DIE NUWE PIONIER – SEPTEMBER 2013

Die Nuwe Pionier - Desember 2012

INHOUD/CONTENTS

1. Skole van hel sê iets van ons gemeenskap

2. Kolskoot op Kenia se emosionele hartklop

3. Diep Tienie word digter op Facebook

4. Testament: Het jy een?

5. `Nuwe` karnivoor ‘n vrugte-eter

6. Dié Boer wil bieg

7. Motorfiets sonder ryer ‘n raaisel

8. Klagtes oor batterye nie meer in radio’s pas

9. Vertel ons van die droom

10. Regstappe dreig teen Spanje

11. Belhar lei predikant in kritiek teen Zuma se selfverryking

12. Nuwe PVR kan 220 uur opneem

13. Twee jollie Jehovas kom klop by my

14. Nuusoorsig

15. Geld is stom en die stelsel krom

16. Kosie (6) kielie die konsertina se klawers

17. Verkleurmannetjies was see-resigers

18. Ma op die rug¬byveld

19. Geniet die lewe nóú

20. SA siek weens swak voeding

21. Heuningbos-naam ook gou deur wet beskerm

22. Ouers moenie hul kinders begrawe nie

23. Swerfvalk hou stadion se saaddiewe weg

24. Voubiljette by medisyne vir baie Grieks

¬Appendix
Moroccan lamb riblets with couscous
Couscous
Cabbage, beetroot and sultana chutney
Man salad
Coleslaw

Jaargang 81, No 09
Volume 81, Nr 09
Datum 30/09/2013 Date

Uitgewers: Pionierskool ― Instituut vir Blindes
Publishers: Pioneer School ― Institute for the Blind

Gedruk en versprei deur die Pionierdrukkery, Posbus 994, WORCESTER, 6849
Printed and distributed by the Pioneer Printers, P.O. Box 994, WORCESTER,
6849

REDAKSIE
Redakteur: MARIé-LOUISE DU PREEZ

Rig asseblief alle korrespondensie aan:
Please direct all correspondence to:

――――――――――――――――――――――――――――
Die Redakteur The Editor
Die Nuwe Pionier Die Nuwe Pionier
Posbus 994 P.O. Box 994
WORCESTER WORCESTER
6849 6849
ccccccccccccccccccccccccccccccccccccc

Tel.: (023) 342 6313
Faks/Fax: (023) 342 0335
E―Pos/E―Mail: marielouise@pioneerprinters.org.za

Die redaksie onderskryf nie noodwendig die menings wat in die artikels en briewe in Die Nuwe Pionier uitgespreek word nie, en behou hom die reg voor om sodanige stof te verkort en redaksioneel te versorg.

The editorial staff does not necessarily endorse the opinions expressed in the articles and letters in Die Nuwe Pionier, and reserves the right to abbreviate and edit such articles.

Hierdie publikasie is moontlik gemaak deur ‘n ruim subsidie van die L W Hiemstra Trust en Marie Luttig Trust.

This publication is made possible by a generous subsidy of the L W Hiemstra Trust and Marie Luttig Trust.

Back to top

Skole van hel sê iets

van ons gemeenskap
¬Nico Koopman
Die Burger, 21 Augustus 2013

¬Verlede Donderdag se voorbladberig in Die Burger oor die krisis in talle skole op die Kaapse Vlakte was ontstellend.
¬Koeëls vlieg deur die vensters, ouers is bang om hul kinders skool toe te stuur, en onderwysers voel erg bedreig. ‘n Senior onderwyser sê dit is hel in die omgewing.
¬Skole is ‘n barometer; en as skole plekke van hel word, sê dit iets van die breër samelewing.
¬Ons kan nie gerus wees as talle kinders in ons land nie goeie onderrig kry nie; as statistieke toon dat ons prestasievlakke laer is as dié van ander Afrika-lande wat ongunstiger sosiaal-ekonomiese omstandighede as ons het; as onderwysers lyf wegsteek en deur vakbonde beskerm word; as onderwysers wat wil werk, nie die nodige middele tot hul beskikking het nie; as onderwysers wat hard werk, nie erkenning en insentiewe kry nie; as ouers nie kinders skool toe kan stuur in die wete dat hulle veilig is nie; as onderwysers self onveilig in hul klaskamers is.
¬Geloofsgemeenskappe doen baie, maar word verder geroep om op priesterlike wyse saam te voel met skole wat dit moeilik het, en om in huise en kerke, sinagoges en moskees voorbidding vir ons skole en onderwysowerhede te doen.
¬Ons kan priesterlike sorg demonstreer aan ons skole en besoeke aflê by skole, en waardering wys vir pogings wat onderwysers onder moeilike omstandighede aanwend. Ons kan solidariteit betoon met ons skole, en hul edele pogings en aktiwiteite steun. Daar is juis ekumeu¬niese predikantekringe wat in sommige woonbuurte inisiatiewe loods soos “Adopt a School”. Elke gemeente neem dan ‘n spesifieke skool aan en staan hom priesterlik by.
¬Ons het ook ‘n profetiese verantwoordelikheid teenoor ons skole. Ons kan profetiese kritiek uitspreek en protest¬eer teen wat verkeerd in ons onderwysstelsel, skole en samelewings is. Geweldenaars moet ervaar dat daar ‘n skare van protes is teen hulle wat die lewe vir ons kinders en onderwysers hel maak. Hulle moet sien hoe geloofsgemeenskappe, die burgerlike samelewing, die polisie en die owerhede saamstaan teen die magte van geweld, en dat ons ook hul bekering soek.
¬Ons moet ook aan die openbare gesprekke oor ons onderwyssituasie deelneem en ‘n impak maak op die denke en beleid daaroor. Ons moet op profetiese wyse saamdink en saamsoek na oplossings. Ons moet laastens ook ‘n dienskneggestalte aanneem en tot hoopvolle aksie oorgaan. Filippense 2 vers 13 stel dit mos helder dat die Here in ons werk sodat ons die goeie wíl en sodat ons die goeie dóén.
¬Geloofsgemeenskappe se priesterlike saamvoel, profetiese saamdink en protes, en dienende saamhandel kan daardie bydrae lewer wat die hel wegneem uit ons skole en woonbuurte, en iets van die hemel laat deurbreek.

Back to top

Kolskoot op Kenia
se emosionele hartklop

By, 26 September 2013

¬Al-Sjabaab het die volmaakte simbool van Kenia se vooruitgang gekies. Die Amerikaanse joernalis Eve Fairbanks verduidelik hoekom dié terreurgroep die Westgate-sentrum in Nairobi geteiken het.
¬Toe ek na Suid-Afrika verhuis het, was ek aanvanklik verward oor die ereplek wat winkelsentrums in die lewe van die moderne Afrikaan beklee.
¬Stedelike Amerikaners dink m¬al¬ls is ontsettend un-cool, maar in Johannesburg is hulle dié plek om gesien te word.
¬Almal wou my ontmoet by Sandton City, selfs kunstenaars en intellektuele, die soort mense wat dit in Amerika nie sou waag om naby ‘n winkelsentrum gesien te word nie.
¬Een van my vriendinne, die ontwikkelingsekonoom Yedit Fessehaie, reis oral in Afrika. In baie van die hoofstede wat sy besoek, is winkelsentrums “vir alle praktiese doeleindes die enigste plek waar mense kuier”, vertel sy.
In die Zambiese hoofstad, Lusaka, “dollie mense hulle op of hulle na ‘n okkasie gaan” vir ‘n besoek aan Manda Hill, ‘n sentrum wat spog met 11 verskillende elektronika-winkels.
¬Daar is ‘n rede hoekom die Al-Sjabaab-terroriste wat verlede Saterdag die Westgate-sentrum in Kenia aangeval het in plaas van die regeringsgebou, ‘n straat in die middestad of ‘n vervoer- nodus. Dié sentrums staan al hoe meer sentraal tot die stedelike bestaan in Afrika.
¬Hulle is die hartklop van die vasteland se snelgroeiende stede; plekke waar enigeen van ‘n diplomaat in ‘n snyerspak, ‘n rugsakreisiger in ‘n surfer-kortbroek en ‘n middelklas-jappie tot armes uit plakkersbuurte bymekaarkom om die droom uit te leef van ‘n toekomstige Afrika.
¬Een sonder die hekke en doringdraad wat armes en rykes verdeel in woonbuurte en minus die lukraakheid en ruheid wat die vasteland se openbare infrastruktuur bederf.
¬Terwyl die drama by Westgate ontvou het, het die storie die ronde gedoen die aanvallers het dié sentrum gekies omdat dit ‘n uithangplek van wit ekspats is.
¬Maar die foto’s van die toneel vertel ‘n ander verhaal: ‘n Ongelooflike wye spektrum mense is in die spervuur betrap.
¬Die aanslag op die sentrum het Kenia se emosionele hartklop getref. Dit het sy nuwe verbruikersklasvisie van homself gekwes net soos die aanval op die World Trade Centre in New York gemik was op Amerika se kernbeskouing van homself as ‘n plek waar harde werk jou groot hoogtes laat bereik.

`Jy kan doen wat jy wil`
¬Die tempo van verstedeliking in Afrika is snel. In 1990 het net meer as ‘n kwart van alle Afrikane in stede gewoon. Teen 2025 sal meer as die helfte van alle mense op dié vasteland stedelinge wees; ‘n algehele bevolking van 700 miljoen.
¬Afrika huisves ook die wêreld se snelgroeiende middelklas. By die samevloei van hierdie twee neigings vind jy die winkelsentrum.
¬Kleinhandel is nou die voorste beleggingsgebied in Afrika. Dit troef selfs natuurlike hulpbronne, wat nog altyd die vasteland se belangrikste trekkrag vir beleggers gebied het.
¬Honderde winkelsentrums het die afgelope dekades oor Afrika heen opgeskiet. ‘n Enkele Suid-Afrikaanse ontwikkelingsmaatskappy bou 50 mega-sentrums met spoggerige name soos M¬all¬ of Kigali, M¬all¬ of Mauritius, M¬all¬ of Mozambique en M¬all¬ of Zimbabwe, wat sowat ‘n miljard rand sal kos en selfs ‘n “vleiland” sal hê.
¬Hierdie sentrums is nie net gemik op gerief nie. Dit is ook ruimtes waar jy met nuwe identiteite kan eksperimenteer. In Zambië, vertel Fessehaie, het tradisionele gesagsfigure ‘n “probleem met minirokke”. “Maar in die sentrums dra meisies dit saam met goue spykerhakke. Jy kan doen wat jy wil.”
Hierdie identiteite is terselftertyd verbruiksugtig en kosmopolities. Naas reuse-afdelingswinkels spog hierdie sentrums altyd met prettige kafees wat Italiaanse delikat¬esse-geregte of soesji bedien, reg in die middel van die wye gange. Restaurantgangers wat bessiekaaskoek verorber, word op dié manier ten toon gestel aan die maksimum aantal winkelgangers.
¬Hierdie wye gange is ‘n soort Champs-Élysées, dié plek waar jy en jou gesin kan pronk. Die Artcaffé in Nairobi se Westgate-sentrum waar die aanvallers begin skiet het, was veral bekend. Dié kafee se tamaai en wonderbaarlike vertoonkas vol Franse fyngebak was ‘n kunswerk.

¬’n Wêreldjie op sy eie
¬Ons Amerikaners dink aan winkelsentrums as plekke van blinde konformiteit.
¬In Afrika is hulle wêrelde van onverwagse diversiteit. Tot my verbasing het ek gou gekies om liewer in die opelugkafees in winkelsentrums te sit en skryf as in losstaande koffiewinkels. Ek het ‘n groter verskeidenheid van mense daar gesien.
¬Losstaande restaurante in Afrika het dikwels ‘n snobistiese atmosfeer, hul hekke bewaak deur hekwagters. Toe hy die skedonk sien waarin ek ry, het die sterkman by ‘n deftige Suid-Afrikaanse eetplek volgehou die plek is gesluit, selfs al kon ek oor sy skouer mense binne sien eet.
¬Dié restaurante beklemtoon die kloof tussen rykes en armes.
¬Ondanks die middelklas se groei woon 70% van stedelike Afrikane steeds in krotbuurte. Hierdie grens is ooglopend in middelklas-woonbuurte as jy kyk na die doringdraad en die hoë, dik mure wat deftige huise en woonstelle omring.
¬Winkelsentrums, daarenteen, is wawyd oop. By sentrums in Kenia stop veiligheidswagte jou soms met groot gebaar wanneer jy aankom, maar eintlik is enigiemand welkom.
¬Caroline Kihato, ‘n stadsbeplanner van Kenia, vertel selfs haar vriende van Kibera, ‘n berugte krotbuurt in Nairobi vol sinkhokkies en oop rioolstelsels, is gek na winkelsentrums. “Jy kan daar sit en ‘n koppie tee geniet,” vertel sy. “Jy kan selfs net rondloop en met jou oë koop.
¬“Niemand gaan vir jou sê: `As jy nie koop nie, gee pad.`”
¬Sy meen sentrums is ook aanloklik omdat daar behoorlike badkamers is.
¬Die interieur van winkelsentrums in Afrika is altyd opvallend skoon en pragtig versier en het kandelare, fonteine en glashysers wat nooit onklaar raak nie.
¬Hulle staan in skrille kontras met die omgewing buite, wat dikwels oorheers word deur onvoltooide paaie, stof en verf wat afdop as getuienis van ‘n regering se ondoeltreffendheid.
¬Binne die sentrums oefen private ontwikkelaars kliniese beheer uit oor die landskap. Baie sentrums in Afrika word ontwerp om die indruk te wek van ‘n wêreldjie op sy eie, kompleet met waterfronte en rivierwandelings.
¬In die 60 km-radius om my huis in Johannesburg is daar drie sentrums genaamd “Village M¬all”¬, wat spog met ouderwetse, Europese keisteenstrate. Hulle funksioneer as parallelle stede.
¬Binne die sentrum hoef jy nooit die regering se foute raak te sien nie. Jy kan jou vir ‘n oomblik verbeel jy is in ‘n volmaak funksionerende land.

Toe nié ‘n veilige enklave nie
¬Winkelsentrums in Afrika bied die volmaakte blaaskans van openbare infrastruktuur, wat nie tred hou met die sofistikasie van sy inwoners nie.
¬Hier te lande meen inwoners private ontwikkeling steek dié van die sukkelende staat ver verby.
¬In die Demokratiese Republiek van die Kongo en in Madagaskar bou Chinese maatskappye die paaie. Suid-Afrikaanse selfoonkonglomerate stel selfone beskikbaar aan mense wie se regering hulle nog nooit van ‘n landlyn kon voorsien nie. Afrika het nou meer selfoon-intekenaars as Amerika of die Europese Unie.
¬Dit is gerusstellend dat sosiale vooruitgang heeltemal onafhanklik kan geskied van politieke vooruitgang – so traag as wat laasgenoemde in baie Afrikalande is.
¬Winkelsentrums is per slot van sake die beliggaming van hierdie konsep. Die oprigting van ‘n nuwe sentrum in Nairobi, vertel Kihato, het die “ware teken geword die stad en sy mense is welvarend”.
¬Maar die aanval op die Westgate-sentrum in Nairobi wys dit is, helaas, nie waar nie.
¬Ondanks dié sentrum se aansprake op andersheid en wêreldburgerskap was hy toe die kwesbaarste teiken. Kenia se gekwelde verhouding met Somalië, sy buurland in die noorde, het kom nesskop in Westgate. Die inkopieplek was toe nié ‘n veilige enklave nie.
¬Die aanval sal waarskynlik verhoogde veiligheidsmaatreëls meebring by alle winkelsentrums in Kenia; dalk elders in Afrika ook. Miskien sal mense wat slordiger lyk voortaan weggewys word. Straks sal dit toenemend word soos die losstaande restaurante en die met doringdraad omheinde woonkomplekse, ‘n speelterrein van die rykes.
¬Dalk sal die goue era van die oop winkelsentrum van korte duur wees.
¬Dit sal ‘n verlies wees. Kihato dink reeds met nostalgie terug aan die vroeë dae van winkelsentrums in Kenia. In die 1990’s, toe een van die eerste deftige winkelsentrums genaamd die Yaya-sentrum sy deure oopgemaak het, “was daar veiligheidswagte wat ‘n ogie gehou het”, onthou sy.
¬Maar hulle was daar om seker te maak mense gly nie op die roltrappe nie wat destyds ‘n nuwigheid in Nairobi was. Dit klink nou amper soos ‘n staaltjie van voor die sondeval.

Back to top

Diep Tienie word digter op Facebook

¬Dana Snyman
Die Burger, 8 Augustus 2013

Tienie is mos nou ‘n skrywer. Hy skryf veral gedigte; dan plaas hy dit op Facebook vir sy meer as 300 vriende om te lees.
Hy het spesiaal vir hom op Facebook ‘n blad vir sy gedigte geskep. “Tienie de Wet – Skrywer” noem hy homself nou. Die muse is goed vir hom, sê Tienie, want hy het die afgelope 4 maande al 83 gedigte op Facebook geplaas.
¬Die muse besoek hom veral saans wanneer hy voor die rekenaar sit, met ‘n glasie Nederburg Baronne by hom terwyl musiek sag op die agtergrond speel – klassieke musiek: Vivaldi of Mantovi, of Rocco de Villiers se klavierklanke. Hy luister ook graag na André Rieu se vioolmusiek wanneer hy dig. Hy steek ook ‘n kers op. Dan sit hy daar terwyl die kers flou flikker, en dan kom die gedigte na hom, die een nᬠdie ander. Soms kan hy die woorde nie vinnig genoeg op sy rekenaar tik nie. Dis asof die gedig soos ‘n brander oor hom spoel.
¬Hy het klaar ‘n titel vir sy bundel: Gedagtes by ‘n Flikkerende Kers.
¬Hy beperk homself nie, sê Tienie. Hy dig oor enigiets: oor die reën, oor wind, oor sy stukkende motor …
¬Hy het ‘n foto van sy stukkende motor geneem en dit saam met die gedig op Facebook gesit. Hy plaas ‘n foto by elke gedig, want dis hoe dit op Facebook gedoen word. Die foto illustreer die gedig.
¬Baie mense lewer kommentaar onderaan sy gedigte. By die gedig oor sy stukkende motor het een vrou geskryf: “Baja gud, Tini. Danki dat jy j pyn mt ons deel.”
En tog het hy op skool glad nie in gedigte belang gestel nie. Die onderwysers het hopeloos te tegnies geraak wanneer hulle die gedigte in die klas bespreek het. Hy is steeds nie mooi seker wat ‘n kwatryn, ‘n oktaaf en ‘n sekstet is nie. Dit pla hom ook nie regtig nie, want hy weet hoe om woorde te laat rym. O, hy ken van rym.
¬Hy oorweeg dit om ‘n bundel saam te stel. Hy sal die bundel maar op sy eie koste publiseer, want die meeste groot uitgewers publiseer nie eintlik meer digbundels nie. Hulle stel net belang in Breytenbach en Krog en Hambidge se werk. Hy weet nie hoekom gaan party mense so aan oor Breyten se gedigte nie. Dis wat hom betref net ‘n onverstaanbare gekrabbel.
¬Hy verstaan ook nie waaroor gaan hierdie jongste bohaai oor hierdie Trantraal-kêrel se gedigte en uitsprake nie. Terwyl die letterkundiges stry en baklei, skryf hy verwoed voort en plaas sy gedigte op Facebook.
¬Hy het selfs al ‘n gedig geskryf oor ‘n vlieg wat dood in sy kombuis se vensterbank lê, sê Tienie. Die gedig se eerste strofe lui:

¬O vlieg, hier lê jy nou
¬jou aardse vlug op ‘n end
¬buite hang die wolke grou
¬oor staal en sement

¬Hy het 236 “likes” vir hierdie gedig op Facebook gekry, wat waarskynlik meer is as die aantal digbundels wat die meeste digters in Suid-Afrika verkoop.

Back to top

Testament: Het jy een?

Die Burger, 3 Augustus 2013

¬Bly in beheer met ‘n geldige en bygewerkte regsdokument
¬Dis dalk nie iets waaraan jy aldag wil dink nie, maar jou geldsake moet steeds gehanteer word nᬠjou dood. Sonder ‘n geldige testament verloor jy beheer oor die proses, skryf Letitia Watson.
¬“Ek ken niemand wat nie óf skuld het óf iets besit nie – en as jy een van dié twee het, moet jy ‘n geldige testament hê,” sê Geraldine Macpherson, senior regsbemarkingspesialis by Liberty.
¬“Enigiemand wat bates het, en kinders, ‘n lewensmaat of familie wat hulle wil hê moet van hulle erf, moet ‘n geldige testament hê.
¬“In die algemeen hersien mense nie hul testament nie, tensy iemand hulle aanspoor om dit te doen. Ons kom in baie gevalle dit teen dat mense hul laaste testament 10 of 20 jaar gelede opgestel het. In dié tyd het hul persoonlike en finansiële posisie dramaties verander, om nie van wetgewing te praat nie,” sê Macpherson.

¬Wat gebeur as jy nie ‘n testament het nie?
¬As jy sonder ‘n testament of sonder ‘n geldige testament sterf, tree die Wet op Intestate Erfopvolging in werking en jou erfgename word kragtens die wet bepaal. Jou huweliksmaat en/of jou nageslag erf daarvolgens in ‘n voorgeskrewe volgorde.
¬As die oorledene getroud was, sal die gade erf. As daar ‘n gade en kinders agterbly, sal die erfporsie gelyk verdeel word, solank die gade se erfdeel minstens R125 000 is (indien daar genoeg geld is).
“As jy minderjarige kinders het, is die kans goed dat hul erfporsie in die Voogdyfonds inbetaal sal word, wat nie ideaal is nie.
¬“Dit kan ook daartoe lei dat bates verkoop moet word omrede die Voogdyfonds slegs kontant mag ontvang,” sê Macpherson.

¬Wat kos ‘n testament?
¬Daar is geen vasgestelde tarief nie en die prys hang van die ingewikkeldheid af. Volgens Macpherson kan ‘n baie ingewikkelde testament jou in die omgewing van R10 000 tot R15 000 kos.
¬Daar is egter ook prokureurs wat heelwat laer tariewe sal vra vir ‘n testament wat nie ingewikkeld is nie. Sekere prokureurs en trustadministrateurs sal dit gratis doen, mits hulle as eksekuteurs aangestel word.
¬Banke is geneig om laer tariewe te vra solank hulle as die eksekuteurs benoem word. “Hulle doen dit omdat hulle dan die volle eksekuteursgelde sal kan verhaal,” sê Macpherson.

¬Wie is die beste om ‘n testament op stel?
¬Dit moet verkieslik deur ‘n professionele persoon gedoen word soos ‘n prokureur, bank of ‘n trustmaatskappy wat daarin spesialiseer. Hoe ingewikkelder dit is, hoe groter is die kundigheid wat nodig is.
¬’n Testament moenie net tegnies korrek wees nie, maar moet ook aan wetsvereistes voldoen en prakties uitvoerbaar wees.

¬Wat kos ‘n testamentêre trust?
¬Daar is geen koste om ‘n trust wat geskep is in ‘n testament (‘n testamentêre trust) te registreer as die testateur of testatrise sterf nie.
¬Daar is wel gelde betaalbaar om ‘n testamentêre trust te administreer, maar daar is geen vasgestelde tarief nie, tensy dit spesifiek deur die testament bepaal word, sê Erik Troost, uitvoerende hoof van African Mutual Trust in die Paarl.
¬Die gebruiklike tarief is byvoorbeeld 1% van die bates wat onder bestuur van die trustee is of 6% van die inkomste wat die trust oplewer.
¬As die administrasiegeld dalk onredelik is, kan die meester van die hooggeregshof nᬠ‘n beswaar of klagte deur die begunstigdes betrokke raak en oor die tarief beslis.

¬Hoeveel boedelbelasting?
¬Alle bates van enige persoon wat sterf, is onderhewig aan boedelbelasting. Die koers daarvoor is 20% op die belasbare bedrag nadat toelaatbare aftrekkings en vrystellings afgetrek is.
¬“Behalwe bates soos byvoorbeeld vaste eiendom, meubels, voertuie, beleggings, aandele en versekeringspolisse betaalbaar aan die boedel, sluit dit ook die oorledene se belange in beslote korporasies (BK’s) en maatskappye in asook lenings verskuldig aan die oorledene deur onder meer individue, trusts, BK’s en maatskappye,” sê Troost.
¬Bates wat buite die boedel betaalbaar is, soos byvoorbeeld begunstigde en gesedeerde polisse, word ook bygetel. Die waarde van ‘n vruggebruik en sekere jaargelde wat ‘n oorledene ontvang het voor sy dood, word ook vir boedelbelasting in berekening gebring.

Boedelbelasting op buitelandse bates
¬Boedelbelasting word ook gehef op Suid-Afrikaanse inwoners se bates in die buiteland. “Enige belasting wat egter aan ‘n ander land by dood betaalbaar is op oorsese bates van ‘n oorlede inwoner van Suid-Afrika, kan van die boedelbelasting afgetrek word,” sê Troost.
¬Sekere bates van immigrante en persone wat nie gewone verblyfplek in Suid-Afrika het nie, is egter vrygestel van boedelbelasting.

¬Bates wat vrygestel is van boedelbelasting
¬Die volgende is die mees bekende vrygestelde bates:
¬Alle pensioen- en annuïteitsvoordele, insluitende enkelbedrae.
¬Polisse betaalbaar kragtens ‘n huweliksvoorwaardeskontrak en versekeringspolisse op die lewe van die oorledene wat uitgeneem is kragtens ‘n koop- en verkoopooreenkoms en sleutelpersoonversekering (dis ‘n polis wat ‘n werkgewer op ‘n belangrike werknemer se lewe uitneem om hom te vergoed vir die verlies aan inkomste as ‘n sleutelwerknemer sou sterf), maar wat streng aan die wetlike vereistes voldoen.
¬30% van die waarde van onroerende plaaseiendom waarop bona fide-boerdery bedryf is.

¬Wat kan van boedelbelasting afgetrek word?
¬Die volgende is volgens Troost van die mees algemene en bekende aftrekkings:
¬Alle administrasiekoste van die oorledene se boedel, insluitende die eksekuteursgelde.
¬Alle skuld van die oorledene soos op sterfdatum wat uit die boedel betaal word.
¬Alle uitstaande inkomstebelasting, kapitaalwinsbelasting en belasting op toegevoegde waarde verskuldig deur die oorledene.
¬Redelike sterfbedkoste asook redelike begrafnis- en grafsteenkoste.
Bemakings aan sekere liefdadigheidsinstellings wat vrygestel is van inkomstebelasting.
¬As die oorledene binne gemeenskap van goed getroud was, kan slegs die koste en laste van die boedel wat betrekking het op die oorledene, afgetrek word.

¬Boedelbelasting en gades
¬Gades word vir boedelbelastingdoeleindes omskryf as persone wat getroud is kragtens ‘n huwelik wat in Suid-Afrika erken word.
¬Dit sluit mense in gewoonteregtelike- en godsdienstige huwelike in asook mense van dieselfde of teenoorgestelde geslag wat in ‘n permanente saamwoonverhouding is, as die verhouding bewys kan word.
¬Troost sê ‘n basiese aftrekking van R3,5 miljoen is van toepassing op alle boedels. As daar egter ‘n vooroorlede gade is (dit wil sê wanneer een gade reeds gesterf het), is die basiese korting tans R7 miljoen minus dié gedeelte van die basiese korting wat in die boedel van die vooroorlede gade benut was.
¬As die oorledene binne gemeenskap van goed getroud was, is slegs die bates van die oorledene onderhewig aan boedelbelasting en nie die hele gemeenskaplike boedel wat beredder word nie.
¬Alle bemakings en ander voordele aan gades soos ‘n vruggebruik kragtens ‘n testament en erfporsies kragtens die intestate erfreg, is vrygestel en alle bates en ander voordele buite die boedel betaalbaar aan gades, soos begunstigde polisse, is ook vrygestel.

¬Eksekuteurs- en boedelkoste
¬Die huidige Regulasie tot die Boedelwet bepaal dat die eksekuteur die volgende geld kan hef:
¬3,5% op die bruto boedelbates soos op sterfdatum (uitgesluit bates buite die boedel soos pensioengeld en polisse wat begunstig is).
¬As die oorledene binne gemeenskap van goed getroud was, is dit van toepassing op die bruto bates van die gemeenskaplike boedel en nie net op die oorledene se een helfte nie, tensy daar in die testament ‘n ander bedrag of persentasie bepaal word wat as eksekuteursbetaling moet dien.
¬As die bedrag nie in die testament aangebring word nie, sal die vergoeding volgens die wet se voorgeskrewe tarief wees, tensy die meester van die hooggeregshof bepaal die tarief kan verlaag word.
¬6% op alle bruto inkomste op boedelbates deur die eksekuteur gevorder na sterfdatum tot afhandeling.
¬Troost verduidelik dat BTW slegs gehef mag word indien die eksekuteur of beredderaar ‘n geregistreerde ondernemer is wat onder meer boedels beredder.
¬Jy kan oor die vergoeding onderhandel as die eksekuteur ook betrokke was by die boedelbeplanning en die opstel van die testament. As die eksekuteur reken dat potensiële probleme uitgepluis is terwyl die boedeleienaar nog lewe, sal hulle afslag oorweeg.
¬Afgesien van voorafgemelde geld, is daar ‘n verskeidenheid administrasiekoste wat uit die boedelbates betaal moet word en nie uit die eksekuteur se gelde nie, onder meer advertensiekoste, koste om bates soos vaste eiendom te laat waardeer en aan erfgename oor te dra en meestersgelde.
¬Ingevolge die Boedelwet stel die meester nie ‘n eksekuteur vir boedels kleiner as R125 000 aan nie, maar slegs ‘n meesterverteenwoordiger.
¬Die doel is om die beredderingsproses te vereenvoudig en die beredderingskoste op sulke kleiner boedels te spaar. Sulke boedels kan byvoorbeeld deur die erfgename, familie of ‘n vriend afgehandel word, mits sekere voorwaardes nagekom word soos dat die boedel solvent moet wees.

Back to top

`Nuwe` karnivoor ‘n vrugte-eter

¬Seugnet Esterhuyse
Die Burger, 21 Augustus 2013

PRETORIA. – Is dit ‘n kat of ‘n teddiebeer?
¬Die olinguito, wat lyk soos ‘n kruising tussen ‘n kat en ‘n beertjie, is die eerste “nuwe” karnivoor wat in 35 jaar in die Westelike Halfrond ontdek is.
Die bruin-oranje soogdier, wat minder as ‘n kilogram (0,9 kg) weeg, voer ‘n alleenbestaan in die digte woude van Colombia en Ecuador.
¬Volgens National Geographic is dit juis wat die ontdekking so merkwaardig maak.
¬Die olinguito is nou die kleinste lid van die wasbeer-familie en is net saans aktief wanneer dit vir vrugte “jag”. Nes reuse-pandas eet hulle meestal plante, maar word as karnivore geklassifiseer.
¬Kristofer Helgen, kurator van soogdiere by die Smithsonian-museum in die Amerikaanse hoofstad, Washington, en studieleier van die navorsingsprojek, het gesê “om ‘n (nuwe) soogdier te vind, is seldsaam, maar om ‘n karnivoor te ontdek wat veel minder as herbivore (planteters) voorkom, is ongelooflik skaars.”

Back to top

Dié Boer wil bieg

Die Burger, 24 Augustus 2013

Hy ken homself nie meer in die spieël nie. Daarom wil Charles Smith by emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu bieg, want om een van die volk se 20 kerkvaders te vra sal tot ‘n mini-burgeroorlog lei.
¬Liewe biskop Tutu,
¬Die Boer wil ‘n bietjie dinge van die bors kry. Dalk kan u help. Of dalk nie, maar hopelik sal u luister. Ek praat nie namens die Afrikaner nie, maar as een van hulle.
¬Ons kort ‘n biegvader. Om een van die volk se 20 kerkvaders te vra sal tot ‘n mini-burgeroorlog lei. En netnou is die Aussie-Afri’s terug vir die geveg, dan is daar pêrre. Ek is nogal lus om ‘n suurgat Aussie, wat ons so met giftige briewe peper, te moer.
¬Sien, daar’s ek klaar op die verkeerde voet. Die moerigheid broei in ons. Dis te verstane. Nog nooit het ‘n volk wat soveel bereik het deur hulself te help, só vinnig soveel (mag) verloor nie, net om steeds beskuldig te word dat hulle alles besit. Dis nogal iets om klein te kry.
¬Hier is die ding: Ons moet nog verstaan dat ‘n burgeroorlog veel erger sou wees en baie ANC-denkers moet verstaan dat ons reeds geweldig baie betaal aan ons skuld.
¬Moet my nie verkeerd verstaan nie. Ek lewe lekker sonder die mag. Ons is lieflik leierloos. Maar ons het ‘n skisofre¬niese groep geword. Elke dag koek ons agter nuwe stemme aan en skuil maar weer onder dieselle ou bitter henne se gatvere. Dis waar die benoude reuke dieselfde is as gister s’n. Die beminde bekende.
¬Dan piep ons daar in die donker aanhoudend sonder dat iemand ‘n snars omgee.
¬Ek ken myself al nie meer in die spieël nie. Ek het al vir elke party behalwe die Vryheidsfront gestem: Die NP, NNP, Inkatha, DA en ANC. Net voor ek vir die ANC in die eerste demokratiese verkiesing in 1994-gestem¬ het, het ek op die ANC geskiet. En dit as ‘n joernalis.
¬Ek is as Volksblad-verslaggewer deur PW Botha en sy weermag gedwing om nᬠdiensplig steeds elke jaar weermagkampe te doen. Dis waar ek op ‘n kamp in Natal moes sien hoe ANC-kaders drie KwaZulu-polisiemanne lewendig in ‘n bakkie uitbrand – hul tande spierwit knersend onder hul vlammende polieskêpse.
¬Ek was van die eerste wat my R4 leeggemaak het op die vlugtende slapgatte. Ek sal dit vandag weer doen, moet ek erken as ek eerlik is.
¬En dit is wat my pla. Is daar iets fout met my, biskop?
¬Ek jag nou nog nie te graag nie. Doodmaak is te maklik.
¬Ek kom agter ek sit ook net agteroor soos Jacob Zuma in Nkandla terwyl Marikana elke oomblik om ons dreig in die land wat hard probeer om District 9 te bewaarheid.
¬Ons doen niks nie. Dit is wat my rasend maak, biskop.
¬Dis nie (net) die moorde en die verval van die land nie. Dis die gemak waarmee dit toegelaat word. Kinders speel in die urine van hul sterwende ma’s in plakkerskampe. En burgemeesters koop nuwe Mercs en Jeep Ch¬er¬okees.
¬Wag-wag, biskop. Ek het nog ‘n paar dinge op die krop. Ja, ek het vir die ANC in die Vrystaat in 1994 gestem.
¬Ek het Mandela se hand geskud en gesien hoe hy R700 uit sy beursie haal en vir die weeskind van die plakkerskamp gee.
¬Die weeskind vir wie ons fietse, klere en kos aangery het net om te sien hoe ‘n land ‘n kind kan faal, hoe maatskaplike werkers weier om Madiba-se-kind te help omdat hy nie ‘n ID het nie.
¬Liewe jirre. Só gaan kinders dood soos asgatbrakke. Só word kinders voor jou oë moordenaars.
¬Só word Wilmientjie Potgieter se tweejarige lyfie die offer van ‘n land wat sy mense versaak het.
¬Die einste ANC vir wie ek gestem het, plunder nou die Vrystaat op ‘n wyse wat Mugabe ‘n politieke ereksie sal gee.
¬Ek hoor hoe jy sug, biskop. Maar hokaai eers met daai vermaning.
¬Ek wil net aanklop vir ‘n whisky en sê hoe ek uitsien na die 2014-verkiesing.¬ Dit gaan iets wees om te vier. Dit is die laaste verkiesing waar ons volgens kleur- en klasblokke gaan stem. Dan is ons sonder skuld. Sonder bagasie.
¬Jy kan die ANC ‘n vet skop onder die agterent gee, as jy so voel. (Die VF+ sal met Julius Malema se EFF moet saamsmelt om Party F Minus te vorm vir ‘n paar stemme.)
¬Ons het lank gewag vir hierdie oomblik.
¬Afrikaners kan uit hul kerke, hul veiligheidsdorpe, hul Oranias stroom. Ons leiers kan swart wees. Of wit. Of bruin.
¬Dis ook tyd vir vroue om oor te neem. Dis orraait.
¬Maar ek loop lang paaie, biskop. Ek wil eintlik net bieg oor my verslawing. Ek’s bloemingwil verslaaf aan dié land.
¬Ons is hier by die voordeur. Ons rugsak is vol boeretroos en biltong.
Ons wil praat. Ons wil werk. Ons is vry. Ons wil weer begin bou. Laat die kranse weergalm met dié boodskap.
Vrystaatgroete.
Ns.: Eintlik, biskop, wil ek net hoor of jy orraait is na die rowers julle huis toegetakel het?


Back to top

Motorfiets sonder ryer ‘n raaisel

Richard Roberts
Die Burger, 5 Augustus 2013

… Nog ‘n man is dood en ‘n ander kritiek nadat ‘n motorfiets gisteroggend ‘n voetganger op die N1 getref het. Die ongeluk het omstreeks 08:45 op die N1, tussen die Sabl¬eweg- en Koebergweg-afritte, plaasgevind, het Coleman gesê.
¬“Die motorfiets het die voetganger getref en glo dit of nie, die motorfiets het 3,1 km verder gery sonder enigiemand daarop.”
¬Hy het gesê die motorfietsryer is van die fiets afgeslaan, waarna die motorfiets tot naby die Berkleyweg-afrit op die M5 gery het. “Dié deel van die N1 is ‘n reguit stuk pad.”
Die motorfiets het geen ander voertuie getref nie.
¬Coleman gaan vandeesweek die beeldmateriaal bestudeer om te probeer vasstel hoe die motorfiets so ver alleen gery het.
¬Die voetganger, ‘n 53-jarige man, is op die toneel oorlede.
¬Die motorfietsryer is in ‘n kritieke toestand na die Groote Schuur-hospitaal¬ vervoer, het Darren Francis, woordvoerder van die Metro-ambulansdienste, gesê.

Back to top

Klagtes oor batterye
nie meer in radio’s pas

¬Blanché de Vries
Die Burger, 22 Augustus 2013

KAAPSTAD. – ‘n Inwoner (70) van Barkly-Oos in die Oos-Kaap en van haar vriende is ontevrede met Eve¬ready se nuwe grootte batterye, wat nie meer in hul radio’s pas nie.
¬“Die PM9-batterye¬ het perfek in my radio gepas, maar die laaste ruk is dit asof die batterye met ‘n millimeter of twee uit is,” het Sarah Swart verduidelik.
¬Sy het dit al onder verskeie verskaffers se aandag gebring, maar hulle kan glo niks doen nie omdat dit van China ingevoer word.
¬Sy het gesê haar vriendin wat onlangs ‘n nuwe radio gekoop het, het dieselfde probleem ervaar en die probleem lê dus nie net by ouer radio’s nie.
¬“Ons luister heeldag na die radio en ek is seker ons is nie die enigste mense wat hierdie probleem het nie. My radio is al wat ek het. Ek het nie ‘n televisiestel nie. Elke nou en dan as ek dit skuif, ruk ek die drade uit, want ek vergeet soms die battery staan buite omdat dit te groot is,” het sy gesê.
¬Volgens Charles du Toit, woordvoerder van Eve¬ready, het hulle al soortgelyke klagtes ontvang.
¬“Die batterye, wat voorheen ‘n papieromhulsel gehad het, word nou met plastiek omhul, dus het dit effens verander,” het hy gesê.
¬Volgens hom word die nuwe veranderings as ‘n verbetering beskou en is dit goed in die mark aanvaar.
¬“Ons het egter tans ‘n probleem met mense wat kla omdat dit nie in van die radio’s pas nie.”
¬Hy het gesê as oplossing sal hulle diegene wat kla van nuwe radio’s voorsien waarin hul nuwe soort batterye wel sal pas.
¬Swart was nie te gelukkig toe hierdie oplossing aan haar genoem is nie, maar het gesê sy sal dit met haar vriende bespreek en dit oorweeg.
¬Du Toit het verder genoem hulle het al ‘n radio en ander toerusting aan die klaer voorsien, maar sal steeds voortgaan om ‘n geskikte oplossing vir haar te vind.

Back to top

Vertel ons van die droom

Die Burger, 24 Augustus 2013

Woensdag sal dit presies 50 jaar gelede wees wat dr. Martin Luther King jr. sy beroemde “I have a dream”-toespraak gelewer het. Dit het die wyse waarop Amerikaners oor ras redeneer onherroeplik verander, skryf Gustav Hendrich.
In ‘n huldeblyk aan dr. Martin Luther King jr. in 2011 het pres. Barack Obama gesê: ¬“He would call on us to assume the best in each other rather than the worst, and challenge one another in ways that ultimately heal rather than wound.”
¬Woensdag sal Obama – die eerste swart president van die VSA – weer ‘n huldeblyk lewer op die plek waar King 50 jaar gelede voor 250 000 mense gestaan het. Toe was dit nog onwettig vir King en ander swart mense om in openbare plekke soos busse, kroeë of skole met wit mense te meng.
Diskriminasie op grond van velkleur het Martin Luther King jr. – ‘n welsprekende Baptiste-predikant en charismatiese leier – van kindsbeen af gekwel omdat hy op vyfjarige ouderdom verbied is om met ‘n wit maatjie te speel. Later as predikant van die Dexter Avenue Baptistekerk in Montgomery, Alabama, het hy swart Amerikaners deur die Christelike geloofsbediening gelei en hulle terselfdertyd aangevuur om op hul regte aan te dring.
¬Niegewelddadige optrede was ‘n kernaspek van King se filosofie. ‘n Besoek aan Indië en die geboorteplek van Mohandas Gandhi het hierdie denkrigting tot ‘n groot mate beïnvloed.
¬Ná ‘n jaar lange busboikot deur swart mense in Montgomery – wat in 1956 ‘n hoogtepunt bereik het en waarna segregasie op busse as ongrondwetlik verklaar is – het die vlaag van rassisme in die suide verder toegeneem.
In April 1963 is King in hegtenis geneem omdat hy ‘n optog na Birmingham georganiseer het om druk uit te oefen vir ‘n wet op menseregte. King se huiwerige versoek om kinders vir vryheid te laat betoog, is in Mei gewelddadig bestraf.
¬Die wrede gesig van rassisme in die VSA is onthul toe polisiehonde protesterende kinders gebyt het en hulle met waterkanonne uiteengejaag is.

¬Verfrissende herfs van vryheid
¬Vanweë die dringendheid om die Civil Rights Bill deur te voer, het ontevredenes reeds aan die begin van 1963 die optog na Washington begin beplan. Die organiseerders het King genader om ‘n bemoedigende toespraak te lewer.
¬Op 28 Augustus 1963 het meer as 250 000 mense – ook wit mense, boere en lede van die burgerregtebeweging – na die Lincoln Memorial opgeruk. Om 15:00 het King die podium betree, waarna die vakbondleier Philip Randolph hom aan die skare bekend gestel het.
¬King was aanvanklik senuweeagtig, maar die gospel-sangeres Mahala Jackson het hom van agter die verhoog aangemoedig met die woorde: “Tell them about the dream, Martin”. King het stil geraak, asem geskep en toe een van die boeiendste geïmproviseerde toesprake nog gelewer.
¬Sy toespraak, wat relatief kort was vergeleke met ‘n gewone kerkdiens, het die skare aangegryp. Radio- en televisiekanale het hul gewone programme onderbreek om King se toespraak regstreeks uit te saai.
¬Dit het al die belangrikste kwelpunte van die Afrikaan-Amerikaners se ondervindinge in die VSA aangeraak. Die eerste gedeelte van die toespraak het gehandel oor swart griewe en die stryd om gelyke regte.
¬King het so begin: “I am happy to join with you today in what will go down in history as the greatest demonstration for freedom in the history of our nation.”
¬Daarna het hy gesê: ¬“It would be fatal for the nation to overlook the urgency of the moment. This sweltering summer of the Negro’s legitimate discontent will not pass until there is an invigorating autumn of freedom and equality. 1963 is not an end, but a beginning.”
¬Tydens die tweede gedeelte van sy toespraak het hy oor sy droom vir Amerika gepraat: “I have a dream that one day on the red hills of Georgia, the sons of former slavesand the sons of former slave owners will be able to sit down together at the table of brotherhood.
¬“I have a dream that my four little children will one day live in a nation where they will not be judged by the colour of their skin but by the content of their character. I have a dream today!”
¬In die laaste gedeelte van sy toespraak – wat suiwer kerkprediking was – het hy sy vertroue uitgespreek dat sy droom Amerikaners uiteindelik werklik aan vryheid vir almal sou laat glo.
¬Die boodskap het ondertone van ‘n Bybelse openbaring gehad: “And when this happens, when we let freedom ring, when we let it ring from every village and every hamlet, from every state and every city, we will be able to speed up that day when all of God’s children, black and white men, Jews and Gentiles, Protestants and Catholics, will be able to join hands and sing in the words of the old Negro spiritual: `Free at last! Free at last! Thank God Almighty, we are free at last!”
¬
‘n Sirkus en ‘n `sell-out`
Die optog en King se toespraak was ‘n klinkende sukses. Die volgende jaar is die Civil Rights Bill ingestel wat rassediskriminasie onwettig verklaar het.
¬Nietemin het verskeie swart aktiviste, soos die Afrikaan-Amerikaanse Moslem-prediker Malcolm X, die optog gekritiseer omdat dit “’n piekniek, ‘n sirkus” en ‘n sell-out was. Volgens hulle is dit oënskynlik slegs deur die swart middelklas en wit liberaliste ondersteun.
¬Tog het King se toespraak Afrikaan-Amerikaners bemoedig en broederskap bevorder. Die Amerikaanse skrywer Richard Reddie meen sonder King se ywer en opoffering sou Obama vandag beslis nie president van die VSA gewees het nie.
¬Obama se verkiesing was die vervulling van King se droom van 50 jaar gelede.


Back to top

Regstappe dreig teen Spanje

¬Leopold Scholtz
Die Burger, 14 Augustus 2013
DEN HAAG. – Sommige Britse poniekoerante het dit vandeesweek byna na ‘n herhaling van die Falkland-oorlog laat klink toe ‘n Britse maritieme taakmag Maandag na die omgewing van die Middellandse See vertrek het.
¬Die taakmag van tien skepe sluit die groot helikopter-draer HMS¬ Illustrious in, susterskip van een van die skepe wat die Falklande in 1982 van Argentinië verower het.
¬Dat dit gebeur teen die agtergrond van ‘n groeiende rusie tussen Brittanje en Spanje oor Gibraltar, het dit des te meer onheilspellend laat klink. Dié klein kolonie van minder as 6 km¬2 aan die uiterste suidpunt van die Iberiese skiereiland is sedert die Vrede van Utrecht in 1713 in Britse besit, maar Spanje het hom nooit daarby neergelê nie.
¬Die rusie is ernstig genoeg, maar dit sal nie tot oorlog lei nie. Dit het ontstaan toe die Britte ‘n klomp betonblokke in die see op die grens tussen Gibraltar en Spanje gestort het om die seelewe te bevorder. Die Spanjaarde het gesê die blokke is in húl gebiedswater gestort, en dit bemoeilik die vang van vis.
Sedertdien het Spanje die grensoorgang na Gibraltar drasties bemoeilik. Dit duur tans vyf tot ses uur om die grens oor te steek, en in die somertemperature van tot 40 °C maak dit sake baie moeilik. Premier David Cameron van Brittanje het reeds sy Spaanse eweknie, Mariano Rajoy, vergeefs gebel om die saak op te los.
¬Inderwaarheid is die vertrek van die Britse taakmag in die rigting van Spanje toevallig. So ook die besoek van ‘n fregat, HMS¬ Westminster, aan Gibraltar. Dié soort sake word maande vooruit beplan, en is selfs met die Spaanse regering afgespreek.
¬Maar die feit dat dit juis nou gebeur, jaag die temperatuur verder op, al is dit slegs die geval in die openbare mening in albei lande.
¬Die Britse regering oorweeg nou regsaksie teen Spanje. ‘n Woordvoerder van Cameron het die Spaanse optrede “disproporsioneel en polities gemotiveer” genoem en te kenne gegee die premier sal die EU nader om regsaksie te onderneem.
¬Intussen het sommige Britse poniekoerante haas histeries oor die vertrek van die taakmag geword. Dit is in die Spaanse media opgepik, en die beledigings vlieg nou oor en weer.


Back to top

Belhar lei predikant in
kritiek teen Zuma se selfverryking

¬Neels Jackson
Die Burger, 24 Augustus 2013

PRETORIA. – ‘n NG predikant het die belydenis van Belhar gebruik om in ‘n bloginskrywing met mening onder pres. Jacob Zuma in te klim.
¬Dr. Johan van den Heever van die gemeente Eldoraigne sê hy voel die NG Kerk se profetiese stem het bietjie stil geword.
¬Daarby meen hy Belhar is ‘n belydenis “wat kan werk in die huidige omstandighede”. Dit gee hom die reg om sy geloof te verwoord teen onreg wat gepleeg word.
¬Van den Heever se blog het die opskrif “Mnr. die President, Die Belydenis van Belhar dwing my om u aan te spreek.”
¬Van den Heever skryf aan Zuma: “Ek spreek u aan oor die onreg wat gepleeg word deur u eie selfverryking ten koste van miljoene ander. Ek spreek u aan oor verkwisting van belastingbetalers se geld op u eiendom, onlangse private vakansie en bloot die instandhouding van u uitgebreide huishouding. U eie vrees dat inligting oor u op die lappe kan kom, is ‘n bron van kommer.”
¬Hy haal Belhar aan wat sê: “Ons glo dat die kerk as eiendom van God moet staan waar Hy staan, naamlik teen die ongeregtigheid en by die verontregtes; dat die kerk as volgelinge van Christus moet getuig teenoor alle magtiges en bevoorregtes wat uit selfsug hul eie belang soek.”
¬Dan skryf Van den Heever: “Ek kan nie daarmee saamgaan dat dit vir my en talle ander voorkom of u bloot eie belange najaag en nie optree ter wille van al die mense van die land nie.”


Back to top

Nuwe PVR kan 220 uur opneem

¬Niel Joubert
Die Burger, 2 Augustus 2013

Johannesburg. – MultiChoice se nuwe PVR-dekodeerder, sê hy, is ‘n PVR op “steroïede”.
¬Met die DStv Explora kan kykers tot 220 uur van hoëdefinisie-televisieprogramme opneem. Dis gelykstaande met sowat 100 flieks of 150 episodes van reekse, sê MultiChoice.
¬Die Explora se hardeskyf het ‘n geheue van 2 teragreep, wat ‘n groter verskeidenheid inhoud op DStv se Catch Up-diens moontlik maak.
¬Die diens sal nou drie keer meer video-op-aanvraag-programme bied.
¬Die aantal reekse wat beskikbaar is, word uitgebrei en “reeks-ophoping” – waar meer as een episode op aanvraag beskikbaar is – word nou ‘n werklikheid, sê John Kotsaftis, uitvoerende hoof van DStv Online.
¬Op enige gegewe tyd sal kliënte toegang hê tot 30 flieks op aanvraag met die nuwe Catch Up-diens en dit sal uitgebrei word na ander kategorieë, onder meer dokumentêre en kinderprogramme.
¬DStv se BoxOffice, waardeur die nuutste flieks gehuur kan word, sal tot 20 flieks uitgebrei word.
¬Die DStv Explora sal van 15 Augustus af in winkels beskikbaar wees.
¬Dit sal R2 499 kos.
¬Collins Khumalo, uitvoerende hoof van MultiChoice Suid-Afrika, sê die Explora is ontwerp met die toekoms en die internet in gedagte en meer funksies sal in die komende maande bygevoeg word.
¬Dit behels onder meer inhoud wat via breëband afgelewer word, kanale wat opgeneem kan word selfs al is die persoon nie tuis nie en die huur van BoxOffice-flieks met net een klik.
¬Sonder bekostigbare hoëspoedbreebandtoegang vir die meeste Suid-Afrikaners bly die lewering van inhoud via satelliet-toevoer die betroubaarste manier om te verseker dat kliënte nie hoef te wag dat programme aflaai nie, sê Khumalo.


Back to top

Twee jollie Jehovas kom klop by my

¬Johan van Zyl
Die Burger, 7 Augustus 2013

¬Knap voor tien verlede Sondag ry ‘n middelslag-bussie vol Jehovasgetuies ons dommelende gehuggie binne.
¬Maar anders as in Marlene van Niekerk se roman Triomf waar Lambert met sy plafonhoë stapel Wagtorings die Jehovas op die sypaadjie inwag en binnenooi, het die voordeure hier – van Hopland tot die onderdorp tot die bodorp toegeklap so vinnig soos die vreemdelinge in hul Sondagbeste uit die bussie gepeul het.
¬My oorle ouma het ‘n heilige vrees vir die Jehovas gehad. Sy’t ons wysgemaak hulle is ‘n bose sekte, en as jy hulle eers by jou voordeur inlaat, is jou pad na die hel so te sê gebaan.
¬Hulle kom twee-twee, altyd te voet, en hulle is so vriendelik dat jy nie kan glo hulle is deur die duiwel self gestuur nie. Volgens my ouma is die getuies se blink oë en geselserigheid ‘n triek: Hulle hou hulle maar net so nice sodat jy te sleg voel om voertsek te sê, en dan praat hulle jou kop so deurmekaar dat jy later skree ja, ja, gee tog die traktate en lóóp. Dié moes dan terstond weggegooi maar verkieslik verbrand word, want vir die slinkse ou duiwel mag jy nooit ‘n gap gee nie.
¬Deur die jare het ek besef baie van my ouma se stories moet ‘n mens maar met ‘n koppie sout neem – laat staan ‘n skamele knippie. Maar my versigtigheid vir die Jehovas het gebly – net soos ‘n byna genetiese verveeldheid met kerk- en geloofsake waaroor elke Jan Rap en sy trawant aan’t mopper is. Niemand luister ooit behoorlik na iemand anders nie, niemand gee bes oor die eie standpunt nie, almal bulk na die maan en is vermetel genoeg om te sê hulle doen dit in die naam van ‘n onsigbare wese.
¬Toe wyle Piet Koornhof en sy tweede vrou, Marcelle Adams, Jehovasgetuies geword het, het hulle besluit om nie hul kind te doop nie omdat die Jehovas glo ‘n kind moet self die besluit neem. Jehovas dink ook bloedoortappings, verjaardae, Kersfees, die Drie-enigheid en die hel is sommer ‘n klomp nonsies.
¬Hulle glo ook blykbaar slegs 144 000 mense gaan eendag “hemel toe”; trouens, dié uitverkore groepie het reeds in 1914 soontoe verkas – die jaar waarin die wederkoms volgens hulle plaasgevind het. Die res van die regverdiges wat ‘n hardwerkende lewe lei en traktate versprei, moet tevrede wees met ‘n paradyslike bestaan op aarde waar niemand ooit siek, oud of ongelukkig sal wees nie.
¬Knap voor drie Sondagmiddag, net voordat die middagslapie inskop, hoor ons ‘n joviale gekwetter buite in die straat, gevolg deur die tjankgeluid van die voorhekkie wat oopgaan en ‘n klop aan die deur. Daar staan twee jollie Jehovas, gewapen met Wagtorings en nog wat.
¬Ons maak nie oop nie. Hulle los ‘n Wagtoring van 1 Desember 2007 in die hekkie met ‘n voorblad wat vra: “’n Verenigde wêreld – Is dit moontlik?” Drie-uur op ‘n Sondagmiddag? Nee, brul ek in my binneste, die duiwel self.


Back to top

Nuusoorsig

By, 28 September 2013

¬Trane vir Kenia
¬`Ek het my hare gewas en soos ‘n kind geween. Droë bloed in my hare. Nie myne nie. Die klein seuntjie s’n wat reg langs my gesterf het…` – Kamal Kaur, ‘n Keniaanse radiopersoonlikheid, in ‘n twiet oor haar ervaring van die terroriste-aanval in die Westgate-winkelsentrum in Nairobi, Kenia.

¬1 uit 6
¬Die getal Britse volwassenes wat in ‘n onlangse peiling nie geweet het William Shakespeare is die skrywer van Hamlet nie, berig The Independent.

Tjips, die opsigter is hier!
¬Dit is nie net mense wat graag skinder nie; ons harige familie doen mee.
¬Navorsers het agtergekom die leeuapies in New York se Central Park-dieretuin “fluister” vir mekaar wanneer ‘n gehate opsigter naby is. Die apies raak gewoonlik ontsteld in die teenwoordigheid van die opsigter, wat hulle met hul vangs en ongemaklike mediese prosedures verbind. Deesdae bespring hulle hom nie meer nie, maar gee lae fluite – die apieweergawe van fluister. – Popular Sci¬en¬ce

¬Nommerpas
¬$4,7 miljard
¬Die uitkoopbedrag (sowat R46,2 miljard) waartoe die sukkelende Kanadese slimfoonvervaardiger BlackBerry ingestem het. ‘n Konsortium beleggers wil die maatskappy privatiseer. BlackBerry het verlede week aangekondig hy gaan 40% van sy werknemers afdank nadat sy nuwe reeks slimfone, wat vroeër vanjaar bekendgestel is, baie swak gevaar het. – Sapa-AFP

Prins George op 23 Oktober gedoop
¬LONDEN. – Prins George, die eerste seun van prins William en Catherine, word aanstaande maand gedoop.
¬Dié geleentheid sal privaat gehou word.
¬Hy sal op 23 Oktober in die St. James-paleis in Londen gedoop word.
¬Die aartsbiskop van Kantelberg, Justin Welby, gaan die prinsie – wat die derde aanspraakmaker op die troon is – doop, luidens ‘n verklaring van William en Catherine, die hertog en her¬tog¬in van Cambridge, se kantoor.
¬Prins George is op 22 Julie gebore.
¬Koninklike assistente het nie veel meer inligting verskaf nie.
¬Dit is ook nog nie seker wie prins George se peetouers gaan wees nie. – Reuters


Back to top

Geld is stom en die stelsel krom

¬Jonathan Jansen
Die Burger, 22 Augustus 2013

¬Stel jou voor 26 onderwysers wat elke dag in dieselfde skool op hul agterent sit omdat hulle oortollig is. Daar is te min klaskamers vir hulle om in skool te hou, en hulle kan nie verskuif word nie. Dit beteken 26 salarisse word maand nᬠmaand betaal, wat hulle graag ontvang en uitgee, net om die volgende dag weer by die skool te gaan sit – maande aaneen, selfs jare. Dít is Suid-Afrikaanse onderwys in 2013.
¬Dié onderwysers word beskerm deur wette, resolusies en politiek. Om hulle te kan verskuif, sal hulle én die skool daartoe moet instem. Hier is vakbond-toestemming belangrik. Dit is onaanvaarbaar om hulle verder as 30 km van hul woonplek te verskuif. Die ontvangende skool – die een met ‘n desperate behoefte aan onderwysers – moet ook sy toestemming verleen.
¬Maar geen skool gaan oortollige onderwysers “ontvang” wat lank onaktief was nie. In die meeste gevalle is hulle nie energieke, entoesiastiese onderwysers wat op die hoogte van die kurrikulum, onderrig of assessering gebly het nie. Een kyk na hulle en die ontvangende skool besluit om liefs die vakante pos te adverteer en iemand meer kundig en entoesiasties aan te stel. Die gevolg: Oortollige onderwysers bly sit en sit.
¬Die finansiële implikasies is skrikwekkend: Ons betaal 26 onderwysers om niks te doen nie; ons betaal onderwysers om vakante poste te vul wat deur hierdie sittende leerkragte gevul moes gewees het; ons kan nie werkende onderwysers in provinsies soos die Oos-Kaap betaal nie, maar hulle kon betaal gewees het met die geld wat na hierdie leerkragte gaan. Dan praat ons nie eens van doeltreffendheid nie – van hoe goed ons hulpbronne gebruik om ons doelwitte te bereik.
Is nog meer geld nodig vir ‘n verandering in die onderwys in ons land? Nee. Wat die tesourie moet vra, is: “Wat doen julle met die geld wat julle het?”
¬In ‘n rasionele wêreld sou die probleem maklik opgelos kon word. Jy wysig eenvoudig die arbeidsverhouding-resolusies wat die gemors laat voortduur en verskuif onderwysers na waar die behoefte is. Jy sê aan vakbonde dat die kinders se belange tel en dat die onderwysers die stelsel moet verlaat as hulle nie skuif nie. Die vakbonde sal ‘n vloermoer gooi, maar doen dit in elk geval, en maak seker die president en die kabinet steun dit. Ja, in ‘n rasionele wêreld.
¬Ons regering huiwer nie om pas gegradueerdes in die gesondheidswetenskappe na landelike buiteposte te stuur, of hulle daarvan hou of nie; maar onderwysers het ‘n magtige vakbond, en jong graduandi is polities magteloos in die hande van burokrate. Dus stuur ons elke jaar duisende graduandi na plekke waarvan hulle nog nooit gehoor het nie.
¬Hulle kan hul voorkeure aandui, soos ‘n hospitaal of kliniek nader aan die huis; maar as die pos in ‘n landelike gebied van ‘n ander provinsie is, word hulle eenvoudig soontoe gestuur. Ek het hulle nog nooit hoor kla oor die waarde van daardie leerervaring wanneer hulle terugkom huis toe nie.
¬Die regering kan onderwysers natuurlik met goed soos behuisings- en reistoelae help as hulle moet trek. Maar die geld wat bespaar word deur beslissende politieke optrede kan oor ‘n paar jaar reuse besparings vir die regering meebring – geld wat gebruik sou kon word om put-toilette te vervang of wetenskapslaboratoriums in skole in te rig. Maar dít gebeur in ‘n rasionele wêreld.
¬Die volgende keer as jy mense hoor vra: “Hoekom bestee Suid-Afrika meer as enige ander Afrika-land aan onderwys, maar behaal van die swakste resultate?” – dink aan hierdie 26 onderwysers as ‘n eenvoudige voorbeeld van ‘n baie groter siekte in die onderwys en die politiek waar insette (hulpbronne) en uitsette (leerderprestasie) oor dié reuse-ondoeltreffendheid in ‘n baie swak verhouding tot mekaar staan.


Back to top

Kosie (6) kielie die ¬konsertina se klawers

¬Philip de Bruin
Die Burger, 19 Augustus 2013

¬KAAPSTAD. – Op ses jaar en in gr. 0 is klein Kosie Beukes van Brakpan nog nie eens in staat om enigiets buiten sy eie naam te lees of te skryf nie.
¬Maar hy is reeds die jongste konsertinaspeler in Suid-Afrika wat saam met volwasse orkeste optree.
¬Tot voor sy sesde verjaardag drie weke gelede was hy op vyf ook die jongste konsertinaspeler ter wêreld. Hy deel nou die rekord met ‘n oorsese seun.
¬Aan al die bohaai en die feit dat hy nuwe liedjies suiwer op gehoor leer speel, steur hierdie leerling van die Fairy Land-kleuterskool in Brakpan hom nie veel nie. Wat wel vir hom belangrik is, is dat hy reeds 22 liedjies op die konsertina kan speel en sy pa net 6. “Hy is lekker jaloers.”
¬Volgens pa Kosie en ma Julia is hul telg se aanleg vir musiek vir hulle “iets verstommends”.
¬Maar dat ‘n konsertina ook ‘n krismiswurm genoem word, het hy nie geweet nie. “’n Krismiswurm oom? Ek gaan vir my pa-hulle sê.” Die Boeremusiekgilde het in Junie ere-lidmaatskap aan hom toegeken.


Back to top

Verkleurmannetjies was see-reisigers

Elsabé Brits
Die Burger, 6 Augustus 2013

¬KAAPSTAD. – Verkleurmannetjies van Afrika het miljoene jare gelede op dryfhout en seestrome versprei om Mad¬agaskar en die Seychelle te bevolk.
¬’n Grootskaalse DNS-analise van hul evolusionêre oorsprong het nou getoon dat dié hoogs gespesialiseerde tak-akkedisse in Afrika ontstaan en hiervandaan versprei het.
¬Verkleurmannetjies het sowat 90 miljoen jaar gelede ontstaan. Dit was nadat die landmassa Gondwana nagenoeg 120 miljoen jaar gelede opgebreek het.
¬Dr. Krystal Tolley van die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut en medenavorsers het hul navorsing hieroor in die vaktydskryf Proceedings of the Royal Soci¬ety gepubliseer.
¬Hulle het die genetika van 174 verskillende verkleurmannetjies nagegaan wat toon dat die familie Chamaeleonidae van Afrika kom. Daar was ook afsonderlike migrasies uit Afrika – 65 miljoen jaar en 47 miljoen jaar gelede – na Mad¬agaskar en 34 miljoen jaar gelede na die Seychelle.
¬Die seestrome het destyds van Afrika soontoe gevloei en nie andersom soos vandag nie.
¬Luidens ‘n verklaring van die Universiteit Stellenbosch, waar Tolley ook werk, het sy drie jaar lank in die veld die spesies vir die studie versamel. Sommige is verkry van museums van oor die wêreld heen.
¬Die verkleurmannetjies het seelangs op die ander plekke gekom. Hulle beland op dryfhout en ander groot opdrifsels en word met seestrome na die volgende plek vervoer. Dit het veral gebeur vanaf Afrika na wat vandag Mad¬agaskar en Suid-Amerika is.
¬Die ape van die Nuwe Wêreld het ook op dié manier uit Afrika daarheen versprei.


Back to top

Ma op die rugbyveld

¬Wendy Antonie
My Tyd, 22 September 2013

Alomteenwoordig in die wintermaande. Ma en die sambreel-anties wat vir konsternasie langs die rug¬byveld gesorg het.
¬Met haar duffel coat en swart sambreel is sy gereed.
Ek het gehoor van die besoekende span uit Kaapstad. My jongtydsenuwees is gedaan. Ma-hulle gaan weer smoks maak.
Baltyd. Tant Stienie hardloop tot binne-in die speelveld en steek ‘n speler met haar sambreel op ‘n baie sensitiewe plek. Hy’t haar favourite speler seergemaak. Die skeidsregter keer. “Man, miste’ref djy blaas majat!”
Dis verkluimkoud. Wit ryp match ma se wit tulband. Ek het vroeër haar bankie gedra. Ek was skaam en het gewens iemand neem my aan. Sy het vol bravade verby die Adonisse gestap. “Gmfff, djulle gat djulle laat maak!”
¬“Excuse me… ?” vra een van hulle. Moederlief is reeds buite hoorafstand.
¬Sy plaas die bankie kort ses agter die kantlyn.
Die dorpspan se vleuel het balbesit. Soos ‘n wegholtrein storm hy teen die kantlyn af. “Hie’ kom ‘n drieeeee!!!” Dis Moeks se hees geskreeude stem.
¬Óf Ma se timing was uit óf hy was té vinnig. Voor ons kon sê mes, lê Mams op die naat van haar rug binne-in die speelveld. Hy kon nie stop nie en hardloop haar toe met bankie en al onderstebo.
¬Liewe Jesus, moet toggie dat die Kaapse outjies weet dis mý ma nie! My wolmus hang laag. Pa se gesig is versteek agter sy Cape Times. Toe hy dit laat sak, sien ek hoe hy homself besig hou met monologues en soliloquys.
¬Behalwe vir geleerde stockings en ‘n gekneusde ego was Ma gou-gou reg.
Deesdae is Amor Green rugby-stil. En saam met die lemoenskille mis ek die sproeireën van toetende motors en die skeltaal van die sambreel-brigade.
¬Mis ek die dae toe ‘n drie nog drie was.


Back to top

Geniet die lewe nóú

Jip, 19 Augustus 2013

¬Ons leef in ‘n wêreld van kits. Kitskos, kitsbank, kitslewe.
¬Alles gebeur met ‘n stink spoed. Ek besef nou die dag dat ek al oor die halfpadmerk van my hoërskoollewe is; stokoud.
Toe, asof koue water by my rug afloop, sien ek ‘n grys haar!
¬Dit was toe maar eintlik ‘n garing van my hemp.
¬Maar ek het steeds nie gehou van die idee dat ek dalk oor ‘n paar jaar met ‘n kop vol garings gaan sit nie.
¬Tyd vlieg … Ek het altyd gedink dit is die simpelste uitdrukking ooit, maar dit is regtig so.
¬Dit voel soos gister dat ek met twee boksterte en ‘n tas, amper dubbel my grootte, voor die laerskool gestaan het, en nou sal ek nie oor my dooie liggaam so gesien word nie.
¬Almal beweeg te vinnig – dit voel vir my niemand het tyd vir iemand anders nie.
Ek is nou eers in graad 10; hoe gaan matriek my nie slaan nie?
¬Om ‘n tiener te wees is ‘n voorreg, as ek so kyk na die lewe daar buite. Ons sal moet werk. Belasting betaal. Huiskoop. Ek sou nou nog voorbeelde kon noem van die absolute onmoontlikhede waardeur ons gesit gaan word. Maar ek dink nou nogal dié drie is skrikwekkend genoeg.
¬WERK. Ons sal moet werk …
¬Daarom stel ek voor ons geniet nou elke oomblik van ons amper-vryheid. Lag te hard, bel jou ouma, eet ‘n pak koekies, hou op worry oor wat ander mense dink, wees simpel en geniet die tyd wat jy saam met jou vriende deurbring.
¬Ek het al dikwels gehoor jy hou net ‘n handjievol pelle oor as jy gematrikuleer het. Wees daarom gaaf met almal in jou graad; dalk is een van hulle eendag jou baas as jy daardie werk van jou moet doen!
¬Hopelik, as ek eendag ‘n kop vol garings het, sal ek baie stories hê om te vertel en herinneringe om my aan die gang te hou.
¬My lewensmotto van dié oomblik af is O¬ne Direction se liedjie “Live While We’re Young”.
¬Want ons is nóú jonk.


Back to top

SA siek weens swak voeding

Elsabé Brits
Die Burger, 15 Augustus 2013

¬KAAPSTAD. – Die meeste Suid-Afrikaners kry te min vitamiene en minerale in.
¬Dit het ‘n ernstige invloed op die voorkoms van talle chroniese siektes, MIV/vigs en tuberkulose.
¬Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap (Assaf) het gisteraand ‘n konsensus-verslag oor dié onderwerp, saamgestel deur 11 van die land se top-navorsers, bekend gestel.
¬Dit meld onder meer dat vertraagde groei by tot 25% van kinders in die land voorkom en ‘n regstreekse gevolg van wanvoeding is.
Tussen 11 miljoen en 17 miljoen mense in die land het nie voedselsekerheid nie.
¬Dié tekort aan mikro-voedingstowwe hou ernstige gevolge in vir babas en kinders wie se fisieke en kognitiewe groei belemmer word, terwyl hulle ook aan infeksies blootgestel word.
¬Daar is selfs mense wat aan vetsug ly wat nie die regte voeding kry nie, omdat hulle nie reg eet nie. Die kos is energieryk, maar arm aan vitamiene en minerale. Die mense lyk dus of hulle genoeg kry, maar ly aan wanvoeding.
“Suid-Afrika se voedingstatus is ver van optimaal. Minder as die helfte van Suid-Afrikaanse volwassenes het ‘n gesonde gewig,” lui die verslag.
¬Volgens die navorsers speel ‘n gebrek aan mikro-voedingstowwe ‘n rol by vatbaarheid vir MIV/vigs en tuberkulose weens die nadelige uitwerking op die immuniteitstelsel.

¬Tekort aan mikro-voedingstowwe maak Suid-Afrikaners siek
¬In ‘n verslag deur 11 kenners van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap word gesê mense het ‘n tekort aan veral dié ses mikro-voedingstowwe in hul dieet. Dit vererger nie net MIV/vigs en tuberkulose nie, maar ook chroniese siektes en wanvoeding.

¬VITAMIEN A
¬Bronne: Geel en oranje groente en vrugte, lewer, eiers, kaas.
¬Tekort: Verhoog kindersterftes; vererger masel-infeksies; swakker sig; vertraagde groei; rol in veroudering, groot rol in ontwikkeling van babas.

VITAMIEN B
¬Bronne: Sonlig, vetterige vis en visolie, botter, room, melk, margarien, lewer, eiers.
Tekort: Rol in diarree en skelet-siektes by kinders; kan rol speel in TB- en MIV-behandeling; verswakte immuniteit.

FOLIENSUUR
¬Bronne: Seekos, lewer, niere, longe, hart, pluimvee, rooivleis, graankos.
¬Tekort: Neurale buisdefekte in babas; oorerflike hartdefekte, Down se sindroom; gesplete verhemelte; vroeë geboortes; hartsiektes; kognitiewe verswakking.

SELEEN
¬Bronne: Seekos, lewer, niere, longe, hart, pluimvee, rooivleis, graankos.
¬Tekort: In reaksie met vitamien E speel dit ‘n groot rol in immuniteit.

YSTER
¬Bronne: Rooivleis, hoender, boontjies, ertjies, spinasie, droëvrugte
¬Tekort: Anemie en yster speel ‘n groot rol in kognitiewe ontwikkeling by kinders en tieners. Te veel drankgebruik versteur die balans en lei tot yster-oorlading.

¬SINK
¬Bronne: Oesters; vleis; verrykte graankos
Tekort: Verhoog kindersterftes; diarree, velsiektes, vertraagde groei en infeksies.


Back to top

Heuningbos-naam ook gou deur wet beskerm

Nellie Brand-Jonker
Die Burger, 19 Augustus 2013

¬Kaapstad. – Die naam heuningbos sal binnekort nie op ‘n produk mag verskyn wat nie van die inheemse Cyclopia-struik afkomstig is nie.
¬Die departement van handel en nywerheid het pas in die Staatskoerant gesê die name Honeybush, heuningbos, Honeybush Tea en heuningbostee gaan onder die Wet op Handelswaremerke van 1941 beskerm word. Daar is 30 dae vir kommentaar gegee.
¬Die Suid-Afrikaanse Heuningbos-teevereniging (Sahta) het vir die beskerming gevra en dit gaan gepaard met sekere reëls van hoe dit gebruik mag word.
¬Marlise Joubert van die Landbounavorsingsraad (LNR) en van SAHTA, het gesê al is die heuningbosbedryf baie kleiner as die rooibosbedryf het hulle geleer uit die probleme wat rooibos met die beskerming van dié naam het. Rooibos het middel Julie die departement om soortgelyke beskerming onder dié wet gevra.
Dit is in die Staatskoerant afgekondig dat beskerming vir ses name, insluitende rooitee, gevra word vir produkte wat van die plant Aspalathus linearis afkomstig is. Dit gaan met reëls gepaard.
¬Dit kom nadat ‘n maatskappy in Frankryk die naam rooibos as ‘n handelsmerk wou registreer.
¬Cobus Jooste, ‘n lektor in handelsreg van die Universiteit Stellenbosch se regsfakulteit, het in ‘n webjoernaal voor dié gebeure gesê die departement het hom uiteindelik tot die Intellektuele Goederewet gewend.
Hy sê dit is ná “buitengewone en ongesiene” aksie deur lede van die akademiese gemeenskap om die departement aan te spoor om die beskerming wat die spesifieke wet bied, te gebruik om rooibos te beskerm. Volgens hom maak die wet in artikel 15 voorsiening vir die beskerming van ‘n merk of woord deur ‘n deklarasie van die minister van handel en nywerheid wat dan, sodra dit afgekondig is, die woord as ‘n geografiese teken elders in die wêreld beskerm.
¬Hy skryf dat die departement “salig onbewus” was van die beskerming wat dié wet bied.
¬Sodra die finale kennisgewing gepubliseer word, sal die gebruik van die woorde onderhewig wees aan die reëls wat saam met die kennisgewing gepubliseer word. Die reëls dui aan hoe rooibos- of heuningbos-produkte geïdentifiseer of geëtiketteer moet word. Dit onderskei tussen suiwer produkte en gemengde tee of aftreksels. Dit kan help om dié name in Europa beter te beskerm, volgens Jooste.
Joubert sê hoewel dit grootliks rooibos is wat in die spervuur is oor sy handelsmerk, is daar “kort-kort” gevalle waar heuningbos as ‘n naam deur iemand toegeëi¬en wil word. Die plan is om die naam ook oorsee te beskerm.
Heuningbos-uitvoer het sedert 1999 van sowat 50 ton per jaar tot tussen 150 tot 200 ton per jaar gegroei. Rooibos en heuningbos is albei fynbos. Rooibos groei in die Sederberge naby Clanwilliam. Heuningbos groei wild in berggebiede in die Wes- en Oos-Kaap, met sekere spesies in sanderige kusgebiede.


Back to top

Ouers moenie hul kinders begrawe nie

Petro Hansen
Die Burger, 19 September 2013

¬Ek en my dogter het onlangs die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein besoek. Op daardie koue wintersoggend, terwyl ons hand aan hand staan voor die bronsbeeld van ‘n vrou sonder kappie en ‘n kind wat leweloos oor haar skoot lê, het ek weer besef ‘n ouer is nie veronderstel om sy kind te begrawe nie. Die geween en gekners van tande was byna hoorbaar in die smartvolle kyk van die standbeeldvrou se oë.
¬Ek het vroeg in my lewe met hierdie hartseerdeel van die lewe te doen gekry. ‘n Klasmaat se skielik leë skoolbank in die registerklas op ‘n Maandagoggend en die verlang en gemis wat maande daarna sou volg, het my geleer dis nie net oumas en oupas wat doodgaan nie.
¬’n Goeie vriendin se dogter het tragies in ‘n motorongeluk omgekom. Hulle was op pad vir ‘n Desembervakansie en die motor het gerol. Toe ek die middag by haar huis kom, was al die gordyne toegetrek. Binne was dit donker.
¬Deur die ligskrefies van ‘n gordyn kon ek die foto’s, verspreid oor die eetkamertafel, uitmaak: haar pragtige krulkopmeisiekind. Ek het nie daar by haar ingestap om woorde van bemoediging te bring nie, want wat sê mens vir ‘n ma wat vir ewig in rou gedompel is? ‘n Ma wie se hart ses voet onder die grond saam met ‘n kis toegegooi is? Vir sekere hartseer is daar nie trooswoorde nie.
¬Een Sondagmiddag blaai ek deur ‘n gedenkboek oor konsentrasiekampkinders van die Tweede Vrydheidsoorlog. Uit een foto staar ‘n Voortrekkervrou met oë so koud soos ‘n snerpende Vrystaatwinter na my. Hoe bang moet sy net nie gewees het nie.
¬Bang om nie te weet of die stofgetrapte paadjie buite die Bethulie-kampterrein vir haar kind na ‘n wagtende graffie sou lei of nie. Tussen rye en rye tente en binne die ooptes van gevlegte draadheinings moes sy maagkoors¬kieme van haar kind wegkeer, moes sy die dood van sy lyf weghou.
¬As haar kinders siek was, moes sy hulle wegsteek. Sy het geweet as die verpleegster haar kind raaksien, sou nie sy as ma nie, maar die doodsengel hom by die kamphospitaal gaan haal.
¬Terwyl ‘n koue briesie hoendervel teen my en my dogter se bene opwaai en ek ‘n laaste maal die silhoeëtte van die beeldvrou en kind op haar skoot opsoek, rits ek my kind se Roxy-baadjie toe en sit my arm beskermend om haar. Met die wegstap weet ek ek sal haar ook verbete teen die koue van kapokneerslag, teen honger, teen siekte beskerm.
Van kleintyd af hoor ek die dominee altyd op begrafnisse sê: “’n Mens mag nie vrae stel as die doodstyding aan die deur kom klop nie.”
¬Maar soms, net soms, is dit moeilik om nie te vra waar die beskermengel dan was wat moes keer, wat moes vang toe ‘n pragtige jong seun in die fleur van sy lewe 27 meter na benede, na sy dood, op rotse val.


Back to top

Swerfvalk hou stadion se saaddiewe weg

¬Malherbe Nienaber
Die Burger, 19 September 2013

KAAPSTAD. – Die wêreld se vinnigste voël hou duiwe by die Kaapstad-stadion weg.
¬Scarlet, ‘n swerfvalk, sal oor die volgende ses maande daar vlieg as deel van die Kaapse stadsraad se poging om ‘n verlies aan grassaad vir die sportveld te bekamp.
¬Sowat 120 kg raaigrassaad word maandeliks in die stadion gesaai om die skade te herstel wat deur sportbyeenkomste en konserte aan die speelveld aangerig word, maar duiwe vreet 70% daarvan op voor dit ontkiem. Sowat R80 000 gaan jaarliks verlore weens die verlies aan saad.
¬“Die duiwe se bedrywighede maak dit moeilik om die grasbedekking op die veld dig te hou,” lui ‘n verklaring wat die stadsraad gister uitgereik het. “Digte gras is ‘n vereiste vir top-sportbyeenkomste.”
¬Die valk dien as die stadsraad se “duif-spesialis” om die veld op ‘n omgewingsvriendelike en veilige manier te beskerm.
¬Lesley de Reuck, direkteur van die Kaapstad-stadion, het gesê Scarlet is verlede maand by die stadion in diens geneem.
¬Dit is glo die eerste keer dat roofvoëls by ‘n Wes-Kaapse stadion gebruik word. Hul is vantevore gebruik by die All England Lawn Tennis and Croquet Club, waar die Wimbledon-toernooi gehou word, en in die Nelson Mandelabaai-stadion in Port Elizabeth.
¬Die swerfvalk is die duiwe se natuurlike vyand en kom volop in die Skiereiland voor. Scarlet sal egter nie die duiwe jag nie, maar hulle verdryf en hul gedrag verander sodat hulle die stadion vermy.
¬’n Valkenier sal haar weekliks agter ‘n lokaas, wat soos ‘n voël lyk, aan laat jaag om die duiwe met haar teenwoordigheid af te skrik.
¬Scarlet behoort aan Hank Chalmers, eienaar van Eagle Encounters, ‘n sentrum op Stellenbosch waar roofvoëls gerehabiliteer word. Sy is vier jaar gelede met ‘n gebreekte poot en vlerk na die sentrum gebring. Sy het herstel tot sy weer kan vlieg, maar sy sal glo nooit weer kan jag en in die natuur oorleef nie.


Back to top

Voubiljette by medisyne vir baie Grieks

¬Elsabé Brits
Die Burger, 24 Augustus 2013

KAAPSTAD. – Al verstaan min Suid-Afrikaners die belangrike inligting op voubiljette wat saam met medikasie kom, lyk dit of hulle self sal moet aandring op meer verstaanbare taal.
¬Die Nasionale Verbruikersbeskermingswet vereis dat maatskappye in alle sektore met mense in verstaanbare taal moet kommunikeer. Maar die inligting op medikasiehouers en die voubiljette word deur wetgewing gereguleer en mag nie sommer net verander word nie.
¬Dr. Sarah Slabbert van die Plain Language Institute het aan Die Burger gesê die verpakking van medikasie en die voubiljette moet noodsaaklike inligting aan pasiënte oordra.
¬Navorsing toon egter dat mense dit moeilik vind om te lees, en dit gee nie dadelik die inligting wat mense benodig nie. Dit is in hoogs tegniese taal, word ingedruk in klein spasies, sonder duidelike opskrifte.
¬Sy het verduidelik dat wanneer farmaseutiese maatskappye hul produkte by die Medisynebeheerraad registreer, doen hulle ook aansoek vir die inligting wat op die voubiljet kom.
¬Dié inligting word voorgelê, moet aan streng vereistes voldoen en daar is nie veel beweegruimte vir toegankliker taal nie. Dit kan ook nie ná die tyd sommer verander word nie.
¬“Daar is nuwe wetgewing en regulasies nodig om die taal toegankliker te maak. Dit sal vereis dat almal om die tafel sit en bepaal hoe dit gedoen moet word,” het sy gesê.
Toeganklike taal op mediese voubiljette sal eers ‘n werklikheid kan wees wanneer daar nuwe wetgewing is.
¬Die voorskrif is tans dat dit in Engels en een ander taal moet wees, maar geen melding word gemaak dat dit vir die meeste mense verstaanbaar moet wees nie.
¬Sy stel voor daar kan begin word om die eerste inligting wat die verbruiker sien, in maklik verstaanbare taal te skryf – veral noodsaaklike inligting moet baie duideliker wees.
¬Kanada en die VSA het pas met ‘n proses van nuwe wetgewing begin om verbruikersvriendelike taal op etikette en voubiljette te gebruik.

Braaiing is my heritage
Cape Argus, 24 September 2013


Back to top

Moroccan lamb riblets with couscous

¬GUESTS love this recipe, because it takes them to far away places and what is not to like about sweet, sticky lamb ribs.

¬Ingredients:
1 kg lamb riblets
1 t sugar
1 t salt
½ t ground black pepper
½ t ground ginger
½ t ground cardamom
½ t ground cumin
½ t ground cloves
½ t ground cinnamon
½ t ground allspice
½ t ground cayenne pepper
½ t garlic powder

¬Method:
Mix all the ingredients except the lamb and then rub the riblets or chops with it!
¬Preheat the grill or fire and place the riblets on a grid. Grill the riblets until it is done to your preference. We like the little caramelised bits.


Back to top

Couscous

¬Ingredients:
¬500ml couscous
¬375ml vegetable stock
1 red pepper
¬1 green pepper
10ml chopper garlic
10ml grated ginger
125ml Safari flaked almonds
125ml Safari sultanas
¬Skin of ½ preserved lemon

Method:
¬Make couscous according to packet instructions, but instead of water, use vegetable stock. Leave to stand for about 10-15 minutes. In the meantime, heat the oil on a pan and add the onion, garlic, ginger and peppers and saute until done. Add some the lemon, almonds and some chopped mint. Mix with the couscous and serve with your delicious lamb.


Back to top

Cabbage, beetroot and sultana chutney

¬A POT of this chutney does not last very long in my home. Perfect to have with your grilled meat, chicken or fish.
¬Makes about 500 ml

Ingredients:
2 big raw beets – peeled and grated
1 small red cabbage – sliced finely
¬100 ml Safari sultanas
¬100 ml sugar
¬red wine vinegar – about 45 ml (adjust to taste)
Salt
1-2 red chillies – keep whole (it gives a subtle heat)
1 star anise
¬3 cloves
¬1 all spice

¬Method:
¬Place all the ingredients in a stainless steel pot and bring it to the boil. Let it simmer on low heat until the chutney (relish) has a thick chunky consistency. About 1 hour. Spoon into sterilised jars or keep in the fridge for about 1 week (if it lasts that long).


Back to top

Man salad

MEN are not fond of salads, but I bet you your man will love this salad with all its bold and meaty flavors.
¬Serves 6

¬Ingredients:
250g streaky bacon (12 strips)
24 Safari pitted dates
250g Safari salted cashew nuts
120g big pillow bag young salad leaves – rocket, watercress, baby spinach
2 oranges

¬For the salad dressing
125ml olive oil
80ml balsamic vinegar
¬5ml Dijon mustard
10-15 ml honey
24 toothpicks

¬Method
¬Preheat your grill or fire. Cut the bacon in half so that you have 24 halves or bacon. Wrap each date with a piece of bacon and secure with a toothpick. Place the wrapped dates on grid and braai or grill until they are golden brown and crispy. Keep warm. Peel the oranges, remove the bitter white pith and with a sharp knife, cut segments from the orange.You can either make one big salad or 6 individual salads. Place the devils on horseback on the salad leaves (4 per person) and scatter the cashew nuts over the whole salad.

To make the dressing:
¬Place all the ingredients in a tall jug and with your stick blender blitz it until it becomes thick and velvety. Pour over the salad and enjoy.


Back to top

Coleslaw

¬THIS coleslaw recipe is somewhat different to the traditional one, but surprisingly light and fresh, especially if you are serving it with a rich cut of meat.
¬serves 4

¬Ingredients:
2 small cabbages or ½ a big one – grated or sliced thinly
¬1 small pineapple – core removed and grated
¬125ml greek yogurt
125ml homemade mayonnaise
100ml Safari walnuts – chopped

¬Method:
¬Mix the cabbage and pineapple then add the yoghurt, mayonnaise and nuts. Serve with the pork.