DIE NUWE PIONIER – MEI 2014

Die Nuwe Pionier - Maart 2014

Inhoud/Contents

Verhaal van ‘n suksesverhaal

WATTER AFTREE-OORD? BELANGRIKE OORWEGINGS

`Blinde` oud-stut behaal eerste kolhou in 25 jaar

‘n Gesalfde loop by die deur uit

Die waarheid oor die `terroir` van skaapvleis

Grootste dinosourus nóg gevind

Skaapkop g’n `stiefkind van spyskaart` in Clanwilliam

DIS WEER WINTER DIE SEISOEN VAN HOES EN PROES

Blinde (45) ook in Vryheidswem

Kindskinders oppas is nie kinderspeletjies

Boeties op die langpad

Satiriese skrywers mag ander se styl aanwend

‘n Jakkals in die digitale media se hoenderhok

Man dra 8 ton bakstene weg – een vir een!

50 jaar gelede

Voeding van verswakte bejaardes

Die raaisel van die Bolandse bestuurder

Doen dit só

Pak dit in jou trollie

How to be well dressed and stylish

Is white bread making you fat?

Eat chocolate. Have great skin. Be happy.

Why you should donate blood

Heart worries? Watch the sugar

Red face after drinking? Check your blood pressure.

Be wise, sterilise

Sore throat? Deal with it.

Know your migraine triggers!

Boost your immunity from your kitchen

Allergies? Ain’t nobody got time for that

Are you desperate for sleep?
Resepte
Baksakkiehoender
Outydse souskluitjies
Aartappeltert – warm
Malvapoeding
Appeltert

 

Jaargang 82, No 05

Volume 82, Nr 05

Datum 30/05/2014 Date

 

Uitgewers: Pionierskool ― Instituut vir Blindes

Publishers: Pioneer School ― Institute for the Blind

 

 

Gedruk en versprei deur die Pionierdrukkery, Posbus 994, WORCESTER, 6849

Printed and distributed by the Pioneer Printers, P.O. Box 994, WORCESTER,

6849

 

 

REDAKSIE

Redakteur: MARIé-LOUISE DU PREEZ

 

Rig asseblief alle korrespondensie aan:

Please direct all correspondence to:

 

――――――――――――――――――――――――――――

Die Redakteur                         The Editor

Die Nuwe Pionier             Die Nuwe Pionier

Posbus 994                     P.O. Box 994

WORCESTER         WORCESTER

6849                                        6849

ccccccccccccccccccccccccccccccccccccc

 

Tel.: (023) 342 6313

Faks/Fax: (023) 342 0335

E―Pos/E―Mail: marielouise@pioneerprinters.org.za

 

Die redaksie onderskryf nie noodwendig die menings wat in die artikels en briewe in Die Nuwe Pionier uitgespreek word nie, en behou hom die reg voor om sodanige stof te verkort en redaksioneel te versorg.

 

The editorial staff does not necessarily endorse the opinions expressed in the articles and letters in Die Nuwe Pionier, and reserves the right to abbreviate and edit such articles.

 

Hierdie publikasie is moontlik gemaak deur ‘n ruim subsidie van die L W Hiemstra Trust en Marie Luttig Trust.

 

This publication is made possible by a generous subsidy of the L W Hiemstra Trust and Marie Luttig Trust.

Back to top

Verhaal van ‘n suksesverhaal

Rooi Rose, Junie 2014

Deur MARIËTTE CRAFFORD

 

Mense se behoefte aan ‘n goeie kosboek en haar ysere deursettingsvermoë, het S.J.A. de Villiers onder meer geïnspireer om `Kook en Geniet` te skryf – en Suid-Afrikaanse kos- en boekgeskiedenis te maak

“Koslegende”. Suid-Afrika se “koningin van kookboeke”. “Skrywer van ons land se kosbybel”. “Tannie Kook-en-Geniet.” Dis hoe Ina de Villiers, ook bekend as S.J.A. de Villiers, gehuldig is en bekend staan.

 

Min mense ontvang in hul leeftyd die erkenning wat hulle verdien. Dit is ook min mense beskore om – ondanks struikelblokke – ‘n persoonlike droom só aanskoulik te verwesenlik dat dit as geskiedenis opgeteken word en as rolmodel voorgehou word.

 

Maar dit was anders met Ina de Villiers.

 

Anders as wat dikwels die geval is met baanbrekers, is Ina lank voor haar heengaan op 20 September 2010, gehuldig en vereer. En in haar leeftyd het sy gesien hoedat haar Kook en Geniet, waarvoor g’n uitgewer kans gesien het nie, naas die Bybel die topverkoperboek in Suid-Afrika geword het.

 

Kook en Geniet is nie net ‘n boek vol suksesresepte nie – dis ‘n suksesverhaal met ‘n betowerende verloop.

 

As S.J.A. de Villiers het sy in April 1951, 63 jaar gelede, Kook en Geniet geskryf.

 

Dekades lank al kry meisies Kook en Geniet as ‘n mondigwording-, verlowing- of trougeskenk. En as ‘n ma haar kwel dat haar losloperseun van die honger sal omkom, sal sy ‘n Kook en Geniet bedagsaam naby sy stoof neersit. So ook gaan Kook en Geniet saam waar Suid-Afrikaners hulle ook in die buiteland gaan vestig. S.J.A. de Villiers en haar Kook en Geniet het as ‘t ware deel van Suid-Afrikaners se deurgangsrites geword.

 

Van Kook en Geniet, saam met sy latere Engelse weergawe, Cook and Enjoy, is al meer as ‘n miljoen eksemplare in die afgelope 63 jaar verkoop. Daarom is dit heel gepas dat “KOOK EN GENIET Suid-Afrikaanse Kook- en Resepteboek deur S.J.A. DE VILLIERS. UITGEGEE DEUR DIE SKRYFSTER PRETORIA 1951”, soos dit met die eerste oplaag op die skutblad deur haar beskryf word, as ons “Kosbybel” en sy as ons geliefde koksmaat (én rolmodel vir ondernemers!) beskou word.

 

Hoewel sy in die meeste Afrikaanse huishoudings altyd as “Tannie Kook en Geniet” of “Mev. of Tannie SJA”, bekend sal staan, en al het sy en haar boek volksbesit geword, vir haar twee dogters, Eunice en Heleen, was sy “Mamma”.

 

Op ‘n helder oggend, ‘n rukkie nadat sy as 91-jarige in die versorgingseenheid van Azaleahof op Stellenbosch oorlede is, het Eunice van der Berg, haar oudste dogter, met my oor haar ma gesels.

 

“Sy het graag iets lekkers gemaak. Sy was knap,” onthou Eunice. Buiten haar gesin se beelde van haar, getuig die foto’s wat Eunice ooppak van ‘n vrou se ryk lewe: Oudae se lieflike swart-wit studente- en trouportrette, eietydse, kleurryke kiekies van vrolike familiesamekomste met Ina as matriarg en haar kinders en skoonkinders en kleinkinders daarop, en persfoto’s en koerantknipsels van plegtige huldigingsgeleenthede waarop ‘n volwasse vrou met toekennings en eerbewyse erkenning vir haar werk ontvang, bevestig Ina de Villiers se veelsydige bestaan.

 

“My ma is op 24 Februarie 1919 as die middelste van drie dogters op Boshof gebore,” begin Eunice die lewensverhaal van Stoffelina Johanna Adriana van Schalkwyk.

 

Met die koms van hul tweede kind het Ina se pa, Jan van Schalkwyk, uitgesien na ‘n seun, maar sy vrou, Eunice, het op 24 Februarie 1919 nog ‘n dogter in die wêreld gebring. Hulle het hul meisiekind Ina genoem, maar met haar doopname is sy nogtans – wel met ‘n vroulike weergawe – na haar oupa Stoffel Johannes Adriaan, vernoem.

 

Ina het saam met haar ouer suster, Talia, en haar jonger suster, Elsa, op ‘n groot erf met ‘n vrugteboord op Boshof in die Vrystaat, grootgeword.

 

Jan was ‘n opvoeder wat later ‘n skoolinspekteur geword het, en Eunice ‘n huisvrou wat aan verskeie verenigings behoort het en by gemeenskapsbedrywighede betrokke was. Hulle was ‘n gelukkige en gesiene gesin, maar vroeg in haar lewe moes Ina teëspoed hanteer. Toe al het sy die onblusbare veggees getoon waarmee sy later uitdagings sou aandurf.

 

Sy was so elf, twaalf, toe haar voet in ‘n treinongeluk op pad na die toenmalige Suidwes, byna vergruis is. Ten spyte van slegte hoop dat sy dit weer sou kon gebruik, het sy gewys dat sy aanhou wanneer die meeste mense al sou opgee. Met toewyding het sy die gebruik van haar voet teruggekry.

 

Ina was skaars twintig toe haar ma jonk-jonk oorlede is. Haar pa wou hê dat sy met haar flinke verstand ‘n dokter moes word. Hoewel sy teësinnig was, het sy met sekere voorwaardes ingestem en in dié rigting begin studeer. Maar twee weke ná die begin van haar tweede akademiese jaar aan die Universiteit van Pretoria, het haar sterk wil haar oor haar eie toekoms laat besluit.

 

In plaas daarvan om as ‘n dokter te kwalifiseer, het sy die graad B.Sc. Huishoudkunde in 1941 aan die Universiteit van Stellenbosch behaal, waar sy ook die eerste primaria van die koshuis Sonop was. Sy was ‘n toegewyde student en ‘n leier. “Maar sy was ook avontuurlustig.”

 

Buiten uittogte see toe saam met haar vriende, was stap en bergklim een van haar voorliefdes.

 

Ná universiteit het sy ‘n jaar lank aan die Oranje Meisieskool in Bloemfontein skoolgehou, en toe ‘n pos as uitbreidingsbeampte van die Departement van Landbou in Pretoria aanvaar. Deel van haar pligte was om spin-en-weef-kursusse aan te bied – hoofsaaklik op die platteland. Met die spin- en weeftoestelle het sy per trein na verafgeleë bestemmings gepiekel. Terselfdertyd het sy op die plekke waar sy weefklasse gegee het, ‘n kosgids uitgedeel wat deur die huishoudkundiges van die Landboudepartement opgestel is. Dié boekie, Kos en Kookkuns, het bestaan uit resepte sonder foto’s. Dis deur die departement se huishoudkundiges saamgestel, deur die Staatsdrukker gedruk en deur die regering versprei.

 

Al was dit ‘n poging om mense toe te rus, het Ina gou agtergekom dat die gemeenskap se kookvaardighede só gebrekkig was dat Kos en Kookkuns nie aan die behoefte voldoen het nie. Ina het presies geweet hoe sy ‘n goeie resepteboek en kosgids sou saamstel. Dit moes baie meer resepte bevat en volgens spyskaarte georden word. Daarby was dit belangrik dat die resepte se mate gestandaardiseer word.

 

Maar voordat die voorgenome boek sou verskyn, het haar lewensmaat sy opwagting gemaak. Ina het haar toekomstige man, dr. Japie de Villiers van die Geologiese Opnamekantoor in Pretoria, op ‘n tennisbaan ontmoet.

 

Eunice tel ‘n brose, perkamentgeel koerantknipsel op: Die Volksblad van Februarie 1945 berig oor ‘n bruid wat “allerliefs daar uitgesien het” toe “twee baie gesiene families” deur die egband verbind is. “Eie korrespondent” berig dat “die bruidstabberd van swaar dof geblomde tafsy” was met “‘n lang sleep” daarby.

 

Ina en Japie het hulle in Pretoria gevestig. Nadat hulle ‘n baba verloor het, het die boek weer haar aandag gekry.

 

Hoewel Ina oortuig was van die nut van so ‘n kosboek, kon sy nie ‘n uitgewer kry wat dit wou uitgee nie. Soos voorheen, het sy nie haar geesdrif laat blus nie. Sy en haar man sou dit self uitgee.

 

Ina het leer tik en die boek geskryf soos wat sy haar voorgeneem het. Dr. Mattie Jooste, hoogleraar in huishoudkunde aan die Universiteit van Stellenbosch het haar as raadgewer bygestaan. Japie het sy goudaandele verkoop en hulle het die geld gebruik om Kook en Geniet in April 1951 uit te gee en te versprei. Die boek het soos soetkoek verkoop. Terwyl tallose mense die geregte daarin berei en daaraan gesmul het, moes die doemprofete hul woorde sluk, want Suid-Afrikaanse boekegeskiedenis is geskryf.

 

Tussen die foto’s en koerantknipsels wat Eunice uitgepak het, was ‘n eksemplaar van die eerste Kook en Geniet. Op die titelblad van die eerste uitgawe het Ina de Villiers onder meer geskryf: “Verkrygbaar van die skryfster, Mev S.J.A. DE VILLIERS (eers van “Maraisstraat, Brooklyn, Pretoria” en later “Universiteit, Bloemfontein”) teen 23 sjielings, posvry”. Dit dien as bevestiging dat sy nie net die skrywer was nie, maar ook die uitgewer, bemarker en verspreider van haar boek wat boekegeskiedenis in Suid-Afirika gemaak het deur naas die Bybel die gewildste Suid-Afrikaanse boek te word.

 

Danksy Kook en Geniet het Ina se loopbaan ook as entrepreneur ‘n ligbaan geraak waaraan sy die grootste deel van haar volwasse lewe gewy het.

 

Sy het die hersiening en bywerking van inhoud, later saam met Eunice wat ook ‘n huishoudkundige is, hanteer, asook die gehalte- en voorraadbeheer, bemarking en verspreiding van talle herdrukke oor die bestek van meer as twee dekades waargeneem. Uit Ina en Eunice se werksverbintenis het ook ‘n kookboek vir kinders, Klein Kook en Geniet, voortgekom.

 

In 1972 het Ina die reg om Kook en Geniet in Engels as Cook and Enjoy uit te gee, aan die uitgewer Human & Rousseau verleen. Dieselfde uitgewer het in 1990 ook die Afrikaanse Kook en Geniet se uitgewersregte verkry. In samewerking met Ina het daar in 1992 hersiene weergawes van die boek in albei tale verskyn. Saam met Eunice het Human & Rousseau in 2009 ‘n hersiene weergawe van Kook en Geniet uitgegee.

 

Soos ‘n digter sy lier aan ‘n wilg hang, het Ina ná haar glorieryke loopbaan as skrywer en sakevrou onder die eikebome van Stellenbosch afgetree. Nadat haar geliefde Japie haar ontval het, het sy tot haar heengaan daar in ‘n versorgingsoord gewoon. Sy het haar aan die openbare lewe onttrek totdat sy op 20 September 2010 oorlede is.

 

Maar al het die tenger vrou heengegaan, deurtrek die geure van haar grootse Kook en Geniet vandag nog tallose Suid-Afrikaners se huise en herinneringe.

Back to top

WATTER AFTREE-OORD?

BELANGRIKE OORWEGINGS

Hester Vermeulen

Plus 50 April/Mei 2014

 

Aftrede? As jy jonk is dink jy nie eens aan die toekoms en aftree nie. Jy leef geheel en al vir die hede – wel die meeste mense doen dit ongelukkig. Dit lyk so ver weg, dit voel of jou aftrede nog eeue in die toekoms lê en om te spaar of weg te sit vir daardie dag kom nie eens by jou op nie. En dan is jy op ‘n dag aftree-ouderdom en wat jy gedink het is genoeg vir aftrede, is met die stygende voedsel- en petrolprys en al die ander kostes glad nie meer genoeg nie.

 

Van die geld wat jy dan belê het vir jou aftrede, moet saam met die dag-vir-dag uitgawes ook nog jou blyplek betaal. Sommige mense is bevoorreg om by kinders te kan inbly – ander moet voorsiening maak vir ‘n aftree-oord. Die meeste van ons, en ek is een daarvan, is te onafhanklik om by kinders te bly. Ironie van die saak is dat die kinders op ‘n sekere stadium vir jou wil besluit en die ouer/kind-verhouding omgedraai word. As julle enigsins my temperament het, gaan julle dit net nie toelaat nie ∞C wel, nie as ek dit kan verhelp nie.

 

Om in ‘n aftree-oord te gaan bly wanneer jy al klaar so sieklik is dat jy – as hulle jou eens toelaat – nie meer kan vriende maak en aan al die aktiwiteite kan deelneem nie, is ook nie so slim nie. Myns insiens is dit raadsaam om daar te gaan bly terwyl jy nog nuwe vriendskapsbande kan smee en by verskeie aktiwiteite kan inskakel.

 

Daar is egter sekere vrae wat jy moet vra wanneer jy ‘n spesifieke oord oorweeg. Vrae soos:

 

Watter sekuriteitsreëlings is daar by die aftree-oord? Dis definitief een van die belangrikste vrae vandag. Is daar sekuriteitsomheining en ‘n hekwag?

Watter hospitale is beskikbaar en hoe ver is dit van jou blyplek?

Is daar goeie spesialiste in die stad/dorp waar jy aftree?

As jy nie lid is van ‘n mediese fonds nie, hoe lyk die staatsfasiliteite? Hier kan ek beslis ‘n pluimpie vir die groter Mosselbaai en George gee – ons staatshospitale en klinieke is puik. Die Tuinroete is beslis geseënd in die opsig.

Wat sluit die heffings alles in? Hierdie vraag is uiters belangrik. Jy moet net absoluut seker maak wat jou maandelikse heffing gaan wees en wat dit alles dek.

Gaan daar ‘n sorg-eenheid vir verswakte bejaardes wees? Hier moet ek meld dat ek geen aftree-oord sonder so ‘n sorg-eenheid sal bemark nie. Dit is van kardinale belang dat so ‘n eenheid beskikbaar moet wees. Is die ontwikkelaar finansieel sterk genoeg dat die sorg-eenheid definitief gebou sal word? Baie mense het al lelike stelle afgetrap as die ontwikkelaar bankrot speel voordat die sorg-eenheid vir verswakte bejaardes gebou is.

Is daar basiese gesondheidsorg op die terrein beskikbaar – neem van bloeddruk, toets van suiker, ens.

Wat is die posisie met huisskoonmaak- en tuindienste? Het die oord beskikbare en betroubare dienste? Van die oorde se heffing sluit ‘n weeklikse skoonmaak van jou eenheid in.

Word troeteldiere toegelaat? Vir sommiges van ons is ons diere soos kinders en dit is baie moeilik om hulle dan weg te maak en sonder hulle klaar te kom.

Mag ‘n kind by jou bly – onder watter omstandighede?

Mag jou kinders by jou kuier – vir hoe lank? Onthou hier kom kleinkinders ook ter sprake en van hulle kan woelwaters wees.

Wat is die posisie met verpligte etes?

Indien jy in jou eenheid siek is, sal jy daar versorg kan word? Nie almal wil in die siekeboeg gaan lê nie.

Het jy familie en/of vriende wat in die area bly – hier is dit belangrik dat jy darem nog so jonk is dat jy met die mede-inwoners kan vriendskapsbande smee.

Wat behels die konstitusie en gedragskode?

Wie dien op die bestuur?

Wat is die beste – lewensreg of voltitel?

 

Hierdie is maar enkele van die vrae en ons sal dit in volgende uitgawes meer breedvoerig behandel.

 

Wat ook met aftrede hand-aan-hand loop, is jou testament. Vir ons is dit net so belangrik.

 

Jy wil jou testament by iemand laat opstel wat jou taal praat en wat meer as net vorms kan invul. Jy het absolute deskundige en persoonlike hulp nodig van iemand wat jou as persoon ondersteun en deur moeilike tye kan help en nie die grootte van jou boedel as maatstaf gebruik nie. Dit moet oor die mens en nie die fooi gaan nie.

Back to top

`Blinde` oud-stut behaal eerste kolhou in 25 jaar

Riaan Gerber

Die Burger, 20 Mei 2014

 

Wanneer ‘n gholfspeler op die bof staan van ‘n syfer 3-putjie is sy kanse ongeveer 12 500 teen 1 om ‘n kolhou te behaal. Wat is die kanse om dit geblinddoek te doen – 1 miljoen teen 1?

 

Wel, dit is presies wat die 47-jarige Carel Bestbier verlede week op die Worcester-gholfbaan reggekry het.

 

Bestbier het deelgeneem aan ‘n gholfdag ten bate van die Instituut vir Blindes en Dowes in Worcester en op die 9de putjie (122 m, syfer 3) het elke deelnemer sy hou “geblinddoek” gespeel.

 

Elke deelnemer moes die hou speel met ‘n spesiale bril wat swart geverf was en hulle kon niks sien nie.

 

“Die wind het van agter gewaai en ek het besluit om ‘n wigyster te slaan,” het Bestbier vertel.

 

“Ek het my stance gevat. Gemik waarheen ek wou slaan en die stok agter die bal geplaas. Toe sit hulle die swart bril oor my oë. Ek het nie gehuiwer nie en dadelik my hou uitgevoer.

 

“Ek het daarna my bril afgepluk en my speelmaats gevra waarheen trek die bal. `Dis reguit`,” antwoord hulle.

 

“Ek het toe gesien hoe die balletjie net voor die setperk grondvat en reguit rol tot in die putjie.

 

“Magtig, dit was ‘n lekker gevoel om te sien hoe die balletjie in die putjie rol.”

 

Bestbier wat ook lank vir Van der Stel se eerste rugbyspan op stut uitgedraf het, het gesê dit was sy eerste kolhou in die 25 jaar wat hy gholf speel.

 

Die voormalige Springbok-heelagter Werner Greeff was ‘n lid van die vierbal wat saam met Bestbier gespeel het.

 

“Dit was unbelievable om dit te kon sien. Ek het al baie spesiale houe op die gholfbaan gesien, maar hierdie kolhou van Carel vat die koek,” het hy gesê.

 

“Dit het gereën, maar Carel was so uitgelate dat hy plat op sy rug op die nat gras gaan lê het!”

 

“In gholfterme word altyd gesê as jy ‘n goeie hou wil speel, moet jy jou kop afhou, maar ná Carel se kolhou sou ek eerder sê as jy ‘n goeie hou wil speel, moet jy jou oë toe hou!”

 

Irene de Bod, een van die organiseerders van die gholfdag, het gesê die rede hoekom hulle spelers “blinddoek” voordat hulle die hou speel, is sodat spelers ‘n gevoel kan kry hoe blinde spelers die spel ervaar.

 

“Dit was die eerste keer dat ‘n speler wat geblinddoek word by ons gholfdag ‘n kolhou behaal het.

 

“Dit is interessant om die spelers se reaksies te sien wanneer ons vir hulle die swart bril opsit.

 

“Baie is duidelik onseker, terwyl ander lekker gekskeer en nou en dan gaps ‘n speelmaat selfs die balletjie weg voordat die speler die hou kan uitvoer.”

 

Bestbier én Greeff het gesê hierdie ervaring het hulle beslis ‘n nader kykie gegee op die uitdagings wat blinde gholfspelers ervaar.

 

Daar is ‘n hele paar geesdriftige gholfspelers by die Instituut vir Blindes en Dowes. “Volgende jaar wil ons op die 9de putjie ‘n blinde speler met elke vierbal laat saamspeel sodat hulle self kan sien wat ‘n blinde speler kan vermag,” het De Bod gesê.

Back to top

‘n Gesalfde loop by die deur uit

Johann Maarman

Die Burger, 12 Mei 2014

 

Almal wat ‘n salaris trek, ken dit: Die een dag is jy die baas se witbroodjie. Jy word silwerblink geskrop. Soos in die Groot Boek geskryf staan: Jou hoof word vetgemaak met olie, jou beker loop oor …

 

Eintlik swem jy in die jêmblik soos die baas lofliedere oor jou sing; jy word so geprys dat jy later glo dat jy selfs op water kan loop en met ‘n stadige pas deur die Rooi See kan drentel sonder dat jou kleintoontjie ooit nat sal word.

 

Tot die dag wanneer die einste baas jou bene met ‘n stomp mes begin afsny. En ‘n nuwe witbroodjie sy opwagting maak. Dan word die goue ring aan die nuwe witbroodjie se vinger gesteek en die vetgemaakte kalf geslag.

 

Die eens hoofdogter/-seun word dan uitgeskuif na die periferie en jy sien die skrif aan muur. Kort voor lank stoot jy maar die bedankingsbriefie oor die baas se lessenaar wat sê dat jy maar ander weivelde gaan soek.

 

In die politiek werk dit dieselfde. Dit werk so in die ANC. Dit werk so in die DA. Dit werk so in die EFF en Cope. Elke liewe politieke party wie se naam op die stembriefie was. Nie een van hulle is immuun teen die alewige stryd van wie die troonopvolger moet wees nie.

 

Dit het in die ANC gebeur en nou ook in die DA met die bedanking van Lindiwe Mazibuko as parlementêre leier.

 

Mazibuko is deur Helen Zille in die wieg gelê om eendag die DA te lei. Mazibuko se perkament was in goud geskryf: jonk, hoogs intelligent, wel ter tale, dinamies en ‘n vuurvreter wat die ANC op sy plek kon sit. As ‘n addendum tot dit was sy ‘n (swart) vrou wat die DA gereken het die party deur die rasgrens sou stuur.

 

Atholl Trollip, die Oos-Kaapse leier van die DA, moes sy voorste plek aan Mazibuko afstaan nadat die meerderheid DA-LP’s haar as die nuwe hoofdogter verkies het. Trollip het toe maar na die Oos-Kaapse wetgewer verkas.

 

Maar in DA-binnekringe was nie almal so geneë met haar verkiesing tot parlementêre leier van die DA nie.

 

Ter wille van die eenheid in die party het hulle maar ‘n onwillige voetval gedoen en agter Mazibuko begin loop.

 

Maar selfs troonopvolgers het hul defekte en een of ander tyd maak die gesalfde ook foute. Foute wat ‘n party soos ‘n afkophoender laat strompel en reperkussies het wat nie maklik herstel kan word nie.

 

Waar die pap op die grond geval het vir Mazibuko en die melk suur geword het, was toe die DA die omstrede Wet op Gelyke Indiensneming ondersteun het. Ingevolge dié wet sou die nasionale demografie in die toekoms gebruik word.

 

Dit het op Mazibuko se wagbeurt gebeur en Zille was verontwaardig dat die DA se parlementariërs so ‘n groot glips kon maak.

 

Sy het dit bestempel as ‘n vliegramp en toe al te kenne gegee dat Mazibuko die saak heeltemal verkeerd hanteer het.

 

‘n Bitsige Mazibuko het teruggekap en gesê dat sy dit sal hanteer as parlementêre leier.

 

Enigeen met meer as vier breinselle sou agterkom dat hier ‘n skroef los is.

 

Roer in die pot die vinnige opkoms van Mmusi Maimane en het jy het ‘n ongeluk wat wag om te gebeur. Veral as die DA R100 miljoen in ‘n verkiesing agter ‘n man ingooi wie se aspirasies dit was om die eerste DA-premier in Gauteng te word.

 

Noudat Maimane egter in die hek geduik het, is hy op pad na die Nasionale Vergadering.

 

Maar jy gooi mos nie R100 miljoen agter ‘n man om ‘n agterbanker in die parlement te word nie.

 

Mazibuko het dit waarskynlik op ‘n myl sien aankom, hoe die wind gaan waai.

 

Maar sy het darem ‘n gerieflike nooduitgang gehad in die vorm van ‘n gesogte Harvard-beurs.

Back to top

Die waarheid oor die `terroir` van skaapvleis

Johan van Wyk

Die Burger, 17 Mei 2014

 

So soos ons in Suid-Afrika gatoorkop geslaan het, is dit dalk moontlik, maar sover ek weet, verstaan skaapboere in die Karoo nie juis Frans nie. Die meeste verstaan nie eens Engels behoorlik nie.

 

Hulle is nie alleen nie. Ná jare waarin ek selfs vir ‘n Engelse koerant gewerk het, is my Engels steeds tot “yes” en “no” en “Coke” beperk. Vandat ek gereeld op Franschhoek kom, waar almal deesdae meer Frans as die Franse is, het my Frans egter dramaties verbeter.

 

Ek droom al selfs in Frans. Amper soos die kaalvoetatleet Zola Budd. Nadat vasgestel is haar oupagrootjie kon “yes” en “no” en “Coke” sê, het sy destyds oornag Britse burgerskap gekry om vir Engeland aan die Olimpiese Spele te kon meeding. Sy het darem bely dat sy steeds in Afrikaans droom.

 

Ek kon dus snap wat die vleiskenner Lise Beyers bedoel het toe sy na aanleiding van ‘n skaapvleisproe in Stellenbosch in Buite geskryf het sy het voorheen nie die geleentheid gehad om lamsvleis uit die verskillende “terroirs” waar dit geproduseer word, te proe nie.

 

Het dié aanstellerige Franse term – die liefling van wynsnobs wanneer hulle in vervoering raak oor die unieke geure (enigiets van koffie tot tabak en varsgesnyde gras!) in hul glas – ook die tot nou toe nederige, Afrikaanse skaapvleiswêreld van die Karoo binnegedring?

 

Wat is volgende?

 

Franse name vir skaapvleissnitte van die verskillende “terroirs”? Byvoorbeeld: “La skaapboud à la kraalbos”, “La tjops à la vyebos”, “La afval àl la kapokbos”.

 

Amper soos die Karooboer wie se seun Frans as vak op universiteit geneem het, maar hom hoofsaaklik met rugby, bierdrink en vry besig gehou het. Toe sy pa tuis by hom wou weet wat dit en dat in Frans is en hy by elkeen net ‘n “la” voeg, sê sy pa: “Mamma, gaan haal ‘n bietjie die la plak daar in die la kombuis sodat ek hom op sy la moer kan speel!”

 

Terwyl ek voet in die stiebeuel staan Karoo toe, wonder ek wat nou daar op my wag. Dalk iets soos ‘n boer wat sy werkers bymekaarroep en opdragte gee soos: “Karools, wei jy met die ou ooie op die terroir langs die rivier af; en Klaas, druk jy die halfslyt koggelramme op die terroir doer teen die kliprante uit.”

 

Die waarheid is natuurlik dat, behalwe in uitsonderlik goeie jare, die meeste skaapvleis nie van die veld, ofte wel die verskillende “terroirs”, in die Karoo kom nie, maar inderdaad uit voerkrale naby stede waar hulle op kragvoer afgerond word. Daal tog af na die aarde, mense, en sommer ook na die waters onder die aarde wat nog nie deur hidrobreking besmet is nie.

 

Soos die biduurganger ná ‘n sedeprekie oor die deug van nederige eenvoud gebid het: “Ag, Here, maak my tog ‘seblief plein, simpel en sonder sights.”

Back to top

Grootste dinosourus nóg gevind

Reuters

Die Burger, 19 Mei 2014

 

Paleontoloë van die Museo Paletontológico Egidio Feruglio het Vrydag gesê die beendere van die sauropod is naby Trelew, Argentinië, opgegrawe.

 

Gebaseer op dié reuse-been is die sauropod 40 m lank en het 20 m hoog bo die grond uitgetroon.

 

70 000 kg

Die gewig. Dis so swaar soos 14 Afrika-olifante en 7 ton swaarder as die Argentinosaurus.

 

100 miljoen jaar

Só oud is die been waarskynlik.

 

Die femur is van ‘n tipe sauropod, soortgelyk aan ‘n Argentinosaurus.

Back to top

Skaapkop g’n `stiefkind van spyskaart` in Clanwilliam

Nielen de Klerk

Die Burger, 12 Mei 2014

 

KAAPSTAD. – Daar is nie veel wat jy vir dié boer van Clanwilliam oor ‘n gebakte skaapkop kan vertel nie.

 

Erik de Milander (51) probeer immers die afgelope vier jaar om die wêreldrekord vir skaapkop eet te verbeter.

 

Volgens De Milander, organiseerder van die rekordpoging en eienaar van die Bushman’s Cave-bergteater, word skaapkoppe nie genoeg waardeer nie.

 

Hy en honderde ander skaappkopeters het Saterdag probeer om die nie-amptelike wêreldrekord te verbeter vir die meeste skaapkoppe wat op een dag geëet word.

 

“Skaapkop is die stiefkind van die spyskaart.

 

“Baie mense eet dit hier vir die eerste keer en kan nie glo wat hulle gemis het nie. Oe, daardie sagte wangvelletjie en die oog … die oog is soos ‘n oester,” het hy gesê.

 

Hoewel die rekord verlede jaar by dieselfde byeenkoms opgestel is met ‘n tamaai 443 koppe wat geëet is, kon die groep dit vanjaar nie verbeter nie en het hulle net 388 koppe verorber.

 

De Milander skryf dit toe aan die langnaweke en skoolvakansie die afgelope ruk. Die petrolprys het ook dié wat van ver af wou kom gekortwiek, het hy bygevoeg.

 

“Volgende jaar probeer ons maar weer,” het hy gesê.

 

De Milander en sy span bak elke jaar om en by 500 koppe en kyk hoeveel op die dag geëet kan word.

 

Die rekord word egter nie deur Guinness World Records erken nie omdat dit glo as dieremishandeling beskou word.

 

“Dis tog net ‘n middel tot ‘n doel – om mense bymekaar te kry,” meen De Milander.

 

Die voormalige Springbokrugbyspeler Chester Williams het ook deelgeneem.

 

Volgens hom ry hy reeds die afgelope twee jaar al die pad van Kaapstad af en geniet hy die wangvleis van die skaapkop die meeste.

 

“Ek het verlede jaar twee koppe geëet en ek wil vanjaar probeer om drie te eet.”

 

Om soveel koppe vir een dag reg te kry is harde werk en daar word ekstra moeite gedoen om te verseker dat die koppe skoon is.

 

“Dis nou maar so, daar kleef ‘n stigma daaraan – party mense dink ‘n skaapkop is vuil,” het De Milander gesê.

 

Die koppe word eers vir 20 minute gekook “om van die laaste oortollige slymerigheid ontslae te raak”. Daarna word die koppe gewas en die tande met ‘n tandeborsel geskrop.

 

‘n Hoëdrukspuit word dan gebruik om die binnekante finaal skoon te maak.

 

Twee dae voor die groot dag word elkeen met speserye besprinkel en in ‘n baksakkie gesit. Op die groot dag word elke skaapkop in ‘n sakkie op ‘n rooster gebraai.

 

De Milander is nie te veel gepla oor ander dorpe wat ook probeer om die rekord te verbeter nie.

 

Sover is die naaste wat ander daaraan gekom het 200 skaapkoppe wat op een dag geëet is.

 

“Ons wil hê iemand moet ons rekord verbeter sodat ons weer ‘n uitdaging het.”

Back to top

DIS WEER WINTER DIE SEISOEN VAN HOES EN PROES

Gerrie Scheepers

Plus 50 April/Mei 2014

 

Voor jy jou oë ná Kersfees behoorlik kan uitvee, verskyn die eerste kosmosblommetjies langs die N3 op die Hoëveld. Ja, dis weer daardie tyd van die jaar wanneer die sonnetjie flouer en vroeër in die Weste begin sak. Die windjie raak laatmiddag skraal en saans word die donskombers uit die kas gehaal. Dis die tyd van die jaar wanneer ‘n mens weerloos staan teenoor griep. Die simptome begin met ‘n krapperigheid in die keel en gou-gou sit dit om in ‘n kopseer, ‘n gevoel van moegheid, tranerige oë, nies, kouekoors, seer gewrigte en spiere. Spoedig is jou asemhalingsweë toe en jy voel of ‘n trein oor jou geloop het.

 

Griep word deur ‘n virus veroorsaak. Daarom dat dit vinnig kom en jou soos ‘n voorhamer tref. ‘n Mens moet versigtig met die griepvirus omgaan en dit nie ligtelik opneem of jouself verwaarloos nie. Ernstige komplikasies kan intree, jou weke lank plattrek of selfs tot die dood lei. Duisende Suid-Afrikaners sterf jaarliks daarvan. Dikwels tref dit bejaardes en verswaktes erger, omdat daar reeds ander gesondheidsuitdagings soos hartsiektes of longkwale teenwoordig is.

 

Die virus kan muteer en daarom bied immunisasies of medikasie nie altyd beskerming daarteen nie.

 

Griep of influensa is ‘n akute en hoogs aansteeklike siekte wat onverwags en onverklaarbaar toeslaan. In die dae voor wetenskaplike geneeskunde is dit dikwels toegeskryf aan die “vreemde magte” wat die planete op die mens sou uitoefen. In die tydperk toe Robert Koch en Louis Pasteur bewys het dat sekere siektes deur bakterieë veroorsaak word, het die wetenskaplike Richard Pfeiffer beweer dat ‘n spesifieke bakterie, wat tans as Haemophilus influenzae bekend staan, die oorsaak is van griepepidemies.

 

Daaropvolgende navorsing het getoon dat daar nie net één virus is nie, maar verskeie soorte. Elke nou en dan maak ‘n gevaarlike virus sy verskyning soos in 1918 toe minstens 20 miljoen mense in Spanje dood is. Dit word die Influensa A-virusse genoem. Dit het geblyk dat hierdie virusse die oorsaak van die groot epidemies is. ‘n Tweede groep is bekend as die Influensa B-virusse. Hoewel hulle ook ‘n hoogs aansteeklike griep met onaangename simptome tot gevolg het, veroorsaak hulle nie grootskaalse epidemies soos die Influensa A-virusse nie.

 

Ook die Influensa C-virusse, wat in 1950 vir die eerste keer geïsoleer is, is nie so gevaarlik nie. Dit veroorsaak meer die ligte verkoue-agtige siektes.

 

Hier is ‘n paar nuttige wenke om tydens die aanvang van die winter in gedagte te hou:

 

BOU JOU IMMUNITEIT OP

Eet gesond en gebalanseerd. Groente en vrugte bou jou immuniteit en hou jou liggaam gesond.

Doen gereelde oefening wat die liggaam versterk en bloedsomloop bevorder om die virus te beveg.

Drink maar daardie 8 glase water per dag, dit was die liggaam skoon en verseker optimale gesondheid.

Handhaaf jou gereelde slaappatroon wat verseker dat jou immuniteit nie verlaag nie.

Vermy onnodige spanning en stresvolle situasies.

Vermy alkohol aangesien dit jou liggaam dehidreer.

 

 

WEES BEWUS VAN DIE VIRUS

Dis nie ‘n slegte idee om nou met die aanvang van die winter vir ‘n griepinspuiting te gaan nie.

Was jou hande gereeld vir 15-20 sekondes. Sommige virusse kan tot twee ure op tafeloppervlaktes, telefone en plekke soos deurhandvatsels leef.

Moenie onnodig aan jou mond, neus en oë vat nie. Dis die ingange na jou liggaam waardeur die virus beweeg.

Ontsmet leefareas met weggooibare ontsmettingslappies.

Vermy die gebruik van eetgerei of ‘n glas wat nie behoorlik gewas is nie.

Bedek jou mond en neus wanneer jy nies sodat jy nie die virus versprei nie.

As jy siek is, bly by die huis sodat jy nie ander mense aansteek nie.

Back to top

Blinde (45) ook in Vryheidswem

Jana Breytenbach

Die Burger, 5 Mei 2014

 

KAAPSTAD. – “Dit was ‘n ongelooflike eer om van Robbeneiland na die vasteland te swem, en dit ten tyde van die 20ste herdenking van demokrasie in Suid-Afrika.”

 

Só het James Pittar (45) van Sydney, Australië, gesê nadat hy Saterdag van die eiland na Grootbaai in die Robbeneiland- vryheidswem geswem het.

 

Die blinde Australiese swemmer het die 7,5 km in 3 uur en 4 minute afgelê.

 

Retinitis pigmentosa is in sy tienerjare by Pittar gediagnoseer en hy kon teen die ouderdom van 30 niks meer sien nie.

 

“Ek is baie bevoorreg om vandag in Kaapstad te kon swem. Ek ken Nelson Mandela se geskiedenis en om van die eiland waar hy in aanhouding was, te kon swem, was ‘n ervaring wat ek nooit sal vergeet nie,” het Pittar ná sy swemtog gesê.

 

Twee staanroeiers het van die eiland af tot by Grootbaai aan weerskante van hom geroei. Elkeen het ‘n fluitjie gehad wat hom begelei het tot by die strand.

 

Ram Barkai, een van die organiseerders, het gesê die swemtog is ‘n gepaste metafoor vir die gevaarlike oorgang van die duisternis en isolasie van apartheid na die oewer van demokrasie.

 

Altesaam 83 swemmers vanoor Suid-Afrika heen het deelgeneem.

 

Swemmers het omstreeks 10:30 van die eiland begin en die eerste swemmer, Rudolf Visser (17) van Kaapstad, het ná 1 uur en 35 minute by Grootbaai aangekom.

 

Die eerste vrou was Sasha Nordengen (16) van Durban met ‘n tyd van 1 uur en 45 minute.

 

Die jongste deelnemer, Michael Levitt (10) van Kaapstad, het die eerste keer as deel van ‘n aflosspan geswem.

 

Alle geld wat met die vryheidswem ingesamel is, sal onder meer aan die Vista Novaskool vir leerders met spesiale behoeftes in Rondebosch asook die Seal Trust vir die Cape Flats Development Swimmers geskenk word.

Back to top

Kindskinders oppas is nie kinderspeletjies

Johan van Wyk

Die Burger, 12 Mei 2014

 

Hoe koning Salomo 700 vroue en 300 bywywe kon behartig terwyl hy Israel 40 jaar geregeer het, is ‘n onopgeloste raaisel. Maar ek weet nou hoekom hy slegs 52 jaar oud geword het.

 

Die rede was nie sy 1 000 vroue nie, maar sy 2 000 nakomelinge, onder wie natuurlik stringe kindskinders. Dit moet die doodskoot gewees het. Soos die Namakwalandse ma nadat ‘n dokter haar ná die sewende enetjie verbied het om nog kinders te hê. Nadat die ouerpaar mekaar drie maande lank op enkelbedjies gelê en bekyk het, het Mammie op ‘n aand vir Pappie gesê: “Ek dênk jy moet my maar die dôdskôt kom gee.”

 

Ná ‘n week waarin ons twee kindskinders, ‘n jaar oue baba en sy ouer boetie (‘n terrible-two wat Dennis the Menace na ‘n altaarknaap met engelvlerkies laat lyk), moes oppas terwyl hul ouers op die Oranjerivier by Vioolsdrif in kano’s baljaar, is Oupa en Ouma se toestand kritiek maar stabiel. Danksy suurstof ook maar net!

 

Dis ‘n taak wat die wysheid van Salomo, die stamina van ‘n superfikse Olimpiese langafstand-atleet, die strategieë van ‘n veggeneraal, die tegniese kennis van ‘n vuurpylwetenskaplike, die insigte van ‘n sielkundige, die taktiek van ‘n geslypte politikus en die geduld van Job vereis.

 

Maar waar is daar ‘n besorgde ouer wat bestand is teen die smekinge van geliefde kinders om hulle vir ‘n wyle van hul oulike maar uiters veeleisende telge te verlos? Ek weet nie van een nie. Jy laat jou dus ter slagting lei na plekke waar jy nie wil wees nie. In die proses leer jy jou Heiland ken.

 

Ek is verskeie kere met babapap in my gesig gegooi, my bril is herhaaldelik van my gesig geruk, en my bloeddrukpille en asmapompie en my vrou se parfuum is in die toilet gegooi. Met die terrible-two op my rug het ek ‘n nuwe broek se knieë agter die jaar oue baba aan deurgekruip. Van pram stoot, het ek ‘n paar Grasshoppers halfslyt geloop. Gelukkig is ek daarvan verlos toe ‘n wiel van albei se gewig afgeval het.

 

Daar was egter ook voordele. Danksy die feit dat die terrible-two soggens vroeg ‘n uur lank in die bed op my buik op en af gespring het, is my maagspiere weer ‘n sixpack. Van oorkruisbeenperdjiery met die jaar oue baba (‘n bielie van 13 kg) lyk my kuitspiere soos Bakkies Botha s’n. Ek is inderdaad fikser as in jare en kan nou weer 20 keer om die blok (hout) voor my bed draf sonder om lighoofdig te word.

 

Ek bad ook weer saam met ‘n geel plastiek-eendjie, en my vergete kennis van “Dada-taal”, met kernbegrippe soos “piepsie-wiepsie” en “woepsie-wapsie”, is opgeskerp.

 

Jan F.E. Celliers moes net Oupa en Ouma bygevoeg het toe hy gedig het:

 

Klein ondeug / moeder’s sorg en skat / haar lus, haar las, haar vreug.

Back to top

Boeties op die langpad

SOFIA SMIT

Vrouekeur, 2 Mei 2014

 

Werner had hopeloos te veel hooi op sy vurk om vir ‘n langnaweek ver van die dorp af weg te gaan. Stoffel en Kriek wil egter niks weet nie en hou vol dat dit hulle reg is om `ver van die huis af vakansie te hou`

 

Ek het so gelag toe Werner die storie vertel, dat ek kort-kort my Olivetti tot stilstand moes dwing.

 

Maar dit bewys hoe vindingryk die Karoomense is en ek, as inkommer, bewonder hulle daaroor.

 

Werner is ‘n sakeman van Beaufort-Wes wat dikwels by Blikkantien oorslaap wanneer hy besigheid in die omstreke doen. Verlede Saterdag boek hy en sy twee woelwaters, die een ses en die ander sewe, in en ek kom agter dat albei hul pa agterdogtig bekyk toe hy inteken.

 

“Pappa? Is ons regtig by tannie Sofia se Blikkantien?” vra Stoffel.

 

“Nou hoe vra jy dan so, seuna?” vra ek effens geaffronteer. En daar kom Werner met die sak patats vorendag nog lank voordat hulle die sleutel na kamers ses en sewe gekry het.

 

Werner vertel dat Stoffel en Kriek verlede jaar, toe hulle pas op ‘n Karoodorp ingetrek het, aanhou neul het dat hulle “wil weggaan vir ‘n vakansie”. Toe hulle destyds in Bloemfontein gebly het, het hul pa minstens twee uur ver en soms ‘n halwe dagreis na mooi bestemmings gery om vakansie te hou ná hul ma se dood drie jaar tevore.

 

Verlede jaar had Werner egter hopeloos te veel hooi op sy vurk om vir ‘n langnaweek te ver van die dorp af weg te gaan. Stoffel en Kriek wil egter niks weet nie en hou vol dat dit hul reg is om “ver van die huis af vakansie te hou”.

 

So bestudeer Werner die mooie Karoo se vakansieoorde deeglik en besef dat hulle eintlik omring is deur mooi plekke wat nie noodwendig as “vakansieoorde” aangegee word nie en dat sommige ‘n klipgooi van die dorp af is.

 

Met die aanbreek van ‘n langnaweek haak hy sy woonwa terwyl die twee seuntjies gretig voorberei vir drie dae “ver weg van die huis.” Toe hy die opgewonde gesiggies sien toe hulle in die motor spring, besef hy: Hy kan hulle nie die waarheid vertel nie en dat ‘n boer ‘n plan moet maak.

 

Toe hy uit die dorp ry, draai hy links op ‘n grondpad wat hy vooraf op ‘n kaart bestudeer het. Die pad lei deur koppies en Karoovlaktes wat hom na sy asem laat snak. Het hy nie hierdie grondpad gery nie, het hy nooit hierdie beeldskone wêreld ontdek nie. Klein Stoffel, ‘n ywerige fotograaf met sy selfoon, laat sy pa kort-kort stilhou om foto’s te neem, en klein Kriek babbel opgewonde oor die interessante klippe wat hy langs die pad sien.

 

Veertig kilometer verder besluit Werner om regs te draai op nog ‘n grondpad. “Pappa! Ons is in die bos! Ek het nie geweet die Karoo het ook sulke mooi bosse nie!” roep klein Kriek van die agterste sitplek af. Werner moet kort-kort stilhou sodat daar foto’s geneem en piekniek gehou kan word. Hy haal hardgekookte eiers, kerriefrikadelle en hoendertoebroodjies uit en as gesin gaan sit hulle onder ‘n boom. Werner verkneukel hom in die twee gesiggies wat so guitig opvrolik oor die omgewing.

 

Ná die piekniek ry Werner met nóg ‘n ompad deur die koppies en droë rivierlope terwyl hy met vrae gepeper word.

 

Toe sy kilometerlesing op 163 staan, draai hy uiteindelik by die vakansieoord in. “Dit lyk so anders as by die huis!” roep klein Kriek verheug uit. Werner het skaars stilgehou, of die seuns peul uit die motor, pluk hul swemklere aan en baljaar die res van die dag in die groot swembad.

 

“Dis lekker om so ver te wees, Pappa!” laat Stoffel ook verheug hoor.

 

Daardie aand braai hulle vleis onder die Karoosterre en hy en sy twee seuns gesels diep dinge. “Dit was ‘n properse bonding-sessie,” onthou Werner.

 

Hierdie word een van die lekkerste naweke wat hulle nog saam deurgebring het. Toe word dit tyd om terug te ry huis toe.

 

Gelukkig raak albei seuns feitlik onmiddellik in die motor aan die slaap. Werner ry die vier kilometer na die hoofpad in stilte, draai links, en twee kilometer verder is hy by die huis. Hy maak die seuntjies wakker.

 

Omdat hulle geslaap het, het die rit van ses kilometer vir hulle seker soos die 163 km ompad gevoel wat Werner tevore gery het. En toe hulle afklim, sê Stoffel: “Sien Pappa, ek het mos gesê daar is geen mooi plekke naby ons huis nie!”

Back to top

Satiriese skrywers mag ander se styl aanwend

Hendrik Coetzee

Die Burger, 9 Mei 2014

 

Satire kan een van die effektiefste maniere wees om veral ‘n politieke boodskap oor te dra.

 

Daarom kry ‘n mens dikwels in hekelrubrieke soos dié van Vryburger (in Die Burger), Lood (in Beeld), Pollux (in Rapport) en Hogarth (in die Sunday Times) van die beste pitkos oor wat presies politici besig is om te doen. Veral hul vergrype maak vir hekelskrywers en spotprenttekenaars die deur oop om skerp kommentaar te lewer.

 

Daar is nie veel heilige koeie wat as verbode terrein beskou word omdat dit dalk sekere lesers sal ontstel nie.

 

Pres. Jacob Zuma het dan ook in die afgelope verkiesing die deur oopgemaak vir skerp kritiek op en hekelry oor hoe hy die Christelike geloof gebruik (talle mense sal sê misbruik) het om stemme vir sy party te werf.

 

Hoewel hy aangevoer het dat kerkleiers hulle uit die politiek moet hou, het hy en sy party (hulle is nie ál skuldiges nie) geen kans laat verbygaan om die kerk te gebruik om steun te werf nie.

 

Vandaar die spotprente (onder meer deur Fred Mouton) wat hieroor geteken is, en Vryburger se satiriese “gebed” aan “ons president wat in Nkandla woon”, wat geskoei is op die Onse Vader – seker die bekendste gebed in die Christelike geloof. Dit is immers deur Jesus self as die modelgebed voorgehou.

 

Hierdie soort aanwending van Bybelse tekste sal beslis ontstellend wees vir sekere Christene, veral die meer behoudendes. In die verlede is Die Burger al daarvan beskuldig dat hy sodoende godslaster pleeg.

 

Satirici gebruik verskillende metodes om hul boodskap oor te dra. Een daarvan is om ‘n spesifieke skryfstyl te gebruik en selfs aanhalings uit ander werke aan te pas by die boodskap wat oorgedra moet word. In hierdie geval is die teks van die Onse Vader verander om die boodskap oor te dra hoe ANC-leiers die Nkandla-kwessie probeer toesmeer om Zuma te beskerm.

 

Dit kan kwalik vertolk word as oneerbiedig teenoor God en Jesus.

 

Deur die aanwending van ‘n Bybelse gebed wat aan die meeste van die koerant se lesers bekend is, is juis die toesmeer-boodskap effektief oorgedra.

Back to top

‘n Jakkals in die digitale media se hoenderhok

Hendrik Coetzee

Die Burger, 16 Mei 2014

 

‘n Uitspraak van die geregshof van die Europese Unie dat Google sekere persoonlike inligting van ‘n individu moet verwyder, het skokgolwe deur die digitale wêreld gestuur.

 

Dit het ook die voorstanders van spraakvryheid warm onder die kraag omdat die uitspraak volgens hulle te ver gaan en te veel klem op die reg op privaatheid lê. Die hof het immers bevind in die betrokke geval oortref die individu se reg op privaatheid die publiek se reg om te weet.

 

Die betrokke persoonlike inligting handel oor die beslaglegging op die huis van ‘n Spanjaard in 1998. Die hof het bevind dat die inligting nie meer relevant is nie.

 

Prof. Jeffrey Rosen, regskenner van die George Washington-universiteit, het aan Reuters gesê die kriteria waarvolgens versoeke vir die verwydering van inligting oorweeg moet word, is nie duidelik nie.

 

Volgens Rosen, ‘n kritikus van dié soort inmenging in vryheid van toegang tot inligting, skep dit vir soekenjins ‘n ernstige probleem. Die kans is daar dat hulle oorversigtig sal wees en meer inligting sal verwyder as wat noodsaaklik is.

 

Dit kan ook groot uitgawes vir soekenjins meebring omdat hulle bykomende en kundige personeel sal moet aanstel om seker te maak versoeke is geregverdig.

 

Wat Google verder omkrap, is dat die uitspraak lynreg verskil van ‘n nie-bindende bevinding verlede jaar van die EU-hof se adviseur dat die verwydering van inligting sal inmeng in die vrye vloei van inligting.

 

Reuters wys daarop dat mense die soekenjin self moet nader om inligting te verwyder en nie die instansie wat die inligting gepubliseer het nie.

 

Dit beteken dat elke Jan Rap en sy maat byvoorbeeld nie ‘n koerant sal kan nader om ongemaklike inligting uit sy elektroniese biblioteek te verwyder nie.

 

Terwyl die soekenjins nou indringend kyk hoe die uitspraak hulle raak, kan ‘n mens net hoop dat duidelikheid oor die trefwydte daarvan vinnig gekry sal word.

 

Dit is belangrik dat die vrye vloei van inligting nie onnodig belemmer word nie. Of beweeg ons na ‘n nuwe era van sensuur en geheimhouding?

Back to top

Man dra 8 ton bakstene weg – een vir een!

Anika Marais

Die Burger, 25 April 2014

 

KAAPSTAD. – Baksteen vir baksteen.

 

Dít is hoe ‘n man van Manenberg dit reggekry het om meer as 8 ton bakstene onder die Stad Kaapstad se neus weg te raap.

 

“Die man het selfs van die bakstene wat reeds op die sypaadjie uitgesit is om geplavei te word, opgetel en weggedra,” het JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, gesê.

 

Wetstoepassingsbeamptes het Dinsdag in Govan Mbekistraat in Manenberg patrollie gedoen toe hulle ‘n man langs die pad gewaar het wat bakstene in ‘n wielvullisdrom gestoot het.

 

Luidens ‘n verklaring van die Stap Kaapstad is die man met ongeveer 80 bakstene in die drom betrap.

 

Hy is daarna na die Manenberg-polisiekantoor geneem, waar hy in hegtenis geneem is.

 

By verdere ondersoek het wetstoepassingsbeamptes altesaam 2 700 bakstene by die man se huis gevind.

 

“Hy het alles gevat wat nie ingeskroef of vasgesweis was nie,” het Smith gesê.

 

Dit blyk die man het die bakstene een vir een weggedra van ‘n hoop wat langs die pad gelê het, gereed om die pad te plavei.

 

Dié man was ook ‘n entrepreneur. Hy het die optel-bakstene aan ‘n man in die omgewing verskaf wat op straat daarmee begin smous het.

 

“Vir elke R1 wat ons in die stad belê, kos dit ons nog ‘n R3 om diefstalle soos dié te vervang. Dit is gewoon onbekostigbaar. Dis ‘n probleem wat ons dwarsoor die stad sien,” het Smith gesê.

 

Die man sal eersdaags in die hof verskyn.

 

“Hoeveel mense het nie verby dié man gery en gesien hoe hy die bakstene steel nie? Mense moet begin eienaarskap neem van hul stad.”

Back to top

50 jaar gelede

Die Burger, 15 Mei 2014

 

11 Mei 1964

Naakte bruilof. Uit Kalifornië: Die poedelnakende vader van die bruid het gister hier ‘n groot huwelik in ‘n nudiste-kamp gered deur ‘n vliegtuig vol nuuskieriges met sy geweer te verwilder. Die mense wou graag sien hoe die 16-jarige Sissie Dawson en die 23-jarige matroos Charles Morrow in die huwelik bevestig word. Die enigste ten volle geklede persoon by die bruilof was ‘n plaaslike prokureur, wat die huwelik voltrek het.

 

Dinsdag 12 Mei 1964

Teerpad tot op Ladismith: Die laaste 12½ myl van die grootpad tussen Barrydale en Ladismith sal aanstaande Maandag klaar wees. Die pad van Kaapstad deur Worcester, Montagu en Barrydale sal dan geteer wees. Die laaste tien myl van Ladismith en Calitzdorp deur die Huisrivierpas word nou geteer en sal in Oktober 1966 klaar wees.

 

 

Woensdag 13 Mei 1964

Advertensie: Sake in Port Elizabeth? Vlieg daarheen en terug in een dag met die S.A.L. Retoergeld: R43,60.

 

Saterdag 16 Mei 1964

Katte in staatsdiens: Rykie van Reenen skryf in Van Alle Kante dat daar formeel van kat-amptenare legger gehou word. Daar word aangedui of hulle elke dag inklok. Verskeie van die manlike muisvangers het agter hul name die laakbare woord “gedros.” Maar Alice Office is nog daar: pikswart, pragtig, so effens geset geword met die jare, maar ‘n vrou wat haar plek in die staatsdiens vol staan.

Back to top

Voeding van verswakte bejaardes

Charmaine Nel

Plus 50 April/Mei 2014

 

Een van die belangrikste aspekte in die versorging van verswakte bejaardes is voeding, veral omdat hulle so afhanklik is van ander vir hulle versorging. Indien jy bevoorreg is om na ‘n verswakte bejaarde om te sien, is hierdie artikel vir jou geskryf.

 

Wanneer ‘n bejaarde persoon verswak en soms bedleênd is, moet die versorger bewus wees van toestande wat die voedingstatus noodwendig gaan beïnvloed:

 

Onthou dat ‘n mens se sintuie verswak as jy ouer word. As jy sleg sien, is jy sommer minder lus vir kos. Ons “eet” immers ons hele lewe lank eerste met ons oë. As kos aantreklik lyk, geniet ons dit soveel te meer. Verswakte sig ontneem die bejaarde daardie ervaring. Wees bedag daarop en maak seker dat sy bril byderhand is voor ete en dat dit skoon is. Maak seker die kos is aantreklik en kleurvol. Die reuksintuig verminder ook en so ook die positiewe ervaring van ‘n bord kos wat lekker ruik. Maak seker dat die kos by die regte temperatuur bedien word, wanneer die geure op hulle beste is. Raak van alle onaangename reuke in die eetvertrek ontslae. Maak ‘n venster oop om die lug vars en skoon te hou. Die smaaksensasie neem ook af. Sensitiwiteit vir sout verminder eerste en daarom kla bejaardes dikwels die kos het nie genoeg sout in nie, en dat dit nie lekker smaak nie. Die smaak vir soet bly die langste aktief en om daardie rede ontwikkel bejaardes maklik ‘n soet tand. Sluit gerus soetigheid in die dieet in sodat die bejaarde sy kos kan geniet. As ‘n sagte dieet bedien word, sorg dat die verskillende soorte kos apart bedien word sodat die bejaarde nog die verskillende smake kan onderskei.

 

Voortgesette mondhigiëne is belangrik om te verseker dat die bejaarde lekker kan kou en proe. Net so belangrik as wat dit is om die tande of kunsgebit skoon te maak na ete, moet dit ook skoon wees voor ete. Sere wat in die mond voorkom en tande wat nie meer voltallig is nie, kan die kou-aksie belemmer. Maak seker dat die kos die regte tekstuur het om die kou en sluk daarvan te vergemaklik.

 

Die verswakte bejaarde neem dikwels ‘n aardige hoeveelheid voorskrifmedikasie wat die eetpatroon beïnvloed. Dit sluit in:

 

Verlies van aptyt

Naarheid

Hardlywigheid

Verandering van smaak

Droë mond

 

Dit is belangrik om bewus te wees van hierde newe-effekte en om die dieet daarby aan te pas.

 

Fisiese kragte neem af wanneer spiere nie meer gebruik word nie. Help gerus die bejaarde om sy kos te sny of vrugte te skil as hy hulp nodig het. Maak ook seker dat eetgerei binne bereik gedek is.

 

Wanneer bejaardes afgesny is van geliefdes, of die dood van ‘n geliefde ervaar of herdenk, sal hulle eetlus noodwendig afneem. As hulle depressief is, sal hulle ook minder wil eet. Gee ondersteuning en maak seker dat etes smaaklik bedien word. Bederf hulle dan met gunsteling kossoorte.

 

Maak seker dat die bejaarde gemaklik sit as etes bedien word. Die blaas moet leeg wees en die omgewing moet netjies wees. Pluk ‘n blommetjie en sit dit op die skinkbord sodat die bejaarde sommer spesiaal voel. Mooi musiek sal ook help om etenstyd die beste tyd van die dag te maak en iets om na uit te sien.

Back to top

Die raaisel van die Bolandse bestuurder

Bun Booyens

Die Burger, 16 Mei 2014

 

Mense uit Gauteng kla dikwels dat Kapenaars nie kan bestuur nie en binne ‘n halfuur op die (tol)paaie daar bo in die Noorde geëlimineer sou word.

 

Ek moet toegee, Bolandse bestuurders is waarskynlik nie so rats soos hul noordelike neefs nie. Hulle bestuur inderdaad swak – maar doen dit met unieke Kaapse flair.

 

Hulle drink byvoorbeeld dikwels koffie in die ry, maar nie uit daardie papierkoppies met die plastiekdekseltjie nie, wel uit oop bekers. Ek het al selfs iemand hier op die N2 in spitsverkeer gesien wat beskuit saam met sy koffie nuttig. Dít kry jy net in die Kaap.

 

Laat dit ook geboekstaaf word: Vroulike bestuurders in die Boland is die vinnigste in die land. Niemand klop ‘n Kaapse sekretaresse in ‘n Uno of ‘n Getz op pad werk toe nie.

 

Die mees frustrerende ding van Bolandse bestuurders is waarskynlik hul onvoorspelbaarheid. Hulle ry sta-a-a-dig op reguit paaie, maar dan, onverklaarbaar, versnel hulle in draaie in.

 

Hoekom? Ek weet nie. Dalk maak ons paaie met hul bulte en draaie iets in so ‘n bestuurder wakker. Dalk herinner dit hom aan wie hy eens was. Voor ‘n lekker draai dink hy dalk aan daardie Alfetta of Opel Manta wat hy destyds nooit gekoop het nie, en dan vee hy oor sy bles en gee ‘n bietjie vet, net om te wys die ware hy leef nog iewers daar binne hom. So ‘n Bart Nel-oomblik agter die stuur. Ná die draai kom hy tot besinning en ry weer stadiger om die gemiddelde snelheid binne ‘n Calvinistiese perk te kry.

 

Kaapse bestuurders het ook ‘n tweede probleem. Hulle beskou dit as hul grondwetlike reg om in die regterbaan te ry.

 

Ek ry dikwels agter so ‘n bestuurder en begin dan met ‘n proses van eliminasie om vas te stel hóékom hy spesifiek 85 km/h in ‘n 120 km/h-sone ry. Hoekom ry hy nie 90 km/h of 110 km/h nie? Want: 1) hy verwar nie die stuk pad met ‘n 100 km/h-sone nie; anders sou hy, sê maar, 95 km/h gery het; 2) die bestuurder se kop steek bo die koprus uit, en hy dra nie ‘n hoed nie; dus het ons nie hier met ‘n spesiale situasie te kampe nie; en 3) sy motor is in ‘n skaflike toestand; dus sou hy vinniger kon ry as hy wou.

 

So ontwikkel ek ‘n morbiede belangstelling in die ou hier voor my. Ek wíl weet: As ons sou aanhou en aanhou ry, gaan hy nóóit uitwyk linkerbaan toe nie? As ons, sê maar, sou deurdruk Kaïro toe, sou hy aan die buitewyke van Dar es Salaam dalk tog in sy truspieëltjie kyk en sien: “O hel, hier is ‘n tou van 500 karre agter my!”

 

Nee, ek vermoed hy gaan in die regterbaan bly om een van twee redes. Ons het in die Boland te kampe met mense wat regs ry omdat hulle voel hulle mag, amper soos Dustin Hoffman in Midnight Cowboy vir daardie geel taxi skree: “Hey, I’m walking here!”

 

Óf dit, óf dalk reageer Bolandse bestuurders bloot op vreemde kosmiese prikkels wat onwaarneembaar is vir die res van die wêreld.

Back to top

Doen dit só

Zerelda Esterhuizen

Vrouekeur, 2 Mei 2014

 

BEVEG DIÉ DRIE B’S

Dis gewoonlik glad nie prettig om klere met vlekke skoon te maak nie, maar Omo gee dié raad vir hardnekkige vlekke:

 

Biervlekke Spons die vlek met witasyn en warm water af, spoel uit en was met Omo. Onthou om jou klere se etikette te bestudeer om seker te maak die kleur was nie uit nie.

 

Beetvlekke Spoel die vlek met koue lopende water uit. Was onmiddellik met Omo. As die vlek hardnekkig is, week dit oornag in Omo-waspoeier en warm water.

 

Bloedvlekke Moenie bloedvlekke met warm water was nie. As die vlek vars is, spoel dit onder koue water uit. Week die gevlekte kledingstuk in koue soutwater (1-2 e sout per liter water) vir ‘n paar uur en was daarna soos gewoonweg met Omo-waspoeier. Onthou dis baie moeiliker om ouer vlekke te verwyder, was dit dus so gou as moontlik.

 

TEE VIR JOU SKOENE

Sit droë teesakkies in skoene om ‘n nare reukie te absorbeer.

 

EIERDILEMMA

As jy klaar ‘n eier gekook en die dop oopgesny het en dis nog te rou, kan jy dit weer kook. Sit die dop terug, draai die eier met kleefplastiek toe en sit dit terug in die kookwater om verder te kook.

 

Kook beet

Gooi ‘n eetlepel asyn by die water waarin jy jou beet kook. Dit sal sommer gou sag kook.

 

 

Het jy geweet:

‘n Mens kan baie met ‘n botteltjie grimeringverwyderaar doen. Week ‘n watteballetjie daarin en verwyder die volgende daarmee: oorblyfsels van hegpleisters op jou vel, kleefgom van etikette op bottels, houers en so meer, inkstempels op arms en kleursel op jou voorkop nadat jy jou hare gekleur het.

Back to top

Pak dit in jou trollie

Vrouekeur, 2 Mei 2014

 

Produkte vir jou inkopielys – van winskopies en staatmakers tot nuut op die rak. Daar’s iets van als vir in en om die huis

 

Geurig & gesond

Bella & Boo is net die plek wanneer jy na gesonde bevrore jogurt soek. Dit is vol probiotika en word van die beste Bulgaarse jogurt gemaak. Dit bevat geen nagemaakte kleur- of geurmiddels nie. Vir dié wat hul gewig dophou, is daar ‘n vetvrye opsie beskikbaar en diabete kan die suikervrye opsie kies. Daar is 12 heerlike geure om van te kies, onder meer borrelgom, kondensmelk en nougat & kaaskoek.

 

Bella & Boo het ook mobiele woonwaens wat vir enige partytjie beskikbaar is. Daar is winkels in Gauteng en KwaZulu-Natal, met nog op pad.

 

As jy van mentgeur hou, is Cape Cookies se jongste toevoeging, Juliet Delight, die produk wat jy in jou trollie moet laai. Dit het ‘n heerlike sjokoladementvulsel wat tussen twee kokosneut-en-kakaokoekies vasgevang is. Beskikbaar in 500 g- en 1 kg-pakke by winkels soos Pick n Pay, Shoprite, Checkers, Spar, Game en Makro.

 

Heerlike ham

Die Enterprise Chef’s Cut-reeks van stadig gekookte en dik gesnyde koue vleise bied drie watertandvariëteite, naamlik Beef Silverside, Hickory Ham en Country Ham. Dis topgehalte en smelt-in-die-mond-lekker. Probeer die Silverside op ‘n ciabattabroodjie met kaas, Hickory Ham op ‘n geroosterde croissant met ‘n geposjeerde eier en hollandaisesous en Country Ham op ‘n peuselbord saam met verouderde cheddar en piekels.

Back to top

How to be well dressed and stylish

Simon Rademan

Plus 50 April/May 2014

 

SIMON RADEMAN IS ONE OF THE MOST RESPECTED FASHION AND STYLE GURUS IN SOUTH AFRICA. HE IS THE AUTHOR OF THE BRAND NEW THE STYLE BIBLE AND WE SHARE A FEW OF HIS VALUABLE TIPS WITH OUR READERS

 

GOLDEN RULES

There are just three golden rules of dressing:

A – dress your age

B – dress your figure; and

C – dress for the occasion.

 

Similarly, there are just three golden rules of style:

A – be respectful;

B – be clean; and

C – be groomed.

 

MORE DETAILED GUIDANCE

Experiment with fashion and take out of it what suits your age, your figure and the occasion.

Too much of anything (too much jewellery, a too short skirt, too much make-up, etc.) is never a good thing.

The shortest distance between elegance and style is simplicity.

Perfect styling has direction and focus; it is not stuff thrown together.

Never be afraid to experiment with colour and the right accessories.

Colour coordination can be the key to elegance.

Invest in colours that suit you best and wear them close to your face. If a colour does not suit you well, you may still wear it, but not too close to your face.

When wearing a soft pastel evening gown, take care that it cannot be mistaken for a bridal gown.

A floral pint dress demands to be worn stylishly simply. It needs nothing else. Allow the fabric to speak for itself.

If it looks like the curtain from the old Pretoria State Theatre, leave it at the theatre. Female style is all about embracing the female form and not ridiculing is. Clothes must never hang like curtains.

Accessorise with care.

A single string of pearls or a chain of the right length can hide a multitude of sins.

Wearing a belt to emphasise a small waist can have the opposite effect, by emphasising larger areas above and below.

Whenever you are in doubt about what to wear, a scarf, wrap or pashmina can come in handy. There are plenty of ways to dress up and comouflage with this magical accessory.

Undergarments should be worn under garments – they should not be seen in public – ever.

There comes a time in every woman’s life when certain areas need to be covered up. Stylish women respect their ageing bodies.

Choose the right basics for your wardrobe and chances are good that you will never be out of fashion.

Casual clothing can be as stylish and sophisticated as you want it to be. It can still be chic, feminine and classy.

Wearing casual clothing is not a licence to be sloppy.

Comfort is not always a safe choice for the evening.

You may have the most beautiful dress on, but please glance in the mirror before you finally step out.

A dress should always be tight enough to show that you are a woman, and loose enough to show that you are a lady.

`One size fits all` often does not.

Even if you have a beautiful figure, you still need to analyse and emphasise it with the right cut or ensemble.

If you have a fuller figure, simplify what you wear. And do not pretend to be a size 10 when you are a size 12. You can be a best-dressed woman no matter your size.

Dress with confidence.

How you wear what you wear makes you truly stylish.

Trust your gut. If you need to ask if something works for you, it probably does not.

Back to top

Is white bread making you fat?

News24, Internet

 

Mmmmm, yeah. Throw us a nice sandwich around lunchtime and we’ll eat that thing like rabid hyenas. Bread and humans just seem to go together very nicely.

 

But as the low-carb sensation that’s sweeping the nation has shown us, bread particularly enjoys fitting around your waistline, and staying there. So should we be throwing out the ciabatta? Burning the rye fields?

 

Not really, no. A little bit of bread every now and again is a welcome treat, just stay away from the white stuff. A massive study conducted in Spain showed that people who frequently ate white bread were 40% more likely to become obese than those who didn’t. Those who ate wholewheat bread were not affected.

 

So, you can have your sandwich and eat it, as long as it isn’t on white bread.

Back to top

Eat chocolate. Have great skin. Be happy.

News24, Internet

 

Chocolate, as we know, is the key to female happiness. There are few problems that can’t be solved by the liberal application of proper, dark, chocolate and that list is about to get even shorter.

 

You see, it appears that chocolate can even make you prettier.

 

A flurry of research has shown that thanks to its key component, cocoa, dark chocolate can revitalise skin that just refuses to shine. This is because just two tablespoons of natural cocoa contains more antioxidants than four cups of green tea.

 

But what do antioxidants mean for your skin? More blood, that’s what. Eating chocolate will boost blood flow to your skin, increasing the amount of oxygen and other vital nutrients it receives.

 

It’s even being suggested that wearing chocolate could be an even more effective way of rejuvenating tired skin.

Back to top

Why you should donate blood

News24, Internet

 

Do you know how long South Africa’s blood supplies would last? A couple of months? At least a few weeks?

 

93 hours, that’s how long.

 

There’s less than 4 days between the country having enough blood in the bank and having none at all. No blood means hospitals wouldn’t be able to do their jobs, i.e. saving lives.

 

By giving blood you’re taking a little time out of your day to potentially save the lives of many people. Your blood donation is usually separated into red blood cells, plasma and platelets meaning each donation you give could save up to three people.

 

By simply popping into your nearest centre you could become a lifesaver.

 

So, this is why you should donate blood.

Back to top

Heart worries? Watch the sugar

News24, Internet

 

Heart disease is arguably the biggest health problem of the 21st century, and the biggest cause of this is our diet.

 

Salt, sweat and sugar are the holy trinity of bad heart health. Highly salted foods up your blood pressure and exercise, while obviously good for you, puts your heart under even more pressure. Finally, new research has shown that high amounts of sugar can lead to troublesome inflammation and lethal concentrations of harmful fats in the blood.

 

Particularly at risk are older men, especially if they smoke and have a family history of heart problems. That doesn’t mean anybody else can ignore the risk though, if things stay as they are then heart disease is the most likely reason you’ll die.

Back to top

Red face after drinking? Check your blood pressure.

News24, Internet

 

We all know those people who after a few drinks begin to take on the complexion of a beetroot. Their cheeks, neck and sometimes entire face can become heavily flushed, turning bright red.

 

Usually, nobody will take notice of it, presuming it to be a personal quirk , but it could actually be a sign of something much more deadly. You see, that deep red colour comes from significantly increased blood flow to the capillaries. Increased blood flow is usually a  good thing,  but too much can by a sign of the 21st century’s silent killer: hypertension.

 

Hypertension, or high blood pressure, has often been linked to alcohol, and such a strong response could even indicate an intolerance for alcohol.

 

Fortunately, hypertension is a highly manageable disease, provided sufferers are actually aware that they have it.

Back to top

Be wise, sterilise

News24, Internet

 

Your weekly food shopping might be taxing on your sanity and your wallet, but did you know that it could be taking its toll on your health as well.

 

A recent study showed that supermarket trolleys are substantially dirtier and more germ-covered than toilets.

 

A walk through the produce section could leave your hands literally covered in potential pathogens picked up from the hundreds of people who use them throughout the day.

 

Shops are under no obligation to clean their trolleys and the warm, air-conditioned environment is a perfect place for bugs to thrive.

 

Fortunately, the solution is simple. In fact it might well be lurking around your handbag. Hand steriliser.

 

This little liquid blitzes any nasties sitting on your trolley handle. Using a wet-wipe with a squeeze or spray of sanitiser, simply wipe down every part of the trolley you’re likely to touch, as well as your hands.

Back to top

Sore throat? Deal with it.

News24, Internet

 

A sore throat is often the first sign of an incoming infection. But just because you’ve got one doesn’t mean your body is about to succumb to malaria.

 

A sore throat can also be due to nothing more serious than sleeping with your mouth open, but overtreatment is rife here. If you head off to the doctor with a sore throat there’s a pretty good chance you’ll walk out with a prescription for a light course of antibiotics. Unfortunately, they probably won’t help.

 

You see, only 10% of sore throats are caused by the kind of bacteria that antibiotics will kill. The other 90% of the time you’re simply taking medication that is much more likely to give you an adverse result than a positive one.

 

So, next time you get a sore throat, pop some strepsils and look after your immune system because, 9 times out of 10, that’s all you can do.

Back to top

Know your migraine triggers!

News24, Internet

 

A migraine can totally ruin your day and once they kick in they can be hard to shift. In this case prevention is MUCH better than cure.

 

People suffer migraines for a number of reasons, but it’s likely that the same triggers will keep causing your problems time after time. Here are three of the most common things to look out for.

 

  1. Not having your regular cups of coffee and tea

If your morning routine includes a cup of tea, keep it that way. Your body can become adjusted to the daily dose of caffeine and suddenly stopping can throw your body out of whack

 

  1. Eating certain foods.

There a range of foods that are associated with migraine onset such as cheese, chocolate, soya sauce, yeast extracts, pickled herrings and certain citrus fruits. Anything containing MSG could also put you at risk. Fortunately you’re likely to only be sensitive to one or two of these foods, not the whole bunch.

 

  1. Drinking red wine and sometimes too much coffee.

Another case of your body just falling out of balance. Red wine has many more histamines than white wine, which is why it gives you a worse hangover. These compounds can also conspire to give you a crushing migraine, the same goes for coffee.

Back to top

Boost your immunity from your kitchen

News24, Internet

 

Immunity is crucially important as we head into winter. The colds, flus and coughs will begin to surface and begin striking colleagues and family members down left, right and centre.

 

Keeping your immune system in good shape is the key to getting through the darker months unscathed.

 

But what if you find popping a bunch of supplements and vitamins too taxing on your body, lifestyle or wallet? Fear not, there are a number of easy ways to boost your germ-busting abilities using entirely normal ingredients found in your kitchen. Think less old wives’ tale and more kitchen science.

 

Cinnamon

Great in baking, delicious in hot chocolate, an absolute nightmare for bacteria. Sprinkle this spice over your food and fight off any number of dodgy microbial assaults.

 

Avocado

Yup, the guacamole-maker is also pumped full of essential fatty acids and vitamins. Eating fresh avo frequently is the best way to keep your body in the finest state of health.

 

And that’s just the beginning, there are many more immune-boosters hiding in your kitchen.

Back to top

Allergies? Ain’t nobody got time for that

News24, Internet

 

The changing of the seasons is always a prime time for sniffly noses, itchy eyes and a general feeling that your body is trying to kill you. In other words, it’s allergy time.

 

Shares in tissue companies will sky rocket while your quality of life plummets.

 

Even though they’re literally as predictable as the seasons themselves, we’re still always caught unawares. Up to 30% of South Africans suffer from some kind of seasonal allergy. While avoiding all those nasty allergens would be the best solution, it simply isn’t possible if you want to remain a normal part of society.

 

The other problem is that allergies often mimic that other bug bear of the pre-winter months, flu. This can result in mistreating your symptoms and suffering much longer than is necessary.

 

As a rule, if it lasts for 10 days or more it probably isn’t flu and you should start reaching for the anti-histamines.

Back to top

Are you desperate for sleep?

News24, Internet

 

You’ve heard that you should be getting a good 8 hours of sleep. But try as you may, your sleep is often restless or interrupted.

 

Don’t despair, because you can change that with a few simple adjustments.

 

Take action:

End all eating at least 2 to 3 hours before your regular bedtime as eating too much makes you less comfortable for bed.

 

Also, try to restrict fluids close to bedtime to prevent bathroom runs.

 

Ensure your pillows are not lumpy and that you get a good mattress every 9 to 10 years.

 

Black-out your bedroom; keep the temperature cool, and have low-noise widows installed to help you have an uninterrupted sleep.

Back to top

Resepte

Mei 2014

 

Vinnig en lekker

Vrouekeur, 2 Mei 2014

Die resepte sal jou nie lank in die kombuis besig hou nie Deur MARLO KITSHOFF-CARSTENS
Back to top

Baksakkiehoender

4 porsies

 

1 heel hoender

5 ml (1 t) hoenderspeserye

2,5 ml (½ t) droë gemengde kruie

2,5 ml (½ t) knoffelsout

30 ml (2 e) olie

1 baksakkie

klont botter

8 klein heel uitjies, afgeskil

12 klein aartappeltjies met skil, gehalveer

16 klein worteltjies

 

Stel oond op 200 °C.

1 Meng hoenderspeserye, gemengde kruie en knoffelsout en vryf dit oor hoender.

2 Smeer hoender met bietjie olie.

3 Plaas hoender in baksakkie saam met klont botter en groente.

4 Bind baksakkie toe. Plaas in oondbak en bak vir 50 minute tot gaar.

5 Breek baksakkie aan bokant oop en rooster onder oond se element tot goudbruin bo-op.

Back to top

Outydse souskluitjies

Rooi Rose, Junie 2014

 

GENOEG VIR 6-8

 

KLUITJIES:

500 ml koekmeel

20 ml bakpoeier

2,5 ml sout

60 g botter

2 eiers

60 ml suiker

125 ml melk

 

KANEELSOUS:

250 ml sukier

30 ml kaneel

60 g botter

 

1 Sif die meel, bakpoeier en sout saam in ‘n groot mengbak. Vryf die botter in die meelmengsel in tot dit soos broodkrummels lyk. 2 Klits die eiers en suiker terwyl jy die melk geleidelik byvoeg. Gooi die eiermengsel by die meelmengsel en meng liggies. 3 Bring 1,5 liter water in ‘n groot kastrol tot kookpunt. Draai die hitte laer en skep lepels vol van die mengsel in die water. Laat vir 5 min. prut of tot die kluitjies deurgaar is en boontoe dryf. Herhaal tot al die beslag gebruik is. Skep die kluitjies in ‘n opskepbak. Behou die water. 4 Vul die kastrol met 500 ml warm water aan. Gooi die suiker, kaneel en botter by en laat prut tot die sous effens verdik het. Gooi die warm sous oor die kluitjies en sit voor.

Back to top

Aartappeltert – Warm

Egte Afrikaanse Resepte

 

4 groot gaar aartappels

1 koppie fyn spinasie

½ koppie gakapte sampioene

2 eiers

½ koppie melk

½ koppie room

vars pietersielie, gekap

Sout en peper na smaak

2 eetlepels parmesaankaas (opsioneel)

1 koppie gerasperde cheddarkaas

 

Voorverhit oond tot 180°C en smeer oondvaste tertbak.

Maak aartappels fyn en ment met die spinasie en sampoiene.

Klits eiers met melk en voeg by aartappelmengsel.

Voeg die res van die bestanddele, behalwe die cheddarkaas, by en meng goed.

Skep in tertbak, strooi cheddarkaas oor en bak vir 20 min of tot ligbruin.

Skep lepels vol op borde en bedien.

Kan ook as bykos by meer formele etes bedien word. Vir ‘n ligte aandete kan die spinasie deur tuna en skywe tamatie vervang word.

Back to top

Malvapoeding

Egte Afrikaanse Resepte

 

2 eiers (by kamertemperatuur)

210 gm strooisuiker (250 ml)

15 ml appelkooskonfyt

150 gm koekmeelblom (315 ml)

knippie sout

5 ml koeksoda

30 ml botter

5 ml asyn

125 ml melk

 

Sous:

250 ml room

100 gm suiker (125 ml)

100 gm botter

125 ml Suid-Afrikaanse Brandewyn

 

Berei poeding:

Klits eiers en strooisuiker deeglik saam tot lig en donsig.

Klits appelkooskonfyt by. Sif droë bestanddele 3 maal saam.

Smelt botter en voeg by asyn en melk.

Vou droë bestanddele beurtelings met melkmengsel by eiermengsel in. Giet beslag in middelslag-gesmeerde oondvaste skottel.

Bak in voorverhitte oond teen 180 Grade C vir sowat 45 minute.

 

Berei sous:

Smelt sousbestanddele saam en giet bo-oor poeding sodra dit uit die oond kom.

Steek gaatjies in poeding met vurk om sous te help intrek.

Dien warm op saam met room.

Hoop dat ek van hulp kon wees. Bak dit, en geniet dit.

Back to top

Appeltert

Egte Afrikaanse Resepte

 

Koekmengsel:

1 k koekmeelblom

Knippie sout

2 eiers

1 t bakpoeier

¼ k melk

¾ k suiker

1 klein blikkie tertapples (425 g)

 

Klits eiers goed. Voeg suiker by en klop.

Sif meelblom, bakpoeier en sout. Voeg by eiermengsel om die beurt met melk. Klop goed.

Gooi in gesmeerde tertbord.

Rangskik tertappels eweredig in die koekmengsel.

Bak vir ‘n halfuur teen 180°C.

 

Stroop:

¾ k suiker

1 k room

1 t karamelessens

 

Kook bogenoemde saam vir 5 minute.

Gooi kokend oor gaar koekmengsel