie vergadering wat deur 40 afgevaardigdes van regoor Suid-Afrika bygewoon is.   Die afgevaardigdes, onder andere die president van SABA, Simon Netshituni, en Susan Bam van Blind SA, was vol lof en waardering teenoor die verloop van die vergadering en die uitstekende gepaardgaande reëlings!

Nasionale Loteryraad (“NLDTF”)

Pionierdrukkery het in 2012 by die Nasionale Loteryraad aansoek gedoen vir die inbou van ‘n hidroliese hysbak spesifiek vir gebruik deur twee werknemers by Pionierdrukkery wat rolstoelgebruikers is, Liezl Crafford en Jannie Pekeur. Laat in 2014 is die Lotto-befondsing vir die hysbak goedgekeur en uitbetaal en die hidroliese hysbak is tydens Februarie 2015 in gebruik geneem! Ons is baie dankbaar teenoor die “National Lottery Distribution Trust Fund” vir hierdie reuse skenking wat ons droom van ‘n hysbak vir ons rolstoelgebruikers ‘n realiteit gemaak het!

Pionierskool leerling, Sisipho Khubukeli, vereer

Sisipho het in 2014 haar Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen met twee onderskeidings geslaag en is deur die Wes-Kaapse Onderwysdepartment vereer vir die uitstekende uitslae wat sy behaal het, ten spyte van haar blindheid.  Sisipho is blind gebore en reeds vanaf 8-jarige ouderdom ‘n leerling by die Pionierskool vir Siggestremdes, en met behulp van braille literatuur en ‘n rekenaarspraak-program het Sisipho haar eksamens met sukses geslaag!  Sy is hierdie jaar by die Universiteit Stellenbosch ingeskryf en volg ‘n BA (Taal en Kultuur) kursus – haar droom is om eendag ‘n tolk te word!  Baie geluk Sisipho – ons is baie trots op jou!

Petals Express

Ewan Swart, die eienaar van Petals Express, het vanjaar onderneem om literatuur (braille, grootskrif en oudio-cd’s) aan siggestremde individue, skole vir siggestremdes en organisasies vir siggestremdes tot en met 10kg, gratis in SA af te lewer.  Baie dankie, Petals Express, vir hierdie onbaatsugtige gebaar van omgee.

 

“Mag ons saam ons kinders wortels gee om te groei en vlerke gee om te vlieg”

 

Kennisgewingbord

Kersspel 2014

Gholfdag 8 Mei 2015

“Out of Office” sekretaressedag 2 September 2015

“Doep is nie dood nie” met Jannie du Toit – fondsinsameling op 21 April 2015 te blind spot teater

Die Instituut verjaar op 15 Junie 2015 – ons is vanjaar 134 jaar jonk!

Pioneer Rally 2015 vind op 14 November plaas

Back to top

13 Almal wag op Apple Watch

Willem Kempen

(Die Burger, 11 Maart 2015)

Apple Inc. is een van die merkwaardigste ondernemings van ons tyd. Selfs diegene wat graag aangaan oor hoe die een of daardie een kwansuis dit en dat beter as Apple doen, kan nie met die syfers stry nie: In Februarie het hy die eerste maatskappy geword met ’n markkapitalisasie van meer as $700 miljard – dis byna R8,5 biljoen, as jy die moeite wil doen om in rand daaroor te dink.

Maar in die dolle gejaag na nuwe produkte in die tegnologie­wêreld kan selfs dié goue appeltjie gou ’n donker wurmpie in kry. Net één produk wat nie goed genoeg is nie, nie die regte prys het nie of die mark op die verkeerde tyd tref en jy het moeilikheid.

Daarom is die bekendmaking vandeesweek van nader besonderhede oor die Apple Watch so belangrik. Dit is Apple se eerste totaal nuwe produkreeks sedert die eerste iPad in 2010 die lig gesien het.

Die Apple Watch moet feitlik perfek wees. Peilings voor die aankondiging vandeesweek dui daarop dat verbruikers ‘n polshorlosie verwag wat ál die nuutste tegnologie bevat, waterdig is, ’n lang battery-lewe het, ál hul bestaande apps kan benut én nie te duur is nie.

Op ’n CNBC.com-peiling verlede week was ’n polsslagmonitor die enkele eienskap wat die meeste respondente (30%) die graagste sal wil sien. Die naasbelangrikste (22%) is voorkoms – ’n horlosie is immers ook ’n stuk juweliersware. Dan volg gesentraliseerde kennisgewings (19%), waar jy met ander woorde boodskappe vanaf diverse bronne op een plek maklik kan oopmaak, en dan “ander” op 15%. E-pos (9%) en toegang tot jou kalender (5%) is verrassend laag op die lys. Maar o wee as Apple se horlosie selfs een van bogenoemde nie behoorlik kan hanteer nie.

Die ander groep wat ’n snytjie van die Apple-pasteitjie wil hê, is app-ontwikkelaars. Hulle is tipies onafhanklik van Apple en kan lekker geld maak as hulle iets ontwikkel wat nét reg vir die nuwe platform is. Maar met ’n skermpie wat nog kleiner as die meeste slimfone s’n is, gaan die mededinging fel wees.

Baie ontwikkelaars het blykbaar hul oog op die Apple Watch se nuttigheid in druk omgewings soos stasies en lughawens, waar jy gou op jou horlosie sal wil kyk wanneer byvoorbeeld jou trein vertrek pleks daarvan om op jou foon of tablet te kyk en die kans te waag dat dit val of deur iemand uit jou hand geruk word.

Kom ons kyk hoe naby aan die boom val die nuwe Apple.

Back to top

14 Vir jou sllmfoon

App doen somme vir jou

App-naam: PhotoMath

Prys: Gratis

Beskikbare platforms: iPhone, Android en Windows Phone.

Wat doen dié app? Nie ’n wiskunde-foendi nie? PhotoMath gebruik jou slimfoon se kamera om wiskundeprobleme op te los. Neem ’n foto van ’n som en die app gee stap-vir-stap-oplossings. Dit kan wel nie handgeskrewe somme of gevorderde wiskundeprobleme oplos nie. En ‘n mens moet jouself afvra hoe voordelig dit werklik vir studente is.

Nuus:

‘n Tablet vir blindes

‘n Tablet wat dit vir blinde mense of mense met verswakte sig moontlik sal maak om e-boeke te lees, word in Oostenryk ontwikkel. Die toestel dien dieselfde doel as ‘n e-leser, maar pleks van ’n skerm gebruik dit ’n oppervlak met klein beweeglike “borrels” om die teks in braille voor te stel. Só kan blinde gebruikers die teks lees en teks invoer.

’n E-boek of ander tekslêer op ’n geheuestokkie word in die tablet ingeprop, wat die teks na braille omskakel.

Kristina Tswetanowa, medestigter van die projek, het die idee daarvoor gekry nadat ’n kollega wat vir ‘n aanlyn kursus ingeskryf het, sy sig verloor het.

Sy het beleef hoe ontoeganklik tegnologie vir blinde mense is. Dit het haar begeester om dié probleem te oorbrug.

Hierdie ontwikkeling hou veral groot voordeel in vir studente wat met so ’n tablet toegang tot dieselfde opvoedkundige hulpbronne kan kry as studente wat kan sien.

Die tablet is tans in die laaste fases van ontwikkeling. Dit kan reeds op die webtuiste vooruit bestel word.

Tegnotruuk:

Stuur reuse-lêers vinnig

WeTransfer se geheim is sy eenvoud. Dit bespaar jou die romp-slomp van ‘n profiel skep, dit deur e-pos bevestig en om elke keer dat jy ’n lêer wil stuur, te moet aanmeld.

Om lêers van tot 2 GB te stuur, gaan bloot na wetransfer.com, voeg jou en die persoon aan wie dit gerig is se e-pos-adres in, skryf ’n opsionele boodskap en siedaar! Lêers kan gestuur word as e-posse of skakels wat afgelaai kan word. Dit is gratis en veilig.

Back to top

15 Boy, 13, builds Braille printer with Legos, starts company

E-mail

SANTA CLARA, Calif. (AP) – In Silicon Valley, it’s never too early to become an entrepreneur. Just ask 13-year-old Shubham Banerjee.

The California eighth-grader has launched a company to develop low-cost machines to print Braille, the tactile writing system for the visually impaired. Tech giant Intel Corp. recently invested in his startup, Braigo Labs.

Shubham built a Braille printer with a Lego robotics kit as a school science fair project last year after he asked his parents a simple question: How do blind people read? “Google it,” they told him.

Shubham then did some online research and was shocked to learn that Braille printers, also called embossers, cost at least $2,000 – too expensive for most blind readers, especially in developing countries.

“I just thought that price should not be there. I know that there is a simpler way to do this,” said Shubham, who demonstrated how his printer works at the kitchen table where he spent many late nights building it with a Lego Mindstorms EV3 kit.

Shubham wants to develop a desktop Braille printer that costs around $350 and weighs just a few pounds, compared with current models that can weigh more than 20 pounds. The machine could be used to print Braille reading materials on paper, using raised dots instead of ink, from a personal computer or electronic device.

“My end goal would probably be having most of the blind people … using my Braille printer,” said Shubham, who lives in the Silicon Valley suburb of Santa Clara, just minutes away from Intel headquarters.

After the “Braigo” – a name that combines Braille and Lego – won numerous awards and enthusiastic support from the blind community, Banerjee started Braigo Labs last summer with an initial $35,000 investment from his dad.

“We as parents started to get involved more, thinking that he’s on to something and this innovation process has to continue,” said his father, Niloy Banerjee, an engineer who works for Intel.

Shubham used the money to build a more sophisticated version of his Lego-based printer using an off-the-shelf desktop printer and a newly released Intel computer chip. The new model, Braigo 2.0, can translate electronic text into Braille before printing.

Intel executives were so impressed with Shubham’s printer that in November they invested an undisclosed sum in his startup. Intel officials believe he’s the youngest entrepreneur to receive venture capital, money invested in exchange for a financial stake in the company.

“He’s solving a real problem, and he wants to go off and disrupt an existing industry. And that’s really what it’s all about,” said Edward Ross, director of Inventor Platforms at Intel.

Braigo Labs is using the money to hire professional engineers and advisers to help design and build Braille printers based on Shubham’s ideas.

The company aims to have a prototype ready for blind organizations to test this summer and have a Braigo printer on the market later this year, Niloy Banerjee said.

“This Braille printer is a great way for people around the world who really don’t have many resources at all to learn Braille and to use it practically,” said Henry Wedler, who is blind and working on a doctorate in chemistry at the University of California, Davis. Wedler has become an adviser to Braigo Labs.

An affordable printer would allow the visually impaired readers to print out letters, household labels, shopping lists and short reading materials on paper in Braille, said Lisamaria Martinez, community services director at the San Francisco Lighthouse for the Blind, a nonprofit center that serves the visually impaired and prints Braille materials for public agencies.

“I love the fact that a young person is thinking about a community that is often not thought about,” said Martinez, who is visually impaired.

Shubham is too young to be CEO of his own company, so his mother has taken the job, though she admits she wasn’t too supportive when he started the project.

“I’m really proud of Shubham. What he has thought, I think most adults should have thought about it,” Malini Banerjee said. “And coming out of my 13-year-old, I do feel very proud.”

Back to top

16 CATHOLIC HORSES

E-mail

A punter was at the horse races playing the ponies and all but losing his shirt. He noticed a Priest step out onto the track and blessed the forehead of one of the horses lining up for the 4th race.

Lo and behold, that horse – a very long shot – won the race. Next race, as the horses lined up, the Priest stepped onto the track. Sure enough, he blessed one of the horses.

The punter made a beeline for a betting window and placed a small bet on the horse. Again, even though it was another long shot, the horse won the race.

He collected his winnings, and anxiously waited to see which horse the Priest would bless next.

He bet big on it, and it won. As the races continued the Priest kept blessing long shots, and each one ended up winning.

The punter was elated. He made a quick dash to the ATM, withdrew all his savings, and awaited for the Priest’s blessing that would tell him which horse to bet on.

True to his pattern, the Priest stepped onto the track for the last race and blessed the forehead of an old nag that was the longest shot of the day.

This time the priest blessed the eyes, ears, and hooves of the old nag. The punter knew he had a winner and bet every cent he owned on the old nag.

He watched dumbfounded as the old nag came in last. In a state of shock, he went to the track area where the Priest was.

Confronting Him, he demanded, ‘Father! What happened? All day long you blessed horses and they all won. Then in the last race, the horse you blessed lost by a mile. Now, thanks to you I’ve lost every cent of my savings!’

The Priest nodded wisely and with sympathy.

‘Son,’ he said, ‘that’s the problem with you Protestants, you can’t tell the difference between a simple blessing and the last rites.’

Back to top

17 Die stem van Cobus Bester

Murray La Vita

(Die Burger, 13 Maart 2015)

Die veteraan-SAUK-man en Monitor-aanbieder Cobus Bester, wat einde vandeesmaand aftree, praat oor sy lewe in die uitsaaiwese.

Cobus Bester het verkoue. Byderhand is ’n pakkie Fisherman’s Friend en ’n sakdoek.

’n Verkoue kan egter nie daarin slaag om die stem (gesag­hebbend, rustig, beskaafd) onder te kry wat ons oor jare op die televisie en radio leer ken het nie.

Die onderhoud vind plaas by ’n tafeltjie buite ’n restaurant in ’n winkelsentrum in ’n noordelike voorstad van Kaapstad.

Cobus en sy vrou, Elmaré, en hul 17-jarige tweelingseuns, Zak en Jaco, woon in Johannesburg. Hy was in Kaapstad vir die begrotingsrede – sy 15de in die 17 jaar as aanbieder van Monitor. Hy het in sy tyd by die SAUK in ’n verskeidenheid hoedanighede 24 begrotings gedek. Hier is ’n deurwinterde professioneel wat die uiteenlopende kontoere van die uitsaai­landskap baie goed ken.

“Toe ek vir iemand, wat reeds by die SAUK gewerk het, sê ek wil ook graag daar gaan werk – aan die uitsaaikant en met nuus – het hy my die beste raad gegee wat iemand my waarskynlik nog gegee het: Móénie net in die medium infóéter sónder dat jy leer waaroor dit gáán nie. Daar is te veel mense wat dit doen; hulle kom uit die koerantwêreld of uit ander wêrelde en word regstreeks aangestel as verslaggewer en so aan, en hulle ken nie die medium nie; hulle verstaan dit nie.

“So toe het ek daar aan die bedryfskant begin werk. Ek was ’n junior videotape operator, soos hulle my genoem het. Daarna beeldkontroleur geword in die ateljees. Ek het gewerk op kinderprogramme soos Wielie Walie en al dié goed, en metter­tyd het ek toe in die nuusspan begin werk as beeld­kontroleur en toe uiteindelik nuusregisseur geword met Michael de Morgan en Riaan Cruywagen. Daai soort van ouens was my aanbieders. Daarna het ek eers nuusverslaggewing begin doen.”

Hy was ’n tegniese nuusregisseur in ’n tyd toe visuele materiaal vir ’n nuusbulletin bestaan het uit skyfies, filmrolle en grafika wat op papier of karton geskep is.

“Die een ding waarvoor ek redelik bang was, was ’n kêrel wat by ons gewerk het… Hy het bedank en het besluit voor hy weggaan, gaan hy iets aanvang wat die nuusbulletin ’n bietjie sal ontwrig. Hy het vir sy vriende gesê hy gaan ’n wekker wegsteek in die ateljee en dié wekker sou begin lui net nadat die nuusaanbieder begin praat. Dit het nooit gebeur nie, maar ek moet sê: tot die dag wat hy weg is, het jy maar op die lug gegaan met daardie bietjie vrees in jou kop dat hierdie ou dit wrágtig gáán doen.”

Die dag in 1990 toe Nelson Mandela vrygelaat is, sal hy nooit vergeet nie.

“Dit was ongelooflik daai dag. Álmal het gewéét hier kóm iets, maar wát dit sou wees … Ek moet sê daai dag; dit was een van die hoogtepunte vir my … Dáái elektrisitéit wat daar skielik geskep is. Terselfdertyd: die KP en daai ouens was gewéldig kwáád, maar die res van ons het op wolke geloop daai dag.”

Hy was in die ekonomiese redaksie.

“Ons het maar die markte dopgehou en gekyk hoe hulle reageer op al hierdie goed … Jy sal onthou ons was nie toegelaat om prentjies, foto’s van hom te sien terwyl hy in die tronk was nie. So jy het altyd hierdie skadufiguur in jou kop gehad. So die dag toe hy nou vrýgelaat word … Dit was ’n … iemand het toe al so ver gegaan om in een van die koerante sketse te maak, indrukke, ’n idee van hoe hy waarskynlik sal lyk, en hulle was nogal verbasend akkuraat. Ek het nog altyd gedink êrens het hulle ’n foto of twee gesien.

“Nadat hy vrygelaat is … Die nuwe ding was toe: Wanneer gaan ék hom in lewende lywe sien? Ek het daai voorreg gehad, wónderlike ervaring … Hy het toe daai tyd in Soweto kom woon in daardie kasarm wat hulle vir Winnie gebou het. En toe het Otto Pöhl – hy was die hoof van die Duitse Bundesbank – hom besoek. Toe word daar gesê daar is ’n fotogeleentheid by die huis, en ek sê vir ’n kameraman: ‘Kóm!’ En ek weet: vándag gaan ek hom sien.

“En toe het ek hierdie ongelooflike ervaring. Ons sit toe en wag. En toe Pöhl en meneer Mandela uitkom, toe kýk hy so half links en hy kýk en hy herkén my! Hy sê vir my: ‘I know you! Don’t go away!’ En hy gaan groet toe vir Pöhl. Ék het hoendervleis, nè … Hy kom toe terug in die huis in en hy sê: ‘I watched you while I was in prison.’”

Ons praat oor onderhoude wat hy gevoer het.

“So nou en dan, partykeer per ongeluk, raak jy aan daardie snaar wat reg resoneer en daai persoon begin práát en met jou kommunikéér net op heeltemal ’n ander manier as wat jy aanvanklik self verwag het.”

Hy onthou ’n onderhoud wat hy met ’n sterwende dr. Simon Brand, toenmalige hoof van die Ontwikkelingsbank, gevoer het.

“Hy was in die hospitaal … Hy het gewéét hy gaan dood. En om met dáái ou te praat in daardie stadium … Aan die een kant verg dit ook van jou as joernalis om ’n bietjie, amper half oor jou eie etiket te klím. Enersyds weet jy hierdie man is sterwend en jy voel eintlik gedrewe om vir hom sy priváátheid te gun … En tog wil jy … jy móét met hom praat, want dis jou wérk, en hy wéét dit, so hy is eintlik heeltemal happy dat jy dit doen. Dit was ’n héérlike, wónderlike onderhoud.”

Ons het ’n “talk radio nation” geword, meen Cobus.

“En in die algemeen is talk radio vir my ’n frustrerende medium, want jy lok ’n helse lot ouens wat rêrig nie weet waarvan hulle praat nie.

“Daar is baie selde iets opbouends aan. Ja, daar is uitsonderings, elke nou en dan bel iemand met ’n splínternuwe blik op dinge, maar dis ráár, né?

“Jy kán nie met talk radio, glo ek, dieselfde bereik as wanneer jy ’n góéie joernalis het wat op ’n góéie, verantwoordelike manier ’n storie gaan haal … En as daar nog goeie klank is om saam met dit te gaan, soveel te beter. Maar talk radio het net té oppervlakkig geraak.

“Mense lees nie eintlik meer nie. En omdat ons op sosiale media kommunikeer, is dit asof dít ook mense toegelaat het om die normale etikét van gesprek weg te stroop. En daarom kry jy die ding dat iemand ‘n opinie lug oor iets en dan word hy absoluut vergúis deur mense. Van hulle mag ’n goeie punt hê, maar die maniér waarop dit oorgedra word … In daai opsig het ons half ’n wréde samelewing geword.

“Ons ervaar dit by Monitor. As jy van die SMS’e sien wat mense elke dag vir ons stuur … Dis goed wat jy lees en dink: Práát daai mens met dieselfde mond met sy kinders en sy vrou? Sóén hy sy kinders met daai mond? Dis rêrig op daardie vlak. ‘n Ou begin al hoe meer agterkom uit die soort reaksie wat jy op goed kry wat uitgesaai word – en ek veralgemeen nou – dat daar ’n ónvermoë onder baie mense is om ábstrak te redeneer en te dink; om subtiéle nuanses raak te sien in wat iemand sê of nié sê nie.”

Hy verwys na ’n opname wat die BBC, dink hy, ’n paar jaar gelede gemaak het om vas te stel of mense televisie kyk of radio luister, en indien hulle radio luister, hoekom hulle dit doen.

Toe praat hulle met ‘n seun van twaalf wat toe vir hulle sê hy luister net radio. En toe vra hulle vir hom hoekom. Toe sê hy: “Because radio has better pictures.”

“Dís een van die uitdagings wat ons het. Ek dink radio in ons land het dit tot ’n groot mate verloor. Ons probeer dit terugkry by Monitor. Ons was onder geweldige druk as gevolg van ’n tekort aan verslaggewers wat dan noodwendig beteken het ouens het op telefone gesit en stories gedoen.

“Rádio kom tot sy reg as jy ’n ou ook kan uitstuur dat hy kan gaan klánk opneem en met klank ook ’n prentjie skilder. Izak du Plessis by ons is byvoorbeeld besig om in daardie rigting te beweeg en daar is ’n paar van die ander mense ook.

“Nou, dit verg ’n sekere ingesteldheid en ’n sekere talent. Izak luister met ’n sekere deernis na wat mense vir hom sê. Party ouens voer onderhoude sonder om by die dieper ding agter die storie te kom want hulle lúister nie rêrig nie.

“Ek onthou ’n ander omroeper het jare terug van iemand gesê: “Hy het ’n houtoor.” Daar ís mense met houtore.”

Hoe voel dit om die aanbieder van ’n program (Monitor) met by die 700 000 luisteraars te wees?

“Toe ek destyds begin uitsaai het, het van die ouer uitsaaiers vir my gesê die vinnigste manier om jouself te intimideer, veral aan die begin, is om te dink: ‘Ek saai nou vir soveel mense uit.’ So jy stel jouself op ’n persoon in en jy praat met dáárdie persoon … Jy praat met één persoon wat aan die ander kant van die mikrofoon luister.

“Vandag kan ek nie meer vir jou sê wie’s daai persoon nie…”

Biografie

Cobus Bester het in 1978 by die SAUK se TV-bedryfsafdeling begin werk. Ná ervaring as beeldkontroleur op televisie­produksies (hoofsaaklik ernstige musiek, kinderprogramme en nuus) is hy as tegniese regisseur by TV-nuus aangestel.

Hierna is hy aangestel as nuus-skrywer by televisienuus, waarna hy in die ekonomiese redaksie as verslaggewer gewerk het.

In 1983 het hy ’n joernalis/regisseur by die destydse nuus­program Nuusfokus/News Focus geword, en in 1985 het hy hom heeltyds by Monitor as verslaggewer in Durban aangesluit.

In 1986 is hy terug na die ekonomiese redaksie, waar hy onder meer die regie van Diagonal Street, die destydse weeklikse beleggings-program op die televisie, behartig het.

In 1993 het hy die ekonomiese redakteur van radionuus geword, en in 1999 is hy as heeltydse aanbieder van Monitor aangestel.

Bron: RSG

Bester sal ná sy aftrede nog onder meer op ’n vryskutgrondslag vir die SAUK werk.

Back to top

18 Man loop ver vir onderwysgraad

Anika Marais

(Die Burger, 13 Maart 2015)

Stap vyf jaar lank 17 km per dag

HANOVER PARK. – Vyf jaar lank het hy elke dag 17 km na die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) gestap met net een doel voor oë: om onderwyser te word.

En ná ’n voldag van klas en toetse skryf, was dit weer te voet 17 km huis toe. Drie uur daarheen en drie uur terug.

Eric van der Byl (44) het gister voor sy gr. 7-klas gestaan en hulle van meervoude en hoofletters geleer. Hy is nog net drie weke ’n onderwyser by die Laerskool Parkfields in Hanover Park, maar hy ken elke leerder op die naam.

“Dís hoekom ek elke dag drie uur lank UWK toe en teruggestap het, want ek wil die kinders van my gemeenskap wys dat daar geen verskoning is om nie ’n opvoeding te kry nie.”

Dit was egter nie net die afstand tussen Hanover Park en die UWK wat in sy pad gestaan het nie.

“Soms as ek vieruur in die oggend opgestaan en kampus toe begin stap het, het die manne my beroof. Hulle het my ses keer ’n pak slae gegee, my sak met my boeke uitgegooi en geld gesoek. Later jare het hulle my leer ken en my in vrede kampus toe laat stap.”

Hy sit gister in die personeelkamer en speel onbewustelik met ’n stuk bordkryt. Hy is skaam en vertel sonder bravade van die een struikelblok ná die ander wat hy oorkom het, sy werk wat hy bedank het, die lening wat hy uitgeneem het, die plastieksak waarin hy al sy handboeke gedra het en die leë koskas by die huis.

Sy vrou het vir R50 per dag as assistent by ’n plaaslike kleuterskool gewerk en ná Van der Byl sy vaste werk as fabriekswerker bedank het, was dit baie lank die enigste inkomste waarmee hulle die drie kinders kon voed.

“Ek het daarom later aandskof gewerk by ’n vleisverpakker naby die lughawe.

“Ek het ’n hele jaar lank nie geslaap nie.

“Ek het nagskof gewerk, vinnig huis toe gestap om te kyk of almal nog veilig is, dan UWK toe gestap, klas geloop en dan weer by die werk inval vir die nagskof.”

Sy gesin het eers nie verstaan waarom hy wou gaan studeer nie.

“Ek het gesien hoe my kinders swaarkry. Ons het nie geld gehad vir nuwe skoolskoene nie. Dan het my vrou die sole met gom vasgeplak en die skoene onder die kombuistafel gesit om deur die nag droog te word. Wanneer ek by die huis kom, het ek maar liewer voorgegee ek sien dit nie raak nie.

“Ek kon sien hulle was moedeloos en het nie verstaan hoekom ek dit doen nie.”

Sy hele familie gaan Maandag sy gradeplegtigheid bywoon.

“As ek op daardie verhoog staan, gaan dit vir my familie en my gemeenskap ’n simbool wees: ’n simbool van uithouvermoë en drome wat waar word.”

Back to top

19 Sien presies waarheen elke rand en sent gaan

Letitia Watson

(Die Burger, 17 Januarie 2014)

Wil jy welvaart bou? Dan moet jy ‘n begroting opstel.

Dit klink baie vervelig, maar dis die eerste stap om beheer oor jou geldsake te neem. Maak nie saak wat jou inkomste of ouderdom is nie, ‘n begroting help jou om slimmer te bestee én te spaar.

Dis die begin van die jaar en ‘n goeie tyd om jou finansies vas te vat. Die volgende vyf stappe kan jou help om kleingeld van die proses te maak.

Stap 1: Wat het ek nodig?

Maak dit vir jouself maklik. Kry vooraf jou bankstate van die vorige twee of drie maande; en enige rekeninge of bewyse van skuld wat jy moet delg of uitgawes wat jy gereeld het asook bewyse van inkomste of jou salarisstrokie. Jou rekenaar of papier en pen om die dokument op te stel asook ‘n beker koffie is nodig!

Die begroting kan ‘n tydjie neem omdat dit beteken dat jy regtig ondersoek wat jy bestee en inkry. Dis nie nodig om alles op een slag klaar te maak nie. Stel egter vir jouself ‘n spertyd, byvoorbeeld om dit oor twee aande te voltooi.

Stap 2: My inkomste

Bereken jou gemiddelde maandelikse inkomste. Dit behels die inkomste wat jy deur werk verdien; enige ander inkomstebronne, byvoorbeeld huisverhuring; of jou lewensmaat se inkomste.

Moet egter nie jou bruto inkomste neem nie, maar dié ná alle aftrekkings deur jou werkgewer, soos belasting, pensioenbydraes en werkloosheidversekering. Salarisstrokies sal jou netto inkomste aandui.

Stap 3: My uitgawes

Dit verskil van mens tot huisgesin maar behels meestal huur- of verbandbetalings, kruideniersware, vervoer, water, elektrisiteit, erfbelasting en water en ligte, mediese uitgawes, skoolfonds, skuld, onderhoud as jy geskei is, telefoonuitgawes, bankkostes, polisse, korttermynversekering, troeteldiere en ontspanning.

Maak dit vir jouself maklik deur dit te verdeel onder die volgende hofies: behuising; kruideniersware; alle vervoeruitgawes (jou motorpaaiement, dienste en brandstof); persoonlike uitgawes (soos vermaak en klere); opvoeding (skool en studie uitgawes); en finansiële beplanning (dit is vir byvoorbeeld aftreebeplanning indien dit nie reeds van jou salaris afgetrek is nie; spaargeld en beleggings; lewens­versekering en siekefondsgelde); en skuld.

Sommige uitgawes wissel oor tyd, maar kom gereeld voor, soos jou troeteldiere se veeartsbesoeke of om jou hare te laat sny. Maak maandeliks voorsiening daarvoor sodat jy dit kan bekostig.

Stap 4: Hoe lyk die prentjie?

Maak die som: inkomste  uitgawes = ?

As die antwoord ‘n positiewe getal is, beteken dit jy het geld aan die einde van die maand oor. Vermy die versoeking om eers te bestee en te spaar wat oorbly. Kyk of jy nog meer geld kan wegsit om te belê.

Mark Mobius, uitvoerende voorsitter van die Templeton Emerging Market Group, se raad is dat jy moet spaar sodra jy geld het, maak nie saak hoe klein of groot die bedrag nie.

Mobius sê hy het lank gelede ’n konferensie in Kanada saam met sir John Templeton, die stigter van Templeton Investments, bygewoon toe ’n vrou dié vraag gehad het: “Ek het pas geld van my oupa geërf, wanneer is die beste tyd om dit te belê?”

Templeton het daarop geantwoord: “Jong dame, die beste tyd om te belê, is wanneer jy die geld het.”

Daar is verskeie spaardoelwitte waaronder aftreefondse en noodfondse (so drie maande se salaris wat vir noodgevalle beskikbaar is) baie belangrik is.

Ouers moet ook daaraan dink dat hulle voorsiening moet maak vir naskoolse opleiding.

Voorts moet jy ook spaar vir luukses, soos ’n lekker vakansie, sodat dit jou nie in skuld dompel nie.

As jou uitgawes meer as jou inkomste is, leef jy bo jou vuurmaakplek. Nou moet jy baie mooi na jou besteding kyk en ondersoek waar jy kan sny. Verminder veral luukses soos vermaak, maar moenie snoei aan noodsaaklike uitgawes soos skulddelging of skoolfonds nie. Probeer enige vermorsing stop.

Stap 5: Daai skuldlas

Probeer om meer as die maandelikse minimum te betaal om dit gouer te delg, byvoorbeeld deur die minimum bedrag plus 5% of 10% te betaal.

As jy sukkel om jou skuld onder die knie te kry, kan jy raad kry by die Nasionale Kredietreguleerder (www.ncr.org.za) wat onder meer wenke en kontakbesonderhede van geregistreerde skuldberaders het.

Banke se webwerwe het ook nuttige rekenaars wat kan uitwerk hoe jy kan begroot om skuld te delg.

Back to top

20 Sit-sit-so van Londen na New York

Marnus Hattingh

(Die Burger, 2 April 2015)

As ‘n Russiese treinman sy sin kan kry, sal jy binnekort met jou motor van Londen na Siberië kan ry. En, voeg hy by, van daar af is dit net ‘n verdere duisend kilometer of drie en jy is sommer in New York.

Wladimir Jakoenin se groot plan klink dalk net ‘n raps te groot vir prakties georiënteerde padingenieurs, maar as grootbaas van Rusland se staatspoordiens is hy klaarblyklik ‘n man met invloed. Onder sy vriende tel glo Wladimir Poetin, die Russiese president. Diegene wat weet, sê Jakoenin sal dalk nog die volgende Russiese president word.

Maar dalk is hierdie presidentpraatjies in dieselfde liga as Jakoenin se droom van ‘n snelweg wat Moskou met Alaska verbind – en, teoreties, Londen met New York.

Jakoenin het volgens die Siberian Times sy plan verlede week by ‘n praatjie van die Russiese Wetenskapsakademie in Moskou bekend gemaak.

Wat die Russiese owerhede se reaksie hierop was, is egter nie duidelik nie.

Volgens Jakoenin se plan moet ‘n snelweg gebou word al langs die huidige Trans-Siberiese spoorlyn, wat Moskou met Wladiwostok in die verre ooste van die land verbind.

Van daar moet dit oor die Beringsee gaan, waarna dit na Fairbanks in Alaska gaan. Vanaf Fairbanks, die middel van Alaska, is daar reeds paaie na Kanada en Amerika.

Dit is nie duidelik of Jakoenin ‘n brug of ‘n gewone veerdiens oor die Beringsee voorstel nie.

Die koste van so ‘n projek kan biljoene dollar beloop, maar Jakoenin sê as jy ‘n gaspypleiding daarnaas oprig, kan die projekkoste verminder word.

Die drastiese padprojek is egter tans ietwat van ‘n anomalie. Die huidige tendens by wêreldmoondhede is om enorme spoorprojekte aan te pak. China is die voorloper hiermee. ‘n Trein loop reeds vyf keer per week tussen Hamburg in Duitsland en Beijing.

Verlede November het ‘n Chinese trein die eerste keer ooit in Madrid aangekom, die hele ent van Yiwu aan die Chinese ooskus af. Op sy roete van 13 000 km het die 30 wa-trein deur Kazakstan, Rusland, Belarus, Pole, Duitsland en Frankryk gereis om sy 82 vraghouers in Spanje af te laai.

Die Chinese is gretig om dié moderne “sy-roete” per spoor te ontgin vir hul uitvoer.

Die reis het drie weke geduur, teenoor ‘n vragskip se vaart van ses weke.

China sê dit is ook omgewingsvriendeliker: Die vragskipopsie sou 114 ton gebied het, ‘n besparing van 62%.

Op sy weg moes die lokomotiewe elke 800 km omgeruil word en die vrag drie keer op nuwe waens gelaai word weens verskillende spoorbreedtes.

‘n Twee weke lange rit per motor van Moskou na New York klink miskien na ‘n interessante vakansie. Dit kan ook fantastiese foto’s vir jou Facebook-profiel oplewer. Ons wonder net hoe baie gaan die kinders “Hoe ver nog?” vra voordat jy die familie in New York haal.

Back to top

21 ‘n Eerbare MAN

(Die Rooi Rose, Mei 2015)

Dis nie enigeen wat die moed sal hê om voor ’n vol parlement vir ’n president te sê dat hy nie ’n eerbare man is nie, maar dis presies wat Mmusi Maimane onlangs in ’n vurige toespraak gedoen het. En dis nie al waaroor die parlementêre leier van die DA sterk voel nie. Deur Ilze Salzwedel

DIE PROBLEME … EN DIE OPLOSSING

“Ons het ’n onderwysstelsel nodig wat sal sorg dat elke kind in die land – of hy nou in Sandton of Alexandra woon – dieselfde gehalte onderrig sal kry en dieselfde geleenthede vir verdere studie. Ons moet onderwys weer ’n werk maak waarop mense trots is. Dit moenie iemand se laaste opsie vir ’n werk wees nie. Ons sit met twee verskillende wêrelde in een land en ons moet een nasie bou. Sodra ons onderwys in orde gekry het, glo ek dit sal makliker wees om die ander onregte en wanbalanse reg te stel.

WIE IS MMUSI MAIMANE?

Dié 33-jarige pa van twee het in Dobsonville, Soweto, groot­geword. Sy ma was ’n kassiere, sy pa ’n stoorman. “Soweto was wonderlik, danksy die gemeenskap en die samehorigheid.” Sy skoolhoof, Sis’ Christina, was sy inspirasie. “Sy het my toegelaat om dinge te bevraagteken, maar my ook van maat­skaplike bewussyn geleer. As jy in Soweto gebly het, weet jy dat daardie omstandighede nie normaal is nie. Ek werk om te verseker dat ons ’n beter land bou en dat die nalatenskap van apartheid uitgewis kan word – nie dat alle probleme in SA aan apartheid toegeskryf kan word nie.” Mmusi het ’n graad in sielkunde én meestersgrade in teologie en publieke admini­strasie. Hy wou vroeër ’n priester word en werk steeds nou met sy kerk saam. “Ek het publieke administrasie gekies omdat ek my land wou help bou. Dis ook hoekom ek ’n politikus geword het”. Hy is getroud met Natalie – “net één vrou”, skerts hy – en hulle het ’n dogter, Kgalaletso (5) en ’n seuntjie, Daniel (3). Hy voel mense maak te veel daarvan dat Natalie wit is. “Ons het nie getrou om ’n stelling te maak nie, maar omdat ons vriende is.” Hy hou van gesinsvakansies, braai en boks graag. Hy glo die sport het baie met politiek gemeen. “In boks moet jy onthou om jou vuiste in die lug te hou wanneer jy getref word, nes in politiek. Jy mag nie gaan lê nie.”

Die feit dat hy ‘n held geword het die oomblik toe sy repliek op Zuma se staatsrede die Internet tref, het hom ’n bietjie onkant betrap, erken hy. “Ek het dit nie verwag nie, maar ja, ek het dit so ’n bietjie geniet. Dit is mos maar my werk om ’n blywende impak op Suid-Afrika te maak deur mense se lewe te help verander. Die toespraak was beslis nodig.”

Waaroor is jy passievol?

Ek is liewer vir die land en sy mense as vir enigiets anders. Ons het die potensiaal om die beste nasie te wees, maar kort die regte leierskap. Die deursettingsvermoë en krag van ons mense is inspirerend. Dis vir Suid-Afrikaners, veral die wat ly, dat ek soggens opstaan en aanhou druk en bou aan’n beter Suid-Afrika.

Wat maak jou kwaad?

Onreg en ongelykheid. Iets soos dat mense kos weggooi terwyl daar mense is wat nie kos het nie. Ons durf nie onregte as normaal afmaak nie – sodra ons dít doen, is ons naby daaraan om die geveg vir Suid-Afrika te verloor. Rassisme maak my ook kwaad. Dit maak my woedend dat daar steeds mense is wat ander verkleineer bloot op grond van hul velkleur.

Jy was ’n suksesvolle sake-konsultant en dosent voordat jy by die DA betrokke geraak het. Hoekom die skuif na politiek?

Ek wou ’n groter verskil maak. Ek het as konsultant ook baie werk vir nie-regeringsorganisasies gedoen en toe ek besef watter belangrike en direkte rol die regering daarin speel, het ek gevoel dis noodsaaklik dat ek in die politiek moet werk.

Hoekom het jy die DA gekies en nie die ANC nie?

Ek het dieselfde waardes as die DA: nasiebou, versoening, nie-rassigheid en nie-seksisme, asook hul passie om ’n gemeenskap te bou waar almal die geleentheid het om die mens te word wat hy of sy kan en wil wees.

Gaan ons ’n tweede Zimbabwe word?

Ek is nie hier om mense bang te praat nie – ek wil ’n beter Suid-Afrika bou. Ons krisisse is allermins uniek, maar as amptelike opposisie werk ons hard sodat ons land nie onregeerbaar sal word nie. Die krisisse skep ook geleenthede vir verandering, en al meer mense stem vir ons omdat hulle waarde vir hul geld soek.

Hoe kan ons van SA ’n beter plek maak?

Belê van jouself in jou land – hetsy deur jou tyd of jou geld. Ondernemings moet eerder plaaslik belê as oorsee. En sorg dat jy altyd ingelig bly oor wat in SA aangaan.

Back to top

22 Nog meer leerders se vaardighede word vanjaar getoets

Anika Marais

(Die Burger, 12 Maart 2015)

KAAPSTAD. – Gr.7- en Gr.8-leerders se wiskunde- en taalvaardighede kom vanjaar onder die loep.

Die jaarlikse nasionale assesseringstoetse (ANA) sal in September meer as nege miljoen leerders van gr.1 tot gr.9 toets.

In die verlede het slegs leerders van gr.1 tot gr.6, asook gr.9 leerders, die toetse geskryf.

“Ons wil ‘n beter begrip van die uitdagings in die grade hê en ons wil presies weet waar die probleemareas lê,” het hy gesê.

Kenners wonder wat die department uit dié ekstra toetse gaan leer.

“Die ANA-toetse is baie duur en is reeds op die sleutelgrade gerig. Ons weet reeds dat leerders in gr.3 sekere kern-wiskunde­terme verstaan, maar dat hulle in gr.9 nie meer op peil is nie.

“Ek is onseker oor watter inligting die departement hoop om deur die toets van nóg leerders te kry,” het prof. Nan Yeld, ‘n onderwyskenner verbonde aan die departement van hoër onderwys en opleiding gesê.

Die toetse is in 2011 begin as ‘n strategie van die departement om teen 2014 minstens 60% van die leerders se lees- en syfer­vaardighede op die regte peil vir hul ouderdomsgroep te kry.

Minder as 11% van gr.9 leerders het verlede jaar die wiskunde­vraestel van ANA-toetse geslaag.

“’n Mens wonder nogal hoe matrieks dit slegs drie jaar later regkry om wiskunde in die eindeksamen te slaag,” het sy bygevoeg.

Om meer leerders se vaardighede te toets kan seker nie skade doen nie, het dr. Jonathan Clark, direkteur van die Universiteit van Kaapstad se skole-ontwikkelings­eenheid, gesê.

“’n Mens sal egter moet besin oor die gehalte en konsekwent­heid van die toetse. As die toetse nie betroubaar is nie, soos heelwat navorsers reeds bevind het, het dit nie veel sin nie.”

Dit is die derde inisiatief wat die departement van basiese onderwys vanjaar voorgestel het in ‘n poging om swak wiskunde- en taalvaardighede hok te slaan.

Back to top

23 Blood Transfusion

E-mail

An Arab Sheik was admitted to Hospital for heart surgery, but prior to the surgery, the doctors needed to store his blood in case the need arises.

As the gentleman had a rare type of blood, it couldn’t be found locally, so, the call went out. Finally a Scotsman was located who had a similar blood type.

The Scot willingly donated his blood for the Arab.

After the surgery, the Arab sent the Scotsman as appreciation for giving his blood, a new BMW, diamonds and US dollars.

A couple of days later, once again, the Arab had to go through a corrective surgery.

His doctor telephoned the Scotsman who was more than happy to donate his blood again.

After the second surgery, the Arab sent the Scotsman a thank-you card and a box of Quality Street chocolates.

The Scotsman was shocked that the Arab did not reciprocate his kind gesture as he had anticipated.

He phoned the Arab and asked him: “I thought you would be generous again, that you would give me a BMW, diamonds and money, but you only gave me a thank-you card and a box of Quality Street…”

To this the Arab replied, “Aye laddie, but I now have Scottish blood in ma veins”

Health tip!

If you can’t afford a doctor, go to an airport – you’ll get a free x-ray and a breast exam, and, if you mention Al Qaeda, you’ll get a free colonoscopy.

Back to top

24 Spot burnout before it’s too late

(Sunday Times, 22 March 2015)

If the boundless energy you once took for granted has disappeared, leaving you feeling tired and hope­less, you may be heading for burnout.

Stress management consultant Andi Bengis says most people can function well under a moderate amount of stress, but they have reached burnout when they begin “feeling overwhelmed and are no longer interested in activities that used to motivate them”.

And this is not restricted to executive high-flyers, says Dr Dorrian Aiken, a part-time lecturer at the University of Stellenbosch Business School.

Unremitting stress causes our bodies to release high levels of cortisol and adrenaline, ultimately resulting in a reduced immune system.

Here are the three stages of burnout:

Initially, people become anxious and struggle to control stress. “They find that they are unable to deal with issues on a day-to-day basis, and may even ‘fall to pieces’,” said Aiken. This may be accompanied by sleeping problems, forgetfulness and difficulty concentrating;

Symptoms generally become more pronounced during the second stage. Some of the warning signs are absenteeism, lateness and an “I don’t care” attitude; and

Classic burnout is experienced during the third stage, when sufferers appear to be “in a state of deep depression”. “There is a chronic sense of sadness and fatigue. They may expe­rience self-destructive thoughts, in­cluding suicide, as there does not ap­pear to be a way out,” Aiken says.

If you recognise that you are at risk, find a confidant to help you begin “to examine and reframe some of the assumptions that cause you to drive your­self beyond a healthy level of endurance”.  – Margaret Harris

Back to top

25 Hitler Skildery vir 1.8m opgeveil

Marthinus van Bart

(Die Burger, 10 Januarie 2014)

‘n Kleurvolle waterverfskilderytjie van die stadhuis en munisipale kantoor van die Duitse stad München wat Adolf Hitler vermoedelik in 1913 as ’n jong kunstenaar geskilder het, is onlangs in Neurenberg vir R1,8 miljoen deur die veilingsaak Weidler opgeveil. Die koper is ‘n Midde-Oosterling.

Voordat Hitler in die 1920’s tot die politiek toegetree en uiteindelik as rykskanselier van Duitsland in ’n verwoestende Tweede Wêreldoorlog sy eie lewe in ‘n bunker in Berlyn geneem het, was sy jonkmans-ideaal om ‘n argitek en kunstenaar te word. Hy het ook in musiek belanggestel en sanglesse geneem. Toneelopvoerings en die opera het hom begeester en hy het hom in die groot verskeidenheid boeke, veral geskiedenisboeke, in sy vader se biblioteek verdiep. Sy vurige temperament en rebelsheid op skool het sy akademiese prestasie benadeel en hy kon hom nie by die Weense kuns­akademie of die skool van argitektuur inskryf nie. Hy moes dus op eie stoom voortgaan.

Van 1905 tot 1920 het hy nagenoeg 2 000 skilderye ge­maak. ‘n Joodse handelaar, Samuel Morgenstern, het hom gehelp deur dit aan sy Joodse klante te verkoop. ’n Joodse prokureur, Joseph Feingold, het ’n reeks skilderye van Wene se historiese stadskern (altstadt) gekoop. Ironies, dus, dat Hitler in sy latere lewe om verwronge patriotiese en politiek-ekonomiese redes die Jode genadeloos vervolg het.

Hitler is op 20 April 1889 in Braunau-am-Inn, op die grens van Oostenryk met Beiere, gebore. Hy was nog op skool in Linz in die noorde van Oostenryk toe sy vader, ’n doeane-amptenaar, in 1903 oorlede is. Sy moeder sterf vyf jaar later. Die indertydse ekonomiese insinking het die 16-jarige Adolf huisloos gelaat en hy moes sy skilderye en poskaart-sketse op straat verkoop om aan die lewe te bly. In hierdie swaarkry-jare het hy die onderstrominge van die Oostenrykse klas-gestratifiseerde gemeenskap eerstehands leer ken. ’n Groeiende begeerte om veral sy Duitse mede-burgers uit hul ellende op te hef, het die dryfveer geword om die gevestigde Habsburgse feudale orde omver te werp en maatskaplike verandering teweeg te bring.

Sy charismatiese oratorstalent het die onderdruktes aangegryp en hul toejuigings het hom magsbewus gemaak. Hy het heeltyds tot die politiek toegetree, massa-aksie en openbare geweld georganiseer en alle perke van die onderdrukkende, geordende samelewing oorskry om sy doel te bereik. Die teenreaksie van hierdie orde in diens van gevestigde belange was om hom in die tronk op te sluit. Dit het hom net meer gedetermineerd gemaak om veral die Duitse volk van die Oostenrykse adelstand te bevry.

Toe hy egter op verstommende wyse sy doel bereik, Duitsland verenig en die Duitse volk ophef, het ‘n intense magsug hom beetgepak wat hom as fanatiese diktator tot onmenslike uiterstes gedryf het. Hy het nie net sy andersoortige of andersdenkende medemens probeer uitroei nie, maar hy het ook sy volk en oplaas homself in die grootste ellende denkbaar gedompel.

Van sy voorneme om na die bereiking van sy aanvanklike doelwit vroeg uit die politiek te tree en die res van sy lewe aan sy kuns te wy, het helaas niks gekom nie. Naas skilderwerk in waterverf en olieverf, het Hitler die kunstenaar ook geskets en argitektoniese tekeninge gedoen.

Amerikaanse troepe het na die oorlog in 1945 Duitsland gefynkam vir Hitler-kunswerke en ‘n versameling word in die Amerikaanse staatsargiewe bewaar, maar nooit ten toon gestel nie. Minstens 30 van sy werke in private besit is sedert 2000 op veilings verkoop. Die prys wat in die huidige transaksie behaal is, is die hoogste tot dusver.

Back to top

26 Kombi het die voorraad gedra

Marnus Hattingh

(Motors, Bylae,Die Burger, 19 Maart 2015)

Wie in die Kaap (wat Die Burger lees) ken nie die De Jager-kleregroep nie?

Selwers het ons met skoolklere van De Jagers in Bellville groot geword, en vandag is die winkel steeds ‘n bekende in die omgewing – en sy advertensies ‘n gereelde handelsmerk in ons dagblaaie.

Toe ons verlede week ‘n berig dra oor die Volkswagen Kombi wat vanjaar 65 jaar gelede die eerste keer van die monteer­baan in Wolfsburg gery het, het ‘n brief uit ‘n verrassende oord ons inmandjie bereik.

Dit was van Andries de Jager, seun van Japie de Jager, stigter van die De Jagers-groep. Terwyl die Kombi nog in sy kinder­skoene was, het Japie aan die onderkant van die aardbol sy eerste klerewinkel in Worcester oopgemaak – en sy klere met ‘n nuwe Kombi in die Kaap gaan haal.

Dit was 60 jaar gelede in Worcester, om presies te wees, vertel Andries. Die Kombi waarmee sy pa destyds van Worcester af “oor die berg” (die Du Toitskloof-pas) na die Kaap is, was soortgelyk aan die voertuig op die foto van die eerste Kombi’s wat saam met ons artikel verskyn het.

Volgens Andries was die Kombi nommerpas vir die nuwe klerewinkel se sakeplan. Lekker groot en ruim binne en ‘n enjin waarmee jy gemaklik oor die berg en strykdeur tot in die Kaap kan ry, en dan volgelaai terug kan piekel Worcester toe om sake te doen.

Die rit met die Kombi Kaap toe was egter nie heeltemal reguit nie. Oom Japie het eers by sy neef Frikkie de Jager se winkel in Stellenbosch aangegaan en dan by dié se vrou, tannie Babs de Jager, se winkel in Kuilsrivier aangery.

By elk se winkel is hulle bestellysie en geld gehaal. Eers dan kon hy deurskiet Kaap toe, die hele ent van Kuilsrivier af met Voortrekkerweg.

Die drietal het met min spaargeld hul ondernemings begin. Daarom wou die banke nog nie aan hulle geld voorskiet vir lenings nie. Alle aankope by die klerefabrieke moes dus kontant geskied. Boonop kon hulle aanvanklik net oorskotklere (rejects) bekostig.

Volgens Andries praat die ou boere van die Worcester-omgewing vandag nog van dié Japie-rejects wat jy by sy winkel vir ‘n goeie prys kon gaan koop het.

Dit is ‘n pragtige storie vroeëre era, maar een wat steeds relevant is. Vandag se jongmense moet, soos oom Japie destyds, self inspring en ‘n onderneming begin. Dit is omdat die luukse wat vorige geslagte gehad het wat werksekerheid by onder meer Sanlam, skole en die spoorweë betref, daarmee heen is.

Andries vertel sy pa is vandag ‘n fris 87 jaar jonk en lees steeds elke dag Die Burger (en voltooi die Soduko). Hy lewer ook nog gereeld bydraes tot De Jagers se bestuur.

Back to top

27 Koning Richard III herbegrawe

Reuters

(Die Burger, 23 Maart 2015)

LEICESTER. – Die oorskot van Koning Richard III is gister met plegtige lykstoet na die slagveld gedra waar hy 530 jaar gelede verslaan is.

Nadat sy oorskot in 2012 onder ‘n parkeerterrein gevind is, sal hy Donderdag by Leicester-katedraal herbegrawe word in ’n seremonie gelei deur die aartsbiskop van Canterbury, Justin Welby, spirituele hoof van die Anglikaanse Kerk van Engeland, en lede van die koningsgesin.

Richard was die laaste Britse koning wat op die slagveld gesterf het. Sy oorskot is op pad na Fenn Lane-plaas in Dadlington, wat na bewering die naaste is aan die plek waar hy dood is. Klein kerkdienste ter ere van hom sal op verskillende dorpe op pad na Leicester gehou word.

Back to top

28 Swart en wit klawers van SA

Johann Maarman

(Die Burger, 02 Maart 2015)

“GEEN KUNSMATIGE POLITIEKE BEVRUGTING VAN ’N REËNBOOGNASIE NIE, MAAR EERDER EEN VAN ONS ALMAL HOORT HIER.”

In David Kramer en oorlede Taliep Petersen se District Six is Damaka, die blinde kruiesmous. In hierdie hartroerende musikale blyspel word in ’n natoog-liedjie gevra of mense ooit die trane van ’n blinde kan sien.

Damaka vra hierdie vraag teen die agtergrond van gedwonge verskuiwings. Teen die geraas in van die stootskrapers wat hul lelike kake in mure inslaan. Toe die gees en samehorigheid van Kanaladorp saam met die ou meubels en die matrasse op die goewerment-lorries gelaai is en op die Kaapse Vlakte gaan stort is.

Daardie einste gees van ’n Distrik Ses is toe deur die wind weggewaai. Daardie sense of belonging het eenvoudig net verdamp, weggesterf én uitgesterf.

Onder die maanlig en die sterre op die gemanikuurde gras van ’n Bolandse wynlandgoed kom hierdie vraag van Damaka weer Saterdagaand na ’n mens aangehoepel toe Robyn Waters, die jong blinde meisietjie van Worcester, met Koos du Plessis se “Kinders van die Wind” wegtrek.

Hierdie jong solis het ’n droom gehad dat sy eendag saam met Nianell op ’n verhoog sou optree. Sy het bly glo. Toe sy met blindheid geslaan is, het sy steeds aan haar droom vasgeklou.

Daar was ook ’n ander droom. Om genoeg geld te kan spaar vir ’n braille-iPad wat die donker lewe vir haar net soveel makliker sou maak.

En in die soel Bolandse aandlug het albei daardie drome van Robyn waar geword.

Sy is begelei deur die Kaapse Filharmoniese Orkes in al sy diversiteit. Dit was Abel Selaocoe met sy tjello wat die note vir Robyn geharp het. Dit was Bokani Dyer wat die swart en wit klawers getokkel het, terwyl Robyn haar in die harte van die paar duisend mense ingesing het.

En vir een vlietende oomblik het jy gewonder is dit nie wat Suid-Afrika behoort te wees nie? Die bindingselemente van samehorigheid, van eensgesindheid, van mekaar se laste dra. Geen kunsmatige politieke bevrugting van ’n reënboognasie nie, maar eerder een van ons almal hoort hier. In Suid-Afrika. In Afrika.

Robyn kon Abel en Bokani nie sien nie, maar sy het geweet hulle is daar om te help dat sy haar droom gaan haal. Die pig­mentasie van Abel en Bokani het nie saak gemaak nie.

Vir haar was hulle mede-musiekreisigers.

Só anders as die SA Rugbyunie (Saru) se gepeuter om trans­formasie na die vinnige baan te navigeer.

Volgens Saru se definisie kry jy nou “generies swart” en dan bloot gewoon swart (lees bruin). Dat sport in sy totaliteit getrans­formeer moet word, hoef ons nie eers biduur oor te hou nie. Dit moet. Dis nie onderhandelbaar nie.

Maar geskied hierdie transaksie op die regte manier? Hoekom ’n onderskeid tussen generies swart en swart tref? Huwelike oor die kleurgrense heen is lankal nie meer iets waarvoor jy Kanada toe hoef te hardloop of in die kas weg te kruip omdat jy bang is dat die sedepolisie jou agter tralies sal sit nie. Die Wet op Gemengde Huwelike is vir die geskiedenisboeke en is so outyds soos gekookte eiers as padkos vir die lang pad.

In die bevrydingstryd het die veiligheidspolisie nie eers vir jou gevra of jy generies swart of swart is wanneer hulle die nerwe van jou vel afgeslaan het (hoewel die sambokke maar meestal swart was!). In daardie turbulente tye het jy sy aan sy met mekaar gestaan, of jy nou van Kenilworth, Khayelitsha of Koringberg kom. Die Stryd was die gemene deler. Nie ras nie.

Nou gaan dit interessant wees om te sien as ’n kind van ’n gemengde paar vir die Cravenweek gekies word. Gaan pa se Baloyi-bloed sterker as ma se Botha-bloed geag word?

Huiswerk vir Roux.

Back to top

29 Jy moet lós as jy wil vlieg

Marchelle van Zyl

(Die Burger, 14 April 2015)

My fiets het ‘n back-pedal-briek gehad. Dit was rooi. Dínk ek. Ek kon nie eens meer sien watter handelsmerk dit was nie. Ná jare se son, modder, water en ongelukke het net die raam en die wiele oorgebly.

Dit was my niggie Miesie s’n. Voor Miesie was dit Babsie s’n, en voor Babsie was dit Anita s’n. Maar ek het nie omgegee nie. Dit was my eerste gróót fiets.

Ek het oral op hom gejáág. Ry was vir sissies en verliefde hoër­skoolseuns soos my broer. As ek in Voortrekkerstraat afjaag, het ek my verbeel ek is Ertjies Bezuidenhout.

Die Rapport-fietstoer is deur ons dorp, en ons het aan die bokant van ons straat op die Aberdeenpad gaan wag om te sien hoe die manne verbyjaag. “Trap hom, Ertjieeeeees!” het ons geskree. Ek het gemaak asof ek presies weet wie Ertjies is. Ek kan nie onthou dat ek veel van hom geweet het nie; maar ‘n man met die naam Ertjies verdien respek.

Elke oggend skool toe was ‘n resies. Ek sou my kop laag oor die handles laat sak, my hande voor in die middel vasgeklem. My knieë het by my elmboë verby gepomp terwyl ek ou Faf jaag. Faf het vir die eerste rugbyspan gespeel. Hy het ‘n swart dikwielfiets gery en sy tas op die pyp tussen sy bene ge-lift. Sy knieë het so 10 voor 2 by sy tas verby geskuur. My oë was vasgenael op sy agterste band.

Voor Meneer Bester se huis het ek hom gewoonlik ingehaal. Ek het nie opgekyk nie. Ek het net my kop laer gedruk en harder getrap. By die hoërskool het hy opgedraai en ek het verby gehou na my skool.

Een van my gunstelingjaagplekke in die buurt was die stuk veld agter die tennisbane. As jy van die hoërskool se kant af kom en jy trek weg op die hoek oorkant juffrou Smit se huis, gaan die paadjie net so effens afdraand, agter die pastorie verby, oor ‘n ramp, óór die teerpad wat vuilgoedgate toe loop, oor nóg ‘n ramp en dan is jy amper by die volgende ry huise. Dis ver as jy stap. Maar as jy met die wind in jou hare daar afjaag, met jou mond toe en jou ogies skrefies teen die muggies, is dit in ‘n oogwink verby.

Die ramps is nie eintlik ramps nie. Dit is eintlik maar net hope grond wat daar bly lê het toe die munisipaliteit nuwe storm­waterpype ingesit het.

As jy oor daardie ramps kon vlieg, albei wiele in die lug, is jou dag in orde. Dit hang alles af van jou spoed. Dus moes jy seker maak daar kom nie karre nie.

Die ritueel was soos volg: Ek backpedal-streep-stop. Kyk links, regs, links. Op, af, op. Gáán! Oop en toe. Karoo-bossies woerts verby, óm die doringboom, kyk vir oulaas vir verkeer, en dan géé jy oor die ramps. Albei wiele in die lug. Ek vlieg.

‘n Ruk gelede is ek weer by ‘n berg af; dié keer baie steiler.

My fiets het ‘n naam, dit het hidrouliese remme, skokbrekers, ratte en ‘n kleur. Ek dra ‘n valhelm en lyk asof ek weet wat ek doen.

My broer se seun Franna vat my na sy gunstelingplek teen die berg. Hier ry die ouens rof. Hul ramps is gemaak vir die doel om te vlieg, en daar is baie van die goed. Die draaitjies is skerp, die baan tegnies.

Ek laat Franna eerste afgaan. Ek kyk na sy agterband voor my. Ek wil jáág. Ek kyk na die ramps. Ek wil vliég. Maar ek is nou ouer. Ek stop en kyk na die baan. Dis bo my vuurmaakplek, en ek praat met die kind in my.

Nee, sê ek, vandag gaan ons nie jaag nie. Vandag gaan ons nie spring nie. Vandag gaan ons mooi rustig hier af ry totdat ons die baan leer ken, en dán kan ons laat waai. Ons is mos nou ouer en verantwoordeliker, jy sien.

Daar gaan ek. Rustig. Rem. Gee skiet. Rem. Draai. Rem. Óm die ramp. Rem. Vermy die volgende ramp, gee skiet en versnel ‘n bietjie, rem effe, gee skiet, wind waai, my oë maak skrefies, ek maak my mond toe, óór die ramp. BAF! DOEF!

En daar lê ek. Ek maak inventaris op om seker te maak dat alles heel is.

Arms. Check. Polse. Check. Bene. Check. Tande. Ribbes. Check. Check. Dis net my ego wat aan skerwe lê langs my fiets. My elmboë is stukkend, maar ek voel dit skaars.

Stadig klim ek op my fiets en maak die baan rem-rem klaar.

Ek stop en kyk terug oor die baan. Die ramps lag vir my. Ek het een goue reël vergeet: Jy moet laat waai as jy wil vlieg. Jy moet spoed opbou en jou oorgee.

Jy moet jou kop intrek, laag oor die handles lê en trap asof jy ou Faf in jou visier het en jou verbeel jy is Ertjies.

As jy wil vlieg, moet jy laat lós.

Back to top

30 Klein voëltjies migreer sonder rus oor oseaan

Reuters

(Die Burger, 2 April 2015)

WASHINGTON. – Navorsers het pas met elektroniese toerusting vasgestel dat ’n voëltjie wat sowat 12 gram weeg die Atlantiese Oseaan tussen die noorde van Amerika en die Karibiese Eilande in ’n ononderbroke vlug oorsteek.

Elke jaar in die herfs vlieg die singvoëltjies Setophaga siriata uit die woude van Nieu-Engeland en die ooste van Kanada oor die see om in die suide te gaan oorwinter.

Die navorsers het vandeesweek in die vaktydskrif Biology Letters beskryf hoe hulle miniatuurtoerusting aan die voëltjies, met ’n vlerkspan van sowat 20 cm, se rug vasgemaak het. Daarmee is bepaal dat hulle gemiddeld 2 540 km in twee of drie dae aflê.

“Geen ander voëltjies wat so klein is, kan so ver ononderbroke vlieg nie. Dit is een van die verstommendste migrasie­verskyn­sels wat nog wetenskaplik waargeneem is,” het Ryan Norris van die Universiteit van Guelph in Ontario gesê.

Hulle land in Puerto Rico en Hispaniola, rus ’n paar dae tot ’n paar weke en vlieg dan na Colombia en Venezuela. Wanneer hulle in die lente terugkeer, is hul roete hoofsaaklik oor land, oor onder meer Florida.

Back to top

31 Langs ‘n oop graf van ‘n ou vriend

Johan van Wyk

(Die Burger, 17 Maart 2015)

Die kykNET-reeks Vlug na Egipte is niks om oor opgewonde te raak nie, maar die titel weerspieël iets van ’n behoefte om die aanslae van die lewe te ontvlug. Soos Josef en Maria in opdrag van God in die nag met die suigeling Jesus na Egipte moes vlug om Herodes se moordtog op seuntjies van twee jaar en jonger rondom Betlehem vry te spring.

Die verskriklike daad, aan die hand van die profeet Jeremia se vroeë voorspelling, word op aangrypende wyse in Matteus 2:18 (1933-vertaling) beskryf: “’n Stem is in Rama gehoor: rouklag en ’n geween en groot gekerm; Ragel beween haar kinders en wil nie vertroos word nie, omdat hulle daar nie meer is nie…”

Ek het soos Ragel gevoel toe ek verlede week vir die eerste keer in meer as 20 jaar (my ma s’n in 1994) weer langs ’n oop graf gestaan het.

Die meeste mense is toe nog begrawe – kompleet met die slepende dodemars in die kerk, ’n lykswa agter ’n lang motorstoet met brandende hoofligte, begelei deur ’n stemmige verkeerskonstabel, draers agter ’n sedige ondernemer in ’n swart manelpak, ’n graf (uitgevoer met groen plastiekgras) en bedroefde naasbestaandes wat blomblare uit ’n mandjie (gedrapeer met pers fluweel) op die sakkende kis strooi.

Daar is agterna sop, toebroodjies en lekkernye in die kerksaal. Jy vat nie die dood op ’n leë maag aan nie. Ek het my al ná teraardebestellings en verassingsdienste trommeldik geëet. Jy wei so staan-staan aan die versnaperinge. Ek kies veral die gevulde eiers, klein, koue frikkadelle en gebotterde broodjies met gerasperde biltong.

Behalwe die verversings bestaan niks hiervan meer nie. Almal van wie ek sedertdien moes afskeid neem, is vooraf veras. Om ’n goeie rede. Eens netjies instandgehoue begraafplase het verwaarloosde, besoedelde, gevandaliseerde skuilplekke vir leeglêers geword. Daar is verlate, ingevalle grafte, die kopklip dikwels omgestoot, wat niemand meer besoek nie.

Mense wil ook nie meer deur die somber rituele rondom ’n begrafnis ontroer word nie. Hulle probeer die angel van die dood ontwyk. Hulle wil eerder staaltjies, grappies en vertellinkies hoor en deur die afgestorwene se soms jolige gunstelingmusiek opgebeur word.

Hul as word in ’n gedenkmuur op kerkterreine ingemessel, of in die wind of oor die see uitgestrooi. Tog is daar sin in ’n oop graf. Niks bring jou verganklikheid en die kortstondigheid van hierdie aardse bestaan beter tuis nie.

Só het ek dit herontdek toe ons liefling-jackrussell-seuntjie, Twakkie, ná 15 wonderlike jare van onvoorwaardelike liefde en kameraadskap met behulp van ‘n veearts uit hierdie lewe gehelp en in sy wolkombersie onder ’n melkhoutboom langs die see op Onrus gebêre is.

By sy graffie wou ek, soos Ragel, nie getroos word nie, omdat hy, soos haar kinders aan die hand van Herodes, daar nie meer is nie.

Back to top

32 Op die pad verby Koffiefontein

Marnus Hattingh

(Motors, Die Burger, 19 Maart 2015)

Die storie van die ou in George wat ‘n aand in die selle deurgebring en die volgende môre sommer met die vangwa vort Kaap toe is, het my laat dink.

Jy moet darem baie vies vir die wêreld wees as jy alles net so los, ‘n polisievangwa steel en Kaap toe ry. Ander ouens sal per bus of trein gaan of ryloop. Maar as jy ‘n bakkie steel, die blou-en-witte voor die polisiekantoor met die goue wapen op die deur, is jou planne min en die nood groot.

Van die beste stories hoor jy by mense wat tyd op die pad deurbring. Dana Snyman het ‘n pragtige een oor die gesin wat met ‘n woonwa ge-hike het.

Iemand anders vertel van ‘n vriend wat in sy weermagdae op ‘n naweekpas Sun City toe is. Met R2.50 in sy sak koop hy toe ‘n sigaret en gaan sit-lê met sy bruin kortbroek op ‘n sonstoel langs die swembad. En wys so ‘n virtuele middelvinger aan die ooms wat hom met dié twee jare opgesaal het.  Toe hy die Sondag terugkeer, was ryloop al opsie, omdat sy geld op was. ‘n Jolige paartjie in ‘n slap oopdakmotor hou goediglik stil, en hy klim in. Maar net ‘n minuut die rit in bemerk hy dinge is al te vrolik. Die ou sal vet gee en dan sal die meisie die handrem optrek. Met ‘n gefluit van bande en rook wat trek, kom hulle dan met ‘n swierige es tot stilstand. So hou dit aan. Jaag, hand­briek, bande en rook, en ‘n joviale “joegaai!”. Vir ekstra sports word ‘n bottel hardehout oopgemaak. Die bestuurder neem ‘n sluk, gee dit dan vir haar aan, waarna dit agtertoe na hom gestuur word. Ons weermagvriend besef toe as hy heelhuids terug in die kamp wil kom, moet hy ingryp.

Dus, elke keer wanneer die bottel by hom verbykom, neem hy ‘n ekstra paar slukke; sodat die bottel leeg en die bestuurder nugter kan kom, sien. Net toe hy met ‘n laaste dapper teug die bottel polish, sien hy – effe beneweld – ‘n harige arm by sy voete rond vroetel. En toe die krrrieek! soos die metaal­skroefdop van die volgende bottel oopgedraai word.

My eie belewenis wat ‘n kerf op my lewenservaringsleer gemaak het, was ‘n ryloopsessie iewers tussen Britstown en Drie Susters. ‘n Bakkie met hoë skaaptralies agterop het my by die afdraai na Koffiefontein afgelaai.  Bessie en Krulle het op die bakkie agtergebly, maar ek is vort grondpad toe.

Dit was diep Desember. Warm en droog. En baie stil. Die pad by Koffiefontein verby is selfs op ‘n besige dag nie juis besig nie. Vroeg in Desember wanneer die skole sluit en almal Hartenbos toe gaan, kan jy dalk ‘n paar voertuie verwag. Maar knap voor Kersdag was almal reeds al waar hulle wil wees.

Dus staan jy maar daar langs die afdraai na Koffiefontein en voel dors. Jy tel duiwe om die tyd om te kry. Totdat dit vir die duiwe te warm is om te vlieg. Dan tel jy sonbesies. Maar hei, toe hou die vaal Opel Kadett stil.

Alles was vaal aan die klein Opel. Sy bakwerk was geel verblyk. Die twee ouens binne het vaal kakieklere gedra. Die blou hempsakke was grys geskroei van ure buite in die son. Agter in die beknopte Kadett, Drie Susters toe, het die Desemberhitte jou vaalwit getap. Die lugversorger was die venster se slinger in jou hand.

Dit was toe dat die fris bestuurder sagkens na die skraal outjie langs hom kyk. Sy hand rus op sy knie: “Toe, sit weer vir ons daai lekker plaat op.”

Die kasset se houertjie word agtertoe aangestuur. Ek draai die handgetekende prent op die omslag om. Visvang Tunes II. Op maat van “Ek word lekker lam, by Bronkhorstspruit se dam” suiker ons drie broers gelouter by Drie Susters in.

Ja wat, die pad by Koffiefontein verby sal vir altyd met die speelse visvanggate van ‘n vaal wit Kadett afgebaken wees.

 

Sometimes when you innovate, you make mistakes. It is best to admit them quickly, and get on with improving your other innovations – Steve Jobs

(The Sunday Times, March 22, 2015)

Back to top

33 Kanadees vind sowaar regte reisgenoot

Sapa-AP

(Die Burger, 18 Desember 2014)

TORONTO. – Die Kanadees wat in November die nuus wêreldwyd gehaal het omdat hy ’n gratis vliegkaartjie aangebied het aan die vrou met dieselfde naam as sy eksmeisie, het Me. Reg gevind.

Jordan Axani (28) het die vliegkaartjies reeds in Mei gekoop. Sy verhouding met sy vriendin het toe geëindig en hy wou nie die kaartjies vermors nie. Hy het op die sosiale-media-webwerf Reddit geskryf hy soek nou ’n ander Elizabeth Gallagher om saam te reis. Onder die duisende antwoorde was 18 van Elizabeth Gallaghers met Kanadese paspoorte. Sy gelukkige reisgenoot is ’n 23-jarige student.

Back to top

34 Vroue wat bestuur, vrygelaat

Sapa-dpa

(Die Burger, 14 Februarie 2015)

ISTANBOEL. – Twee Saoedi-Arabiese vroue wat twee maande tronkstraf opgelê is omdat hulle ’n motor bestuur het, is vrygelaat, het aktiviste gister gesê.

Maysa al-Amoudi (33) en Loujain al-Hathloul (25) is Donderdag vrygelaat, maar die saak teen hulle kan voortgesit word, het die aktiviste bygevoeg. Hulle is in November aangekeer.

Volgens berigte sal hulle moontlik in ‘n spesiale terrorismehof verhoor word. Vroue in Saoedi-Arabië word verbied om motor te bestuur hoewel geen wet daarteen bestaan nie.

Vroue in die land beywer hulle al sedert 1990 vir die reg om ook te bestuur. Talle is al opgesluit en in 2011 is ’n vrou lyfstraf opgelê nadat sy bestuur het.

Back to top

35 Mercedes C63 AMG: Só werk die AMG se name

(Motors, Die Burger, 12 Maart 2015)

Oorsee is ses AMG-modelle vir die C-klas te kry. Slegs vier sal na Suid-Afrika kom.

Hou nou mooi kop met die verskeie name:

Die C63 AMG het ‘n warmer broer, die C63 S AMG. Hulle deel dieselfde enjin, ratkas en vering, maar die “S” het net ‘n hoër turbodruk wat hom meer krag (+25 KW) en meer wringkrag (+50 Nm) bied.

Daar is ook ‘n makker model, die nuwe C450 AMG. Hierdie ou het die groep se kleiner 3,0-liter-V6-enjin, ook met twee turbo’s toegerus.

Die verskil tussen C63 en die C450 is soos dié tussen Audi se S4 en RS4-modelle, of dié tussen ‘n Castle en Castle Lite. Die C450 is die makker boet. Sy stilering is nie so uitermate windmakerig nie, en sy verrigting is swakker.

Met dié nuwe knaap in die reeks kan Mercedes meer kopers na sy AMG-naam lok, want die voertuig sal goedkoper wees as die hardebaard-C63.

Laastens is elkeen van hierdie drie ook in ‘n stasiewa-weergawe te kry. Suid Afrika kry net die C63, die C63 S en die C450 in sy sedan-voorkoms.

Back to top

36 Wêreld se ultrarykes raak al hoe ryker

Sapa-AFP

(Die Burger, 25 November 2014)

’n Skamele 0,004% van die wêreld se volwasse bevolking beheer bates van sowat $30 triljoen ($30 000 000 000 000), oftewel 13% van die wêreld se totale welvaart.

Die konsentrasie van geld in die hande van die ultrarykes neem ook toe, sê UBS en Wealth-X in ’n verslag.

Daar is 211 275 individue met ’n ultrahoë netto batewaarde – dit is mense met bates van meer as $30 miljoen – en van hulle het 2 325 meer as $1 miljard se bates.

In Afrika is daar 3 005 ultraryk individue met ’n gesamentlike welvaart van $395 miljard en in Suid-Afrika is daar 835 ultra­rykes met sowat $112 miljard se bates.

Die getal ultrarykes het die afgelope jaar met 6% toegeneem, maar hul gesamentlike rykdom het met 7% gegroei omdat die waarde van aandele en eiendom in baie markte geklim het.

Die gemiddelde ultraryke bestee sowat $1 miljoen per jaar aan luukse goedere en dienste. In die verslag word daarop gewys dat die luukse goedere deel is van hul leefstyl en dat hulle dit nie noodwendig as “luuks” beskou nie.

“Byvoorbeeld, ultraryk individue met private stralers gebruik die vliegtuie nie net vir plesier nie, maar ook vir sake.

“Aan die ander kant, hoewel seiljagte, veral super­seiljagte, gewoonlik nie noodsaaklik is nie, lei baie van die individue ’n openbare lewe en is die privaatheid van ’n vakansie op ’n seiljag ’n baie spesiale plesier.”

Lagos in Nigerië het die meeste ultrarykes in Afrika (520), gevolg deur Johannesburg met 450. Kaapstad het 150 ultrarykes.

Back to top

37 Whisky te koop vir R2 miljoen

Maygene de Wee

(Die Burger, 30 Januarie 2015)

KAAPSTAD. – Het jy R2 miljoen of meer in jou sak en wil jy dit graag aan ’n versamelstuk bestee?

Dan is ’n bottel whisky van R2 miljoen wat die groothandelaar Makro sedert Oktober adverteer net die ding vir jou.

Doug Jones, Makro se uitvoerende hoof, het gesê die bottel Royal Salute is nog nie verkoop nie. Hy beskryf dit as ’n versamelaarstuk en sê iemand wat ernstig oor whisky is, sal dit binnekort opraap. En dit hoef nie oopgemaak te word nie.

Koop jy dié bottel, kry jy ’n kleiner bottel van 50 ml wat jy kan oopmaak om te drink.

Jones het gister gesê dit was die eerste keer dat dié groot­handelaar so ’n duur bottel drank adverteer.

“Daar is baie belangstelling, maar nog geen besliste koper nie,” het hy gesê.

Dié Skotse whisky is een van net 21 en dit het 45 jaar geneem om te vervaardig. Daarby is die bottel ook met wit en swart diamante versier.

Jones het bygevoeg dié bottel voggies is tans nie in Suid-Afrika nie, maar sal sodra dit verkoop word, vergesel van ’n veilig­heids­wag na die land verskeep word en aan die koper oorhandig word.

Op ’n vraag of hulle die identiteit van die koper sal bekend maak, het Jones gesê beslis nie.

“Dit is maatskappybeleid om nie die identiteit van enige van ons klante bekend te maak nie, en ons sal dit beslis ook nie in dié geval doen nie,” het hy bygevoeg.

Back to top

38 Vyf van die bestes!

Anna Celliers

(Die Burger, 17 Januarie 2015)

Soos jy aan die begin van nóg ‘n jaar jou lewe ‘n bietjie onder die loep neem om nuwe voornemens te maak, kan jy gerus ook jou tuin ‘n bietjie onder hande neem. Veral as jy dalk verlede jaar teleurgesteld was met sommige van jou plante.

Hier is my topvyf-plante. Hulle was tot dusver deur dik en dun die ruggraat van my tuin en ek het nie juis lank gewag om hulle op hulle beste te sien nie. Miskien is jy ook op soek na soort­gelyke sleutels tot groeisukses.

  1. Gouemagrietjie, wolhaarpuisbos (Euryops pactinatus)

Dis onmoontlik om swaarmoedig te wees as jy vlak voor ‘n Euryops pactinatus staan – dié inheemse plant is net te vrolik. Op ‘n helder sonskyndag sal die honderde plaasbottergeel madeliefieblomme wat die bos oortrek, jou oog van ver af vang – bye en ander insekbestuiwers s’n ook.

Dis seker een van ons mooiste meerjarige struikies en boonop ‘n goedhartige een wat sy blomskatte in oorvloed uitdeel sonder om te veel inruil te vra.

  1. Sonvanger (Agave attenuate)

Dis een van die mooiste Agaves met groot rosette vol sagte, vlesige en doringlose blare met ‘n ligte mentgroen kleur. Hy verskaf ‘n koel, tropiese voorkoms aan enige tuin. Die wortel­stelsel is vlak en klein, maar het saam met die lang stamme – met hul groot en swaar blaarrosette aan die eindpunte – genoeg krag om grond teen ‘n skuinste stewig vas te hou.

Dié plant het vele lieflike kenmerke: dit groei maklik van stamstegge wat jy bloot van die moederpol kan afsny en in die grond steek; dit groei in volson, maar ook in taamlik diep skaduwee; en die vlak wortels anker baie maklik tussen dié van groot bome.

Die plante is uiters droogtebestand en behalwe slakke wat lief is om aan die sappige blare te vreet, is daar niks anders wat jou sal bekommer nie.

Wanneer die moederroset blom, verskyn ‘n baie lang bloeiwyse vol sagte geel blommetjies. Die gewig van die blomsteel laat dit in ‘n sierlike boog neerbuig, wat die plant sy ander volksnaam – swaan se nek – gee. Dit is ‘n baie vrygewige monokarpiese plant (dit beteken dat die moederplant net eenkeer blom en dan afsterf) wat baie lopers (babaplante) aan die basis van sy stam produseer en taamlik en gou ‘n redelike ruimte toegroei.

  1. Allermanskokerboom (Aloe “Rex”)

Die kruising Aloe “Rex” bevat ál die beste eienskappe van ons land se boomaalwynspesies, soos die kokerboom, nooienskokerboom, boomaalwyn en waaieraalwyn en groei goed in streke waar dié spesies nie suksesvol is nie.

Die plant vorm ‘n indrukwekkende stam en ‘n swaar, geil blaarroset. Die hoofstam vertak mettertyd soos ‘n tipiese boomaalwyn en die bas word ‘n kunswerk soos dié van ‘n ware kokerboom.

In ‘n warm, droë klimaat het die blare ‘n amper ysblou skynsel met helderpienk dorings op die blaarrande, maar as hy meer gereeld water kry, word die blare donkergroen en groei hy vinniger. In albei omstandighede ontwikkel die groot stam soos by die kokerboom.

  1. Rosyntjiebos of duinekraalbessie (Searsia crenata)

Dié immergroen, uiters wind- en droogtegeharde struik van ongeveer 3 m by 3 m het die lieflingplant van tuiniers aan die kus geword. Jy kan hom los om sy natuurlike manier te groei – dig en bosserig – maar hom ook drasties tem in lae, formele heinings.

Jy kan sowat drie van die plante saam in ‘n groot pot plant en hulle aangaande snoei in die vorm van groot balle. Jy wag nie lank vir ‘n heining of ‘n bal nie en die plante groei vinnig as hulle goed versorg word met baie kompos in die grond en gereelde water. S. crenata sal ligte ryp verduur.

  1. Meelplakkie (Kalanchoe thyrsiflora)

In ‘n moderne tuinuitleg word meelplakkies toenemend gebruik as kleurryke massa-fokus-plante in kliptuine, tussen bros­kleurige veldgrasse en aalwyne, as pronkers op die voorgrond van beddings wat ander waterslim-plante insluit, of as apploustrekkers in potte.

Die swaar en vlesige rosette word tot 60 cm breed en het groot, ovaalvormige turkooisgroen blare met helderrooi tot maroen rande. Skouspelagtige meelgrys blomstele van tot 1,3 m lank verskyn in die laat somer tot vroegwinter en dan kom die suikerbekkies vir ‘n soet nektarfees.

Back to top

39 Dieting and Diabetes

Pick ‘n Pay

What is Diabetes?

During digestion, the carbohydrates or starchy foods you eat are broken down into glucose, a type of sugar. This glucose is absorbed into your bloodstream, and becomes known as your blood sugar or blood glucose. Your pancreas then releases the hormone insulin into the blood, which transports the glucose from the blood to the body cells, to be used for energy. The insulin helps to regulate your blood glucose levels.

Diabetes is caused when there is too little or no insulin, or the insulin cannot be used properly by the body. This means that the body cannot control blood glucose levels normally, or use the energy from foods effectively. Instead of feeding the cells with energy, the glucose accumulates in the blood, causing blood glucose levels to rise and, over time, causing damage to the kidneys, eyes, nerves and heart.

Know your types

There are several ‘types’ of Diabetes: Type 1 Diabetes, Type 2 Diabetes and Gestational Diabetes.

Type 1 Diabetes

Accounting for 5-10% of Diabetes cases, Type 1 Diabetes is an autoimmune disease ‘caused’ by the inability of the pancreas to make insulin. A combination of daily insulin, a careful eating plan and physical activity is required for its management.

Type 2 Diabetes

Accounting for 90-95% of cases, Type 2 Diabetes is a metabolic disorder in which the pancreatic cells do not produce enough insulin, or the body doesn’t respond to insulin normally. Occurring most often in people who are overweight, this type of Diabetes can often be managed through food choices, weight control and physical activity alone. Glucose-lowering medication may help the body to produce more insulin, or better use the insulin the body makes. Insulin injections may be needed too.

Gestational Diabetes

Resulting from changes in hormone levels, Gestational Diabetes occurs in about 4% of pregnancies and, although it usually disappears after delivery, requires careful control and monitoring during pregnancy.

You’ve been diagnosed – Now what?

The good news is that by taking responsibility for your health and wellbeing, Diabetes can be managed. The first step is to develop a treatment plan with your lifestyle in mind. Whether you choose to do this with the help of a doctor, Diabetes educator or Dietitian, your treatment plan needs to take four key factors into account: medication, nutrition, monitoring and exercise.

Eating for Diabetes

Did you know that a diabetic diet isn’t just for people with the condition? In fact, dietary guidelines recommended for people with Diabetes are the same as those recommended for the healthy population. So rather than preparing separate meals for yourself, encourage your family to adopt these healthy habits.

Timing is everything

Eat three regular meals per day to help control your blood glucose, energy and hunger levels.

Size matters

It is best to consult with a registered dietitian to learn what portion size is the right fit for you and your health. To find a registered dietitian in your area, visit www.adsa.org.za

You are what you eat

The nutritional quality of the carbohydrates, proteins and fats you eat has a direct impact on your blood sugar and your ability to control it. Use this leaflet for tips on how to spot foods of higher nutritional quality.

 

To build a balanced breakfast meal, choose one food from each of the following food groups to build your plate:

  • High-fibre carbohydrates
  • Lean proteins
  • Vegetables and fruit
  • Small amount of healthy fats

Food examples of each group

Group 1 High-fibre carbohydrates

  • Oat bran
  • Bran cereal
  • Low GI, low fat muesli
  • Wholegrain bread

Group 2 Lean proteins

  • Low fat milk
  • Low fat yoghurt
  • Baked beans
  • Egg

Group 3 Vegetables and fruit

  • Raw vegetables
  • Raw fruit
  • Dried fruit (in small servings)

Group 4 Healthy fats

  • Seeds
  • Nuts
  • Avocado
  • Peanut butter
  • Humus
  • Olive oil
  • Canola oil

 

Interpreting food labels

One of the best ways to determine whether a product is suitable for someone with Diabetes, is to learn to interpret food labels. Once you understand what to look out for on food labels, you will begin to navigate the store aisles with ease, while choosing suitable products for your needs. In South Africa, the way manufacturers label nutritional information on food packages has been standardised, which means that no matter which food you are looking at, the same method of interpreting labels always applies.

A   The information per 100g allows you to compare how much of each nutrient is found in different products. This means that you can choose the higher fibre, lower sugar and lower sodium products by comparing their nutrition tables.

B   The recommended serving size indicates how much of that product you should eat at one time, while the information per serving indicates how much of the various nutrients you will get from one serving of that food.

C   This is a measure of the amount of energy a food provides. Taking in more energy than your body needs or uses will result in weight gain, so it is important to balance your extra energy intake with regular physical activity.

D   People with Diabetes are permitted to have some sugar, provided it is consumed in a small serving, in the context of a balanced meal. Eating too much sugar in one go can have an impact on your blood sugar levels, so aim for products with a lower sugar content wherever you can.

E   Eating too much fat can cause excess energy intake and weight gain, so it is best to choose lower fat products wherever possible.

F   A high intake of saturated fat has been linked to increased risk for heart disease. Choose products lower in saturated fats as a general rule of thumb.

G   The higher the fibre content, the better! Fibre is important for digestive health and helps promote a more gradual impact on your blood sugar levels. Our Department of Health stipulates that a food must contain at least 6g fibre per 100g in order to be classified as high in fibre, or at least 3g per 100g to be a source of fibre.

H   A high sodium intake is linked to increased blood pressure. Ensure that your total sodium intake from processed foods and added salt is not more than 2000mg per day.

 

Top tips for healthier choices when shopping by category

Breakfast cereals

  • Choose high-fibre options (>6g per 100g)
  • Compare and choose options with lower sugar levels
  • Choose cereals with lower sodium levels
  • Examples: oats, rolled oats, oat bran, wholegrain breakfast cereals like bran flakes, shredded bran, low GI low fat muesli.

Cheeses

  • Choose fat-free or low fat cheeses
  • For hard cheeses, aim for a fat content of less than 13g per 100g
  • Restrict your intake of hard cheeses to twice a week
  • Examples to choose from: Low fat or fat-free cottage cheeses, Ricotta cheese, low fat feta or reduced fat cheeses

Breads

  • Choose breads which claim to be ‘whole-wheat’ or ‘wholegrain’
  • Opt for breads which are low GI
  • Your breads should be high in fibre (>6g per 100g)
  • Examples: Heavy breads such as health breads and seed loaves, pumpernickel bread, rye breads, low GI breads

Crackers

  • Choose crackers which claim to be ‘whole-wheat’ or ‘wholegrain’
  • Your crackers should be high in fibre (>6g per 100g)
  • Aim to choose the crackers lower in total fat and sodium
  • Examples: Provita, Ryvita, Finn Crisp

Milk and yoghurt

  • Choose lower fat dairy products
  • Be aware that sweetened yoghurts may contain added sugar
  • Choose plain or artificially sweetened yoghurt more often
  • Examples: Skim or low fat milk in liquid or powder form, low fat buttermilk, plain low fat yoghurt, artificially sweetened fruit and flavoured yoghurts

 

Building your cooked breakfast

Use your plate model to build a balanced cooked breakfast that is:

 

1/4 High-fibre carbohydrate

  • Swap your chips for a slice of whole-wheat toast.
  • Use whole-wheat flour instead of white flour when making home-made baked goods like crumpets.

1/4 Lean protein

  • Prepare your eggs without adding additional fat to them by boiling, poaching, microwave scrambling or cooking an omelette without cheese.
  • Try poached haddock, grilled kippers or fresh salmon instead of bacon.
  • Choose baked beans as your protein serving over processed meats such as sausages and bacon, which tend to be high in fat and salt.

1/2 Veg

  • Add volume to your plate with grilled vegetables such as tomatoes, mushrooms and onions.
  • Feel like an omelette? Include mainly grilled vegetables for a filling, healthy choice.
  • Remember to use fat sparingly when preparing your veggie sides.

Small amount of healthy Fats

  • Use fat sparingly in your cooking by aiming to use only 1 teaspoon of fat per person sharing the meal.
  • Use oils such as olive, canola and sunflower oils in place of brick margarine, butter and other solid fats.
  • Look out for canola, olive or vegetable oil sprays, which allow you to use less oil in your frying pan.

 

Did you know?

Research has shown that replacing saturated and trans fat with poly- and monounsaturated fats helps to protect against heart disease.

Beans are legumes, which are a source of protein and fibre, good for people with Diabetes as they help control your blood glucose levels. Just be sure to eat beans in the serving size appropriate to your meal plan as they do contain some carbohydrates.

Quench your thirst

Choosing hot and cold beverages

When it comes to Diabetes, food often takes centre stage. However, it is important to remember that what you drink has as much of an effect on your waistline as it does on your blood glucose. Water is the most readily available and healthy beverage, which is why it should make up most of your daily fluid intake.

 

Need to drink more water? Here’s how…

  • Take water breaks instead of coffee breaks throughout your day.
  • Keep a bottle of chilled water on your desk at work.
  • Choose water over other beverages when buying from a vending machine or convenience store and opt for sparkling water at special occasions.
  • Have a glass of water with all your meals and snacks (this will also help to fill you up to prevent overeating).
  • Flavour your water with a squeeze of lemon or lime juice for a light, refreshing drink.
  • Make your own flavour-infused water at home by simply putting water in the fridge with cucumbers, strawberries or fresh mint for a refreshing low-calorie drink.

 

The benefits of exercise

Regular activity is as key a part of managing Diabetes as proper meal planning, regular monitoring and taking medication as prescribed. When you are active, your cells become more sensitive to insulin, which means that your body can work more efficiently. During exercise your cells also remove glucose from the blood using a mechanism totally separate from insulin. So, not only does exercising consistently lower blood glucose, it also improves your blood glucose control overall.

Is there such a thing as a bad egg?

Eggs are relatively high in cholesterol, yet there is now enough evidence to suggest that we can eat an egg a day without a detrimental effect on our blood cholesterol levels.

 

The South African food-based dietary guidelines allow for 4 eggs per week and here’s why:

  • Eggs are a source of protein and several essential nutrients.
  • Although eggs are relatively high in cholesterol – 210mg per large egg (50g) – they have a low saturated fat content.
  • Many of the studies linking eggs to high blood cholesterol levels and poor heart health are now criticized and considered to be weak.
  • New evidence suggests that eating eggs is associated with satiety (feeling fuller for longer), good weight management and better diet quality.

So, if you enjoy eggs, go ahead, include them in your diet. Just remember:

  • Prepare your eggs with no extra fat by boiling, poaching or scrambling them.
  • Limit your egg intake to 1 egg per day. And, if you have raised blood cholesterol levels, limit your intake of animal fats and increase your vegetable, fruit and fibre intake.
  • Egg whites contain no cholesterol. So, if a recipe calls for a few eggs, moderate your cholesterol intake by using two egg whites in place of one whole egg.

Craving a little liquid variety? Here’s what you can sip on:

  • Up to 3 cups of caffeinated tea or coffee per day, using low fat milk and an artificial sweetener if required.
  • Unsweetened rooibos, black, green and herbal teas.
  • Most diet drinks (like diet soda or diet tea) have zero grams of carbohydrate per serving, so they will not raise blood glucose on their own. If drinking diet-fruit squashes and artificially sweetened diet cold drinks, have no more than 3-4 cans per week.
  • Cocoa powder can be used to make a hot chocolate drink with boiling water, some skim milk and a little artificial sweetener.

 

And what you shouldn’t

Avoid sugary drinks like regular fizzy drinks, fruit punch, fruit drinks, energy drinks, sweet tea, and sugar-sweetened smoothies. These will have an impact on your blood glucose levels and can provide several hundred calories in just one serving.

Top tip:

Get moving and get the most out of your exercise routine by incorporating strength training (to build muscle and body structure), cardiovascular training (to improve heart health) and flexibility training (to ensure supple limbs and range of movement).

Back to top
40 Marie-Louis Guy se grondboontjiebotter-tert

(Leefstyl, Die Burger, 11 Maart 2015)

Genoeg vir 6-8

Jy het nodig vir die kors:

125 g gesmelte botter

2 k (150 g) veselryke koekies (digestive biscuits), fyngedruk

Vir die vulsel:

200 g roomkaas

200 g suiker

250 g gladde grondboontjiebotter

15 ml botter, gesmelt

5 ml vanieljegeursel

250 g vars room, geklop tot stywe-punt-staduim

Vir die bolaag:

3 e (45 ml) warm koffie

1 k (150 g) sjokoladesplinters of gekapte sjokolade

½ k (60 g) geroosterde grondboontjies

Só maak ‘n mens:

  1. Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer ‘n 23 cm-flan-pan met ‘n los bodem.
  2. Meng die botter en die koekiekrummels. Druk dit deeglik op die bodem en kante van die voorbereide pan vas. Bak 10 minute en laat afkoel.
  3. Klits die roomkaas, suiker, grondboontjiebotter, botter en vanieljegeursel in ‘n elektriese menger met die spaan-bytoestel (paddle attachment) tot romerig.
  4. Vou die helfte van die geklopte room versigtig by en herhaal dan die proses met die res van die room. Skep die vulsel in die afgekoelde tertdop.
  5. Om die bolaag te maak, giet jy die warm koffie oor die sjokolade en laat dit ‘n paar minute staan. Roer totdat die sjokolade gesmelt het en laat dan afkoel tot kamer­temperatuur. Dit behoort effens dik maar steeds vloeibaar te wees. Giet oor die tert en sprinkel die grondboontjies oor. Verkoel die tert oornag in die yskas.

Back to top

41 Individueel gebakte piesangkaaskoekies

(Die Burger, 15 April 2015)

Lewer 12 kaaskoekies.

Jy het nodig:

Vir die kors:

100 g klapperkoekies, fyn gekrummel

60-80 ml gesmelte botter

Vir die vulsel:

1×230 g-houer ongegeurde roomkaas

30 ml koekmeelblom

2 klein, ryp piesangs, fyngedruk

2 ekstragroot eiers, geklits

5 ml vanieljegeursel

geklopte room, om bo-op te skep

Só maak mens:

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Meng die koekiekrummels en gesmelte botter. Skep ongeveer 30 ml van die krummelmengsel in papierkoppies en druk dit goed vas met die onderkant van ‘n teelepel. Pak die papierkoppies in ’n muffinpan se holtes.
  3. Klits die roomkaas tot glad. Voeg die meel en piesangmoes by en klits goed. Roer die eiers en vanieljegeursel by.
  4. Skep die papierkoppies driekwart vol met die kaaskoek­mengsel. Bak vir 25 minute tot ferm.
  5. Haal die pan uit die oond en laat effens afkoel. Lig die kaaskoekies versigtig uit die muffinpan en laat op ‘n draadrak afkoel tot benodig.
  6. Skep ’n teelepel geklopte room op elke koekie voor dit voorgesit word. Jy kan dit met kleursprinkels, vermicelli of gekapte neute versier.

Back to top

42 Bros gekrummelde macaroni-en-kaasskywe

(Die Burger, 15 April 2015)

Dié kindergunsteling word met ’n lagie bros krummels gemaak en lewer genoeg porsies vir agt mense.

 

Jy het nodig:

250 g (halwe pak) macaroni

Vir die witsous:

60 ml elk botter en koekmeel

560 ml warm melk

375 ml gerasperde cheddarkaas

5 ml sout

knippie witpeper

5 ml Dijon-mosterd

Vir die krummellaag:

180 ml gegeurde koekmeel

3 eiers, geklits

375 ml vars witbrood-krummels

olie, vir braai

Só maak mens:

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondvaste bak met botter.
  2. Kook die pasta in soutwater wat vinnig kook tot sag, maar ferm.
  3. Terwyl die pasta kook, berei die witsous: Smelt die botter in ’n kastrol oor matige hitte op die stoof, voeg die koekmeel by en roer tot glad. Verhit tot die mengsel borrel, terwyl jy ongeveer een minuut lank aanhoudend roer. Voeg die melk by en verhit tot die sous kookpunt bereik, terwyl jy heeltyd die mengsel roer. Roer die sout, peper en mosterd by en laat prut vir drie minute terwyl jy voortdurend roer. Haal van die stoof af, voeg die kaas by en roer tot goed gemeng.
  4. Giet die sous oor die pasta en meng deur. Skep in die gesmeerde oondbak en bak 20-30 minute tot ferm en goudbruin. Laat dit afkoel tot kamertemperatuur en verkoel verder tot yskoud.
  5. Sny die macaroni-en-kaas in skywe en lig dit met ‘n eier­spaan uit die bak. Bestuif eers die pastaskywe met meel, doop dit dan in geklitste eier, sodat dit met ’n egalige eierlagie bedek is. Rol laastens elke pastaskyf in broodkrummels en druk dit goed met jou hande vas.
  6. Verkoel tot benodig of braai sommer dadelik in vlak, matige warm olie tot goudbruin, bros en deurwarm. Sit dadelik met jou gunstelingsous voor.

Back to top

43 Hoe om lamslendetjops te braai

Jan Taljaard

(Die Burger, 17 Januarie 2015)

’n Lendetjop is ’n ware superster van die braai. Hy is presies soos ’n T-been-steak, maar uit lam gesny. Dit is nie net die duurste lamsvleis-snit nie, maar een van die duurste vleissnitte op die mark.

Dit beteken jy moet eerder nie speletjies speel wanneer jy hom op die rooster neersit nie. Hou die resep en braaiwerk eenvoudig sodat die natuurlike smaak nie oorheers word nie. As jy ’n vreeslike ingewikkelde of vreeslik kommersiële braaisous wil gebruik, skuif eerder oor na ’n ander soort vleis!

Maak seker jy haal die tjops betyds van die kole af, anders gaan hulle uitdroog.

 

Wat jy nodig het (vir 4 mense):

12 lendetjops

2 knoffelhuisies

1 sopie (25 ml) vars roosmaryn (of tiemie of origanum, sien die opsies hieronder)

1 sopie suurlemoensap (vars uitgedruk)

2 sopies olyfolie

growwe seesout en swartpeper

Laat waai!

  1. Maak een of twee klein snitte deur die vetstrook van elke tjop. Dit sal keer dat die tjops buig wanneer die vet gaar word en saamtrek. Jou gaste sal dan ook kan sien dat jy aandag gee aan detail in die voorbereiding van hul ete en ons almal weet dat die voorkoms van kos net so belangrik soos die smaak is.
  2. Kneus die knoffel of kap dit fyn, stroop die roosmarynblare van die stingel af en voeg by die suurlemoensap en olyfolie. Roer dan die tjops daarin rond sodat die vleis albei kante met ’n lagie marinade bedek is.
  3. Laat die vleis marineer so lank dit die vuur neem om uit te brand en kole te maak. As jy die vleis oornag wil laat marineer, doen dit gerus, maar voeg dan die suurlemoensap eers by wanneer jy die vuur aansteek. Suurlemoensap is ’n kerndeel van dié resep, maar dit is heeltemal te aggressief om oornag saam met die delikate lende-tjops deur te bring.
  4. Braai die tjops vir 8 tot 12 minute oor warm kole totdat hulle daardie punt tussen medium-rou en half-gaar bereik waar lam die lekkerste smaak. Lendetjops wissel nogal in grootte en hoe warm jou vuur is, sal ook ’n rol speel in hoe lank dit neem om hulle te braai. Onthou die goue reël: As jy dink hulle is reg, is hulle waarskynlik reg. Besonder klein lamstjoppies is al ná 6 minute reg. Gebruik jou goeie oordeel.
  5. Maal die sout en peper oor die tjops terwyl hulle braai. As jy lui is, kan jy dit doen voordat hulle kole toe gaan, maar as jy dit byvoeg wanneer die vleis klaar op die kole is, sal iemand vra watter speserye jy gebruik en dan kan jy almal binne hoorafstand beïndruk deur te sê dat jy net sout en peper bysit omdat jy dinge eenvoudig wil hou met lendetjops.

EN …

Die ander spesery wat altyd goed werk saam met lamsvleis is koljander. Koop gedroogde koljandersaad en maal dit met jou stamper en vysel fyn. Strooi oor die tjops voor of terwyl hulle braai. Dikker lendetjops moet so gebraai word dat drie kante van die tjop (die twee “gewone” kante en ook die vetstrook om die rand) elk ‘n beurt kry om kole toe te wys. Braai eers die twee gewone kante en balanseer dan die tjops teen mekaar met die vetstroke aan die kole se kant. So sal die vet lekker bros braai.

Jy kan ook al die tjops saam op ’n sosatiestokkie inryg. Braai eers die vetkant vir ’n minuut of drie. Trek dan die stokkie uit en braai die twee vleiskante.

Ek het aanvanklik dié resep met tiemie aangepak, maar in die Suid-Afrikaanse braaikultuur is ’n kombinasie van roosmaryn, olyfolie en knoffel ook ’n gewilde keuse vir lamsvleis.

Dit was totdat ek iets nuuts geleer het op die Griekse troue van vriende van my, Dan Nicholl en Dimitra Kouvelakis. Daar het ‘n familie­lid van die bruid my vertel dat origanum eintlik die regte krui vir dié resep is.

Ek stel voor jy probeer al drie opsies en besluit self watter een jy verkies. Onthou net: stadig oor die klippe met die kruie sodat jy die natuurlike smaak van die lam behou.

Back to top

44 Om hoederstukke te braai

Gebraaide hoender is ’n ware plesier, en dit is ook een van die tipes vleis, glo ek vas, waarvoor dié gaarmaak­proses nie ’n gelyke het nie (die ander twee is vis en lam).

Nie ’n enkel manier van hoender voorberei, selfs in die beste restaurante ter wêreld, kom naby die eenvoudige braai daarvan nie.

Gebraaide hoender smaak elke keer beter.

Die probleem met hoenderbraai is die geneigdheid van die vel en die buitekant om te brand voordat die binnekant behoorlik gaar is.

Die probleem kan oorkom word.

Een snit tot teen die been van elke hoenderstuk maak die pad vir die hitte oop om die been te bereik en die hoender van binne af gaar te kry. So ’n snit gee die marinade en speserye – en die braaigeur – ook kans om die vleis se binneste te bereik.

In Gugulethu, ’n township in Kaapstad, is die wêreldbekende eet- en kuierplek Mzoli’s Chisa Nyama. Naweekmiddae raak nogal besig langs die braaivure en daar is nie altyd genoeg tyd om hoenderstukke konvensioneel te braai nie. Die braaiers versnel die proses deur die tegniek hierbo te gebruik en elke stuk tot teen die been te sny – so as snywerk vir jou ’n bietjie te progressief klink en jy is nie seker of jy my kan glo nie, vertrou maar vir Mzoli. Hy braai elke naweek meer hoender as wat die meeste van ons in ’n leeftyd oor die kole gooi en hy ken sy storie.

 

Wat jy nodig het (vir 4 tot 6 mense):

12 hoenderstukke (boudjies of dye)

1 (25 ml) sopie botter

1 sopie knoffel (gekap)

1 sopie suurlemoensap

1 sopie opgekapte vars kruie (pietersielie, salie, roosmaryn, tiemie, basiliekruid)

1t sout

1t peper

Laat waai!

  1. Meng al die bestanddele, behalwe die hoender, saam.
  2. Neem ’n skerp mes en maak een lang, diep sny tot teen die been van elke boudjie en een of twee diep snye in die bokant van elke dy.
  3. Gebruik ’n teelepel om van die mengsel in elke sny te stop en gebruik jou skoon hande om die mengsel ordentlik in te vryf. Vryf al die marinade wat oorbly regoor die hoenderstukke.
  4. Braai die stukke oor matige kole vir omtrent 20 minute en draai gereeld totdat hulle gaar is.

Back to top

45 BRAAI Etiquette – the rules are simple!

Allen McNeil – On Braai

Some people have their own house rules but here are some simple rules to follow to keep everyone happy around a braai.

Make an effort when you purchase your meat – a BRAAI is a serious event, so treat your shopping that way too. In the good old days the butcher was as close as family, so to say. Today things are so much easier and impersonal.

Faces have been replaced by shopracks with the consequence that today’s generation has no idea what real good meat is all about. If a product is well packed then it is automatically good enough to braai. It’s a myth!!! So if you know nothing about meat, ask your butcher.

There is no such thing as a “too hot a fire”. Have thicker cut portions for a braai! Thin steaks are always tough and doesn’t taste nice anyway.

Steaks are usually medium-rare or even medium. If you prefer your meat “well done” use a blow torch and keep your meat off the braai. At the same time just go run into a brick wall, face first repeatedly.

Rare is only for those who whole heartedly appreciate the taste of meat.

Steak without fat is not steak. (fillet has no fat … fillet is for old people with false teeth.)

Tenderized steak is meant for steak rolls at the local church bazaar sale, not on a braai!

Boerewors must still be able to bend when you take it off the grid and must not be poked full of holes.

Meat is served directly from the braai grate and not out of a low-heated oven.

Passing out before the meal is not cool – it is rude and an indication that you have bad manners.

If you want to braai your own meat because you do not trust the cook, or if you are generally just full of nonsense, talk before the time or simply don’t come for the braai.

If you grant someone else the braai rights at your own home then he shouts the odds.

If you want to make a wood fire, get good decent quality wood. Use wood only if you have sufficient fire starters because to get the fire going needs heat, lots of heat. The smoke from a struggling fire is a nuisance – Smokey Robinson was not invited.

If you claim you can braai and cannot make a proper fire then you’re a liar too.

Compliment the cook if the meat is good. If not, say so. How else do you expect him to learn the art?

One or two salads is more than enough at a braai.

Keep your cigarette stompies (butts) out and away from the fire. Leave your bad habits at home!

When watching rugby, light the fire during half time.

You eat chicken with your hands, lamb chops as well. Steak and boerewors with a knife and fork.

If you eat pap with milk and sugar at a braai, you are probably not from South Africa (most likely from the Western Cape) so ask everyone at the braai to “klap” you on your head, but that probably wouldn’t help anyway.

Politics, the exchange rate and baby talk is out around a braai fire. Sports, Facebook, smartphones, fashion and cars are the norm. Catch my drift?

Fishing stories only get spoken when everyone is nice and even slightly tipsy, because for those who do not fish and understand the sport can simply join in and talk nonsense with everyone else.

Meat must be turned regularly, not half way burnt on one side and then turned over to try and regulate the cooking. Flip your meat regularly. Salt is only added when you are about to remove the meat from the braai. If it is your idea to dry the meat out before you eat, go get yourself a piece of real dry ostrich biltong to curb your cravings.

Braaiing is not just an occasion to stand around and drink. I do not know why not, but a lot of effort is taken with the preparation and I am pretty sure the guests want to enjoy a good piece of meat.

… and by the way, those who want to eat at 08:00 in the evening, rather stay at your own house, there is no set time to eat at a braai, eat when the meat is ready to be taken off the fire.

…again, the rules are simple!

So keep by the rules and enjoy your braai.

Feedback is welcome on the Braai articles so let me know how the Braaiing went.