DIE NUWE PIONIER – APRIL 2014

Inhoud/Contents

Die Nuwe Pionier - Maart 2014

Feestafel

`Kom, sit aan`

`Koue ballon` help hart weer reëlmatig klop

Blinde Kapenaar voltooi ysige wedloop

Berugte hasie skoonveld

In U hande

Dom vraag, maar hoe werk dít?

Blinde luister na die sterre

Die taal van liefde

Bestaan van 1 700 planete bevestig

`Nkandla Style` nou webtreffer

50 jaar gelede

Papegaai help polisie om moordenaar te kry

Die lewe deur die oë van ‘n graswewenaar

Pluimpie vir Saru se museum

Boetes wag op ouers wat babas ná geboorte nie betyds registreer

Op pad na die kliniek met oom Doon

Gee jou mond vir God!

Resepte

Rek daai boud

Frikkadelring

Kerrievis in die oond

Vinnige piesangpoeding

Anderste broodpoeding

Heuningkaneelbotter vir paasbolletjies

Great sport everyday

 

Jaargang 82, No 04

Volume 82, Nr 0

Datum 16/04/2014 Date

 

Uitgewers: Pionierskool ― Instituut vir Blindes

Publishers: Pioneer School ― Institute for the Blind

 

 

Gedruk en versprei deur die Pionierdrukkery, Posbus 994, WORCESTER, 6849

Printed and distributed by the Pioneer Printers, P.O. Box 994, WORCESTER,

6849

 

 

REDAKSIE

Redakteur: MARIé-LOUISE DU PREEZ

 

Rig asseblief alle korrespondensie aan:

Please direct all correspondence to:

 

――――――――――――――――――――――――――――

Die Redakteur                         The Editor

Die Nuwe Pionier             Die Nuwe Pionier

Posbus 994                     P.O. Box 994

WORCESTER         WORCESTER

6849                                        6849

ccccccccccccccccccccccccccccccccccccc

 

Tel.: (023) 342 6313

Faks/Fax: (023) 342 0335

E―Pos/E―Mail: marielouise@pioneerprinters.org.za

 

Die redaksie onderskryf nie noodwendig die menings wat in die artikels en briewe in Die Nuwe Pionier uitgespreek word nie, en behou hom die reg voor om sodanige stof te verkort en redaksioneel te versorg.

 

The editorial staff does not necessarily endorse the opinions expressed in the articles and letters in Die Nuwe Pionier, and reserves the right to abbreviate and edit such articles.

 

Hierdie publikasie is moontlik gemaak deur ‘n ruim subsidie van die L W Hiemstra Trust en Marie Luttig Trust.

 

This publication is made possible by a generous subsidy of the L W Hiemstra Trust and Marie Luttig Trust.

Back to top

­Feestafel

Finesse, April 2014

­

Tydens Paasfees, die hartklop van ons geloof, gedenk ons dié belangrikste maaltyd van alle tye. Kom, laat ons eet tot eer van Hom!

 

­”Slag gou die lam, bring

­ongesuurde brood en bitter kruie.

­Eet gejaagd, want ek en jul

­wat van my bloed is moet vertrek

­van hier vanaand.

­Die kamers staan ontbloot,

­sonder vertroude dinge vreemd en oop

soos toe ons ingetrek het, en

­die haard is leeg.

­Maar ons kan alles lig verlaat

­omdat ons harte oorloop van die hoop.”

­OLGA KIRSCH, JOODSE DIGTER

Back to top

­`Kom, sit aan`

Finesse, April 2014

 

­Wie sou jý kies as jy ‘n handjie vol gaste uit die Bybel vir ‘n spesiale Paaskuier kon nooi? Annalise Wiid vertel van die vyf vroue vir wie sy graag ‘n stoel wil uittrek.

In die nanag, toe Orion op sy sterre-sy lê en skitter, rol ek nog rond – wawyd wakker – en wonder: Van al die karakters in die Bybel, wie sal ek na my huis toe nooi vir ‘n Paasete?

­Eerste dink ek aan Nikodemus. Die nagdissipel. Die man wat stilletjies met sy onsekerheid na Jesus toe kom terwyl die wêreld slaap. Met hom sou ek wou praat oor die geheim van glo.

­En dan dink ek weer: Nee, wat van Gideon? Die bange. Die oorversigtige wat teësinnig dapper word. En tog uiteindelik, ná­ allerlei tekens en drome, ‘n verstommende oorwinning behaal. Met hom sou ek wou praat oor Jesus se oorwinning aan die kruis.

­Of dalk sal ek eerder vir Moses en Josua nooi en hulle uitvra oor die uitdagings om so ‘n halsstarrige volk te lei – eers uit vasgeknooptheid en dan in vryheid. En ek sou wou hoor: Wat dink hulle van Paulus se Galasiërs-brief oor ons vryheid in Christus?

­Vir Paulus sélf sal ek liewer nie vir ete nooi nie. Dalk praat hy in net sulke ellelange sinne soos hy skryf, en net so aanmekaar, en dan kry ons dalk nooit klaar nie.

­Miskien moet ek liewer vir Dawid nooi. Hy kan sommer vir my sing terwyl ek die kos regkry. En ek sal by hom wil hoor: Wat doen dit aan sy hart wanneer Jesus “die Seun van Dawid” genoem word? En of hy verbaas was toe hy hoor sy Psalmwoorde eggo van die Kruis af: “My God, my God, waarom…?”

­Saam met Dawid sal ek die dissipel Johannes wil nooi. Die twee behoort goed te kliek. Albei so digterlik. En ingestel op wat mooi en fyn is.

­So lê ek en dink terwyl Orion stadig omkantel en agter die horison verdwyn. En toe skielik, helder, asof die son stralend opkom, weet ek: Nee, ek sal die vyf vroue uit Jesus se geslagsregister nooi! Eerder as die grootnaammanne aan wie die Bybel soveel plek gee, sal ek Sy oermoeders nooi: Ragab, Tamar, Rut en Batseba. En Sy Eie ma, Maria. Ek weet eintlik so min van hulle. Hoe sal ons nie kuier nie! Maar wag, dan beter ek aan my spyskaart begin beplan.

 

­’n Mens moet dit kan próé!

­Ek sal iets wil maak wat die Paaslam en die bitter kruie en ongesuurde brood van al die eeue eggo. Maar nie presies soos die vroue dit in húlle tyd gewoond was nie. Ek sal dit wil aanpas. Ek wil dit meer feestelik voorsit.

­Ek wil hê dat hulle proe – soet en heerlik op hul eie tong proe – hoe die simboliek van die tradisionele Paasmaaltyd in Jesus vervul is. Ek sal letterlik iets van die volheid en verrukking daarvan vir hulle in die mond wil lê.

­Ek sal met brood begin. Maar nie sommer net ‘n gewone plat brood nie. Dit moet ‘n ringbrood wees. ‘n Volledigheid. Hoog gerys van suurdeeg en sagtheid. Dan stop ek dit met vye en neute. Sny kepe daarin wat die binnesoetigheid laat buitentoe beur. En wanneer ek dit uit die oond haal, bedruip ek dit met die glans en geurigheid van warm heuning.

­Pleks van die droewe bitter kruie maak ek ‘n kraakvars slaai met als wat groen en gelukkig is waarop ek my hande kan lê. Komkommer en suiker-ertjies, sprietuie, jong murgpampoentjies en romerige avokado met suurlemoentiemie en pynappelment uit my tuin.

­Met as versiering ligpers roosmarynblommetjies wat die lamsvleis sal komplementeer. Want ek maak ‘n lamsblad gaar. Nie ‘n boud nie. Nie “Sondagkos” nie. Nie ghrênd nie. Gemaklike, gemeensame kuierkos. Smaaklik. Naas die nek is die blad vir my loshande die lekkerste deel van ‘n skaap. Heelnag stowe ek hom stadig in die oond totdat hy doeksag is. Pure murg in die mond.

 

­Die deurklokkie lui…

­Dis Maria wat eerste oor my drumpel stap. En sy is nes ek my haar verbeel het. Sag en stillerig met onpeilbare dieptes in haar oë. Ek lag oor die vars dadels wat sy saambring; dis so Midde-Oosters, so Bybels.

­Sy sit skaars of Ragab en Rut daag saam op. Die twee “uitlanders”. Vroue van Kau­naän en Moab wat met Hebreër-mans­ getrou het. Ragab, die een met die reputasie. Rut, met die skoonma. Albei met wonderlike stories oor hoe hulle deel van God se volk geword het.

­Terwyl die twee babbel en lag oor die uitdagings wat hulle destyds moes oorkom om hulle aan te pas by ‘n vreemde volk se gewoontes, en veral hul godsdiens, skink ek wyn. Die beste wat ek het. Donkerrooi en bessieblink in my ligkaats-kristal.

Ons klink ons glase op eeue oue familiebande. Ek merk hoe Maria die ander met ‘n glimlag dophou terwyl ons vir ons laaste twee gaste wag…

­Batseba is ‘n sterk vrou. Statig. Sy is nou nog mooi; moes asemrowend gewees het in haar jeug.

­Laaste kom Tamar. Die skugter een. Met ‘n sagte kloppie aan die deur en ‘n hand vol kappertjies. Net een maal in haar lewe, versluier en in geleende klere, het sy uit pure desperaatheid haar natuurlike skugterheid prysgegee. Ter wille van oorlewing. En as ‘n smeekroep om geregtigheid.

­Sy groet die ander asof sy hulle van altyd af ken. In der waarheid sien hulle mekaar die eerste keer by die Paastafel.

 

­Vertel vir ons, Maria?

­Ek vra vir Rut om vir ons die brood te bedien. Rut van die koringlande en die dorsvloer. Rut wat eers hongersnood geken het en later oorvloed. Onverskrokke, lojale Rut, wat waagmoedig vir Boas se beskerming gaan vra het – verlossing vir haar sowel as haar moeë skoonma.

­Sy breek die brood in rojale stukke en deel die brokke soos nagmaal uit. Talm ‘n sekonde langer by Tamar. En lek die heuning van haar vingers af. Daar is ‘n diep tevredenheid in haar bewegings.

­Ek besef meteens dat Tamar nog nooit ‘n Paasfees gevier het nie! Sy het geleef lank voor God dit ingestel het. “Maria,” vra ek, “sal jy vir Tamar verduidelik waaroor dit gaan?”

­”Dit gaan oor… Dit het als te doen met…” Maria se stem wankel. Haar woorde raak weg. Ons sien haar lyf sidder.

­Sy haal diep asem en probeer weer. “Daar was… ‘n Seuntjie is vir ons gebore, ‘n Seun… En later… Ag, dis te groot, Tamar, ek weet ewe skielik nie waar om te begin nie,” stamel sy en vou die brood ingedagte, koesterend, toe in haar vingers.

­Sy sit ‘n rukkie net doodstil daarna en kyk en toe sê sy: “Eintlik kon ek nog nooit self uitpluis waar die begin van alles lê nie. Hy was in my – engelwonderlik en spikkelklein. Hy is uit my liggaam gebore. Maar Hy was ook buite my en lank vóór my. En Sy einde was toe nie die einde nie, maar ‘n Godswonderlike nuwe begin.”

­’n Paar oomblikke lank is ons almal deur die onverwoordbare misterie oorweldig. Dan sê Ragab: “Wag, Tamar, ek sal jou vertel van my kennismaking met die Pasga. Ek het dit die eerste maal saam met die Israeliete gevier, ‘n jaar nadat hulle Jeu­rigo verower het.

­”Die aand voordat hulle Je­rigo ingeneem het, het hulle dit ook geëet, maar toe was ek mos nog nie deel van die volk nie. Daarna het ons dit elke jaar getrou op dieselfde dag gedoen. ‘n Soort gedenk-ete om ons vryheid te vier. ‘n Dankie-sê-maaltyd wat vir my as Ka­naäniet aan die begin heeltemal vreemd was, maar volkome sin gemaak het.

­”Ek het die hele storie van hul trek uit Egipte, van die lam wat geslag en gebraai is die nag voordat hulle uit slawerny weggetrek het, vanuit my eie konteks aangehoor. Hoe haastig hulle moes vlug. Hoe die bloed van die lam hul lewe beskerm het.

­”E­n ek het so goed onthou hoe die rooi tou buite my venster ‘n soortgelyke teken was wat ons lewe gered het. En hoe die Israeliese verkenner my nog lank voor die inval belowe het, verséker het, dat my familie veilig sal wees as die oorlog kom. Hoe hy gesê het… sy presiese woorde was: `Ons staan met ons eie lewe vir julle s’n in.` Ek het dit ervaar: Sy lewe het myne gewaarborg.”

­”Dankie, Ragab,” sê Maria. “Jy help my nou om die regte woorde te kry. Toe ek swanger word, het ek gedink ek gaan aan Jesus die lewe skenk. Eers baie jare later het ek besef: Hier gebeur iets veel groters. Die dag toe Hy sterf, het ek dit nog nie mooi verstaan nie.

­”Toe Hy uit die dood opstaan, so lewend en anders; so heel, so vry – tóé het ek geleidelik begin besef: Hý staan met Sy lewe in vir mý­. Sy dood bevestig my waarde; Sy lewe, my vryheid. Ek word uit Hóm gebore; nie andersom nie.”

 

­Die beste vir laaste

­Ek gaan haal die lam uit die oond. Dra dit tafel toe saam met die slaai. Batseba, wat destyds in die mond van die profeet ‘n “ooilammetjie” genoem is en deur moddergooiers tot ewige slet beswadder is; Batseba, wat weet hoe dit is om jou kind te sien sterf, vra of Maria sommer vir almal sal inskep.

­”Want jy, Maria, is die geseëndste van ons almal om hierdie tafel,” sê sy. “Hoewel ons al vyf seuns in die wêreld gebring het, was joune enig, onvergelykbaar.

­”Op ‘n manier kan ‘n mens sê Hy het nuwe betekenis kom gee aan als – aan brood, aan menswees, aan versadiging. Aan ons elkeen se bestaan. Aan dood. En aan die lewe!”

­My nagereg is eenvoudig maar betekenisvol: bloedrooi aarbeie met sneeuwit room. Net toe ek van die tafel opstaan om dit te bedien, stap Jesus Sélf by my huis in.

­Hy buk oor Maria en met ‘n liefdevolle “Hallo, Ma”, vryf Hy haar hare deurmekaar en soen haar op die wang.

­Dan kyk Hy die ander vier vroue een-een en tydsaam in die oë asof Hy elkeen se unieke menswees, haar spesiale waarde en haar rol in Sy lewe eer.

­Laaste kyk Hy ook na my; lig Sy vol wynglas op, glimlag en sê: “Vrede vir julle!”

Back to top
­

 

`Koue ballon` help hart weer reëlmatig klop

­NUWE TEGNIEK IN SA

­Foutiewe elektriese seine vernietig

­Elsabé Brits

Die Burger, 27 Maart 2014

 

­KAAPSTAD. – ‘n Onreëlmatige hartklop – ‘n toestand wat by een uit agt mense voorkom – kan plaaslik met ‘n klein “koue ballon” behandel word.

­Hoewel die tegniek nie internasionaal nuut is nie, is dr. Razeen Gopal, kardioloog aan die Mediclinic Panorama, die enigste dokter by dié groep se 54 hospitale in Afrika en die Midde-Ooste wat die prosedure bemeester het, volgens die groep.

­Gopal het gister op ‘n mediakonferensie gesê mense wat ‘n onreëlmatige hartklop het (atriale fibrillasie) se hart klop van 50 tot 200 slae per minuut, pleks van 60 tot 90 slae per minuut, terwyl die boonste hartkamers (die ontvangkamers) byna tril so vinnig probeer dit klop.

­Dít gebeur omdat selle in die linkerontvangkamer op die plekke waar die long-are by die ontvangkamer aansluit, begin wanfunksioneer en ‘n stroombaan skep wat voortdurend elektriese impulse stuur.

­Dit kan by enigeen voorkom, selfs by kinders.

­Om dit reg te stel, kan radio-frekwensie gebruik word, maar hy meen dat die nuwe ballon-tegniek veiliger is – veral vir mense wat in ‘n vroeë stadium van die toestand is.

 

­Só word dit gedoen:

­Twee kateters word in die femorale are deur die lies gevoer tot by die linker-voorkamer van die hart. Die krio-ballon­ is 2,8 cm in deursnee en gevul met yskoue, vloeibare stikstof.

­Sodra die ballonne by die basis van elk van die vier longare kom, word dit opgeblaas. Die koue stop die foutiewe elektriese seine deur die areas wat die fout veroorsaak, te vernietig. Dit word gedoen sonder om eintlik weefselskade aan te rig.

­Hein Pieterse (35) van Malmesbury, wat 18 maande gelede Gopal se eerste pasiënt met dié tegniek was, het vertel hy moes op die gras gaan lê nadat hy gholf gespeel het.

­”Dis erg as ‘n mens te bang is om te hardloop. Maar kort ná­ my operasie kon ek weer saam met my kinders speel.”

­G­eatwin Riddles (10) van Riversdal, Braydon Kilroe (8) van Oos-Londen, Sarah Sallie (15) van Woodstock en Zanelle Francken (9) van Brackenfell het ook die prosedure ondergaan en was by om te vertel hoe hulle vir die eerste keer aan sport kan deelneem.

Back to top

Blinde Kapenaar voltooi ysige wedloop

Blanché de Vries

Die Burger, 27 Maart 2014

 

­KAAPSTAD. – ‘n Blinde avonturier van die Moederstad het danksy uithouvermoë en vasberadenheid die uitmergelende Antarktika-marathon voltooi.

­”Dit was ‘n emosionele einde en ek was nog nooit so trots om die Suid-Afrikaanse vlag te kon dra nie. Om 42 km in Antarktika te draf, is nie maklik nie,” het Hein Wagner, avonturier en motiveringspreker, gister vertel.

­Uit die sowat 100 deelnemers het hy op 9 Maart die uitdagende wedloop saam met Nick Kruiskamp as sy gids oor die ruwe terrein van modder en ys voltooi.

­Wagner sou aanvanklik die marathon verlede jaar aangepak het, maar moes sy planne tot vanjaar uitstel weens onvoorsiene omstandighede.

­Volgens hom is hy die eerste blinde deelnemer wat die ekstreme marathon gehardloop het.

“Ek het ses jaar gelede daarvoor aansoek gedoen. Die marathon is baie gewild en is jare vooruit volbespreek. Ek het gegaan om dit te voltooi en dit het ek gedoen.”

­Hy het gesê om vir die marathon voor te berei, was “nogal moeilik”.

­”Dít was regtig ‘n uitdaging. Niks hier kan jou regtig vir die toestande wat betref die terrein en temperature (tussen 5 °C en
-­15 °C) voorberei nie. Ek het nog nooit iets kouer as Antarktika ervaar nie.”

­Hy het taamlik oefeninge op die pad gedoen, maar was versigtig vir beserings en het verkies om eerder in die marathon ‘n besering op te doen. “Eerder dit as dat ek nie kon deelneem nie omdat ek tydens oefeninge beseer is.” Wagner het verder vertel hoe hy met elke tree gefokus moes bly. “Ek moes net vasbyt.”

­Hy was een van ses Suid-Afrikaners wat aan die marathon deelgeneem het.

­”Twaalf deelnemers het besluit om halfpad te stop en sewe het heeltemal onttrek. Ek het nie gegaan om net die halfmarathon te hardloop of om te onttrek nie.”

Back to top

­Berugte hasie skoonveld

­MADIBA-BRONSBEELD

­Seugnet van Zyl

Die Burger, 27 Maart 2014

 

­PRETORIA. – Net so skielik as wat die brons hasie sy verskyning in die regteroor van oud-pres. Nelson Mandela se standbeeld by die Uniegebou in Pretoria gemaak het, het dit ook byna oornag geheimsinnig verdwyn.

­Met Die Burger se besoek gister aan dié reuse-beeld was die hasie nie meer daar nie.

­Dis onduidelik wanneer presies dit verwyder is. Die Burger kon net betroubaar vasstel dat dit een oggend vroeg gebeur het.

­Die bronsbeeld van 9 m is op Versoeningsdag (16 Desember) verlede jaar onthul kort ná­ Madiba se dood.

­Ruhan Janse van Vuuren en André Prinsloo, die twee Pretoriase beeldhouers wat die beeld gemaak het, het destyds aan Die Burger gesê hulle het op die hasie besluit as ‘n “persoonlike stempel” nadat die departement hulle verbied het om hul handtekeninge onderaan die een broekspyp aan te bring.

­Dali Tambo, uitvoerende hoof van die nasionale erfenismaatskappy Koketso Growth, het vroeër gesê dit is jammer dat die beeldhouers besluit het om hul ontevredenheid op dié wyse uit te druk en dit vir hul kliënte (Koketso Growth en die departement van kuns en kultuur) geheim te hou.

­Janse van Vuuren en Prinsloo het vroeër gesê die haas is simbolies en verteenwoordig die haas waarteen die beeld gemaak moes word.

­Prinsloo het beklemtoon daar is geen dieper betekenis daaragter nie.

­Die beeldhouers is kort ná­ die ontdekking van die hasie blykbaar deur die departement verbied om verder met die media te praat.

­Hulle moes ook die Mandela-familie amptelik om verskoning vra.

­Die ontdekking van die hasie het glo tot groot konsternasie in die departement gelei en daar is na opsies gekyk om dit spoedig te verwyder.

­Paul Mashatile, minister van kuns en kultuur, het verlede maand gesê die diereregtegroep Peta wil die bronshasie “aanneem” sodra dit verwyder is.

­”Die groep is van plan om die miniatuurbeeldjie te gebruik om die lot uit te lig van miljarde hase en ander diere wat vir hul velle geslag word, gedwonge arbeid moet verrig of in kettings aangehou word…” het Mashatile in ‘n verklaring gesê.

­Peta het aan Mashatile geskryf en gevra dat die hasie aan die groep geskenk word om bewustheid oor diereregte te skep.

­”Mandela het omgegee oor wreedheid teenoor diere.”

Back to top

­In U hande

­JACQUELINE LEUVENNINK

Finesse, April 2014

 

­Middel Maart verlede jaar kuier ek en drie vriendinne onder ‘n boom by ‘n restaurant op Stellenbosch. Toe ek afkyk op my bord, lê daar ‘n goudbruin herfsblaar. ‘n Brief van die Groot Posman wat sê die herfs is aan’t kom – vir my al sinoniem met my verjaardag einde Maart en die aanloop tot Paasfees.

­In ons voortuin hang die ou granaatboom reeds swaar van sy kosbare vrag. Die ene belofte. Op my verjaardag gee ons gewoonlik hande vol weg – vir vriende om te gaan skilder, uit te stal of agter die lekker én die gesondheid aan te eet.

­Saam met Lydenstyd en die eerste herfstigheid in die lug – nou reeds ‘n broser blou – syfer ‘n stilte ongemerk in ons andersins freneties besige laatsomerdae in. Soms net moeg van probeer voorbly en mens wees begin ek saans voor slaaptyd kerse opsteek sodat ons eers ‘n wyle by Hom kan rus.

­In hierdie dae bid ‘n vriendin by ons Bybelstudie: “Wéés by ons, Here, in al die klein dingetjies tussen vanoggend se opstaan en vanaand se gaan slaap.” Dit snoer ons groepie, so maklik verdwaald tussen tandartsafsprake en kos op die tafel, opnuut saam in ons soeke na dié Woord tussen al ons baie ander woorde deur.

Vir my, met ‘n verjaardag op Goeie Vrydag in die vooruitsig, raak die Lydenstyd ‘n tyd vol herinneringe – iets wat soos sleepmis oor die see op my uitsak. Van goeie én slegte tye waarin hoop altyd weer kon wortelskiet.

­Twee dae voor Paasfees kry ek ekstra grasie vir werk wat moet klaar, ‘n groot geskenk. Die Donderdag kan ek rustig vir die Paas- en verjaardagfees voorberei terwyl die Matteus-passie van Bach en die Messias van Händel deur die huis weerklink. Die feestafel, nou met neute, rosyntjies, dadels en druiwe getooi, laat my met heimwee dink aan hoe Jerusalem nou vir die Pasga gereed maak. En aan Jesus se woorde vir die Samaritaanse vrou: “God se stroom van redding borrel eers in die Jodedom op en vloei dan na almal.”

­Daarom brand daar nou saans tussen die wingerde bokant ons woongebied ‘n kruis. En is daar op hierdie dag in ons huis, soos in miljoene ander oor die wêreld heen, naas die Shabbat-kersies, die vis en die brood ook ‘n houtkruis.

­Op Goeie Vrydag sing ons die oggend in die kerk: ook vir my, die kroon, die kleed, die riet. Ons verlaat die kerk in stilte, met die wete van Hom wat vir ons uitgespan gehang het tussen niks en nêrens, die kruis van die wêreld op Sy rug. Dinge wat ontstel. Maar wat gelei het na wonderbaarlike herstel. Sodat Paasklokke op Opstandingsondag oor die hele wêreld heen kan lui.

­Dit word een van die kosbaarste verjaardae van my lewe. Baie mense is weg vir die naweek, maar ek staan nietemin verslae oor die diepte, skoonheid en varsheid van ware vriendskap en die omgee van almal wat heeldag oor ons drumpel tree. Dis of die teerheid van Paasfees ‘n nog groter dankbaarheid en deernis teenoor mekaar bring.

­In die laatmiddaglig sien ek hoe sprankel ‘n vriendin wat pas haar chemo-behandeling­ voltooi het, kyk ek hoe sy en haar man granaatpitte – bloedrooi robyne in ‘n blou emaljebak – sit en geniet. En my hart word lig. Daar tussen al die blomme en saamwees met nog vrygelatenes van die skepping. Medepelgrims wat help as ‘n mens se rugsak so swaar word dat jy nie meer padtekens in die donker kan of wil raaksien nie. Een e-pos lui: Mag jou beskermengele jou so bewaar dat jy af en toe sjoe-sjoe moet sê…

­Toe ek laataand die laaste kerse doodblaas, is dit met Psalm 31 nog in my hart: “Here, in U hande gee ek my lewe oor, my tye is in U hand.”

Back to top

­Dom vraag, maar hoe werk dít?

­MARNUS HATTINGH

Die Burger, 13 Maart 2014

 

­In die laerskool het die juffrou jou geleer daar is nie iets soos ‘n dom vraag nie. Vra net, kinders, het sy gerusgestel. Juffrou sal help.

­Ja, nè. Later in die lewe leer jy daar is goed wat liefs nie gevra moet word nie. Soos: “Is hierdie Cortina nog betroubaar?” Of: “Nee, ek gaan net ‘n rukkie hier lê. Jy gaan mos nie jou ma vertel nie?”

­Maar dit kom later. So deur die lewe is daar egter ook ‘n paar lesse te vind, soos rosyne in ‘n koek gemeng.

­Dit was seker ons eerste speltoets en die juffrou het fair gespeel. Deur die eerste nege vrae kon ons almal nog sing. Woorde soos “kat” en “dak” het jy toe al onder die knie gehad.

­Maar juffrou Malan – ongetroud, diep in die vyftig en met ‘n fyn oog – was ook ‘n anderster ene. Vir nommer tien moes ons “hondjie” spel. En ek is nou nog seker daar was ‘n behaaglikheid toe sy sien niemand in haar klas kon “hondjie” regkry nie. Daar was honkie, hoinkie en hontjie, maar “hondjie” was net next level, soos rummy van vreetkaart.

­Om die pedagogiek verder aan die snorbaard te trek, vra die uwe toe waarom ons hondjie dan nie maar hoinkie spel nie.

­Dit maak mos nou baie meer sin.

­Kom ons volstaan met: Juffrou Malan het nie saamgestem met die voorstel op die tafel nie.

­Vandag nog, as jy krabbels maak neffens die foon, staan die letters “hondjie” netjies daar in blokletters geskrywe. Oor en oor met die pen getrek.

­En dan is die minister bekommerd oor 19-jariges­ wat by die Puk ontgroen word.

­Dit was dan ook ‘n ander baadjiedraer in die regering se hogere gestoeltes wat verlede week vir ‘n joernalis, by wyse van spreke, gesê het: “Sit, Onnosel. Dis ‘n dom vraag daai. Probeer volgende keer weer, maar met iets beters, oukei?

­”As die regering op ‘n projek besluit, sál­ hy die geld daarvoor vind. Moet jy nie worry oor waar die R179 miljard vir grondrestitusie vandaan gaan kom nie. Ons sal dit hê.”

­Dis ook een van dieselfde groepie baadjiedraers wat vir Kapenaars te vertel het: “Daar is nie geld om die Kaapse snelweë op te knap nie. Die paaie moet getol word.”

­Nou, gedagtig aan dom vrae en krabbels by die foonboek, is ‘n mens huiwerig om jou vinger in die lug te steek.

­Maar praat hierdie twee kollegas ooit met mekaar as hulle in die kantoorgange by mekaar verbyloop?

­”Hei, Sakkie, hoe lykit deesdae met jou grondeise-projekte?”

­”Nee, ag wat, dinge is weer op koers. Ons kort net so R179 miljard. Maar jy weet mos, ons praat net ‘n bietjie met die tesourie, dan maak hy ‘n plan.

­”Dis soos die Nasionale Gesondheidsplan, het die department gesê. Ons betaal dit aan julle uit, kom wat wil. Vra net hoeveel.

­”E­n julle, daar by paaie? Hoe ganit daar?”

­Dan sal die paaieman beskeie antwoord: “Ag, ons het ‘n klompie planne, jy weet mos. Opgraderings meestal. Alles daar onder in die Kaap. Gaan so ‘n miljard of ses kos, maar nie so erg soos julle s’n nie.”

­”O, ook julle gaan dus sommer by die tesourie aanklop?”

­”Nee jis, jy’s seker laf. Dis veel makliker. Ons sê net `daar is nie geld nie` en sit tolhekke op, ha!”

­So iets kan ‘n mens jou in die ministeriële gange voorstel.

­Weet hierdie spulletjie nie dat hul oggend- van hul aandpraatjies verskil nie? En waarom hef hulle nog sulke enorme bedrae in elke liter brandstof, koolsuurgas-belasting as jy ‘n nuwe motor koop en stywe lisensiegeld as dit nie vir padinstandhouding gaan nie?

­Ons moet seker nie dom vrae stel nie. Maar die krabbels langs die foonboek raak al hoe dikker, julle slimpraters daar bo.

Back to top

­Blinde luister na die sterre

­DOKTOR ONDANKS GEEN SIG

­Elsabé Brits

Die Burger, 17 Maart 2014

 

­GRAHAMSTAD. – ‘n Sterrekundige wat haar sig verloor het, het self ‘n plan gemaak en ‘n rekenaarprogram geskryf sodat sy na die sterre kan luister.

­Dié aangrypende verhaal van dr. Wanda Diaz-Merced van Puerto Rico is die naweek met feesgangers op Scifest Africa in Grahamstad deur haar gedeel.

­Sy het ná­ haar lesing aan Die Burger vertel sy bly steeds in die plakkerskamp waar sy grootgeword het. As twintigjarige student het sy haar sig verloor nadat diabetes op sewe al by haar gediagnoseer is.

­”Ek wou nie van loopbaan verander nie en het pynlik stadig begin werk aan ‘n rekenaarprogram wat sterrekundige data omskakel in klank. Dit kan ook in musiek omgesit word.

­”So tel ek verskille op wat dalk nie met gewone data raakgesien word nie.”

­Die eerste keer toe sy ‘n radiosein van die ruimte gehoor het, het dit vir haar gevoel soos Christopher Columbus wat land ontdek het. Sy het ‘n voorbeeld van hoe die sterre klink – ‘n gammastraal-uittbarsting­ – vir die gehoor gespeel.

­Sy sê dit was haar mentor, dr. Robert Candy, wat haar aangespoor het om deur te druk en uiteindelik het sy verlede jaar haar doktorsgraad in rekenaarwetenskap aan die universiteit van Glasgow, Skotland, behaal.

­”Maar ek kry nie ‘n werk in my veld nie, ek haal die kortlys, maar kom nie verder nie. Ek werk tans as skoonmaker in ‘n fabriek – maar ek sê dit met trots,” het sy aan Die Burger vertel.

­”Dit is steeds my mentor se stem wat my voortdryf om sukses te behaal. Ek hoop ook om ‘n mentor vir ander te wees.

­”Ek bly nog steeds waar ek grootgeword het in die plakkerskamp met my troetelhoenders. Ek sit hulle in ‘n mandjie en dra hulle rond. Dít maak my gelukkig,” sê sy.

Back to top

­Die taal van liefde

Finesse, April 2014

 

­Laat die liefde jou lei in wat jy doen en dink – en ontdek die geheim van ‘n dieper verhouding met jouself, jou naaste en God.

 

­`Here, wat is U wil?`

­Onthou dié vyf Bybelse beginsels wanneer jy weer ‘n besluit moet neem, sê blogger Nicole Unice.

1 God belowe Hy sál­ jou Sy wysheid gee as jy daarna vra. Jakobus 1:5: “As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt.”

­2 Nederigheid is ‘n voorvereiste vir wysheid. Spreuke 11:2: “Selfverheffing bring vernedering; wie nederig is, het wysheid.”

­3 Al maak Sy leiding nie vir jou sin nie, God se insig oortref altyd jou eie. Spreuke 3:5-6: “Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.”

­4 Omring jou met wyse mense wat inspraak in jou lewe kan lewer, vra hul raad. Spreuke 15:22: “Waar daar nie beraadslaging is nie, slaag planne nie; dit slaag wanneer daar baie raadgewers is.”

­5 Wanneer jy God gehoorsaam, sal jy Sy vrede ervaar. Jesaja 32:17: “Wie reg doen, sal vrede hê; wie volhard in reg doen, sal vir altyd rus en sekerheid geniet.”

 

­`Ek het jou nog altyd liefgehad, daarom het Ek jou met geduld verdra` JEREMIA 31:3

 

­Die wonder van Opstandingsondag

­”Stel jou voor dat jy Maandag die verbode vrug geëet het soos Adam en Eva; Dinsdag gelag het oor God se beloftes soos Sara; Woensdag jou broer verraai het soos Jakob; Donderdag owerspel gepleeg het soos Dawid; Vrydag Jesus verraai het soos Petrus; Saterdag jou medegelowiges vermoor het soos Paulus – en dat jy Sondag voor God se Troon te staan kom. Kan daar vir jou enigsins hoop op genade of vryspraak wees? Ja, absoluut!­Sondag sal die Gekruisigde Een weer eens Sy hande na jou toe uitstrek met dié vaste versekering dat niks jou ooit sal kan skei van die liefde van God nie.” – ­NEDERLANDSE TEOLOOG OKKE JAGER

 

­Hulle het die Lam geg­esel, gespot, gekruisig. Tog het die manier hoe Hy na hulle – na óns – kyk, sag en teer gebly. Het Sy liefde nie opgehou nie.

­Om met sagte oë na die wêreld en mense te kyk gebeur nie vanself nie. Ons natuurlike geaardheid is immers om krities en veroordelend te wees. Om raak te sien hoeveel ander van my manier van dink en doen verskil. Waar hul swakhede lê. Dit laat ons immers soms so ‘n bietjie beter oor onsself voel.

­Totdat ons na die Man aan die kruis kyk en weet dat Hy ook mý krake so goed ken, maar steeds met deernisvolle oë na my kyk. Dat Hy al my stukkendwees raaksien, maar my elke dag met nuwe genade omarm en Sy onvoorwaardelike liefde onophoudelik oor my stort.

­Dán­ verstaan ek iets van die kruisliefde: van mense se foute raaksien, maar begrip hê. Van iemand se á­ndersheid besef, maar dit waardeer. Van kwaad word en weer vergewe, seerkry en heel word; van verskil, maar iets gemeenskapliks soek.

­Om met sagte oë na ander te kyk is ‘n genadeu­reis waarin ek oor en oor na my Meester kyk en vra dat ek soos Hy sal wees. Dis ‘n proses waarin ek gedurig Sy liefde vir my sien, dit in Sy Woord lees en dit in my hart vasvang sodat ek dit sal aangee.

­Totdat my hart al hoe sagter teenoor ander word en ek met teerheid aan hulle sal dink. Sagte woorde spreek. Met sagte ore hoor… Mag die Lam ons in hierdie tyd opnuut aanspoor om ‘n lewe van onvoorwaardelike liefde te leef.

 

­Rabboeni-wees

U was stukkend en verwond.

­Hartseer en alleen.

Die wêreld se

­boosheid op U skouers gelaai.

­Tog was U oë met deernis gevul.

­Vol liefde.

­Sag.

 

­Here, ek is ook ‘n verwonde mens

­in ‘n onvolmaakte wêreld.

­Maar ek wil steeds

­teer bly.

­Sag wees.

­U liefde leef.

­Sal U my help, asseblief?

 

­Sagtehart-mense

“Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?” het Hy gevra. “Rabboeni, dat ek kan sien,” was die eenvoudige versoek. Jesus laat hom sien. En hy volg Hom met nuwe oë en ‘n dankbare hart (lees Markus 10:52).

­Dit maak nie saak hoe blind ons hart is nie, Hy kan steeds die lig gee. Want ons Here het nie net gekom om siekes gesond te maak nie, maar om hulle te help lééf. Om hulle te leer hoe om met begrip, teerheid, deernis en empatie te leef teenoor ‘n wêreld wat so arm geword het aan liefde en so ‘n groot behoefte het aan versoening, vergifnis en aanvaarding. Aan mense met sagte oë. Met ‘n sagte hart.

 

­Boodskap

­”Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hul oortredinge nie toereken nie. Die boodskap van versoening het Hy aan ons toevertrou” (2 Korintiërs 5:19).

 

­Heel deur Sy liefde…

­`Hierdie lewe is vol oppe en affe. Daar’s oomblikke wat só fantasties is dat dit voel of jy aan die soom van die hemel raak. Dan’s daar oomblikke wat só hartverskeurend is dat dit voel of jy op die randjie van die hel huiwer. Albei kan ons ver van God laat voel. In goeie tye vergeet ons hoe nodig ons Hom het. In moeilike tye wonder ons hoekom Hy ons verlaat het. En tog … In hoogte- én laagtepunte is God se liefde vir ons die een konstante waarop ons kan reken. Jy kan maar weet: Of vandag jou beste of slegste dag op aarde is, jy sal nooit alleen of ongeliefd wees nie. Nie eens vir ‘n oomblik nie.` HOLLEY GERTH

Back to top

Bestaan van 1 700 planete bevestig

­NASA SE KEPLER-TELESKOOP

`Vier keer groter as die aarde`

­Elsabé Brits

Die Burger, 28 Februarie 2014

 

­KAAPSTAD. – In 1995 was daar nie een planeet buite die aarde se sonnestelsel bekend nie, en vandag is die bestaan van byna 1 700 bevestig.

Die Kepler-teleskoop van Nasa wat spesifiek na planete soek, het die afgelope twee jaar altesaam 715 planete ontdek. Omtrent almal is vier keer groter as die aarde.

­Dié bekendmaking het navorsers gister opgewonde gemaak oor die moontlikhede van die James Webb-ruimteteleskoop­ wat in 2018 in gebruik geneem kan word omdat hy nóg beter en verder sal kan sien – deels omdat hy 1,5 miljoen km van die aarde in die ruimte sal wees en ook omdat hy baie kragtig sal wees.

­Die Kepler-teleskoop het die afgelope twee jaar 150 000 sterre dopgehou wat soortgelyk aan die son is. In die proses het hy ‘n paar duisend gevind wat een planeet om hulle kon hê, asook dié wat verskeie planete om hulle kon hê. Die 715 planete wat om 305 sterre wentel, is gevind terwyl die navorsers deur al die data gesif het.

­Vier jaar gelede het Kepler duisende kandidaat-planete aangekondig, maar nou is baie van hulle wel geïdentifiseer.

­Vier van die planete is minder as 2½ keer die grootte van die aarde en wentel om hul ster in wat bekend staan as ‘n bewoonbare sone. ‘n Bewoonbare sone om ‘n ster beteken dat die planeet aardagtig (rotsagtig) moet wees en nie gasagtig nie.

­Voorts moet die planeet nie so ver van sy son wees dat hy vries nie, maar ook nie so naby dat hy verskroei nie.

 

Só werk dit

­Stel jouself leeumannetjies en leeuwyfies op die grasvlakte voor. Die mannetjies is die Kepler-sterre en die wyfies die planete. Die wyfies sal soms saam gesien word, terwyl die mannetjies op hulle eie rondloop.

­Indien jy twee leeus sien, kan dit ‘n mannetjie en ‘n wyfie wees, of dit kan twee mannetjies wees. Maar as meer as twee grotes saam gesien word, is dit waarskynlik ‘n mannetjie en sy klomp wyfies. Dus kan wyfies deur menigvuldigheid geïdentifiseer word, op baie dieselfde manier wat planete om dieselfde ster gevind kan word.

­Die eerste een: Die eerste planeet, buiten die aarde, wat in ‘n bewoonbare sone van sy son af geleë is en waar lopende water moontlik op die oppervlak voorkom, is in 2011 ontdek.

­Die Kepler-teleskoop het die planeet Kepler 22b ontdek om ‘n  ster (genaamd G5), soortgelyk aan die aarde se son.

­Die oppervlaktemperatuur op Kepler 22b is sowat 22 °C – net reg vir lopende water.

 

­DIE TELESKOOP HET AL …

­715 planete ontdek en bevestig;

3 601 as moontlike planete geïdentifiseer; en

­2 165 sterre ontdek wat om mekaar wentel.

Back to top

­`Nkandla Style` nou webtreffer

­Malherbe Nienaber

Die Burger, 29 Maart 2014

 

­KAAPSTAD. – “As jy Nommer 1 is, kan jy die soustrein bestuur. As jy Nommer 1 is, ken jy die mag van die stort.”

­Só lui die lirieke van “Nkandla Style”, ‘n nuwe liedjie wat die draak steek met pres. Jacob Zuma se skandale sedert hy Nommer 1 geword het.

­Dit is gister op radiostasies gespeel en Twitter-gebruikers­ het spottenderwys gevra of dit die volgende volkslied gaan word.

­’n Video van dié spottery met “Lazy Jayzee” is Donderdag op YouTube gelaai.

­Teen gister is dit reeds 43 000 keer gekyk.

>­Die wysie is dié van die Suid-Koreaanse sanger Psy se super-gewilde “Gangnam Style”. Dit is deur die YouTube-gebruikers­ “N’kandla Staail” opgelaai en dit is nog onbekend wie dit vervaardig het.

­Die lirieke lees soos ‘n CV van al die geleenthede waar Zuma vure moes doodslaan en sluit sy verkragtingsaak, die wapenskandaal, die Gupta-skandaal en die onlangse Nkandla-skandaal in.

­Dit verwys ook na Julius Malema, EFF-leier, se skorsing uit die ANC en roep van Zuma se omstrede stellings in herinnering.

­Die liedjie kom nadat die openbare beskermer (OB) verlede week haar verslag oor die verbeterings by Zuma se Nkandla-woning bekend gemaak het.

­Daar word ook hierna verwys met die woorde “and the public protector, I never should have kept her”.

­Die woorde:

“(‘­Since the day I can remember

­I always wanted more

­I wanted more money like the Afrikaner Boer

­So I became a comrade when I was still young

­and yes to have it all I must be(e) Number 1.

 

­If you’re Number 1 you get to

­drive the gravy train,

­if you’re Number 1 you get to

­fly the Gupta’s plane

­if you’re Number 1 you know

­the power of the shower.

Back to top

­50 jaar gelede

Die Burger, 26 Maart 2014

 

­Die geskiedenis van mev. H.S. Ball­ se blatjang: In die rubriek Van Alle Kante skryf Rykie van Reenen: “In 1870 het James Adkins en sy vrou, Elizabeth, begin om hul eie blatjang in hul huis op Fort Jackson naby King William’s Town te maak. Hul een dogter, Amelia, is later getroud met Herbert Saddleton Ball­ en hulle het na Johannesburg verhuis.

­Waar dit oorspronklik vir die gesin bedoel was en later ook vir liefdadigheid, het mev. Ball­ voortgegaan met die voorbereiding van die produk om te voldoen aan ‘n geringe vraag. Terwyl sy die blatjang op haar kombuisstoof voorberei het, het haar man dit met behulp van ‘n klein kombuistregtertjie in flesse gegooi. Dit was die eenvoudige ontstaan van ‘n nywerheid wat dwarsdeur Suid-Afrika bekend staan as mev. Ball­ se Blatjang. Na gelang die vraag na mev. Ball­ se blatjang toegeneem het, het haar produksie-bedrywighede ook groter werkruimte vereis. Toe haar eie kombuis te beknop geraak het, is die produksiewerk na ‘n spesiaal geboude kombuis agter in haar tuin verskuif. Mev. H.S. Ball­ het tot 19 November 1962 direkteur gebly van die maatskappy, toe sy in die rype ouderdom van 97 jaar oorlede is. Haar seun, Harry, het haar plek ingeneem as direkteur. Die resep bly ‘n geheim wat deur die gesin beskerm en stiptelik gevolg word.”

 

Dominee red ‘n verlore skaap: Op bladsy 4: “Getrou aan sy roeping het ds. Boetie Nieuwoudt van Klawer onlangs agter een verlore skaap aangegaan om dit te red. Hy was op pad tussen Vredendal en Klawer toe hy ‘n skaap in ‘n kanaal sien afdryf. Ds. Nieuwoudt het dadelik stilgehou, sy baadjie uitgetrek, in die kanaal gespring en die skaap gered. Die eienaar van die skaap moet miskien nou ‘n vet skaapribbetjie aan die dominee gee vir sy moeite.”

Back to top

­Papegaai help polisie om moordenaar te kry

Die Burger, 28 Februarie 2014

 

­NIEU-DELHI. – ‘n Papegaai het die polisie in Indië gehelp om sy eienaar se moordenaar vas te trek.

­Die polisie het gesukkel om ‘n moord op te los totdat die vermoorde vrou se papegaai begin keel opsit het.

Neelam Sharma (45) is op 20 Februarie dood aangetref in haar huis. Polisie kon nie die moordenaar vastrek nie. Die oorledene se man, Vijah Sharma, het egter agtergekom dat die papegaai ‘n keel opsit elke keer wanneer ‘n sekere familielid die huis besoek. Selfs as hulle net die verdagte se naam genoem het, het die papegaai begin skree.

­Die oorledene se man het agterdogtig geraak en die polisie in kennis gestel.

­Die polisie het die verdagte ingeneem vir ondervraging. Die familielid het later skuld beken.

­Die papegaai is genoem na Hercule Poirot, die beroemde speurder in Agatha Christie se boeke. Die vere, en die naam, maak die voël.

Back to top

­Die lewe deur die oë van ‘n graswewenaar

­Johan van Wyk

Die Burger, 2 April 2014

 

Besorgde vriende wat weet dat my vrou my vir drie weke verlaat het, wil nou kort-kort weet hoe dit met die graswewenaar gaan. Foeitog, kom ek darem reg? Wie maak kos, was die skottelgoed en vee die huis uit? Het ek nog skoon klere? Is ek nie verskriklik eensaam nie?

­Dit gaan uitstekend, dankie. Hemelse vreugde, vryheid en vrede het soos ‘n duif op my neergedaal. Ek kan tydelike skeiding van tafel en bed dus ten sterkste aanbeveel. Om die waarheid te sê, ek is so in my skik dat ek stappe om permanensie van my huidige staat te verseker ernstig oorweeg.

­Die voordele is legio. Jy kan rook waar jy wil, eet wat en wanneer jy wil, jou sokkies onder die bed inskop, die hond by jou laat slaap, en bure en vriende nooi jou elke aand vir ete. Dit beteken ‘n aansienlike besparing op kos.

­Dis nie ál­ besparing nie. Deur ‘n lig af te skakel wanneer ek uit ‘n vertrek loop, my enkele skottelgoedjies ná­ elke ete te was, die geiser net elke derde dag vir ‘n kwartier aan te skakel, kookwater in ‘n fles warm te hou (sê dankie, Eskom!), nie sepie-snert op die TV te kyk nie, onderbroeke met die voete in die bad skoon te trap en nie elke dag mall­ toe te ry nie, kon ek daarin geslaag om ons voorheen hoë lewenskoste met minstens 90% af te bring.

­Aan die kulinêre front het ek innoverende tegnieke (necessity is the mother of invention) vir gesonde kitsmaaltye ontwikkel wat die kokkedore na hul asem sal laat snak. Ek is veral sterk op roereier op roosterbrood, sardiens, Cup a Soup en 2-Minute Noodles by tamatiesous en boksvla. Alles à­ la carte. Ek het in jare nie so energiek en lewenskragtig gevoel nie.

­Maar eintlik lieg ek nou. Toe ek gisteraand nie langer die “trigger-happy” lemnaeler se kirpatse op die TV kon uitstaan nie, het ek ‘n ou langspeler van die klankbaan van die The Eddie Duchin Story (die 1956-fliek­ met Tyrone Power en Kim Novak oor die tragiese lewe van die beroemde Amerikaanse pianis van die 1940’s) op die draaitafel gesit.

­Terwyl die strelende klanke van “You Are My Everything” en “To Love Again”, meesterlik vertolk deur Carmen Cavallaro (“he plays the white notes, the black notes and the ones in between”) my stil studeerkamer vul, het dit, soos my kinders sou sê, op my ge-dawn: Só moet dit voel wanneer ‘n lewensmaat wegval en jy alleen agterbly.

­Toe het ek ‘n e-pos van my weergawe van Breyten Breytenbach se gedig “Rooiborsduif” Hongkong toe gestuur:

Allerliefste, ek stuur vir jou ‘n rooiborsduif / Jy moet van my liefde weet / soos van vlerke waarmee jy so gou as moontlik moet terugvlieg.

­Die eens beroemde Hollywood-filmster Greta Garbo was verkeerd toe sy aan die einde van haar loopbaan gesê het: “I want to be alone.”

Back to top

­Pluimpie vir Saru se museum

Die Burger, 27 Maart 2014

 

­KAAPSTAD. – Die SA Rugby-unie se rugbymuseum The Springbok Expe­ri­ence in die V&A Waterfront in Kaapstad is genomineer vir ‘n internasionale museum-toekenning.

­Dit is op die kortlys vir die jaarlikse Britse museum- en erfenisu­toekennings saam met museums in Lausanne, Antwerpen, Den Haag en Amsterdam.

­Die nominasie is ‘n pluimpie vir die Saru-span en ontwerpers, het die unie se uitvoerende hoof, Jurie Roux, in ‘n verklaring gesê.

­”Ons het fantastiese kommentaar oor die museum gehad sedert dit op Erfenisdag in September 2013 geopen is.”

­Die opdrag aan die ontwerpers was om ‘n jislaaik-ervaring te skep wat die geskiedenis van rugby in ál­ die gemeenskappe in Suid-Afrika uitbeeld in ‘n plek wat deur soveel mense moontlik besoek kan word.

­”Dit is wat ons reggekry het.

­”En net so belangrik – dit het die verhaal van swart rugby in Suid-Afrika in die pre-demokratiese era ook in die voorgrond geplaas.”

­Die wenner sal op 14 Mei in Londen aangekondig word.

Back to top
­

Boetes wag op ouers wat babas ­ná­ geboorte nie betyds registreer

Seugnet van Zyl

Die Burger, 27 Maart 2014

 

­PRETORIA. – Ouers kan voortaan beboet word as hulle nie hul baba binne ‘n maand ná sy of haar geboorte by die departement van binnelandse sake geregistreer het nie.

­Fatima Chohan, adjunkminister van binnelandse sake, het gister op ‘n mediakonferensie hier gesê die departement doen ‘n beroep op ouers om hul kinders binne 30 dae nq~^/a­ geboorte te registreer.

­Chohan het gesê laat registrasies binne die eerste jaar sal ‘n boete van R70 tot gevolg hê.

­Die regulasie is vervat in die Wysigingswet op Geboortes en Sterftes, wat op 1 Maart in werking getree het.

­Ingevolge die ou wetgewing was slegs vingerafdrukke van ‘n nuwe baba nodig as bevestiging van identiteit, maar die nuwe regulasies vereis nou biometriese inligting waaronder foto’s, vingerafdrukke, palm- of voetafdrukke, handmates en gesigspatrone van pasgebore babas as verdere identifikasie.

­Besonderhede van albei ouers word nou ook benodig vir die uitreiking van ‘n geboortesertifikaat.

Tot dusver het die departement 140 749 slim ID-kaarte uitgereik, waarvan 26‑866 nog nie afgehaal is nie.

­Volgens Chohan is dit wel moontlik dat jou nuwe slim ID-kaart binne dae gereed kan wees. Sy het mense aangemoedig om nie die SMS wat hulle sal ontvang om hulle te verwittig dat hul nuwe slim-ID-kaart gereed is, te ignoreer nie.

Back to top

Op pad na die kliniek met oom Doon

Dana Snyman

Die Burger, 28 Maart 2014

 

­Die oggend bel tant Bettie. Jy moet help, sê sy. Ons moet oom Doon weer by die kliniek kry. Só kan dit nie aangaan nie.

­Tant Bettie is oorle ma se enigste oorlewende suster. Sy en oom Doon het nooit kinders gehad nie. Daarom moet ek help as daar ‘n krisis is, want tant Bettie het nie ‘n rybewys nie.

Ek is eintlik besig, Tannie, sê ek.

­Asseblief, pleit tant Bettie. Ek weet nie meer watter kant toe met hom nie.

­Ek ry die stad in na tant Bettie-hulle se huis in die voorstede. Dit is ‘n nederige huis – een van daardie met ‘n smal voortuin, ‘n rooi voorstoep en ‘n silwer-geverfde voorhekkie.

­Tant Bettie kom by die voordeur uit toe ek voor die huis stilhou. Sy omhels my en druk my styf teen haar vas. Dit gaan nou al drie dae so, sê sy. Ek het al so gebid, my kind. Maar dit help nie.

­Oom Doon sit in die kombuis by die tafel. Voor hom op die tafel staan ‘n bottel vodka, met ‘n glas daarby, halfvol. Hy kyk na my, maar dit lyk nie of hy my raaksien nie. Sy hande bewe om die glas wat hy voor hom vasklem. Langs die glas lê ‘n pakkie sigarette. Die asbakkie, langs dít, is vol stompies.

­Dis nou al die derde dag dat dit só gaan, sê tant Bettie agter my.

­Oom Doon het sy lewe lank vir die spoorweë gewerk: eers as ‘n stoker, later as ‘n drywer. Hy het selfs ‘n ruk as drywer van die Blou Trein waargeneem. Eenkeer het hy my vertel hy het as drywer drie mense met ‘n trein doodgery – mense wat selfmoord wou pleeg. Twee van hulle was ‘n paartjie van Kimberley wat saam, hand aan hand, voor die trein by Modderrivierstasie ingestap het.

­”Wat kom maak jy hier?” vra hy my.

­”Ek kom kuier vir Oom,” sê ek.

­”Hoekom?” vra hy.

­”Ek wil hê Oom en tant Bettie moet ‘n entjie saam met my gaan ry,” antwoord ek.

­In die kamer is tant Bettie besig om ‘n tassie vir oom Doon te pak: onderbroeke, broeke, hemde. Sy stap na die bedkassie, neem haar Bybel en pak dit heel bo in.

Ons gaan staan weerskante van oom Doon by die kombuistafel. Oom Doon is ‘n kort, seningrige oompie. Die ou man probeer homself teësit, maar daar is nie veel krag in sy lyf oor nie. Sy bene bibber onder hom. Ek en tant Bettie sleepdra hom kar toe. Hy ruik sterk na sweet. By die eerste verkeerslig waar ons stilhou, maak oom Doon die agterdeur oop en wil uitklim. Ek hou stil en gaan druk die knip op wat keer dat jy die agterdeur kan oopmaak.

­”Julle sal nie verstaan nie,” sê oom Doon toe ek weer agter die stuurwiel inskuif.

­Ons ry stil deur die verkeer na die ander kant van die stad waar die kliniek is. Stil ry ons. Toe ons by die kliniek se ingang indraai, sien ek oom Doon se gesig in die truspieëltjie. Hy vee met sy ou eelterige hande oor sy wange, daar waar trane behoort te geloop het.

Back to top

­Gee jou mond vir God!

­JOYCE MEYER

Finesse, April 2014

 

Soggens wanneer ek wakker word, sê ek heel eerste: “Vader, in die Naam van Jesus seën ek hierdie dag! Seën my man, my kinders, my kleinkinders… Seën my liggaam. Seën my land.” Ek vra dat die Here selfs my hond sal seën!

­Want so seker as wat hierdie ‘n nuwe dag is, so seker is Sy omgee en liefde vir ons elke dag nuut (Klaagliedere 3:22-23). Satan moet weet, dis ‘n uitgemaakte saak: Ek ís geseënd en ek het my voorgeneem om geseënd te leef – elke dag!

­In die Ou Testament sê die Here vir Moses: “So moet julle die kinders van Israel seën deur vir hulle te sê…” (Numeri 6:23). Seën in jou lewe begin met die woorde wat jy sê. En ja, ook met onvoorwaardelike gehoorsaamheid aan God.

­God wil vir ons goed wees. Ek het geleer om dít wat Hy in Sy Woord oor my sê, oor my lewe uit te spreek. So bely ek al jare die beloftes in Deut­er­o­nomium 28 oor my lewe. Dit het al die negatiewe dinge wat my pa kleintyd oor my uitgespreek het, omgekeer!

­Lees weer ‘n slag dié hoofstuk. God belowe onder meer dat as ons Hom ten volle gehoorsaam, Hy die hemel se skatkamers vir ons sal oopmaak en ons die kop sal maak (nie die stert nie); dat ons altyd bo sal wees (nie onder nie).

­Deut­er­o­nomium 28:10 sê: “E­n al die volke van die aarde sal sien dat die Naam van die Here oor jou uitgeroep is…”

­Die woorde wat uit jou mond oor jouself en oor ander kom, is so belangrik. Ons durf nie kla en murmureer nie. Dit eer nie die Here nie! Jakobus 3:10 vermaan ons: “Dink net, uit dieselfde mond, met dieselfde tong, kom daar die een oomblik mooi woorde en die volgende oomblik ‘n vloek” (Die Boodskap).

­Spreuke 18:21 waarsku ook: “Die tong het mag oor dood en lewe; dié wat lief is om te praat, sal die gevolg dra.”

­Wat kom oor jou lippe wanneer jy met jouself en met ander praat? Geloof of twyfel; liefde of selfsug; dankbaarheid  of ontevredenheid; blymoedigheid of bitterheid?

­Ons moet leer om Jesus se woorde oor ons lewe te spreek, want Sy woorde is Gees en lewe (Johannes 6:63).

­Dink net ‘n bietjie aan al die negatiewe dinge wat ons so maklik kwytraak: “Ons land het nie ‘n toekoms nie”, “Als raak net al hoe duurder”, “Als in my lyf pyn…”

­As jy dan iets wíl sê, laat dit waarde tot jou lewe toevoeg. So baie mense vernietig onwetend hul lewe met hul eie woorde. Ek wil jou aanmoedig om jou mond vir God te gee! Begin positiewe dinge met jou mond bely. Neem jou voor om elke dag hierdie ses dinge te doen:

­1 Spreek doelbewus seëninge uit oor jouself en ander. 2 Sê dankie! Dawid het in die middel van die nag opgestaan om God te loof! (Psalm 119:62). 3 Bemoedig ander. 4 Praat net die waarheid. 5 Spreek God se Woord. Dis soos ‘n vuur, soos ‘n hamer wat klip stukkend breek (Jeremia 23:29). 6 Wees spaarsaam met jou woorde (Spreuke 17:27).

Ek groet jou met dié seëngebed uit Numeri 6:24-26: “Die Here sal jou seën en jou behoed; die Here sal Sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees; die Here sal Sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.”

Back to top

Resepte

April 2014

SPESIAAL VIR PAASFEES

 

Dit gaan maar swaar deesdae om lekker groot te kook met die kospryse wat so hoog is. As jy steeds iets spesiaals vir Paasfees wil maak, probeer ons resepte, wat jou rande sal rek. DEUR KAREN HART

Back to top

REK DAAI BOUD

Kuier, 9 April 2014

Genoeg vir 6-8

 

BESTANDDELE

1 lamsboud

5 knoffelhuisies, geskil en in splinters gesny

‘n Paar takkies roosmaryn

‘n Paar tiemietakkies

Sout en varsgemaalde swartpeper

4 eetlepels botter

2 groot uie, in dun skywe gesny

400 g stowelamsvleis

2 kg aartappels, geskil en in skywe gesny

300 g wortels, geskil en in groterige stukke gesny

2 eetlepels koekmeel

‘n Handvol gekapte tiemie en roosmaryn

3 koppies lam- of beesvleisaftreksel

2 eetlepels Worcestershire-sous

 

METODE

Maak klein snytjies regoor die lamsboud met ‘n skerp mes en druk die knoffelsplinters van 3 van die knoffelhuisies saam met roosmaryn en tiemie in elke gleufie, ook daar waar die been by die vleis uitkom. Geur met sout en peper na smaak. Sit die boud in ‘n oondroosterpan en bedek met foelie. Hou eenkant. Smelt die helfte van die botter in ‘n groot swaarbompan. Braai die uie daarin tot sag en deurskynend. Roer dikwels om te sorg dat dit nie vasbrand nie. Gooi die uie in ‘n tweede oondroosterpan. Verbruin die stowelamsvleis in dieselfde pan waarin jy die uie gebraai het en voeg dit by die uie in die oondroosterplan. Meng dit goed met die aartappels en wortels, die res van die knoffel, koekmeel en ‘n handvol gekapte roosmaryn en tiemie. Geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper. Gooi die aftreksel in die pan en verhit saam met die res van die botter. Voeg die Worcestershire-sous by en gooi oor die aartappelskottel. Bedek met foelie en sit dit saam met die oondroosterpan met die lamsboud in ‘n voorverhitte oond van 190°C en bak vir 1 uur. Verwyder die foelie en bak so oop vir nog 45 minute totdat die aartappels gaar en goudbruin en die boud mooi bruin is. Laat die boud vir 15 minute rus voordat jy dit sny.

 

WENK: Skep van die aartappelmengsel op elke bord en bedien die boud in skywe gesny bo-op. So kan jy baie meer mense van die boud laat geniet terwyl die geurige aartappel-vleismengsel die res van die gaatjies vul.

Back to top

FRIKKADELRING

Kuier, 9 April 2014

Genoeg vir 4-6

 

In Europa het die mense ‘n gewoonte om ‘n ring te maak wat die 11 getroue dissipels (sonder die verraaier Judas) voorstel – gewoonlik met Paasbolletjies (hot cross buns). Ons maak dus 11 frikkadelle.

 

BESTANDDELE

300 g mince

1 sny brood, gekrummel

1 groot wortel of 2 middelslag, geskil en gerasper

1 groot ui, geskil en gerasper

1 groot knoffelhuisie, fyngekap

1 eetlepel blatjang

1 eetlepel tamatiesous

1 eetlepel Worcestershire-sous

1 teelepel mosterd

1 eier

Sout en peper

 

METODE

Gebruik jou hande om alles goed saam te meng. Vorm die mince-mengsel in 11 ewegroot frikkadelle en pak dit styf teen mekaar in ‘n gesmeerde ringkoekvorm of vorm die ring op ‘n bakplaat. Bak vir 30-45 minute in ‘n voorverhitte oond van 180 °C. Bedien met koeskoes of gestoomde gemengde groente in die middel.

 

WENK: Jy hoef nie ‘n ring te maak nie en kan die frikkadelle gewoonweg in gesmeerde oondskottel pak en gaarmaak.

Back to top

KERRIEVIS IN DIE OOND

Kuier, 9 April 2014

Genoeg vir 10-12

 

BESTANDDELE

1,5 kg vismote (enige ferm witvis)

2 koppies asyn

2 teelepels sout

½ teelepel peper

2 groot uie, in skywe gesny

4 suurlemoenblare of 2 lourierblare (bay leaves)

5 eetlepels suiker

2½ eetlepels kerriepoeier

½ teelepel borrie

6 allspice-korrels

 

METODE

Pak die vismote in ‘n enkellaag in ‘n groot oondroosterpan. Geur met sout en peper na smaak. Bak in ‘n voorverhitte oond van 200 °C vir 10 minute. Verhit die res van die bestanddele in ‘n groterige kastrol en bring tot kookpunt. Kook vir 5 minute. Gooi die sous oor die vis en kyk dat alles mooi bedek is. Bak vir nog 10 minute in die sous. Pak die warm, gaar vis en sous in afwisselende lae in gesteriliseerde, droë, warm flesse. Die vis moet heeltemal met die sous bedek wees. Verseël, laat afkoel en bêre in die yskas of op ‘n baie koel plek. Bedien koud of warm.

 

WENK: Jy kan alles op die stoofplaat doen indien jy verkies. Kook die sous en sit die rou vismote daarin. Kook dit 10 minute lank liggies, draai die mote om en kook totdat die vis heeltemal gaar is.

Back to top

VINNIGE PIESANGPOEDING

Kuier, 9 April 2014

Genoeg vir 6

 

BESTANDDELE

100 g botter

2 ryp piesangs

½ koppie plus 1 eetlepel ligte bruinsuiker

¾ koppie bruismeel

2 teelepels fyn kaneel

2 eiers

2 eetlepels melk

 

METODE

Plaas die botter in ‘n 1 l-mikrogolfbestande skottel en mikrogolf op hoog vir ongeveer 30 sekondes of tot die botter gesmelt is. Voeg 1½ piesang by en maak in die botter fyn. Voeg die suiker, bruismeel, kaneel, eiers en melk by en meng goed. Sny die oorblywende halwe piesang in skyfies en rangskik bo-op. Mikrogolf op hoog vir 8 minute. Bedien warm.

 

WENK: Bedien met roomys of karamel- of toffiesous of net so met ‘n bietjie styfgeklitse room.

Back to top

ANDERSTE BROODPOEDING

Kuier, 9 April 2014

Genoeg vir 6

 

BESTANDDELE

3½ eetlepels botter

3 koppies warm melk

3 eiers, geklits

½ koppie suiker

‘n Knippie sout

1 teelepel vanilla essence

1 teelepel kaneel

6 Paasbolletjies, in blokkies gesny

 

METODE

Smelt die botter in die warm melk en meng met die eiers, suiker, sout, vanilla en kaneel. Rangskik die Paasbolletjie-blokkies in ‘n gesmeerde oondbak en gooi die melkmengsel daaroor. Bak in ‘n voorverhitte oond van 180 °C vir 30 minute of totdat dit heeltemal gestol is. Bedien met styfgeklitste room of vla.

 

WENK: Jy kan die gerasperde skil van 1 suurlemoen in plaas van die vanilla essence gebruik.

Back to top

HEUNINGKANEELBOTTER VIR PAASBOLLETJIES

Kuier, 9 April 2014

Genoeg vir 10-12 bolletjies

 

Hier is ‘n wonderlike idee om daai Paasbolletjies nuwe woema te gee. Verhit die bolletjies in die oond en bedien met hierdie heerlike botter.

 

BESTANDDELE

200 g botter

1½ teelepel kaneel

½ teelepel gemmer

4 eetlepels heuning

 

METODE

Plaas al die bestanddele saam in ‘n mengbak en klits goed totdat die mengsel mooi glad is. Skep in ‘n mooi bakkie en bedien saam met die warm Paasbolletjies.

 

WENK: As jy regtig oorboord wil gaan, kan jy ‘n handvol fyngekapte pekanneute by die mengsel roer.

Back to top

2014

GREAT SPORT EVERYDAY

AUGUST

 

Cricket

7-30 Aug India tour to England

 

Rugby

Super Rugby:

2 Aug Super Rugby: Final

 

1-17 Aug IRB Women’s World Cup

 

The Castle Lager Rugby Championship:

16 Aug Australia v New Zealand

16 Aug South Africa v Argentina

23 Aug Argentina v South Africa

23 Aug New Zealand v Australia

 

Aug-Oct The Currie Cup

Aug-Oct ITM Cup

 

Athletics

10-14 Aug African Championships in Athletics

12-17 Aug European Athletics Championships

16-28 Aug Youth Olympic Games

21 Aug Diamond League: Stockholm

24 Aug Diamond League: Birmingham

28 Aug Diamond League: Zürich

 

Tennis

25 Aug-7 Sept US Open

 

Golf

7-10 Aug The PGA Championship

 

 

Motorsport

10 Aug Indianapolis Moto GP

17 Aug Czech Republic Moto GP

31 Aug British Moto GP

24 Aug Belgian F1 GP

 

Cycling

23 Aug-14 Sept Vuelta a España

 

Basketball

30 Aug-14 Sept FIBA Basketball World Cup

 

Football

5-24 Aug FIFA U20 Women’s World Cup

13 Aug FIFA International Friendly match day

TBC UEFA Super Cup

TBC 2014/15 PSL starts

TBC 2014/15 EPL starts

TBC 2014/15 Serie A starts

TBC 2014/15 La Liga starts

TBC 2014/15 Bundesliga starts

 

SEPTEMBER

Cricket

2-7 Sept India tour to England

TBC Champions League T20

 

Rugby

The Castle Lager Rugby Championship:

6 Sept Australia v South Africa

6 Sept New Zealand v Argentina

13 Sept Australia v Argentina

13 Sept New Zealand v South Africa

27 Sept South Africa v Australia

27 Sept Argentina v New Zealand

 

 

Athletics

5 Sept Diamond League: Brussels

29 Sept Marathon Major: Berlin

 

Tennis

8 Sept Davis Cup Semi-finals

12-14 Sept Davis Cup: Semi-finals and Playoffs

 

Motorsport

7 Sept Italian F1 GP

21 Sept Singapore F1 GP

14 Sept San Marino Moto GP

21 Sept Aragon Moto GP

28 Sept Brazil Moto GP

 

Golf

26-28 Sept Ryder Cup

 

Boxing

27 Sept Golden Gloves World Title Fight

 

Basketball

5 Sept-27 Oct FIBA World Championships for Women

 

Cycling

3-7 Sept UCI Mountain Bike & Trials World Championships

 

Football

1-9 Sept FIFA International Friendly match day

TBC MTN 8 Final

 

OCTOBER

Rugby

The Castle Lager Rugby Championship:

4 Oct South Africa v New Zealand

4 Oct Argentina v Australia

 

Cricket

21-31 Oct Bangladesh tour to New Zealand

 

Athletics

13 Oct Marathon Major: Chicago

 

Motorsport

5 Oct Japanese F1 GP

19 Oct Russian F1 GP

26 Oct Abu Dhabi F1 GP

12 Oct Malaysia Moto GP

19 Oct Japan Moto GP

26 Oct Australia Moto GP

 

Baseball

TBC MLB World Series

 

Football

6-14 Oct FIFA International Friendly match day

 

NOVEMBER

Cricket

3-6 Nov Bangladesh tour to New Zealand

 

Rugby

8 Nov England v New Zealand

15 Nov England v South Africa

22 Nov England v Samoa

29 Nov England v Australia

 

Athletics

2 Nov Marathon Major: New York

 

Tennis

17 Nov Davis Cup Finals

21-23 Nov Davis Cup: World Group Finals

 

Motorsport

9 Nov Valenciana Moto GP

9 Nov Mexican F1 GP

16 Nov United States F1 GP

30 Nov Brazilian F1 GP

 

Golf

TBC WGC – HSBC Champions

 

Boxing

8 Nov Golden Gloves World Title Fight

 

Horse racing

29 Nov Sansu Summer Cup

 

Football

10-18 Nov FIFA International Friendly match day

TBC Telkom Knockout Final

 

DECEMBER

Cricket

TBC Big Bash League

 

Aquatics

3-7 Dec FINA World Swimming Championships

 

Footballp­10-20 Dec FIFA Club World Cup

 

bible society of south africa

BRAILLE, MP3, LARGE PRINT

 

Price List – APRIL 2014

Please Note: The information on this pricelist is subject to change without prior notice.

ALL PRICES INCLUDE VAT

 

 

AFRIKAANS 1933/1953

9780798217194

BIBLE AFR 1953 NEW AUDIO MP3 8CD-SET (MP3 NEW 8CD)

Volledige Afrikaans 1933/1953-weergawe MP3-Bybel. Stel van 8 MP3 CD’s, enkelstemopname (nie gedramatiseer). Hierdie Bybel is waarlik vir almal, siggestremdes sowel as siende luisteraars. Braille is ingesluit op die omslag, indeks en op elke CD.

NETT 169.00

VISUALLY IMPAIRED R60.00

 

9780798211673

GRATIS

BIBLE AFR 1953 BRAILLE COMPLETE BIBLE RESET

Volledige Afrikaans 1933/1953-weergawe Braille Bybel. Hierdie Bybel bestaan uit 41 volumes wat in 7 kartonne verpak is.

GRATIS

NETT GRATIS

 

PROSEDURE OM ‘N BRAILLE BYBEL TE BESTEL BY BSA

Persone wat ‘n Braille Bybel wil bestel, kan die Bybelgenootskap direk kontak: Sharon Johnson by tel: 0219108727 of epos: johnson@biblesociety.co.za.

Benodig die volgende: ‘n brief van die dokter/ predikant/instituut om te bevestig dat die persoon siggestremd is. ‘n Bestelling vir die Braille Bybel word dan geplaas by Pionierdrukkery. Dit neem so twee weke vir die Braille Bybel om afgelewer te word. Dan word dit met die koerierdienste versend na die klant.

 

9780798215978

BIBLE AFR 1953 NEW LARGE PRT BLACK H/C (083CR)

Volledige Naslaanbybel, Afrikaans 1933/1953-weergawe, grootdruk, swart hardeband. Nuwe leservriendelike uitleg met voorwoord, kruisverwysings, kaarte en kleur-ID-band wat teksgrootte aandui.

RRP 169.00

NETT 119.00

 

 

9780798215985

BIBLE AFR 1953 NEW LARGE PRT BR/TAN F TI (085CRTI BR/T)

Volledige Naslaanbybel, Afrikaans 1933/1953-weergawe, grootdruk, bruin en taan fleksieband. Nuwe leservriendelike uitleg met merklint en duimindeks. Bykomende inligting, voorwoord, kruisverwysings, kaarte en kleur-ID-band wat teksgrootte aandui.

RRP 285.00

NETT 199.00

 

AFRIKAANS 1983/1992

9780798216531

BIBLE AFR 1983 NEW AUDIO MP3 8CD-SET (MP3 8CD-SET)

Volledige Afrikaans 1983-vertaling MP3-Bybel. Stel van 8 MP3 CD’s, enkelstemopname (nie gedramatiseer). Hierdie Bybel is waarlik vir almal, siggestremdes sowel as siende luisteraars. Braille is ingesluit op die omslag, indeks en op elke CD.

RRP 239.00

NETT 169.00

VISUALLY IMPAIRED R60.00

 

9780798210249

GRATIS

BIBLE AFR 1983 BRAILLE COMPL BIBLE

Volledige Afrikaans 1983-weergawe Braille Bybel. Hierdie Bybel bestaan uit 46 volumes wat in 7 kartonne verpak is.

RRP GRATIS

NETT GRATIS

 

PROSEDURE OM ‘N BRAILLE BYBEL TE BESTEL BY BSA

Persone wat ‘n Braille Bybel wil bestel, kan die Bybelgenootskap direk kontak: Sharon Johnson by tel: 0219108727 of epos: johnson@biblesociety.co.za.

Benodig die volgende: ‘n brief van die dokter/ predikant/instituut om te bevestig dat die persoon siggestremd is. ‘n Bestelling vir die Braille Bybel word dan geplaas by Pionierdrukkery. Dit neem so twee weke vir die Braille Bybel om afgelewer te word. Dan word dit met die koerierdienste versend na die klant.

 

9780798215633

BIBLE AFR ABA LARGE PRT COLOUR H/C (V073PCOL-A)

Volledige Afrikaanse Bybel vir almal (2007), grootdruk, in vereenvoudigde Afrikaans met voetnote, illustrasies, woordelys en kaarte. Kleurvolle omslag met venstertjie wat teksgrootte aandui.

RRP 185.00

NETT 129.00

 

9780798209816

BIBLE AFR 1983 LARGE PRT BLACK H/C (V083)

Volledige Bybel, Afrikaans 1983-vertaling (1992-hersiening, grootdruk, swart hardeband. Voorwoord, kruisverwysings, voetnote, woordelys, kaarte en kleur-ID-band wat teksgrootte aandui.

RRP 169.00

NETT 119.00

LNB

 

NEW INTERNATIONAL VERSION (NIV)

9780570005056

FREE

ENGLISH NIV BRAILLE BIBLE

Complete Braille Bible, New International Version. This Braille Bible consists of 37 volumes packed in 4 Cartons. Ordered from Lutheran Braille Workers.

RRP FREE

NETT FREE

 

PROCEDURE TO ORDER NIV BRAILLE BIBLES

Eng NIV Braille Bibles are ordered from Lutheran Braille Workers, USA. These Braille Bibles are ordered as we receive requests from customers. A letter from the Doctor / Minister of Religion / Institute are required stating that a person is visually impaired.  This Braille Bible will be send to the customer via courier services.

 

9780798217101

BIBLE ENG NIV LARGE PRINT BLACK H/C (NIV083)

Complete Bible, New International Version, large print, new easy-to-read layout, black hardcover Bible. Features: table of contents, preface, introduction to each book of the Bible, footnotes, maps and table of weights and measures. Colour-coded wrapper indicating actual text size.

RRP 169.00

NETT 119.00

 

9780798217514

BIBLE ENG NIV NEW LARGE PRT MA/C B/LTH TI(NIV085TI MA/C)

Complete Bible, New International Version, large print, new easy-to-read layout, duotone maroon and charcoal bonded leather, gilt-edged with thumb index and ribbon marker. Features: table of contents, preface, introduction to each book of the Bible, footnotes, maps and table of weights and measures. Colour-coded wrapper indicating actual text size.

RRP 359.00

NETT 249.00

 

SEPEDI / NORTHERN SOTHO

9780798216906

BIBLE N/SOTHO 1951 LARGE PRT BLACK H/C (R83)

Complete Bible, Sepedi (Northern Sotho) 1951/1986 Version, large print size, new easy-to-read layout, black hardcover. Features: contents page, maps and colour-coded wrapper indicating actual text size.

RRP 169.00

NETT 119.00

 

 

9780798217682

2014

BIBLE N/SOTHO 2000 AUDIO MP3 8CD-SET (AUDIO MP3 8CD-SET)

Complete MP3 Bible: Sepedi (Northern Sotho) 2000 Translation. A set of 8 MP3 CD’s, single voice recording (not dramatised). This Bible truly is for everyone. Braille is included on the cover, index and on every CD for visually impaired listeners.

RRP 239.00

NETT 169.00

VISUALLY IMPAIRED R60.00

 

SETSWANA / TSWANA

9780798217736

2014

BIBLE TSWANA 1970 NEW LARGE PRT BLACK H/C (V083 NEW)

Complete Bible, Setswana 1970/ 1987 Version, large print size, new easy-to-read layout, black hardcover. Features: contents page, footnotes, cross-references, maps and colour-coded wrapper indicating actual text size.

RRP 169.00

NETT 119.00

 

ISIXHOSA / XHOSA

9780798216630

BIBLE XHOSA 1975 LARGE PRT BLACK H/C (S083)

Complete Bible, isiXhosa 1975 Version, large print, new easy-to-read layout, black hardcover. Features: contents page, cross-references, footnote, names index, word list, maps and colour-coded wrapper indicating actual text size.

RRP 169.00

NETT 119.00

 

 

 

 

ISIZULU / ZULU

9780798217507

BIBLE ZULU 1959 N/O NEW LARGE PRT BLACK H/C (R083NO NEW)

Complete Bible, isiZulu 1959/1997 Version, new orthography, large print, new easy-to-read layout, black hardcover. Features: contents page, cross-references, maps, names index, list of minerals, weights/measures and colour-coded wrapper indicating actual text size.

RRP 169.00

NETT 119.00

 

9780798217620

2014

BIBLE ZULU 1959 N/O AUDIO MP3 8CD-SET (AUDIO MP3 8CD-SET)

Complete MP3 Bible: IsiZulu 1959/1997 Version. A set of 8 MP3 CD’s, single voice recording (not dramatised). This Bible truly is for everyone. Braille is included on the cover, index and on every CD for visually impaired listeners.

RRP 239.00

NETT 169.00

VISUALLY IMPAIRED R60.00