DIE NUWE PIONIER – APRIL 2012

DIE NUWE PIONIER – MAART 2012

Download PDF

  1. 1. Kruisweg met orrel verbeeld
  2. 2. Kruie gee nuwe lewe aan aktrise
  3. 3. Drome en ‘n mooi uitsig
  4. 4. Man vlieg soos ‘n voël
  5. 5. Small se digkuns herleef
  6. 6. DNS-stamboom help met bewaring
  7. 7. Teleskoop by Obs se sterrewag herstel
  8. 8. Só verander jy die wêreld
  9. 9. Voormalige plaaswerker nou onderwyser
  10. 10. Wil 1,6 km binne 3,3 sek. Kafdraf
  11. 11. `Groen` soms net ‘n foefie
  12. 12. Vulstasies se fokus op veel meer as brandstof
  13. 13. Clicks wil klante lok met begrafnisdekking
  14. 14. Ceres-wors al die pad na die VSA
  15. 15. `Ouderdom is niks` en sy kry graad op 82
  16. 16. Juanita en Steve kraai nog koning
  17. 17. Geweld in rugby is nie ‘n nuwe ding
  18. 18. Die tien groot foute
  19. 19. Die dag toe ma die koerante uitgesmyt het
  20. 20. Speuders ontsyfer blinde se manuskrip
  21. 21. Ons trek nie laer op Loftus

 

­Sportbylaag

Só lyk die Super15-program

­Curry Cup Competition 2012 Program

­Protea Cricket South Africa tour of England 2012 Fixtures

Rugby Springboks Tests 2012 Fixtures

 

­Bylae

­Oudtydse herderspastei

­Groenboontjiebredie

­Heuningkoekspringmielies

Aartappelkoekies met tuna en roomkaas

 

 

­
Back to top

Kruisweg met orrel verbeeld

Wayne Muller

Die Burger, 2 April 2012

 

Kersfees en Paasfees kom met klankbane.

Kersfees het sy trompetgeskal en vrolike, jubelende liedere oor soet engelesang op ‘n soel aand naby Bethlehem.

Paasfees het sy stemmige klaagliedere in mineurtoonaarde wat weeklaag oor die gebeure op die berg Golgota, maar ook juig oor die opstanding daarna. Oor die eeue was dié twee feeste al dikwels die inspirasie vir komponiste wat van gesange tot grootse oratoriums aangepak het.

Handel se gewilde Messiah loop oor van musiek geskik vir albei feeste, Bach het die Passieverhaal uit Matteus en Johannes se perspektief verklank, en vandag nog word musiek vir dié Christelike feeste geskep.

­Kort voor die komende Paasnaweek het die Stellenbosse orrelis Winand Grundling, ‘n boorling van Uitenha­ge, sy nuwe CD, 14 Stasies van die Kruis, bekend gestel. Vandeesweek lewer hy op die KKNK op Oudtshoorn ‘n uitvoering van dié werke daarop.

Die Stasies van die Kruisweg kom uit die Rooms-Katolieke tradisie en verwys na 14 gebeure op Jesus se pad van veroordeling tot Sy graf. In die Rooms-Katolieke Kerk word dit gewoonlik uitgebeeld met ‘n reeks skilderye wat op Bybelse vertellings en legendes gegrond is.

­Wat Grundling geskep het, is ‘n reeks improvisasies op musiek wat verband hou met die gebeurtenis by elk van die 14 stasies. Uiteindelik voel hierdie “14 Stasies” soos een groot siklus vir orrel, en só beskryf die orrelis ook self hierdie werk.

­Grundling se uitstekende tegniek en musikaliteit kom in vele lae op hierdie album uit, en die musiek wat hy uit die Liedboek, operas en orkesrepertorium gevind en saamgevoeg het, sorg vir ‘n interessante luistersessie.

­By die stasie “Jesus sien sy Moeder” hoor jy die soete klanke van die Kerslied “Al was ons nie daar nie”, wat teer deur ander klanke vloei. In “Simon van Sireu­ne help die kruis dra” kry ‘n gesang ‘n bykans Oosterse gevoel. In “Jesus sterf”, hoor jy die verwronge klanke van die Kerslied “O die goeie tyding” in ‘n mineur-toonaard tot wanneer later ‘n frase uit die “Lacrimosa” uit Mozart se Requ­iem bo die ander klanke sweef.

­Die slotdeel, “Jesus word begrawe”, is eenvoudig die tema uit Sibu­elius se Finlandia, ook die wysie van die Engelse gesang “Be still, my soul”.

­Dit is ‘n interessante palet van klankkleure waarmee Grundling sy “14 Stasies” in musiek skilder.

­’n Mens kan jou nie indink dat ‘n ander instrument as die orrel die teksture en dimensies van só ‘n gebeurtenis beter sou kon skets nie.
­
Back to top

Kruie gee nuwe lewe aan aktrise

Die Burger, 28 Maart 2012

­

As jy kruie gebruik moet jy glo; in die kruie én die genesingsproses. En jy moet geduld hê. Jy kan nie vir die bossie en die Here sê teen watter datum jy gesond wil wees nie, het die aktrise en kruiekenner Antoinette Pienaar aan Carla van Niekerk verduidelik.

Toe Antoinette Pienaar in 2001 die kruiedokter oom Johannes Willemse op haar kleinneef se Karooplaas buite B­eaufort-Wes raakloop, was sy só verswak dat sy nie 30 m ver kon loop nie.

­Die vorige jaar het sy s­erebrale malaria in Mali opgedoen en was so siek dat haar dokter gevra het of haar testament in orde is.

­”Oom Johannes was daardie tyd ‘n jagter hier op die plaas gewees. Hy het sy lewe lank visioene gehad en hy het gesien hoe hy ‘n wit vrou met donker hare sou leer.”

­Oom Johannes (94), wat in ‘n werkershuisie op dié veepos bly en kruie in die veld pluk, het haar daagliks hiervan laat drink en elke dag ‘n bietjie verder saam met haar gestap.

­”Hy het my lewe vir my teruggegee deur die geheime te ontsluit oor hoe ek, met behulp van kruie en die Here, myself kan genees.”

­

ERFENIS

­­Nou bly Pienaar voltyds op dié plaas, sowat 85 km buite Beaufort-Wes, in ‘n werkershuise oorkant oom Johannes s’n.

­Sy het intussen al ‘n boek, Kruidjie roer my ­- Die antieke helingskuns van die Karoo-veld, geskryf om seker te maak die erfenis van Karoo-kruie bly vir die volgende geslagte behoue.

­”Nie een van die oom se kinders wou dit leer nie. Hy het bly wag tot ek kom en hy my kan leer. Dis soos ‘n fakkel wat hy vir my aangee.”

­Oom Johannes, wat in die Kenhardt-distrik grootgeword het, vertel hy het as jong seun alles oor kruie by sy oupa geleer.

­”Ek het so 50 jaar gelede ‘n gesiente gehad dat sy sal kom. Pienaar is nou reg om mense verder te help.”

­Hy wil nou graag ophou werk en op die stoep sit, skerts oom Johannes, wat nog op sy ouderdom “die berg uitgaan”.

­”Sy moet maar opskryf (sy kennis oor kruie) voor ek vergeet. Jy weet, ek moet ook huis toe gaan. Die Here is so goed vir ‘n mens.”

 

­TERUG VELD TOE

­Pienaar, wat op Carnavon in die Noord-Kaap grootgeword het, sê hulle bly op ‘n koppie op die plaas met ‘n asemrowende uitsig.

­”Hier is ‘n magtige vlakte van 200 km voor ons.”

­Sy was van kleins af al lief daarvoor om in die veld te wees, vertel sy. “Dit was nog altyd vir my ‘n trekpleister. Ek het gevoel hier is ‘n groot misterie en ek het so gewens iemand kan dit vir my oopkrap.

“Toe ek gaan swot het (drama aan die Universiteite van Stellenbosch en Kaapstad), het ek altyd gewonder hoe ek gaan terugkom.”

­Nou bly sy op ‘n plaas met ‘n regte outydse werf, vertel sy.

­”Hier is hoenders, kalkoene en ‘n groentetuin en ons dra ons water aan. En ons het ‘n long drop op die werf.”

­Hier help hulle baie mense met gesondheidsprobleme en vir ander stuur hulle kruie aan. Die kruie kom hoofsaaklik uit die veld op die plaas en hy is versigtig om dit nie uit te roei nie, sê oom Johannes.

­”Die reën kom oor en was hom (die kruie) en jy pluk dit dan met ‘n skoon hart.

­”‘n Mens praat dan met die bossie. Jy sê `ek is die getuie dat jy my en baie ander mense gesond gaan maak`.”

­Hy jag nie meer nie, vertel oom Johannes. “Ek wou nie meer die diere doodmaak nie. Hulle is vir my so mooi en hulle het my niks gemaak nie.”

­

Oom Johannes gee gesondheidsrate

­Antoinette Pienaar en Oom Johannes Willemse gee onder meer dié rate op hul webtuiste www.kruiekraaikoning.co.za:

 

­VIR BRONGITIS, LONGONTSTEKING EN EMFISEEM

Gebruik vier takkies wildeals wat so lank is soos die afstand vanaf die pols tot wysvinger, en een takkie wynruit van dieselfde lengte.

Neem nieshout en skraap een teelepel vol splinters met ‘n messie af.

Plaas alles in ‘n liter water.

Voeg 1½ koppies suiker by en kook die mengsel oor matige hitte vir 45 minute.

Laat die stroopmengsel afkoel en gooi dit dan af in ‘n glasbottel wat jy in die yskas hou.

Neem ‘n kelkie (tot) drie keer per dag wanneer nodig.

Jy kan wildeals en wynruit in jou tuin groei. Die plante is by sommige kwekerye beskikbaar.

 

VIR JUG EN GEWRIGSONTSTEKING

Sny ‘n kilogram knoffel op en voeg dit by ‘n liter water. Die knoffel moet liefs met ‘n mes gesny word en nie deur ‘n knoffelpers verwerk word nie.

Kook die mengsel vir 30 minute oor matige hitte en haal dit dan van die stoof af.

Voeg 250 g heuning en ‘n liter rietspiritus (cane) in die warm water. Dis belangrik om die rietspiritus by te voeg terwyl die water warm is sodat die alkohol kan verdamp.

Laat die mengsel afkoel en gooi dit dan deur ‘n siffie in ‘n glasbottel. Hou die bottel in die yskas.

Neem ‘n kelkie (tot) drie keer per dag.

Gebruik die mengsel totdat dit klaar is, wag sewe dae en maak dan nog ‘n bottel aan.

Hoewel jy ná ongeveer drie bottels beter kan voel, moet ‘n mens ses tot agt bottels hiervan gebruik vir goeie resultate.
­
Back to top

­Drome en ‘n mooi uitsig

Die Burger, 30 Maart 2012

 

­’n Fotograaf het deur ‘n venster ‘n groep kleuters gesien wat op die vloer van hul klaskamertjie lê en slaap. Hulle is nou besig om te droom, het sy gedink. Murray La Vita vertel wat toe gebeur het.

­Op ‘n winderige Vrydagmiddag begroet ‘n groep uitbundige kleuters my voor hul kleuterskool in die gemeenskap Mooiuitsig.

­Mooiuitsig is ‘n klompie werkersklashuise teen die berg bo Bettysbaai. Met ‘n mooi uitsig op die rykes se vakansiehuise en op die see.

­Die kunstenaars Liza Grobler en Lien Botha het besluit hierdie skool moet deel wees van die pas afgelope Hangklip-kunsweek (Hawk). Die projek rondom die skool heet Van mooi uitsig tot Mooiuitsig. Liza het die fotograaf Hannah Paton daarby betrek.

­Hanna het op ‘n dag deur die venster vir die kinders gekyk terwyl hulle besig was met hul middagslapie.

­”Ek het net staan en kyk hoe slaap hulle. As ‘n kind slaap, is daar net hierdie ongelooflike weerloosheid. Ek het toe van hulle begin foto’s neem. En terwyl ek dit doen, dink ek: hierdie kinders is nou besig om te droom.”

­Ons staan nou binne die skooltjie. Die vloer is bedek met lewensgroot swart-en-wit-foto’s van die slapende kinders.

­Hannah onthou toe die kinders die eerste keer hul foto’s op die vloer sien, het ‘n seuntjie met die naam Anwa bo-op sy eie beeld gaan lê in dieselfde slapende posisie as waarin hy afgeneem is.

­”Hy het op homsélf gelê. En toe kyk hy vir homself en toe kyk hy vir my.”

­Zaan Cilliers, die skoolhoof, sluit haar by ons aan.

­”Dit is ‘n pre-primêre skool, maar ons het kinders van 2 jaar af. Ek vat kinders sodra hulle uit die doeke is, tot so 6 jaar. Ons stimuleer hulle. Ons het ‘n kurrikulum van die Wes-Kaapse onderwysdepartement wat ek volg. Die skool se naam is Pikkewynjie … Penguu­in Kids. Dit is ‘n projek van kinderwelsyn,” sê Zaan.

­Die kinders kom uit Mooiuitsig en van Pringlebaai en Rooiels af.

­”Dis nou almal kinders wat nie na private skole kan gaan nie. Baie van hulle se ouers is permanent op tik of alkohol. Ons het fetale-alkohol-sindroom-kinders hierso.”

­Die kinders se stemme is deurentyd buite  hoorbaar. Maar ook uit ‘n hoekie agter ons hoor ek kinderstemme.

­”Dis die kinders wat Hannah opgeneem het.”

­Sy stel die klank ‘n bietjie harder. Ons hoor ‘n seuntjie sê:

­”Toe lê die spook so op haar en toe raak sy bang en toe begin te huil sy.”

Teen die buitemure van die skool is helderpienk papiertjies waarop in swart die woorde “My droom vir Mooiuitsig is …” gedruk staan. En op dié papiertjies het inwoners, besoekers en die kinders self, iets geskryf.

­Baie versoeke is vir sportvelde of -geleenthede vir die kinders.

­Langs die skooltjie is die gemeenskapsaal. Die kinders het dit die afgelope week gebruik terwyl hul foto’s op die grond van hul skooltjie uitgestal was.

­’n Vierjarige seuntjie met die naam Keenan kom vra of hy die huistoegaan-klokkie mag lui.

­Dan kom een van Zaan se assistente in. Sy is ‘n skraal vrou. Haar naam is Jeanette Klein. Sy sê almal noem haar “Ouma”.

Hoe voel sy oor die projek?

­”Baie fantasties. Dis eintlik iets moois. ‘n Mens se hart raak eintlik seer as jy kyk … Baie van die kindertjies het self hul droompies geskryf.”

­Is daar van die drome wat kan waar word?

­”Ek dink so. Baie noem ‘n droom van ‘n speelpark … van die groter kinders. Jy sien hulle hier agter by die kleintjies se swinge want hulle het mos nie eintlik ‘n speelplek in Mooiuitsig nie. Hulle skool is op Kleinmond.”

­Hannah sê die waar word is een ding, maar sy wil nie te veel klem daarop plaas nie. “Dit gaan vir my ook oor hoe jy jou droom koester.”

­Sy kyk af na haar foto’s van die slapende kinders. Sy wys na die driejarige Caylin se foto.

“Sy is nou die klassieke voorbeeld daarvan dat daar altyd ‘n  kind is wat nie slaap nie. Sy het heeltyd vir my met súlke groot oë dopgehou.”

­Vir ‘n vorige projek het Hannah blinde mense afgeneem.

­”Hulle kan jou nie sien nie. En om hierdie slapende kinders af te neem het vir my nogal daaraan gegrens. Daar is ‘n groot verskil tussen oë wat oop is en oë wat toe is.”

­Hoe reageer die ouers op hierdie foto’s van hul slapende kinders?

­Zaan: “Ooo, hulle huil. Almal huil voor die voet.”

­Teen die draadheining om die kleuterskool het Liza laserskywe (byvoorbeeld ou musiek-CD’s) gehang wat in die wind beweeg en blink en skitter wanneer die son daarop skyn.

­Hannah sê: “Die hele storie word vir my amper ‘n klankinstallasie. Hierdie is stilte.”

­Sy wys na haar afbeeldings van die slapende kinders.

­”E­n die CD’s is mos nou almal nie meer bruikbaar nie, maar hulle maak ‘n geluid wanneer hulle beweeg. Dit is soos die kliengelieng van ‘n speelding aan ‘n kind se cot.”

­Ons stap na buite en daar wys Hannah vir my iets teen ‘n muur. Kindertekeninge waarin elkeen ‘n bedjie is met ‘n stukkie materiaal daarop.

­”Ek het vir hul juffrou gesê: kom ons doen ‘n droom-workshop  waar die kinders hulle eie drome maak.

­”So hulle het nou eers letterlik daai bed gebou. Hy het so ‘n stukkie karton gekry en dan het hy nou ‘n lappie gekies en dan die karton daarmee oorgetrek en ‘n bedjie gemaak.”

Aan die bopunt van die bedjie het hulle hul koppe geteken. Sommige het arms gemaak van pypskoonmaakers. En dit byvoorbeeld oranje geverf.

­”Oukei, en toe hol die spul nou weer om die skool en gaan teke­re, en hulle kom toe terug.

­”Ons praat toe oor die drome: Wat is hul drome? Dan vertel hulle vir jou.”

­Hulle het gedroom oor ‘n veld vol blomme, ‘n slang, spoke, ‘n engel. Baie oor diere. En een seuntjie het gesê hy droom altyd oor die kerk.

­”E­n al gaan dit in ‘n fantasie in, maak dit nie saak nie. Toe het hulle nou hierdie drome kom teken. Ek sê vir jou hier is pretty amazing stuff. Kyk net hier.”

­Sy wys na ‘n tekening bo ‘n bedjie waarin ‘n ry figure staan wat almal ewe groot is. Bo hulle sweef ‘n wit ding. Dalk ‘n spook of ‘n engel.

Wat Liza aanvanklik opgeval het van Mooiuitsig is dat daar geen speelapparate in die gemeenskap was nie.

­”E­n ek wou eintlik ‘n pienk swaai opgerig het buite die skool sodat die kinders op die swaai kan speel. Die gedagte was ‘n tong-in-die-kies take op daai skildery Die Swaai van Fragonard uit die Rokoko-tyd.

“‘n Mens kan nie net in mense se ruimte ingaan en weer uitgaan nie, want hoe vind die gesprek dan plaas? Ek het toe gedink ek moet eintlik eers uitvind waar is die behoefte.”

­Sy het toe vir Zaan gebel.

“Toe het sy met my begin praat oor die feit dat hulle hulle Lotto-befondsing hierdie jaar verloor het en so aan. Die ding met hierdie soort goed is dit gaan maar baie daaroor om menseverhoudings op te bou.

­”My idee met kuns is om sulke apparitions in die landskap te skep. Ek wil altyd vir mense in hulle daaglikse gang verrassings skep. Ek het hierdie idee gehad dat die skool die heks se huis is die Hansie-en-Grietjie-verhaal sal word. ‘n Huis van lekkergoed in die middel van die woud, soort van ding.

­”Hannah het toe meer begin praat oor die kinders wat slaap en droom. En omdat ek die hele tyd praat oor droom en werklikheid en die fyn lyn tussen werklikheid en versinsel, het ons net begin saamwerk.

­”Ek wou die hele plek in ‘n diskobal omskep het deur die CD’s natuurlik. En ook die idee dat dit inligting is wat op die CD’s vasgevang is wat eintlik nie toeganklik is nie, maar die potensiaal om dit te ontgin is nog steeds daar. Al hierdie inligting omring die skool. Dit is daar, maar dit kan nie meer verhaal word nie. Maar aan die ander kant maak dit ‘n klank, wat ‘n núwe ding is.”

­Sy is bygestaan deur die kunstenaar Swain Hoogervorst.

­”Dit het toe al hoe meer sin begin maak dat ons werk met die idee van die droom of die wens. My idee was om vir mense te probeer hóóp gee sodat hulle weer wíl droom of dink hulle kán­ maar vir goed wens. Selfs mense wat soontoe gekom het.

­”‘n Mens raak so vasgevang in hoe jy jou wêreld sien. Dit laat jou dalk net weer ‘n bietjie dink oor hoe jy dink.

­”Ek dink die interaksie tussen die dokumentêre styl wat Hannah gebruik het en my amper absurde aanslag het mekaar goed aangevul, want in ‘n sin moet ‘n mens maar sulke leaps of faith maak om eu­nigiets reg te kry.

­”Ek dink tog dit het lekker gewerk. Die laaste dag het die mense van Mooiuitsig vis en patats gemaak en hier was vreeslik baie mense en ons het lekker gesprekke gehad. Mense van daar het begin praat met ons en met mekaar en met die kinders.”

­Mense het geld, boeke, opvoedkundige speelgoed en 30 bome geskenk. Daarby is planne op dreef om nog ‘n klaskamer by die skool aan te bou.

“Maar uiteindelik gaan dit nie so baie oor wat ons gedóén het nie, maar dit gaan oor die gesprék wat begin is.”

­’n Wasgoeddraad aan die agterkant van die skool is met pienk netmateriaal bedek. Dit tref jou oog van ver af. Uit jou motor op die pad daar onder merk jy hierdie veegsel pienk in die landskap op.

­”Ek het altyd ‘n ding gehad oor daardie ronde wasgoedlyne, want hulle laat my aan daai ballerinas in juweelkissies dink. En natuurlik die wind waai mos nou heeltyd. Maar toe Hannah met die droom-goed begin toe word dit soos ‘n dream catcher. En toe is dit ook so half hierdie dansende meisie in die landskap wat die drome moet vang.”

­Want van die drome is deur die sterk wind weggewaai.
­
Back to top

­Man vlieg soos ‘n voël

­Fanie van Rooyen

Die Burger, 22 Maart 2012

 

­PRETORIA. – ‘n Nederlandse ingenieur beweer hy het Sondag die eerste mens geword wat met mensgemaakte vlerke soos ‘n voël gevlieg het.

­’n Video wat wys hoe mnr. Jarno Smeets (31) met ‘n geklap van sy arms en selfgemaakte vlerke in ‘n park in Den Haag, Nederland, die lug in opstyg, sowat 100 m ver vlieg en weer netjies land, het die internet aan die gons.

­Smeets sê aan die einde van dié toetsvlug-video hy het ‘n gevoel van “intense vryheid” beleef toe sy voete ná­ agt maande se navorsing en harde werk eindelik die grond verlaat het.

“Wat ‘n magiese oomblik! “Dit was regtig die lekkerste oomblik wat ek nog ooit in my lewe beleef het,” het hy gesê.

­Teen gistermiddag is daar reeds meer as 500 000 keer na die video op YouTube ge­kyk.

­Smeets sê in ‘n verklaring op humanbirdwings.net, waarop die vordering van sy projek gevolg kan word, hy het die motoriese stelsel vir die klappende vlerke self ontwerp.

­”Mense het aanvaar dit sal onmoontlik wees om met voëlagtige vlerke en menslike krag te kan vlieg,” lui die verklaring.

­Smeets beweer hy het koordlose Wii-bewegingsbeheerders, die versnellingsmeters van ‘n Android-aangedrewe HTC Wildfire S-slimfoon en Turnigy- elektriese motore gebruik om dié probleem op te los.

­Die kombinasie laat Smeets luidens die verklaring toe om sy arms vrylik te beweeg terwyl robotarms sy bewegings naboots om die vlerke, met ‘n span van 17,2 m, te laat klap.

Sy Human Bird Wings-vlerke is van vlieërmateriaal en koolstofveselmaste vervaardig.

­Smeets het gesê hy is deur sy oupa, wat self lank probeer het om ‘n vlieënde fiets te bou, geïnspireer. Agt maande gelede het hy met navorsing begin en het hy waardevolle raad ontvang van internetgebruikers wat sy vordering gevolg het.

­Baie internetgebruikers het in die kommentaar by berigte op wired.com, gizmodo.com en huffingtonpost.com die egtheid van die video betwyfel – onder meer omdat Smeets glo onrealisties vinnig hoogte kry en omdat hy sy bene te maklik  horisontaal gelig kry.

­Jamie Hyneman van Mythbusters-faam het op die webblad tested.com gesê dit lyk vir hom eg.

­”Die video is cool en ek sien geen bewyse dat dit oëverblindery is nie. Dit voel soos ‘n billike ding om reg te kry en is iets wat ek lankal wou probeer,” het Hyneman gesê.
­
Back to top

­Small­ se digkuns herleef

Die Burger, 25 Maart 2012

 

­Kô lat ons sing, is ‘n omvattende bloemlesing van Adam Small  se gedigte. Willem de Vries, het met pr­of­. Steward van Wyk, die samesteller daarvan, gesels.

­Die digkuns van Adam Small strek terug tot die vyftigerjare. Hoewel hierdie Kaapse skrywer veral bekend is om ‘n handvol werke, ken veel minder mense die omvang van sy poësie, sê pr­of­. Steward van Wyk, hoof van die departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK).

­Hy meen Kô lat ons sing is ‘n belangrike bloemlesing wat Small  se digkuns laat herleef. Small­, wat vanjaar die Hertzog-prys vir drama ontvang het, kry in hierdie bundel inderdaad nodige aandag as digter: Dit bied ‘n keurige oorsig van hierdie skrywer se digkuns, van Verse van die liefde (1957) tot Oos Wes Tuis Bes Distrik Ses (1986).

“‘n Digter of ‘n skrywer kan baie maklik in vergetelheid verval,” sê Van Wyk. “Met die keur wou ons nuwe lesers insig gee in die geskakeerdheid van sy digkuns, eerder as wat jy vaskyk in drie gedigte, “Kô, lat ons sing”, “Doemanie” en “Die Here het gaskommel”.

­Baie mense ken sy dramas Kanna hy kô hystoe en Krismis van Map Jacobs, dit word gereeld voorgeskryf, maar baie minder ken die omvang van sy poësie.”

Vir Van Wyk was dit belangrik dat die bundel ‘n oorsig van Small se oeuvre en sy poëtika bied.

­”Oorsigte gee die belangrike tendense, lig die belangrike elemente uit, sodat die leser ‘n omvattende indruk kry van hoe daardie digkuns ontwikkel het. En wat dan uitstaan in daardie oeuvre.”

Die oorgrote meerderheid van die gedigte is uit die twee bundels Kitaar my kruis en Sê sjibbolet.

“Ons het ook ‘n paar gedigte uit die Engelse bundel Black, Bronze, Beautiful ingesit om ook daardie aksent te belig, die swartbewustheidfase.”

As ‘n mens dink aan poësie, drama, die letterkunde as geheue – van ‘n individu, groep, volk, land en tydperk ­- help die bloemlesing uit Small se gedigte om hierdie geheue wakker te hou?

­Ongetwyfeld, sê Van Wyk. “Ek dink die eerste prys is altyd om ‘n Versamelde Werke uit te bring. Met waar die boekebedryf hom bevind, twyfel ek of daar nog van enige skrywer ‘n Versamelde Werke sal verskyn.”

­Gegewe die tydperk waarin baie van die gedigte gepubliseer is, het dit meegebring dat van die gedigte ‘n politieke vervaldatum bereik het?

“Nee ek dink nie so nie. Ek dink in die eerste instansie spreek ‘n skrywer se werk tot die tydsgewrig waarbinne dit ontstaan het. En dis ook met Small die geval: die konteks van Sestig en Sharpeville en die verharding van die politieke opset en die kwessies wat hy daardeur wou aanspreek.”

­Sekere mense sou Small graag wou rangeer het tot ‘n sekere historiese tydperk, maar hy bly so relevant vandag as destyds.

“Hy spreek terselfdertyd breë, universele temas aan soos wat ‘n stelsel aan mense doen, die kwessie ook van armoede, van gewone mense, ook van liefde en versoening en sulke soort waardes wat regdeur sy poësie inslag vind. Dit is miskien rede vir die hernude belangstelling in sy werk, dat hy daardie soort universele drakrag steeds het.” Small is nietemin in die verlede oor die hoof gesien vir die Hertzog-prys. “Dat hy dit uiteindelik gekry het, is verblydend en ‘n welverdiende erkenning van sy enorme bydrae op vele terreine.

“Wat die letterkunde betref, is hy nie meer gemarginaliseer nie. Daar is steeds baie aandag aan sy werk. Die Hertzog, hierdie keur uit sy poësie en ander werk wat ons hier doen, vestig die aandag daarop.”

­Die nuwe uitgawe van Tydskrif vir Letterkunde is gewy aan Adam Smq~$l­. Laai dit gratis af by letterkunde.up.ac.za.

­In Julie vanjaar vind ‘n simposium by die Universiteit van Wes-Kaapland oor Kaaps plaas, en Small se werk sal opnuut in die kollig kom. Proff. Charlyn Dyers en Frank Hendricks is aan die stuur van die simposium.

 

­Gedig

­Wie’s hy?

Die po­et,

­wie’s hy?

Djulle het so baie bek oorie po­et,

ma wié’s hy?

­Is hy rêrag soes djulle dink

­die ou moerie pen ennie ink

wat in sy study sit en po­ems dink?

 

­Nai,

djulle’s mi­st­aken,

­nie hy nie

­ma djúlle is die po­ets,

djulle wat in die straat in loep

ennie gladde bek verkoep

­ma die dinge sien

­en soema net daa God tien hulle

­roep!

 

(Uit Kô lat ons sing, ‘n keur uit die gedigte van Adam Small
­
Back to top

­DNS-stamboom help met bewaring

Ilse Krige

Die Burger, 29 Maart 2012

 

­STELLENBOSCH. ­- Daar is meer as 210 spesies surings in die land en die klassifikasiestelsel is onduidelik.

­Daarom het pr­of. Léanne Dreyer van die departement plant- en dierkunde by die fakulteit natuurwetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch ‘n DNS-stamboom vir plante begin.

­Sy was onlangs die spreker by een van die US­ se Forumlesings.

­Dreyer het verduidelik die Kaapse blommeryk is só spesieryk dat dit as een van die ses plantkoninkryke van die wêreld beskou word.

“Maar waarom is dit so ryk aan spesies? ‘n Span internasionale navorsers is ‘n klompie jare gelede gefinansier om dít te probeer verstaan.

­”Met hierdie DNS-stambome tot ons beskikking kon ons probeer vasstel of daar sekere historiese kerngebeure was wat tot die spesie-ontploffing kon gelei het.

­”Ek het gekonsentreer op surings – g­enus Oxa­lis. Die  meeste van die 210 soorte surings in die land kom in die Kaapse blommeryk voor.”

­Meer as ‘n derde van hierdie spesies is skaars of bedreig.

­Die morfologiese klassifikasiestelsel van surings is verouderd en dui nie natuurlike verwantskappe tussen spesies goed aan nie.

­”My doktorsgraad het gefokus daarop om ‘n nuwe klassifikasie saam te stel, gegrond op stuifmeelkenmerke. Stuifmeelkorrels verander nie maklik nie. Dit bied dus goeie kenmerke waarmee verwantskappe tussen plante bepaal kan word.

“Dit is belangrik vir die bewaring van hierdie spesies, veral teen die agtergrond van toenemende druk op biodiversiteit weens klimaatsverandering,” het Dreyer gesê.
­
Back to top

­Teleskoop by Obs se sterrewag herstel

Elsabé Brits

Die Burger, 28 Maart 2012

 

­KAAPSTAD. Die Victoriaanse dame van astronomie in Suid-Afrika, die McLeanteleskoop, is weer die “meesterlike voorbeeld van ingenieurswese wat sy eens was”.

Dié teleskoop is in 1897 in gebruik geneem en word gehuisves in die Suid-Afrikaanse Astronomiese Sterrewag (SAAO) in Observatory, ‘n gebou wat ontwerp is deur sir Herbert Baker. Die afgelope 20 jaar het die koepel, twee sluiters en die hidrouliese vloer so verval dat dit uiteindelik nie meer kon beweeg nie.

­Mnr. Douglas Metcalfe van die SAAO vertel die hidrouliese vloer was “die beste in daardie tyd. Dit stel die sterrekundige in staat om die houtvloer van 12 ton (met tot 10 mense daarop) op en af te beweeg”.

­Dít is sodat die mense wat deur die oogstuk kyk, nie die hele tyd teen ‘n leer hoef op en af te klim nie.

­Ses ingenieursfirmas het nie kans gesien om die hidrouliese stelsel te herstel nie.

Die koepel se twee reusesluiters kon ook nie meer oopmaak nie. Dit moes met ‘n hyskraan verwyder en in ‘n werkswinkel herstel word. Die werk het drie maande geduur en R400 000 gekos, met die grootste deel van dié bedrag wat deur die departement van wetenskap en tegnologie gegee is.

­”Van die grootste deurbrake in astronomie is met dié teleskoop gedoen. Die eerste foto in die Suidelike Halfrond is op hierdie perseel in 1840 geneem,” sê Metcalfe.

Dr. Nicola Loaring, sterrekundige, verduidelik die teleskoop kan nie meer vir die wetenskap gebruik word nie, want Kaapstad se ligte is te helder, “maar ‘n mens kan wel helder voorwerpe mooi sien. Die teleskoop word gebruik om mense ‘n kans te gee om deur ‘n oogstuk te kyk soos in die ou dae.”

­Die teleskoop is geskenk deur Frank McLean en gebou onder leiding van Donald Grubb.

Die SAAO is die land se oudste wetenskaplike terrein en sal 200 jaar oud wees in 2020.

­Mense kan die teleskoop, museum en biblioteek besoek, asook ‘n sterrekykaand geniet op die tweede en vierde Saterdag van elke maand by die SAAO.
­
Back to top

Só verander jy die wêreld

Die Burger, 12 Maart 2012

 

Het jy groot planne oor hoe jy die wêreld gaan verander as jy oor ‘n paar jaar vir oulaas by die skoolhek uitstap? JIP het gesels met drie tieners wat besluit het om sommer nóú al te begin.

Ek gee…

Altesaam 85 243 sakke.

Van 585 ton.

­Teen R255,7 miljoen.

Dít is hoeveel klere Wim Burger, ‘n gr. 8-leerder­ by die St John’s College, en sy broer Schalk, ‘n eerstejaarstudent, die afgelope sowat twee jaar vir liefdadigheid ingesamel het deur hul projek, Clothing 4 Children (C4C).

Die twee het die projek begin nadat hul pa besef het hy het ‘n kas vol klere wat hy nie dra nie en dit vir liefdadigheid geskenk het. Hy het sy gesin aangemoedig om dieselfde te doen, en húlle het begin droom wat die impak sou wees as 100 of 200 ander dit óók doen.

­Wim en Schalk het hul eerste C4C-veldtog­ by hul eie skole begin. Met dié eerste veldtog het hulle hul mede-leerders aangemoedig om 7,5 ton klere in te samel. Dit is onder meer by skole in minderbevoorregte gebiede versprei.

­”Wanneer ‘n mens sien wat die behoefte is en hoe dankbaar mense is vir hulp, sal jy al die klere wat jy nie nodig het nie en selfs dié wat jy wel nodig het, wil weggee,” sê Wim. “Dit is vir my ‘n great gevoel om betrokke te wees in so baie ander kinders se lewe.”

­Wim sê sy ouers het hom geleer gee is beter as ontvang en dat C4C régtig ‘n projek “deur kinders vir kinders” is.

­”Dis aanvanklik moeilik om ontslae te raak van jou klere, maar sodra jy die gesigsuitdrukkings sien van die kinders wat dit kry, voel jy beter. Dit gee ‘n mens so ‘n warm gevoel.”

­Hulle het intussen duisende ander leerders in dié lewensbenadering laat glo. Daar was einde verlede jaar al 56 skole daarby betrokke, in so ‘n mate dat hulle C4C op hul webwerf as ‘n “jeugbeweging” beskryf.

Wim en Schalk hoop dat die projek eendag internasionaal sal wees en dat dit tot 13 miljoen mense sal bereik.” Dié getal is gegrond op marknavorsing wat hulle oor armoede laat doen het.

­Deesdae is C4C só professioneel dat hulle self die sakke vervaardig waarin mense die klere wat hul skenk, kan sit. Dit is groot genoeg vir drie volle uitrustings ­- van skoene tot ‘n broek en ‘n hemp.

Sy raad aan ander tieners wat so ‘n projek wil begin?

­”Jy hoef nie by ‘n groot gemeenskapsprojek betrokke te raak nie. Daai één hemp wat jy vir iemand anders gee, maak ook ‘n verskil.”

­Hy sê dit is belangrik om nie net te praat oor die verskil wat jy wil maak nie, maar om tyd daarvoor te skep.

“Tieners is die leiers van môre, maar ons is vandag reeds leiers en ons kan reeds ‘n verskil maak. Leierskap behoort nie aan ouderdom gekoppel te word nie.”

As jy meer oor Clothing 4 Children wil weet, besoek http://clothing4children.org/in­dex.php.

 

­Ek doen…

­Sommige dae weet Linda Möller (gr. 12) nie eens of sy sal kan skool toe gaan nie.

­Vandat sy in gr. 8 by die Hoërskool Bloemhof se deure­ ingestap het, was sy altesaam ‘n volle skooljaar afwesig as gevolg van sistiese fibrose.

Maar sy wil lewe, regtig lewe, en daarom pak sy alles met passie aan – veral haar projek om haar skool rolstoelvriendelik te maak.

­Linda, wat ook die onderhoofmeisie is, het eendag heel toevallig een van haar skool se grootste struikelblokke teëgekom toe sy ‘n rolstoel vir haar drama-eksamen moes gebruik.

­Eers het sy gesukkel om dit by die skool in te kry en toe om in die skool rond te beweeg.

­”Dis onmoontlik om hier met ‘n rolstoel skool te gaan,” vertel sy.

­”Ek het toe besluit om dadelik iets daaraan te doen.”

­Met die ondersteuning van die skool, het sy die skoolargitek gekontak en ‘n plan beraam om rolstoelgebonde leerders ook by Bloemhof geleenthede te bied.

­Dié plan is nog in sy babaskoene, maar uiteindelik wil Linda hê die skool, wat twee verdiepings het, moet volkome rolstoelvriendelik wees.

­Na verwagting behoort die projek oor drie jaar voltooi te wees en word dit deur die skool se gemeenskapskomitee se projekte gefinansier.

Die argitek en bourekenaar het hul dienste gratis aangebied.

Hoewel haar sistiese fibrose steeds vir haar groot uitdagings bied, laat sy nie toe dat dit haar onderkry nie, vertel sy.

­Nie eens die dood van haar 17-jarige suster, Liesl, ook ‘n sistiese fibrose-lyer, in 2005 kon haar van stryk bring nie.

­”Die rolstoel-projek help my baie, want dit gee altyd vir my iets om te doen en motiveer my om skool toe te gaan op die dae wat ek regtig nie lekker voel nie, want ek weet daar is iets wat ek vir die projek daardie dag moet doen.”

­Linda se passie vir gemeenskapswerk stop nie by die skool nie. Sy was al op ‘n uitreik na Indië en hoop om eendag daarheen terug te keer.

­”Ek gee om vir die gemeenskap en het ‘n groot hart vir mense wat sukkel.”
­
Back to top

­Voormalige plaaswerker nou onderwyser

Leon Louw

Die Burger, 3 April 2012

 

­VILLIERSDORP. ­- Ná ‘n suksesvolle loopbaan as plaaswerker hier op ‘n vrugteplaas en baie studie-ure ná­ werk om die graad BC­o­m te verwerf, ploeg mnr. Johannes Jansen (40) nou as onderwyser terug in die boerderygemeenskap wat dit alles vir hom moontlik gemaak het.

­Hy is steeds betrokke by die werkerskomitee van Bo-Radyn Boerdery net buite die dorp waar hy twee dekades lank gewerk het, asook by ‘n projek om die plaaswerkers se kinders met wiskunde, Engels en hul huistaal te help.

­Jansen, wat in 2007 as besproeiingspesalis en junior bestuurder die Overberg se Plaaswerker van die Jaar was, het gesê hy is iemand wat met mense wil werk. “E­n waar begin ‘n mens anders as by kinders?”

­Hy wil kinders aan die droom sit en hulle help om hard te werk om hul toekomsdrome te laat waar word, het hy gesê.

Jansen, wie se pa 40 jaar op die plaas gewerk het, het in 1991 as groentjie op die plaas ingeval en heel onder begin ­- “geplant, gesnoei, uitgedun en oral gehelp”.

­In 1999 het hy oorgeskuif na die besproeiingskant en sedert 2006 die besproeiingsskedulering behartig. Hy het ‘n opgeleide 6M-in­strukteur geword en intussen met die morele en finansiële steun van die eienaar-broers, mnre. Braham, Timo en Stephanus le Roux, begin studeer.

­Jansen wou van jongs af dokter word om mense te help, maar omdat hy so betrokke by die bestuur van die boerdery was en soveel daaruit geleer het, het hy op BC­o­m besluit. Hy het gou besef dat hy bedryfsielkunde en sakebestuur net so goed kan inspan om mense te help.

­Produktiwiteit op dié plaas, wat in 1720 deur die Nederlandse-Oos-Indiense Kompanjie as ‘n weiplaas aan Jan Radyn toegeken is en Villiersdorp in 1843 op die res van die oorspronklike plaas aangelê is, is baie hoog. Volgens Jansen is dit omdat die werkers goed gemotiveer is en gedurig opgelei word.

­Jansen en sy vrou, Lorraine, het twee kinders.
­
Back to top

­Wil 1,6 km binne ­3,3 sek. Kafdraf

Elsabé Brits

Die Burger, 15 Maart 2012

 

GRAHAMSTAD. – 1,6 km binne 3,3 sekondes.

Dít is die landspoed wat die span van die Bloodhound SCC-projek hoop sy supersoniese motor volgende jaar by Hakskeenpan in die Noord-Kaap gaan behaal.

“Ons glo Suid-Afrika is die e­nigste plek in die wêreld waar die landspoedrekord verbeter kan word,” het mnr. Dave Rowley, een van die projekbestuurders, by Scifest Africa hier gesê.

­Andy Gr­een en Thrust SCC hou sedert 1997 die huidige rekord van 1 227,99 km/h.

­Die motor, wat sal spog met die perdekrag van 180 Formule 1-ren­motors onder sy bakwerk, sal hopelik altesame 16 km in minder as 100 sekondes aflê. In hierdie tyd, hoop die span ­- met Andy Gr­een agter die stuur – om daardie 1,6 km in net 3,3 sekondes af te blits.

Die Bloodhound is ontwerp om vinniger te ry ­- dit sal teen 1 690 km/h die klankgrens (sowat 1 236 km/h) met meer as 450 km/h oorskry. Die snelheid van klank word deur verskeie faktore, onder meer deur temperatuur, beïnvloed.

­Een van die grootste uitdagings vir die span is om binne ‘n uur twee keer die rekord in teenoorgestelde rigtings te moet breek. Om die motor om te draai is egter nie grappies nie – dit is byna 14 m lank.

­Verskeie mense  werk aan die onderskeie aspekte van die projek. Een span konsentreer net op die aluminium-wiele, wat elk 95 kg weeg. “Enige ander wiel sal net eenvoudig smelt. Die wiele kan teen 10 000 revolusies per minuut roteer,” het Rowley gesê.

­Die span wil niks wegsteek nie. Die publiek sal elke spannende sekonde kan dophou via ‘n regstreekse videovoer wat binne en buite die motor sal wys wat aangaan.

Hulle dink die motor sal op die meeste 50 keer ge­ry word, waarna hy seker in ‘n wetenskapsentrum uitgestal sal word.

­Bloodhound SCC is seker hulle gaan stof in die oë skop van enige ander span met dieselfde gedagte. Hulle is reeds besig om Hakskeenpan voor te berei en enige klip groter as 10 mm word opgetel.

“Daar is reeds 500 000 kg klippe verwyder van die pan, wat nog nooit voorheen vir so ‘n poging gebruik is nie.”

­Die motor sal blitsvinnig in fases versnel met behulp van ‘n F1-enjin, vuurpyl en stral­er­enjin.

Altesame 250 instansies en universiteite werk saam aan die projek van sowat R240 miljoen.

­Rowley het gesê dit gaan oor meer as net die rekord; hulle wil ‘n belangstelling in wetenskap en ingenieurswese stimuleer, asook ‘n nuwe geslag kweek wat die wêreld wil verander. Die datum vir die poging is nog nie bekend nie.
­
Back to top

`Groen` soms net ‘n foefie

Die Burger, 19 Maart 2012

 

­Suid-Afrikaanse verbruikers moenie sommer glo ‘n produk is “organies”, “omgewingsvriendelik”, “natuurlik”, “energie-doeltreffend”, “koolstofneutraal” of selfs net “groen” nie.

Só waarsku die regsfirma Adams & Adams te midde van die groeiende vraag en aanbod van sogenaamde “groenprodukte” die afgelope jare.

­Me. Charné le Roux, ‘n vennoot by Adams & Adams, sê in ‘n skrywe oor dié aangeleentheid dat regstreekse regulasies en riglyne oor die etikette­ring van allerlei “groenprodukte” nog in sekere gevalle ontbreek. Dan rus die verantwoordelikheid by verbruikers om die gebruik van dié groenetikette te polisieer.

­Soos die vraag na groenprodukte toeneem, neem die bemarkingsfoefies toe.

­Sy verwys na ‘n studie van die aanlyn-ensiklopedie Enviropaedia wat op grond van vorige studies in 2011 getoon het 64% van Amerikaners glo nie meer die bemarking oor volhoubare  produkte nie.

­In Suid-Afrika het ‘n volhoubaarheidsopname deur Ogilvy Earth SA vejaar gewys plaaslike verbruikers het ‘n hoë vlak van “groenbewustheid”, maar net 18,3% van Suid-Afrikaners vertrou ‘n maatskappy se “groengetuigskrifte”.

­Hoewel die departement van gesondheid onlangs nuwe regulasies oor die etikettering en bemarking van voedsel gepubliseer het ingevolge gesondheidsveiligheidswetgewing, word begrippe soos “vrylopend” en “organies” nie voldoende deur die regulasies omskryf nie.

­Le Roux sê met die gebruik van die woord “organies”, wat deesdae vir soveel voedselsoorte gebruik word, bestaan ‘n klomp leemtes.

­Die departement van landbou is verantwoordelik vir die publisering van regulasies oor organiese produkte, maar die afhandeling van die wysigingswetsontwerp op landbouprodukte-standaarde sloer nog.

­Hoewel daar wel wetgewing is waarmee probeer word om te verhoed dat valse bewerings oor voedselprodukte gemaak word, glo Le Roux dit bly moeilik om te toets of ‘n bewering dat ‘n produk “organies” is, juis of misleidend is omdat daar nie riglyne bestaan hiervoor nie.

Verbruikers kan hul ook wend tot die Wet op Verbruikersbeskerming.

­Le Roux glo hoewel dit lyk asof verbruikers beskerm word teen “misleidende omgewingsgetuigskrifte”, is daar min riglyne oor hoe besondere woorde, soos “organies” en “natuurlik”, gebruik mag word.
­
Back to top

­Vulstasies se fokus op ­veel meer as brandstof

Francois Williams

Die Burger, 12 Maart 2012

 

Kaapstad.­- Vulstasies as sakeondernemings het oor die afgelope paar dekades grondig verander.

­”Jare gelede was motorwerktuigkundiges ons sakevennote. ‘n Vulstasie het brandstof en smeermiddels verkoop en motorherstelwerk gedoen,” sê mnr. Paul Kramer, strategiebestuurder van Engen se internasionale sake-afdeling.

­Vandag is dit ‘n heel ander storie. Engen het nou te doen met entrepreneurs wat sterk handelsmerke soos Woolworths, Steers of Equatorial Coffee verteenwoordig.

­Dié klemverskuiwing het in die laat 1980′s begin toe die Amerikaanse oliemaatskappy Mobil sy belegging aan Suid-Afrika onttrek het, het Kramer by Global Pacific & Partners se Afrika- ekonomiese forum gesê. Die Suid-Afrikaanse bedrywighede is toe deur die destydse mynreus Gencor uitgekoop en Engen gedoop. Gencor se vulstasie-onderneming, Trek, het met Engen saamgesmelt.

Kramer sê Gencor het ‘n entrepreneuriese ingesteldheid gehad en het dit aan Engen oorgelaat om ‘n sukses te maak van die voormalige Mobil-onderneming.

­Een van die eerste vennootskappe wat nog met Mobil gesluit is, was met die kitskosrestaurantgroep Wimpy. Stelselmatig het vulstasie-ondernemings se klem van bloot brandstofverskaffing na geriefsdienste verskuif.

­Kramer sê die algemene reël vandag is dat ‘n derde van die besoekers aan ‘n vulstasie net brandstof koop, ‘n derde koop brandstof en doen iets anders soos om koffie, brood of sigarette te koop, en ‘n derde gebruik net die ander dienste en koop glad nie eens brandstof nie.

Mense se leefstyl het so verander dat dit nie meer vreemd is dat ‘n jong professionele vrou byvoorbeeld een keer per week om twee-uur die oggend haar inkopies by ‘n vulstasiegeriefswinkel doen nie.

­Kramer sê Engen moes baie leer uit dié proses. Waar ander oliemaatskappye hul eie geriefswinkels getoets het, het Engen besluit om in vennootskap met kleinhandelaars te werk. Maar die maatskappy moes steeds sy interne vaardighede opbou en het soms foute gemaak.

­Nog ‘n waagstuk was toe Engen begin het met die konsep van 1stop-vulst­asies langs nasionale paaie en snelweë. Dit was ‘n waagstuk omdat potensiële klante beperk is tot dié wat daardie spesifieke stuk pad gebruik.

­Volgens Kramer bedra die kleinhandelbedrywighede sowat 55% van Engen se bedryfswins uit verkope en bemarking. Die maatskappy het 1 550 vulstasies in sy netwerk. Die oorblywende 45% kom van kommersiële verkope – dit is byvoorbeeld verkope van brandstof en smeermiddels aan die mynbou-, landbou- en vervaardigingsektor en aan groot voertuigvlote.
­
Back to top

Clicks wil klante lok met begrafnisdekking

Letitia Watson

Die Burger, 20 Maart 2012

 

­Clicks het ‘n nuwe plan om meer klante en inkomste te lok ­- gratis begrafnisdekking vir ClubCard-lede. Daarmee saam bied hy ook ander versekeringsdienste om sy inkomstestrome aan te vul, soos lewensversekering en kankerdekking vir vroue.

­Clicks bied al die afgelope vyf jaar ander finansiële dienste, soos kredietkaarte en huis- en motorversekering. Hy beoog om in die volgende vyf jaar sy finansiële dienste se kredietaanbod uit te brei in ‘n vennootskap met First National Bank.

­Volgens mnr. Michael Harvey, besturende direkteur van Clicks, het navorsing gewys daar is heelwat ruimte vir finansiële dienste onder die Clicks-handelsnaam. Die versekeringsdienste word deur Regent Insurance Group onderskryf. Op al die versekeringsprodukte kry kaarthouers jaarliks 5% van die premies as kontantbewyse terug wat vir Clicks-inkopies gebruik kan word.

­ClubCard-lede kry die begrafnisdekking gratis, maar die dekkingsbedrag sal wissel afhangende van hul besteding op die lojaliteitskaart. Kaartlede met geen bestedingsgeskiedenis nie sal R1 000 se dekking kry en die bedrag sal groei namate hulle meer op die lojaliteitskaart bestee. Die maksimum gratis begrafnisdekking vir kaartlede is R7 500. Clicks het die grootste lojaliteitskaartklub in die land met 3,6 miljoen aktiewe lede.
­
Back to top

­Ceres-wors al die pad na die VSA

Jana Breytenbach

Die Burger, 4 April 2012

KAAPSTAD. – Tien kilogram egte boerewors uit die hartjie van die Koue Bokkeveld was gisteraand op die spyskaart by die kampioene-dinee by die eksklusiewe Augusta National Club in Augusta, Georgia.

­Die Amerikaanse Meesters-gholfkampioen, Charl Schwartzel, moes vanjaar die spyskaart kies en het daarop aangedring dat Suiderland-boerewors gebraai word.

“Dit is fenomenaal dat hy my wors gekies het. Ek kan regtig nie in woorde beskryf hoe dit voel nie,” het Nico Nel, bekende storieverteller en die worsmaker, gesê.

­Nel, wat op ‘n plaas tussen Ceres en Prince Alfred Hamlet woon, maak die afgelope twee jaar die wors.

­”Dit is fantasties dat Charl hierdie geleentheid kon gebruik om Suid-Afrikaanse produkte te bevorder. Dit is nie elke dag dat ons so ‘n geleentheid kry nie.”

­Nel het vertel dat die speserye sowat drie weke gelede met baie moeite na Amerika gevlieg is vir die maak van die wors volgens die streng tradisionele resep.

­Dit is sedert 1952 ‘n instelling dat die Meesters-kampioen die spyskaart vir die sogenaamde kampioene-dinee, wat tradisioneel die Dinsdag voor die toernooi gehou word, kies.

­Schwartzel begin môre om sy titel te verdedig.

­Volgens Nel het Schwartzel in Julie verlede jaar saam met die sakeman mnr. Johann Rupert op die Ruperts se plaas op Graaf-Reinet gaan jag en die wors daar geëet. Schwartzel wou, met Augusta in gedagte, dadelik weet waar dit vandaan kom.

­Hy het op ‘n braai besluit waar mielies en groenbone saam met lamstjops, hoenderborsies en Nel se boerewors voorgesit is.

­Die wyne wat die kampioen daarmee saam gekies het, is die 2010 Cape of Good Hope Serruria Chardonnay en die 2007 Anthonij Rupert Cabernet Franc.
­
Back to top

­`Ouderdom is niks` ­en sy kry graad op 82

Ilse Krige

Die Burger, 30 Maart 2012

 

­STELLENBOSCH. ­- Om ryp in jare te wees, hoef nie te beteken jou breinselle staan stil nie.

­Dít kan ‘n mens sê van die oudste graadkandidaat wat vanjaar met die Universiteit Stellenbosch (US­) se Maart-gradeplegtigheid haar MP­hil in leksikografie verwerf het.

Me. Gerda Simpson (82) het vertel sy het op die ouderdom van 78 afgetree as ontvangsdame in haar seun, dr. André Simpson, se mediese praktyk in Groenpunt.

­Simpson was oor die jare onder meer onderwyseres, het matriekantwoordstelle nagesien, was betrokke by die destydse departement vir nasionale opvoeding en het kultuurprogramme aangebied ­- inderdaad nie iemand wat, al het sy afgetree, heeldag lank net kan stilsit nie.

Haar graad in leksikografie het sy onder die beskermende vlerk van pr­of. Rufus Gouws van die departement Afrikaans en Nederlands aangepak.

Dr. Simpson het van Gouws se ondersteuning aan sy ma gesê: “As daar ‘n medalje gegee moet word vir iemand wat hulpvaardig en geduldig is, is dit pr­of. Gouws.

“Boonop het die veld van leksikografie in 1946 nie eens bestaan nie. My ma moes die hele dissipline van voor af leer,” het Simpson trots vertel.

­Die bejaarde gegradueerde wou met die verwerwing van haar graad bewys ouderdom beteken niks nie. “Dis nie nodig dat jy gaan sit en doodgaan as jy oud is nie.

­”Ek het besef ek moet my kop besig hou,” het sy gesê, skouers breed onder die gradetoga met drie verskillende bande daaroor gedrapeer.

Haar verhandeling, getiteld ‘n Taalkundige en leksikografiese perspektief op troeteltaal in Afrikaans, het haar na verskeie hoër- en laerskole in veral plattelandse gebiede laat uitreik.

­’n Vraelys oor wat hulle onder troeteltaal verstaan en of hulle troeteling van hul ouers ervaar, het haar tot verrassende gevolgtrekkings laat kom.

“Min kinders het e­nige benul gehad van wat die woord `troetel` beteken. Boonop kon hulle skaars ‘n woordeboek gebruik om die betekenis van die woord op te soek! En van troeteling in die meeste huise is daar min sprake.”

­Met die MP­hil in leksikografie het Simpson ‘n sirkel voltooi. Sy het jare gelede as sewentienjarige haar BA-graad aan die US­ verwerf.

En nou, 65 jaar later, het sy bewys om verder te studeer, hoef nie net die bloedjonges beskore te wees nie.
­
Back to top

Juanita en Steve kraai nog koning

Anna-Retha Bouwer

Die Burger, 12 Maart 2012

 

JOHANNESBURG. ­- Die Ghoema-musiekpryse vir Afrikaanse musiek is gisteraand 11 Maart die eerste keer op ‘n glansgeleentheid in Brakpan aan uitblinkers in Afrikaanse musiek oorhandig.

­Juanita du Plessis en Steve Hofmeyr het bewys dat hulle steeds die septer swaai wanneer dit by verkope kom.

­Elkeen het ‘n Diamantprys gekry vir die totale verkope van albums in hul loopbaan.

­Albei het reeds meer as 1,8 miljoen eenhede van die hand gesit, maar Du Plessis is volgens die organiseerders naelskraap die kunstenaar wat sover bekend die beste verkope tot nog toe in Afrikaanse musiek behaal het.

­Die Diamantpryse is eenmalig toegeken.

­Vir haar jongste album, Wees lig, het Du Plessis ook die prys ge­kry vir die beste verkope, met 95 000 eenhede wat in die voorafgaande jaar van die hand gesit is.

­Hofmeyr het verder weggestap met ‘n Ghoema vir die beste manskunstenaar, asook vir die beste kontemporêre album vir sy Haloda. Du Plessis het eweneens ‘n prys gekry vir beste geestelike album vir Wees lig.
­
Back to top

­Geweld in rugby is nie ‘n nuwe ding

Blou Willie Maandag

Die Burger, 3 April 2012

­

Liewe Ouboet Tom,

­Ek moet sê, vandat ek nie meer kinders op skool het nie, is Saterdae vir my maar taamlik gevrek en vervelig.

­Behalwe as die Bulle met skelpienk truitjies op Nuweland opdraf. Ja-nee, waar’s die dae toe ‘n ou nog Saterdae jou bloeddruk lekker hoog kon opjaag by ‘n skole­rugbywedstryd?

­Ek lees pas ‘n berig oor ‘n lelike geveg by “skoolsports” daar in eMallewitbank, en toe onthou ek glashelder hoe maklik dit is om naam weg te gooi by so ‘n partytjie.

­Dit lyk my by daai geveg het die een skool se hokkiestokke die deurslag gegee, maar ek kan nie uitmaak of sy rugbyspan met dié stokke opgedraf het nie.

­Maar kom ek vertel jou van meneer A en meneer B en ‘n fiktiewe verhaal wat hom in die afgelope tien jaar by ‘n wedstryd in die noorde van Tshwanetoria afgespeel het. En hoe maklik dit is om moeilikheid te maak of te kry by “skoolsports”.

­Meneer A se seun lê aan pale toe, en meneer B het baie vir “windgat” nommer 13 te sê terwyl hy die bal stel.

­Meneer A, wat aan die “verkeerde kant” van die veld by die verkeerde skool se ouers staan omdat dit is waar sy seun gaan skop, hoor hoe meneer B met sy seun gesels en gryp vriendelik in:

­”Askies, Meneer, maar kan ek vra, dié nommer 13 waarmee jy so praat, is dit nou jul nommer 13 of ons s’n?”

­”Natuurlik julle s’n, die klein windgat!” antwoord meneer B kordaatsoldaat omdat hy ‘n bietjie groter pens en ‘n baie groter baard as meneer A het.

­”Nou ja, Meneer, in daai geval wil ek graag vir jou verduidelik dat net ek en in uitsonderlike gevalle sy afrigter met óns nommer 13 van die kantlyn af mag praat. So jy mag ongelukkig net met júl nommer 13 praat. Verstaan jy?”

­Antwoord meneer B: “Ons kon duidelik sien na wie nommer 13 aard.”

En siedaar, maklik, ‘n skolegeveg!

­En mammies wat twee weke nie met pappies praat nie (dis nou behalwe die mammies wat sulke tyd saamgeveg het).

­O ja, A en B se name word om regs-, persoonlike en huismolesredes weerhou.

­Maar nou ja, Ouboet, ek is al gewoond aan geweld by rugby vandat ‘n spoorwegtannie my in die vroeë jare sewentig by Schoemanpark se velde daar in Bloemfontein met ‘n dennebol teen die kop gegooi het terwyl ek onder ‘n “up-en-under” vir die bal en die spoorwegmanne gestaan en wag het.

­En jy sal onthou, waar ons twee skoolgegaan het, het nie een van die skole in ons omgewing ‘n leerlingraad gehad nie, maar ‘n moord-en-roof-eenheid.

­Groetnis, ou broer!

­Blouwillem
­
Back to top

Die tien groot foute

Die Burger, 3 April 2012

 

­Die koors van onderwys in Suid-Afrika is gister weer op die KKNK gemeet. Volgens pr­of. Jonathan Jansen, wat aan Die Burger se Praat Saam-gesprekreeks deelgeneem het, lyk die prognose nie goed nie. Alicestine October doen verslag.

­Talle stemme het gister hier in ‘n stampvol C.P. Nel-saal bymekaargekom om een kommer te bespreek – die stand van onderwys in Suid-Afrika. Pr­of. Jonathan Jansen, genooide spreker en rektor van die Universiteit van die Vrystaat, het verwys na dr. Mamphela Ramphele, sakevrou en akademikus, se onlangse uitlatings dat onderwys tydens apartheid beter was as nou. Jansen het gister dié stelling getoets aan die hand van wat hy noem die grootste foute in onderwys sedert 1994 wat dit nou moeilik maak om skole reg te ruk. Hy kom tot die gevolgtrekking dat die onderwys inderdaad slegter daaraan toe is as voorheen weens ‘n kombinasie van die historiese erfenis, verwaarlosing en swak beleidsbesluite.

 

­Fout 1: Uitkomsgebaseerde onderwys (UGO)

­Jansen kap die uitkomsgebaseerde onderwysstelsel oor die “ongelooflik negatiewe impak wat dit op die leerproses, die kurrikulum en op onderwysers se selfvertroue gehad het”.

­”Die (regering se) uitgangspunt destyds was: `Wat jy ook al dink is reg, is verkeerd.` Die gevolg daarvan is dat ons sit met die laagste akademiese prestasies ­- nie net in wetenskap en wiskunde nie, maar ook in die grondslagfase waar kinders begin leer om te skryf. Dit was ‘n groot ramp.”

­Jansen meen die spook van UGO is steeds met ons.

­”Die ding met dié kurrikulum is dat dit nooit regtig uit die stelsel verdwyn het nie. Daar is steeds oorblyfsels.”

 

­Fout 2: Sadou

­Die feit dat die regering geleidelik sy gesag “oorgegee” het aan die onderwysersvakbond Sadou, is eweneens problematies: “Vakbonde in township-skole besluit self oor nuwe onderwysers. Húlle besluit in die leerproses wanneer die kraan oop- of toegemaak word.”

­Ook politiek speel ‘n rol. “Sadou is deel van Cosatu, wat baie belangrik is vir die president se termynbeslissing ­- dit gaan dus nie maklik wees om dié outjies vas te vat nie.”

 

­Fout 3: Moedertaalonderrig

­Jansen meen moedertaalonderrig in skole is nooit ordentlik aangeroer nie. Hy het gevra waar die onderwysers vandaan gaan kom wat die grondslag moet lê met moedertaalonderrig.

­”Dit kan lei tot ‘n soort akademiese gestremdheid omdat die kinders vinnig in ‘n ander taal soos Engels hul onderrig ontvang. Dit is ‘n groot probleem.”

 

Fout 4: Gebrekkige infrastruktuur

Jansen pleit vir die instel van minimum standaarde vir infrastruktuur vir alle skole.

­”Elke skool in die land moet ten minste ‘n ordentlike gebou hê, ten minste een handboek per kind en ten minste een gekwalifiseerde onderwyser.

­”Maar omdat ons dit nie doen nie, is daar nog kinders wat onder bome en in busse sonder wiele leer.”

­Jansen sê indien minimum standaarde ingestel is, sou daar meer verantwoordbaarheid toegepas kan word.

­Fout 5: Skeidingspakkette

­Volgens Jansen is te veel goeie onderwysers met die toestaan van skeidingspakkette verloor.

­”Daar is destyds geredeneer onderwysers kos te veel geld en plaas te veel druk op die fiskus, en daarom moet daar van hulle ontslae geraak word. Van die beste onderwysers het aansoek gedoen om die pakkette, en van die vrot ouens het agtergebly.

“Die beste wiskunde- en wetenskaponderwysers is verloor, en hulle kon nie terugkom in die stelsel nie. Dit het ‘n gaping geskep, veral in die Wes-Kaap en Gauteng, tussen kundigheid wat nodig is en die nood van die kinders.”

 

­Fout 6: Onderwyskolleges

­”Een van die groot foute in die Asmal-jare (toe die ontslape mnr. Kader Asmal minister van onderwys was) was om goeie onderwyskolleges te sluit. Daar was ‘n klomp slegte kolleges, maar ook goeies wat toegemaak is, want vir die regering lyk elke probleem soos ‘n spyker wat ingeslaan moet word.”

­Jansen het verwys na die eertydse Johannesburgse onderwyskollege en die Bellville-onderwyskollege wat onder meer gesluit is.

­”En dit was die beste plek om laerskool-onderwysers op te lei.”

 

­Fout 7: Samesmelting van universiteite

­Volgens Jansen is ook nie goed nagedink oor die samesmelting van sekere universiteite nie.

“Die feit dat die Medunsa-mediese kampus in Pretoria wat honderde kilometers weg van Polokwane is, met die Universiteit van Limpopo moes saamsmelt, was ‘n groot fout.

“Medunsa moes eintlik deel wees van Tukkies, die Universiteit van Pretoria. Daar was vrede en finansiële stabiliteit omdat die plek langsaan Tukkies was.

“Dit was net slegte besluite. Om die Technikon van die Witwatersrand met die Universiteit van Johannesburg te laat saamsmelt, was ‘n stupid besluit, en dan noem hulle dit ‘n comprehensive universiteit. Wat is dit? Daar word besluite geneem, en daarna word daar ‘n naam vir die ding gesoek.”

 

­Fout 8: Kaderontplooiing

Kaderontplooiing veral op distriksvlak (tussen skole en die departement van basiese onderwys) is ‘n probleem.

“Die feit is skole kry dan mense wat eintlik net poskantoortjies bestuur omdat hulle nie die kundigheid het om onderwysers te begelei en te ondersteun met vakkennis soos die ou inspekteurs nie. Mense lag vir hulle, en al wat hulle doen, is om die lewe moeilik te maak.”

 

­Fout 9: Tegniese kolleges

­Volgens Jansen is daar nie goed gedink oor hoe om dié kolleges ordentlik te finansier en te bemark nie.

“E­n daarvoor moet daar die beste infrastruktuur en die beste tegniese mense wees.”

­Hy het verwys na gevalle in Japan waar wêreldklas-universiteite geskep word deur die beste kundigheid van regoor die wêreld te werf.

­”Dit is wat ons moet doen met tegniese kolleges. Wanneer ‘n swembad so ver verlore is, is skokterapie nodig om dit weer aan die gang te kry. Ons gaan dit nie regkry deur die huidige benadering nie.”

 

­Fout 10: Verlaging van akademiese standaarde

Jansen bestempel dít as ‘n ramp.

­”Die ding dat 30% en 40% nodig is om te slaag, die ding dat 80% van die kinders slegs wiskundige geletterdheid het en ‘n paar wiskunde neem, is ‘n probleem. Ons is stelselmatig besig om af te breek. Almal weet hoe werk die mens se psige ­- soos die lat laer gestel word, sal daar nét op dié hoogte gespring word.

­”Die kinders wat spog met nege onderskeidings – dit beteken niks. E­nige aap kan nege onderskeidings kry. Daar was ‘n tyd toe een onderskeiding soos ‘n Nobelprys gevoel het. Nou kan elke Jan Rap en sy maat vyf of ses onderskeidings kry. Ek vertrou nie die goed nie; ek dink dit is gevaarlik.”

­Jansen sê die probleem gaan nie noodwendig op sistemiese vlak opgelos word nie, want die land het die verkeerde regering daarvoor.

 

­Die pad vorentoe?

­Politieke wilskrag, beplanningsbevoegdheid, die herstel van dissipline in skole, minder administratiewe druk op onderwysers, dat elke onderwyser in ‘n openbare skool sy/haar eie kinders in dieselfde skool moet plaas, asook goeie beplanning is van die medisyne wat Jansen voorskryf. “Maar vir nou het ons die verkeerde regering,” sê Jansen.

­Intussen bly een ding seker: “Die enigste weg uit armoede, is onderwys.”
­
Back to top

­Die dag toe ma die koerante uitgesmyt het

­Johan van Zyl

Die Burger, 14 Maart 2012

 

My naweek was verskriklik lekker, Juffrou, behalwe nou Sondag toe my ma die koerante by die agterdeur uitsmyt en skree hierdie week-in en week-uit se ge-haa-oo-ee-er en rumoer kry vandag einde. Ek weet nie wat haa-oo-ee-er is nie, Juffrou, en my ma wou ook nie vir my sê nie, maar ek dink dit het dalk iets te doen met husse met lang ore.

­Die heel-heel-héél lekkerste deel van die naweek was Pietman se Pirates of the Caribb­ean-partytjie by World of Birds in Houtbaai. Wow, dit was regtig super cool, Juffrou ­- ons het almal ons eie oogklap en papierhoed ge­kry wat ons kon saamvat huis toe.

­Die huismoles het eers Sondag ná­ die braai begin. My pa praat van huismoles as een van ons baie kwaad raak en goed rondgooi of gil of miskien begin huil.

­Hierdie keer was dit my ma wat die huismoles gemaak het. Ek het gehoor sy sê vir my pa sy is moeg van hierdie Christen-huig-of-iets – dit was ‘n moeilike woord ­- wat die Here se naam ydellik gebruik om geld te maak met hul CD’s en boeke. En sy is nog kwater omdat hulle heeltyd koerante toe hardloop met enige ou nonsens waaroor hulle hulle eintlik behoort te skaam. My ma sê oom Joost en tannie Amor en tannie Nedine Blom en haar man hoort in Jerry Springer se program ­- nie in haar Sondagkoerant nie ­- want hulle wil heeltyd oor iets bieg om ‘n bietjie aandag te trek, en dan sien jy net snotjies en trane trek so jammer is hulle kamma.

­Maar wat vir my ma die ergste is, die heel-heel-héél ergste, is dat party van die kommin mense wat so in die koerante of op die TV boer, aangaan of die Here hul speelmaat is wat hulle heeltyd kan insleep by hierdie kinderagtigheid van hulle. En as die pô-pô die dag die fan strike, dan is dit net Jesus en vergifnis voor en agter. Hulle gee Christene ‘n slegte naam en maak ‘n bespotting van ernstige goed soos genade ­- pleks daarvan dat hulle hulle ‘n slag gedra soos int­elligente mense en nie soos bobbejane wat uit die berg ontsnap het nie.

­Juffrou, toe hoor ek hoe my pa mooi met my ma begin praat. Hy’t iets gesê van hulle is ook maar net mense en mense maak almal foute en iets van die eerste klip en glashuise of iets … ek kan nou nie meer so lekker onthou nie.

­Sjoe, Juffrou, toe was my ma éérs kwaad. Sy’t die koerante gevat en by die agterdeur uitgegooi en gesê dis nou die laaste, ‘n Sondagkoerant kom nie weer in haar huis nie, want die koerante is nes stout kinders wat vir mekaar tong uitsteek en wêla-kepêla vir elke vieslike ding wat hulle uitgekrap het.

­Ek weet nie wat ek nou gaan doen nie, Juffrou, want ek moet Sondagaande altyd Bertie se hok skoonmaak en nuwe koerantpapier onderin sit. Bertie, my witrot, Juffrou. Waar gaan ek nou koerantpapier kry waarop Bertie kan piepie, Juffrou?
­
Back to top

­Speurders ontsyfer blinde se manuskrip

E-pos

 

­Die Britse polisie het ‘n blinde outeur, wat nie besef het haar pen se ink het opgeraak nie, te hulp gesnel deur haar manuskrip met behulp van forensiese tegnieke te ontsyfer.

Trish Vickers (59) het haar sig sewe jaar gelede verloor en besluit om ‘n boek te skryf om haarself besig te hou.

­Toe sy egter die eerste 26 bladsye van haar boek aan haar seun Simon gee om te lees moes hy die slegte nuus aan haar oordra: Haar pen se ink was op en hy kan nie ‘n woord lees wat sy geskryf het nie.

­Hulle het toe die bladsye na hul plaaslike polisiekantoor geneem en gevra of die speurders kan help. Forensiese kenners het oor vyf maande in hul vrye tyd en met behulp van spesiale ligte die hele teks herwin.

­Vickers sê sy kan nie wag om haar roman, Grannifer’s Legacy, te voltooi nie.

­Die forensiese speurders wat die boek vir haar ontsyfer het, sê hulle kan nie wag om die res te lees nie.
­
Back to top

­Ons trek nie laer op Loftus

Dana Snyman

Die Burger, 12 April 2012

 

Moet Afrikaner-organisasies en -belangegroepe wat sukkel om hulself in die nuwe Suid-Afrika te laat geld, straks hul kantore na Loftus Versfeld verskuif?

­Party sou selfs, wanneer daar ‘n groot wedstryd is, stalletjies by die stadion kon oprig en op dié manier lede probeer werf.

­In die skadu van Loftus sal organisasies soos, sê maar, Praag dalk ook sommer besef die meeste Afrikaanse mense hou meer van Chiliboy Ralepelle en Akona Ndungane as van Jacques Lacan en die Franse strukturaliste.

Met sulke ligsinnige gedagtes het ek myself nou die oggend probeer kalmeer toe ek in die koerant lees mnr. Charles Villet, ‘n filosofie-dosent van Johannesburg, meen die Afrikaner het die mag wat hy met die nuwe regering verloor het, nou op Loftus gevind.

­Asof die res van die land nie bestaan nie.

“Afrikaners se ontmagtiging in die politieke sfeer en post-apartheid-Suid-Afrika se werklikhede het gelei tot kulturele vervreemding,” meen Villet.

­”‘n Rug­bymentaliteit is ‘n manier om dié vervreemding te hanteer. Loftus die plek waar dié mentaliteit en ‘n gevoel van mag uitgedruk word.”

­Is hierdie man sowaar ernstig? het ek gewonder. Dink hy werklik die Afrikaners voel kultureel vervreemd? Onse mense? Ék?

­Wanneer laas was hy op ‘n kerkbasaar op Rustenburg? Of op ‘n Afrikaanse kunstefees?

­Ek is pas terug van die KKNK op Oudtshoorn, en wat ek gesien het, was beslis nie Afrikaanse mense wat kultureel vervreemd ronddwaal en verlang na ‘n rug­bywedstryd op Loftus nie.

­Ek het iets anders as vervreemding op Oudtshoorn ervaar, iets opwindends. Wat sal ‘n mens dit noem? ‘n Kulturele verruiming?

­Afrikaanse mense stel hulself al hoe meer bloot aan dinge waarvoor hulle eens teruggedeins het of waarteen die Kerk en die Party hulle gewaarsku het.

­Op Oudtshoorn het ek daagliks gesien hoe Afrikaanse mense ­- gewone middelklasmense in Edgars-klere ­- deur ‘n uitstalling van Kevin Atkinson se abstrakte skilderye stap, en hoe hulle sit en kyk na Nicola Hanekom se Babbel, ‘n stuk vol angs en donker visioene.

­Trouens, ‘n mens hoef maar net na P.G. du Plessis se ‘n Seder Val in Waterkloof (dit is ook opgevoer) te gaan kyk het om te besef hoe Afrikaners verander het sedert die jare sewentig, toe dié stuk op sy gewildste was.

In Seder gaan dit oor pr­of. dr. Jacobus Daniël van Vuuren wat daarna streef om tot die Akademie verkies te word, maar dan daag sy arm Oos-Randse familie op …

­Dit was asof jy kyk na ‘n hele leefwyse wat genadiglik agter die rug is.

­Maar ook op Oudtshoorn se sypaadjies kon ‘n mens die veranderinge sien.

­Nie een keer het ek iemand in ‘n T-hemp gesien waarop staan “100% Boer” of “Praat Afrikaans of hou jou bek” nie ­- opvallend anders as vorige jare. Nie een keer was ek bang iemand gooi Emo Adams met ‘n bierblik op die verhoog nie.

­Die oggend toe prof. Jonathan Jansen aan Die Burger se Praat Saam-gesprekreeks deelgeneem het, was die saaltjie later so vol dat mense buite voor die vensters begin saamdrom het. Baie van hulle was onderwysers en ouers wat baie besorg is oor wat in die skole gebeur. En ná die tyd het hoeveel van hulle pr­of. Jansen se hand gevat en min of meer dieselfde gesê: “Professor, dankie vir wat jy vir ons doen.”

Afrikaners is uiteraard ontmagtig in die nuwe Suid-Afrika. Maar om ons na ‘n Loftus Versfeld van die gees te verban, is ‘n fout. Ons is besig, stadig en soms vol twyfel, om nuwe betekenis aan die woord Afrikaner te gee, veel wyer as Loftus. Dit glo ek. Dit sien ek. Dit leef ek.
­
Back to top

­Só lyk die Super15-program

 

­Sydney ­- Die wedstrydprogram vir vanjaar se Super15-toernooi is in Sydney, Australië bekendgemaak.

­Die program lyk soos volg:

 

­Week 10

Apr 22 ­- Blues v Rebels

Apr 23 ­- Crusaders v Highlanders

Apr 23 ­- Reds v Waratahs

Apr 23 ­- Force v Bulls

­Apr 23 ­- Sharks v Hurricanes

Apr 23 ­- Lions v Chiefs

­Brumbies/Cheetahs/Stormers af

 

­Week 11

­Apr 29 ­- Highlanders v Blues

­Apr 30 ­- Hurricanes v Reds

­Apr 30 ­- Waratahs v Rebels

Apr 30 ­- Force v Crusaders

Apr 30 ­- Cheetahs v Brumbies

Apr 30 ­- Bulls v Chiefs

Apr 30 ­- Stormers v Sharks

­Lions af

­Week 12

­Mei 6 ­- Hurricanes v Blues

­Mei 6 ­- Rebels v Reds

Mei 6 – Lions v Cheetahs

Mei 7 – Chiefs v Highlanders

Mei 7 ­- Waratahs v Force

Mei 7 ­- Stormers v Crusaders

Mei 7 ­- Sharks v Brumbies

Bulls af

 

Week 13

­Mei 13 ­- Highlanders v Hurricanes

Mei 13 – Reds v Blues

Mei 14 – Chiefs v Stormers

Mei 14 ­- Brumbies v Lions

Mei 14 ­- Bulls v Rebels

Mei 14 – Cheetahs v Crusaders

Force/Sharks/Waratahs af

 

­Week 14

­Mei 20 ­- Blues v Stormers

­Mei 21­- Crusaders v Chiefs

­Mei 21 ­- Waratahs v Lions

­Mei 21- Force v Brumbies

Mei 21­- Cheetahs v Rebels

Mei 21 ­- Sharks v Bulls

­Hurricanes/Highlanders/Reds af

 

­Week 15

­Mei 27 – Hurricanes v Force

Mei 28 – Highlanders v Lions

Mei 28 – Brumbies v Stormers

Mei 28 – Sharks v Waratahs

Mei 28 – Bulls v Cheetahs

Mei 29 ­- Reds v Crusaders

­Blues/Chiefs/Rebels af

 

Week 16

­Jun 3 ­- Highlanders v Force

Jun 3 ­- Rebels v Stormers

Jun 3 ­- Bulls v Waratahs

Jun 4 – Hurricanes v Lions

Jun 4 – Blues v Chiefs

Jun 4 ­- Reds v Brumbies

Jun 4 – Cheetahs v Sharks

­Crusaders af

 

­Week 17

­Jun 10 – Chiefs v Hurricanes

Jun 10 – Brumbies v Rebels

Jun 11 – Crusaders v Blues

­Jun 11 – Waratahs v Highlanders

Jun 11 – Force v Reds

Jun 11 – Lions v Sharks

Jun 11- Stormers v Bulls

­Cheetahs af

 

­Week 18

­Jun 17 – Blues v Highlanders

­Jun 17 ­- Rebels v Force

Jun 18 – Chiefs v Reds

Jun 18 – Crusaders v Hurricanes

Jun 18 – Waratahs v Brumbies

­Jun 18 – Bulls v Sharks

Jun 18 – Cheetahs v Stormers

Lions af

 

­Week 19

Jun 24

­Jun 25

 

­Week 20

­Halfeindronde

Jul 1

­Jul 2

 

Week 21

­Finaal

­Jul 9
­
Back to top

­Curry Cup Competition 2012 Program

Internet

 

­Regular season and title play offs

There will be 6 participating teams in the 2012 Currie Cup Premier Division. These teams will play each other twice over the course of the season, once at home and once away.

­Teams will receive four points for a win and two points for a draw. Bonus points will be awarded to teams that score 4 or more tries in a game, as well as to teams losing a match by 7 points or less. Teams will be ranked by points, then points difference (points scored less points conceded).

­The top 4 teams will qualify for the title play-offs. In the semi-finals, the team that finish first will have home advantage against the team that finished fourth, while the team that finished second will have home advantage against the team that finished third. The winners of these semi-finals will play each other in the final, at the home venue of the higher-placed team.

 

­Team Listing

Team                                      Stadium                                            Capacity

­Border Bulldogs Buffalo       City Stadium, East London           16 000

­Eastern Province Kings        Nelson Mandela Bay

Stadium, Port Elizabeth                48 459

­Falcons                                  Barnard Stadium, Kempton Park 7 000

­Regent Boland Cavaliers     Boland Stadium, Wellington          3 500

SWD Eagles                          Outeniqua Park, George                10 000

Tasol Solar Griffons              North West Stadium, Welkom       17 000

 

­Fixtures and results

­The fixtures below are provisional and subject to change.

­All times are South African (GMT+2).

­Regular Season

Round One

11 August 2012 Golden Lions v Free State Cheetahs Ellis Park Stadium, Johannesburg

11 August 2012 Western Province v Natal Sharks Newlands Stadium, Cape Town

­11 August 2012 Blue Bulls v Griquas Loftus Versfeld, Pretoria

 

­Round Two

18 August 2012 Natal Sharks v Golden Lions Kings Park Stadium, Durban

18 August 2012 Free State Cheetahs v Blue Bulls Free State Stadium, Bloemfontein

­18 August 2012 Griquas v Western Province Hoffe Park Stadium, Kimberley

 

­Round Three

­25 August 2012 Golden Lions v Western Province Ellis Park Stadium, Johannesburg

­25 August 2012 Griquas v Free State Cheetahs Hoffe Park Stadium, Kimberley

­25 August 2012 Blue Bulls v Natal Sharks Loftus Versfeld, Pretoria

 

­Round Four

­1 September 2012 Golden Lions v Griquas Ellis Park Stadium, Johannesburg

­1 September 2012 Natal Sharks v Free State Cheetahs Kings Park Stadium, Durban

­1 September 2012 Western Province v Blue Bulls Newlands Stadium, Cape Town

 

­Round Five

­8 September 2012 Blue Bulls v Golden Lions Loftus Versfeld, Pretoria

­8 September 2012 Free State Cheetahs v Western Province Free State Stadium, Bloemfontein

­8 September 2012 Griquas v Natal Sharks Hoffe Park Stadium, Kimberley

 

­Round Six

­15 September 2012 Free State Cheetahs v Golden Lions Free State Stadium, Bloemfontein

15 September 2012 Natal Sharks v Western Province Kings Park Stadium, Durban

15 September 2012 Griquas v Blue Bulls Hoffe Park Stadium, Kimberley

 

Round Seven

­22 September 2012 Golden Lions v Natal Sharks Ellis Park Stadium, Johannesburg

­22 September 2012 Blue Bulls v Free State Cheetahs Loftus Versfeld, Pretoria

22 September 2012 Western Province v Griquas Newlands Stadium, Cape Town

 

­Round Eight

­29 September 2012 Western Province v Golden Lions Newlands Stadium, Cape Town

29 September 2012 Free State Cheetahs v Griquas Free State Stadium, Bloemfontein

29 September 2012 Natal Sharks v Blue Bulls Kings Park Stadium, Durban

 

­Round Nine

­6 October 2012 Griquas v Golden Lions Hoffe Park Stadium, Kimberley

­6 October 2012 Free State Cheetahs v Natal Sharks Free State Stadium, Bloemfontein

­6 October 2012 Blue Bulls v Western Province Loftus Versfeld, Pretoria

 

 

 

­Round Ten

­13 October 2012 Golden Lions v Blue Bulls Ellis Park Stadium, Johannesburg

13 October 2012 Western Province v Free State Cheetahs Newlands Stadium, Cape Town

­13 October 2012 Natal Sharks v Griquas Kings Park Stadium, Durban

 

­Title Play-Off Games

­Semi-Finals

­20 October 2012 Team 1 v Team 4

­20 October 2012 Team 2 v Team 3

 

­Final

­27 October 2012 Higher ranked semi-final winner v Lower ranked semi-final winner
­
Back to top

­Protea Cricket

­South Africa tour of England ­2012 FIXTURES

Internet

 

All times CAT (SA, GMT+2)

 

­July 2012

­9 Somerset CCC v South Africa XI 2 Day County Ground, Taunton

13 Kent CCC v South Africa XI 3 Day St Lawrence Ground, Canterbury, Kent

­19 England v South Africa Test The Oval, London

27 Worcestershire CCC v South Africa XI 2 Day County Ground, New Road, Worcester

 

­August 2012

­2 England v South Africa Test Headingley, Leeds

­10 Derbyshire CCC v South Africa XI 2 Day County Ground, Derby

16 England v South Africa Test Lord’s, London

­22 Gloucestershire CCC v South Africa XI LO County Ground, Bristol

­24 England v South Africa ODI Sophia Gardens, Cardiff

­28 England v South Africa ODI The Rose Bowl, Southampton

31 England v South Africa ODI The Oval, London

 

September 2012

2 England v South Africa ODI Lord’s, London

­5 England v South Africa ODI Trent Bridge, Nottingham

8 England v South Africa T20I Durham

10 England v South Africa T20I Old Trafford, Manchester
12 England v South Africa T20I Edgbaston, Birmingham
­
Back to top

­Rugby Springboks

Tests 2012 Fixtures

Internet

 

­June 2012

­09 June South Africa v England 00:00 Mr Price Kings Park, Durban

­16 June South Africa v England 00:00 Coca Cola Park, Johannesburg

­23 June South Africa v England 00:00 Port Elizabeth

 

August 2012

18 August South Africa v Argentina 00:00 DHL Newlands, Cape Town

­25 August Argentina v South Africa 00:00 Malvinas Argentinas Stadium, Mendoza

 

September 2012

08 September Australia v South Africa 00:00 Perth

15 September New Zealand v South Africa 00:00 Forsyth Barr Stadium, Dunedin

29 September South Africa v Australia 00:00 Pretoria

 

 

 

October 2012

­06 October South Africa v New Zealand 00:00 FNB Stadium, Soweto



November 2012

10 November Ireland v South Africa 00:00 AVIVA Stadium, Dublin

17 November Scotland v South Africa 00:00 Murrayfield, Edinburgh

24 November England v South Africa 00:00 Twickenham Stadium, London
­
Back to top

Geregte van gister

­Karen Hart

Kuier, 11 April 2012

 

­Daar is daardie spesiale disse wat jy van jou kinderdae kan onthou. Ons maak dit nuut met so ‘n ietsie ekstra.

 

­Outydse herderspastei

­BESTANDDELE

1 groot ui, geskil en gekap

­2 knoffelhuisies, gesny

­15 ml olie

­300 g steakmince

­15 ml Robertsons Spice for mince

­5 ml Robertsons-origanum

­250 ml wortel, gerasper

­250 ml gevriesde ertjies

100 ml mieliepitte

­250 ml biefaftreksel

­5 ml Maizena, met ‘n bietjie water gemeng tot ‘n pasta

­Sout en peper

­4-6 aartappels, geskil en in blokkies gesny

­50 g botter

­125 ml melk

­1 eier

­METODE

­Braai die ui en knoffel in die olie tot sag. Voeg die mince by en kook tot dit begin verbruin. Voeg die biefaftreksel, mince-spesery en origanum by en roer deur. Voeg die wortels, ertjies, mieliepitte en Maizena by en kook vir 10 minute terwyl jy dit goed roer. Geur met sout en peper na smaak. Kook intussen die aartappels tot sag en maak dit fyn met melk, botter en eier. Geur met sout en peper. Sit die mincemengsel in ‘n oondvaste bak en spuit (pipe) die fyngemaakte aartappels met ‘n koekspuit oor die mincemengsel. Bak teen 180°­C tot die aartappels bo-op begin bruin bak.
­
Back to top

Groenboontjiebredie

­

BESTANDDELE

­2 groot uie, gekap

4 Robertsons-naeltjies

4 allspice-korrels (wonderpeperkorrels)

­2 ml peperkorrels

125 ml water

60 ml kookolie

10 ml Robertsons-knoffelvlokkies

1 kg lamsvleis, in blokkies gesny

125 ml sojasous

2 kg groen snyboontjies

6-8 klein aartappels

2 ml Robertsons-rissievlokkies

Sout en peper

5 ml Robertsons-fyn neutmuskaat

 

METODE

­Kook die uie, naeltjies, allspice-korrels en peperkorrels in water tot die water verdamp het en die uie deurskynend is. Voeg die olie by en kook vir 1 minuut. Voeg dan die knoffel, vleis en sojasous by en prut tot die vleis amper sag is. Voeg die aartappels en rissievlokkies by, roer en voeg dan die groenboontjies by. Kook tot die aartappels sag is en geur met sout en peper. Roer die neutmuskaat in. Bedien op warm rys.

 

­Wenk:

­Kruie en speserye wat saam met die vleis bygevoeg word, gee die bredie diepte en ‘n spesifieke geur.
­
Back to top

­Heuningkoekspringmielies

­Genoeg vir 4

 

­BESTANDDELE

85 g-pakkie mikrogolfspringmielies

3 eetlepels strooisuiker

3 eetlepels heuning

­1 eetlepel gouestroop

­1 teelepel koeksoda

 

­METODE

­Maak die springmielies volgens die aanwysings op die pakkie en verwyder al die harde pitte wat agtergebly en nie opgepof het nie. Verhit die suiker, heuning en stroop in ‘n kastrol oor matige hitte. Roer liggies totdat die suiker heeltemal opgelos het en bring tot kookpunt. Laat vir 2 minute kook. Haal die kastrol van die hitte af, voeg die koeksoda by en roer vinnig tot die mengsel begin skuim. Giet die mengsel oor die springmielies en meng vinnig deur, sodat elke springmielie met die mengsel bedek is. Gooi dit op ‘n skinkbord of plaat wat met waspapier gevoer is uit en laat heeltemal afkoel.

 

­WENK:

­Jy kan 10 kleinerige bondeltjies met die springmielies vorm en dit so laat hard word.
­
Back to top

­Aartappelkoekies met ­tuna en roomkaas

Genoeg vir 6

 

­

BESTANDDELE

­Plaatkoekies:

­450 g aartappels, geskil en in klein blokkies gesny

­150 ml melk

Sout en peper en ‘n bietjie fyngerasperde neutmuskaat (nutmeg)

3 eiers, geskei

3 eetlepels karringmelk

¾ koppie koekmeel

‘n Knippie sout

Olie vir braai

 

Tunabolaag:

1 blikkie gesnipperde tuna in olie

­1 houertjie spring onio­n-en-chive-roomkaas

­Peppadews en chives vir garnering

 

­METODE

­Sit die aartappels in ‘n kastrol en bedek net-net met koue water. Voeg sout na smaak by en kook oor matige hitte tot die aartappels sag is. Dreineer goed en maak die aartappels fyn. Meng met die melk en geur na smaak. Laat effens afkoel. Klits die eiergele en die karringmelk saam en meng met die kapokaartappel. Vou die meel by die mengsel in. Klits die eierwitte saam met die knippie sout tot sagte punte vorm en vou dit by die aartappelmengsel in. Moenie te veel meng nie. Verhit ‘n klein bietjie olie in ‘n pan en skep 4 eetlepels vol in 4 aparte hopies in die pan. Moenie meer as 4 plaatkoekies op ‘n slag probeer bak nie. Braai aan die een kant tot borreltjies op die oppervlak begin verskyn. Draai om en braai aan die ander kant. Hou eenkant terwyl jy die res van die plaatkoekies klaar bak. (Jy behoort ongeveer 24 plaatkoekies te kry.) Dreineer die tuna en meng met die roomkaas. Sit 4 plaatkoekies vir elke persoon op ‘n bord en skep ‘n lepel tunamengsel bo-op elke plaatkoekies. Garneer met peppadew-ringe en skyfies chives. Jy kan dit ook met suurlemoenskyfies en vars pietersielie garneer saam met die peppadews.

 

 

Jaargang 80, No 04

Volume 80, Nr 04

Datum 25/04/2012 Date

 

Uitgewers: Pionierskool ― Instituut vir Blindes

Publishers: Pioneer School ― Institute for the Blind

 

Gedruk en versprei deur die Pionierdrukkery, Posbus 994, WORCESTER, 6849

Printed and distributed by the Pioneer Printers, P.O. Box 994, WORCESTER,

6849

 

REDAKSIE

Redakteur: MARIé-LOUISE DU PREEZ

 

Rig asseblief alle korrespondensie aan:

Please direct all correspondence to:

――――――――――――――――――――――――――――

Die Redakteur                         The Editor

Die Nuwe Pionier             Die Nuwe Pionier

Posbus 994                     P.O. Box 994

WORCESTER         WORCESTER

6849                                        6849

ccccccccccccccccccccccccccccccccccccc

 

Tel.: (023) 342 6313

Faks/Fax: (023) 342 0335

E―Pos/E―Mail: marielouise@pioneerprinters.org.za

 

Die redaksie onderskryf nie noodwendig die menings wat in die artikels en briewe in Die Nuwe Pionier uitgespreek word nie, en behou hom die reg voor om sodanige stof te verkort en redaksioneel te versorg.

The editorial staff does not necessarily endorse the opinions expressed in the articles and letters in Die Nuwe Pionier, and reserves the right to abbreviate and edit such articles.

 

Hierdie publikasie is moontlik gemaak deur ‘n ruim subsidie van die L W Hiemstra Trust en Marie Luttig Trust.

This publication is made possible by a generous subsidy of the L W Hiemstra Trust and Marie Luttig Trust.

 

 

Leave a Reply

*

* Copy This Password *

* Type Or Paste Password Here *